{"id":46836,"date":"2019-11-13T06:49:37","date_gmt":"2019-11-13T04:49:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46836"},"modified":"2019-11-13T06:49:37","modified_gmt":"2019-11-13T04:49:37","slug":"suidpunt-wat-broei-daar-in-die-ou-np-skoolhandboeke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46836","title":{"rendered":"Suidpunt: Wat broei daar in die ou NP-skoolhandboeke?"},"content":{"rendered":"<p>Die Afrikaner het in die 1970\u2019s in \u2018n groot penarie beland: aan die een kant moes hy getrou Christelik-Nasionaal en in sy volksaard bly (dit is van hom verwag), aan die ander kant het mens die toenemende verstedeliking en globalisering en ekonomiese en filosofiese stelsels daarbuite gevind wat met sy eie lewensuitkyk verskil. Die 1968-protesjaar in Europa en Amerika is pas verby, en die Afrikaanse dosente, leerkragte en predikante, die meeste van hulle behoudend en NP-stemmers, sit nou ook met hierdie vraagstukke. Jou deursnit Afrikaner was klaar reeds \u2018n stedeling omring deur opkomende nywerhede, maar in hul skoolhandboeke was die Afrikanerkinders duidelik almal op landbouskool en Suid-Afrika \u2018n landbouland. In hierdie rubriek bekyk ons <i>Africana Afrikaner: Meestersimbole in Suid-Afrikaanse Skoolhandboeke<\/i> (1983) deur J.M. du Preez van naby. Ek wys ook die raakpunte uit wat ek in my eie skoolboeke van die 2000\u2019s vind, want sekere dinge verander blykbaar nooit nie.<\/p>\n<p>Maar eers moet ek net gou vinnig \u2018n sakie afhandel.<\/p>\n<h3>Agtergrond<\/h3>\n<p>Van die lesers sal inderdaad wonder of \u2018n 29-jarige bevoeg is om hierdie handboeke van die 1970\u2019s te beoordeel. Ek belowe jou, ek was self deur \u2018n rampsalige, nivellerende skoolkurrikulum, soos maar alte goed voorspel is in my Sub A-jaar (1997) deur dr. Ferdi Hartzenberg, soos opgeneem in Claus Nordbruch se <i>Reguit <\/i>(pp. 132-133):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Maar die proses [mobilisering van blankes] sal weer opbou. Hoe ons die mense bymekaar kan kry? Volgende jaar moet die ANC begin om te \u2018deliver\u2019, hulle moet nou vir hulle ondersteuners wys. Maar hulle kan nie werk verskaf nie, nie die huise bou nie. So wat gaan hulle doen? Hulle gaan die Afrikaner probeer vernietig d.m.v. sy onderwys, sy taal, sy kultuur. Die Afrikaner moet \u2018n melkkoei wees; hy moet betaal vir hierdie goed. Hulle sal nie heeltemal daarmee slaag nie, maar die eerste groot stap neem. Hulle gaan by elke skool en dwing dat daar van die eerste graad af integrasie moet plaasvind, en die enkelmedium word afgeskaf totdat die hele stelsel vervang is. Dan sal ons mense skrik. Almal sal dit of op die een of ander manier ervaar, maak nie saak of jy in die verlede vir die goed gestem het of teen nie, of jy aan magsdeling geglo het of nie. Jou kind sal aan \u2018n onderwys onderwerp word waarvan die standaard sal daal. Hy sal nie meer met die res van die w\u00eareld kompeteer soos ons dit in die verlede gedoen het nie. Ons kinders kon eksamens skryf saam met enige ander land in die w\u00eareld. Nou kom ons een en veertigste uit een en veertig lande. Die standaard is weg. Die enigste manier om daardie standaard weer op te kry is, jy moet volkseie onderwys gee.<\/p>\n<p>Die feit dat die ANC Afrikaans vertrap in die SAUK, in die staatsdiens, orals \u2013 dit is \u2018n vernedering. Dit gaan op \u2018n reaksie uitloop. Daar het sedert 1974 derduisende polisiemanne geloop. Hulle is vervang met onervare comrades en politieke kommissarisse. Dis hoekom wet en orde lyk soos hy lyk. Die gevolg daarvan is dat daar geen effektiewe bestryding teen misdaad in Suid-Afrika is nie. En dit sal \u2018n probleem vir almal word. Daardie oneffektiwiteit sluit nie net die veiligheidsdienste en die regstelsel in nie. Dit sluit elke staatsdepartement in. Hoekom het die eksamens nou geloop soos hulle verloop het? Omdat die administrasie is nie daar nie. Dit geld ook vir jou poskantoor, by die spoorwe\u00eb, by Telekom ens.<\/p>\n<p>Daar sal min mense wees wat volgende jaar Kersfees vier wat nie met die een of ander vorm van misdaad kennis gemaak het. Met ander woorde, elkeen sal wakker word.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Vox clamantis in deserto.<\/p>\n<p>Ek wag nou nog op die reaksie. In stede daarvan dat vir my en my geslag reuse-aanvullende handboeke, van 600 bladsye stuk, deur besorgde Afrikanerouers en akademici saamgestel is om daardie ho\u00eb standaarde van weleer te handhaaf, het juis die teendeel gebeur.<\/p>\n<p>Zero, zip, zilch, nada, nothing, niks.<\/p>\n<p>Daardie skuldgevoel soek ek nie op my gewete nie. Daarom is ek juis doenig by die Afrikaanse Wikipedia, want ek was \u2018n slagoffer van die bovermelde onderwysstelsel. Ek weet wat ek nie weet nie.<\/p>\n<p>Verlede week het mnr. Leon Lemmer op \u2018n uiters gepaste tyd gepraat oor seksonderrig vir Standerd 2\/Graad 4-leerlinge, as manier om die ho\u00eb standaarde af te bring tot rioolvlak. Laat ek asseblief die leser inlig hoe my eerstehandse ervaring van seksopvoeding op skool was. Ter wille van ons ouer lesers vervang ek \u201cGraad\u201d met \u201cStanderd\u201d.<\/p>\n<p>Ek beskou my nie as iemand uitsonderlik intelligent nie. Ek het eers op 8-jarige ouderdom uitgevind wat seks is. Dit was buite skoolverband. My rooikop-neef het dit reeds op 3-jarige ouderdom self uitgeredeneer. Ek onthou nog die ryklik ge\u00efllustreerde <i>Waar kom babas vandaan?<\/i>, en toe die werklikheid my eers op bl. 10(?) tref, presies hoe die vurk in die hef steek, was my eerste antwoord: \u201c<i>oe, gross<\/i>!\u201d Want waarom sou Pappa dit aan Mamma wou doen? Jy moet onthou, op daardie ouderdom sing mens nog <i>\u201cBoom! Boom! Boom! I want you in my room, we\u2019ll spend the night together, from now until forever\u201d<\/i> van die Hollandse <i>Vengaboys<\/i> heelhartig saam sonder om die geskokte uitdrukkings van die Puriteinse volwassenes op te merk. Ag, as hulle maar weet hoe lyk die musiekvideo! Wetenswaardig: ons dierbare Sweedse ABBA-skrywers was \u00f3\u00f3k betrokke by die lirieke (Van Diepen, Van der Driesschen, <b>Bj\u00f6rn Ulvaeus, Benny Andersson<\/b>)! Dit was immers 1998\/1999. Wat weet \u2018n agtjarige nou van middernagtelike geluide en tonguithang-opwinding?<\/p>\n<p>En so land \u2018n veelkleurige re\u00ebnboogboekie op my skoolbank in Standerd 4, 2002, met \u2018n onskuldige prentjie van \u2018n blanke seun en \u2018n bruin dogter wat saam <i>boomklim<\/i> (<a href=\"https:\/\/books.google.co.za\/books?id=epipZTdwfWYC&amp;pg=PT96&amp;lpg=PT96&amp;dq=freudian+%22climbing+trees%22&amp;source=bl&amp;ots=cEyE4olGTt&amp;sig=ACfU3U0kDQSEForRApVDOOOm9Xxr9Lkk5w&amp;hl=de&amp;sa=X&amp;ved=2ahUKEwiH1JjVmtjlAhWllFwKHeUeDmoQ6AEwBXoECAYQAQ#v=onepage&amp;q=freudian%20%22clim\">die Freudiaanse betekenis van masturbasie ontgaan my nie<\/a>). So \u2018onskuldig\u2019 die buiteblad, so skuldig die binneblad. Die skoolhoof was egter slim: ons kon die boeke huis toe neem en self besluit of ons die inhoud wil voltooi of nie. Die antwoorde is nooit gemerk of nagesien nie. Die inhoud was Standerd 9-vlak: \u2018n dwarssnit van die andrologiese en ginekologiese anatomie is met blanko byskrifte oopgelaat: hier vul jy in die <i>Vas deferens<\/i>, die prostaatklier, die skrotum, blaas en <i>Vesicula seminalis <\/i>(seminale sakkie)<i>. <\/i>Die dwarssnit van die voorvel het soos kreefknypers gelyk. (Dit was nog saggies voorgestel, jy moet sien hoe lyk die volkleur <i>Das Grosse Duden Sch\u00fcler-Lexikon<\/i>, s.v. \u201cGeschlechtkunde\u201d, bl. 217 tot 221, en dit vir 1979!).<\/p>\n<p>Lewensori\u00ebntering in Standerd 5 beteken hoofsaaklik jy luister na die skoolhoof se seminaar oor die \u201cjong volwassenes\u201d (?) se liefdes-, werkers- en grootwordprobleme (veral leierskap), en mens onthou veral die een episode toe \u2018n dokter gevra is om al ons vrae te beantwoord (die seuns en dogters geskei in afsonderlike lokale). Ek was die dag nie in die klas nie, maar blykbaar het een seun, voor almal, vir die dokter gevra wat \u201cskommel\u201d beteken. Die voorstel dat Standerd 5\u2019s masturbasie behandel is eintlik onnodig \u2013 dit kom sommer vanself. Ek onthou trouens \u2018n 12-jarige wat vir my as 13-jarige gevra het wat ek dink van \u201cselfbevlekking\u201d, is dit sonde? O, ja \u2013 en jou eerste vigsprojek skop daardie jaar in 2003 af, wat soos \u2018n afkopspook jou sal volg tot einde matriek: want jaar op jaar bly dit presies dieselfde inhoud. Jy sal mettertyd ook kop verloor.<\/p>\n<p>Jy word deeglik daaraan herinner dat slegs \u2018n derde van jou klasmaats voor 30 sal oorbly, die res sal almal sterf aan MIV\/vigs. En met daardie swaard bokant sy kop moet die jongeling hom in sy jeug verbly en sy hart vrolik maak in die dae van sy jonkheid. Baie kan nog gebeur, maar toe ek laas op Facebook gekyk het, leef die meeste wonderbaarlik nog; die meeste van my klasmaats se doodsoorsake is motorongelukke en nie-vigs-verwante siektes, maar toemaar\u2026<\/p>\n<p>Jy kry ter afwisseling in Standerd 7 ook elke geslagsiekte om na te spoor: gonorree, sifilis, luise, herpes en ander AAI ES TIES (IST\u2019s). Later word die hele skool na die paviljoen geroep (slegs seuns, van die melkbaard-pikkies in Standerd 6 tot die hardebaard-grootooms in Matriek) en dan sal \u2018n maatskaplike werkster met gans te veel glinster-grimering (ja, <i>glitter<\/i>) vir ons nou kom <i>tou<\/i>wys maak hoe om \u2018n kondoom aan te sit aan \u2018n foppenis (in hierdie geval van hout). \u2018n Vrywilliger uit die gehoor word dan sommer gevra. Foto\u2019s word gewys van verwaarloosde geslagsiektes by die man. Die een met die geel druip spook nou nog by my.<\/p>\n<p>Die leerplan kon nie \u2018n beter selibate priester gekweek het wat lewenslank \u2018n stryd teen die nivellerende Kultuurmarxisme sou voer nie.<\/p>\n<p>Die leerplan het meesterlik geslaag in sy doel: <b><i>lewenslange leer <\/i><\/b><b>(lifelong learning)<\/b>. Want sodra jy klaarmaak met skool, gaan jy gewis die <b><i>lewenslange agterstand<\/i><\/b> moet inhaal. Dit is 12 jaar wat jy van voor af moet inhaal, wat eintlik verdubbel as jou \u201cskooldag\u201d met jou \u201cwerkdag\u201d begin inmeng. En maak jy met \u201cskool\u201d klaar, begin jou \u201cuniversiteit\u201d, en gaan delf jy rond in ou Afrikaanse sintaktiese en semantiekhandboeke waaruit geen dosent meer kan of wil put nie. Om te weet wat in die hede gebeur is nie goed genoeg nie \u2013 jy moet ook die sameloop van omstandighede ken wat die afgelope 350 jaar gebeur het, in \u00e9lke vakgebied, wat daartoe aanleiding gegee het. Jy besef oornag hoe min jy weet, en hoe min die universiteit <b><i>wil h\u00ea<\/i><\/b> jy moet weet. Vir die res van jou lewe sal jy ou skoolboeke, universiteitsboeke en handboeke aankoop en aflaai en deurlees en bestudeer weens daardie oer-minderwaardigheidsgevoel teenoor jou meerderes wat jou voorafgegaan het.<\/p>\n<p>Die leerplan het my ook geleer om <b><i>selfstandig te werk<\/i><\/b>: want jy leer op natuurlike wyse groepwerk haat. Jy wil klaarmaak, die ander sit en slaap, gesels of weet nie wat eintlik om te doen nie\u2026 en so moet jy maar die vrag dra. Soos dit op skool geld, so sal dit eendag geld in die werkplek. Want sien, daar is nie soos in Noord-Korea \u2018n bevelvoerder wat met \u2018n skokstok rondparadeer en kyk wie om te martel wat nie heelhartig saamwerk nie. Jy skryf die mondelinge, jy neem die inisiatief, jy neem die groepwerk (wat in die klas moet geskied) huis toe, jy werk twee dae vooruit (net sodat die wispelturige onderwyser weer van plan kan verander).<\/p>\n<p>Die leerplan het vir my geleer <b><i>dat papier heilig<\/i><\/b> is. Nie alleen oor die vragte onnodige vorms en rompslomp wat ons elke jaar moes invul nie. Maar as die leerplan vereis dat jy self die inligting moet gaan versamel, as jou ouers slegs inskakelinternet (<i>dial-up<\/i>) het en weier om dit gereeld vir jou aan te skakel, en jou oer-Nokia slegs CSD (superstadige <i>dialup<\/i>) het, en biblioteke en skole geen toeganklike internet vir leerlinge beskikbaar wil stel nie, en internetkafees peperduur is; dan is jy maar aangewese op ou gedrukte inligting. Soos my pa se groen Kinderensiklopedies uit 1950, wat hy nog as kind gebruik het.<\/p>\n<p>Die leerplan het my geleer <b><i>wat mededeelsaamheid<\/i><\/b> beteken (wat seker later aanleiding sou gee tot my betrokkenheid by die Afrikaanse Wikipedia), want gewoonlik was my huiswerk vroegtydig klaar, partykeer het ek oefeninge uit die handboek sommer twee weke vooruit geloop, en dan staan ander (sodra ek met die motor om 07:00 op die skoolgrond afgelaai word) tou om by my af te skryf. \u2018n Mens maak glad nie so lewenslange vriende nie. Niemand is ooit vervolg nie. Die dank wat ek daarvoor gekry het was kritiek oor my \u2018doktershandskrif\u2019 wat so afgryslik lelik is. Ek skryf toevallig met die linkerhand. Deur jou mededeelsaamheid pluk jy natuurlik vir jou \u2018n lekker lang lat, want kom die eksamens, gaan klop dieselfde mense nie by die onderwyser aan om hulp nie \u2013 maar by jou. Nou ja, soos Cicero ges\u00ea het, \u201cons leer deur ander te leer\u201d, dus, goeie hersiening vir my. Gelukkig word dieselfde persone eendag iemand anders se probleem, voordat hulle self deur die samelewing deur hul luiheid en onbeholpenheid uitgewerp word. Wat \u2018n wrede mens is ek nie?<\/p>\n<p>Die leerplan het my geleer <b><i>om vooruit te dink<\/i><\/b><b>: <\/b>want al die geesteswetenskaplike skoolvakke was net gerig op 2010, 2010, 2010, 2010. Die Sokkerw\u00eareldbeker, hier te lande in Suid-Afrika, is met die Wederkoms vergelyk. Ek het gematrikuleer in 2008, die Sokkerw\u00eareldbeker het soos \u2018n frontale stelsel oorgetrek, sonder om eens \u2018n paar druppels uit te sak, daar is aangevoer \u201cdit was \u2018n reusesukses!\u201d, Suid-Afrika het met \u2018n berg skuld gesit (korreksie, sit nog steeds daarmee), die gastehuise het een na die ander weer mooitjies toegemaak, en die hele gedoe is soos \u2018n nagmerrie heeltemal vergete. Kinders nou op skool sal nie eens weet wie Zakumi was nie.<\/p>\n<p>Die leerplan het my geleer <b><i>wat nut<\/i><\/b> is. Want elke jaar is ons portefeuljes en projekte tog maar in die vullisbak gesmyt sonder dat enigiemand dit kon benut. Dieselfde geld by onderwysers wat ou vraestelle en antwoordstelle in die drom gesmyt het (en ons wat dit weer gaan uitvis het). Met elke dik vorige sillabus wat weggedoen word, gaan bedel, smeek, soebat jy vir daardie einste handboeke om by jou privaatboekery te voeg.<\/p>\n<p>Die leerplan het my geleer <b><i>om \u2018n gesonde wantroue<\/i><\/b> in die staat te kweek. Soos die ouer handboeke (maklik 500g+) by die deur uitgegooi is, het ons almal in die klas beswaar begin maak \u2013die onderwysers moes bontstaan om vir hierdie papierdun nuwe kurrikulum te skerm. Dis hul werk, dit moes hulle eenvoudig doen. As hulle maar net ges\u00ea het, soos so baie akademiese handboeke: \u201cvir meer inligting, lees hierdie en hierdie en daardie bron\u201d, dan kon mens die hele stelsel vergewe het. Maar nou is daar net mooi niks nie.<\/p>\n<p>Elke departement moet goed op papier lyk, en \u2018n skoolhoof kan veral druk op onderwysers uitoefen sodat h\u00fd kan goed lyk. Al moet hulle saamsweer en\/of sekere vakke laat afskaf waarin min leerlinge uitblink (byvoorbeeld \u2018n Derde Taal, soos Frans, Duits en Latyn). In Nederland werk dit net mooi andersom: daar word gepoog om te kyk hoe regverdig\/streng \u2018n punt is. As jou mondeling \u2018n 3 uit 10 werd is, is dit \u2018n 3 uit 10 werd. Dit help nie jy vul \u2018n 8 in nie. As al jou leerlinge moet druip, nie omdat die leermetodes noodwendig swak is nie, maar omdat jy met idiote voor jou sit, dan moet hulle almal druip. Spaar hul gevoelens nie. <i>Zachte heelmeesters maken<\/i> <i>stinkende wonden<\/i>. Want sien, wat gebeur: eendag gaan iemand met jou skool se naam in sy CV aansoek doen vir werk. En as die werkgewer sien watter onbeholpe produk uit daardie skool kom, sleep dit die skool se naam deur die modder. \u201cHo\u00ebrskool X, hou wyd!\u201d \u201cUniversiteit Y, nee wat \u2013 daar kan niks goeds uit kom nie!\u201d Die individu is ook in eie reg aanspreeklik, ja \u2013 maar wie is die Alma Mater wat hierdie swakkelinge aan die samelewing uitlewer? Dit is soos gif wat jy in \u2018n oeroue gesonde boom bietjies-bietjies inspuit om \u2018n pynlike dood te vrek.<\/p>\n<p>Ja, liewe leser, ek was ook \u2018n slagoffer. \u2018n Slagoffer van <b><i>Kurrikulum 2005<\/i><\/b> en Uitkomsgebaseerde Onderwys. Ek het daarvoor nie \u2018n enkele goeie woord nie. Ek glo ek het sedertdien genoeg ervaring opgedoen om \u2018n leerplan te beoordeel.<\/p>\n<p>Die onderwysstelsel tydens Apartheid was goed, soos dr. Hartzenberg s\u00ea. Maar ook nie perfek nie. Sou iemand hierdie leerplan as model weer wil gebruik, moet mens op die foute let wat wel gemaak is.<\/p>\n<h3>Wat is dan die perfekte leerplan?<\/h3>\n<p>Z.B. du Toit skryf in die <i>Die Nuwe Toekoms<\/i> (1999: 363-364):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>In die laaste instansie hang Afrikaners se voortbestaan egter in vele opsigte af van hoe hy hom gaan omskryf, self vertolk en na buite projekteer. Dit sal bepaal hoe hy gaan antwoord op die vraag wat Frederik van Zyl Slabbert tydens 1998 se Aardklop-kunstefees op Potchefstroom in sy midde gel\u00ea het:<\/p>\n<p>\u201cDie uitdaging vir diegene wat Afrikaners wil wees, is om \u2018n nuwe gemeenskaplike interne identifisering van waardes te bewerkstellig wat kan bydra tot \u2018n nuwe eksterne toeskrywing van Afrikanerwees. Die samelewing moet uiteindelik kan s\u00ea: \u201c\u2019n Afrikaner is iemand wat in hierdie of daardie waardes glo.\u201d Wat is hulle? Daar l\u00ea die vraag.\u201d<\/p>\n<p>Hierop kan daar net een antwoord wees: Die nuwe Afrikaner, gedra deur \u2018n nuwe Afrikaner-nasionalisme, is die produk van sy volledige Europese geskiedenis. Dit behels sy erfenis van die klassieke beskawings, onder meer die Romeinse reg, die Griekse filosofie en rasionalisme, Latyn en die Christendom en die Renaissance. Die Hervorming is uiteraard \u2018n verdere baken in die Westerse geskiedenis en \u2018n gebeurtenis wat terde\u00eb deur Afrikaners gedeel word. Ook die Weste se onderskeid tussen God en Caesar, kerk en staat, en beginsels soos die oppergesag van die reg, verteenwoordigende wetgewende liggame en die beginsel van sosiale pluralisme is deel van hierdie erfenis.<\/p>\n<p>Voeg hierby die Afrikaner se hartstogtelike liefde vir Afrika as Euro-Afrikaan en vir sy eie geskiedenis, taal en kultuur en dit rus hom toe om \u2018n veel sinvoller rol in Afrika te speel as veral oor die afgelope aantal jare.<\/p>\n<p>Juis die Afrikaner se breuk, hoewel betreklik beperk, met bepaalde Westerse opvattings oor \u2018n tydperk van ongeveer \u2018n halfeeu behoort hom opnuut toegewyd te maak aan sy geestelike, kulturele en intellektuele wortels. Vir denkende Afrikaners sal dit hoogs opwindend wees om n\u00f3\u00fa aansluiting te soek by die jongste intellektuele strominge in die Weste en dit prakties aan te pas vir Suid-Afrika. Niemand is beter geplaas as hulle nie. Dit kan Afrikaners des te beter in staat stel om \u2018n beduidende bydrae tot ware demokratisering in Suid-Afrika te lewer.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Gaaf, ek sien ek het baie werk vir die Afrikaanse Wikipedia, maar hoe maak mens met \u2018n skoolhandboek?<\/p>\n<p>\u2018n Skoolboek is nooit vry van ideologie nie, want jy sonder sekere inligting uit, en laat ander weg. Die nasionale leerplan is gegrond op wat die land se regering wil h\u00ea sy kinders, die volwassenes en leiers en ambagsmanne van m\u00f4re, moet kan doen. Dit was onder die NP-bewind so, dit is vandag met die ANC-bewind so.