{"id":47244,"date":"2020-05-09T07:45:08","date_gmt":"2020-05-09T05:45:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47244"},"modified":"2020-05-09T10:00:09","modified_gmt":"2020-05-09T08:00:09","slug":"suidpunt-nee-afrikaans-het-nie-solarpunk-nodig-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47244","title":{"rendered":"Suidpunt: Nee, Afrikaans het nie \u2018Solarpunk\u2019 nodig nie"},"content":{"rendered":"<p>As jy nou al absoluut sat gelees is aan die alewige distopiese fiksie in Afrikaans wat 26 jaar gans te laat geskryf is (wat uit daai jare vandag as profetiese werk sou geloof kon word), skep moed: In hierdie week tweet my een geliefde skrywer van Bellville een ou wat die vier kwadrante van Punk uitbeeld volgens polities-ekonomiese punte: Atompunk, Dieselpunk, Cyberpunk en&#8230; Solarpunk. Dit was op 5 Mei 2020:<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">You must choose! <a href=\"https:\/\/t.co\/kQuvUeTDJ2\">pic.twitter.com\/kQuvUeTDJ2<\/a><\/p>\n<p>\u2014 Ace &#8211; JEFF\u2019s Stan Account. (@Ace_Archist) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/Ace_Archist\/status\/1257787853494538240?ref_src=twsrc%5Etfw\">May 5, 2020<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script async src=\"https:\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>\u2018Solarpunk\u2019 het ek nog nooit in my lewe van gehoor nie, en die Engelse (7 Mei 2019), Sweedse (24 Oktober 2019), Spaanse (2 Februarie 2020), Portugese (25 Februarie 2020), Duitse (7 Maart 2020), Franse (21 Maart 2020) en Hollandse (23 Maart 2020) Wikipedia het skynbaar ook eers onlangs daarvan te hore gekom, soos ek uit die nuwe Wikipedia-artikels kan aflei in die onderskeie tale (sien die datums toe artikels geplaas is tussen hakies). Dit verskil van die drie vorige punk-genres omrede daar nie gefokus word op al die verderflike foute en neerslagtigheid van die samelewing nie, maar alleen die prag, toekomsverwagting en entoesiasme.<\/p>\n<p>En tog, die hele storie dra eintlik nou al \u2018n ruie baard, want in Brasili\u00eb<a href=\"https:\/\/play.google.com\/store\/books\/details\/Gerson_Lodi_Ribeiro_Solarpunk?id=azdYAZCId8IC\"> het die gelyknamige titel<\/a> reeds in die vroe\u00eb 2010\u2019s verskyn (party bronne s\u00ea 2012, ander weer 2014). In Portugees, natuurlik.<\/p>\n<p>Solarpunk beeld hierdie futuristiese toringho\u00eb woonstelle in ekodorpe en -stede uit met klimop-ranke, daktuine, vertikale tuine, buurttuine, bobbejaantoue, vlinders, parke en &#8216;n utopiese voorstelling van die paradys wat uiteindelik op die mensdom neergedaal het. Vreeslik idealisties. Uiteindelik hemel op aarde. Terug na die Tuin van Eden, waar die mens gestel is om dit te bewerk en te bewaak. Diegene wat glo in die<a href=\"https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Vooruitgangsgeloof\"> vooruitgangsgeloof<\/a> (wat Deterministies glo die mens is, gegrond op die evolusie en deur uit sy foute te leer, op pad om \u2018n halfgod te word ) en agteruitgangsgeloof (gegrond op die Dekadentisme, wat glo die mensdom het met die eeue al hoe afvalliger en verdorwe van sedes geword hoe langer hy uit die bos gekruip het) kan albei nou bladskud.<\/p>\n<p>&#8216;n Stralende toekoms: natuurlik werk alles met sonkrag en ander vorme van hernieubare energie. Die dae van fossielbrandstof is verby. Die kunswerke straal van \u2018n hartroerende optimisme wat &#8216;n mens se o\u00eb laat traan van blydskap (of is dit die sonsteek?). Daar word gekyk hoe die mens by hierdie nuwe tegnologiese wonders sal aanpas ensomeer. Maar ook het mense teruggekeer om op volhoubare wyse hul eie groente in kommunale opset te kweek, tot almal se vreugde.<\/p>\n<p>Tog, aangesien die persoon hierdie Solarpunk onder \u201cLeftist Libertarianism\u201d indeel (wat vir my \u2018n totale antitese is), is daar maar net die vae voorgevoel wat mens kry. Iets soos die roemryke Hangende tuine van Babilon wat \u2018n paar duisend jaar gelede in duie gestort het. Dus, \u2018n nuwe Babilon wat herbou word net om later weer te verbrokkel? Grens dit aan Sonaanbidding? Genoeg gewese beskawings daarvan as bewys, sou ek s\u00ea.<\/p>\n<p>Ook, verneem ek, bly dit nie by \u2018n liter\u00eare genre nie \u2013 Solarpunk het ondertussen \u2018n <i>politieke beweging<\/i> geword.<\/p>\n<p>\u201cWe are solarpunks because the only other options are denial or despair.