{"id":46958,"date":"2020-02-14T12:23:48","date_gmt":"2020-02-14T10:23:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46958"},"modified":"2020-02-14T13:13:08","modified_gmt":"2020-02-14T11:13:08","slug":"brief-die-verraad-van-februarie-2020","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46958","title":{"rendered":"Brief: Die verraad van Februarie 2020"},"content":{"rendered":"<p>Theuns Eloff se skrywe van 11 Februarie op Maroela Media verwys: <a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/debat\/meningsvormers\/apartheid-fw-en-die-anc-vier-mites-aan-die-kaak-gestel\/\">Apartheid, FW en die ANC: vier mites aan die kaak gestel<\/a>.<\/p>\n<p>Die grootste fout wat ons kan maak is om te dink dat die verraad teen ons volk 30 jaar terug gebeur het. Die realiteit is dat hierdie verraad steeds aan die gang is en duidelik sigbaar is in skrywes soos di\u00e9 van Eloff. Sy skrywe is \u2018n desperate poging om die besluite wat gemaak is 30 jaar terug steeds te regverdig om sodoende die paar mense wat nog aan die fe\u00ebverhaal vashou te probeer paai.<\/p>\n<p><em>De Klerk het die volk uitverkoop.<\/em><\/p>\n<p>Eloff is heeltemal reg dat hierdie \u2018n mite is.<\/p>\n<p>Die waarheid is dat De Klerk nie alleen skuldig was aan die uitverkoop van die land nie, maar dat hy ondersteun is deur \u2018n hele aantal mense om hom te help in hierdie aksie. Die tweede probleem is dat die stelling verwys na die verlede tyd, maar die realiteit is dat De Klerk en ander steeds vandag besig is om ons volk uit te verkoop. Die korrekte stelling sou eerder wees:<\/p>\n<p><em>De Klerk en ander is steeds besig om die volk uit te verkoop.<\/em><\/p>\n<p>In talle artikels sedert 2 Februarie word daar herhaal hoe min opsies daar was. Dit was \u00f3f oorgee \u00f3f oorlog. Dit moet seker verskriklik wees om in \u2018n w\u00eareld te leef waar jy net \u00f3f kool \u00f3f wortels moet eet omdat jy nie bereid is om bietjie in die tuin rond te stap nie. Enige iemand wat hierdie stelling glo, is net so visieloos soos De Klerk en ander en glo seker perdedrolle is vye ook!<\/p>\n<p>Daar is altyd opsies. Daar was altyd opsies. Maar eerder as om verantwoordelikheid te aanvaar dat hulle te visieloos was om nog meer opsies te ondersoek, verhard hulle in die idee dat daar net twee opsies was. Op daardie tydstip het die publiek reeds te kenne gegee dat verandering noodsaaklik was, maar hulle het gehoop dat wie ook al namens hulle onderhandel, sekerlik genoeg verstand aan die dag sou l\u00ea om te verseker dat ons volk se reg om voort te bestaan in ag geneem sou word.<\/p>\n<p>As ons vandag kyk na wat in die land gebeur sover dit die vertrapping van ons volk se basiese regte betref, menseregte en steeds nie erken dat daar moontlik ander opsies ondersoek moes word nie, dat daar moonlik \u2018n fout gemaak is nie\u2026 as jy dit steeds regverdig vandag, is jy nog besig met dieselfde verraad\u2026 Is jy steeds besig om jou rug op die volk te draai!<\/p>\n<p>Die tweede mite wat Eloff gebruik,<\/p>\n<p><em> Daar was geen ander keuse,<\/em><\/p>\n<p>weerspreek dus die eerste. In soveel woorde erken hy daar was ander keuses, hulle het net nie belang gestel om dit te ondersoek of na die tafel te bring nie. Hierdie stelling van Eloff is die bewys dat De Klerk en ander by magte was om ander keuses te maak en dat hulle gekies het om nie ag te slaan op die langtermyngevolge vir ons volk nie. Die korrekte stelling moet dus lees: <em>Daar was ander keuses, ons het net nie gedink dis belangrik om aan die Afrikaner se oorlewing te dink nie.<\/em><\/p>\n<p>Die derde mite: <em>Die ANC het gewen,<\/em><\/p>\n<p>is maar net \u2018n poging om die glorie en euforie van die oorgang aan die lewe te probeer hou. Terwyl mense soos De Klerk en Eloff duidelik die opinie van die buiteland en al die eer wat daarmee saamhang na waarde skat, is hulle ver verwyder van die opinie van die Venters en Van der Merwes wie se belange hulle eintlik moes beskerm. Hierdie verknogtheid aan internasionale erkenning is die bewys dat hierdie nie in die geskiedenis as volksleiers onthou sal word nie. \u2018n Volksleier, soos wat hulle voorgegee het hulle was, beskerm die belange van sy eie mense bo di\u00e9 van enige internasionale mening.