{"id":47432,"date":"2020-09-01T12:30:18","date_gmt":"2020-09-01T10:30:18","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47432"},"modified":"2020-09-05T09:46:47","modified_gmt":"2020-09-05T07:46:47","slug":"hoe-fascisme-antifascisme-geword-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47432","title":{"rendered":"Hoe fascisme antifascisme geword het"},"content":{"rendered":"<p>As ons na die ontploffing van geweld kyk wat hoofsaaklik in die Verenigde State losgebars het die afgelope paar maande kan ons konkludeer dat daar sprake is van \u2019n eindspel van een of ander aard. Duisende misleide jeugdiges is besig om amok te saai en om brute geweld te gebruik teen onskuldige winkeleienaars en willekeurige omstanders. Ondertussen is daar heelwat beelde op YouTube te sien (waarvan \u2018n groot aantal ook al weer verwyder is) hoe winkeleienaars, oumense, vroue, kinders en selfs huisdiere die woede van die menigte moet ontgeld. As \u2018n mens sou vra wat die rede is vir hierdie woede, word natuurlik verwys na die krimineel en dwelmgebruiker George Floyd wat \u2018n dodelike slagoffer geword het van polisiegeweld nadat hy hom teen sy arrestasie verset het.<\/p>\n<p>Wat hierdie protese interessant maak, is dat ons destyds dieselfde gesien het met die opkoms van fascisme in Itali\u00eb en natuurlik die nasionaalsosialiste in Duitsland. En net soos die betogings van vandag, was die ekstreem nasionalistiese betogings van weleer \u2018n produk van finansiering deur groot maatskappye. Mussolini het immers ges\u00ea dat \u2018n mens fascisme net sowel korporatisme kan noem. As dit nie was vir die chemiebedryf IG Farben nie, sou Adolf Hitler waarskynlik nie meer as \u2018n kanttekening in die geskiedenis gewees het nie.<\/p>\n<p>Net soos wat die Nazi\u2019s Joodse winkels en eiendomme vernietig het tydens die beruge Kristallnacht in November 1938, doen die hedendaagse Antifa en hul vennote Black Lives Matter presies dieselfde vandag. En net soos die perse en gegoede burgers in Duitsland hierdie terreur gesteun het, steun die <a href=\"https:\/\/psmag.com\/news\/antifascists-have-become-the-most-reasonable-people-in-america\">perse<\/a> en hoofstroom die BLM-betogings vandag. \u00a0In die hiperskakel (\u2018n artikel uit 2017) gaan die skrywer selfs sover soos om te beweer dat \u201cAntifa die mees redelike mense\u201d in die VS geword het.<\/p>\n<p>Inderdaad kan ons weereens verneem dat die groot bedrywe hierdie geweld gebruik om hul eie belange te bevorder. Die oproerkraaiers is bloot voetsoldate van die groot kapitaal.<\/p>\n<p>Die vraag is egter: Wat is die verskil? Hoekom was ideologiese geweld vroe\u00ebr sterk nasionalisties en hoekom is dit vandag sterk antinasionalisties?<\/p>\n<p>Die antwoord sou te make h\u00ea met die bekende ou gemeenplaas, naamlik: volg die geld. Net soos die hoogs ge\u00efndustrialiseerde lande van Europa destyds met trots gevul was oor hul tegnologiese produkte, was die verleiding groot gewees om hulself as \u2018n hoogs bekwame volk te sien. En hoe meer mense in die gehalte van hierdie produkte begin glo, hoe beter weerkaats dit terug op die prestasie van die volk. \u2018n Goeie volk maak goeie produkte, en goeie produkte verkoop beter. So ontstaan daar \u2018n suksessiklus. Die aandeelhouers van hierdie groot bedrywe was bykans almal landgenote van daardie bedrywe self gewees, en hierdie kapitaal het die nodige energie verskaf om nasionalisme as \u2018n groot deug te sien.<\/p>\n<p>En net soos vandag, het die voorbokke van hierdie bewegings radikaal entoesiasties geword totdat nasionalisme \u2018n karikatuur van sy oorspronklike bedoeling geword het, en daarna het dit bergafwaarts begin gaan. So is Antifa en BLM besig om radikaal hul doel verby te skiet en \u2018n karikatuur te maak van hul oorspronklike bedoeling. Hulle glo al lankal nie meer in die edelmoedigheid van die stryd nie, maar wil net chaos veroorsaak \u2013 as daar ooit sprake was van edelmoed, byges\u00ea.<\/p>\n<p>Aangesien bedrywe in ons tyd nie meer landsgebonde is nie maar vanwe\u00eb globalisme internasionaal werksaam is, is dit nie meer bevorderlik om nasionalistiese sentimente by mense te bewerkstellig nie. Waar landsgrense destyds gedien het om bedrywe daartussen te koester en te ontwikkel, het hierdie bedrywe nou so groot geword dat landsgrense en valutabeheer as \u2018n belemmering gesien word, en terwille van verdere groei en ontwikkeling presteer hierdie bedrywe nou beter sonder grense. Die grootaandeelhouers is ook nie meer mense vanuit dieselfde land nie, maar dit kan nou enige persoon wees orals ter w\u00eareld. Vandaar dat die verleiding nou groot is om mense massaal te indoktrineer en te intimideer teen enige vorm van nasionalisme.