\u201d [Lui die kenmerkende dichotomiese deuntjie] \u201cAt its core, Solarpunk is a vision of a future that embodies the best of what humanity can achieve: a post-scarcity, post-hierarchy, post-capitalistic world where humanity sees itself as part of nature and clean energy replaces fossil fuels.\u201d<\/p>\n<p>Lapid\u00ear gestel: suiwer Kommunisme.<\/p>\n<p>Moet ons hierdie kunsstroming in Afrikaans toelaat? Liewer nie. Onthou,<a href=\"http:\/\/www.re-des.org\/a-solarpunk-manifesto\/\"> Solarpunk beteken<\/a> rebellie teen die establishment en kapitalisme, dit werk dekolonisering aan die hand, en is op sigself \u2018n teenkultuur: \u201cSolarpunk wants to counter the scenarios of a dying earth, an insuperable gap between rich and poor, and a society controlled by corporations. Not in hundreds of years, but within reach.\u201d\u00a0 Soos<a href=\"https:\/\/www.appropedia.org\/Solarpunk\"> apporpedia.org<\/a> dit ook stel: \u201cIt will need to be a synthesis of leftist thought: anti-capitalist, anti-hate, anti-fascist, and anti-hierarchy.\u201d<\/p>\n<p><i>Bonne Junon, quelle merde tu parles?<\/i> <i>Anti-hate <\/i>\u2013 hoor net wie pr\u00e1\u00e1t! Solarpunk is in die \u00e9\u00e9rste plek gebou op haat! Jy h\u00e1\u00e1t die kapitaliste en jy h\u00e1\u00e1t die vernuf wat sakemanne en ingenieurs aan die dag l\u00ea, wat jy nooit in jou dag des lewens sal bereik nie. Keer maar sommer nou met jou skoffel terug lande toe, <i>tu paysan<\/i>!<\/p>\n<p>\u2018n Mens lag jou dood vir na\u00efewe uitlatings soos \u201cdiverse communities from around the world adopt the name and the ideas, and build little nests of self-sustaining revolution\u201d, juis omdat \u2018n revolusie van nature selfvernietigend is en sy eie kinders opvreet, soos Danton destyds tydens die Franse Revolusie al so ges\u00ea het. My magtig, die grootste van alle rewolusies, die Kommunisme, het siendero\u00eb nooit in Rusland of Sjina verwesenlik nie (dit het trouens nooit verder as sosialisme gevorder nie), laat staan nog gevou?! Die Nywerheidsomwenteling was nie \u2018n gedwonge omkeer nie, dit het natuurlik gebeur soos masjiene uiteindelik mense begin vervang het en rustof uit koloniale lande maklik te kry was. Die vraag na produkte het toegeneem, en mense is daarin voorsien. Soos dit vandag nog gaan.<\/p>\n<p>\u201cSolarpunk culture includes all cultures, religions, abilities, sexes, genders and sexual identities.\u201d<\/p>\n<p>Wat daar eintlik staan: \u201cJy kan van enige kleur en geur wees soos \u2018n diverse bont straatbrak wat deur sy eie teefmoer op die sypaadjie uit haar baarmoeder verwerp is by geboorte, dit is ons betekenis van \u2018diversiteit\u2019 binne ons laermentaliteit. Let egter wel: Ons hou egter nie van \u2018n \u2018diversiteit\u2019 menings nie; veral nie di\u00e9 soort wat ons eenogige retrokommunistiese denkwyse kritiseer waarop ons geen antwoorde het nie. Ons hou nie van oop gesprekke nie, want ons raak kwaad want dit wys hoe dom, agterlik en onvoorbereid ons is.\u201d Soos jy vandag op universiteit kry, ja.<\/p>\n<p>\u201cSolarpunk emphasizes environmental sustainability and social justice.\u201d Aai tog. Hier begin ons al weer met die nimmereindigende bekgeveg rondom identiteitspolitiek om mense \u2018nader aan mekaar te bring\u2019 en \u201chande vat\u201d (jig, haal sommer dadelik die handseep uit). En ek dag \u2018n woordeboek skryf wat sprekers van twee tale nader aan mekaar sal bring sou beter werk?<\/p>\n<p>Solarpunk omskep &#8216;n doodgewone middel wat elektrisiteit opwek dus tot &#8216;n politieke strydwapen.<\/p>\n<h3>Kritiek<\/h3>\n<p><b>Nommer 1:<\/b> Dit maak nie \u2018n bloue duit saak of jy brandhout, vuursteen, swawelstokkies, olie, petrol, kernkrag of metaangas-uit-perdemis stook nie, ook nie of jy jaloers waak oor jou plekkie onder die son nie; dit verander nie die mens se gedrag nie. Dit is maar weer \u2018n ho\u00eb nadruk op die uiterlike, die le\u00eb dop, eerder as die inhoud.<\/p>\n<p>Volgens Solarpunk kan elkeen sy eie sonkrag benut en is dus onafhanklik van enige maatskappy en regering \u2013 elkeen het dus ewe veel mag en is daarom gelukkig want almal <i>is gelyk<\/i> en <i>het gelyke kanse<\/i>. Al val my kolletjie grond in &#8216;n skaduryke gebied met swak grond wat nie soveel oeste oplewer soos joune nie. En al kyk jou woonstel warm noord en myne na die yskoue suide in die winter&#8230; [soos geboue maar gemaak is&#8230;]<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n uiters <b><i>materialistiese<\/i><\/b> siening (dit is sommer sonneklaar!) wat lankal saam met die Ystergordyn en Berlynse Muur verbrokkel het. Ek bedoel, ons sien sonpanele reg rondom ons opdoem by elke winkelsentrum. Ons sien de laaste HOP-\/GEAR-huisie met songeisers. Het dit die mensegedrag enigsins verander? Nee, dit het nie. Het die misdaad afgeneem? Nee, dit het nie. Die mens het tegnologie getem, nie andersom nie.