{"id":47162,"date":"2020-04-17T10:45:59","date_gmt":"2020-04-17T08:45:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47162"},"modified":"2020-04-17T17:15:53","modified_gmt":"2020-04-17T15:15:53","slug":"wonderkuur-vir-koronavirus-van-gilead-sciences","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47162","title":{"rendered":"Wonderkuur vir koronavirus van Gilead Sciences?"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Aankondiging gisteraand deur die Amerikaanse farmaseutiese maatskappy wat in virusnavorsing en -medisyne spesialiseer, Gilead Sciences, het n\u00e1 marksluiting &#8216;n sprong van drie persent in die S&amp;P 500-indeks veroorsaak, terwyl die maatskappy se eie aandele met 15% boontoe beweeg het. Die maatskappy se middel, remdesivir, wat oorspronklik vir Ebola ontwikkel is, het in &#8216;n kliniese proefneming in Chicago op 113 ernstige Covid-19-gevalle &#8216;n wonderbaarlike genesing bewerkstellig sodat slegs 2 uit die 113 oorlede is.<\/p>\n<p>&#8220;Die beste nuus is dat die meeste van ons pasi\u00ebnte reeds ontslaan is, wat uitstekend is. Ons het net twee pasi\u00ebnte gehad wat oorlede is,&#8221; s\u00ea Kathleen Mullane, &#8216;n spesialis in aansteeklike siekties van die Universiteit van Chicago wat toesig hou oor die remdesivir-toetse by die hospitaal.<\/p>\n<p>Die aankondiging wat deur &#8216;n mediese webblad, STAT, in die VSA gepubliseer is, het onmiddellik soos &#8216;n veldbrand versprei en het oor die afgelope 18 jaar w\u00eareldwye stygings op aandelebeurse veroorsaak. Die meeste Europese beurse het meer as drie persent ho\u00ebr geopen, met die Londense Footsie 2,33% beter as gister.<\/p>\n<p>Gilead is &#8216;n reuse-onderneming wat deel is van die S&amp;P 500-indeks van die 500 grootste Amerikaanse ondernemings. Hoewel dit voorheen kankermedisyne ontwikkel het, spesialiseer dit reeds die afgelope jare slegs in virusnavorsing en antivirale middels, wat onder andere teen MIV en Ebola gemik is. Die maatskappy het reeds &#8216;n Vigsvoorkomingsmiddel op die mark wat bedoel is vir mense wat &#8220;ho\u00eb seksuele risiko&#8217;s&#8221; loop, soos prostitute en homoseksuele. Een van die maatskappy se middels teen die hepatitis-C-virus is vir to $1000 (byna R19000) per pil verkoop. &#8216;n Kursus van di\u00e9 medisyne sou die gebruiker $84 000 (byna R1,6 miljoen) uit die sak jaag. In 2018 het Gilead $5,5 miljard netto wins getoon.<\/p>\n<p>Blykbaar is Gilead met verskeie gelyklopende kliniese proefnemings met remdesivir besig, sowel in Noord-Amerika as in Europa. Totdat di\u00e9 proefnemings voltooi is, sal daar geen sekerheid oor die middel se doeltreffendheid met betrekking tot Covid-19 wees nie. Verlede maand het president Donald Trump remdesivir voorgehou as een van die middels waarmee Amerika die pandemie sou hokslaan. Toe het die hoofstroommedia dit egter as &#8220;praatjies&#8221; afgelag.<\/p>\n<p>Gilead self het egter versigtig op die nuus vanuit Chicago gereageer. &#8220;Wat ons op di\u00e9 stadium kan s\u00ea, is dat ons daarna uitsien om die data vanaf huidige studies onder o\u00eb te kry sodra dit beskikbaar raak,&#8221; het die maatskappy in &#8216;n verklaring gemeen.<\/p>\n<p>Die data vanaf die Chicago-proefneming het betrekking op &#8216;n totaal van 400 ernstige pasi\u00ebnte en sal binnekort vrygestel word.