{"id":47289,"date":"2020-06-05T17:25:27","date_gmt":"2020-06-05T15:25:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47289"},"modified":"2020-06-06T10:29:42","modified_gmt":"2020-06-06T08:29:42","slug":"je-suis-afrikaner","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47289","title":{"rendered":"Joseph Secr\u00e8ve: Je suis Afrikaner"},"content":{"rendered":"<p><em>In verband met \u2019n intense studie wat ek gedoen het die laaste paar jaar was ek effens weggewees van rubrieke skryf, maar noudat die situasie w\u00eareldwyd uiters sorgwekkend afteken, dink ek dit is belangrik om die publiek van \u2019n paar pertinente gedagtes op die hoogte te stel.<\/em><\/p>\n<p>Toe die Paryse gemorsblad Charlie Hebdo enkele jare gelede slagoffer geword het van \u2018n djihadiese aanslag met noodlottige afloop, het stemme en spandoeke regoor die w\u00eareld <em>Je suis Charlie<\/em> uitgeblaker. Almal het in solidariteit met die slagoffers gestaan, net om enkele maande later te verneem hoe die Bataclan-nagklub aldaar \u2018n heelwat groter moordaanslag beleef.<\/p>\n<p>Net soos almal in solidariteit met hierdie spotblad saamgestaan het, sien ons nou hoe die hele Westerse w\u00eareld dieselfde ellende trotseer as wat die Afrikaner <em>mutatis mutandis<\/em> ondergaan het tydens die Groot Verraad van 1990. Mandela is vrygelaat, wat sommige Suid-Afrikaners met hoop gevul het en ander somber gestem het.<\/p>\n<p>Vandag, ses-en-twintig jaar na die magsoorname, is die gruwel in Suid-Afrika so erg dat al sou \u2018n mens spreekwoordelikerwys terug in die tyd kon reis en ons grootouers videobeelde van vandag vertoon, sou dit na alle waarskynlikheid met ongeloof begroet word. Dink maar aan die duisende gestroopte plase, infrastruktuur in verval, geraamtes van woonstelle in Hillbrow en Berea, kamikazivlie\u00ebniers gemaskeer as taxibestuurders, ensovoorts. Selfs Desmond Tutu het die huidige situasie al bekla as \u201cerger as apartheid\u201d maar die bende Kruiperkaners soos Max du Preez en vennote staar hulself blind teen die klere van die keiser en kan eenvoudig nie ophou met anti-Afrikanerpropaganda voer nie.<\/p>\n<p>Kortweg, ons leef in \u2018n era van volslae verstandsverbystering!<\/p>\n<p>Die tyd is nou in feite reg dat die hele w\u00eareld se Westerse volke in die skoene van die Afrikaners staan. En net soos met die Afrikaner sien ons \u2018n mengsel van skok en ongeloof enersyds, en andersyds \u2018n histrioniese <a href=\"https:\/\/twitter.com\/i\/status\/1267983074173779968\">smeekbede<\/a> om vergifnis aan die donker-getinte medemens.<\/p>\n<p>Ondertussen is daar al genoeg mense, wittes en swartes in die Verenigde State wat omgekom het as gevolg van hierdie aanhitsery en <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=op1yqcIdhbE&amp;fbclid=IwAR0ibVXX6KQRJK6qUhHe07rcsN1g2ya9QMr-ovXrd6BdzCEJ9hRG2XLg4cg\">professionele<\/a> oproerkraaiers wat betaal word om vernieling en aanranding te veroorsaak. Soos u in die hiperskakel kan sien, het selfs die ekstreemlinkse Christenhaters <em><a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=mhoIeAnUTZA\">The Young Turks<\/a><\/em> hierdie nuusbrokkie uitgelek.<\/p>\n<p>Die vraag is: Hoekom nou? Wat sit hieragter?<\/p>\n<p>Eers het die w\u00eareld vir twee maande binnegesit vanwe\u00eb Bill Gates se <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=CVYUfDLRgno&amp;fbclid=IwAR2iHJaWfRgm1oLXgbqDMlSlEKGgsAzgZx_18sevSoegy1umsLZhBpPEhAs\">bedrogepidemie<\/a>, wat die w\u00eareldekonomie \u2018n knou toegedien het wat nog jare sal vat om te herstel. Dit is aanneemlik dat die frustrasie wat hieruit ontstaan het die gemoedere laat oplaai het, en soos \u2018n stoomketel druk afblaas, word enige geweldsinsident tans gebruik as gasheer om hierdie frustrasie \u2018n gesig te gee. Daarteenoor staan dat die werkloosheid dalk wat mense genoop het om George Soros se tjek te aanvaar in ruil vir amok saai, soos ons in die boonste skakel kan sien.<\/p>\n<p>Ek dink egter nie dat dit die werklike rede is nie, aangesien mense tot sulke drastiese optredes oorgaan vanwe\u00eb \u2018n bepaalde kernoortuiging en nie sommer vir \u2018n paar dollars nie, maar mense verskil nou eenmaal.