<\/p>\n<p>Is dit om deel te wees van \u2018n welsynstaat, dan sal die leerplan daarvolgens aanpas. Apartheid het destyds ges\u00ea: nee! En dit is waarom (ek lig sekere kernstandpunte uit):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Die idee van die Welsynstaat het onlangs onder skerp kritiek gekom deur die Minister van Finansies, dr. D\u00f6nges. Hy het in feite ges\u00ea dat dit vaarwel beteken aan die moreel van \u2018n volk, sy onafhanklikheid en sy ondernemingslus \u2013 en op grond daarvan het hy dit die \u201c<b>vaarwelstaat<\/b>\u201d genoem.<\/p>\n<p>Swede is die mees gevorderde van alle welsynstate, en dit gee ons dalk enigsins \u2018n idee van wat die Minister in gedagte gehad het, as ons \u2018n blik werp op wat daar op welsyngebied tot stand gekom het.<\/p>\n<p>Swede verkeer in \u2018n gunstige posisie. Al meer as 150 jaar lank het die land vrede geken. Sy klein bevolking van 7 \u00bd miljoen siele, ken geen rasseprobleme nie, spreek dieselfde taal en het dieselfde godsdiens. Swede het laat begin industrialiseer en kon daarom die foute wat ander gemaak het, vermy.<\/p>\n<p>Die omsetting van hierdie gelukkige maatskappy in \u2018n welsynstaat het \u2018n generasie of so gelede begin. Die land se welvaart is selfs nog gelykmatiger oor die bevolking versprei. Die einddoel van sekerheid vir almal van die wieg tot die graf is bereik. In Swede is daar geen werkloosheid nie. Een uit vier mense beskik oor \u2018n motorkar en beeldradiostel. Baie gesinne het hul eie somerhuisie en op groot skaal word buitelandse reise onderneem. \u2018n Metaalarbeider verdien R450 per maand. Die armoede en ook die noodsaak vir \u2018n stryd om te bestaan, is uitgeskakel.<\/p>\n<p><b>Dit klink soos Utopia. En tog ervaar Swede vandag \u2018n steeds ho\u00ebr stygende golf van misdaad, jeugmisdadigers, alkoholisme, verslaafdheid aan verdowingsmiddels, selfmoord en onsedelikheid.<\/b> Volgens statistieke wat onlangs gepubliseer is, het die misdaadsyfer gestyg van 172,000 in 1950 tot 373,000 verlede jaar. Die inbraaksyfer het in di\u00e9 tydperk viervoudig toegeneem en motordiefstalle agtvoudig toegeneem. Rowery het alleen al in 1965 met 40 persent gestyg.<\/p>\n<p>Met die golf van misdaad gaan \u2018n toename met alkoholisme gepaard. Die aantal hospitaalpasi\u00ebnte met geestessiektes wat aan oormatige drankverbruik toegeskryf word, word al hoe groter \u2013 veral onder vroue. Twintig jaar gelede was daar een vroulike alkoholis teenoor 50 mans. Nou is die verhouding 1 teenoor 10.<\/p>\n<p>Volgens die Stockholmse kommentator Alfred Zanker is jong mense ook in groot mate verantwoordelik vir die skade wat in die Sweedse maatskappy aangerig word, en meer as twee-derdes van alle oortreders is vandag minderjarig. Baie van die jongmense wyt hulle gedrag aan die verveligheid van die gesinslewe, die geredelike beskikbaarheid van motors en drank. Bowendien is daar die godsdienstige onverskilligheid en die sedelike nihilisme van die jong intellektuele wat nou in die openbare bespreking in Swede aan die orde van die dag is.<\/p>\n<p>Die hoof van die Instituut vir Misdaadwetenskappe in Stockholm, sien die grondoorsaak vir die toenemende losheid van sede in die steeds losser wordende gesinsbande en die verlies van die ouerlike gesag. Die algemene welvaart, het hy onlangs in \u2018n vraaggesprek ges\u00ea, dra daartoe by om die geleentheid \u00e9n verleiding om te steel, te laat toeneem. <b>Maar dit was nie te wyte aan armoede nie.<\/b><\/p>\n<p>Inderwaarheid het hy ges\u00ea, sien Swede hom gestel teenoor \u2018n nuwe soort sosiale probleem, wat met die ho\u00ebr lewenstandaard en sekerheid al hoe verder om hom heen gryp. Hy het dit \u201cwelsynmisdadigheid\u201d genoem.<\/p>\n<p>Ironies genoeg is die uiteindelike leegheid van die welsynstaat reeds 20 jaar gelede voorsien deur een van moderne Swede se groot staatbouers, Per Albin Hansson.<\/p>\n<p>\u201cOns het so baie oorwinnings behaal\u201d, het hy in 1946 verklaar, \u201cdat ons ons in \u2018n moeilike posisie bevind. \u2018n Volk met politieke vryheid, volle werkgeleentheid en sosiale sekerheid het sy drome verloor.\u201d<\/p>\n<p><b>Die verlore drome word vandag herskep in \u2018n sosiale nagmerrie.<\/b><\/p>\n<p><b>Swede se ervaring is geen rede vir ander tot selfgelukwensing nie. Dit word maar net aangehaal om aan te toon dat sekerheid en die uitbanning van die stryd om te bestaan geen formule vir \u2018n gesonde en lewenspragtige (sic) maatskappy in (sic) nie.<\/b><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Hierdie berig het nie in 1990, 1980 of 1970 verskyn nie, maar in die <i>SAUK-SABC Bulletin<\/i> van 7 Maart 1966 op bladsy 8, opskrif: \u201cSwede, die Welsynstaat\u201d. Dr. Verwoerd het dus nog gelewe.<\/p>\n<p>Nou wat sou dus die perfekte leerplan wees?<\/p>\n<p>Ons moet waak teen \u201cfabrilisme\u201d (waar die universiteit net daar is vir opleiding\/afrigting\/\u2019dressering\u2019 soos vir \u2018n hond, maar geen opvoeding nie), maar ook nou nie so \u2018n ivoortoring raak wat niks met die werklikheid te make het nie.<\/p>\n<p>Ongelukkig kan jy nie almal tevrede stel nie.<\/p>\n<p>Dit gaan afhang van watter beroep jy wil volg. Is dit rekenaarwetenskap, dan moet die leerling die rekenaartaal wat in die toekoms bruikbaar sal wees reeds op skool baasraak om \u2018n voorsprong te geniet (en verkieslik twee ander ook). Dit is \u2018n probleem, want terwyl Borland Turbo Pascal en Delphi in die vere verlede voorgeskryf is, is Java in my tyd op skool geleer (ek praat nou van 2006 en verder).<a href=\"https:\/\/stackify.com\/popular-programming-languages-2018\/\"> Java is vandag nog die gewildste<\/a>, gevolg deur C, Python, C++, C#, ens. Delphi\/Object Pascal beklee vandag die onnoemenswaardige 14de plek. Benewens die programmatuur, is basiese herstelwerk vir die apparatuur ook nodig (hoewel die nanotegnologie deur die vervaardigers dit deesdae bykans onmoontlik maak).<\/p>\n<p>Ander sou weer \u2018n tegniese skool (soos my pa), of handelskool (soos my ma) wil bywoon.<\/p>\n<p>Vir myself sou ek bittergraag die leerplan van die Nederlandse Elite wou h\u00ea, soos vasgestel volgens die Wet van die Hoger Onderwijs van 1876 wat tot 1968 sou voortduur. Vir my bly dit die Goudstandaard. Vir diegene wat die \u201cgymnasium-\u03b1\u201d wou volg (met die oog op teologie, regte en die lettere aan die universiteit te studeer) val Wiskunde, Natuurkunde en Skeikunde van \u201cgymnasium-\u03b2\u201d (vir die medisyne en natuurwetenskaplike rigting) h\u00e9\u00e9ltemal weg, en dus benewens Geskiedenis, word <i>aansienlik<\/i> meer Grieks en Latyn ingevoer (wat jy saam met jou Frans, Engels, Duits en Nederlands en Aardrykskunde en ander vakke moes leer). ] Onthou, terwyl jou huidige akademikus niks verder kan vorder as 1950 of miskien die 1880\u2019s met sy Engels nie, is die jongmens verplig om tot diep in die Middeleeue en vroe\u00ebr te gaan grawe as dit moet. Onthou ook, Duits en Frans was ook di\u00e9 wetenskapstale van die 1800\u2019s, en veral Frans in die 1700\u2019s. Daarna moet jy oorskakel na Latyn. Ek het wel gevra waarom Italiaans (die eintlike taal van die Renaissance) nie \u2018n keusevak was nie, waarop geantwoord is: dit was nie \u2018n taal van \u2018n buurland nie.<\/p>\n<p>Tog wel, as jy in \u2018n wetenskaplike rigting wou ingaan, kon jy nie Grieks en Latyn vryspring nie, soos ek verneem by Elly van die Nederlandse Wikipedia:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Ik kan bevestigen dat je ook op het gymnasium-\u03b2 examen moest doen in beide klassieke talen, naast Frans, Duits, Engels en Nederlands. Op de school waar ik zat kon je ook nog facultatief Spaans en Russisch volgen, maar dat waren geen examenvakken. Het was ook wel genoeg, samen met biologie, scheikunde, natuurkunde, wiskunde (algebra, goniometrie, stereometrie apart), aardrijkskunde en geschiedenis (daar viel er eentje vanaf in het examenjaar). [\u2026]Volgens mij waren er verschillen tussen scholen. De examens waren niet landelijk dichtgetimmerd als nu. Zo was er op mijn school een experiment met het mondeling examen Latijn en Grieks voor de &#8220;beta&#8217;s&#8221;. Wij hoefden geen nieuwe tekst te vertalen, maar kregen een al eerder gelezen tekst ter vertaling. Met een goed geheugen kwam je een heel eind. Wel moesten we meer weten over de dingen eromheen. Zo moest ik bij Grieks hexameters declameren uit Homerus, en vroeg de gecommiteerde bij Latijn of ik wist welke tekst er op het Pantheon stond in Rome. Dat was voor mij een waar moment van glorie, waardoor ik voor Latijn toch een beter cijfer kreeg dan mijn docent had verwacht. Na zo een examen ligt de wereld voor je open, je kon elke studie kiezen, behalve de klassieke talen zelf, daar had je echt alpha voor nodig.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die algehele indruk wat ek kry is dat die Holland tot en met die 1960\u2019s onafhanklike denkers probeer kweek het onder die gimnasiaste. Absoluut \u2018n klassieke liberale opvoeding: jy kry al die boublokke, bou nou jou eie kasteel na hartelus daarmee. Hulle is opgelei in soveel verskillende tale moontlik, om hulself te help, om inligting te verwerk, om te redeneer. Hulle is w\u00eareldwyd hiervoor geloof. Die Hollandse leerlinge moes mondelings en skriftelik hul eksamens afl\u00ea (goed te verstane, want jy moet jou in die openbaar kan verdedig, die punte uit jou kop ken). Dit is presies wat ek vir myself sou wou h\u00ea.<\/p>\n<p>Vergelyk nou hiermee my Matriekjaar van 2008. Die Besigheidstudies wat ek op skool gehad het in Matriek was net \u2018n politieke gemors van begin tot einde: jy het slegs oor Swart Ekonomiese Bemagtiging en ander polities-korrekte wetgewing en \u2018n klomp \u201cmakro\/mikro-ekonomiese bedreigings\u201d geleer.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.helpmekaar.co.za\/subjects\/besigheidstudies\/\">Helpmekaar.co.za<\/a> s\u00ea die volgende:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Besigheidstudies is beslis nie die Bedryfsekonomie van ouds nie. Hoewel Besigheidstudies die vak Bedryfsekonomie vervang het as skoolvak, is daar in werklikheid nie meer as 5% van die werk en benadering tot die inhoud wat oorvleuel nie. Die nuwe vak\u00a0 weerspie\u00ebl die dinamiek van die besigheidsw\u00eareld en hoewel daar steeds heelwat feitelike inhoud is wat bemeester moet word, val die klem ook op die interpretasie van feite en die toepassing daarvan op scenario\u2019s om werklike besigheidsprobleme op te los.<\/p>\n<p>Dit is noodsaaklik dat die leerlinge op die hoogte moet wees van die jongste nuus en aktuele gebeure en hulle sal dus moet koerante lees en nuus kyk.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Besigheidstudies is \u2018n <b>dinamiese<\/b> vak wat poog om kennis, vaardig\u2026<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Hokaai, stop net daar! \u2018Dinamies\u2019 is <i>newspeak<\/i> vir rondneuk, rondboender, rondstoot, rondfoeter, ronddonder, rondf\u2026. . Met ander woorde: wat jy gister nog geleer het, is nie meer relevant twee dae later nie. Wat beteken jou handboek is verouderd nog voordat hy die drukpers haal. Hoe jammer ek het dit nie op ho\u00ebrskool geweet nie. Nee dankie, gee my maar eerder Frans. O, hoe jammer, my skool bied nie Frans aan nie.<\/p>\n<p>Die inhoud van die vak is so tipies van iemand wat in Menslike Hulpbronne net heeldag bolletjies gaan rol en foutvind met alles, terwyl hy nie die vaagste benul het waaroor die wetenskaplikes in Kamer 9 oor kibbel nie, daarom uitgesluit voel, daaroor sy bek opblaas en uit wraak \u2018n volgende spanbousessiedag re\u00ebl wat die hele onderneming vir \u2018n dag lank tot stilstand sal ruk. Natuurlik is die Matriekteks hoogs eensydig geskryf. Soos jou Korporatiewe Sosiale Investering \/maatskaplike verantwoordelikheid.<\/p>\n<p>Ek haal aan: \u201cTerreine waarop sakeondernemings konsentreer sluit in: Bemagtiging van vroue; MIV\/vigs-bewustheid; armoedeverligting; ontwikkeling op die platteland; pensioentrekkers; minderbevoorregte kinders of weeskinders; onderwys en opleiding \u2013 skole en tersi\u00eare instellings; kuns en kultuur; omgewing, byvoorbeeld natuurbewaring; sport, byvoorbeeld borgskappe en sportontwikkeling; jeugbemagtiging.\u201d<\/p>\n<p>En ek dag Besigheidstudies gaan maar net oor hoe om jou worsrolletjiestalletjie doeltreffender te bedryf. Let op hoe jy subtiel geleer word om soos \u2018n Marxis te dink, deur skuldgevoel (ek lig die belangrikste dele uit):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Maatskaplike verantwoordelikheid beteken om \u2018n maatskaplike gewete te h\u00ea, en dat mens di\u00e9 wat minder bevoorreg is as ons probeer help. Jou gewete herinner jou aan wat reg en verkeerd is. Die regering kan nie self al die probleme oplos wat ons hierbo genoem het nie \u2013 sakeondernemings en individue help waar hulle kan. Dit is waarom maatskaplike verantwoordelikheid so belangrik is.<\/p>\n<p>Die meeste sakeonderneming het die een of ander program vir maatskaplike verantwoordelikheid waarvolgens liefdadigheidswerk gedoen word sonder om wins te maak. Die sakeondernemings kan byvoorbeeld tyd en goedere of dienste aan behoeftiges in die gemeenskap skenk. Die personeel van \u2018n klein sakeonderneming kan tehuise vir bejaardes of kinderhuise besoek, en goedere skenk of dienste lewer soos regs- en finansi\u00eble dienste, aan mense wat dit nie kan bekostig nie. \u2018n Klein sakeonderneming kan \u2018n plaaslike sportspan borg deur klere, toerusting en\/of vervoer te voorsien.<\/p>\n<p>\u2018n Groot sakeonderneming het soms \u2018n spesiale afdeling wat die program vir maatskaplike verantwoordelikheid behartig. In die algemeen l\u00ea groot maatskappye met hul pogings klem op \u2018n bepaalde saak of terrein waar daar \u2018n behoefte bestaan.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Almal wil graag iets goed doen, en sakeondernemings is geen uitsondering nie. Vir \u2018n sakeonderneming l\u00ea die grootste voordeel daarin dat iets aan die gemeenskap teruggegee word. <b>Die gemeenskap voorsien die arbeid aan die sakeonderneming, en lewer ook sy klante en verskaffers.<\/b> <b>Die gemeenskap help die sakeonderneming om wins te maak, en dit is reg dat hulle iets aan die gemeenskap teruggee<\/b>, hetsy dit tyd, produkte of dienste is.<\/p>\n<p>Sakeondernemings kan die regering met di\u00e9 probleme help, want die probleme raak die hele land se ekonomie. Jy het gesien dat sakeondernemings net in \u2018n groeiende ekonomie floreer en groei.<\/p>\n<p>\u2018n Program vir maatskaplike verantwoordelikheid verbeter \u2018n sakeonderneming se beeld in die gemeenskap, sodat mense trots voel om daarmee verbind te word. Sodanige maatskappye geniet plaaslik en w\u00eareldwye erkenning en lok hoogs gekwalifiseerde en opgeleide werkers. Dit help ook om regstreekse buitelandse belegging waarby die hele land baat te lok.<\/p>\n<p>Die programme is ook \u2018n soort bemarking vir die maatskappy, en bemarking lok meer klante. Meer klante beteken groter wins. Selfs \u2018n klein sakeonderneming wat \u2018n sokkerspan borg, kan byvoorbeeld \u2018n reklamebord by die sokkerveld oprig of sy naam en logo op die span se truie laat aanbring. \u2018n Groot maatskappy wat byvoorbeeld \u2018n tehuis vir MIV\/vigs-slagoffers borg, kan byvoorbeeld vra dat die tehuis na hom genoem word.<\/p>\n<p>Maatskappye met programme vir maatskaplike verantwoordelikheid kry radio- en TV-dekking, en koerante en tydskrifte kan dalk artikels oor hulle plaas.<\/p>\n<p>Die regering het \u2018n sogenaamde generiese telkaart wat punte toeken aan sakeondernemings met \u2018n program vir sosiale verantwoordelikheid. Hoe meer punte \u2018n sakeondermening het, hoe makliker word dit om sake met die regering, verskaffers en ander sakeondernemings te doen.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En dit dan die reklameveldtog-formaliteite.<\/p>\n<p>Ek gaan aanneem dat hierdie skenkings ni\u00e9 belastingaftrekbaar is nie (as dit wel was, waarom dit nie hierbo in die teks openlik noem nie?).<\/p>\n<p><b>Benewens hul belasting<\/b> (Ontvanger van Inkomste) moet sakeondernemings dus hulself leegmelk vir die aangewese groepe, \u2018n bodemlose put, bloot omdat die staatskaste leeggesteel is. Kyk self: die woord \u201cbelasting\u201d en \u201cSASSA-geld\u201d duik <b><i>n\u00earens <\/i><\/b>hierbo op nie (nou ja, Suidpunt, dit was immers 2008). Vergeet ook nie, ondernemings moet erfbelasting, water, elektrisiteit, riolering, vullisverwydering en \u2018n handelslisensie vir die munisipaliteit betaal (met wie weet hoeveel ander verordenings nog), nog voordat hul personeel se afsonderlike byvoordele en wetlik verpligtende papierwerk voltooi word. Onthou ook: jy moet jou eie winkel beveilig met sekuriteitsmaatskappye, bloot omdat die staat jou nie kan beskerm nie. Ook hierdie beveiliging is nie goedkoop nie. Dit is gelukkig belastingaftrekbaar, maar weereens mense \u2013 daardie belastinggeld kon vir iets anders gebruik geword het. Dit werk dus soos \u2018n tweesnydende swaard. Daar behoort myns insiens in die eerste plek g\u00e9\u00e9n misdaad en dus g\u00e9\u00e9n sekuriteitsmaatskappye te wees nie. Dieselfde kan jy kyk na vervoer: as die staat ordentlike, veilige, goedkoop en vinnige openbare vervoer verskaf het (wat klokslag aankom en vertrek), dan sou nog minder mense geld van die staat moes terugeis op private vervoer. Tolpaaie sou nie bestaan het nie. Ons praat immers van honderde pendelaars. Dis nog meer geld wat verlore gaan, geld wat met rente op rente opgepot kon word; en die maatskappye die moeite sou spaar om gat te loop kruip by die gemeenskap.\u00a0 Dink aan privaathospitale wat daar in die eerste plek nie moes wees nie. Onthou ook van versekering. Ons praat van telekommunikasie met supersnel internet. Ons praat van beurtkrag (reeds in 2007, dink diesel, dink olie, dink battery, dink onnodige kragopwekkers met onnodige onderdele), ons praat van watertekorte (met watertenks en spesiale kontrepsies wat aangekoop moet word), ons praat van die onbetroubare poskantoor (en peperduur koerierdienste) \u2013 as jy al hierdie klein jakkalsies saamvat, is dit onnodige geld wat die sakebedryf ten eerste op moet bestee, en ten tweedens geld waarvan h\u00e9\u00e9lwat onnodig op terugge\u00ebis word omdat jou Staatsdiens \u2018n mislukking is. Die ou in die beskuldigdebank is dus nie jou Privaatsektor nie, maar die Staat. En die Staat all\u00e9\u00e9n!<\/p>\n<p>Dis absoluut belaglik! Dit kom eintlik neer op <i>vyf- of ses- of sewevoudige<\/i> belasting wat die Suid-Afrikaanse sakeonderneming <i>moet<\/i> betaal (let op die taalgebruik \u2013 \u201cen dit is reg dat hulle iets aan die gemeenskap teruggee\u201d m.a.w. \u2018<b>hulle skuld ons iets<\/b>\u2019). Dit word ook sonder meer aanvaar as jy aan jou maatskaplike verantwoordelikheid voldoen, beleggers outomaties uit oorsee oor hul voete sal val om by jou te kom bel\u00ea. Dis wensdenkery, anders sou ek \u2018n Europese winkel of filiaal om elke hoek en draai hier op die platteland gesien het \u2013 hier is immers genoeg nood in Suid-Afrika, waarom nie sommer \u2018n Europese winkelsentrum so groot soos in Dubai hier kom oopmaak nie? So onbaatsugtig is die w\u00eareld seker nie, n\u00e8?<\/p>\n<p>\u201cDie gemeenskap voorsien die arbeid aan die sakeonderneming, en lewer ook sy klante en verskaffers\u201d [en dus moet die onderneming iets terugploeg in die gemeenskap]. My magtig, word hierdie mense dan nie betaal nie? En kan die verskaffers nie vra wat hulle wil nie? As \u2018n sakeonderneming nou besluit hy boikot die plaaslike verskaffers, hoef hy dan niks \u201cterug te gee aan die gemeenskap\u201d nie? Want dis presies waarop dit neerkom! As ek as werknemer vir \u2018n winkel werk, het ons ooreengekom oor \u2018n bedrag \u2013 ek steel nie van die winkel se ure nie, en hulle betaal my vir my werksure (want ek kon enige ander plek gewees het waar ek wou). As jy nie wil werk nie, wat soek jy dan daar in die eerste plek?