{"id":47280,"date":"2020-05-30T10:47:58","date_gmt":"2020-05-30T08:47:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47280"},"modified":"2020-05-30T10:47:58","modified_gmt":"2020-05-30T08:47:58","slug":"suidpunt-tot-lof-van-ons-rokers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47280","title":{"rendered":"Suidpunt: Tot lof van ons rokers"},"content":{"rendered":"<p>Van &#8216;sjiek&#8217; tot &#8216;kommin&#8217; binne slegs minder as drie dekades. Eeue se kultivering en kweek, binne dertig jaar ongedaan gemaak. Boekdele is geskryf en uitgegee oor die nut en verbou van tabak binne Suid-Afrika en Rhodesi\u00eb; vandag bloot handleidings toe onder die as. Ons voorvaders moes om voorskotte bedel vir \u2018n bietjie twak (maar Ouma het ook self darem lekker gestook). Van ons grootste genie\u00eb het hul wonderskone woorde met kankerstokkie in die hand neergepen. As jy onkundig was, kon jy gaan pyp opsteek by die wyses. Party siele het gebewe soos \u2018n koggelmander wat pypolie ingekry het. Ander moes gaan pyp uitslaan. Selfs Jan van Hunks het die duiwel laat omkap in die rookwedstryd. En glo my, daardie oom kon die pyp rook. Soos \u2018n skoorsteen. Selfs tannie Emsie Schoeman se <em>Goeie Maniere en Etiket<\/em> bevat \u2018n afdeling hoe jy daardie sigaar tussen jou duim en wysvinger by jou oor moet rol om daardie krakerigheidjie te hoor \u2013 te veel is te droog; geen krakerigheid is te vogtig. Dis die kuns.<\/p>\n<p>En nou?<\/p>\n<p>Jy bars in \u2018n hoesbui uit as die Amerikaanse <em>Popular Mechanics <\/em>maar tw\u00e9\u00e9 sigaretadvertensies bevat. Nee, Suid-Afrikaanse tydskrifte mag lankal nie meer adverteer nie. Die <em>Durban July<\/em> ook nie. Die vinger van die staat is alomteenwoordig: die winkelsentrum jaag rokers weg. Die eens statige sekretaressie moet soos \u2018n dronk hoer haar bene om \u2018n lamppaal gaan vleg om \u2018n skyf in te kry. Koop jy die produk, hy vloek jou uit! Die dominee en voorsitters put genot daaruit om die preek en vergaderings nou 4 uur langer te maak net om jou rooklus te tart! Op skool is die sinkhok vir die rokende seuns op die plaasskool van tydens die Britse koloniale era lankal afgebreek: nee, onderwysers moet maar liefs buite die skool gaan rook. Brandstigter, anargis, kindermoordenaar \u2013 dit is nou jy daai!<\/p>\n<p>Hoe rook dit vir jou?<\/p>\n<p>Ek skryf as iemand wat in \u2018n huis grootgeword het met twee strawwe rokers. Ek moet my ouers dankbaar wees vir die twee pakkies (soms meer) <em>Satin Leaf<\/em> <em>Ultra Mild<\/em> per dag wat met die blou dampe my \u2018n passiewe roker gemaak het. Die waarskuwings op die pakkies\u00a0 was die eerste woorde wat ek sommer saam met die Kinderbybel leer lees het. En haai, ek kon, want dit was nog in Afrikaans! Volgens die statistiek en waarskuwings in die hoofstroommedia behoort ek nie eers my eie naam te kan skryf nie. Nou hoe <em>onnosel<\/em> moes ons voorsate darem nie gewees het nie?<\/p>\n<p>Ek het hoegenaamd nie sleg op skool gevaar nie, inteendeel, ek was permanent onder die top tien. Maar ek is my ouers dankbaar. Diep dankbaar. Het hulle my nie so bestook nie, dan sou geen onderwyser met so \u2018n geniale duiwel soos ek kon huishou nie! Gedenk maar wat Langenhoven oorgekom het, soos Kannemeyer ons vertel in <em><a href=\"https:\/\/www.dbnl.org\/tekst\/kann003lang01_01\/kann003lang01_01_0022.php\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?q=https:\/\/www.dbnl.org\/tekst\/kann003lang01_01\/kann003lang01_01_0022.php&amp;source=gmail&amp;ust=1590905682354000&amp;usg=AFQjCNFFC7BD7hEOVwJZ7DWH2USTpN5trA\">Langenhoven: \u2018n Lewe<\/a><\/em> (1996):<\/p>\n<blockquote><p>Daar bestaan &#8216;n algemene wanopvatting dat Langenhoven dikwels van sy werke voltooi het terwyl hy sterk onder die invloed van alkohol was. Gedeeltelik het hy self aanleiding tot die storie gegee.