{"id":47277,"date":"2020-05-27T09:16:21","date_gmt":"2020-05-27T07:16:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47277"},"modified":"2020-05-27T09:16:21","modified_gmt":"2020-05-27T07:16:21","slug":"sydney-gregan-wat-beteken-die-nuwe-normaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47277","title":{"rendered":"Sydney Gregan: Wat beteken die nuwe &#8216;normaal&#8217;?"},"content":{"rendered":"<p>Meeste, indien nie almal van ons nie, kan nie wag dat alles weer na \u201cnormaal\u201d terugkeer nie. Daardie dag wat ons weer met ons lewens kan voortgaan soos wat ons dit goeddink. Wat ons weer kan kerk toe gaan op Sondae, ons beroepe onbelemmerd kan beoefen, ons kinders weer kan skoolgaan soos voorheen, ons aan sport kan deelneem en na ons gunstelingsport op televisie kan kyk. Ons sien reikhalsend uit dat alles sal terugkeer na \u201cnormaal\u201d.<\/p>\n<p>Steeds verbysterd oor wat met ons gebeur het en te midde van \u2018n oorvloed van leuens wat aan ons opgedis is en steeds word, glo ons steeds daar sal \u2018n dag kom waarop alles weer soos voorheen sal wees. Maar nou hoor ons dat ons in \u201cfases\u201d regeer sal word en dat \u201congehoorsaamheid\u201d kan beteken dat jy en jou stad of dorp weer maklik na \u2018n \u201cerger\u201d fase verplaas kan word. Ons is dus wat ons bewegingsvryheid betref, volkome afhanklik van \u2018n regering wat in 26 jaar alles waarop hulle hulle hande gel\u00ea het, vernietig het. Hulle sal bepaal hoe ons vryheid gaan lyk. Wat \u201cnormaal\u201d is aan \u2018n toestand wat deur die grille en giere van \u2018n onbevoegde en idiotiese regering bepaal word, is vir my moeilik om in te sien. Dit word boonop gedoen terwyl niemand kan aandui wanneer ons van &#8220;die virus&#8221; ontslae gaan wees nie. Intussen moet ons blykbaar op die bona fides van \u2018n regering staatmaak wat juis nie vertrou kan word oor enige saak nie.<\/p>\n<p>Ek is van mening dat hierdie regime (so genoem weens hulle onwettigheid) soveel genot uit hierdie tirannieke maatre\u00ebls put dat hulle kwalik daarvan sal wil afstand doen. Wat is dan lekkerder vir \u2018n magsugtige regime as om, sonder debat, en onder die vaandel van \u201cthe virus kills\u201d, regulasie na regulasie uit te vaardig? Boonop, met \u2018n winter op hande, onbeholpe toetsing, areas wat onbeheerbaar is vanwe\u00eb die opeenhoping van mense in dikwels haglike toestande, en \u2018n inenting wat as redding beskou word, maar wat klaarblyklik eers oor 12 tot 18 maande beskikbaar gaan wees, kan daar nie sprake wees van normaliteit wat gaan terugkeer in die maande wat voorl\u00ea nie.<\/p>\n<p>Mense besef nog nie dat hulle met die aanvanklike grendeltydperk (<em>lockdown<\/em>) toestemming gegee het vir \u2018n toestand wat nie sonder grootskaalse verset reggestel sal kan word nie. En boonop is niks van d\u00edt wat onderneem is deur die regime bereik met die aanvanklike drie weke en enige tydperk daarna nie. Paniek en vrees het goeie gesonde verstand en logika eenvoudig verdring en sou ons byvoorbeeld na fase 3 beweeg en daar is \u2018n toename in besmettings (veral by skole), verwag ek dat \u2018n verskrikte publiek (sonder veel teenstand) eenvoudig soos skape weer na fase 4 en selfs 5 gelei sal word. As hulle maar net kan rook en drink by die huis\u2026 Dat hulle en hulle kinders se immuniteit juis verswak het terwyl hulle in hulle huise weggekruip het, het by meeste verbygegaan. Dat mens eenvoudig die gevare van die lewe moet trotseer terwyl jy elke veiligheidsmaatre\u00ebl tref wat getref kan word, maar die plig en die verantwoordelikheid het om te werk, het eweneens by meeste verbygegaan. Nee, nou is ons uitgelewer aan die genade van \u2018n magshonger elite en het ons die wil om ons eie toekoms te bepaal, klaarblyklik verloor.