<\/p>\n<p>Met die minimumloonvereistes beteken dit wel ek gaan nou twee tot vyf mense se werk moet doen (al sou ek ook vir minder deeltyds kon werk), maar dankie meneer\/mevrou, ek is een van miljoene wat darem \u2018n salaris kry. Ek kon op enige ander plek in die w\u00eareld reggekom het, maar ek is verle\u00eb, so daarom sal ek alles tot die beste van my vermo\u00eb doen vir \u2018n goeie CV, sodat ek miskien elders \u2018n beter betrekking eendag kan kry (want ek het langtermynplanne). Nee, ek belowe, ek sal nie staak nie, ek bedank liewer. O, maar sien, die baas was verplig om plaaslike mense aan te stel, anders sou hulle betoog en sy bakkery afbrand. (Jy kan net nie wen nie, n\u00e8?) Miskien sou dit beter wees as daar geen bakkery was nie, want dan was daar niks om oor verbitterd te wees nie, niks om oor kwaad te wees nie, en geen winkel wat afgebrand sou word nie. Presies herhalend van die Matriekteks!<\/p>\n<p>Onthou, groot maatskappye begin altyd baie klein. As jy klein ondernemings doodsmoor, kan daar nooit groot winkels kom nie. Met ander woorde \u2013 bly die geld nie maar in elk geval in die hande van \u2018n paar skatrykes nie? Sonder kompetisie is die land hulle s\u2019n. Hoekom anders maak die hele w\u00eareld, insluitend die Matriekteks, dit so <i>moeilik<\/i> vir die kleinsakeondernemings om te groei? Huh?<\/p>\n<p>Die algehele boodskap wat ek uit bogenoemde Matriekteks kry is: dit is beter dat daar liewers nie \u2018n enkele winkel op die dorp is nie (sodat geen geld en tyd uit die gemeenskap \u2018gest\u00e9\u00e9l\u2019 word nie), as wat daar wel \u00eds (werksgeleenthede, \u2018n diens wat gelewer word wat tyd en geld spaar, of aanleiding kan gee tot uitbreiding, dat nog winkels gestig word, nog meer werksgeleenthede geskep word). Is algehele werkloosheid dan r\u00e9gtig die beste oplossing? Dat niemand niks het nie?<\/p>\n<p>Kom ons kyk na \u2018n gevallestudie: aanlynboekwinkels wat tweedehandse boeke verkoop. Kom ons maak dit \u2018n eenmansaak wat sommer uit jou kelder bedryf word. Die boeke word van dwarsoor die land geskenk (of aangekoop), die boeke word op die internet geadverteer, mense uit die land en oorsee koop hierdie boeke aan. Wie is dan jou \u201cgemeenskap\u201d van wie jy st\u00e9\u00e9l? Duidelik nie die armstes van die armes nie, want hulle het nie internettoegang nie. Dit raak al hoe moeiliker om \u2018n grens te trek. Jou klantebasis is duidelik nie plaaslik nie, jy gebruik jouself as arbeid, die middele wat jy gebruik is die posdiens, \u2018n staatsinstelling, of koerierdienste\u2026 ???<\/p>\n<p>En hoe kan jy van die gemeenskap \u201csteel\u201d as hulle vrywillig van jou dienste gebruik maak? Niks keer jou om jou eie bloubessie-pasteie te bak nie. Dit is ook duidelik dat die Matriekteks hoegenaamd niks weet van \u201csmaak\u201d\/\u201dvraag\u201d en \u201caanbod\u201d nie \u2013 jy kan hoeveel tehuise borg, soveel jy wil, net om daardie perdemis verkoop te kry: as jou produk mense nie geval nie, kan jy allerhande soorte truuks uithaal, dit gaan nie jou wins opstoot nie en jou grootste konkurrent is die Staat wat genoeg van sy eie \u201cbullshit\u201d aan die publiek verkoop. En dit help ook nie om nou jou perdedrolle vir sitroene te probeer verkoop nie.<\/p>\n<p>In die huidige klimaat en vroe\u00ebr wantrou die buitelandse beleggers vernaamlik die STAAT en die staat se onvermo\u00eb om misdaad te bekamp en om duidelike ekonomiese beleid ter tafel te l\u00ea wat almal baat. Dis die staat wat die probleem is, nie die ondernemers of ondernemings nie. So, hou op om die worsrolletjieverkoper skuldig te laat voel.<\/p>\n<p>\u201cJy het gesien dat sakeondernemings net in \u2018n groeiende ekonomie floreer en groei.\u201d Die publiek kry benewens hul salarisse, die geld op vyf wyses (waarvan ek weet): of deur die bank (skuld), of uit beleggings (op welke wyse dan ook) of deur toelaes, of deur erfgeld of deur diefstal. As die bank sy beursie toemaak, en jou neseier toe heeltyd \u2018n windeier was, en\/of die buitelanders s\u00ea \u201cnee dankie, ons bel\u00ea nie by julle nie, julle regering suck\u201d \u2013 sit jy in die knars. Die Matriekteks het eenvoudig nie sover gedink nie. Die SASSA-geld (dus, uitgekeerde belastinggeld) dryf die inflasie teen die mure uit, maar gee dit enigsins aanleiding tot nuwe besighede wat geskep word? Ek kyk na my eie dorp en ek sien dit nie.<\/p>\n<p>As ek byvoorbeeld kyk hoe die Afrikaanse musiekbedryf in duie gestort het na die hoogbloei tussen 2008 en 2011 (omdat daar \u2018n ooraanbod was en die aanvraag oorskry het, wat vir jou s\u00ea die hoeveelheid geld waarmee die mense bereid was om musiek te koop het sy plafon bereik), die banke wat skielik versigtiger geld uitleen na die ineenstorting van Lehman Brothers oorsee, al hierdie faktore s\u00ea vir my die Suid-Afrikaners het nie geld om hul alies mee te krap nie. En juis hierdie geld gaan hul koopgedrag op \u2018n manier be\u00efnvloed; jy kan adverteer soveel jy wil \u2013 as jou plaaslike mark nie bo hul vermo\u00ebns kan koop nie, kan jy nie bloed uit \u2018n klip tap nie (weereens Suidpunt, kalmeer, ons praat van 2008).<\/p>\n<p>As die samelewing voel hulle word deur \u2018n maatskappy uitgebuit of uitgesluit, staan dit die publiek heeltemal vry om hom te boikot. Gedenk <i>Spur<\/i>. Hy het die pak van sy lewe gekry \u2013 \u2018n vriendelike waarskuwing vir ander sakeondernemings wat dit nog sou oorweeg! <i>Spur<\/i> het dus geen verantwoordelikheid teenoor my nie, my g\u00e9ld sal bepaal hoe hy moet optree. Verder het jy as klant ook die vryheid van keuse: Jy hoef regtig nie vir \u2018n wafel met \u2018n ertjiegrootte roomysklontjie aan te sit, as jy \u2018n hele bak 2<i>\u2113-<\/i>roomys (of selfs tw\u00e9\u00e9) teen dieselfde bedrag by die supermark kon koop om jou middernag-hongerkrampe te stil nie; gebruik tog jou gesonde verstand.<\/p>\n<p>Kon daardie geld vir liefdadigheid-reklame nie gebruik geword het om juis <b><i>goedkoper<\/i><\/b>, vinniger en b\u00e9ter dienste te lewer nie \u2013 innovering kos tog geld? Of wat van opleiding\/merietebonus van jou werknemers, of beurse aan knap (vak)leerlinge? Of boekwinkels wat geskenkbewyse of boekpryse skenk aan topleerlinge. Dit is anders. Ons praat hier ten minste van verdienstelikheid! Dit spoor mense aan om slimmer en met ywer te werk.<\/p>\n<p>Dink jy vir een oomblik Mark Shuttleworth sou sy geld van<a href=\"http:\/\/thawte.com\"> thawte.com<\/a> sommer so gekry het sonder VeriSign se belangstelling? Was daar enigsins sprake van \u201cmaatskaplike verantwoordelikheid\u201d voor die aankope daarvan in 1999? Was dit die lokmiddel? Natuurlik nie (en hy sit nou gerieflik oorsee, gelukkige hy), eers daarn\u00e1 het die Mark Shuttleworth Stigting ontstaan. \u2018n Onderneming moet eers kan kruip voor hy loop.<\/p>\n<p>As jou bedryf skaars op die been is, hoe wil jy nou Moeder Theresa probeer speel? Die lewe is wreed: Buitelandse maatskappye soek kwaliteit, as hulle liefdadigheidsorganisasies soek \u2013 daar is meer as genoeg oorsee. Dan weer, soos ek voorheen geskryf het \u2013 as die Europe\u00ebrs en Amerikaners so dik van die pitte is \u2013 \u2018n enkele Euro kos meer as R16,00. Laat hulle skenk soveel hulle wil, waarom moet ek sestien keer harder werk? Dit word tog nie waardeer nie, want van buite lyk dit tog of jy mense se ellende uitbuit vir jou eie beeldpoetsery. Dis soos stemwerwery by die plaaslike verkiesings deur R500 aan iedereen uit te deel (waar was jy dan die res van die afgelope 5 jaar?). Dis absoluut vals en ek wil niks met so \u2018n organisasie te doen h\u00ea nie. As jy dit ni\u00e9 aan die groot klok hang nie, dan is dit anders.<\/p>\n<p>Geldskenkings en borge <i>kom altyd met voorwaardes<\/i>: ons het gesien hoe Afrikaanse kunstenaars na die pype van groot magnate moes dans. Wat het gebeur? Die Afrikaanse kunstenaars het ges\u00ea die maatskappye kan hul geld in hul reet gaan opdruk, hulle laat hul deur niemand voorskryf nie. En, toe dit daarop aankom, het die kunstenaars bankvas agter Steve Hofmeyr gestaan. Wie is nou die varke in die verhaal \u2013 die maatskappye, wie anders? Dit is tog hulle wat met hul geld vryheid van spraak probeer muilband.<\/p>\n<p>Dink nou mooi: jy lei die arbeidsmag van m\u00f4re in die skoolbanke op hoe om\u2026 te staak? Hipersensitief oor teistering te wees en hoeveel ure jy oortyd moet werk? Amper \u2018n skuldgevoel te h\u00ea om te werk, om \u2018n wins te maak? Wanneer de donder gaan jy die leerlinge leer werk? Innoverend leer dink? Mense, ons sit nie in \u2018n Eerstew\u00eareldland waar ons oor sulke luukshede kan kibbel nie: ons moet nog die vlak van Suid-Korea bereik, en as jy in die geskiedenis gaan kyk hoe hulle dit bereik het, het moeders en vaders soos slawe onder die son vir die staat gewerk voordat die eerste staalaanleg gebou is. \u2018n Minimumloon het nie bestaan nie, miskien \u2018n bakkie rys: alleen hul kinders se toekoms is al waaraan hulle gedink het. Waardeer die moderne K-Pop-aanbidders enigiets wat hul moeders onder die geweefde riethoedens in die vogtige klimaat, steekvlie\u00eb en verblindende son vermag het? Seker nie. Die Wirtschaftwunder in Duitsland post-oorlog presies dieselfde: vaders het twee werke gedoen, vyf pakkies sigarette per dag gerook, nie gesug om oortyd te werk nie. Hulle het \u2018n fisiese doel voor o\u00eb gehad. En hul lakse kindertjies van die 1968-opstande het alles ongedaan gemaak.<\/p>\n<p>As ek nou daaroor nadink het hierdie Besigheidstudies my absoluut niks gebaat nie. So \u2013 weg met hierdie twakvak ook.<\/p>\n<p>Enige nugter handboek sou hierdie kritiek lys wat ek hierbo genoem het. Ek het al bogenoemde sommer in die verbygang uitgedink \u2013 \u2018n ekonoom sal veel meer logiese kritiek as ek kon lewer. Dieselfde ervaar ek met Toerisme: eers op universiteit, en meer in die besonder jou tw\u00e9\u00e9dejaarsmodule as onderafdeling van Aardrykskunde, word \u2018n paar swakhede daarvan uitgelig; op skool word toerisme amper aangebied as die Groot Heilsuitweg. Weereens, uiters eensydig. Ek moet erken, jou Aardrykskundeboek in Standerd 9 was wel effens krities teenoor ekotoerisme, maar ook net in \u2018n vinnige paragrafie. Dit was toevallig ook dieselfde handboek wat ons leerlinge bekend gestel het aan die kwartern\u00eare sektor, as \u2018n feit, byna \u2018n volle 10 jaar voor RSG en gaste sedert 2016 op hol geraak het oor \u201cdie vierde nywerheidsrewolusie\u201d. Die woord \u201clokasie\u201d is ook sonder probleme in die terminologieomskrywing van die boek opgeneem, \u00e9n boonop goedgekeur deur die Wes-Kaapse Departement van Onderwys; sommer tw\u00e9\u00e9 middelvingers vir die WAT \u00e9n die Pharos <i>Verklarende Afrikaanse Woordeboek<\/i>! Hierdie handboek is <i>Verken Aardrykskunde Graad 11 <\/i>(ISBN13 978-0-636-06745-5).<\/p>\n<p>Wat sal gebeur as ek \u2018n Wikipedia-artikel oor \u201cMaatskaplike verantwoordelikheid\u201d sou begin en al hierdie kritiek lys? Die leerlinge sal uiters <b>verward<\/b> wees (onthou hierdie standpunt, ek kom later daarnatoe terug). Die kinders sal vrae vra en die ouers sal vrae vra en die onderwysers en skoolhoofde sal almal vrae h\u00ea. Ons kan elke liewe onderwerp tot in die fynste besonderhede doodanaliseer totdat die Staat nie meer sal weet watter Marxistiese twak hy nog alles kan versin nie. En die Departement sal ontmasker en soos weeluise wegskarrel soos die klippe en petrolbomme deur hul vensters bars. Die Staatsdepartement sal vure moet doodslaan terwyl die een vuurhoutjie na die volgende getrek word. En ek was my hande in onskuld, ek het maar net die waarheid gepraat. Of hoe s\u00ea<a href=\"https:\/\/vigilantcitizen.com\/latestnews\/the-elite-machine-behind-greta-thunberg\/\"> ou Greta<\/a>:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>I shouldn\u2019t be up here. I should be back in school on the other side of the ocean. Yet you all come to us young people for hope. How dare you. You have stolen my dreams and my childhood with your empty words.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Nou ja, toe. So voel ek ook teenoor die Departement van Onderwys. O, u s\u00ea skoolkinders mag nie van Wikipedia gebruik maak nie? Hmmm\u2026 wie gaan hulle keer? Hoe sal u weet? Die klippe sal dit uitroep, as dit moet!<\/p>\n<p>Kan u nou insien waarom ek geld op myself uitgee \u2013 ek koop my eie boeke aan, ek maak self seker die Afrikaanse gemeenskap baat daarby. Ek weet waarheen my geld gaan, maar weet \u00fa?<\/p>\n<h3>Hoe lyk die leerplan van \u2018n voorgestelde Volkstaat?<\/h3>\n<p><i>Die Volkstaat as Afrikanerbestemming<\/i> (1989, SABRA, xviii) waarsku teen die volgende:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Die vraag is tydens en na die Tweede W\u00eareldoorlog gevra waarom die trotse Franse volk voor die Duitse inval verkrummel het. Die ooglopende antwoord skyn te wees dat \u2018n sug na stoflike welvaart die drang na vryheid verdring het. \u2018n Samelewing wat op rykdom en gerief ingestel is, kweek selfsug; eiebelang word dan bo volksbelang gestel; volksontrou, bedrog en verraad gedy in so \u2018n samelewing. Hierdie omstandighede was in Frankryk aan die orde van die dag toe die oorlog uitgebreek het, in die sakew\u00eareld, die weermag, staatsdiens en die politiek. (Maugham, WS. 1942. <i>Strictly Personal<\/i>. Londen, bls. 142-154)<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die oorsaak hiervan, so word aangevoer, is alleen die liberalisme, wat uit die staanspoor <i>anti-tradisie<\/i> is. Op bl. 4-5:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Op staatkundige gebied verteenwoordig die liberalisme die leringe van die Franse Rewolusie: Alle mense is byvoorbeeld gelyk; almal het as enkelinge aanspraak op regte, vryhede en \u201cgehalte van lewe\u201d in \u2018n demokratiese staat; die owerheid se taak is om vir enkelinge die hoogste mate van vryheid en hoogste bereikbare \u201cgehalte van lewe\u201d te waarborg; alle enkelinge binne die landsgrense stig die staat, deel gelykop in burgerregte en in aanstelling van die owerheid; groepe wat vrywillig, volgens die beginsel van vrye assosiasie tot stand kom, is aanvaarbaar, maar die wetlike omskrywing en beskerming van groepe is onaanvaarbaar.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Die huidige owerheid van die RSA het hierdie beginsels, denkbeelde en slagkrete heelhuids aanvaar en pas dit toe. \u2018n Volslae liberalistiese slagkreet soos \u201cgehalte van lewe\u201d, is selfs tot oorhoofse nasionale doel verhef, uit hoofde waarvan \u2018n reeks vreemde slagkrete en doelwitte in die staat beslag gekry het, byvoorbeeld gelyke onderwys, gelyke lone, eweredige verspreiding van welvaart en die beweeglikheid van arbeid en kapitaal.<\/p>\n<p>[&#8230;]<\/p>\n<p>Die liberalisme het verbrokkelend op Afrikanerdenke ingewerk, met die gevolg dat van sy kenmerkendste eienskappe, byvoorbeeld beginselvastheid en volkstrou, aangetas is. Die hedendaagse geslagte van Afrikaners is nie meer een van sin nie; eerbiedig nie meer hulle geskiedenis en tradisie eendragtiglik nie; baie dring ook, soos volbloedliberaliste, op hulle reg aan om afwykend te dink en te handel[\u2026]<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die individu bestaan dus, die volke en etniese groepe bestaan nie. En dit is presies waar jy nivellering sien inkom. Dit is waaroor<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=46817\"> mnr. Leon Lemmer nou die dag geskryf het<\/a>. Dit is waaroor dr. Hartzenberg gewaarsku het. Die liberalis sal voor sy o\u00eb staan en toekyk hoe die algehele standaard voor hom tot in die grond in vertrap word, solank dit hom <i>as individu<\/i> nie raak nie, en <i>almal in beginsel gelyk is<\/i> (wat hom dus noodwendig <i>moet<\/i> uitsluit\/buite rekening laat sodat dit h\u00f3m nie raak nie), <i>in die naam van gelykheid<\/i>, kan diegene wat sy taal praat of selfs bloedfamilie is in hulle maai gaan. Natuurlik is hy maar alte bly oor landsgrense en is onder diegene wat die hardste skree teen \u2018n eenw\u00eareldregering en die globaliste, want nou kan hy aan oorsese universiteite gaan studeer waar die standaard ho\u00ebr is as in sy geboorteland \u2013 dit plaas hom in \u2018n v\u00e9\u00e9l ho\u00ebr en gunstiger posisie met sy terugkeer na sy vaderland as sy volksgenote (wat probeer red wat daar nog te redde is) wat maar tevrede moet wees met die krummels van die tafel tuis. Wat ook al tuis gebeur, pla hom nie in die minste nie. Hy kan egter rondvlug soveel hy luskry, maar soos <i>Omsingel die laer van die heiliges <\/i>deur Jean Raspail ons reeds in 1973 gewaarsku het, is geen, maar geen land gevrywaar om kort voor lank dieselfde paadjie te volg nie. Die liberalis se eie moeder moes hom liewers by geboorte op Gumtree verkoop het, want dis presies wat hy met haar en haar kleinkinders sal doen. Uitverkoop.<\/p>\n<p>Op bl. 80:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Indien die RSA as een geheel betrag word, met een onverdeelbare grondgebied, een bevolking en een burgerskap onder een owerheid, dan maak dit \u2018n Derde W\u00eareldstaat uit, van dieselfde orde as die Latyns-Amerikaanse state. Die huidige grondwetlike bedeling bevestig en vererger hierdie toestand in plaas van dit op te hef, soos by die begin belowe is.<\/p>\n<p>Eerstens het die beleid van gelykstelling op alle lewensgebiede nie met \u2018n opwaartse gelykstelling van arbeidsdoeltreffendheid gepaard gegaan nie. Die teendeel het eerder gebeur. Die klein Afrikanerbevolking verarm gevolglik terwyl die groot, vinniggroeiende Derde W\u00eareldbevolking nie genoegsaam by die afwenteling van rykdom en inkomste baat om tot op Eerste W\u00eareldvlak te vorder nie. Wanneer swartoorheersing intree en die sosialistiese gelykmakingsdrang nog sterker word as wat dit tans is, sal die neerdrukkende uitwerking daarvan ook toeneem, soortgelyk aan di\u00e9 wat deur gesagstate, soos Mosambiek en Ethiopi\u00eb, ondervind is.<\/p>\n<p>Tweedens is oproer, onveiligheid en onbestendigheid in die land ook nie deur die grondwetlike veranderinge besweer nie en dit lewer \u2018n verdere bydrae tot die afwaartse gelykmaking van ekonomiese maatstawwe en vooruitsigte. Die toegewings aan politieke eise wat aan die orde van die dag is, het nie hieraan verander nie. Oproer het saam met die toegewings verhewig, tot die punt van \u2018n noodtoestand. Van omkeer na bestendigheid en vooruitstrewendheid wat tot Eerste W\u00eareldrang kan lei, bestaan daar geen teken nie.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die oorhoofse beheptheid met stoflike welvaart word as die middelpunt beskou van verbrokkeling van \u2018n volk (bl. 43 tot 44):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>\u2018n Begeerde kindertal waarmee die volk gehandhaaf sal kan word, verg \u2018n Protestante opvoeding en onderwys wat ander waardes kweek as di\u00e9 van die liberalisme; wat stofverafgoding teenwerk; die waarde van hegte gesins-, familie- en gemeenskapslewe by die jeug inskerp; en verantwoordelikheidsin, selfbeheersing en volksliefde bevorder. Gesindheide word in di\u00e9 verband in ouerhuise gekweek en deur die opvoeding en onderwys, kerklike en ander kragte in die samelewing uitgebou en onderskraag.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Protestant? Jammer, maar as ek kyk na Suid-Amerika is daar \u2018n veel doeltreffender wapen. Sover ek weet verbied die Katolisisme voorbehoedmiddels, die huwelik het alleen die doel om kinders voort te bring (want waarom anders trou jy?), en die egpaar mag eintlik nie skei nie.<\/p>\n<p>\u201cMaar dit is arm lande!\u201d Nou maar? Ek dag jy s\u00ea jy soek getalle? En <i>stoflike welvaart<\/i> is die vyand? Of bedoel jy: \u201cMoenie \u2018n vloot Porsches koop nie, laat bou \u2018n enorme biblioteek met jou naam op?