<\/p>\n<p>Mullane wou self nie te veel afleidings uit die eerste reeks behandelings maak nie. &#8220;Dis altyd moeilik,&#8221; s\u00ea sy. &#8220;Want die ernstige proefneming sluit nie &#8216;n plasebogroep in om mee te vergelyk nie. Maar dis seker dat toe ons die middel begin gebruik, het die koorskurwes na benede gesak. Koors is nie tans &#8216;n vereiste vir mense om aan die proefneming deel te neem nie,[maar] as pasi\u00ebnte wel met ho\u00eb koors inkom, sien ons wel dat dit vinnig met die behandeling afneem. Ons het gesien hoe mense binne &#8216;n dag nadat hulle met die behandeling begin, van die respirators afkom. Dus in daardie opsig, het ons pasi\u00ebnte alles in ag genome baie goed gedoen.&#8221;<\/p>\n<p>Sy het voortgegaan deur te s\u00ea: &#8220;Die meeste van ons pasi\u00ebnte is baie ernstige gevalle en die meeste kon n\u00e1 ses dae huis toe gaan, dus s\u00ea dit vir ons dat die behandeling nie tien dae hoef te duur nie. Ons het baie min wat tot tien dae nodig gehad het, miskien so drie.&#8221;<\/p>\n<p>Indien remdesivir die toets deurstaan en as algemene behandeling vir Covid-19 aanvaar word, behoort Gilead reusewinste te maak. Die Chinese Instituut vir Virologie in Wuhan, die stad waar die virus eerste uitgebreek het, het reeds op 21 Januarie 2020 vir &#8216;n Chinese &#8220;gebruikspatent&#8221; aansoek gedoen om die middel in China op Covid-19-pasi\u00ebnte te mag gebruik.<\/p>\n<p>Finansiering vir die ontwikkeling van remdesivir is deur die Amerikaanse belastingbetaler voorgeskiet, ten bedrae van $79 miljoen. Gilead het ook &#8216;n sogenaamde &#8220;weeskindmiddel&#8221;-status daarvoor op 23 Maart vanjaar verkry. Di\u00e9 klassifikasie deur die Amerikaanse FDA (<i>Food and Drug Administration<\/i>) is bedoel vir middels wat deur minder as 200 000 Amerikaners gebruik word en verseker verdere finansi\u00eble en wetlike monopoliestatus vir mediese maatskappye, tesame met kwytskelding van belastings en regeringsfooie. Nie net het die Amerikaanse regering dus vir Gilead se middel betaal nie, maar die belastingbetaler loop die risiko om niks van die maatskappy by wyse van belasting terug te ontvang nie.<\/p>\n<p>Met die styging in koronavirusgevalle in die VSA, lyk dit egter asof meer as 200 000 mense behandeling nodig sal h\u00ea. Daarom het die maatskappy teen 25 Maart van die &#8220;weeskindmiddel&#8221;-status afstand gedoen. Gilead Sciences behou egter patentregte op remdesivir in meer as 70 lande wat sy winste sal verseker.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Aankondiging gisteraand deur die Amerikaanse farmaseutiese maatskappy wat in virusnavorsing en -medisyne spesialiseer, Gilead Sciences, het n\u00e1 marksluiting &#8216;n sprong van drie persent in die S&amp;P 500-indeks veroorsaak, terwyl die maatskappy se eie aandele met 15% boontoe beweeg het. Die maatskappy se middel, remdesivir, wat oorspronklik vir Ebola ontwikkel is, het in &#8216;n kliniese [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":47163,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5,6,95],"tags":[24866,24908,24906,24905,9307,24907],"class_list":["post-47162","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","category-s26-tegnologie","category-c86-wetenskap","tag-covid-19","tag-food-and-drug-administration","tag-gilead-sciences","tag-remdesivir","tag-virus","tag-wuhan"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47162","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47162"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47162\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47166,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47162\/revisions\/47166"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47163"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47162"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47162"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47162"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}