{"id":46849,"date":"2019-11-22T20:39:52","date_gmt":"2019-11-22T18:39:52","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46849"},"modified":"2019-11-23T07:09:23","modified_gmt":"2019-11-23T05:09:23","slug":"sydney-gregan-kommunisme-in-n-nuwe-gedaante-die-da-as-n-sosiaal-demokratiese-party","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46849","title":{"rendered":"Sydney Gregan: Kommunisme in \u2018n nuwe gedaante \u2014 die DA as \u2018n sosiaal-demokratiese party"},"content":{"rendered":"<p>Sedert die val van die Berlynse Muur het links-liberales behoorlik geskarrel om \u2018n nuwe skuilplek te vind; \u2018n nuwe god om te aanbid. Liberales was nog altyd op hulle eie hopeloos te lig in die broek om die mas op te kom, hulle moes altyd gaan inkruip by \u2018n \u201ckragdadiger\u201d organisasie. kommunisme was vir dekades lank daardie skuilplek. En sedert 1989 met die val van die Berlynse Muur was liberaliste reddeloos, hulle was desperaat op soek na \u2018n nuwe blyplek.<\/p>\n<p>Globalisme verteenwoordig hoofsaaklik die ekonomiese strewe van links-liberales. Maar waar daar gepoog is om deur middel van globalisme nasionalistiese doelstellings te verydel, het dit as begrip nie die bekoring ingehou wat kommunisme gehad het nie. Die begrip wat stelselmatig vatplek begin kry het, is sosiaal-demokrasie. Met die DA se ellendes en dalende steun (wat mens hulle hartlik gun), word nou gepredik dat hulle hulleself van liberalisme moet losmaak en dat hulle hulle moet beywer vir die daarstel van \u2018n <em>social democracy<\/em> in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Maar wat beteken die begrip sosiaal-demokrasie?<\/p>\n<p>Wel die \u201csosiaal\u201d is niks nie anders as sosialisme. Sosiaal klink mooier en sagter op die oor as sosialisme, daarom die keuse vir die woord. En sosialisme is die ekonomiese arm van die kommunisme. Demokrasie weer is maar net die towerwoord, (soos \u201cmenseregte\u201d), om die ge\u00efndoktrineerde en gebreinspoelde hordes elke paar jaar stembus toe te sleep om hulle mede-aandadig aan hulle eie ondergang te maak. Hulle is dan \u201cingekoop\u201d. So is daar reeds in kommunistiese stelsels ook gestem, weliswaar net vir een party. Vandag word daar maar net vir twee of drie groot partye gestem (en die res blaf net saam), terwyl daar wat die groot partye betref, geen verskil is wat beleid aanbetref nie. Hulle streef almal die globalistiese doel na \u2014 na \u2018n sosialistiese demokrasie.<\/p>\n<p>Dus, die oproep aan die DA is nou om \u2018n volbloed- sosialistiese demokrasie (lees: kommunistiese staat) voor te staan, want dan sal hulle weer (glo) die kiesers se verbeelding aangryp. Uiteraard word mense mislei deur die begrip, maar daar word ook nie kennis geneem van die harde werklikheid dat die DA slegs werklik \u2018n bedreiging vir die ANC sal inhou indien dit \u2018n swart party word nie. En as dit \u2018n swart party word, kan dit geen blanke belange meer verteenwoordig nie. Want die een sluit die ander uit.<\/p>\n<p>Wat van die DA verwag word, is om \u2018n kommunistiese party te word (opgedoek in \u2018n naam wat mense moet betower \u2014 &#8220;sosiaal-demokrasie&#8221;). Kan u u die prentjie indink waar die kommunistiese ANC dan met die kommunistiese DA meeding, albei onder die vaandel van \u201cvoters of the country, unite!\u201d? Want wat is die ANC anders as \u2018n \u201csosiaal-demokratiese party\u201d? Of dan liewer: \u2018n sosialistiese party waar alle bates deur die staat besit en beheer word en waarvoor die gepeupel elke vier jaar toestemming gee dat dit alles goed en wel is. Ja, gestroop van retoriek en die dekmantels waaragter geskuil word, is dit die prentjie van die toekoms. In vandag se neo-kommunisme moet daar mos \u2018n \u201ckeuse\u201d wees, om te voldoen aan die \u201cdemokratiese\u201d imperatief.<\/p>\n<p>Wat in die proses misgekyk word, is dat ons baie vining op pad is na \u2018n fascistiese staat. Benito Mussoulini het daardie staat soos volg beskryf:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cFor the Fascist, everything is encompassed within the State, and nothing human or spiritual exists, or even has value, outside of the State. In this sense, Fascism is totalitarian, and the fascist State, integrated and united in every value, interprets, develops, and strengthens all aspects of the life of the people.\u201d (<em>The Doctrine of Fascism<\/em>, Benito Mussolini).