\u201d Ek weet darem nie, toe ek onlangs vanaf \u2018n boekwinkel terug huis toe loop, was dit die saamtrek van Lamborghini\u2019s op Waenhuiskrans, en hulle moes deur ons dorp ry. Dit was nie afguns nie, en ek het nie soos die Hollanders in die 1980\u2019s \u2018n klip opgetel om hoogmoed tot \u2018n val te bring nie. Dit was \u2018n bre\u00eb glimlag wat onwillekeurig al hoe bre\u00ebr op my gesig geword het \u2013 want o, liewe, hemel, dit bly \u2018n donderse mooi kar! Nou wat dink jy sal gebeur as iemand in \u2018n Boererepubliek met so \u2018n kar opdaag? Selfbeheersing ken ook maar sy perke!<\/p>\n<p>Benewens die Christelik-nasionale opvoeding en onderwys wat weer voorgestel word (wat nog altyd die keerwal was teen die Marxisme, soos toe die Afrikaner hom heeltemal van NUSAS (gestig 1924) weggebreek het om hom finaal op 9 September 1933 bankvas agter die Afrikaanse Studentebond te skaar) word slegs \u2018n uiters vae beeld geskep wat die Afrikaner nog alles moet doen, onder \u201cWesterse stempel\u201d (p. 38):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Die Afrikaner is ook \u2018n Westerse, Eerste W\u00eareldvolk. Hy stam uit volke van voor die sewentiende eeu en is sedert daardie tyd ononderbroke deur Westerse geskiedenis be\u00efnvloed. Hierdie kultuurerfenis het in Afrika wortel geskiet en tot \u2018n onderskeibare Westerse kultuur gegroei. Sy Afrika-omgewing en omstandighede be\u00efnvloed sy bestaan en kultuur uiteraard, maar verander hom nie van \u2018n Westerse tot \u2018n Afrika-, Derde W\u00eareldvolk nie.<\/p>\n<p>Om hulleself as Westerse volk in Afrika te kan handhaaf, sal Afrikaners hulle ras en taal moet handhaaf; hulle sal ook hulle kennis van die Germaanse en Romaanse tale en die outydse geskiedenis moet bewaar. Die hedendaagse neiging om Geskiedenis, Duits en Frans byvoorbeeld onregstreeks of regstreeks in leergange te verdring, kan toekomstige geslagte se Westerse begronding aantas. Die oorbeklemtoning van Afrika-geskiedenis en tale bestaan reeds en kan onder die huidige grondwetlike bedeling, veral die onderwysbedeling, net erger word.<\/p>\n<p>Geestelike heropbou vereis vandag ook verset teen die gelykmaking van almal se onderwys in een gemengde samelewing. Gelyke besteding en maatstawwe en enerse leergange maak nie van swartvolke Westerse Eerste W\u00eareldvolke nie, maar maak die Afrikaner met die Derde W\u00eareld gelyk. Sy jeug sal swak voorberei wees vir universiteite wat in ho\u00eb tegnologiese opleiding uitblink; hulle sal vakke moet kies wat n\u00earens in aanvraag is nie en hulle strewe om tot die oplossing van dringende Afrikavraagstukke by te dra, sal van die voorskoolse vlak af deurentyd ondergrawe word. Indien die Afrikaner di\u00e9 gelykmaking aanvaar, sal hy sy reg op voortbestaan verbeur en sal die doel van sy bestaan as hoog ontwikkelde volk in Afrika verydel word.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En dan op bl. 82-83:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Die ondervinding het geleer dat \u2018n volk homself deur eie inspanning ophef, soos veral uit die onlangse voorbeelde van Japan, Taiwan, en Suid-Korea blyk. Voorbeelde van volke wat deur ryk volke opgehef is, is nie bekend nie. Der miljoene rand is byvoorbeeld in Afrika aan ontwikkelingshulp bestee sonder dat opheffing tot Eerste W\u00eareldrang sigbaar gevorder het. Die neigings in die tagtigerjare dui eerder op agteruitgang: Bevolkingstoename oorskry die toename in voedselvoortbrenging; die waarde van uitvoer neem af; en skuld hoop op. Sonder die wil en die arbeid van die volk self, stort hulpverleners hulle geld in \u2018n bodemlose put.<\/p>\n<p>Daar bestaan geen rede om aan te neem dat dit in Suid-Afrika anders gesteld sal wees nie.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Eerste W\u00eareldrang moet egter op \u2018n eerbare wyse behou word. Om dit te wil behou deur die RSA-samelewing onbepaald te oorheers en sodanig in te rig dat die Afrikaner sy voorsprong en mag as klein minderheid kan handhaaf, is nie \u2018n eerbare, sedelik verantwoorde weg om te volg nie; ook nie die weg om mag sogenaamd te deel, maar dit nogtans met grondwetlike truuks te probeer behou nie; en ook nie om mag eenvoudig prys te gee, Gods water oor Gods akker te laat loop en in die swartmenigte te verdwyn nie. Hierdie uitwe\u00eb gaan die Afrikaner as volk vernietig sonder dat daardeur iets bygedra word tot die volgehoue ekonomiese ontwikkeling van ander volke.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Onthou asseblief net weer dat jou huidige dosente aan die universiteite nie glo in iets soos \u201cvolk\u201d of \u201cvolke\u201d nie, maar alleen die regsbeginsel van \u201cindividue wat saamgroepeer\u201d.<\/p>\n<p>Met hierdie kommer van nivellering, uitlewering, uitverkoop, \u2018stofverafgoding\u2019 en identiteitsverlies voor o\u00eb, kyk ons nou na <i>Africana Afrikaner<\/i>.<\/p>\n<h3><em>Africana Afrikaner<\/em><\/h3>\n<p>Francis Grim spreek in 1974 die kommer uit in <i>Gepoogde verkragting van Suid-Afrika<\/i> oor UNESCO se planne om nasionalisme uit alle leerstof te haal, ten einde w\u00eareldburgerskap onder die jeug te kweek (p. 42):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Onder die vroegste aanhangers van hierdie sosialistiese beweging (die Fabiane) was John Dewey , wat die invloedrykste man in die Amerikaanse onderwys geword het. Sy filosofie en leringe ontken die bestaan van God, verwerp bestaande morele wette en het die Marxistiese leer verkondig dat die mens n\u00f2g \u2018n vrye wil het, n\u00f2g \u2018n siel. Hy het die prim\u00eare doel van die opvoeding gesien as die vernietiging van die kind se individualistiese eienskappe. Kollektivisme of groepering van mense was van groter belang vir Dewey se beklemtoning as die ontwikkeling van indiwiduele talent en inisiatief. Hierdie begrip van groepering van mense is verwant aan Sensitiwiteitsopleiding wat elders in hierdie boek behandel word. Aan die einde van Dewey se loopbaan in 1950 het hy ere-voorsitter geword van die \u201cLeague of Industrial Democracy\u201d, wat die Amerikaanse ewebeeld van die \u201cBritish Fabian Society\u201d is.<\/p>\n<p>Die begrippe en onderrig wat Dewey ingebring en benadruk het be\u00efnvloed nou die onderwys in Amerika van die kindertuin af tot by die universiteit. Sy hedendaagse volgelinge beoog om die nasionalisme en patriotisme in die kind te vernietig, want hierdie eienskappe wat hulle van die ouerhuis af bring is in direkte stryd met die kollektiewe, eenw\u00eareld\/een-regering begrip.<\/p>\n<p>Magtige invloede word uit onverwagte oorde op die kind toegepas. Die volgende word aangehaal van bladsye 58 en 60 van volume 6 van UNESCO se \u201cOp pad na W\u00eareldbegrip\u201d-reeks (1948) \u2013 wat heet: \u201cDie Invloed van Huis en Gemeenskap\u201d.<\/p>\n<p>\u201cSo lank as wat die kind die gif van nasionalisme inasem, kan die opvoeding in hierdie \u2018w\u00eareldbegrip\u2019 slegs onsekere resultate voortbring. Soos ons reeds aangetoon het, is dit herhaaldelik die gesin wat die kind nadelig be\u00efnvloed met oordrewe nasionalisme. Die skool hoort dus gesinshoudinge wat jingo\u00efsme voorstaan, te beveg\u2026 die bedrywigheid van die skool kan nie die verlangde resultate voortbring en elke vorm van nasionalisme verwerp nie, tensy die beleid van die nasie self een is van internasionale begrip en samewerking.\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En dan ontdek ons \u2018n baie interessante brokkie nuus in <i>Africana Afrikaner<\/i> (1983), wat aanleiding sou gee tot die verhandeling van me. Du Preez:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td><b>Handboekontleding \u2013 Internasionale studies<\/b><\/p>\n<p>Die vraag ontstaan wat gedoen word omtrent die reeds gemelde goggas wat in handboeke voorkom? Die antwoord is: Met die toenemende belangstelling in tussenvolkere verhoudinge het die soeklig reeds op handboeke geval.<\/p>\n<p>Gedurende 1972 is handboekontledings onderneem deur die vooroordeel van 49 lees-, letterkunde- en sosiale studiehandboeke \u2013 gedurende 1958-1967 gepubliseer \u2013 na te gaan.<\/p>\n<p>Heelwat studies het hierop gevolg en die volgende is bevind:<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 handboeke is hoofsaaklik op blanke middelklasstandaarde gerig;<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 handboeke bevat rassistiese stereotipes;<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 handboeke bevat geslagtelike stereotipes;<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 daar is gebrek aan materiaal wat positiewe selfbeelde by die kinders van minderheidsgroepe kweek.<\/p>\n<p>Die afgelope dekade reeds wy verskeie organisasies hulle aan die verwydering van nasionale vooroordeel uit handboeke. UNESCO, die Raad van Europa, die Internasionale Federasie van Onderwysverenigings, die W\u00eareldfederasie van Onderwysunies en verskeie onderwysverenigings in Europese lande hou hulle met die probleem besig en heelwat besluite in die verband is reeds geneem.<\/p>\n<p>Die doel met wedersydse pogings tot skoolhandboekhersienings (waar twee lande besluit om mekaar se skoolhandboeke deur te gaan en stereotipering uit te wys), was om die skrywers en hul uitgewers te motiveer om woorde en sentimente noukeurig te ondersoek en sodoende onbewuste vooroordele te elimineer.<\/p>\n<p>Vooroordeel in handboeke word tans op \u2018n deurlopende basis bewustelik ondersoek. Geskiedenis- en Aardrykskundeboeke word op \u2018n permanente basis by die Internationales Schulbuch Institut te Brunswyk van nader bekyk.<\/p>\n<p>UNESCO het reeds die gevolgtrekkings gepubliseer wat uit al hierdie ondersoeke voortgevloei het. Verskeie multilaterale en bilaterale ooreenkomste is gevolglik gesluit en veel kan uit hierdie suksesse geleer word.<\/p>\n<p>Die volgende belangrike gebeurtenisse het plaasgevind:<\/p>\n<p>a)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 \u2018n Internasionale seminaar is in Brussel gehou (1950) met die doel om handboeke as hulpmiddel tot internasionale begrip te verbeter.<\/p>\n<p>b)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Kanada en die VSA het \u2018n wedersydse studie van hulle handboeke onderneem.<\/p>\n<p>c) \u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 UNESCO het studies geborg om<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 die behandeling van die Weste in Suid-en Oos-Asiatiese handboeke, en<\/p>\n<p>&#8211; \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 die behandeling van Asi\u00eb in Westerse handboeke na te gaan.<\/p>\n<p>d)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Die Skandinawiese lande het wedersyds hersienings van hulle handboeke onderneem.<\/p>\n<p>e)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Die Internationales Schulbuch Institut in Brunswyk, sowel as \u2018n soortgelyke instelling in Delhi in 1955, is gestig.<\/p>\n<p>Die uitwerking van die toenemende besef van die invloed van skoolhandboeke kan bv. in die VSA, Nederland en Duitsland nagespeur word. Ou boeke is hersien en die Nasionale Geskiedenis word teen die agtergrond van die Algemene Geskiedenis gesien.<\/p>\n<p>Nasionale Geskiedenis mag nie verontagsaam word nie \u2013 dit vorm \u2018n belangrike basis vir die simboliese verwysingsraamwerk (of te wel individuele en gemeenskaplike lewens- en w\u00eareldbeskouing) in \u2018n samelewing.<\/p>\n<p>Nasionalisme is egter teruggebring tot meer beskeie afmetings en perspektiewe. Die gees waarin daar geskryf word, het ook verander. Bitterheid het plek gemaak vir wedersydse begrip.<\/p>\n<p>Ook in Suid-Afrika is daar die afgelope jare \u2018n toenemende bewuswording ten opsigte van die bestaan van vooroordeel in die vertolking van Suid-Afrikaanse Geskiedenis in skoolhandboeke. Kritiek in opvoedkundige tydskrifte en die pers op hierdie boeke het uiteenlopende reaksies onder onderwysers tot gevolg gehad.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>\u201cGeluk skat, jy suip heerlik soos die purperbeklede Hoer van Babilon aan die vergulde beker van die eenw\u00eareldregering en r\u00fd die sewekoppige dier bloots wat volke en nasies sal verslaaf, vertrap en vernietig tot die Wederkoms,\u201d dag ek nog op bl. 16 en 17.<\/p>\n<p>Toe nie \u2013 Du Preez ontpop skielik in \u2018n kampvegter vir nasionalisme (p. 22-23):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Navorsingsresultate wat nasionalistiese vooroordeel in handboeke aan die kaak gestel het, het weer op hulle beurt die gevaar laat ontstaan dat internasionalisme te ver gedryf word. Die nasionale aspek van Geskiedenis word dan onderskat en verwaarloos. In na-oorlogse Wes-Duitsland bv. het die jeug onverskillig ten opsigte van \u2018n eie identiteit geword. Waar daar in die voor-oorlogse jare hiper-nasionaliste gekweek is, word daar nou w\u00eareldburgers gevorm wat geen spesifieke verbondenheid met hul land of volk voel nie. Die Vaderlandse Geskiedenis is in so \u2018n mate ondergeskik aan die Algemene Geskiedenis gemaak dat dit feitlik daarin opgelos het.<\/p>\n<p>Nasionalisme gee in \u2018n sekere mate <i>sin<\/i> aan die lewe en die voorbeeld hiervan blyk duidelik wanneer die jeug van demokratiese lande met di\u00e9 in diktature vergelyk word. In demokratiese lande het nasionalisme begin afwater, terwyl dit in die diktature weer sterk beklemtoon word. Die verskil l\u00ea daarin dat die jeug in die diktature \u2018n sterk roepingsbewustheid het en \u2018toegelaat\u2019 word om \u2018n sterk positiewe rol in die lewe en strewe van die gemeenskap te speel. Dit vervul die menslike drang om nuttig te wees en kweek op sy beurt lojaliteit, gehoorsaamheid en offervaardigheid.<\/p>\n<p>Skole in demokratiese samelewings beklemtoon nie hierdie eienskappe nie, maar is meer op die individu ingestel. In hierdie lande vorm die jeug nie deel van die lewe van die volwasse gemeenskap nie. Geen werklike geesdrif word hier, soos by die jeug in die diktature, vir gemeenskapsake gevind nie. Die demokratiese volkere beroep hulle op motiewe wat klein en ondergeskik vergelyk met die begeerte om liggaam en siel te offer vir die bevordering van \u2018n groot volksaak.<\/p>\n<p>Dit blyk dus dat internasionalisme, en die gepaardgaande aftakeling van nasionalisme ook sy nadele het. Daar ontstaan \u2018n mate van ankerloosheid, onverskilligheid en lewensmoedigheid (sic) wat die gebrek aan grootste (sic) ideale meebring.<\/p>\n<p>Nasionale sentiment op sigself is nie verwerplik nie. Dit kan soms \u2018n groep, soos die Nederlandse groep in Suid-Afrika, help om hulle identiteit te behou en voorkom dat hulle verswelg word deur \u2018n dominanter Engelse groep na 1815. \u2018n Gesonde nasionalisme kom tot uiting in die waardering van die tradisies, sentimente en belange van die eie groep. Dit moet egter nie ten koste van ander groepe geskied nie.<\/p>\n<p>As die klem te sterk op Vaderlandse Geskiedenis val, kan meestersimbole met nadelige effekte ontstaan. Die geloof kan bv. posvat dat di\u00e9 land die middelpunt van die w\u00eareld is, en dat die volksgroep waaraan di\u00e9 individu behoort beter as ander is.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En hierdie laasgenoemde mite (\u201cdat di\u00e9 land die middelpunt van die w\u00eareld is\u201d) het veral in die Afrikaanse koerante sommer nog tot onlangs mee te koop geloop. Ek was sedert ek my voete onder die skoolbank ingeskuif het onder die indruk Suid-Afrika se aansien ewenaar di\u00e9 van \u2018n Europese land, dat ons \u2018n soort \u201cekonomiese reus\u201d is, \u2018n \u201csupermoondheid\u201d. Tot ek op \u2018n dag, dit was 9 Junie 2015, afkom op The Observatory of Economic Complexity, soos ek destyds geskryf het op Wikipedia.<\/p>\n<p>Ek hoop u hou die vlugsout naby:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Wat die persentasie afsetgebied van die ingevoerde Suid-Afrikaanse goedere en dienste betref, is hierdie land se w\u00eareldwye aanvraag en ekonomiese impak maar <i>uiters gering<\/i>.<\/p>\n<p>In Europa maak Suid-Afrikaanse goedere en dienste byvoorbeeld slegs <b>1,36%<\/b> ($8,3 miljard) van die Verenigde Koninkryk (2012) se totale invoere uit. Meer as die helfte van die Britse invoere uit Suid-Afrika bestaan uit diamante, goud en platinum. So volg in dieselfde jaar ook Duitsland met slegs <b>0,52%<\/b> ($5,7 miljard), Belgi\u00eb-Luxemburg <b>0,87%<\/b> ($3,6 miljard), Nederland <b>0,49%<\/b> ($2,6 miljard), Itali\u00eb <b>0,53%<\/b> ($2,5 miljard), Switserland <b>0,99%<\/b> ($2,5 miljard), Spanje <b>0,42%<\/b> ($1,4 miljard) en Frankryk <b>0,19%<\/b> ($1,2 miljard).<\/p>\n<p>In die Ooste maak Suid-Afrikaanse goedere en dienste ook &#8216;n klein persentasie van die totale invoere uit (2012): In China <b>0,69%<\/b> ($9,7 miljard), Indi\u00eb <b>2,03%<\/b> ($9,1 miljard), Japan <b>0,8%<\/b> ($6,33 miljard), Hongkong <b>1,23%<\/b> ($5,84 miljard), Suid-Korea <b>0,43%<\/b> ($2,11 miljard) en Thailand <b>0,99%<\/b> ($1,9 miljard).<\/p>\n<p>Suid-Afrikaanse goedere en dienste maak ook slegs 0,52% (VS$9,36 miljard) van die totale invoere van die Verenigde State van Amerika (2012) uit.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Wat \u2018n ontnugtering. Suid-Afrika kon netsowel nie bestaan het nie. Die \u201creusebedrae\u201d van \u201csoveel miljard Rand\u201d vir SAA en \u201csoveel miljard Rand\u201d vir ESKOM wat in die parlement afgerammel word is <i>kleingeld <\/i>in die internasionale sakew\u00eareld daarbuite. Met jou paar sent in die bank voel jy soos vlooibollie in die grote uitspansel. Die ergste van alles is: as ons in die ekonomiese geskiedenis terugkyk, lyk dit ook nie veel beter nie. Gaan kyk gerus op die webwerf en besluit self (<a href=\"https:\/\/oec.world\/\"> https:\/\/oec.world\/<\/a> ), Suid-Afrika se ekonomie gaan tot 1962 terug. Dit is goed te verstane dat ons baie lank na onsself as \u2018n \u201creus van Afrika\u201d verwys het \u2013 kyk steeds maar na die invoere by<a href=\"https:\/\/oec.world\/en\/profile\/country\/zwe\/\"> Zimbabwe<\/a> en<a href=\"https:\/\/oec.world\/en\/profile\/country\/moz\/\"> Mosambiek<\/a>.<\/p>\n<p>Jy kan jou indink hoe woedend ek was oor ek my so lank aan die neus laat rondlei het. Onthou hierdie woede, ek kom later daarnatoe terug.<\/p>\n<p>In elk geval, Du Preez het 53 boeke ontleed in die Geskiedenis, Aardrykskunde, Afrikaanse Letterkunde en Engelse Letterkunde vanaf Standerd 6 tot 10. In die publikasie is die titels doelbewus weggelaat, wat my met \u2018n suur gesig laat. In die inleiding word slegs ges\u00ea hierdie 53 boeke word dwarsoor die Republiek van Suid-Afrika gebruik in 1980\/1981, in sowel Blanke as Swart Ho\u00ebrskole. Wat was die Du Preez-bevinding (p. 73-74)?<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td><b>Twaalf Suid-Afrikaanse skoolhandboekmeestersimbole<\/b><\/p>\n<p>Nadat al die ge\u00efdentifiseerde meestersimbole wat meer as een maal in die verskillende institusionele ordes voorkom, of wat variante van mekaar is, saamgevoeg is, is daar uiteindelik twaalf blootgel\u00ea wat herhaaldelik in skoolhandboeke voorkom.<\/p>\n<p>Hulle is die volgende:<\/p>\n<p>a)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Wettige gesag word nie bevraagteken nie.<\/p>\n<p>b)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Blankes is meerderwaardig; Swartes is minderwaardig.<\/p>\n<p>c) \u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Die Afrikaner het \u2018n spesiale verhouding met God.<\/p>\n<p>d)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Suid-Afrika behoort regmatig aan die Afrikaner.<\/p>\n<p>e)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Suid-Afrika is \u2018n landbouland, die Afrikaner is \u2018n boerevolk.<\/p>\n<p>f) \u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Suid-Afrika is \u2018n strawwe land.<\/p>\n<p>g)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Suid-Afrika en die Afrikaner is ge\u00efsoleer.