<\/p>\n<p>Wat die Venters en van der Merwes betref: Indien Eloff sou belangstel in hulle mening, is dit redelik duidelik dat die ANC gewen het. Dit is die ANC wat die laaste 25 jaar die wette maak wat veroorsaak dat \u2018n kind in 2020 met ongelooflike akademiese prestasie nie keuring kry om \u2018n dokter te word nie oor die kleur van haar vel. Dit is die ANC wat wette skryf wat Afrikaans uit die skole haal. Dit is die ANC wat eiendom sonder vergoeding wil onteien. Hier waar ons gewone mense sit, ook bekend as die volk\u2026 lyk dit darem baie asof die ANC gewen het. Maar miskien hoop Eloff die internasionale gemeenskap glo hom; dit is mos al wat nog altyd saakgemaak het\u2014nie die Venters en die van der Merwes nie.<\/p>\n<p>Die vierde mite wat Eloff noem: <em>ANC glo steeds in nierassigheid<\/em><\/p>\n<p>spreek van De Klerk en ander se totale vermetelheid. Die waarheid is die ANC het nog nooit in nierassigheid geglo nie. Daar was nog nooit \u2018n bewys daarvan in enige van hulle agendas nie. Dit was De Klerk en ander wat na\u00efef genoeg was om te glo dat die ANC hulle gaan verbind tot \u2018n Grondwet (wat hulle al hoeveel keer verander het en nog gaan verander) terwyl die &#8220;dom, verregse, verkrampte, verkakte&#8221; volksleiers hulle daarteen gewaarsku het. Die mite dat die ANC in nierassigheid glo, is iets wat De Klerk en ander uitgevind het om hulle besluit te probeer regverdig. Die ANC glo in die ANC\u2026 het nog altyd, sal altyd.<\/p>\n<p>Eloff se skrywe is maar net \u2018n manier om swak leierskap te probeer regverdig met verskonings. \u2018n Ware leier sou lankal opgestaan het en erken het dat dit \u2018n fout was om die land oor te gee op die wyse waarop dit gedoen is. \u2018n Ware leier sou erken het dat die buitelandse druk belangriker was as die belange van \u2018n volk. \u2018n Ware leier sou erken het dat daar ander opsies was en dat dit dalk ander resultate sou kon oplewer. \u2018n Ware leier sou ophou verskonings maak en die seer en kommer in sy eie volk raaksien. \u2018n Ware leier sou erken het dat hy uitoorl\u00ea is by die onderhandelingstafel. \u2018n Ware leier sou alles in sy vermo\u00eb doen om sy volk \u2018n kans op oorlewing te gee, om te baklei vir hulle. &#8216;n Ware leier sou nie in Februarie 2020 steeds volhard in sy foute nie, sou nie steeds sy rug op die volk keer nie en sou wragtig nie meer verskonings maak nie.<\/p>\n<p>Want dit sou vir \u2018n ware leier verraad wees!<\/p>\n<p>\u2014Johan van der Merwe<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Theuns Eloff se skrywe van 11 Februarie op Maroela Media verwys: Apartheid, FW en die ANC: vier mites aan die kaak gestel. Die grootste fout wat ons kan maak is om te dink dat die verraad teen ons volk 30 jaar terug gebeur het. Die realiteit is dat hierdie verraad steeds aan die gang is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=46958\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brief: Die verraad van Februarie 2020&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":46959,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[8633,227,5631,22919,8616,12095,7460],"class_list":["post-46958","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized","tag-2-februarie-1990","tag-anc","tag-fw-de-klerk","tag-maroela-media","tag-oorgawe","tag-theuns-eloff","tag-verraad"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46958","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46958"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46958\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46961,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46958\/revisions\/46961"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46959"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46958"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46958"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46958"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}