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>By geleentheid het &#8216;n aantal Oudtshoornse vroue wat met die kerk te make gehad het, met hom oor sy drankgebruik gaan gesels. Hy het geduldig, sonder om iets te s\u00ea, na hulle geluister. Toe hulle klaar was, het hy, terwyl hy na die boekrak agter hom beduie, geantwoord: \u2018Dames, in my dronkenskap het ek die boeke geskrywe wat julle hier sien. Wat het julle in jul nugterheid gedoen?\u2019<\/p><\/blockquote>\n<p>Presies, ja. Wat <em>doen<\/em> die staat in sy <em>nugterheid<\/em>?!<\/p>\n<p>In hierdie rubriek het ek, as nieroker, my laaste bietjie breinselle bymekaargeskraap om apologeties teenoor ons arme rokers op te tree in hierdie tyd van beproewing (dit is, as jy nog nie na selfverboude papegaaislaai oorgeslaan het nie).<\/p>\n<p>Ons moet strewe na neutraliteit. Hoor die anderkant aan!<\/p>\n<ol>\n<li>Rokers is die maklikste mense onder die son. Verjaarsdae is so eenvoudig. Veral nou nog met Pa. As jy nie weet wat om vir hom te kry nie, is hy maar te diep dankbaar vir die karton sigarette of aansteker wat hy in elk geval uit sy eie sak moes koop. Nee, hy sal dit nie gaan inruil nie. Beslis nie. Want dit is nie soos \u2018n hamer wat hy reeds het nie. Dis ook nie soos rekenaartoerusting wat verouder nie. Ook nie soos soetgoed wat nie juis na sy smaak is nie. Ook nie soos lugtyd waarop die prys gedruk staan nie. Ook nie soos koffie wat reeds op die inkopielysie staan nie. Ook nie soos \u2018n boek wat hy nooit sal lees nie (hy is ook nie van die leestipe nie). Ook nie soos \u2018n hemp wat in die kas sal vergeel van nooit dra nie. Rookgoed is <em>eie goed<\/em>.<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"2\">\n<li>My moeder het in 2003 opgehou rook. Met behulp van <em>Nicorette<\/em> (wat sy tot vandag nog kou), \u2018n vuil asbak (wat haar longe sou versinnebeeld), \u2018n skuldgevoel dat sy van haar kinders geld roof, en haar geloof. Sy het vir die Here gevra om haar so \u2018n renons te gee in rook dat sy nooit ooit weer haar mond aan \u2018n sigaret sal sit nie. Haar gebed is verhoor. T\u00e9 goed. Nou gaan sy byna dood van elke buurman se kaggelrook! Die wintermaande bid jy om van die kollektiewe rookskuld wat die hele dorp en groeiende informele nedersetting dra, net om die somermaande gouer om te bid van die veldbrande en stof. En sommer die herfs ook as naskrif, want dan begin die boere weer die graanlande skoonbrand. Muskiete het skynbaar ook \u2018n liefde vir nikotienvrye bloed begin ontwikkel, want Moeder kan nie onthou van soveel muskietbyte in haar ganse lewe soos nou nie. Maar mens kan mos nou nie op jou woord teruggaan nie!<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"3\">\n<li>Ek kan nie glo iemand verf hul kamermure wit nie. Dis so <em>koud<\/em>. So <em>doods<\/em>. So, asof mens die laaste bietjie lewe van mense wat was, doodverf. In hospitale bly daar nie eens \u2018n nat kol agter nie. Daar mag geen <em>spoor<\/em> van jou bestaan agtergelaat word nie. Jy was nooit daar nie. Jy bestaan nie. Hierdie steriele bestaan maak my bang, want het die Middeleeue nie darem meer as \u2018n handvol palimpseste agtergelaat nie? Waarvoor was ons dan hier?<\/li>\n<\/ol>\n<p>Maar met genoeg rokers in die huis kry jy sommer gou-gou \u2018n gesonder mensliker kleurtjie terug, sonder om \u2018n binnehuisversierder in te roep. Wit word mettertyd room. As jy die saak wil bespoedig, moet jy net meer gereeld kerriegeregte ook maak. En tjips bak. Sien, die mure kan praat! Die vertel \u2018n storie! As die verf goed genoeg is om \u2018n eeu te hou, sal jy kort voor lank \u2018n nog huisliker <em>bruine caf\u00e9<\/em> soos in Holland kan besoek. Swart gerook deur kom-en-gaan geslagte mense wat hul koffietjies in samesyn geniet het. Hulle laat almal ietsie agter. Jaar in en jaar uit. Dis nou tradisie! Wat \u2018n argeologiese vonds!