<\/p>\n<p>h)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Die Afrikaner is milit\u00ear vernuftig en sterk.<\/p>\n<p>i)\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Die Afrikaner word bedreig.<\/p>\n<p>j)\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Die buitew\u00eareld se opinie jeens Suid-Afrika is belangrik.<\/p>\n<p>k)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Suid-Afrika is die leier in Afrika.<\/p>\n<p>l)\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Die Afrikaner het \u2018n Godgegewe taak in Afrika.<\/p>\n<p>Teensimbole is die volgende:<\/p>\n<p>Die regering is nie verhewe bo die kritiek nie en maak soms foute. (a)<\/p>\n<p>Swartes word veronreg. (b)<\/p>\n<p>Swart nasionalisme is \u2018n voldonge feit. (d)<\/p>\n<p>Suid-Afrika is \u2018n nywerheidsland. (e)<\/p>\n<p>Suid-Afrika is \u2018n voorspoedige land. (f)<\/p>\n<p>Die Afrikaner beveg isolasie. (g)<\/p>\n<p>Die Blanke is \u2018n indringer in Suid-Afrika. (d)<\/p>\n<p>Die twaalf ge\u00efdentifiseerde meestersimbole kom konsekwent in Geskiedenis, Aardrykskunde en Afrikaanse Letterkunde voor. Die Engelse Letterkunde en in \u2018n mate Engelse handboeke, lewer die meeste <i>teensimbole<\/i> op en wel d.m.v. kritiek en negatiewe verwysings na die huidige regering, die uitwys van onreg teen ander bevolkingsgroepe en die siening dat die Blanke eintlik \u2018n indringer in Suid-Afrika is.<\/p>\n<p>Die teensimbole wat spesifiek in die simboolsisteem van die Afrikaanssprekende Afrikaner gevind is, is die volgende:<\/p>\n<p>Swart nasionalisme is \u2018n voldonge feit.<\/p>\n<p>Suid-Afrika is \u2018n nywerheidsland.<\/p>\n<p>Suid-Afrika is \u2018n voorspoedige land.<\/p>\n<p>Die Afrikaner beveg isolasie.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En volgens Du Preez kan \u2018n teensimbool dikwels gebruik word om \u2018n meestersimbool deur argumentering en teenargumentering te versterk. Ek gaan slegs drie uitlig.<\/p>\n<ol>\n<li><b>a)\u00a0 \u00a0 \u00a0 Wettige gesag word nie bevraagteken nie.<\/b><\/li>\n<\/ol>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Ons vroe\u00ebre aristokrasie hi\u00ebrargie\u00eb het \u2018n simboliese rangorde gehad. Die rangorde is deur die koning bepaal en range deur hom toegeken. Die koning se gesag en reg daartoe het gesetel in God. Die simboliese rangorde het dus direk verband gehou met die mens se verhouding tot God en die ho\u00ebr kosmiese orde.<\/p>\n<p>Suid-Afrikaanse staatspresidente en regerings is ook deur God geroepe en hulle versinnebeeld die volk se verhouding met God en daardeur met die heelal.<\/p>\n<p>Die Opperwese is vir die Afrikaner die heel belangrikste simbool en deur die Godgegewe leier te eer word God ge\u00eber. Die leier is dus die middelaar tussen die lede van sy groep en die ho\u00ebr orde.<\/p>\n<p>Deur die leier as verteenwoordiger van die groep te eer, word die groep self vereer. Blindelingse gehoorsaamheid en onvoorwaardelike navolging is \u2018n vanselfsprekende vereiste. Kritiek op die leier of die regering is dus gelykstaande aan verraad teenoor die groep.<\/p>\n<p>In die skoolhandboeke word leerlinge aangemoedig om \u2018n onbevraagtekende lojaliteit teenoor die staat aan te kweek.<\/p>\n<p>Di\u00e9 absolute lojaliteit versterk die status quo en het die stabiele politieke patroon van die afgelope 35 jaar tot gevolg gehad, maar is in direkte teenstelling met demokratiese beginsels. In \u2018n demokratiese gemeenskap word gesag verkry deurdat verskille erken, openbaar gemaak en daarna uitgestryk word. Wanneer verskille doelbewus vermy word en die uitdrukkingsmoontlikhede om te verskil beperk word, dan is demokrasie die lydende party. Wanneer ander menings \u2018verraad\u2019 of kettery word, kan demokrasie nie meer bestaan nie. Ironies genoeg verbind die simboolsisteem in die handboeke hom eksplisiet en onvoorwaardelik met die demokrasie.<\/p>\n<p>Die onvoorwaardelike aanvaarding van wettige gesag soos dit deur hierdie meestersimbole in die handboeke gepropageer word, kan uit \u2018n innerlike onsekerheid spruit en stagnasie en die belemmering van groei en ontwikkeling tot gevolg h\u00ea. Die teksmateriaal lewer dus \u2018n skamele bydrae tot die bevordering van \u2018n kritiese instelling by die skoolgaande jeug. \u2013 bl. 74-75.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Dit is regtig nie die eerste keer dat ek dit hoor nie.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/dspace.nwu.ac.za\/bitstream\/handle\/10394\/9945\/T%c3%b6nsing_LR.pdf?sequence=1&amp;isAllowed=y\">T\u00f6nsing skryf die volgende oor sy Duitse klas by die Universiteit van Potchefstroom<\/a> (bl. 7). Die Suid-Afrikaanse student is wel in die 1970&#8217;s ontvankliker vir die letterkunde wat skoonheid en waarheid betref as die Europese eweknie wat norme verwerp, anti-outorit\u00ear is, &#8220;entoesiasme as kinderagtig verag en sinies of blas\u00e9 herkoms en tradisie, die geskiedenis en sy verpligting verwerp en uit vrees vir &#8216;n derde wereldoorlog in &#8216;n geestelike vakuum ontvlugting soek&#8221;. Aan die ander kant was die Suid-Afrikaanse student hoofsaaklik kritieklose, oordeellose napraters en aanvaarders van elke outoriteit, wat in skrille teenstelling was met die anti-outorit\u00eare opleiding oorsee wat dikwels rewolusie bloot ter wille van rewolusie aangehang het.<\/p>\n<p>Voordat ek die volgende punt behandel, eers die gesprek wat ek en Dr. Dan Roodt op Disqus gevoer het onderaan mnr.<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=46790\"> Leon Lemmer se rubriek<\/a> :<\/p>\n<p>Suidpunt:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>\u201cEen van die redes waarom ek, in vergelyking met nie-fiksie, min fiksie lees, is omdat romanskrywers se verbeeldingskrag dikwels, selfs meesal, baie beperk skyn te wees. Dit wil voorkom asof fiksie se geslaagdheid in baie gevalle daarvan afhang of dit lewensgetrou is. Daar is al beweer dat \u2018n jong romanskrywer nie geslaagde werk kan lewer nie omdat hy nog nie genoeg van die lewe en w\u00eareld ervaar het en genoegsame insig daarin het nie.\u201d [Leon Lemmer]<\/p>\n<p>Ek het hierdie week op Goodreads met &#8216;n vriendin gepraat. Sy het gesien ek het <i>Kraak<\/i> drie sterre gegee en vir my &#8216;n opduimpie gegee. Ek het egter geen resensie gelewer nie en vir haar presies ges\u00ea wat fout is met die boek \u2013 onder die hofie &#8220;Kraak het &#8216;n kraak weg&#8221;:<\/p>\n<p><i>as jy my eerlike opinie wil h\u00ea&#8230; dis uit hoflikheid dat ek 3 sterre gegee het en die kommentaar weerhou het [wat die verkoopsyfer andersins sou laat inplof het]. Ek moet seker nie soos Leon van Nierop &#8216;n Afrikaanse produk met sagte handjies oor die koppie vryf nie &#8211; maar&#8230;<\/i><\/p>\n<p><i>My grootste probleem met hierdie postapokaliptiese boek is die algehele gebrek aan filosofie. Daar word baie aandag geskenk aan die woordryke omskrywing van die omgewing, mense wat transkontinentaal rondhol&#8230; maar ek het my boeke aan die dorpsbiblioteek geskenk. As jy die boek met sy opvolg moet opsom gaan jy maklik 3 sinne gebruik. As jy op &#8216;n afstand die spulletjie betrag, is dit vir my moeilik om met die karakters te identifiseer. Ek het daarom ook sommer belangstelling in \u2018Stof\u2019 verloor, want ek dink ek weet wat kom.<\/i><\/p>\n<p><i>Daar is &#8216;n rede hoekom ek gistermiddag nog &#8216;n Wikipedia-artikel geskryf en &#8216;n onderhoud met Jako Malan van reWritten gevoer het. Dis jou keuse wat jy daarvan dink, maar &#8216;n roman moet &#8216;n filosofiese onderbou h\u00ea. Ek kan my veel makliker met &#8216;n jakkals, Makwassie van Elsburg, identifiseer, as met enigeen van hierdie mensekarakters.<\/i><\/p>\n<p><i>[&#8230;]<\/i><\/p>\n<p><i>(<\/i><a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/ReWritten\"> <i>https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/ReWritten<\/i><\/a><i> )<\/i><\/p>\n<p>Jammer dat my PRAAG-artikel nog lank vat met Dr. H.J. Terblanche, maar gister het ek <i>Africana Afrikaner: Meestersimbole in Suid-Afrikaanse skoolhandboeke<\/i> deur J.M. du Preez (1983) gekry vir R5,00 en di\u00e9 moes ek nou vanoggend eers deurlees. Dit is &#8216;n verwerkte verhandeling wat sy met lof geslaag het. Plek-plek is dit nogal lagwekkend: die Afrikaanse kind se handboeke is nog in die 1970-1980&#8217;s geskryf asof die Afrikanerkind nog &#8216;n boer is, terwyl slegs 10-12% hierdie beroep beoefen het teen die vroe\u00eb 1980&#8217;s. Die handboeke was glad nie aangepas by die meeste wat teen daardie tyd verstedelik was nie. Die stad word in &#8216;n geweldige negatiewe lig beskou, asook al sy probleme wat daarmee gepaard gaan. Sy beskou dit as bewyse van &#8216;n nuwe ideologie: dat die Afrikaner gemoderniseer het, uit sy plattelandse bestaan stads geword het &#8211; hy het sy deel oorwin; dus, iets positiefs, te midde van die moeilikheid (uit &#8216;n Calvinistiese oogpunt: slegs deur lyding en arbeid sal jy swoeg &#8211; die Afrikaner is dus op die regte pad.). Persoonlik dink ek die staat het die platteland probeer aantreklik maak, juis om die Afrikaner te verlandelik, juis omdat die ontvolking van die platteland soveel probleme veroorsaak, en verstedeliking &#8216;n probleem is. En dan moet ons ook onthou &#8211; die stad het die neiging om die Afrikaner, wat dikwels sosiale opgang wil maak, te laat verengels of te ontwortel.<\/p>\n<p>Sy haal egter een of ander ou uit 1975 (Hendrik Willem van der Merwe, <i>Identiteit en verandering<\/i>; <i>Looking at the Afrikaner today<\/i>, almal by Tafelberguitgewers uitgegee, hoewel Sentrum vir Intergroepstudies vir my BESONDER verdag klink) aan wat s\u00ea die Afrikaner verkeer onder geen druk meer om te verengels nie, omdat die Republikeinse ideaal in 1961 bereik is. Ek weet egter van Serfontein (1970, Die verkrampte aanslag), P.J. Nienaber (1967) en vanselfsprekend J.C. Steyn (1980) en weer K.P. Prinsloo (1984) wat almal ges\u00ea het Afrikaans word verwaarloos en selfs geminag. En natuurlik H.J. Terblanche se outobiografie (1977). Verdomp, het die vrou ooit koerant gelees?! Nee, hoegenaamd nie! In haar verhandeling het sy slegs vaktydskrifartikels en boeke gebruik &#8211; sy het wel Duitse boeke ook gebruik, moet ek toegee. Om boonop te dink sy het haar M.graad deur Unisa gekry &#8211; ek bedoel, was daar dan g\u00e9\u00e9n koerantstelsel daardie tyd nie? Wat dit erger maak: dinge het post-1976 drasties verander, en sy haal &#8216;n bron aan uit 1975?!<\/p>\n<p>Baie van die ou simbole het ondertussen wel teruggekeer wat sy toe nog onnodig ag (bv. met roer in die hand, want daar is mos polisie; broodknie en selfstandig &#8211; want daar is mos die kafee?) &#8211; jy is vandag nog op jouself aangewese, met die stygende voedselpryse plant jy maar jou eie groentes waar dit kan&#8230; maar op een plek het sy vandag heeltemal mis: <i>Die Afrikaner, uitgebeeld in die eietydse massamedia, is die simboolsfeer van die skoolhandboeke ver vooruit<\/i> (98). Wel, ek sien karakters op TV met doktorsgrade, maar met die emosionele intelligensie van sesjariges&#8230; Die programme is ook so geskryf dat die karakters geen toekomsvisie het nie. Ek sien suiplappe wat feesvier. Die meeste programme is steeds op die landbou geskoei waarin blankes hoofsaaklik uitgesaai word &#8211; terwyl die meeste blanke Afrikaanssprekendes (dus, Afrikaners?) juis in Gauteng bly, luidens die Sensus 2011. Oor die algemeen: &#8216;n gebrek aan filosofie. Hedonisme is nie &#8216;n filosofie nie &#8211; dit is &#8216;n siekte.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Dr. Dan\u00a0 Roodt:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Baie interessant wat jy hier s\u00ea oor oor &#8220;gebrek aan filosofie&#8221; rondom verstedeliking. Dit strook met my siening dat die NP-Broederbond met hul reusemiddele (sterkste weermag in Afrika, ambassades in Westerse hoofstede, die SA staat, Eskom, Yskor, Sasol, ens.) INTELLEKTUEEL MISLUK het. Hulle kon eenvoudig nie sin maak van d\u00edt alles nie en het dit soos ho\u00ebrskoolonderwysers benader. PW Botha het ten minste besef dat die &#8220;aanslag&#8230; totaal&#8221; was .<\/p>\n<p>Sunnyside in Pretoria &#8211; tans Nigeries &#8211; was eens &#8216;n Afrikaner-Manhattan. S\u00f3 ook eintlik Braamfontein in Johannesburg waar die drie susterkerke elkeen &#8216;n groot gemeente gehad het. Die Dopperkerk in Braamfontein was &#8216;n modernistiese kunswerk in brutalistiese beton waar die orrelis hom op die splinternuwe Duitse orrel met Bach te buite gegaan het. In die sewentigerjare is die munisipaliteit van sowel Johannesburg as Randburg deur die NP oorheers. Steeds as ek hier rondry, verstom ek my aan die pragtige Afrikaanse straatname in die nuwe voorstede van Johannesburg, Randburg en selfs Midrand.<\/p>\n<p>As die Afrikaner &#8216;n positiewe, amper s\u00ea ek &#8220;progressiewe&#8221; maar ek bedoel meer vooruitstrewende, moderne, uitkyk op die stad gehad het, sou ons dalk &#8216;n soort wetenskapfiksie-utopie beleef het, iets so half uit die Italiaanse konstruktivisme met al sy nasionalistiese ondertone.<\/p>\n<p>Intussen het die swartes die stede hul eie gemaak en het Afrikaners uitgewyk na die voorstede en kleinhoewes waar hulle &#8216;n soort ersatz &#8220;plaaslewe&#8221;, kompleet met grasdak-&#8220;lapas&#8221; herkonstrueer. Saam met hul stedelike oorheersing is die swartes ook besig om die hoofkantore van die banke, versekeringsmaatskappye en hoofkantore van nywerheidsmaatskappye oor te neem: van die stroois na die wolkekrabber binne &#8216;n enkele geslag!<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Volledigheidshalwe haal ek die hele stuk uit die boek nou aan (p. 80-81):<\/p>\n<ol>\n<li><b>e)\u00a0 \u00a0 \u00a0 Suid-Afrika is \u2018n landbouland, die Afrikaner is \u2018n boerevolk.<\/b><\/li>\n<\/ol>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Ten spyte van die feit dat slegs 10-12% van alle Afrikaners boer, hang die Afrikaners nog steeds \u2018n landelike simboolsisteem aan. Dit verklaar die Afrikaner-stedeling se ewige hunkering na die plaaslewe. (Vergelyk Volkskas se embleem van die ploeg, met sy leuse: Arbeidsaamheid.)<\/p>\n<p>Die skoolhandboeke maak hulle by uitstek skuldig aan hierdie verheerliking van die landbou\/boerweessimbole. In die Geskiedenis- en Aardrykskundeboeke is daar veelvuldige verwysings na die belang van landbou. Die milieu van die verhale in die voorgeskrewe Letterkundeboeke is hoofsaaklik die plaas of platteland.<\/p>\n<p>Na die lewe in die stad word vlugtig verwys; dit word nie eintlik opwindend voorgestel nie. Die see- en kusgebiede word ook weinig as agtergrond gebruik. Die Letterkunde se simboolsisteem is besonder parogiaal: die w\u00eareld eindig by die landsgrense. Daar is weinig reisverhale of verwysings na buurstate en ander lande. Betreffende die meestersimbool: <i>Suid-Afrika is \u2018n landbouland<\/i>, bestaan daar net een w\u00eareld, en dit is die Suid-Afrikaanse platteland.<\/p>\n<p>Blanke plaasmense speel die hoofrolle in die verhale. Die Swartes is \u00f2f vyande, \u00f2f werkers en die Engelse en uitlanders word as antagoniste, met wie \u2018n mens nie meng nie, voorgestel.<\/p>\n<p>As gevolg van die grootskaalse verstedeliking van die Blanke bevolking in Suid-Afrika moet die jeug nou sy toekoms in \u2018n stedelike omgewing skep. Skoolhandboeke konfronteer die jeug egter steeds met \u2018n oordosis van landelike pioniersgeskiedenis wat buite hulle ervaringsfeer l\u00ea.<\/p>\n<p>Die stad word as \u2018n bedreiging, \u2018n plek war die Afrikaner hom nie tuisvoel nie, maar net tydelik moet vertoef totdat hy weer plas toe kan gaan, voorgestel.<\/p>\n<p>Dit is vreemd dat die Afrikaner, wat hom so goed by die strawwe land en die pionierslewe kon aanpas, dit so moeilik vind om met die stadslewe te vereenselwig. By die stadskind word die indruk geskep dat hy in &#8216;n misplaaste w\u00eareld lewe, dat die eintlike opwinding en avontuur slegs op die plase te vinde is. Die plaaslewe-idille kan &#8216;n psigologiese onrus by die leerlinge veroorsaak. Vir die oorgrote meerderheid stedelinge is die stad hulle permanente tuiste. Die beperkende simboolsfeer in die handboeke, wat die stadslewe steeds as <i>&#8216;n tydelike beproewing<\/i> sien, kan nie vir die algemene aanpassing en lewensgeluk van die Afrikaner bevorderlik wees nie.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Dit gaan nie net daaroor nie. As jy \u2018n <b><i>landbouland wil bly<\/i><\/b>, soos hierbo aangevoer word, moet jy jou nou nie kom staan en vergaap hoe Suid-Korea, Japan, Singapoer ongekende vooruitgang geniet met hul tegnologiese wonders (wat hulle teen watter prys kan vra wat hulle wil) nie. Goed, dit was eers in die 1980\u2019s. Vra dan eerder: hoe het na-oorlogse Wes-Europa uit sak en as opgestaan? Dit alles ontbreek in die boeke. Verklaar vir my die Wirtschaftwunder van Duitsland in die 1950\u2019s, van Itali\u00eb in die 1960\u2019s?<\/p>\n<p>Om die eenvoudige rede: vervaardigde produkte verdien meer as rustof.<\/p>\n<p>\u2018n Enkele Mercedes E-klas kos nou meer as R1 miljoen, splinternuut met sy sopnat verf. Jou sakkie appels haal iets soos R20 op die mark, wat nie te s\u00ea is jy sal kry nie, want die winkelier moet ook sy wins maak. Kom ons gestel daar is tien appels in \u2018n sakkie, wat beteken jy sal 500 000 appels moet verkoop om \u2018n enkele Mercedes Benz se prys te ewenaar. As \u2018n mens inreken dat jy \u2018n hele paar vroegryp en vrot appels in jou boord(e) sal\u00a0 kry, plaasarbeiders foute maak, haelskade, siektes, ens. ens. verdubbel dit jou spasie, kunsmis, arbeid (ens.) wat jy in beslag moet neem, maar dit krimp jou winsmarge in. Dit is ook glad nie te s\u00ea mense het altyd lus om jou appels te koop nie. Nie alleen kompeteer jy met ander boere en ander lande wat ook appels verbou nie, jy kompeteer ook met ander vrugte. Starking appels is vir my te melerig, ek kry soms trek vir \u2018n Granny Smith, maar veral vir Golden Delicious. Maar aarbeie met room is vir my soeter en lekkerder. Veral daardie bloubessies en swartbessies en my eie nastergal (<i>Solanum nigrum<\/i>) en appelliefies (<i>Physalis peruviana<\/i>) in die agtertuin. Aha \u2013 iedereen kan dit verbou.<\/p>\n<p>Maar iets soos \u2018n stralerenjin is \u2018n dringende noodsaaklikheid \u2013 mense moet vlieg, dit is die vinnigste manier van vervoer op die oomblik. En nie elkeen kan hom bou nie. Lugrederye en vliegtuigmaatskappye sal nie omgee wat om te betaal nie, solank hul vliegtuie net in die lug kan kom.<a href=\"https:\/\/www.flightradar24.com\/\"> Het jy enige idee hoeveel vliegtuie daar tans in die lug is<\/a>? Volgens die<a href=\"https:\/\/blog.klm.com\/nl\/8-feiten-die-je-waarschijnlijk-niet-weet-over-straalmotoren\/\"> Koninkljike Luchtvaartmaatschappij<\/a> (2017): \u201cGrof gezegd, kost een motor tussen de 10 en 30 miljoen euro.\u201d En niemand sug om te betaal nie. Jy kan dus vir jouself indink hoe landboulande net al hoe dieper en dieper in die skuld beland, want hulle kan nie genoeg geld maak om hierdie duur masjiene te koop nie. Maak nie saak hoe idealisties jy van die masjienw\u00eareld probeer ontvlug nie, soos die plaasroman van die 1930\u2019s sou jy vinnig agterkom hierdie genre se tyd is verby. My snare het finaal gebreek met <i>Oupa Landman se Viool<\/i>.<\/p>\n<p>Let wel: ek kritiseer nie ons boere nie. Hulle lewer \u2018n diens en produk waarvoor baie van ons nie meer kans sien nie. Dit is ons plig om hulle te ondersteun. Maar dink jou gou vir een oomblik in as die hele Johannesburg nou wil begin boer!