<\/p>\n<p>Herwinning wat op Donderdagoggende op ons dorp uitgesit word is ook net &#8216;n bykomende roetine, &#8216;n mag van die gewoonte; en ook net omdat ons gratis sakke (behoort te) kry en minder swartsakke op &#8216;n Maandag vir die vulliswa moet uitsit wat andersins onnodige onkoste is. Daar is geen euforie daaraan verbonde nie. Net so, vir ons in Suid-Afrika, het sonkrag geen politieke bymotiewe nie, ons is net gatvol van beurtkrag. Met meer as voldoende kragvoorsiening soos tydens Apartheid sou byna niemand hierdie rigting ooit ingeslaan het nie. Met oorgenoeg watervoorsiening, sonder om nog te droom van waterbeperkings, sou mense tot meer as 30 kiloliter per huishouding per maand verbruik of water na naburige lande uitvoer, soos Israel maak.<\/p>\n<p>Niemand val in aanbidding voor hommeltuie neer nie, maar daar sal diegene wees wat dit net &#8216;n nuttige middel vind om kospakkies skelmpies mee af te lewer, of die honde aan &#8216;n leiband mee te gaan stap as die staat mense soos misdadigers onmenslik begin inkluister, byvoorbeeld.<\/p>\n<p>My re\u00ebnmeter kan vir my slegs &#8216;n aanduiding gee of dit werklik nodig is om die tuin nat te maak of nie (as dit oornag gere\u00ebn het); waarom wil ek nie tuin natmaak nie? Want ek kan my tyd en bronne beter benut, vanselfsprekend. Maar so lewensveranderend werk hierdie ke\u00eblvormige stuk plastiek nou wragtig ook nie dat ek \u2018n roman oor hom sou skryf nie.<\/p>\n<p>Party mense hou van sweis. Ander hou van tuinmaak en met die bure gesels. Ander is meer gepla wat in ander lande aangaan, en gaan slegs tuin toe as dit werklik nodig is. Sien: smaak verskil.<\/p>\n<p><b>Nommer 2:<\/b> Van die resensies op Goodreads is teleurgesteld oor die distopie\u00eb in \u2018n genre wat veronderstel is om optimisties te wees. Ek praat nou van <i>Solarpunk: Hist\u00f3rias ecol\u00f3gicas e fant\u00e1sticas em um mundo sustent\u00e1vel<\/i>. Onderduimse politieke gekonkel duur in die kortverhale steeds voort soos dit tans in die werklike lewe in Brasili\u00eb ook afspeel. Vir my is het die Brasiliaanse skrywers net doodgewoon realistieser geskryf as jou liggelowige klein blinkoog kommunis-in-wording. Met vriendelike verwysing na nommer 1 hierbo.<\/p>\n<p>Die Brasiliane behoort mos te w\u00e9\u00e9t! Hulle het vir klein Lula de Silva (<i>Lulinha paz e amor<\/i>) gehad wat belowe het om die volk te verenig onder sy sosialistiese bewind. Die media, die akademiese elite en bekendes het die publiek probeer wysmaak deur geld van die rykes te vat sal die armes uiteindelik ryker word. Maar dit was net De Silva (president vanaf 2003 tot 2011) en trawante wat uit die politiek en sakebedryf voordeel getrek het. Sy opvolger, Dilma Rousseff (president vanaf 2011 tot 2016), was glad nie beter nie. Inteendeel: die staat het onder haar moederlike sorg enorme skuld aangegaan (&#8216;stimulus&#8217;), die minimumloon moes styg, asook maatskaplike toelae (&#8216;sosiale geregtigheid&#8217;, sien \u2018social justice\u2019 hierbo), en ho\u00ebr uitbetalings aan die amptenary (&#8216;belegging in die toekoms&#8217;), hopeloos te veel aanstellings in die staatsdiens en staatsbeheerde maatskappye (&#8216;goeie bestuur&#8217;). Kortom: die belastinginkomste kon nie byhou met die staatsbesteding wat vier keer die bedrag was nie. Dit was ook bitter moeilik vir beleggers uit die buiteland om enigsins &#8216;n onderneming in Brasili\u00eb te open, byna onmoontlik om eiendom te registreer en &#8216;n uiters ingewikkelde belastingstelsel om mee te sukkel. Die moord- en roofsyfer het ook allermins verminder en die onderwys en mediese sorg bly pateties (2017). So s\u00ea<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=bKhR9i5CGkA\"> Felipe Moura Brasil<\/a>, rubriekskrywer van die <i>Veja<\/i>-tydskrif. Daardie vyftien jaar sosialisme het die land ongelooflike skade berokken, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Daar is \u2018n boek geskryf deur Anthony Elson, <i>Globalization and Development: Why East Asia Surged Ahead and Latin America Fell Behind, <\/i>wat elke keer benadruk dat Suid-Amerika hoofsaaklik uitvoerlande van rustof gebly het, en hul staatsowerhede deurtrek was met korrupsie en nepotisme (glo \u2018n erfstuk van die Katolieke bestel, wat Protestante kolonies onder Engelse en Hollandse bewind glo gespaar is), daarom kon hulle nie groei nie. Hulle het nooit nywerheidslande geword soos Suidoos-Asi\u00eb nie.