<\/p>\n<p>Daar is ook \u2018n ander moontlike rede, naamlik dat niemand minder nie as Barack Obama hieragter sit. Die ondersoeksjoernalis Paul Sperry het hierdie <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=uEPM22xqvl0&amp;fbclid=IwAR3rRp-RMJh2JXsQQlFDEWMb5AgWMRTy6oOocAYj309tUFrusbtELZc5Yvo\">gebeurtenis<\/a> ondersoek dat Obama se stigting besig is om duisende jong linkses met Saul Alinsky-agtige taktieke op te lei, en hulle is nou besig om hul slag te slaan. Die (alternatiewe) perse begin nou steeds harder te roep oor \u201cObamagate\u201d naamlik dat Obama op Trump se telefoonoproepe bespioneer het toe hy nog president was, en dit blyk nou dat hy aktiewe pogings onderneem het om Trump se presidentskap te verhinder. Dit is niks minder as \u2018n staatsgreep nie.<\/p>\n<p>Dit gebeur min of meer op die vooraand van die voorbereidings van die nuwe presidentsverkiesings, en soos ons nou al goed weet, is die linkse elite doodsbang dat Trump nog \u2018n keer president gaan word. Hulle het al hul boesemvriende Jeffrey Epstein, Harvey Weinstein en ander sedemisdadigers verloor as gevolg van Trump se klandestiene <a href=\"https:\/\/www.breitbart.com\/tech\/2017\/02\/25\/townhall-msm-ignoring-trumps-sex-trafficking-busts\/\">ingrepe<\/a> om hierdie figure te arresteer, en hulle reageer angstig op wie volgende sal val.<\/p>\n<p>\u2018n Hele ander verklaring vir hierdie geweld kan in die sterre gevind word. Dit klink natuurlik soos bog, maar daar is \u2018n rede hoekom ek dink dit in o\u00ebnskou geneem moet word. Blykbaar is daar een of ander astrologiese <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=_h3a0gkbCDs&amp;feature=share&amp;fbclid=IwAR1vCO7FhAGsjv8ptNwYhQoCRo7yhMTfKflnCNVdoT0vH60GJlbJTAHWUVg\">ontwikkeling<\/a> wat maak dat die w\u00eareld die komende paar maande ontwrig gaan word. Dit sou piek on Oktober en daarna weer geleidelik afneem. Wat hierdie verklaring \u2018n bietjie meer rugbaarheid gee is dat die w\u00eareld se rykstes glo hierdie dinge. Soos die bankier J.P. Morgan destyds ges\u00ea het: \u201cMiljoen\u00ears glo nie in sterrewiggelary nie. Miljard\u00ears wel!\u201d As sulke ryk en invloedryke mense sulke goed glo, word dit meestal \u2018n waarheid. Onthou die woorde van die sosioloog W.I. Thomas: \u201cIf people perceive situations as real, they will become real in their consequences.\u201d<\/p>\n<p>Of daar werklik iets bonatuurliks hieragter sit of nie, is irrelevant. Hulle gaan sorg dat dit waar word. En soos gewoonlik is hul gunsteling taktiek juis om tweedrag te saai deur mense teen mekaar aan te hits en uit te speel. Per definisie beteken dit dat die feitlike gebeure nie saak maak nie. Die lont in die kruidvat \u2013 die dood van die swart valsgeldbetaler George Floyd \u2013 word aangevoer as oorsaak, maar is in werklikheid \u2018n verskoning om hierdie skielike drif om te verniel te regverdig.<\/p>\n<p>In elk geval ervaar die w\u00eareld so min of meer dieselfde ellende wat vir die Afrikaner nou al gemeenplaas geword het. Wat kan \u2018n mens daaraan doen, is natuurlik die volgende vraag. Die lot van die Afrikaner is bykans vergeet in die w\u00eareld, aangesien mense elders nou te besig is om hul eie vure te blus.<\/p>\n<p>In elk geval weet almal nou wat dit is om \u2018n Afrikaner te wees.<\/p>\n<p>Ek wonder hoe lank dit nog die Europe\u00ebr of Amerikaner gaan vat om Van Wyk Louw se beginsel van voortbestaan in geregtigheid te ontdek?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In verband met \u2019n intense studie wat ek gedoen het die laaste paar jaar was ek effens weggewees van rubrieke skryf, maar noudat die situasie w\u00eareldwyd uiters sorgwekkend afteken, dink ek dit is belangrik om die publiek van \u2019n paar pertinente gedagtes op die hoogte te stel. Toe die Paryse gemorsblad Charlie Hebdo enkele jare [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":47293,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43],"tags":[6726,23482,9943,19152,24950,504,24952,24951],"class_list":["post-47289","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","tag-barack-obama","tag-bataclan","tag-bill-gates","tag-charlie-hebdo","tag-j-p-morgan","tag-max-du-preez","tag-paul-sperry","tag-the-young-turks"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47289","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47289"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47289\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47292,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47289\/revisions\/47292"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47293"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47289"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47289"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47289"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}