{"id":47317,"date":"2020-06-20T12:09:39","date_gmt":"2020-06-20T10:09:39","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47317"},"modified":"2020-06-20T12:10:57","modified_gmt":"2020-06-20T10:10:57","slug":"sydney-gregan-dis-tyd-om-af-te-skei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47317","title":{"rendered":"Sydney Gregan: Dis tyd om af te skei"},"content":{"rendered":"<p>Die Afrikanervolk beleef tans \u2018n hernieude aanslag op sy voortbestaan as selfstandige volk, dit wil s\u00ea as \u2018n volk wat geregtig is om sy eie identiteit volkome uit te leef. Daardie identiteit sluit in sy eie waardes, kultuur, verering van sy heldedom, eer en respek vir sy eie geskiedenis, sy strewe om die hoogste ideale in die werksplek te bereik, vryheid van spraak en uitdrukking, vryheid van assosiasie, vryheid om d\u00edt wat hy glo te verkondig, en dies meer.<\/p>\n<h3 style=\"width: 350px; text-align: right;\">&#8220;&#8216;n Staat waarin die Afrikaner homself soewerein kan regeer en sy eie ideale kan uitleef, is die enigste opsie in Afrika vir die oorlewing van die Afrikaner&#8221;<\/h3>\n<p>Enkele voorbeelde van bogenoemde sluit in dat die Afrikaner tradisioneel geglo het dat volke in vermo\u00ebns verskil wat betref intelligensie, waardes, toekomsverwagting, en so meer. Dit maak die een nie \u201cbeter\u201d as die ander nie, maar anders. Sou jy dit in vandag se Suid-afrika verkondig, is jy \u2018n rassis met al die nadele wat dit meebring. Sou jy dr Verwoerd of Dr Malan vereer of huldig, gryp jy terug na apartheid en is jy eweneens gedoem tot verguising en verbanning uit die \u201choofstroom\u201d. Kry jy sewe en meer onderskeidings in matriek word jy steeds weggewys by universiteite weens regstellende aksie; wys jy op die leuens van rasse-gelykheid of durf jy om na die voordele van afsonderlike ontwikkeling te verwys, word jy gesnoer en uitgesluit. Wil jy as Blanke met Blankes assosieer word jy dit verbied. As jy weens jou geloofsoortuiging jou uitspreek teen die beoefening van sodomie, is jy \u2018n hater en sal die Gelykheidshof jou beboet of selfs tronk toe stuur. Vertoon jy die pragtige ou Suid-Afrikaanse vlag in die openbaar, loop jy die gevaar van botsing met die gereg. Die voorbeelde is legio.<\/p>\n<p>Wat dus gebeur, is dat die Afrikaner se identiteit hom stelselmatig ontneem word. Hy mag nie meer sy eie identiteit uitleef nie en word gedwing om \u2018n nuwe identiteit te omhels. Boonop moet die Blanke telkens toesien hoe sy eie verkleineer word en die swartes verheerlik word. Die waansin van \u201cBlack Lives Matter\u201d, met die noodwendige implikasie dat blankes se lewens minder werd is, is die jongste sprekende voorbeeld hiervan.<\/p>\n<p>Nou is dit so dat talle organisasies hulle sedert 1994 beywer het daarvoor om die Afrikaner op die een of ander wyse te hulp te snel. Hier word gedink aan politieke partye soos die HNP en die Vryheidsfront, asook ander organisasies soos Orania, Solidariteit, Afriforum, en talle ander. Sommige het hulle fokus op die herstel van die \u201cou\u201d Suid-Afrika gevestig en ander op \u2018n nuwe staat vir die Afrikaner. Ander weer het gefokus op \u201cinterne selfbeskikking\u201d vir die Afrikaner binne die huidige bestel waar klem gel\u00ea is op regte wat deur die Grondwet erken word, asook internasionaal erkende regte soos vervat in verskeie besluite en handveste van onder meer die Verenigde Nasies. Laasgenoemde organisasies was in \u2018n sekere mate suksesvol om individuele gevalle van vergryping teen individue reg te stel in die howe. Eersgenoemde organisasies was uiteraard onsuksesvol omdat d\u00edt wat hulle beoog het \u2018n drastiese ingryp in die politieke orde teweeg sou bring.