<\/p>\n<p>Wat ingesien moet word, is dat hierdie \u201cpandemie\u201d beplan is. Daar is \u2018n oorwig van getuienis tot dien effekte. Bill Gates, die WHO en Big Pharma het, in samewerking met ander rolspelers \u2018n troefkaart gespeel wat hulle dalk self nie kon indink so suksesvol sou wees nie. Nie net enkele state nie, maar die ganse w\u00eareld het geval vir die leuen dat ons te doene het met die dodelikste virus wat die heelal nog getref het en dat dit die drakoniese maatre\u00ebls regverdig wat nou lukraak aan elkeen opgel\u00ea word. Nou word ons tot in die fynste besonderhede gemonitor met \u201ctoeps\u201d en selfone en \u2018n polisiestaat waar krygswet geld en van menseregte dadels gekom het.<\/p>\n<p>Ten spyte van oorvloedige bewyse dat die virus in \u2018n laboratorium geskep is (dus doelbewus), en dat die \u201cpandemie\u201d in besonderhede deur Bill Gates, die WHO en die John Hopkins-universiteit beplan is (<em>Event 101<\/em>), word sulke feite as \u201ckomplotteorie\u00eb\u201d \u2013 die argument om alle argumente mee te bee\u00efndig &#8211; afgemaak. Die elite het hiermee groter beheer oor ons lewens gekry en alle ekonomiese mededinging uitgeskakel. Deur boonop inligting oor die virus en die klaarblyklike infeksiekoers te beheer, sal gesorg word dat bevolkings nie uit die inperkings wat orals ingestel is, kan ontsnap nie.<\/p>\n<p>Globaliste het reeds verklaar dat ons nie na \u201cnormaal\u201d sal terugkeer nie. Intussen \u201cjuig\u201d ons oor elke nietige verslapping van die drakoniese maatre\u00ebls, so asof dit enigsins bevryding bring. Praat van \u2018n \u201ctropmentaliteit\u201d!<\/p>\n<p>Industrie na industrie is besig om onder te gaan. Lugrederye, die toerismebedryf met al sy vertakkinge, die drankbedryf, tabakmaatskappye, noem maar op. In \u2018n kwessie van drie maande is die w\u00eareld se ekonomie op sy knie\u00eb gedwing. En elke nuwe dag gaan die situasie vererger. So sal net die grootste maatskappye oorleef en sal alle mededinging uitgeskakel word vir die groot monopolie\u00eb.<\/p>\n<p>RW Johnson, die links-liberale politieke kenner en skrywer van verskeie boeke oor die katastrofiese nuwe Suid-Afrika skryf in Rapport van 24 Mei 2020 dat die ANC eenvoudig die res van die w\u00eareld slaafs nagevolg het met die instel van inperkings terwyl die land nie die fiskale ruimte, openbare gesondheidstelsel en die hulpbronne het om dit te implementeer nie. So het die inperking net die infeksie vertraag en voorspel dit maande van verdere inperking. Cyril die Groot Verlosser word boonop deur elke breinlose Suid-Afrikaner geprys vir die waansin wat ons nou beleef. Johnson voorspel dat die inperking in duie sal stort. Indien dit sal gebeur, sal meeste van ons juig, maar ek is nie so seker dat die ANC van sy beheer sal wil afstand doen, selfs al gaan dit hoe sleg nie. Ons toestand lyk dus veel slegter as meeste ander state in die w\u00eareld.<\/p>\n<p>Volgens \u2018n studie wat gedoen is en waar besighede gevra is oor die effek van die inperking, het net 6,7% aangedui dat hulle meer as drie maande se sluiting sou kon oorleef. Intussen word ons werkloosheidsyfer groter by die dag en word selfs voorspel dat 50% van alle Suid-Afrikaners werkloos gaan wees na hierdie waansin. Feit is ons loop \u2018n tragedie tegemoet wat, indien ons dit nie self tot stillstand ruk nie, ons ekonomies gaan vernietig.