{"id":46970,"date":"2020-02-22T16:57:20","date_gmt":"2020-02-22T14:57:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46970"},"modified":"2020-02-22T19:01:06","modified_gmt":"2020-02-22T17:01:06","slug":"anc-ignoreer-pompeo-se-kritiek-op-grondonteiening","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46970","title":{"rendered":"ANC ignoreer Pompeo se kritiek op grondonteiening"},"content":{"rendered":"<p>Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het die voorgestelde grondwetlike verandering van die Suid-Afrikaanse regering gestriem waarmee dit moontlik gemaak word om grond en ander eiendom sonder vergoeding te konfiskeer.<\/p>\n<p><span data-offset-key=\"8a0cg-0-0\">Pompeo se opmerkings oor Suid-Afrika se verklaarde grondbeleid van onteiening sonder vergoeding (EWC), het \u2018n dawerende stilte van die land se regerende ANC tot gevolg gehad. Die enigste reaksie was \u2018n onregstreekse antwoord, rondom die behoefte aan sogenaamde \u201cgrondhervorming\u201d wat deur die ANC-leier en die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, bevestig is.<\/span><\/p>\n<p>Andersins was daar geen amptelike reaksie op Pompeo se kommentaar wat gelewer is n\u00e1 &#8216;n beleidstoespraak in Addis Abeba, Ethiopi\u00eb, op 19 Februarie nie. Pompeo het in gesprek met verslaggewers ges\u00ea dat onteiening sonder vergoeding &#8220;rampspoedig&#8221; vir die Suid-Afrikaanse ekonomie sou wees.<\/p>\n<p>Die beleidsvoorstel is &#8216;n voorbeeld van sentrale beplanning wat in ander Afrika-state soos Zimbabwe, Tanzani\u00eb en Ethiopi\u00eb misluk het, het Pompeo verduidelik.<\/p>\n<p>\u201cSuid-Afrika debatteer oor &#8216;n wysiging [aan die Grondwet] om die onteiening van private eiendom sonder vergoeding moontlik te maak,\u201d het hy ges\u00ea. &#8216;Dit sou rampspoedig wees vir die ekonomie, en die belangrikste van alles vir die Suid-Afrikaanse bevolking.&#8217;<\/p>\n<p>Volgens Pompeo het Afrika-ekonomie\u00eb &#8220;sterk regstate, respek vir eiendomsreg, regulering wat belegging aanmoedig&#8221; vir inklusiewe en volhoubare ekonomiese groei nodig.<\/p>\n<p>Sonder om Pompeo by die naam te noem, het Cyril Rampahosa &#8216;n dag later (Donderdag) die VSA se minister van buitelandse sake se uitspraak verwerp deur te s\u00ea: &#8220;Grondhervorming is &#8216;n wesenlike deel van inklusiewe groei.&#8221;<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, &#8216;n liberale dinkskrum, het egter ges\u00ea dat die kommentaar van Pompeo &#8220;nog &#8216;n waarskuwing is teen die gevaarlike koers wat die regering inslaan&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is nie heeltemal ongewoon dat amptenare wat die buiteland verteenwoordig, sulke sterk gevoelens uitspreek nie. Die opmerkings van Pompeo weerspie\u00ebl egter kommer wat deur ander uitgespreek word &#8211; soos die Nederlandse minister van buitelandse sake, Stef Blok, wat gewaarsku het dat die ondermyning van &#8216;eiendomsreg en die oppergesag van die reg&#8217; bestaande en potensi\u00eble beleggers sal afskrik,&#8221; s\u00ea Hermann Pretorius van die IRV.<\/p>\n<p>Op 4 Julie 2019 het die Nederlandse parlement oftewel die Tweede Kamer &#8216;n mosie deur twee konserwatiewe LP&#8217;s, Van Helvert en Van der Staaij, aanvaar teen grond waarop beslag gel\u00ea word \u201cop grond van velkleur\u201d in Suid-Afrika. In hul resolusie is die Nederlandse regering versoek om \u201cduidelik standpunt in te neem teen die voorgestelde onteiening van grond sonder vergoeding van wit boere in Suid-Afrika, wat in stryd is met menseregte, en om druk op Suid-Afrika uit te oefen om dit te laat vaar\u201d.<\/p>\n<p>In die Nederlandse resolusie word ook genoem dat \u201cdie universele verklaring van menseregte, sowel as die Afrika-menseregtehandves die arbitr\u00eare beslaglegging op eiendom verbied en veral op grond van velkleur\u201d.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het die voorgestelde grondwetlike verandering van die Suid-Afrikaanse regering gestriem waarmee dit moontlik gemaak word om grond en ander eiendom sonder vergoeding te konfiskeer. Pompeo se opmerkings oor Suid-Afrika se verklaarde grondbeleid van onteiening sonder vergoeding (EWC), het \u2018n dawerende stilte van die land se regerende ANC [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":46971,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[13230,6987,24821,6925,24822,24824,24823,2848],"class_list":["post-46970","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-cyril-ramaphosa","tag-grondonteiening","tag-mike-pompeo","tag-nederland","tag-stef-blok","tag-van-der-staaij","tag-van-helvert","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46970","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46970"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46970\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46973,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46970\/revisions\/46973"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46971"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46970"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46970"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46970"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}