<\/p>\n<p>Tog is dit ook nie so eenvoudig nie. \u2018n Joernalis en ondernemer woonagtig in Hongkong, Stephen Vines, skryf weer in <i>The Years of Living Dangerously: Asia from Financial Crisis to the New Millennium <\/i>(2000), die Asiatiese state en ondernemings buitekant Japan het:<\/p>\n<p>1) \u2018n valse rooskleurige beeld van die markte aan die Weste voorgehou om buitelandse beleggers te lok. Ook het heelwat mense vir mekaar oor en weer gunsies bewys, wat maar ewe korrup is.<\/p>\n<p>2) probeer om \u2018n familiesaak te bly, ongeag hoe groot die onderneming raak, met die gevolg dat die beste en kundigste persone nie in die regte poste aangestel was nie. Geen aandeelhouer sou ooit soveel insae h\u00ea soos die familie nie. Groot ondernemings is soos \u2018n eenmansaak bedryf. Ook het familiesake glad nie gespesialiseer nie, maar besighede links en regs opgekoop en uitgekoop waarvan die familielede as bestuurslede van hierdie konglomerate absoluut onkundig was, totaal buitekant hul vakgebied.<\/p>\n<figure id=\"attachment_47246\" aria-describedby=\"caption-attachment-47246\" style=\"width: 1000px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/Top-chinese-motorcycle-brands.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-47246 size-full\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/Top-chinese-motorcycle-brands.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"1000\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/Top-chinese-motorcycle-brands.jpg 1000w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/Top-chinese-motorcycle-brands-300x300.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/Top-chinese-motorcycle-brands-100x100.jpg 100w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/05\/Top-chinese-motorcycle-brands-768x768.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-47246\" class=\"wp-caption-text\">Chinese motorfietshandelsmerke<\/figcaption><\/figure>\n<p>3) bowenal nie, soos Japan, geweldig baie moeite gedoen en geld uitgegee op navorsing en verbetering van die produkte nie. \u2018n Mens verkoop nie iets voetstoots nie \u2013 iets waaruit Suid-Afrikaanse maatskappye gerus kan leer! Die geld is egter opgepot in vaste eiendom (of uitgegee op allerhande luukshede en blinkgoed), maar nie teruggeploeg in die onderneming en sy produkte nie. Japan het egter ook sy eie bloutjie geloop: hy het weens sy markversadiging \u2018oorgespoel\u2019 en so fabrieke in Sjina oopgemaak (omrede die arbeidskoste in Japan te hoog geraak het), met die Sjinese staat se toestemming. Motorfietse (ek dink dit was die Honda Cub). Groot fout: op \u2018n manier het die patente uitgelek en volgens <i>Japan\u2019s Motorcycle Wars<\/i> deur Jeffrey Alexander was daar teen 2002 tot 400 ongelisensieerde vervaardigers doenig in Sjina wat motorfietse op Japanese patente gebou het, wel met minderwaardige plaaslike onderdele. Daar is selfs bevind uit \u2018n steekproef van 1 300 motorfietsmodelle met \u2018n enjin kleiner as 125 cc was 90% daarvan roofkopie\u00eb. Dit s\u00ea veel van sakevertroue in daardie land. \u201cCopying alone is a technological dead end that will turn only short-term profits, and firms that rely solely upon copying will ultimately fall by the wayside just as they did in Japan during the 1950s and 1960s.\u201d Japan het inderdaad kort na die oorlog wel tydelik self patente uit die Weste gebruik, maar sedertdien het hy uit sy foute geleer en naam gemaak.<\/p>\n<p>Dus, in die res van Asi\u00eb het die ekonomie\u00eb in die laat 1990\u2019s vir \u2018n wyle in duie gestort weens bogenoemde drie punte. Die vraag is nou, het Asi\u00eb, Suid-Amerika en die mensdom uit sy foute geleer? Dit help nie om foute oor die hoof te sien nie.<\/p>\n<p>Hoekom wil dit vir my voorkom of die Solarpunks nie die waarheid, soos die son, &#8216;n slag in die o\u00eb kan kyk nie?<\/p>\n<p><b>Nommer 3:<\/b> Sulke optimisme herinner aan die <i>Belle \u00c9poque<\/i>, en hierdie ongekende ekonomiese bloei in Frankryk was kort voor die hele w\u00eareld in die Eerste W\u00eareldoorlog gedompel is. Opbloei en inkrimping is &#8216;n universele verskynsel, ook in &#8216;n &#8220;volhoubare&#8221; omgewing waar &#8220;rusperiodes&#8221; (wat \u2018n eufemisme vir <i>insinking<\/i>, <i>resessie<\/i> en <i>depressie<\/i> het ek nie nou bedink nie?) voorkom. In hierdie rusperiode is daar mense wat swaarkry, terwyl ander gedy. <i>C\u2019est la vie<\/i>.