{"id":47330,"date":"2020-06-29T11:45:00","date_gmt":"2020-06-29T09:45:00","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47330"},"modified":"2020-06-29T11:45:00","modified_gmt":"2020-06-29T09:45:00","slug":"82-van-noordwes-munisipaliteite-benodig-dringende-ingryping","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47330","title":{"rendered":"82% van Noordwes-munisipaliteite benodig dringende ingryping"},"content":{"rendered":"<p>Die Ouditeur Generaal (OG) se verslag oor die prestasie van munisipaliteite rakende die Munisipale Finansi\u00eble Bestuurswet, lewer verdoemende getuienis van agteruitgang en wanbestuur in die munisipaliteite van die Noordwes-provinsie.<\/p>\n<p>Volgens die OG het die prestasie van munisipaliteite in Noordwes agteruitgegaan en is daar geen munisipaliteit wat &#8216;n skoon oudit ontvang het, of selfs net \u2018n mening oor waar daar geen wesenlike wanvoorstellings voorkom nie.<\/p>\n<p>Die helfte van die munisipaliteite se oudit-mening vir die 2018\/2019-boekjaar is totaal ongunstig, wat beteken dat di\u00e9 munisipaliteite se finansi\u00eble state duidelike materi\u00eble wanvoorstellings bevat wat nie beperk is tot \u2018n besondere bedrag nie, of die wanvoorstellings sluit \u2018n beduidende gedeelte van die finansi\u00eble state in.<\/p>\n<p>Wat die swak ouditprestasie, gegrond op die finansi\u00eble rekords van munisipaliteite selfs in nog \u2018n slegter lig plaas, is die feit dat daar R227 miljoen aan konsultante bestee is om die state op te stel.<\/p>\n<p>Dit is volgens die OG verder verdoemend dat 82% van alle munisipaliteite in die Noordwes dringende ingryping benodig teenoor 69% in 2018-2019-boekjaar.<\/p>\n<p>Die eerste twee kritieke stappe wat geneem moet word om die stand van munisipaliteite te verbeter, is om eerstens \u2018n proses van desentralisasie daar te stel, waar die groot munisipaliteite in kleiner, gemeenskapsgegronde bestuurseenhede opgebreek word en tweedens om wetgewing s\u00f3 te wysig dat munisipale bestuurders en die politieke hoofde effektief verantwoordelik gehou kan word.<\/p>\n<p>Dit is al wyse waarop verhinder kan word dat munisipaliteite in Noordwes totaal in duie stort.<\/p>\n<p>Bron: VF Plus-mediaverklaring<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ouditeur Generaal (OG) se verslag oor die prestasie van munisipaliteite rakende die Munisipale Finansi\u00eble Bestuurswet, lewer verdoemende getuienis van agteruitgang en wanbestuur in die munisipaliteite van die Noordwes-provinsie. Volgens die OG het die prestasie van munisipaliteite in Noordwes agteruitgegaan en is daar geen munisipaliteit wat &#8216;n skoon oudit ontvang het, of selfs net \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":47331,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[15485,5376,6104,9300,10591],"class_list":["post-47330","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-finansies","tag-munisipaliteite","tag-noordwes","tag-oudit","tag-ouditeur-generaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47330","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47330"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47330\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47332,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47330\/revisions\/47332"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47331"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47330"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47330"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47330"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}