{"id":470,"date":"2007-05-25T07:27:40","date_gmt":"2007-05-25T07:27:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=470"},"modified":"2007-05-25T07:27:40","modified_gmt":"2007-05-25T07:27:40","slug":"carl-niehaus-staan-darem-by-wat-hy-glo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=470","title":{"rendered":"Carl Niehaus staan darem by wat hy glo"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die lees van sy onlangse lofsang op Litnet aan sy surrogaatmoeder, Mamma Winnie, het my met &rsquo;n welkome maagpynlekkerkrysessie beloon. Die gedagte aan n bleekwit baba Kareltjie wat aan die bors van Mamma Afrika speen, is een wat my altyd sal bybly. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Carl Niehaus is erg getraumatiseer en ons moet dit n&oacute;&oacute;it vergeet nie, want hoogverraad het &rsquo;n aweregse betekenis vir hom. Sy eertydse <em>comrade<\/em> en kamermaat wat hom help foto&rsquo;s neem het van die Brixtonse gasaanleg, was toe al die tyd van Nasionale Intelligensie. Lekker fototjies geneem, jong Kareltjie, en dit was nie vir sy monochroom- industri&euml;le fotografieprojek nie; dit was meer bedoel as &rsquo;n anargistiese oefening in stedelike terrorisme. Baie stout, die eertydse aspirantpredikantjie, en ek kan my skaars die yskoue gevoel in sy bors indink die oomblik toe hy gearresteer is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek het eens &rsquo;n TV-onderhoud met hom gesien en hy lyk vir my na die tipe wat maklik huil. En ek bedoel nou nie uit egte hartseer nie, maar eerder op die ingewing van die oomblik, byvoorbeeld wanneer dit die dramatiese effek van die boodskap kan vergroot, soos die regte musiek op die regte oomblik in &rsquo;n liefdesverhaal. En soos &rsquo;n tienerseun se onvanpaste liefdesbriefie aan sy ho&euml;rskoolonderwyseres, klink sy lofsang aan mamma ook. Hy sing sy woorde teen haar vas, hy bring sy hele lewe in &rsquo;n tas.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">\n<p><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar ek moet toegee, hy het ten minste sy integriteit deur die jare behou. Hy staan by wat hy glo, anders as daardie amateurstoeispannetjie van die Broederbond by KODESA in die vorm van Roelf Meyer en FW de Klerk wat so maklik omgerol en vir die ANC pensie gewys het.<\/span><\/p>\n<\/p><\/div>\n<p> <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">new free slot<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/lb.ua\/society\/2015\/02\/23\/296529_prokuror_harkova_uvolilsya_tri_dnya.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Carl Niehaus is vir my &rsquo;n besonderse klein plesiertjie. Hy het sulke vakerige leepogies, wat hy so stadig en sagmoedig toemaak voor hy sy iets s&ecirc;, asof hy eers wil seker maak van sy gedagte. Dan kom daardie ou beheerste, amper bewerige stemmetjie uit. Veral as hy in Engels iets kwytraak, klink sy konsonante soos di&eacute; van &rsquo;n tipiese selfbewuste Afrikaner, veral sy r&rsquo;e wat hy probeer versag om nie te boers te klink nie, en dit is die laaste ding op aarde wat onse Carl mee geassosieer wil word. Maar ons hoor dit al te duidelik, en maak nie saak hoeveel hy in Engels skryf nie, dit wil net nie soos &rsquo;n regte Engelsman s&rsquo;n klink nie. Dit is deel van hom soos die soet smaak van &rsquo;n koeksister.<\/span><\/p>\n<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[54],"tags":[21096,595],"class_list":["post-470","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c41-briewe","tag-s10-briewe","tag-carl-niehaus-staan-darem-by-wat-hy-glo"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/470","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=470"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/470\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=470"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=470"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=470"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}