<\/p>\n<p><b>Nommer 4:<\/b> Tegnologie is wonderlik, maar dit kan ook hoogs vertragend werk as daar \u2018n vinniger metode reeds bestaan wat goed werk. Mense is kwaad in spitsverkeer, omdat hulle weet daar is vinniger metodes om van punt A na punt B te kom, of dit nou per helikopter of lugskip is.<\/p>\n<p>Daar is &#8216;n rede hoekom mense hul krag by die munisipaliteit laat aansluit, en dit is gewoon omdat dit tyd spaar. As jy elke oggend eers op die dak moet klim om jou daaglikse vo\u00ebltjiepoef of lagie stof in wind en weer af te vee in jou sopnat pajamas net om te kan oggendkoffie maak, dink ek gaan jy op die ou end terugverlang na die koolstofpotte van Egipte. Moet tog net nie dat jou voet gly nie.<\/p>\n<p>Slegs &#8216;n tuinier in murg en been, of iemand wat die saligheid ken van niksdoen, of &#8216;n proponent of apologeet van Afrikatyd is, sal 15 tot 30 minute lank wil hare kloof oor watter skille nou komposhoop toe moet gaan en watter na die wurmplaas (erdwurmreaktor) om wurmtee te maak.<\/p>\n<p>Ek dink nie mense besef hoeveel tyd tuinwerk in beslag neem nie. En sukses is geen waarborg nie. Dit gaan vir my meer oor die t\u00fdd wat onnodig verlore gaan.<\/p>\n<p><b>Nommer 5:<\/b> Nie almal sal gediend wees met bobbejane wat sommer self in die sitkamer kom tee skink nie. Ook nie met spinnekoppe wat ewe rats met die klimop hulself by die <i>boudoir<\/i> op Eenheid 21 van Verdieping 32 innooi, of die lastige muskiete wat hul teelaarde onder digte blare gevind het nie. Ek sal ook graag wil weet hoe mense die ruite met sulke onpraktiese argitektuur gewas kry. Ek wil liewer nie dink aan die brommers wat heerlik woel in die bemestingryke kweeklane op die grondverdieping nie. Aan die ander kant, middestad Johannesburg en omstreke leef klaar naby genoeg aan die natuur: vergewe van die rotte.<\/p>\n<p>Estetika kom in hierdie genre, net soos by Steampunk, weereens voor die logika. Ek wil liewer nie dink aan die skade wat plantwortels aan die geboue oor die lange duur gaan aanrig nie. Jy plant nooit &#8216;n boom langs &#8216;n heining nie &#8211; met rede! Laat staan nog binne &#8216;n gebou!<\/p>\n<p>En dink net hoe woedend jy gaan raak as die bure se sproeiers bokant jou woonstel nou juis moet aankom wanneer jy jou koerant buite op die balkon lees&#8230; En die al nimmereindigende blare opvee! Jy wil ook nie naby wees as daar &#8216;n skielike storm losbars en die stormafvoer in die straat benede &#8216;n blokkasie kry van die blare nie&#8230;<\/p>\n<p><b>Nommer 6:<\/b> Ek skryf nou die dag aan &#8216;n kollega op Wikipedia:<\/p>\n<p>&#8220;Deesdae sien ek stoepe word al hoe meer toegebou met glas: dit hou die stof, misdadigers en verbygangers buite en laat die sonlig soos &#8216;n kweekhuis instroom in die winter. Terselfdertyd het jy &#8216;n portaal bygekry waar jy jou sambrele kan b\u00eare. Ons het nog nie die skoene-uittrek soos in Japan en Noord-Europa nie. Daarvoor het jy mos &#8216;n mop en stofsuier.&#8221; [&#8230;] &#8220;Die toegeboude stoep hou die vlie\u00eb ook sommer buite.&#8221; [&#8230;]\u00a0 &#8220;Dat &#8216;n <i>orangerie<\/i> (mooi woord wat ongelukkig ni\u00e9 in die WAT opgeneem is nie) nou so in Noord-Ierland gewild geraak het, is vir my verbasend; vroe\u00ebr was dit slegs vir die welgesteldes beskore vir hul eksotiese invoerplante. En ja, my ma gebruik die toegeboude stoep om sensitiewe plante aan die lewe te hou (wat buite nie verskroei van die hitte nie, vrek van die dors), maar meer nog om die groente en vrugte &#8220;ryp&#8221; te maak; jou winkels koop die pere, mango&#8217;s en avokado&#8217;s heeltemal te groen aan, of laat dit &#8216;n ewigheid in die vrieskas bly. Los jy hulle in die yskas, vrot hulle binne &#8216;n week.&#8221;<\/p>\n<p>Wat ek hiermee probeer s\u00ea: die gebruik van sonlig om &#8216;n soort kweekhuis binne jou eie huis te skep het niks met ekobewustheid of politiek te make nie. Die samelewing het van so &#8216;n aard verander dat jy meer ruimte en veiligheid nodig het. En mense hou van gerief. Dit gebeur op natuurliker wyse en word n\u00earens afgedwing nie. Dit is evolusion\u00ear, ni\u00e9 revolusion\u00ear nie.