<\/p>\n<p>Wat ons moet besef, is dat die huidige ANC-regime voortstu na \u2018n samelewing wat gekenmerk sal word deur \u2018n sosialisme wat deur die staat afgedwing sal word. Dit sal volkome outokraties wees met \u2018n ingryp selfs in private ondernemings (soos BEE getuig), kerke (soos die verbod op die verkondiging van Bybelse waarhede getuig), private huishoudings (soos die verbod op die vertoon van die ou vlag getuig), skole (soos die afdwing van \u2018n volksvreemde kurrikulum en die sing van die volksvreemde nasionale lied getuig). Die huidige grondwet bied, soos ek al talle kere aangedui het, geen redding vir die Afrikaner wat hierdie sake aanbetref nie, maar dien juis as rubberstempel om hierdie ideologie af te dwing. Boonop is dit \u2018n staat wat gekenmerk sal word deur die blatante bevoordeling van die swartes ten koste van die Blankes onder die dekmantel van die die \u201cregstel van die ongeregtigheid van die verlede &#8211; apartheid\u201d. Daar is geen einddatum vir hierdie proses nie. En sou jy aandui dat dit (\u201cregstellende aksie\u201d) gedoen word juis omdat die swartes (as groep) nie in staat is om, wat baie sake betref, dieselfde vlakke in dieselfde omstandighede te bereik nie (ondanks die feit dat dit die waarheid is), is jy gedoem as rassis tot die asblik en loop jy, soos reeds daarop gewys, die risiko om met die gereg te bots. Die waarheid word dus gesnoer.<\/p>\n<p>Laat daar dus geen twyfel wees dat die Afrikaner geen kans het om sy eie identiteit in hierdie staat uit te lewe en sy Bybelse opdrag om sy talente ten volle te ontwikkel, ten volle uit te leef nie. Wat bly dus oor? Daar is net een van twee moontlikhede: Die herstel van die ou Suid-Afrika bedoelende dat aan elke volk gegee moet word wat hy tradisoneel besit het kragtens historiese vestiging op grondgebied. Hier word gepraat van die beleid wat onder dr Verwoerd nagestreef is, naamlik die partisionering van Suid-Afrika. Dit is uiteraard verrykend en sou die onwaarskynlike gebeur dat die Afrikaner die mag vandag kan bekom en hy dit sou wou implementeer, sal dit \u2018n bloedbad veroorsaak en sal die ge\u00efndoktrineerde w\u00eareld met sy diaboliese magte wat hom dryf, onmiddellike ingryping verwag. Alhoewel ek in hierdie opsie glo juis vanwe\u00eb die geregtigheid daarin vervat, en talle ander redes, is dit eenvoudig so dat dit nie tans haalbaar is nie. Partisionering deur die Afrikaner of deur enige ander internasionale organisasie is eenvoudig nie tans deel van die internasionale agenda nie.<\/p>\n<p>Wat oorbly, is afskeiding deur die Afrikaner in sy eie grondgebied. In die internasionale reg word dit sesessie genoem. Die Vryheidsfront het hom aanvanklik (al is dit dan net in sy uitlatings) daarvoor beywer alhoewel die klem later in die party na ander sake (interne selfbeskikking) verskuif het. Tans is daar verskeie bewegings wat hulle hiervoor beywer en is dit so dat professor Carel Boshoff en die latere Oraniabeweging reeds vir baie jare die gedagte koester. Hierdie uitgangspunt gaan van die gedagte uit dat dit onder meer onmoontlik is om, gegewe die verloop van tyd, veranderde denkpatrone, geografiese redes, bevolkinsgaanwas, en so meer, partisie toe te pas en dat die Afrikaner dus moet \u201cafstand\u201d doen van die \u201cres\u201d van Suid-Afrika en deur middel van meerderheidsbesetting van mense in \u2018n gebied wat eenders dink, \u2018n nuwe staat moet skep wat dan met verloop van tyd kan afskei van die bestaande staat (Suid-Afrika).<\/p>\n<p>Ek is oortuig dat dit tans die enigste haalbare opsie is. My voorbehoud is dat daar nie afstand gedoen moet word van die herstel van die \u201cou\u201d Suid-Afrika nie (daar is baie redes daarvoor waaronder di\u00e9 in die internasionale reg), maar dat, ten einde die Afrikaner se identiteit en oorlewingsvermo\u00eb as aparte en selfstandige volk te behou, dit dringend noodsaaklik is dat hy kragte sal saamsnoer binne \u2018n eie grondgebied.<\/p>\n<p>\u2018n Staat waarin die Afrikaner homself soewerein kan regeer en sy eie ideale kan uitleef, is die enigste opsie in Afrika vir die oorlewing van die Afrikaner. Afrika is ongenaakbaar teenoor minderhede wat nie wil assosieer of konformeer met die meerderheid nie. Daarvan het ons oorvloedige bewyse selfs in ons eie land. Is daardie minderheid boonop Blank is die houding teenoor hom vyandig tot by die punt van vernietiging. Blankes word dikwels vermoor net omdat hulle Blank is en vir geen ander rede nie.