<\/p>\n<p>Die gevaar is egter dat sonder \u2018n gesonde dosis nasionale identiteit, geloof en deug gaan volkere tot niet. Hulle word slegs na waarde geskat as hulle \u2018n produktiewe bydrae kan lewer tot die groot geldmasjien. Sodra hulle geen betekenisvolle bydrae kan lewer nie, is hulle van \u2018n eksistensi\u00eble ondergang verseker. Daar is geen sprake meer van die ouer generasie wat die jonger generasie met insig, wysheid en skoonheid opvoed nie, geen fakkel wat aan die nuwe generasie oorhandig word nie. Almal is soos kinders, die hoofstroommedia is die dominee, en repressiewe toleransie (die verdrukking van afwykende stemme) is die dogma.<\/p>\n<p>Pleks van hierdie tradisionele strukture word daar nou \u2018n nuwe stelsel opgerig wat verbasend ooreenstem met die 10 stappe van kommunisme, soos wat in die <em>Kommunistiese Manifes<\/em> staan. Die belangrikste verskil is dat Marx en Engels die staat as eienaar van alle produksiemiddele wil h\u00ea, maar vanwe\u00eb die aard en omvang van hierdie bedrywe is hulle al lankal in die geleentheid om state onder hul beheer te bring. Agter die staat sit met ander woorde privaat eienaars. Tog is hul doelstellings vir die gewone mens dieselfde. John D. Rockefeller het mos op \u2018n stadium ges\u00ea dat hy \u2018n w\u00eareld van werkers wil h\u00ea en nie \u2018n w\u00eareld vol denkers nie, soortgelyk aan Marx en Engels se ideaal van \u2018n werkersparadys.\u00a0 So sien ons hoe kommunisme, die groot kapitaal en fascisme (gemaskeer as antifascisme) hul kragte gebundel het om nou in opstand te kom teen nasionale en kulturele belange.<\/p>\n<p>Aangesien die grootste deel van die werkende bevolking vanwe\u00eb die korona-epidemie vanuit die huis moet werk, weet ons ongetwyfeld wie hieraan verdien om die nuutste rekenaars en programmatuur te verskaf dat mense nog met mekaar kan vergader. Uiteraard gaan mense ook boeke en handelsware deur amazon.com bestel vanwe\u00eb die kleinhandelaars wat hulle deure gesluit moet hou. Vervolgens het hierdie pandemie Jeff Bezos, Bill Gates en vennote tientalle miljarde dollars wins opgelewer, en in die geval van Bill Gates gaan hy nou entstowwe ontwikkel om ons met allerlei ongetoetste middele te vergiftig.<\/p>\n<p>Die ironie is dat waar IG Farben destyds gifstowwe soos Zyklon B ontwikkel het, gaan IG Farben se dogteronderneming Bayer-Monsanto help om sy entstowwe te ontwikkel om die res van die w\u00eareld siek te maak. En aangesien president Obama destyds die Monsanto Act bekragtig het, is hierdie bedryf gevrywaar van juridiese vervolging, en staan dus bo die wet.<\/p>\n<p>Terwyl al hierdie narigheid gebeur is die elite besig om van die polisie ontslae te raak met hul \u201cDefund the Police\u201d aksies, en blykbaar is die rede hiervoor om voortaan mense gade te slaan met hommeltuie, kamera\u2019s en ander tegnologiese middele. Dit beteken dat geregtigheid vanuit \u2018n sentrale rekenaarkamer gaan geskied, en nie meer deur \u2018n polisiekonstabel op die toneel nie. Die menslike oordeel is afwesig, wat dit makliker gaan maak om enige misdadige insident vir politieke doeleindes te misbruik. Immers, \u2018n videobeeld wat buite konteks aan die publiek oorgedra word is \u2018n skitterende propagandamiddel.<\/p>\n<p>En so is die BLM\/Antifa-oproerkraaiers geleidelik besig om die w\u00eareld onveilig, grimmig en weerloos te maak. Goeie burgers is die nuwe kriminele en die kriminele is nou die moderne vryheidstryders. Hierdie chaos het suksesvol in Suid-Afrika gewerk en word nou w\u00eareldwyd ingevoer. Dit mag dalk verklaar waarom die perse oorsee nooit veel aandag skenk aan die ernstige misdaadgolf in Suid-Afrika nie, en selfs hul bes probeer om dit stil te hou. Dit is moontlik \u2018n strategie om die res van die w\u00eareld slaapwandelend in hierdie nuwe distopia te lei deur te verwys na Suid-Afrika se \u201csuksesverhaal\u201d.<\/p>\n<p>En so het fascisme antifascisme geword.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As ons na die ontploffing van geweld kyk wat hoofsaaklik in die Verenigde State losgebars het die afgelope paar maande kan ons konkludeer dat daar sprake is van \u2019n eindspel van een of ander aard. Duisende misleide jeugdiges is besig om amok te saai en om brute geweld te gebruik teen onskuldige winkeleienaars en willekeurige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":47435,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[25034,25035,24396,22200,9860,24964,25036,7656],"class_list":["post-47432","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-antifascisme","tag-bayer-monsanto","tag-benito-mussolini","tag-black-lives-matter","tag-fascisme","tag-george-floyd","tag-ig-farben","tag-mussolini"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47432","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47432"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47432\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47437,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47432\/revisions\/47437"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47435"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47432"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47432"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47432"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}