<\/p>\n<p><b>Nommer 7<\/b>: Die Solarpunk-gemeenskap is t\u00e9 plaaslik, t\u00e9 parogiaal, t\u00e9 regionaal en t\u00e9 plattelandsgesentreerd na my sin. Dis soos om terug te keer na \u2018n tydperk voor die Nywerheidsomwenteling, na \u2018n soort primitiewe bestaan. En dit laat my ongemaklik.<\/p>\n<p>Dit beantwoord ook nie die vraag hoekom maatskappye, waarteen hierdie groepie tog so gekant is, in die eerste plek ryk word nie. Die kernre\u00ebl van enige ekonomie is om die meeste met die minste geld en tyd te doen, aan vraag en aanbod te voldoen; dit handel alles oor optimalisering en evolusie. Soos ek ges\u00ea het, as die elektrisiteit- en watervoorsiening prima was en die koste laag, sou niemand eers gedink het aan \u2018n sonpaneel nie. Jy sou mense moes smeek om dit aan te koop. Solarpunk, so tipies revolusion\u00ear, neuk dwars in \u2018n rigting in, want hy kan, dit moet net, maar waarheen, weet hy nie.<\/p>\n<p>Terwyl Cyberpunk jou die geleentheid gun om &#8216;n soort bomenslike figuur met behulp van die kuberw\u00eareld te word (dis die mooi kant van daardie distopiese genre), om jou hoogste potensiaal te bereik, smee Solarpunk jou absoluut soos snot gelyk met die aarde \u2013 jy sal ni\u00e9 bo jou medemens uitstyg nie, want dit bring ongelykheid en onmin mee.<\/p>\n<p>Party mense hou van die kollektiewe gemeenskap, ander, soos ek, hoegenaamd nie.<\/p>\n<p>Die modernisme gun juis mense die ruimte om met die minste moeite so beweeglik moontlik te leef. Jy sluit die deur agter jou met \u2018n geruste hart toe en die stralervliegtuig staan gereed vir Singapoer. Dit is die bedoeling.<\/p>\n<p>Die stedeling se tuine raak kleiner en verbruik minder water, omdat ons meer tyd voor die rekenaar wil deurbring (wat skakel met mense in Moskou, Londen, Rotterdam, Rome, Rio&#8230;) en ook omdat ons voortdurend op reis kan wees. Voedselproduksie word gewoonlik die lewenstaak vir kommersi\u00eble plase wat daarin spesialiseer en oor ruim middele, tegniek en tegnologie beskik om met die nodige deskundigheid die meeste te vermag met die minste geld. Die goue re\u00ebl van die ekonomie word eerbiedig. Dit gee ook vir die tussenganger, die handelaar, die geleentheid om sy wins te maak [daarom is die aankoopprys van vleis byvoorbeeld net meer as R20\/kg en betaal jy oor die R80\/kg, om die koste te delg van ander produkte wat nie altyd verkoop nie. Want jy het die volste reg op keuse uit byvoorbeeld 20+ invoerkaassoorte op die rak]. Terselfdertyd is die regering ook veronderstel om &#8216;n ogie oor die standaarde te hou.<\/p>\n<p>Wat s\u00ea die Solarpunk-Handves? \u201cThe objective is to promote self sufficiency and living within natural limits.\u201d Met ander woorde, best\u00e1\u00e1nsboerdery? Geen <i>cornu copia<\/i>? <i>Non<\/i>? En wat dan nou van my ingevoerde Gouda uit Holland? Ek gaan nie my sakkies Cappuccino opoffer nie!<\/p>\n<p>Maar nou het jy, vreemd genoeg van &#8216;n Groenlinkse standpunt, &#8216;n bedryf waar daar g\u00e9\u00e9n regulasies op die bedryf is nie (geen standaarde), ruilhandel plaasvind (daar gaan jou belasting nou&#8230;) en het almal streng gesproke oornag koelakke word, waar hy sy lappie grond volgens &#8216;n soort pagstelsel in die vorm van &#8216;n buurttuin (soos in Holland) by die staat huur. Maar, ten minste het almal nou gelyke mag. Dit laat my klaar weer wonder hoekom hierdie Solarpunk skielik so ontsaglik \u201cmensvriendelik\u201d is, terwyl Nederland juis verwildering aanmoedig op plase wat \u201conderdeur is\u201d, sodat wilde herte daarop kan wei.<\/p>\n<p>Tensy omstandighede van so aard is, soos in Suid-Afrika, wat mens natuurlik <i>noop<\/i> om jou eie groente en vrugte in jou agtertuin te kweek &#8211; dan moet die broodboom ongelukkig maar in die slag bly. As dit nie \u2018n teken van besuiniging is of bloot \u2018n kieskeuriger smaak (\u201cmy eie organies gekweekte koejawels smaak die beste\u201d) in gunstiger tye nie, is dit eerder \u2018n simptoom van wegholinflasie of voedseltekorte, wat eerder \u2018n teken is van \u2018n distopie, handelsverbod of oorlog. Van wanneer af is die distopiese leefstyl nou \u2018n utopiese een, as ek mag vra?<\/p>\n<p>En sodra jy daardie verpligtinge het, sit jy soos &#8216;n lyfeiene in die feodale tydperk van die Middeleeue vasgekluister aan jou lappie grond &#8211; want o, wee! &#8211; wie sal na my tuin omsien as almal hul eie boorde het om te onderhou? Moet tog nie dink by &#8216;n buurttuin is daar minder diefstal van groente nie: in Nederland is jou gedeelde lappie grond letterlik agter slot en grendel. Met rede.