<\/p>\n<p>Daar is dus, of ons dit wil hoor of nie, net twee opsies vir ons oor: Onderwerping of verset. Verset is \u2018n gelaaide woord en wanneer so \u2018n keuse gemaak word moet dit met uiterste versigtigheid en oorleg benader word. Om te praat teen hierdie waansin is die begin van verset. Om te betoog teen hierdie kakistokrasie is die volgende stap. So sal verset ook in \u201cfases\u201d gedoen moet word. En ja, verset sal te alle tye vreedsaam moet wees.<\/p>\n<p>Ons kan eenvoudig nie toelaat dat ons bestaansmiddele voor ons neuse weggevat word deur \u2018n vyandige regime wat \u2018n veer voel vir ons nie. En wanneer ons besef dat hierdie regime niks vir ons voel nie, en boonop net die agenda van die superryk elite uitvoer, sal ons ook besef dat hulle geensins bekommerd is oor ons gesondheid nie, maar dat dit alles gaan oor beheer. So word ons dan nou beheer deur \u2018n inperking wat ook ons reg op lewe, reg op vryheid, reg op \u2018n bestaan en talle ander regte eenvoudig vertrap het. Die geelwortel van \u2018n\u00a0 inenting wat kwansuis ons redding gaan wees moet aangesien word vir wat dit is \u2013 \u2018n metode tot verdere beheer en die uitrek van ons verslawing en vernietiging in die proses. Ons sit dus en wag vir \u2018n vyandige regime en \u2018n Sataniese orde om ons te red. Ons sal wag en wag tot die perde horings kry\u2026<\/p>\n<p>Moet nie u hoop op \u2018n \u201cheropening\u201d van die ekonomie vestig nie. Ook nie op makliker fases (soos fase 3) nie. Dit gaan nie hou nie. Dit is ook nie bedoel om te hou nie. Sou die eerste klomp skoolkinders die virus onder lede kry sal die juigkommando van die regime (news24.com en andere) sorg dat paniek en vrees weer alle rasionele denke verdring.<\/p>\n<p>Nee, die nuwe normaal gaan \u2018n lewe wees waar ons in fases van inperking hanteer gaan word. Soos diere. En as ons nie tot ons sinne kom en in verset teen hierdie waansin kom nie, sal ons dit verdien. En boonop te dankbaar wees oor elke verslapping wat ons meesters afkondig.<\/p>\n<p>Ek is nie bereid om in so \u2018n land te bly en te leef nie. Is u?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meeste, indien nie almal van ons nie, kan nie wag dat alles weer na \u201cnormaal\u201d terugkeer nie. Daardie dag wat ons weer met ons lewens kan voortgaan soos wat ons dit goeddink. Wat ons weer kan kerk toe gaan op Sondae, ons beroepe onbelemmerd kan beoefen, ons kinders weer kan skoolgaan soos voorheen, ons aan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":47278,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10],"tags":[227,24947,13230,24871,24778,8919,24948],"class_list":["post-47277","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","tag-anc","tag-covid-19-koronavirus","tag-cyril-ramaphosa","tag-inperking","tag-onderwerping","tag-staatsgreep","tag-werkloos"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47277","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47277"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47277\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47279,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47277\/revisions\/47279"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47278"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47277"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47277"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47277"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}