<\/p>\n<ol start=\"4\">\n<li>Ek mis die dae toe restaurante rooksones gehad het. Dit was nog voor die werklike drakoniese wette deurgevoer is. Ek onthou in die Spur op Hermanus destyds (vroe\u00eb 2000\u2019s) was daar \u2018n rooksone waar ek by my ouers gesit het, agter \u2018n halftoe skuifdeur. In die Wimpy op ons dorp ook. Anderkant die glasdeur het die eetplek gewoel, geraas en gewemel van kindertjies wat skrillend rondhol, messe en vurke wat raakkap en skraap en monde wat nom-nom-nom. Maar by ons, asook \u2018n ander gesin by hulle tafel in die vertrek, was dit rustig en stil. En. So. <strong><em>Eksklusief<\/em><\/strong>. Dit kon geen Master Card koop nie. Ek sal dit nooit vergeet nie. Dit was absoluut fantasties. Die stilte, of nee, miskien was daar tog \u2018n bietjie musiek. Die feit bly staan: jy kon jouself daadwerklik h\u00f3\u00f3r dink.<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"5\">\n<li>So kinders wat rook is \u2018n skande? Dis nie wat ons wetenskapsjuffrou die dag gedink het toe haar eie aansteker opraak nie. Die bunsenbrander moes aangesteek word vir \u2018n proef, die les moet voortgaan. Sommer op die ingewing van die oomblik, om tyd te spaar, vra sy: \u201cHet iemand van julle \u2018n <em>lighter<\/em>?\u201d \u2018Ja, Juffrou\u2019, kom die een rooikopdogter aangedraf. Almal kyk op (want dis duidelik hoekom), maar die juffrou laat met \u2018n onderdrukte glimlag die saak verbygaan. Die les kon ongesteurd voortgaan.<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"6\">\n<li>Die hele rookkultuur het ontsettend baie nut vir die motoriste beteken. In die ou motors kry jy nog plastiek- of chroom-asbakke langs die agterdeure wat sommer as \u2018n gerieflike vullisblikkie ook dien vir lekkergoedpapiertjies of sneesdoekies en so. Jy het dit in die Mercedes so gekry, jy het dit ook so in die nederige Volkswagen Golf gekry. Die gloeiwarm sigaretaansteker kon in \u2018n tyd van nood ook nuttig aangewend word [as kind het ek nie eens geweet hoe dit werk nie], en agter daardie sigaretaansteker was die veilige aansluiting vir die elektriese pompe en selfoonlaaiers. Vandag het jy satellietnavigasie, plek vir tydskrifte, plek vir jou selfoon, plek vir jou bierblik (oop, waarskynlik), plek vir jou sonbril, armstut, reling om jou baadjie langs die venster te hang, \u2018n leeslampie, selfs sitplekverwarmers en klimaatbeheer om die hitte van onder te waardeer\u2026 maar geen asbakke meer! Nou kyk, my moeder kan s\u00ea mansmense is so onprakties, hulle kan nie eens wasgoeddrade op \u2018n bouplan inteken nie \u2013 maar noudat vroumense karre begin ontwerp: wat \u2018n ramp! Wat \u2018n sanit\u00eare probleem! Waarom moet ek nou met die verdomde papiertjies in die hand sit tot en met die volgende drom? Dis nie Europa hier nie! Te veel moeite, ons gooi dit sommer by die venster uit en skep werk vir ons medemens. Gee die troostelose, eindeloos-eentonige Karoolandskap bietjie meer kleur.<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"7\">\n<li>Uit \u2018n volstruispoot kon jy \u2018n eksotiese asbak laat regop staan wat jou gaste in vervoering sou h\u00ea. Asbakke het mens in die mooiste kleure gekry. Party was van swart glas wat volgens streng geometriese vorm uitgekerf is, trots met die Mercedes-Benz-wapen op. Ander, soos di\u00e9 van Firestone, het \u2018n allemintige rubberband (<em>tyre<\/em>) om die glas gehad: haal jy die glas uit, kan jy kontantnote binne-in die band wegb\u00eare. Sommige was van beskeie erdewerk of goedkoop plastiek. En di\u00e9 van koper sal mens liewer in jou sitkamer wil uitstal, eerder as gebruik. Op skool het van die kinders asbakke uit koeldrankblikkies