<\/p>\n<p>\u201cOur future must involve repurposing and creating new things from what we already have. Imagine \u201csmart cities\u201d being junked in favor of smart citizenry.\u201d<\/p>\n<p>Jy bedoel, mense neem die plek in van stemvee, masjiene of gedwonge gemeenskapsdiens en verpligte deelname? Hoe langer ek uit die skool is, hoe sieker raak ek van hierdie ho\u00ebrskoolmentaliteit in die staatsdiens wat nooit sy tienertekkies gaan uittrek en grootword nie. Wat as ek nie deel van die \u201cgeborge gemeenskapsgevoel\u201d wil wees nie, omdat ek my tyd in my eensaamheid beter kan benut as wat enigeen op die munisipale bestuur met hul rompslomp vir my kan voorskryf? Jy weet tog watter soort mens op die rade dien: gaan jy jou asem en tyd mors? Buitendien, dit staan my vry om te loop as ek nie van die dorp of stad hou nie. As die munisipaliteit my kundigheid nodig het, kan hulle my bel. Ek lewe nie in \u2018n byekorf nie. Verder moet ons onthou dat niemand sy sterk punte beter ken as hyself nie \u2013 om vir enigiets anders in te willig maak van hom \u2018n dilettant.\u00a0 Kan almal boer? Kan almal &#8216;n vliegtuig vlieg? Ek vra maar net.<\/p>\n<p>En gepraat van \u2018slim burgerskap\u2019: na soveel jare kan mense in Duitsland nou nog nie behoorlik glas van papier onderskei by die herwinningsblikke nie. Sterkte met die heropvoedingkampe, hoor!<\/p>\n<p>Terloops, as jy tussen die Amish wil gaan bly, kan jy dit van ganse harte maar doen. Ek wil nie.<\/p>\n<p><b>Nommer 8:<\/b> Op die ou end gaan tegnologie ook maar afhang van die vervaardiger en die lithium- en silikon-ontginning, wat sal bly voortteer op die einste Moeder Aarde wat die Groenlinkes aanvoer verkrag word deur transnasionale gigamaatskappye. Jy kan snot en trane huil oor mynbou wat die omgewing skaad \u2013 jyself skryf sonder ironie jou betoog lieflik op \u2018n rekenaar of selfoon gemaak uit elektronika, gemaak uit komponente wat gemaak is van verwerkte rustof, wat kom uit&#8230; raai? Myne!<\/p>\n<p><b>Nommer 9<\/b>: Of jy nou Atompunk, Dieselpunk of Cyberpunk gelees het \u2013 daar is om die een of ander rede, een of ander tyd, <i>ad nauseum<\/i>, dwelms by betrokke in die fiksie. Jy het tog werklik nie gedink daar sal by Solarpunk ni\u00e9 &#8216;n hektaar dagga in die burgemeesterstuin verbou word nie? Soos ek by Nommer 1 ges\u00ea het: tegnologie het nie die mens getem nie. Die mens het nou eenmaal die neiging om homself van homself te wil verlos. Dit kry jy in iedere samelewing. Miskien net met \u2018n sonniger voorkoms.<\/p>\n<p><b>Nommer 10<\/b>: Onkruid en vergroening van damme floreer soos bemestingstowwe na varswaterbronne deursypel&#8230; Gedenk maar Hartbeespoortdam. Ons noem dit eutrofikasie. As jy Boer Jan wil speel en die dorp in \u2018n hoenderhok wil omskep, moet jy weet wat die gevolge gaan wees.\u00a0 Dis net in FarmVille en My Little City waar so iets nie gebeur nie.<\/p>\n<p><b>Bonuspunt 1<\/b>: <b>Allemansgoed is niemandsgoed<\/b>. In \u2018n funksionele rasionele munisipaliteit word een of meer persone deur die stadsraad aangewys en besoldig om sekere werk voltyds te doen wat ander mense in staat stel om hul tyd produktiewer te benut. Dis die logiese ideaal.<\/p>\n<p>As mens by die venster uitkyk vir die 8 munisipale werkers wat al 100 meter hiervandaan soos 28 persone opklink, sien ek swaar dae vir die munisipaliteit as Solarpunk werklikheid moet word. \u00c9\u00e9n ou werk, die ander sewe l\u00ea op hul besems en pikke en praat \u2018n sloot in die grond. Streng gesproke sou ek elke werker \u2018n straat gee om te doen, elkeen afsonderlik. Want soos ek in die supermark opmerk, klos die rakpakkers ook almal bymekaar by die lekkergoedrak en praat dan te lekker, en dan moet jy, die klant, maar gedwee met jou winkelwaentjie met \u2018n suutjiespoeperige \u201cekskuus, jammer, sorry\u201d deurwurm om anderkant uit te kom.<\/p>\n<p>Ek is nog van die gelukkiges in hierdie land wat \u2018n brief aan die munisipaliteit kan skryf oor boomtakke\u00a0 wat sulke sliertes oor die sypaadjie hang, wat jou eenvoudig dwing om in die pad te loop. Die hemel alleen weet hoe mense daar in Gauteng oorleef! Op die ou end neem die burgers maar self verantwoordelikheid en haal die snoeisk\u00eare uit, terwyl hul elke maand hul doodbetaal aan erfbelasting aan dienste wat hul nooit kry nie. En dit lei tot:<\/p>\n<p>Kommunistiese Kommune #3: elke burger van die dorp is ewe verantwoordelik vir die parkie en sypaadjies in sy buurt. Nou begin die groot moeilikheid. Want later gaan niemand weet waar hul verantwoordelikhede begin en ophou nie. Of erger: daardie dro\u00eb hondebollie voor my huis is nie my verantwoordelikheid nie, want dis my buurman se hond wat elke aand uitbreek. \u2018n Eeue-oue vete word op tou gesit wat die hele dorp in \u2018n bloedbad dompel, 300 onskuldige vroue en kinders bly in die slag. En alles het by die hond begin.