{"id":47404,"date":"2020-08-08T11:50:53","date_gmt":"2020-08-08T09:50:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47404"},"modified":"2020-08-08T11:50:53","modified_gmt":"2020-08-08T09:50:53","slug":"sydney-gregan-die-revolusie-in-snelrat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47404","title":{"rendered":"Sydney Gregan: Die revolusie in snelrat"},"content":{"rendered":"<p>Dr Anthea Jeffery se aanvanklike werk <i>The People\u2019s War<\/i> (2009) is waarskynlik deur min mense gelees (676 bladsye), alhoewel dit van groot belang is vir die verstaan van ons politieke situasie. In 2019 het sy \u2018n verkorte uitgawe daarvan die lig laat sien wat, soos mens dit graag wil noem, \u201cverpligte leesstof\u201d is vir elkeen wat werklik wil verstaan wat in ons land aan die gang is. Veral die laaste hoofstuk daarvan is \u2018n meesterlike opsomming en vertolking van die ware oogmerke van die ANC en hulle hanteerders, die SAKP, met hierdie land.<\/p>\n<blockquote><p>\u201c\u2026the story of the people\u2019s war is the key to understanding how the ANC gained its hegemonic grip over the new South Africa. It is also the key to understanding a host of adverse social phenomena that continue to plague the country. Among other things, the ANC\u2019s success in making South Africa \u2018ungovernable\u2019 in the decade up to 1994 is a major factor in the persistent vandalism, destructive protests and seeming contempt for authority that persist to this day\u201d.<\/p><\/blockquote>\n<p>\u2014Anthea Jeffery, The People\u2019s War, 2019<\/p>\n<p>In 1978 het die SAKP\/ANC \u2018n besoek aan Vi\u00ebtnam gebring en onder andere met die \u201cmeester\u201d-strateeg, generaal Vo Nguyen Giap beraadslaag hoe om deur middel van \u2018n revolusion\u00eare \u201cvolksoorlog\u201d die mag te gryp. Dit is dan ook met groot sukses ge\u00efmplementeer deur onder meer die politieke opposisie uit te skakel voor die 1994-verkiesing en die land \u201conregeerbaar\u201d te maak. Dit het doeltreffend daarin geslaag om \u2018n geweldskultuur te skep terwyl die blaam op die \u201capartheidsregering\u201d en partye soos Inkatha geplaas is. Met die opposisie behoorlik geneutraliseer het die \u201cnuwe\u201d Suid-Afrika soos \u2018n ryp appel in die skoot van die ANC geval \u2013 om nooit weer uit die kloue daarvan te ontsnap nie.<\/p>\n<p>Die volksoorlog se doelwit is om die Sowjet-ge\u00efnspireerde Nasionaal Demokratiese Revolusie (NDR) deur te voer. En wat is die doel van die NDR?:<\/p>\n<blockquote><p>\u201c\u2026 to take South Africa, by gradual and incremental steps over four decades or more, from a free-market system to socialism and then communism.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Danksy die \u201cvolksoorlog\u201d het ons nou \u2018n \u201chollowed-out democracy, a shell without substance\u201d. Jeffery wys ook op die feit dat die oorgangsgrondwet en die huidige grondwet deur die ANC beskou word as:<\/p>\n<blockquote><p>\u201c\u2026nothing more than temporary agreements that reflected the balance of forces prevailing at the time \u2013 and that could always be changed once the balance of forces had shifted sufficiently to allow this\u201d.<\/p><\/blockquote>\n<p>Wat ons dus het as gevolg van die suksesvolle \u201coorlog om die nasie\u201d is \u2018n post-apartheidera sonder \u2018n doeltreffende opposisie en sonder konstitusionele meganismes om mag af te wentel en te versprei en belangriker nog:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cwithout a commitment by the ruling party to regard even the final constitution as binding upon itself\u201d.<\/p><\/blockquote>\n<p>Die ANC se beheer oor die land is trouens nou van so \u2018n aard dat dit met gemak van die eerste na die tweede fase van die revolusie kan beweeg. Die eerste fase was natuurlik die \u201cnasionale bevryding\u201d en die tweede, alhoewel verskans deur ander mooiklinkende terme, volbloedsosialisme en daarna, kommunisme. Die strategie van die NDR het \u201conly one possible outcome\u201d, die verwesenliking van \u2018n sosialistiese samelewing.<\/p>\n<p>Ten einde hierdie oogmerke te bereik is dit noodsaaklik vir die ANC om volle beheer oor die myne, industrie, banke en ander monopolie\u00eb te verkry. Die SEB (Engels: BEE)-wetgewing is \u2018n belangrike metode om dit te bewerkstellig. Beheer oor die \u201clevers of power\u201d in die vorm van die openbare uitsaaier, die media, die privaatsektor, die universiteite en alle ander entiteite wat die klimaat (van opinie) kon wysig, moes verkry word. Daarin is reeds volkome geslaag. In 1997, by die ANC se konferensie in Mafikeng is boonop blatant gestel dat beheer oor hierdie \u201ccentres of power\u201d sal vereis dat \u201ccadre [deployment] policy\u201d gevolg sal moet word ten einde te verseker dat die ANC \u2018n leidende rol speel in al hierdie instellings. Die ANC het dus sy mag gekonsolideer sodat, ongeag die geraas oor korrupsie en verantwoordbaarheid, dit meedo\u00ebnloos kan voortgaan om die land op \u2018n sosialistiese pad te plaas.