gemaak, met die randte wat so omkrul. Elke vakansieoord of pretpark het sy eie logo op asbakke gedruk (as reklame). Jy kon selfs \u2018n asbak as sentimentele aandenking koop, van \u2018n groot internasionale gebeurtenis, soos mens met sierlepels sou maak. Waarvoor gebruik mens vandag asbakke? Wel, jy kan blomsaad daarin droog; jy kan blomblare soos potpourri daarin droog; jy kan lekkergoed daarop uitstal; jy kan jou bottel yskoue water daarop neerplak sodat jou embuiatafel nie watermerke kry nie (ek het nog nooit \u2018n liefde vir doilies en matjies gehad nie)\u2026 dus, eintlik meer as wat jy met jou ouma se kosbare pierings sou aanvang. Ek dink ook maar net aan al die werksgeleenthede wat die vervaardiging van asbakke kon skep. Bowenal kan asbakke as kollektebordjies dien: ek is seker die munte sal met <em>teer<\/em>heid hanteer word.<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"8\">\n<li>Rokers is lewensredders! In the <em>South African Book of the Road<\/em> van die AA (1988, p. 96), staan daar: \u201c<strong>Treating tick bites<\/strong>: Apply the glowing end of a cigarette, or a burning match, to the tick\u2019s body; this will make it fall off. Do not try and pull the tick out as it may leave its head behind, causing infection.\u201d<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"9\">\n<li>Ekobewustes is tog so besorg oor die natuur. Chemiese middele, soos insek- en plaagdoders, is gif vir ons toekoms. \u2018Organiese tuinbou\u2019 is mos nou die volhoubare manier om ons nageslag \u2018n gesonde aarde na te laat. Is ek reg? Nou\u2026 waarom sien ek fyn tabakstof so min op die supermark se rakke?<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"10\">\n<li>Die brandalarms en brandblusstelsels is juis in \u2018n tydperk in gebruik geneem toe daar so baie rokers in die gebou was tussen papierwerk. Ironies, n\u00e8. Noudat die rokers uit die geboue verban word, met al hierdie stelsels wat daar voorheen nie was nie, is daar egter steeds elektriese en elektroniese toebehore wat \u2018n brandgevaar is. Ek is geneig om te dink dit was die rokers wat die brandblustegnologie na vore geskuif het, deurgedruk het, deurgevoer het, en die tegnologie juis daarom sy tyd vooruit was. En dis nou die dank wat hulle daarvoor kry?<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"11\">\n<li>Niks irriteer mens meer as daardie vetterige taai handjies wat so aan alles moet klou en vuilvat nie. Nee, ek bedoel volwassenes s\u2019n. Jou sierkussinkies, die tafelrand, die portrette, die orrel, die glase, die meubels, die gordyne\u2026 alles loop deur. Hande wat werk soos suiers! Nee, wat. Gee daai pote werk om te doen! \u201cHier, hou my sigaret vas.\u201d<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"12\">\n<li>Dis eintlik snaaks dat die volgende verhandeling nog nie aan die universiteitskomitee voorgel\u00ea is nie: \u201cSal \u2018n vrou wat rook haar kinders minder lipstiffieblertse (en \u2018n knou vir hul selfbeeld) gee as \u2018n nieroker?\u201d<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"13\">\n<li>Met ontydige kragonderbrekings sal jy gou genoeg weet waar jy met iemand staan. \u2018n Helder ligbaken waarteen niemand sal vasloop nie.<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"14\">\n<li>Is \u2018n roker \u2018n \u2018rebel\u2019, of bloot \u2018n \u2018onafhanklike denker\u2019? Dis bloot \u2018n semantiese spel, liewe leser.<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"15\">\n<li>Rokers is uitgeknip vir die diplomasie. So, daar hang nou die reuk van die dood in die sitkamer. Almal ruik dit. Dit ruik die ene verpulpte bene en hondekos. Ja-nee. Dis Wagter se winderigheid. En die kamertjie is klein. Die \u201cbrandskoon linne\u201d-reuksproei is dolleeg. Wat nou? As jy iemand soos die koningin van Denemarke langs jou op die bank het, vrees nie. Die ou vrou het \u2018n plan. Sy haal sonder \u2018n woord uit haar handsak die vuurhoutjie, steek haar sigaret baie tydsaam aan en woeps!, verbloem is die stank met &#8216;n aangenamer swawelreuk. Niemand in die verleentheid gestel nie, nie eens die hond nie.