<\/p>\n<p>My kritiek is t\u00e9\u00e9n die regering (van vandag) wat nie wil aanbeweeg na die sekond\u00eare (nywerheid), tersi\u00eare (dienslewering) en kwartern\u00eare (navorsing en inligtingversameling en -verspreiding) sektor toe soos die res van die ontwikkelde w\u00eareld reeds gedoen het nie. Hulle bly met opset vassteek by die prim\u00eare sektor: landbou, bosbou, mynbou, vissery, jag \u2013 rustof. Ons grootste uitvoerprodukte is steeds, soos opgeteken sedert 1962,<a href=\"https:\/\/oec.world\/en\/visualize\/tree_map\/hs92\/export\/zaf\/all\/show\/2017\/\"> rustowwe<\/a>. Ons haal $108 miljard in 2017 (en onthou, ons is maklik meer as 60 miljoen mense). \u2018n Land soos Singapoer se vernaamste uitvoerproduk is<a href=\"https:\/\/oec.world\/en\/visualize\/tree_map\/hs92\/export\/sgp\/all\/show\/2017\/\"> mikrovlokkies en stroombane<\/a> en kry meer geld deur sy uitvoere ($320 miljard in 2017) vanuit daardie piepklein moeraslandjie,<a href=\"https:\/\/oec.world\/en\/visualize\/tree_map\/hs92\/export\/swe\/all\/show\/2017\/\"> as die ganse Swede<\/a> ($144 miljard in 2017). Wat is daar om te vergelyk?<\/p>\n<p>Ook die landbou kan weens meganisasie en ander elemente daarbuite net X-aantal mense vat, voordat dit versadig is. Dit is waarom daar in die 1800\u2019s \u2018n nywerheidsomwenteling plaasgevind\u2026 my donder, dis element\u00eare geskiedenis! En die staat (die huidige een) wil teen sy beterwete wragtig terugneuk na die 1700\u2019s toe? <i>How progressive\u2026<\/i> \u2018n Mens kon sweer die lot het in die eksamen afgekyk by \u2018n Apartheidhandboek en dit net so lettertjie vir lettertjie nagevolg. Dit is s\u00f3 onoorspronklik, Azani\u00eb is letterlik \u2018n ersatz-Apartheid!<\/p>\n<p>Die belangrikste bevind Du Preez, is die ouer garde wat met heimwee terugverlang na die platteland, wat dit net so tot uiting bring in hul boeke (p. 89):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Die Afrikaner wat op die platteland grootgeword het, en daar gevorm is, bly meestal \u2018n plattelander, ondanks sy vestiging in die stad.<\/p>\n<p>Aanpassings by die fisiese vereistes wat \u2018n pionierslewe stel, was blykbaar nie te moeilik nie; aanpassings by die psigologiese eise van \u2018n ekonomiese-geori\u00ebnteerde stad moes besonder moeilik gewees het. Derhalwe is daar \u2018n groot aantal mense wat nie ten volle aangepas is by die stedelike gemeenskap nie, steeds hunkerend om na \u2018n landelike omgewing terug te keer.<\/p>\n<p>Hierdie plattelandse ori\u00ebntasie word nog in groot mate gevind by die eerste geslag wat in die stad opgroei as gevolg van sosialisering deur ouerhuis, kerk en skool. Met die koms van die volgende gesalg word die invloed van die onmiddellike omgewing sterker as di\u00e9 van die platteland. Kulturele verstedeliking tree eers werklik by die derde en vierde geslag in.<\/p>\n<p>Daar is \u2018n progressie te bespeur by verstedelikte Afrikaners wat as volg opgesom kan word:<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Die ontstaan, groei en bloei van \u2018n radikale politieke sienswyse.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Die opkoms van die Afrikaner in die industrie en \u2018n toetrede tot die kapitalisme.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Die inburgering van die Afrikaner en die ontstaan van \u2018n middelklas binne die stedelike en voorstedelike woongebiede.<\/p>\n<p>Hierdie progressie word nie in die simboolsfeer van die skoolhandboek-teksmateriaal betrokke by hierdie ondersoek gedek nie.<\/p>\n<p>Vervolgens \u2018n aanhaling uit Van der Merwe (1975): \u201cToe Kestell in 1938 by Bloukrans gepraat het oor \u2018my nasie in nood\u2019 en om \u2018n ekonomiese reddingsdaad gepleit het, kon hy onmoontlik vooruitsien dat die Afrikaner-ekonomie binne \u2018n dekade die beproefde selfreddende pad van die moderne industri\u00eble kapitalisme met merkwaardige ywer, talent en vindingrykheid sou volg.\u201d<\/p>\n<p><b>Dit is vreemd dat Suid-Afrika se \u2018Wirtschaftwunder\u2019 geen aanklank in die simboolsfeer van die skoolhandboeke vind nie. <\/b>(my beklemtoning)<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Plek-plek gaan sy vir my te ver. Sy gebruik Ortega Y Gasset se indeling van die geslagte:<\/p>\n<p>1)\u00a0 \u00a0 \u00a0 Die <i>kind<\/i> aanvaar hoofsaaklik sy ouers se simboolsfeer en vertolk weinig self.<\/p>\n<p>2)\u00a0 \u00a0 \u00a0 Die <i>jeug<\/i> ontwikkel \u2018n selfbewustheid en begin self vertolk.<\/p>\n<p>3)\u00a0 \u00a0 \u00a0 Die <i>generasie van inisiasie<\/i> het al grotendeels sy eie lewenstyl deur eie vertolking bepaal en kom in opstand teen die lewenstyl van die generasie van dominansie.<\/p>\n<p>4)\u00a0 \u00a0 \u00a0 Die generasie van dominansie se lede beklee die belangrikste posisies in die samelewing.<\/p>\n<p>5)\u00a0 \u00a0 \u00a0 Die <i>ou mense <\/i>werk nie meer aktief aan \u2018n lewenstyl nie en het hul posisies in die samelewing aan die generasie van dominansie afgestaan. Ortega noem hulle <i>getuies<\/i> van die verlede.<\/p>\n<p>Volgens Du Preez se vertolking is die <i>ou mense, die getuies<\/i> die skrywers van hierdie boeke en het lankal hul raktyd oorskry. Die <i>generasies van inisiasie<\/i>, die <i>jeug<\/i> en die <i>dominante kultuurvormers<\/i> word saamgesmelt; hul seggingskrag, selfstandigheid en vertolking word ontneem en as groep word hulle \u201csoos \u2018n kind behandel\u201d. Wat sy eintlik s\u00ea is: die Afrikaner sit hier met \u2018n gerontokrasie.<\/p>\n<p>Verskoon my, maar dit grens darem aan growwe \u201cageism\u201d en \u201cstale pale male\u201d. Mnr. Leon Lemmer is in die 80 en steeds lewer hy weekliks vir ons goeie resensies wat vir my ook bruikbaar is. Die internet is van so \u2018n aard dat ouderdom regtig nie meer \u2018n faktor is nie. Slegs die wil, die ondervinding en die kennis. Daar is \u2018n rede hoekom die mense in die parlement en hof hierdie lawwe wit poeierpruike gedra het, en dit was om mense te herinner dat ouderdom nie tel nie, maar die opinies en die rede wel. Dit maak nie saak of jy \u2018n infantiele kommunis met \u2018n rateltjie of \u2018n helder, ingeligte, oopkop bejaarde met \u2018n loopraam is nie, die geldigheid van die argumente spreek vanself.<\/p>\n<ol>\n<li><b>i)\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Die Afrikaner word bedreig<\/b><\/li>\n<\/ol>\n<p>Die volgende twee paragrawe (p. 85):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Verstedeliking: Die Afrikaners, wat hulleself as \u2018n landbouvolk beskou, het migrasie na die stad net as \u2018n laaste uitweg oorweeg. Slegs omdat hulle voortbestaan bedreig was, het hulle die plase verlaat. Die tyd wat hulle dan noodgedwonge in die stede moes deurbring, was \u2018n beproewing en gekenmerk deur hulle ewige hunkering na die plaas.<\/p>\n<p>Die stad word as \u2018n vyandige omgewing gesien, waaruit \u2018n mens liefs so gou moontlik moes wegkom voordat dit te laat is. Die bekende uitdrukking Sodom en Gomorra is aan die stede toegedig en is \u2018n uitstekende beskrywing van wat die plaasmense se indrukke van \u2018n stad was. Mense \u2018af die plaas\u2019 was daarenteen puriteinse, na\u00efewe persone wat nie opgewasse was vir die eise van die stad nie.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Kom ons stel Du Preez se teorie op die proef aan die hand van \u2018n steekproef (\u2018n eksemplaar) uit hierdie era. Ek het \u2018n ander teorie. Maar voordat ons beskuldigings rondgooi, laat ons net eers doodseker maak of die Staat vooraf geweet het wat die Afrikaner se beroepsposisie in die stad is.<\/p>\n<h3>\u201cDie Afrikaner in die beroepslewe van die stad\u201d (1968)<\/h3>\n<p>Sowaar, hulle het geweet. Die proefskrif van dr. S. van Wyk sluit af met die volgende slotsom (pp. 237-239):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Die slotsom waartoe geraak word na aanleiding van die onderhawige studie is die volgende:<\/p>\n<p>a)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Die Afrikaner het inderdaad teen 1960 nog \u2018n baie groot agterstand in die beroepsw\u00eareld deurdat hy in \u2018n veel groter mate as die nie-Afrikaner in die minder aantreklike en minder lonende beroepe gestaan het. Hy begeef hom veral in die kollektivistiese en owerheidsektor.<\/p>\n<p>b)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Die nie-Afrikaner vergelyk oor die algemeen baie gunstig met die Afrikaner omdat hy na verhouding veel meer as die Afrikaner die aantreklikste en die hoogs besoldigde professionele, uitvoerende, besturende en verkoopsberoepe beoefen. Die Engelstalige se sosiaal-ekonomiese voorsprong blyk ook daaruit dat hy veel meer as die Afrikaner \u2018n ondernemer en werkgewer is.<\/p>\n<p>c) \u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Die agterstand van die Afrikaner staan regstreeks in verband met sy landelike agtergrond, sy gebrek aan \u2018n stedelik-industri\u00eble tradisie, die feit dat die stadsontwikkeling skielik gekom het, die feit dat die verstedelikingsproses wat gevolg het na aanleiding van die ontdekking van diamante en goud en die daaropvolgende handels- en industri\u00eble ontwikkeling snel verloop het en die feit dat die ondernemers en kapitaalkragtiges in die vir die Afrikaner nuwe ekonomiese stelsel uitheemse nie-Afrikaners was.<\/p>\n<p>Die Afrikaner is deur allerlei faktore van die platteland na die stedelike omgewing weggedryf \u2013 faktore in die natuuromgewing gele\u00eb (droogtes, plae, veesiektes); die plattelandse verarming, veral ook na aanleiding van die Tweede Vryheidsoorlog, ensovoorts. Die Engelstalige daarteenoor het weer \u2018n groot voorsprong in die beroepslewe van die stad, omdat hy hierheen gekom het as \u2018n stedeling met \u2018n stedelik-industri\u00eble tradisie, met ondervinding en opleiding, en ook as gevolg van die feit dat hy gerugsteun is deur die Brits-imperiale verband. Hy was ook van die begin af die ondernemer en die kapitaalkragtige. Vandag nog is een van die grootste vraagstukke vir die Afrikaner in die ekonomiese lewe van die land daarenteen juis die vraagstuk van kapitaalvorming.<\/p>\n<p>d)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Daar is \u2018n besonder noue verband tussen die beroepslewe en die sosiaal-kulturele en sosiaal-ekonomiese lewe van die gemeenskap. Die agterstand wat die Afrikaner in die beroepslewe ondervind, moet noodwendig sy sosiaal-ekonomiese en sosiaal-kulturele ontwikkeling oor die algemeen benadeel, terwyl dit die Engelstalige natuurlik kragtens sy voorsprong bevoordeel. Solank die Afrikaner \u2018n agterstand in die beroepslewe het, sal hy ook \u2018n agterstand in alle fasette van sy maatskaplike lewe ondervind en solank die Afrikaner op sosiaal-ekonomiese gebied \u2018n agterstand ondervind, sal hy ook \u2018n agterstand in die beroepslewe hier te lande openbaar.<\/p>\n<p>e)\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0 Kragtens die sosiale dinamika waardeur iedere gemeenskap gekenmerk word, moet mens te wagte wees dat die Afrikaanse gemeenskap ook in sy beroeps-, maatskaplike en kulturele struktuur mobiliteit sal ondervind. Hierdie beweeglikheid in die maatskaplike struktuur kan \u00f2f die vorm van geleidelike agteruitgang, \u00f2f die vorm van vooruitgang aanneem, maar juis omdat die Afrikaner so besonder bewus is van sy sosiaal-kulturele en sy sosiaal-ekonomiese agterstand, sal hy na alle waarskynlikheid vordering toon.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Die vordering van die Afrikaner hang in \u2018n baie groot mate van homself af \u2013 van die mate waarin hy die bestaande geleenthede benut, hulle voortdurend aanvul en uitbou en die mate waarin hy hom dit daadwerklik ten doel stel om sy posisie te verbeter. In elk geval kan hy sy beroepsagterstand alleenlik uitwis deur bewustelik daarna te streef, deur die optimale benutting van onderwysgeleenthede en deur die ontwikkeling van elke greintjie latente vermo\u00eb. Ten dien einde sal die Afrikaner se besonder gunstige posisie in die onderwysprofessie hom in die toekoms as onskatbaar vername hulpmiddel te stade kom.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Ons sien dus Van Wyk se stelling is \u2018n effense draadsittery: ja, hy wil die Afrikaner in die onderwysberoep sien, maar nee, hy moenie die staatsdiens te lank beklee nie maar eerder in die privaatsektor vir homself werk vind en skep. Ek vermoed hy sou wou h\u00ea jy moet die geld van die staat as middel oppot (hoe karig ook al) totdat jy jou eie onderneming of professie (soos die geneeskunde, veeartsenykunde, tandheelkunde, ens.) kan begin. Of, die geld sal vir jou kinders gebruik word, sodat hulle hierdie beroepe kan beklee.<\/p>\n<p>Van Wyk skryf \u2018n paar bladsye tevore (bl. 231-232) vir ons hoe die Engelssprekende nog vernaamlik \u201ckonserwatiewe\u201d skoolvakkeuses gemaak het:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Vergelykende statistiek van die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap bring aan die lig dat die Afrikaanse ho\u00ebrskoolleerling &#8216;n verontrustende agterstand in vergelyking met sy Engelstalige eweknie het. In die Transvaal het byvoorbeeld slegs 53 persent van die Afrikaanse matrikulante in 1962 wiskunde geneem teenoor 82 persent van die Engelstalige matriekleerlinge. In die Kaapprovinsie was die verhouding 44 persent teenoor 65 persent, in Natal 66 persent teenoor 87 persent en in die Oranje-Vrystaat 47 teenoor 64 persent onderskeidelik. Ook wat Latyn betref, was die bevinding dat die Engelstalige die vak baie meer neem as Afrikaanstalige leerlinge. Dit was onder andere aan die verkeerde vakkeuse van Afrikaanse kinders te wyte dat daar &#8216;n wanverhouding in die getalle Afrikaans- en Engelstalige geneeshere, ingenieurs, regsgeleerdes en verwante professionele werkers bestaan het wat deur die universiteite gelewer is. So was van die studente wat by die mediese fakulteite van al die universiteite in 1963 ingeskryf was, slegs 27 persent Afrikaanssprekend. Van die ingenieurstudente was slegs 34 persent Afrikaanssprekend en in die regsfakulteite, waar kennis van Latyn &#8216;n voorvereiste was, was slegs ongeveer 42 persent Afrikaanssprekend.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Die bedenklike verskynsel dat kinders aan die Afrikaanse ho\u00ebrskole so dikwels toegelaat word om allerlei maklike vakke vir Matriek te neem, lei dus daartoe dat die Afrikaanse kind outomaties van sekere beroepe uitgesluit word.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens kry ongelukkig die indruk dat dit in sommige Afrikaanse skole die vernaamste doel geword het om die kind in Matriek te laat slaag sonder dat daar gevra word of daar by hom \u2018n grondslag gel\u00ea is waarop hy in die verde lewe kan voortbou.\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Ek is pleit skuldig \u2013 ek het die \u2018maklike\u2019 vakke gekies (wat soos \u2018n \u2018stigma\u2019 aan \u2018dom\u2019 kinders gekleef het \u2013 wat soek ek dus in hierdie klas?), wat onbewustelik my algehele gemiddelde \u2018kunsmatig\u2019 opgestoot het bo die res. Baie leerlinge wat gebars het in die tegniese en wetenskaplike vakke (Biologie, Skeinat, Rekeningkunde, Wiskunde, Rekenaarstudie) sal my dus, seker goed te verstane, nie juis eendag onthou as \u2018n geliefde mens nie&#8230; As daar maar beter geesteswetenskaplike vakke of tale was om van te kies, wie weet?<\/p>\n<p>Nou goed, tyd om die skoolhandboek aan te pak.<\/p>\n<h3>\u2018Geskiedenis vir St. 10\u2019 (1974-1984) onder die soeklig<\/h3>\n<p>Die bovermelde handboek, uitgegee deur Perskor, is geskryf deur C.J. Joubert, en sy ISBN-nommer is 0628009313 as jy self wil gaan naslaan. In die voorwoord van die tweede uitgawe word ges\u00ea \u201cweinig wenke\u201d is ontvang wat verwerk kon word.\u00a0 Wat?! Het absoluut niemand beswaar gemaak nie?<\/p>\n<p>Wat jou heel eerste opval in hierdie boek is die afdeling oor die ekonomiese indringing, of eerder, inwurming, van Sjina in Afrika, en watter gevaar dit vir die Blankedom aan die Suidpunt inhou. Maar vir hierdie artikel moet ek my nou gaan toespits op die verstedelikingskwessie.<\/p>\n<p>Interessant, op bl. 226 staan duidelik: \u201c&#8230;in 1970 was 86,7% van die 3 774 000 Blankes verstedelik\u201d. \u2018n Mens sou dus meer wil sien oor die rol van Blankes in die stad\/dorpe.<\/p>\n<p>En soos Du Preez tereg s\u00ea, \u2018n mens sou meer oor die Wirtschaftwunder in Suid-Afrika wil weet, maar amper vier bladsye agtereenvolgend (elders nog meer) word afgestaan aan die Armblankevraagstuk. Oor sy opgang in die stede (p. 228)? Daar word meer gekyk na sy kulturele en maatskaplike toestande as die ekonomiese dryfveer.<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Deur hierdie faktore be\u00efnvloed, was \u2018n groot deel van die verstedelikte Afrikaner nie net besig om geestelik en kultureel agteruit te gaan nie, maar ook om sy identiteit te verloor. Dit het \u2018n proses van denasionalisering aan die gang gesit. Denasionalisering sou \u2018n groter tol ge\u00ebis het as dit nie was dat kultuur- en kerkleiers stappe gedoen het om die proses te stuit nie. In 1929 is die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings) gestig. Die FAK en die ATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging), sowel as kerklike organisasies, het die Afrikaner gehelp om sy identiteit te behou. In die dertigerjare het die Afrikaner \u2018n sterk kultuurmens geword. Die verheffing van Afrikaans tot amptelike taal in 1925, die opkoms van die Afrikaanse letterkunde, die ingebruikneming van die Afrikaanse Bybel in 1933 en die Eeufeesviering van 1938 het \u2018n nuwe trots by die Afrikaner laat ontwikkel.<\/p>\n<p>Die Afrikaner het mettertyd sy probleme wat hy as stadsmens ondervind het, oorkom. Steeds stygende getalle, beter akademiese agtergrond, beter ekonomiese posisie en sterk kultuurbewustheid het teen die jare veertig ook \u2018n invloed op die politieke toestande in Suid-Afrika gehad. Al meer van die stedelike kiesafdeling is deur die Nasionale Party gewen. Dit was veral van 1948 af merkbaar.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Hierdie boek s\u00ea hy \u201ctrek\u201d die geskiedenis \u201cdeur\u201d tot 1970, dus, vier tot ses jaar voor die skrywe. Uit die vorige blad (p. 227) word net geskryf in 1939 het die Afrikaner slegs 8% van die handel beheer en in 1963 was dit reeds op 28%. In die volgende paragraaf word net ges\u00ea in 1961 was 71% van alles staatsdiensamptenare Afrikaanssprekendes, terwyl dit in die polisiemag nog veel ho\u00ebr is, met 87%, en dat \u2018n toenemende getal Afrikaners die onderwys sedert die 1930\u2019s hul beroep gemaak het. Weereens, die staatsdiens.<\/p>\n<p>Wat die ekonomiese vooruitgang betref, presies soos in my Aardrykskundehandboek van 2006, word daar meer gekyk na die Staat se eie inisiatiewe en ontwikkelingsprojekte as die privaatsektor s\u2019n. Wat my betref het die privaatsektor \u2018n dubbele rol: hy verskaf die geld waarmee die regering moet dobbel, en hy moet nog op sy eie bene staan, op sy voete dink en die inisiatief neem wat dikwels die staatsektor ligjare vooruit is. Vir die hoeveelheid geld wat die privaatsektor bydra, is \u2018n paar paragrawe in die handboeke seker nie te veel gevra nie, of hoe?<\/p>\n<p>So, ons moet nou aanneem dat die Afrikaner sy opgang gekry het as kripvreters en dat die privaatsektor glad nie bestaan nie of \u2018n weinige rol speel. Of: die staat (of die skrywer) wil eintlik h\u00ea die Afrikaner moet nog in die staatsdiens bly\/oorheersend wees.<\/p>\n<p>\u2018n Veel groter hoeveelheid bladsye word aan die \u201cVerstedeliking van die Bantoe\u201d afgestaan en al die euwels wat daarmee gepaardgaan.<\/p>\n<p>Dit is baie duidelik dat die boek desentralisasie voorstaan, en met goeie rede (p. 225):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Meer as 80% van die Republiek se fabrieksgoedere word in die vier hoofnywerheidsgebiede geproduseer. Dit is die Pretoria-Johannesburg-Vereeniging-gebied, die Durban-Pinetown-gebied, die Port Elizabeth-Uitenhage-gebied en die gebied om Kaapstad. Dit bring mee dat Suid-Afrika se industrie\u00eb meer gekonsentreerd is as di\u00e9 van die meeste ander nywerheidslande. Om verskeie redes is so \u2018n toestand nie wenslik nie.