<\/p><\/blockquote>\n<p>Nou hoe kom mens by so \u2018n gevolgtrekking uit? Wel, baie maklik. Benito Mussolini was oorspronklik \u2018n revolusion\u00eare sosialis. Hy het egter die Sosialistiese Party in 1914 verlaat. Hy het \u2018n meer outokratiese staatsvorm ten doel gestel. Hy wou volle beheer h\u00ea. Presies wat die ANC ten doel stel. Dus, vir die DA om nou as werklike teenvoeter vir die ANC op te tree, moet dit dieselfde doen. Dit moet net in \u2018n \u201csagter\u201d en aantrekliker vorm wees. Intussen sal die VF Plus aanhou piep van die kantlyn af \u2014 daar moet immers kritiek ook wees om die hele petalje \u2018n aanvaarbare skouspel te maak!<\/p>\n<p>Maar wat gaan die superrykes hieraan doen? Niks. Hulle is reeds \u201cingekoop\u201d met die versekering dat daar niks aan hulle bates gedoen sal word nie. Die miljard\u00ear Bernie Sanders van die \u201cDemokratiese\u201d Party in die VSA staan sosialisme vir die VSA voor. Die nog ryker George Soros ook. Daarom sal die ekonomiese elite van hierdie land, die Ruperts en die Oppenheimers, ook ingetrek word. En dis juis hier waar sosialisme ontbloot moet word vir die leuen wat dit is. George Orwell het dit reeds in sy <i>Animal Farm<\/i> gedoen:<\/p>\n<blockquote><p>All animals are equal, but some are more equal than others.<\/p><\/blockquote>\n<p>Kapitalisme sal net vir die elite bestaan; die res van ons moet met sosialisme tevrede wees. Die elite sal nooit hulle rykdomme prysgee nie. Maar dan sal dit ook nie van hulle verwag word nie. Net soos die <i>nomenclatura<\/i> \u201cmeer gelyk\u201d is as die res, so is ook die ekonomiese elite wat ingekoop word in die proses.<\/p>\n<p>Die definisie van Sosialisme is gegrond op die eienaarskap (van alle bates) deur die staat. Sosialisme baan dus die weg vir fascisme:<\/p>\n<blockquote><p>This means the machinery, tools, and factories used to produce goods that aim to directly satisfy human needs. In a purely socialist system, all legal production and distribution decisions are made by the government. Individuals rely on the state for everything from food to healthcare. And, the government determines the output and pricing levels of these goods and services.<\/p><\/blockquote>\n<p>Fascisme is die produk van die sosialistiese ywer om vir gelykheid te werk. In Suid-Afrika is gelykheid \u2018n doelstelling van die bestel, verskans in die grondwet. Maar wat die gepeupel nooit sal insien nie is dat \u2018n:<\/p>\n<blockquote><p>small clique of elite puppet masters still retains total ownership (capitalism) and control of resources and of the government, by authoritarian and totalitarian rule.<\/p><\/blockquote>\n<p>Vir die Joodse hanteerders van die DA moet \u201csosiaal-demokrasie\u201d dus eintlik baie aantreklik lyk. Hulle bly in besit van hulle eie en kry boonop beheer van die res. Die enigte probleem is die \u201clastige\u201d ANC wat heeltyd die model wil laat skipbreuk ly met sy alewige korrupsie en kader-aktiwiteite.<\/p>\n<p>En dis by daardie lastige probleempie waar die DA nie verby gaan kom nie. Selfs nie met die keffende VF Plus se hulp nie. Hoekom dan nie? Want ek lees in \u2018n baie gesaghebbende bron dat die gemiddelde IK van ons bevolking 70 is\u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sedert die val van die Berlynse Muur het links-liberales behoorlik geskarrel om \u2018n nuwe skuilplek te vind; \u2018n nuwe god om te aanbid. Liberales was nog altyd op hulle eie hopeloos te lig in die broek om die mas op te kom, hulle moes altyd gaan inkruip by \u2018n \u201ckragdadiger\u201d organisasie. kommunisme was vir dekades [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":46852,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,4703],"tags":[9860,4708,2242],"class_list":["post-46849","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-sydney-gregan","tag-fascisme","tag-kommunisme","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46849","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46849"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46849\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46857,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46849\/revisions\/46857"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46852"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46849"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46849"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46849"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}