<\/li>\n<\/ol>\n<ol start=\"17\">\n<li>Twee vreemdes deel \u2018n oomblik op die balkon. Hoe begin die man \u2018n gesprek met die aanvallige jong dametjie? Nee, hy gesels nie oor die bibberweer nie \u2013 dalk is sy \u2018n ysprinses wat mal is oor die koue. En wat daarvan as die lugdruk 1 023 hektopascal is en die humiditeit op 82,9% staan? Hy kan nie nou al haar klere en mooi hare waardeer nie, dis gans te vroeg. Nee. Hy tuur eers die verte in, blaas bietjie stoom af, skraap al sy moed bymekaar en vra heel terloops: \u201cRook u, dame?\u201d En dan kom daardie smeltblik (eintlik daardie aanbod in sy hand!) wat die jonge dame net nie sal kan weerstaan nie. Hoeveel verhoudings het nie so begin by hierdie aanknopingspunt nie?<\/li>\n<li>Om te s\u00ea rook maak jou dom, misgis jy jou. Dit maak van jou \u2018n uitstekende rekenmeester, met \u2018n lopende balansstaat hierbo in jou kop. Piet van Worcester skuld jou nog \u2018n sigaret wat hy by jou kom bedel het, Fransien van Kaapstad so twee, Jan van George so vyf, Klaas van Oudtshoorn so nege; jou eie dorp is jou een-en-dertig sigarette verskuldig. En, nou ja, \u2018n ander man wie se naam jy wonderbaarlik vergeet het skuld j\u00fd \u2018n karton vol. Vir ons nierokers is dit \u2018n haas onbekende w\u00eareld, \u2018n informele mikro-ekonomie in die kleine, maar eintlik werk dit soos \u2018n bank wat ter goede trou werk. As jy nie skuld het wat jy afbetaal nie, is jou kredietwaardigheid nul. Mense is so by mekaar in die skuld met sigarette dat hulle nie sonder mekaar kan klaarkom nie!<\/li>\n<\/ol>\n<p>Wie\u2019t ges\u00ea rook kan nie help om &#8216;n nasie te verenig nie?<\/p>\n<ol start=\"18\">\n<li>Laastens. Niemand kan meer s\u00ea jy het nie jou lewe vir jou land opgeoffer nie. Jy het hope belasting betaal, jou liggaam verniel, jou siel verpand aan die grootste wettige dwelmkartel sodat klein Sipho&#8217;tjie kan brood en melk koop met die staatstoelae. Die een se dood <em>is<\/em> weliswaar die ander se brood. Maar &#8220;baie dankie&#8221;, kry die arme rokers nooit nie.<\/li>\n<\/ol>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van &#8216;sjiek&#8217; tot &#8216;kommin&#8217; binne slegs minder as drie dekades. Eeue se kultivering en kweek, binne dertig jaar ongedaan gemaak. Boekdele is geskryf en uitgegee oor die nut en verbou van tabak binne Suid-Afrika en Rhodesi\u00eb; vandag bloot handleidings toe onder die as. Ons voorvaders moes om voorskotte bedel vir \u2018n bietjie twak (maar Ouma [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":100044,"featured_media":47281,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,23531],"tags":[227,7256,19970,6862],"class_list":["post-47280","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-suidpunt","tag-anc","tag-cj-langenhoven","tag-rook","tag-tabak"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47280","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100044"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47280"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47280\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47282,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47280\/revisions\/47282"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47281"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47280"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47280"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47280"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}