<\/p>\n<p>Want ek sien naby ons huis het \u2018n munisipale tuintjie ontstaan. Dit het as \u2018n stokperdjie begin vir twee vrywillige stedelinge op die platteland met \u2018n ekstra bietjie baie vrye tyd. Die ou kliphoop is omskep in \u2018n lushof (sakkevol kunsmis is ingery), mooi beplant met \u2018n paar mielies in die onomheinde oopte, met \u2018n hele blommeryk. Selfs \u2018n waterpyp is spesiaal deur die dorpsraad laat aanl\u00ea ter besproeiing en verfraaiing van die nuwe buurttuin (wat slegs deur hierdie mense omgesien word).\u00a0 Wat gebeur? Die mieliekoppe word oornag afgesteel. Dis tot\u00e1\u00e1l ongewoon, want gewoonlik verdwyn die plant sommer wortel en tak. Jy kan jou ook indink wat sal gebeur as die vrywilligers eendag net nie meer daar is nie, of as die stokperdjie ouer as drie maande hul begin verveel. Dit is nie soos \u2018n huis wat jy van buite af self sukkel om so mooi moontlik te probeer maak om teen \u2018n wins later te verkoop nie; dis ook nie soos om pikkewyne te help skoonmaak nie. So\u2026 jy kan nie w\u00e9rklik waarde of \u2018n motief of dryfkrag aan hierdie buurttuin of allemanstuin koppel nie, want dit behoort aan niemand. So op die ou end word die plek toegegroei met onkruid en die munisipaliteit kom spuit alles maar weer dood. Terug by die begin.\u00a0 Alles verniet.<\/p>\n<p>Die mense, hoe edel hul bedoelings, kon eerder \u2018n boek geskryf het wat ten minste nog 100 jaar iewers sal rondsweef.<\/p>\n<p><b>Bonuspunt 2:<\/b> COVID-19 en \u201csosiale afstand\u201d het mense seker nou mooi geleer wat \u2018n absolute doodgebore mislukking kommunale idees is.<\/p>\n<h3>Gevolgtrekking<\/h3>\n<p>Ek het besluit om Solarpunk nie \u2018n Afrikaanse naam te gee nie, want dit is nie die benoeming in my taal waardig nie. Ek soek dit nie in my ongeskonde Afrikaanse woordeskat nie. Dit is deur Groenlinkses bedink om die middelklas totaal uit te wis, die proletariaat\u00a0 tot diktatuur uit te bou en tot dwangarbeid te vonnis deur hul van kosbare tyd en smaak te beroof wat vir belangriker dinge aangewend kon word. Soos om hul gees te ontwikkel.<\/p>\n<p>Die algehele indruk wat mens kry van Solarpunk is alles behalwe di\u00e9 van \u2018n vriendelike gesiggie. Dit pas eerder by di\u00e9 van \u2018n despoot of \u2018n nukkerige tiener. Geen gesprekvoering of debattering word toegestaan of geduld nie. Dit is: \u201cek stel hierdie onmoontlike en onbillike voorwaardes, aanvaar dit of los dit\u201d. Geen sakeman sal hom aan so \u2018n gril steur nie en sy geld elders gaan bel\u00ea; want aanvaar jy so \u2018n persoon se aanbod, het jy \u2018n pakt met die duiwel gesluit.<\/p>\n<p>Kortom: hou wyd hiervan. Dis duidelik soos daglig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As jy nou al absoluut sat gelees is aan die alewige distopiese fiksie in Afrikaans wat 26 jaar gans te laat geskryf is (wat uit daai jare vandag as profetiese werk sou geloof kon word), skep moed: In hierdie week tweet my een geliefde skrywer van Bellville een ou wat die vier kwadrante van Punk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":100044,"featured_media":47245,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,23531],"tags":[5337,4708,24933,5913,24932,24934,16999],"class_list":["post-47244","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-suidpunt","tag-gauteng","tag-kommunisme","tag-nywerheidsomwenteling","tag-patente","tag-solarpunk","tag-stephen-vines","tag-wikipedia"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47244","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100044"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47244"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47244\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47247,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47244\/revisions\/47247"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47245"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47244"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47244"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47244"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}