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Dit dra in \u2018n groot mate by tot die <i>ontvolking van die platteland<\/i>.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Terwyl ontwikkeling slegs in enkele gebiede plaasvind, <i>raak die res van die land agter<\/i> wat industri\u00eble vooruitgang betref.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Die plattelandse bevolking <i>deel nie in gelyke mate<\/i> in die toenemende welvaart van die land soos die stedelike bevolking nie.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Konsentrasie van bevolking in die stede bring mee dat <i>lewenskoste styg<\/i>. Hoe meer mense op een plek saamgetrek word, hoe ho\u00ebr styg die lewenskoste per persoon.<\/p>\n<p>Die regering het derhalwe besluit om \u2018n program van <i>desentralisasie<\/i> van stapel te stuur. Deur desentralisasie kon daar ook nywerhede op die grense van die Bantoetuislande gevestig word waar daar nie genoeg ondernemings is om in die aanbod van arbeid te voorsien nie. Agt gebiede is vir grensnywerhede opsygesit. Ten einde nyweraars aan te moedig om ondernemings in di\u00e9 streke op te rig, is spesiale toegewings aan hulle gemaak.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Groeipunte in grensgebiede wat hoofsaaklik op die Bantoe toegespits is, is Brits, Rustenburg, Potgietersrus, Pietersburg, Phalaborwa, Richardsbaai, Ladysmith, Newcastle, Oos-Londen, Berlin, en King Williamstown. In die Bantoetuislande is die groeipunte Babalegi, Isithebe, Umtata en Butterworth.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Waarom al die jakkalsdraaie loop? Hoekom spel jy dit dan nie uit nie: \u201cons soek jou op die platteland, hond!\u201d Want gesien die 2011-sensus het die Afrikaner die subteks duidelik nie gesnap nie, of soos \u2018n rooi robot saans in Hillbrow ge\u00efgnoreer.<\/p>\n<p>Die skrywer het wragtig vergeet om toe te voeg: \u201cwaar meer mense van oraloor saamdrom is daar ook meer ongeskoolde arbeid, meer werkloosheid, meer misdaad, daarvan hou ons nie.\u201d<\/p>\n<p>Ag, ons almal weet die skrywer was diep in sy hart net bang dat die Afrikaner in die stad verder sal verengels en sy kultuur kwytraak. Nou stuur hy hom terug na die kibboetse op die platteland waar die Afrikaner nog die hef in die hand het.<\/p>\n<p>Of was dit die hele \u201cterug na die natuur\u201d-beweging in Europa wat uiteindelik oorgespoel het hierheen? Ek weet van piekniekfoto\u2019s van ABBA op die idilliese Sweedse platteland, die hare ongekunsteld mooi gladgestryk, te mooi \u2026 Die \u2018sorgelose\u2019 60\u2019s en 70\u2019s. In Amerika is suburbia ook nie meer so lekker nie, en \u2018n naweekboshut iewers in die ongerepte wildernis word as die nuwe ideaal voorgestel. <i>Sous un ciel d&#8217;\u00e9toiles<\/i>.<\/p>\n<p><i>\u201c<\/i>Luna, dies et nox et noctis signa severa<i>\u201d <\/i>uit Lucretius, of soos T.J. Haarhoff vertaal in sy boek <i>Briewe aan Reinhard van Johannes<\/i> (1942:39): \u201cDie maan, die dag en die nag, en die streng sterre van die nag\u201d<i>.<\/i><\/p>\n<p>Waarom nie sommer op die platteland bly nie? Met jou blokhakskoene, Sweedse ferweel en <i>lunettes de soleil rondes noires<\/i>. Iewers lees ek nog in <i>Buidel<\/i> hoe Jan Rabie en Marjorie Wallace op die idilliese Onrus gaan bly het (ek kan net nie onthou of Uys Krige hom voorgespring het nie), en dit het die l\u00eaplek van al wat kunstenaar en skrywer geword wat hom tydig en ontydig kom \u201cverras\u201d het \u2013 tot sy ergernis. Net soos die ongevraagde vo\u00ebls wat in sy koolkoppe (of was dit nou blaarslaai?) kom nesmaak het. Nou moet jy ook verstaan: Jan en Marjorie het heerlik getoer deur die \u2018ou Griekeland\u2019 en die ware \u201cWesterse plattelandse dorpsheid\u201d opgesoek wat in die stad en moderne Afrikaanse dorpe en deur die modernisme verlore gegaan het.<\/p>\n<p>Maar gesien teen die inhoud van die Geskiedenishandboek, ontstaan daar onder die stedeling, wat geen behoefte aan \u2018n Onrus het nie, meer vrae as antwoorde. Selfs ek wat op die platteland bly kan dit met \u2018n stok aanvoel.<\/p>\n<p>My liewe mens, om na die platteland uit te wyk, beteken mos nou nie jy hoef \u2018n afkeer in die stad te kweek nie! Daar is meer as genoeg stoot- en trekfaktore wat daarnatoe sal lei.<\/p>\n<p>Wanneer \u2018n leerling\/student\/afgestudeerde eers agterkom dat die staat hom in \u2018n blik wil druk, inligting van hom verswyg het of blatant vir hom gelieg het, gaan hy in opstand kom, die hele stelsel verwerp, of \u2018n ander heil soek wat na die regte pad lyk. Dit gaan beslis gepaard met verwarring en woede.<\/p>\n<h3>Verwarring, woede en verwerping onder die jeug<\/h3>\n<p><b>Probleem nommer 1: die ontnugterde buitestaander vs. \u201c\u2018n nasie iewers \u00earens heen\u201d.<\/b><\/p>\n<p>Ek wou eers <i>The Story of an Afrikaner: die rewolusie van die kinders<\/i> (1980) deur Natie Ferreira in die hande kry, maar het daarteen besluit, aangesien ek nie kon uitvind presies wanneer die persoon die Afrikanernasionalisme verwerp het nie, en ek spesifiek na jeugdige voorbeelde gesoek het.<\/p>\n<p>In<a href=\"https:\/\/www.sahistory.org.za\/sites\/default\/files\/DC\/rejan81.10\/rejan81.10.pdf\"> Abraham de Vries se resensie<\/a> sien ons egter duidelik \u2018n Afrikanerman wat heeltemal \u2018n ontsaglike probleem het met sy eie individualiteit wat doodgesmoor word deur Nasionalisme, tot so \u2018n mate dat hy voortaan in Engels skryf (wat ek nou oorskryf uit Judith L\u00fctge Coullie se \u201c<a href=\"http:\/\/alternation.ukzn.ac.za\/Files\/docs\/05.2\/18%20Cou.pdf\">Rejecting the Mother Tongue: Afrikaner on the Margins<\/a>\u201d ):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>I should really be writing in Afrikaans. But as you know it is impossible to do so at this stage. It irritates and saddens me but at least I know that time is on my side.<\/p>\n<p>The point is: our politicians, newspaper editors and Afrikaans publishers will allow us to write (and think, and say) only certain things \u2013 those things that fit the grand schemes and narrow thoughts of a powerful cabal. I know because I\u2019ve tried. I pleaded with them, argued and fought. Nothing helped.<\/p>\n<p>So I will write in English but always with the hope that one day my people will know that they are not free.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Volgens hom: \u201cthe individual has no lebensraum except in submission.\u201d En diegene wat nie konformeer nie, kry die volgende behandeling van die koerante (soos weergegee in De Vries):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>\u201c &#8230; Afrikaans newspapers and the SABC start in on what they call a &#8216;knife job&#8217;. This simply means that the culprit is discredited, smeared, written off and buried&#8221; or in a &#8220;subtler version&#8221;: the <i>doodswyg-metode, <\/i>the kill-by-silence method&#8221; (p.4.)<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Bravo! Ongeag die politieke bordjies wat verhang is &#8211; het hul strategie en metodes sedertdien verander? Plaas van weerlegging wat \u2018n sinvolle gesprek is, spreek die media eerder van hul onkunde deur slagspreuke en eensydige beriggewing. \u2018n Intelligente mens dink uit verskeie invalshoeke.<\/p>\n<p>Ferreira is ook nie die eerste een nie: ek weet van <i>Reisigers na n\u00earens<\/i> (1953) deur Willem P. van den Berg, wat die hele mensdom amper verkwalik omdat die hoofkarakter se eie individualiteit, drome en <i>selfverwesenliking<\/i> verpletter is deur die sieldodende tradisie wat gestroop is van betekenis (soos h\u00fd dit ervaar). Van der Berg skilder \u2018n kuddedier voor ons (p. 108-109):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Met \u2018n gevoel van bitterheid in sy hart bekyk hy hierdie mense. Hoe dankbaar is hulle nie vir elke geleentheid tot ontvlugting nie, al die perverse, enge, bekrompe kreature! Wat gee hulle om of hierdie aand Kersaand of watter aand ook al is, solank hulle in uitspattigheid en uitbundigheid hulself en hul klein en verskroeide lewentjies kan vergeet! En dit is Gods hoogste skepping, die mens, sy medemens, in wie hy altyd so vas en seker geglo het, vir wie se geluk hy bereid was om te stry, omdat hy geglo het in mooi-klinkende terme soos \u2018n gelyke bestaansreg, vryheid, die geleentheid tot selfverwesenliking, die ontwikkeling van die persoonlikheid. Maar kyk na hulle! Waar is die selfverwesenliking, waar \u2018n persoonlikheid? Hy beskou hulle aandagtig, soos hulle verbykom, een vir een. Skaars \u2018n enkele gesonde, selfs maar liggaamlik gesproke. Die een \u2018n vet jong man, \u2018n verbleekte ou vroutjie, \u2018n teringlyer, \u2018n mank bedelaar, twee jong meisies, welgevorm maar met alle natuurlikheid verberg onder poeier en verf en kunsmatig gekrulde hare, hulle gesigte leweloos en onverskillig \u2013 \u2018n stroom van mislukkings, gebroke nature, verydelde geeste.<\/p>\n<p>En dit is soos hulle hierdie dag vier. Wat \u2018n teenstelling tussen hierdie aand en daardie! Die stilte op die vlaktes voor Betlehem, die gesprek van die eenvoudige herders wat huiswaarts keer, die enkele gloeiende ster in die uitspansel, die sang van engele! En hier, dreunende motors met hulle skerp ligte, straatligte, advertensieligte, motorbusse, verligte vensters, sigarette; \u2018n skreeuende tierende mensemassa op jag na vermaak, plesier, net iets opwindends; in die kafees en deur die vensters by die danssale, wilde, luide, sensuele musiek. In die nagklubs word gedans, in die kroe\u00eb word gedrink \u2013 want Kersmis moet gevier word \u2013 so!<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En kort voor lank kom die verwagte aanval op Afrkanernasionalisme ook in die boek voor.<\/p>\n<p>Maar die teenpool sal ons wel in<a href=\"https:\/\/play.google.com\/store\/books\/details\/Dan_Roodt_Raiders_of_the_lost_Empire?id=sqxjBAAAQBAJ\"> <i>Raiders of the Lost Empire<\/i><\/a> vind: dr. Dan Roodt bevind mense wat geheel en al onverskillig en ontwortel is van hul eie volk, hul eie taal, hul eie identiteit, dus, in \u2018n staat van kultuurloosheid verkeer, is vatbaar vir verdowingsmiddels of enige ander vorm van ontvlugting, wat nie in die minste die werklikheid verander nie:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>There is a kind of snobbery around drugs and the English look down upon others who do not use narcotics. I strongly suspect that a lot of opinions that we encounter in English newspapers or in the media in South Africa, were also concocted while on some form of stupefying substance. The French word for drugs, <i>stup\u00e9fiants<\/i>, expresses it very succinctly, for in the act of drugging oneself one also succumbs to stupor or becomes stupid. South Africa has plumbed such levels of stupidity over the last few years that we are regressing back to primitive, early Stone Age, or even hominid levels. Very soon South African English, which is already considerably creolised and ugly, will consist of screeches and grunts. Like the vuvuzela, a monotonous plastic instrument habitually blown at soccer matches, all communication will eventually descend to a very basic level.<\/p>\n<p>There is something tragic about English consciousness, which is fundamentally unhappy, hence the need to be drugged, inebriated or numbed. Perhaps this has some connection with the global multicultural project, which aspires to the destruction of all identity, including personal identity. Only when we achieve an undifferentiated herd consciousness, an atavistic \u201cwe\u201d, are we to become \u201cfully human\u201d or whatever clich\u00e9 it may be called. In South Africa\u2019s business schools, they even teach courses in \u201cubuntu\u201d as an ethical principle which translates \u201cI am a person through others\u201d, another way of expressing the longing for a collective hive consciousness.<\/p>\n<p>Today in South Africa, it is part of the English creed that we should in no way be \u201cdivided\u201d. This is almost a world-wide Anglo-Saxon principle. All progress towards becoming an undifferentiated human mass, a bit like the science-fiction concept of \u201cthe Borg\u201d in the American <i>Star Trek <\/i>series, is applauded. Anyone relinquishing his language and culture in favour of English is seen as having taken a step towards becoming part of the \u201cgreater mass\u201d which may even be seen as a global or planetary mass.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Met ander woorde \u2013 skat, dit maak nie saak hoe jy jou probeer lostorring van die gewaande \u201ckuddediere\u201d nie, jy word slegs deel van \u2018n veel erger vorm van identiteitlose, staatlose kuddedierskap. Van nasionale na \u2018n globale skaal.<\/p>\n<p>Maar toe kom ek op \u2018n veel beter bron af.<\/p>\n<p><b>Probleem nommer 2: die groot kultuurbom bars een of ander tyd.<\/b><\/p>\n<p>Ek was besig op<a href=\"http:\/\/delpher.nl\"> delpher.nl<\/a> toe ek op hierdie stukkie juweel afkom:<a href=\"https:\/\/www.delpher.nl\/nl\/kranten\/view?query=type%3D%22artikel%22+AND+%28%22Dan+Roodt%22%29&amp;coll=ddd&amp;identifier=ABCDDD:010857352:mpeg21:a0190&amp;resultsidentifier=ABCDDD:010857352:mpeg21:a0190\"> Boekhandelaar provoceert censuur in Zuid-Afrika<\/a>, <i>De Volkskrant<\/i>, bl. 17, Vrydag, 29 Januarie 1982, geskryf deur Ena Jansen.<\/p>\n<p>Dames en here, wie het veel beter kennis van die omvang en die agtergrond van die hele probleem, as ons eie stigters-egpaar, dr. Dan en Karin Roodt?<\/p>\n<p>In die berig pryk \u2018n foto van Marcus de Jong, die Hollandse boekhandelaar en uitgewer van <i>Taaldoos<\/i>. Met die destydse sensuurraad op die loer, stel De Jong eintlik voor jy moenie in Afrikaans publiseer nie, maar in Nederlands, want omdat die lesertal so min is, sal niemand eers daaraan dink om jou boeke ooit te vervolg nie:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Omdat in Zuid-Afrika Nederlandse boeken een veel kleiner lezerspubliek hebben dan Engelse boeken, is de kans dat een Nederlands boek of Nederlandse vertaling van enig buitenlands boek door de mazen van de censuur glipt juist groter. <i>The Godfather<\/i> van Mario Puzo werd bij voorbeeld destijds verboden, terwijl de Nederlandse vertaling gewoon verkrijgbaar is. Iedere titel moet namelijk individueel worden aangeklaagd om als \u201conwenselijk\u201d en dus tot verboden literatuur te worden verklaard.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Maar wat my toe eintlik interesseer is die volgende. Ons vind die term \u201ctoeristisch\u201d waarvan dr. Roodt die konsep tot vandag toe nog met \u2018n passie haat (ek is seker ek het dit iewers in sy boek <i>Raiders of the Lost Empire<\/i> ook raakgelees):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>\u201cIk heb in dit verband Dan Roodt de term toeristisch denken in de mond gelegd. Als je bijvoorbeeld vanuit Amerika naar Nederland komt, verwacht je klompen en tulpen en sekswinkels aan te treffen. Zo wordt iedere werklijkheid buiten je eigen werkelijkheid ge\u00ebtiketteerd. Het Zuidafrikaanse etiket is uiteraard de apartheid en binnen de Zuidafrikaanse werkelijkheid krijgt iedere groep ook weer een etiket opgeplakt, de Zoeloe is eerlijk, krijgshaftig maar dom, de Afrikaner is een herriebek, en de Engelsman is een usurpator maar liberaal. Daardoor wordt met woorden de hele complexe werkelijkheid vereenvoudigd, op een journalistieke wijze aannemelijk gemaakt voor mense die niet kunnen denken.<\/p>\n<p>Als je een kijk op de werkelijkheid wilt veranderen, dan is de meest voor de hand liggende manier om andere begrippen te gebruiken dan de geijkte \u201ctoeristische\u201d. Als je een ongestructureerde beschouwing hebt die helemaal tegen de gangbare mening ingaat, krijg je een soort magisch-realistische kijk die je niet hoeft te verantwoorde tegenover mensen die in Oxford, Amsterdam of New York zitten. En zeker niet tegenover Pretoria.\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En, dan hierdie baie belangrike stukkie.<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Dan Roodt wil geen nieuw denksysteem met vaste waarden of vaste maatstaven. Hij heeft dan ook lak aan normen van kwaliteit. Het heel begrip kwaliteit is in Zuid-Afrika toch al een gepolitiseerd begrip geworden. Alleen rechtse mense denken in termen van kwaliteit. Linkse mensen denken in termen van authenticiteit. Dan Roodt heeft dus een hekel aan Brink en Gordimer. Het kan zijn dat jaloezie daarbij een rol speelt, maar hij is vooral tegen deze auteurs gekant omdat zij opereren met begrippen als literaire kwaliteit. Ze brengen weliswaar verslag uit van de Zuidafrikaanse werkelijkheid, maar verpakken dit volgens hem overeenkomstig de normen van de westerse romantraditie. De censor heeft gezegd: \u201cBoeken die \u2018n zekere kwaliteit hebben, worden niet verboden.\u201d De baas in Pretoria heeft zich vereenzelvigd met de westerse kwaliteitscultuur en hiertegen verzetten de <i>Taaldoos<\/i>-mensen zich. Zij willen niet schrijven volgens de normen die door de ambtelijke cultuur worden voorgeschreven. Zij geloven ook niet in het woord als wapen. Dat vinden zij een burgerlijke opvatting.\u201d<\/p>\n<p>Dan Roodt en de zijnen gaan zeer grof tegen de censuur in en dat bereiken ze vooral door tot nog toe oncombineerbare zaken met elkaar in verband te brengen. In \u201cPatria Matria &amp; Poep &amp; S\u00ea Hosanna\u201d worden de Zuidafrikaanse volkshelden, de Springbok-rugbyspelers afgeschilderd als een stelletje oververhitte flikkers* die tijdens de wedstrijd er alleen maar aan denken hoe ze elkaar te pakken kunnen krijgen. [*\u2019flikkers\u2019, Nederlands vir \u2018moffies\u2019]<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Dit klink nogal radikaal en revolusion\u00ear! En dit s\u00ea vir my een ding: \u2018n seun en \u2018n dogter kom rou uit die skool, word op Wits gebombardeer deur kultuurmarxisme waarop hulle geheel en al nie voorbereid was nie (danksy jou wonderlike skoolkurrikulum), \u00e1lles wat hulle tot Matriek en in die ouerhuis geleer het is verkeerd en verwerplik \u2013 so waarom nie die hele stelsel op sy kop keer nie? Hierdie berig is geskryf toe dr. Dan Roodt 24 jaar oud was.<\/p>\n<p>Nee, hy en sy vrou hoef nie vandag om verskoning te vra nie, hulle was ook maar net slagoffers van die stelsel: die skool het hulle nie voorberei op Wits se indoktrinasie nie, en hul koppe het uitgehaak. Oorsaak en gevolg. Die Staat het soos Pilatus sy hande in onskuld gewas. Waar was jou Veiligheidspolisie toe? As studente, veral Afrikaners wat voorheen Afrikaanse skole bygewoon het, almal by \u2018n sekere fakulteit begin snaaks optree, moet jy mos ondersoek instel? Die Christelik-Nasionale Staat het sy seuns en dogters willens en wetens vir die honger Sowjetwolwe gevoer en hul skoongepikte beendere veras en in die wind verstrooi as dankoffer in die Ganges. In antwoord op Stefanie Nieuwoudt se vrae in 2004 (Filistynse luiheid pla: Engels nie \u00e1l venster op buiteland, s\u00ea Dan Roodt. <i>Die Burger<\/i>, 15 Junie, bl. 14):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Dit was aanvanklik vir my &#8216;n skok om agter te kom hoe na\u00efef ek was met die stelletjie links-liberale idees wat by Wits by my ingedril is. Terwyl ek in Suid-Afrika destyds baie krities was oor die ou regering, het ek nou toenemend die valsheid van die apartheid-stereotipe in die buiteland begin raaksien en gaandeweg daarteen in opstand gekom. <i>Moltrein<\/i> verteenwoordig in &#8216;n sekere sin my weerwraak op apartheid, op die woord self, maar ook op al die gemeenplase, halwe waarhede en opvattinge wat sowel plaaslik as internasionaal daaronder versprei is.