<\/p>\n<p>Onteiening sonder vergoeding (EWC) en die Nasionale Gesondheidsversekering (NHI) is verder stappe in hierdie proses om \u2018n sosialistiese staat te skep. Die doel van EWC is nie om grond in die hande van swartes te plaas nie, maar om die ANC die eienaar van die grond te maak sodat dit beheer oor die \u201cgebruikers\u201d daarvan kan behou. Niemand minder as Ramaphosa is die groot voorstander van EWC; dit terwyl blanke liberaliste al hulle hoop op hom gevestig het om die land weer \u201cop koers\u201d te kry na die Zuma-bewind.<\/p>\n<p>Jeffery wys op die belangrike feit dat die SAKP nie Ramaphosa se kandidatuur vir presidentskap (van die ANC en die land), sou gesteun het as hulle nie seker was van sy toegewydheid aan die NDR nie. Dus, blanke liberaliste het verniet miljoene spandeer om ANC-lede om te koop om vir Ramaphosa te stem \u2013 hy was reeds in die sakkie van die SAKP! Pas nadat Ramaphosa verkies is, verklaar hy in Januarie 2018 die noodsaaklikheid daarvan om die NDR te bevorder; iets wat die Blanke sakemanne wat hom befonds het seker met \u2018n wrang smaak in die mond gelos het; tensy hulle natuurlik deel van die uitgelese elite is wat vir hulle eie belange sal sorg in die tweede fase van die revolusie.<\/p>\n<p>Watter verdere stappe word beoog ingevolge die NDR?<\/p>\n<ul>\n<li>Die inlywing in die 1996-grondwet van verskanste sosio-ekonomiese \u00a0\u00a0\u00a0 regte (soos belowe in die <i>Freedom Charter<\/i>);<\/li>\n<li>Die sistematiese verswakking van die magte van die parlement \u00a0\u00a0\u00a0 (grotendeels reeds bewerk deur die \u201cDisaster \u00a0\u00a0\u00a0 Management Act\u201d waar die beheer van die land in \u2018n uitgesoekte groepie se hande geplaas is en waarvan hulle baie moeilik gaan afstand doen);<\/li>\n<li>Volgehoue aanslae teen die regbank in die naam van \u201ctransformasie\u201d;<\/li>\n<li>Verdere kaderontplooiing deur die ANC om beheer te verkry oor \u201dall key levers of power\u201d;<\/li>\n<li>Verdere SEB-wetgewing om privaat ondernemings se outonomie verder af te breek;<\/li>\n<li>Nasionalisering van water en minerale regte;<\/li>\n<li>Arbeidswetgewing wat, in plaas van werkloosheid hok te slaan, werkloosheid bevorder;<\/li>\n<li>Die NHI wat privaat mediese fondse wil vernietig en daarmee saam die \u00a0\u00a0\u00a0 private mediese bedryf;<\/li>\n<li>Die erodering van outonomie op skool- en universiteitsvlak met verlaging en vernietiging van standaarde;<\/li>\n<li>Die volgehoue afhanklikheid van 17 miljoen (en steeds groeiend) \u00a0\u00a0\u00a0 bevoordeeldes van maatskaplike toelaes van die staat vir hulle daaglikse oorlewing;<\/li>\n<li>EWC as die finale slag om finale beheer te kry en die bestaande ekonomie \u00a0\u00a0\u00a0 te vernietig.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Jeffery stel dit onomwonde:<\/p>\n<blockquote><p>\u2026land expropriated without compensation will be owned by the state, not transferred to black South Africans. This is the fraud at the heart of the EWC idea. EWC will empower the government, not the individual, and will be used as a patronage tool and to deepen dependency on the ANC\u201d.<\/p><\/blockquote>\n<p>Die NDR is die sleutel om te verstaan wat in die afgelope 26 jaar van ANC-bewind gebeur het. Maar min blankes besef wat die eerste en tweede fase van die revolusie werklik behels. Vir die gemiddelde blanke is dit blykbaar ondenkbaar om te glo dat die ANC eenvoudig niks voel vir die meerderheid mense in hierdie land nie en dat dit ideologies gedrewe is om die land te verswak en selfs te vernietig ten einde sy doelwitte te bereik. Vanuit die SAKP\/ANC-perspektief is daar \u2018n \u201ccompelling logic\u201d met die NDR-strategie:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cIf the economy was thriving and millions of well-skilled South Africans could easily find well-paying private sector jobs outside of state control, the ANC would soon lose its grip on power.