<\/p>\n<p>Die beweging wat tans in veral die Wes-Kaap momentum kry, wil die gebied laat afskei met die inwoners wat tans daar woon, dit wil s\u00ea ongeag die samestelling daarvan. Dit bied natuurlik kortpad tot die vestiging van \u2018n staat. Volgens die huidige uitgangspunt in die internasionale reg sal \u2018n staat erken word as hy \u2018n grondgebied het, \u2018n regering, \u2018n bevolking en die vermo\u00eb om internasionale betrekkinge aan te knoop (deur ander state erken word), aldus die Montevideo-konvensie van 1933. Vir \u2018n nuwe \u201cafgeskeide staat\u201d sal daar ook \u2018n referendum moet plaasvind waarin die meerderheid moet aantoon dat hulle ten gunste van sodanige stap is. In Suid-Soedan bly daar minstens 10 verskillende etniese groepe maar hulle het \u2018n referendum gehou waarin meer as 98% ten gunste van afskeiding gestem het en sodoende het Suid-Soedan die 193e lidstaat van die VN geword.<\/p>\n<p>Ek is daarvan oortuig dat dit hier by ons geensins so maklik gaan wees nie. Daar is te veel rolspelers wat \u2018n stokkie gaan steek voor die afskeiding van \u2018n stuk grondgebied vir enige volk (of dan saamgestelde groep), en om baie redes. Die Wes-Kaap word soos enige ander deel van die land as \u2018n integrale deel van Suid-Afrika beskou en sal die beginsel van \u201cterritoriale integriteit\u201d van die land soos hy tans daarna uitsien (dus, met sy huidige grense) eenvoudig opgehaal word as synde die rede waarom so \u2018n gebied nie mag afskei nie. Die ANC se land wat oorbly sal uiteraard ook baie sleg afsteek by die nuwe staat (die Wes-Kaap) en benewens die afguns sal hierdie staat sy hande vol h\u00ea om immigrante uit sy land te hou. Grense sal dag en nag bewaak moet word. Daar sal werk wees in daardie land, terwyl die ANC-land maar net verder oor die afgrond gaan tuimel. Daar sal vrede wees terwyl onrus, stakings, oproer en geweld in die moederstaat net sal toeneem. En watter nuwe \u201cburgers\u201d gaan hierdie staat toelaat en watter gaan weggewys word of gaan daar aanvanklik \u2018n totale afsperring wees?<\/p>\n<p>Alhoewel die saak dus dringend is gegewe die huidige versnelde vreswakte toestand in Suid-Afrika, is \u2018n blote afskeiding van \u2018n gebied problematies. As dit net \u2018n geval is dat daardie inwoners \u201cmoeg\u201d is vir die huidige toestand in die land, gaan dit op die lange duur en in die praktyk nie voldoende wees om die integriteit en toekomsverwagting en solidariteit van daardie staat te waarborg nie. \u2018n Staat moet \u2018n strewe h\u00ea wat veel meer insluit as \u2018n ekonomiese strewe of die wegvlug van \u2018n staat wat besig is om te faal.<\/p>\n<p>Orania, of dan enige Afrikanerstaat, wat met veel meer samebindende faktore natuurlik ontwikkel tot \u2018n soewereine staat het \u2018n veel groter kans op oorlewing juis vanwe\u00eb al die faktore wat dit as eenheid saamsnoer waarvan die grootste is die feit dat dit deur net een etniese groep bewoon en regeer sal word. Maar ook Orania gaan te staan kom voor die realiteit dat die bestaande staat vyandig sal staan teenoor \u2018n Blanke staat en boonop \u2018n staat wat ook die bestaande staat sal oortref wat betref ontwikkeling, rus en vrede, wet en orde, en so meer. En dan natuurlik die argument om alle argumente te bee\u00efndig \u2013 die territoriale integriteit van die bestaande staat wat nie geskend mag word nie.<\/p>\n<p>Artikel 235 van die huidige Grondwet word deur die voostanders van afskeiding gesien as \u201ctoestemming\u201d om so \u2018n staat te skep. Dit is net gedeeltelik waar aangesien die artikel dubbelsinnig geformuleer is en boonop stel dat die huidige staat daartoe sal moet toestem (wetgewing te dien effekte sal moet aanvaar). Geen ANC-beheerde staat sal toestem tot so \u2018n afskeiding nie, selfs onder internasionale druk. Suid-Soedan kon afskei omdat die grootste moondheid ter w\u00eareld, die VSA, sy saak gesteun het en omdat die VSA daardeur die staat kon beheer om die staat se olie te kan beheer. Dit het nie gegaan om die edele motief van selfbeskikking nie, maar om die \u201cedele olie\u201d van die staat. Die ander faktore, waaronder godsdiensverskille tussen noord en suid is maar net gebruik om die eintlike motief te bedek. Uiteraard het Orania geen (ekonomiese) voordeel vir die internasionale magte nie, maar sal blote morele steun waarskynlik nie eers gevind word nie.