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Om dus die bevolking afhanklik eerder as onafhanklik te maak, is van kardinale belang vir die ANC. Deur kaderontplooiing binne die openbare sektor en sowat 17-20 miljoen wat van hulle daaglikse brood afhanklik is van maatskaplike toelaes (uitgedeel en beheer deur die ANC), is die ANC ten volle in beheer van die revolusie. Die Covid-19-fiasko het die ANC se greep op die land boonop verstewig deurdat \u2018n groot deel van die onafhanklik denkende middelklas ook nou tot bedelstand verlaag is en van die ANC afhanklik sal wees vir oorlewing.<\/p>\n<p>Werkloosheid wat steeds groter word skeel die ANC-elite min; hulle eie poste is verseker (en verskans). Daarom dat hulle ook nie enige erg het daaraan dat die ekonomie skade ly as gevolg van die irrasionele en idiotiese inperkings nie; hulle salarisse word steeds betaal met die bykomende voordeel dat hulle nie eers op kantoor hoef te wees nie!<\/p>\n<blockquote><p>\u201c\u2026 the more the NDP was implemented, the more the economy would be crippled and the more dependency upon the state will grow. Soon, the damage from the NDP would become self-perpetuating and increasingly difficult to reverse\u201d.<\/p><\/blockquote>\n<p>Die woord \u201crevolusie\u201d het in sommige (links-liberale) kringe \u2018n bekoring asof dit \u2018n towerwoord is waarmee alles wat kwansuis verkeerd is, reggestel kan word. Min besef dalk dat dit \u2018n totale omverwerping van alle bestaande strukture beoog en radikale verandering meebring. So asof \u2018n nuwe samelewingstruktuur eensklaps kunsmatig gevorm kan word terwyl d\u00edt wat daar was eeue geneem het om te skep! Feit is dat daar deur die afbreek van orde en strukture \u2018n vakuum onstaan waarin wetteloosheid, eerder as \u2018n nuwe ordelike struktuur, beslag kry. Dit is wat nou in ons land ontplooi. Daar is geen gesag waarna opgesien word nie; geen gemene deler wat ons saambind nie, maar veel eerder \u2018n veragting vir die regime en hulle vergrype deur diegene wat nog vir hulleself dink, terwyl die res in paniek en vrees lewe en ewe gedienstig elke belaglike regulasie en dekreet navolg asof hulle lewens daarvan afhang.<\/p>\n<p><i>Wat is die lewens- en w\u00eareldbeskouing van die nuwe Suid-Afrika? Dit is nie Christelik nie en beslis ook nie nasionaal nie. Dit is eerder onchristelik, barbaars en Gods- en naasteveragtend. Dit is omdat dit revolusion\u00ear is want die wese van enige revolusie, aldus die Nederlandse denker en filosoof Groen van Prinsterer, is ongeloof!<\/i><\/p>\n<p>Die (tweede fase) van die ANC-revolusie is besig om ons almal in te sluk al sal dit dalk ook sy eie kinders (die ANC) in die proses opvreet. Niemand van ons (tensy jy deel is van die elite wat die toutjies trek) gaan hieruit ongeskonde kom nie. Anargie, as noodwendige neweproduk van hierdie revolusie, dreig nou om heeltemal hande uit te ruk. Ontsag vir die lewe is lankal (soos met die Franse Revolusie) daarmee heen. Mense word soos wilde diere afgemaai en geslag. Eers wanneer ons besef dat hierdie bestel (revolusie) nie \u201cbeter\u201d gemaak kan word of \u201chervorm\u201d kan word nie, maar iets anders in die plek daarvan (of afsonderlik daarvan) daargestel sal moet word, sal werklike geesdrif onder ons mense kan posvat. Want dan sal ons weer \u2018n gemeenskaplike deler h\u00ea: \u2018n gemeenskaplike ideaal om na te strewe.<\/p>\n<p>Intussen is ons besig om die branders met \u2018n besem te probeer terugvee\u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dr Anthea Jeffery se aanvanklike werk The People\u2019s War (2009) is waarskynlik deur min mense gelees (676 bladsye), alhoewel dit van groot belang is vir die verstaan van ons politieke situasie. In 2019 het sy \u2018n verkorte uitgawe daarvan die lig laat sien wat, soos mens dit graag wil noem, \u201cverpligte leesstof\u201d is vir elkeen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":47405,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,4703],"tags":[227,24641,14057,4941,12955,25010],"class_list":["post-47404","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-sydney-gregan","tag-anc","tag-anthea-jeffery","tag-peoples-war","tag-revolusie","tag-vietnam","tag-volksoorlog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47404","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47404"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47404\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47406,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47404\/revisions\/47406"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47405"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47404"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47404"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47404"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}