<\/p>\n<p>Dit is juis vanwe\u00eb my eintlike uitgangspunt, naamlik dat die Afrikaner hom vanuit sy nuwe vesting sal beywer vir die uiteindelike herstel van sy tradisionele staat, dat die ANC-regime die staat van die Afrikaner as bedreiging sal beskou. Dit sal as \u2018n plek van konsolidasie beskou word van waar die aanslag op die moederstaat gevoer sal word. Die Afrikaner sal hom uiteraad nie aggressief bewyer vir die verowering van enige grondgebied nie, daarom sal verkryging van grondgebied net gebeur omdat die bestaande Suid-Afrika heel moontlik dermate in anargie sal verval dat dele daarvan in elk geval \u2018n \u201cterra nullius\u201d sal wees (soos tydens die Difaqane) wat weer opnuut beset kan word.<\/p>\n<p>Dus, ek is ten gunste van \u201ctussentydse afskeiding\u201d, juis om d\u00edt wat oorgebly het van ons identiteit ten alle koste te behou, om te hergroepeer en ons kragte as volk te herwin, ons geloof en ideale uit te leef, mekaar te stimuleer en te bemoedig tot groter hoogtes sonder afguns of afdreiging en om reg te laat geskied aan die Bybelse opdrag om getrou te bly aan die roeping waarin jy sedert geboorte gestel is \u2013 binne jou eie volk.<\/p>\n<p>Die huidige Suid-Afrika teer nog op die kapitaal wat die Afrikaner oor baie jare daargestel het met sy opbou van hierdie land. Daardie kapitaal word stelselmatig uitgewis. Noem dit wat jy wil en as jy ge\u00efntimideer en gebreinspoel is, voel dan skuldig en begin selfs te kniel, te huil en voete te was. Ek sien egter \u2018n realiteit raak van \u2018n volk wat gemelk, verneder, verkrag, geteister, belaster, verguis, beswadder, verniel, vermoor en vernietig word. Daardie agenda het nie \u2018n sperdatum nie; dit eindig by die totale vernietiging van die Afrikaner. Die swart hand voer uit wat Milner en Kitchener en Oppenheimer ten doel gestel het toe hulle verklaar het dat die laaste spore van hierdie volk uitgewis moet word.<\/p>\n<p>Net in sy eie land sal die Afrikaner oorleef en gedy. Daardie land is hierdie land. In die tussentyd sal ek my saam met almal wat \u2018n stukkie daarvan soewerein wil verklaar, daarvoor beywer.<\/p>\n<p><em>Dr SH Gregan, B.Com. LL.D. Die skrywer het sy doktorsgraad oor selfbeskikking en sesessie gedoen met die klem op Afrikanerselfbeskikking en het reeds meer as \u2018n duisend artikels oor die onderwerp geskryf en onder meer in Rusland lesings gegee oor selfbeskikking.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikanervolk beleef tans \u2018n hernieude aanslag op sy voortbestaan as selfstandige volk, dit wil s\u00ea as \u2018n volk wat geregtig is om sy eie identiteit volkome uit te leef. Daardie identiteit sluit in sy eie waardes, kultuur, verering van sy heldedom, eer en respek vir sy eie geskiedenis, sy strewe om die hoogste ideale [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":47318,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,4703],"tags":[768,5716,5007,6120,2228,4784,24969,14803,8727],"class_list":["post-47317","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-sydney-gregan","tag-afrikaner","tag-afrikanervolk","tag-identiteit","tag-kultuur","tag-orania","tag-selfbeskikking","tag-sesessie","tag-suid-soedan","tag-wes-kaap"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47317","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47317"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47317\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47319,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47317\/revisions\/47319"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47318"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47317"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47317"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47317"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}