<\/p>\n<p>Veral in Frankryk was die anti-apartheidsbeweging &#8216;n blote afdeling van die Franse Kommunistiese Party, en dit het my laat besef dat hulle &#8216;n eie agenda gehad het om Afrikaners te beswadder in reaksie op hul eie morele probleme as gevolg van die kritiek op die kommunisme en die uiteindelike heengaan van die stelsel in Oos-Europa.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Maar wag nou, Suidpunt! Het jy nie tydens jou relaas oor jou Besigheidstudies ges\u00ea die Staat moet liefs nie hul politiek in die werk afdwing nie?<\/p>\n<p>Ag, my liewe leser \u2013 die Apartheidstaat van destyds het, sover ek weet, ni\u00e9 die Handves van Menseregte onderskryf nie, so hulle kon die media eintlik pasmaak en reguleer soos hulle wou. Ek s\u00ea \u201ckon\u201d. Onder so \u2018n staat kan jy sensuur toepas soos jy luskry. As die staat sou verkies om iemand voor die vuurpeloton te stel wat die leier \u2018n aap noem (ek sal liewer nie Koos Prinsloo hier herhaal nie), dan kon die Staat dit doen. Maar hy het nie. As hy die gevaar van Rooi-Sjina wil uitlig, dan kon hy dit doen; hy stry immers teen die Kommunisme en maak sy leerlinge attent op w\u00eareldgebeure.<\/p>\n<p>As die Staat vir Suid-Afrika \u2018n landbouland wou maak met alle stedelinge wat moet dink hulle is landbouers, dan kon hy dit seker ook so beskrywe in sy handboeke. Maar dit sou oneties teenoor sy Afrikanervolk of Suid-Afrikaanse nasie wees. So in hierdie geval sou ek nie so straf wees teenoor die Apartheidsregering op \u2018n regsbeginsel nie, want hy beweeg net binne sy eie vrye raamwerk. Dat hy wel dwaas opgetree het deur die Afrikaner van sy omgewing d.m.v. sy skoolhandboeke te vervreem, daaroor kan ek kritiek lewer. Asook hul versuim om strenger antikommunisties op te tree.<\/p>\n<p>As die Apartheidsregering onderneem het om die volk en sy kinders en jongmense teen Kommunisme te beskerm, help dit egter nie jy maak of dit glad nie in jou land bestaan nie. Dis so goed jy ignoreer die inbreker in jou huis. Want hoe gaan die kind weet of hy deur \u2018n frontorganisasie ingetrek word? Wat my dus dronkslaan: daar was wetgewing teen Kommunisme, maar tog lyk dit my het (verbloemde) Kultuurmarxisme in Academia floreer. Jou student gaan met hierdie linkse professore te doen kry, en hulle gaan nie weet hoe om kritiek te lewer nie. Daar dink ek kon die Staat reeds \u2018n grondige Antikommunisme-Bybel, verkieslik opgestel deur \u2018n vlugteling-Pool of \u2013Rus, onder die jeug versprei het om die werktuig van die duiwel te ontkrag.<\/p>\n<p>Maar in Suidpunt se geval, in sy ho\u00ebrskooljare, het die postapartheidstaat reeds die Handves van Menseregte aanvaar en onderskryf, met ander woorde, die Staat is moreel verplig om vir my al die verskillende uitgangspunte , oplossings en probleme te stip wat op geen wyse eensydig is teenoor sy landsburgers as individue nie. Jy streef mos na gelykheid, gelykheid van menings? Maar ons weet dit gebeur nie. Ek het dit pas hierbo bewys.<\/p>\n<h3>Wat moes dus gedoen word?<\/h3>\n<p><b>Nommer 1<\/b><\/p>\n<p>Die Afrikanerprofessore was duidelik bewus van die 1968-beweging wat oorsee gewoed het. Hulle moenie vir my kom s\u00ea hulle het nie geweet nie. Dieselfde geld vir die kerke. Die boek met die ironiese titel, <i>Jy kan die kommuniste vertrou,<\/i> deur die Australi\u00ebr Fred Schwarz, is reeds in die vroe\u00eb 1960\u2019s vertaal en verkoop. Die omslag is oortrek met resensies uit Afrikanerkoerante. En ek laat my nie vertel die Onderwysdepartemente was salig onbewus daarvan nie.<\/p>\n<p>Ek sit hier met <i>Gaudeamus Igitur <\/i>(<b>1974<\/b>) deur Deon Hugo reg voor my. Dit was vir eerstejaars bedoel.\u00a0 Op bl. 34 word die maatskappykritiek van Marcuse net so aangehaal en al die besware wat \u2018n student kan h\u00ea ten opsigte van die leerplanne. Al wat Hugo in \u2018n neutedop hierop s\u00ea: <i>festina lente<\/i> (haas u langsaam). Moet jou nie warm loop en dink jy gaan die w\u00eareld oornag in \u2018n sewende hemel omskep nie (p. 38):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Wanneer jy bv. irritasie smaak omdat jy sien dat die volwasse-w\u00eareld nie ag slaan op die erns waarmee jy probleme beje\u00ebn nie, sorg dan dat jy genoegsaam konsiderasie het vir hulle erns.<\/p>\n<p>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Voordat jy \u2018n sogenaamd uitgediende sisteem vernietigend sloop omdat dit na jou mening nie probleme kan verhoed nie, konstrueer eers \u2018n sisteem wat wel onfeilbaar is \u2013 enigeen kan \u2018n Utopia beloof sonder om \u2018n program voor te l\u00ea.<\/p>\n<p>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Indien jy \u2018n kortpad gaan vat \u2013 het iemand ges\u00ea \u2013 vergewis jou eers van al die feite waarom jou voorgangers die ompad gebou het.<\/p>\n<p>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Dit is ook maklik om te s\u00ea dat die volwassenes gefaal het in hantering van verantwoordelikhede \u2013 want jy kan rondom jou talle samelewings-mislukkings uitwys. Korrek. Maar, is jy bereid om die blaam te dra van al die probleme wat sal bestaan as jy twintig jaar ouer is?<\/p>\n<p>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Soms wil jy rewolusion\u00ear probeer om lewe te blaas in slakkegang-beweging van die volwasse w\u00eareld. Onthou dan net dat die Christelike beskawing die resultaat is van eeue se denke, pyn, ontbering en harde werk \u2013 dis nie \u2018n kits-skepping tydens teepouse nie.<\/p>\n<p>Hiermee saam kan jy ook maar onthou:<\/p>\n<p>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Welsprekendheid moet nie met wysheid verwar word nie<\/p>\n<p>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Bewerings is nie feite nie<\/p>\n<p>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Woede is nie \u2018n plaasvervanger vir kennis nie<\/p>\n<p>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Slagspreuke is nie oplossings nie<\/p>\n<p>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Idealisme vereis weinig verstand<\/p>\n<p>\u00b7 \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 Gebrek aan agting maak jou self uiteindelik veragtelik.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>\u201cElke oplossing skep onmiddellik ook sy eie probleme,\u201d kon hy met liefde bygevoeg het.<\/p>\n<p>Ten spyte van hierdie baie mooi wyse woorde, het jy steeds met redelose studente te make. Ek dink dit sou ewe goed wees om \u2018n boek saam te stel waarin alle Marxistiese stellings weerl\u00ea is. Dit was immers in Nasionale Belang! In Afrikaans, vir die Afrikanerkind. Hy moet dit op hom dra soos sy tweede Sakbybeltjie, of soos die Joodse seuns die <i>tefillien shel rosh<\/i> op hul voorkop. Iewers sou die jong Afrikanerkind hom in die middel van \u2018n debat bevind in \u2018n gebied waarvan hy absoluut niks weet nie. Hy ken nie die oorsprong daarvan nie, hy weet nie wat logika, redeneerkuns en sirkelredenasies is nie. Hy sit met le\u00eb hande, of op die kantlyn, want hy kan nie deelneem nie.<\/p>\n<p><b>\u00a0Nommer 2<\/b><\/p>\n<p>Vir elke voorstel wat jy in jou handboek aan die hand doen, lig onmiddellik ook die kritiek of verbeteringspunte uit. Indien \u2018n ou norm vervang is, lig uit waarom dit verander is. S\u00ea daarmee: \u201cDie oplossing van die probleem is vir ons belangrik, maar ons het ook gekyk watter uitwerkings die verskeie oplossings gaan h\u00ea. Ons is meer ingesteld op die korrekte oplossing as watter keuse per se voorgestel of gekies moet word of die gewildste is.\u201d Tot op datum misluk die skoolkurrikula en semestermodules in die geesteswetenskappe hierin cum laude. Ons almal het dit eerstehands beleef.<\/p>\n<p><b>Nommer 3<\/b><\/p>\n<p>Die feit dat die meeste Afrikaners in Gauteng woonagtig was in 2011, beteken jy pas jou aan volgens hulle behoeftes, sonder om die plattelanders uit die oog te verloor. Wat dit juis erger maak: destyds in die 1970\u2019s was daar nie \u2018n algehele nasionale leerplan nie, maar volgens provinsies, en daar is byna <b>elke vyf jaar \u2018n sensus<\/b> gehou en die navorsingsrade talryk. Die provinsies behoort juis van beter te weet hoe die bevolkingsverspreiding en behoeftes sou lyk.<\/p>\n<p><b>Nommer 4<\/b><\/p>\n<p>\u2018n Stedelike nedersetting word beskou as enige plek met meer as 500 mense (volgens S. van Wyk, <i>Die Afrikaner in die beroepslewe van die stad<\/i>, 1968).<\/p>\n<p>Die hele stadsfilosofie waarvan ek en Dr. Roodt praat vir die \u2018stedelinge\u2019 is eintlik \u2018n soort denkwyse wat ons van die \u201cideale Europe\u00ebrs\u201d het. Ons is alte bewus van die kultuurinsinking oorsee, maar ons wil graag die goeie behou. Hoe lyk dit? Jy is nie meer \u201cboer\u201d nie, maar \u201cnyweraar\u201d. Die spreekwoordelike kaal bolyf, hark en bre\u00ebrandhoed maak plek vir \u2018n deftige onderbaadjie en sakhorlosie. Dis geen snobisme nie, ons probeer van die stedelinge bloot egte stedelinge maak. Soos ek uit Dr. Roodt se stelling kan aflei praat ons, benewens die estetika (vorm en funksie), benewens \u201cstraatslim\u201d te wees, ook van Europese tale (in die internasionale publiek) en die grondige filosofiese onderbou daarvan (of watter vakgebied ook al jou keuse is) kennis te dra.\u00a0 Baie mense kom stad toe en wei op die oppervlak van die beskawing en raak so ontwortel. En verward.<\/p>\n<p>Die eintlike doel is ni\u00e9 om van die Afrikanerkind \u2018n rat in die stadsmasjinerie of enige organisasie te maak nie (wat uitgelewer word aan die geldwolwe wat minderwaardige kultuurprodukte smous) nie, maar \u2018n rasionele, onafhanklike wese wat w\u00eareldwyd in die hoogste kringe kan beweeg en saampraat. Ons wil hom juis so beweeglik moontlik maak. Die Hollanders was nie bang dat hul seuns met hul kennis van Frans, Duits en Engels die land sal verlaat nie, al het hulle al die middele gehad om dit te doen. Hulle is wel na buitelandse universiteite toe om ondervinding daar op te doen, maar die meeste het huiswaarts gekeer. Waarom? Want hulle het gew\u00e9\u00e9t waar daar \u2018n leemte was, kon hulle dit vul.<\/p>\n<p>As jy my m\u00f4re in Rotterdam, of Frankfurt, of Lyon of watter plek ook sal aflaai, sal ek die skaars bronne wat daar is (wat ek nie op<a href=\"http:\/\/archive.org\"> archive.org<\/a> kan kry nie) gebruik om artikels te skryf vir die Afrikaanse Wikipedia. Want ons het dit nie. Daar is \u2018n vaste doel, \u2018n vaste mikpunt, \u2018n vaste wil. As ek dit mag saambring Suid-Afrika toe, sal ek maar te bly wees.<\/p>\n<p>Iewers in Du Preez se verhandeling vermeld sy onder \u201cGebrekkige en ontoepaslike selfmodelle\u201d die volgende (bl. 93):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td><b>\u2018n Strewe na geleerdheid word met suspisie beje\u00ebn:<\/b> (\u2018\u2026of hy met al sy slimmigheid darem nog Afrikaner gebly het\u2019 kom uit een van die voorgeskrewe boeke.)<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Om \u2018n kind van die w\u00eareld te isoleer deur hom nuttige vakke en inligting te ontneem, doen jy hom en die ganse samelewing \u2018n groot onreg aan.<\/p>\n<p>Die stad\/dorp was in die 1980\u2019s nie meer die grys triestige gedrog met snorkende stoomneus-treine met monstero\u00eb uit die 1800\u2019s nie, maar die welkome kultuurhart van \u2018n volk in die 1980\u2019s. Daar vind jy jou museums, jou biblioteke, jou kerke. Dit bly steeds die ideaal.<\/p>\n<p>Die Afrikaner skrik nie as \u2018n stad\/dorp of w\u00eareld rondom hom (ten goede) moet verander nie, want hy weet dit is nodig en dikwels onafwendbaar. Daar was in Parys in die verlede groot ongelukkigheid oor die Haussmann-geboue wat die ou stadskern verdring het. Dit was egter om sindelikheidsredes nodig (<a href=\"https:\/\/play.google.com\/books\/reader?id=0YT2esrhhmsC&amp;hl=de&amp;pg=GBS.PT8.w.6.0.220\">sien hier<\/a>). Party Paryse skrywers het in die 1860\u2019s lang trane gehuil oor hul geskiedenis, die ou Middeleeuse Parys, wat van hulle onafwendbaar ontneem word, soos Charles Baudelaire in sy gedig <i>Le cygne<\/i>:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Le vieux Paris n&#8217;est plus (la forme d&#8217;une ville<\/p>\n<p>Change plus vite, h\u00e9las! que le coeur d&#8217;un mortel)<\/p>\n<p>Die ou Parys is nie meer nie (die vorm van \u2018n stad<\/p>\n<p>verander vinniger, helaas! as \u2018n sterfling se hart)<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Maar skaars \u2018n paar geslagte later kom die Suid-Afrikaanse Ambassade onder skoot omdat dit \u2018n \u201cfilistinisme\u201d was om die verskriklike Haussmann-gebou te sloop en \u2018n hipermoderne gebou in sy plek op te rig (vergelyk <i>Moltrein, <\/i>bl. 231). Die Haussmann-argitektuur, <i>\u00f3ns identiteit<\/i>, is in gevaar! Dit wys jou net.<\/p>\n<p><b>Nommer 5<\/b><\/p>\n<p>Gepaardgaande met verandering moet die kind ook geleer word, omrede alles verganklik is, moet daar deeglike dokumentering plaasvind. Want mense gaan dit aanvra. Dit is \u2018n legkaartstuk. Soos met kamerawerk. En omdat jy \u2018n stedeling is, <i>behoort jy<\/i> \u2018n goeie lees- en skryfkultuur te ontwikkel. En gepaardgaande met \u2018n skryfkultuur het jy \u2018n <i>goeie waarneming<\/i> en goeie woordeskat nodig.\u00a0 \u2018n Kamera vang lig teen \u2018n enkele hoek vas, woorde <i>s\u00ea<\/i> hoe die mense voel en dink.<\/p>\n<p>Ander kere, kort jy bloot pen en papier. Dink maar aan die Afrikaanse Kersliedere wat die afgelope dekades gekom en gegaan het. Elke jaar hoor ons presies dieselfde Engelse liedjies oor die radiostasies, terwyl die FAK-bundels, die <i>Afrikaanse Gesangeboek<\/i>, die <i>Jeugsangbundels<\/i> I en II, en natuurlik ons popsterre (ek dink aan Lianie May (Johan Vorster) se oulike \u2018Sneeuman\u2019, Nicholis Louw se \u2018Jesus gaan verjaar\u2019\u2026 ) heeltemal vergeet word. Maar as jy dit eers neergepen het, stel jy eintlik \u2018n inventaris beskikbaar waaruit toekomstige geslagte self kan besluit wat hulle daarmee wil maak. Ek het nog nie eens die<a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Kersliedjies_in_Afrikaans\"> helfte, of kwart, van al ons Kersliedere opgespoor nie<\/a> \u2013 tot my spyt is ek geen musikus of musikant of danige plateversamelaar nie. Dit is geplaas op 2 deser, die dag van die rugbyeindstryd. My suster het op daardie dag en datum die <i>Sionsgesange<\/i> (1947) langs \u2018n vullisdrom in die hoofstraat van \u2018n Overbergse dorp met minder as 35 000 mense in omtrek opgetel en saamgebring, terwyl ek onwetend die hele week besig was met die artikel (wat is die waarskynlikheid?!); natuurlik beskou ek dit as \u2018n teken van Bo \u2013 ek doen Godswerk onder die heidene! \u2018n Mens wonder dan net hoekom niemand nog vroe\u00ebr aan so \u2018n lys gedink het nie. Miskien is dit \u2018n probleem wat C.M. van den Heever al lank gelede opgemerk het in <i>Die Afrikaanse Gedagte <\/i>(1935:65-66):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>Die volk wat geen visie, geen verstand het nie &#8211; so leer die Bybelwoord ons &#8211; sal ondergaan. Die volk wat wel o\u00eb besit, maar niks sien nie, is innerlik dood &#8211; so ook die mens wat horende doof en siende blind is. U sal s\u00ea dat dit onmoontlik is. &#8216;n Mens besit immers &#8216;n paar o\u00eb, deeglike besigheidso\u00eb, hoe sou hy dan nie kan sien nie? Nee, hy sien goed, maar net &#8216;n klein kantjie van die lewe. Hy het sy hele visie vertregter op een aspek van die lewe: hy sien die moontlikhede om besigheid te doen, hy sien die swakhede en gebreke van sy medemens, waaroor hy diepsinnig kan skinder, maar die lewe as geheel, met sy hoogtes en dieptes, met sy bre\u00eb menslike ervaring, die lewe <i>as geheel<\/i> kan hy nie sien en aanvoel nie. Waarom? Hy het nooit geleer om <i>met<\/i> en <i>deur<\/i> sy siel te kyk nie! Hy het grootgeword in &#8216;n omgewing, in &#8216;n onderwys waarin die lewe versplinter l\u00ea tot klein flenters, waarin die groot-menslike nie meer in die oog spring nie, die lewe net sy praktiese alledaagse gelaat toon en die wonder van die oneindige wat straal agter alle uiterlike verskynsels, nie meer gesien en ervaar word nie. Ons gevierde beeldhoukunstenaar Anton van Wouw het eenmaal aan my ges\u00ea dat dit so treurig is om op te merk dat die meeste mense niks sien nie. En inderdaad moet dit vir &#8216;n kunstenaar soos van Wouw, met daardie fyn-skerpe waarneming van die uiterlike vorm en lyn van die dinge, afskuwelik wees om te sien hoe die meeste mense deur die lewe gaan en nouliks besonderhede van hul omgewing opmerk. Dit is &#8216;n kuns om te kan <i>sien<\/i>, en dit is nog &#8216;n groter kuns om die mooie en waardevolle wat ons opgemerk het, te assimileer tot geestesbesit en om te kan onderskei tussen die essensi\u00eble en die nie-essensi\u00eble in die lewe wat ons omring. Mens moet van jongsaf leer om &#8216;n gesonde waarnemingsvermo\u00eb te ontwikkel en om die bonte, veelkleurige w\u00eareld wat ons sien, te verinnig tot sielsbesit deur dit suiwer te laat afspie\u00ebl op &#8216;n mooi gevormde innerlike. Ons het al almal mense ontmoet wat &#8216;n hele lang reis gemaak het en jou niks kan vertel as hulle terugkom nie; of as hulle dan nog vertel, dan is dit &#8216;n aanmekaargeratel van oninteressante dinge, en wie oninteressant gesels of skrywe, het geen fyne sin van verhouding nie, kan nie onderskei tussen wat boeiend en vervelend is nie. Sy hele gees is <i>gemeenplasig<\/i>. Daar is baie mense wat nog nooit opgemerk het hoe die randjie naby sy huis lyk nie, wat die werklike kleur van die veld, pad of straat in sy omgewing is nie. Alles is <i>min-of-meer<\/i>, nooit &#8216;n drang na die haarfyne en korrekte nie. En hoeveel van ons l\u00ea ons toe op &#8216;n sorgvuldige, indringende studie van ons medemens se siel. Baie van ons het wel &#8216;n hele boel te vertel oor hul swakhede, maar die mens as geheel, met sy swakhede en deugde, sy vreugde en leed, al sy menslikheid ken ons nie, en daarom kan ons ook geen kuns waardeer nie, want om waardering te h\u00ea vir kuns, beteken om menslik te wees, om die groot ruim veld van die lewe onbevooroordeeld in te gaan en met al die sintuie en die hele gees op te neem alles wat van waarde is en om dan so &#8216;n volledige persoonlikheid op te bou wat gedrenk is in ervaring en verruim is deur begrip en menseliefde.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Soos Van den Heever pleit op \u2018n gewaarwording wat gekweek moet word vir die uitken en waardering van die skone rondom ons, pleit ek vir die uitken en waardering van die nuttige bronne wat rondom ons is, byna soos \u2018n bestekopname.<\/p>\n<p><b>Nommer 6<\/b><\/p>\n<p>Dit is vir my moeilik om te bepaal wat die langtermynoogmerk van die onderskeie handboeke was. Die Hollandse Gimnasium-kurrikulum voor 1968, soos ek reeds ges\u00ea het, was eenvoudig: hier is jou boublokke, bou \u2018n kasteel daarmee. D\u00e8! Gaan! Verken die w\u00eareld. <i>De wereld ligt voor je open<\/i>.<\/p>\n<p>Wat die boek deur C.J. Joubert (1974) betref sien mens tussen die re\u00ebls dat die Afrikaner <i>weerstand<\/i> moet bied op milit\u00eare en politieke gebied, dat sy hele bestaan in gevaar is; en\/of \u2018n uitwaartse beleid moet handhaaf met ander Afrikalande (te midde van die isolasie wat die w\u00eareld op ons deur sanksies probeer bewerkstellig). Op ekonomiese en maatskaplike gebied moet jy solank gereed maak om die stad permanent te verlaat. En hou jou kruit droog. Die res van die samelewing het blykbaar heeltemal ophou bestaan. Ek praat van die privaatsektor, kultuur, die wetenskap\u2026 daaroor is nie veel ges\u00ea nie.<\/p>\n<p>In die 2006-2008-Aardrykskunde\/Toerisme-handboeke kan jy duidelik die elektriesgelaaide opwinding aanvoel oor die BRICS-lande en veral die noue samewerking met Sjina. En natuurlik die Sokkerw\u00eareldbeker van 2010. \u2018n Politieke tydsdokument, dus. Dis byna-byna 13 jaar later sedert die uitgawes wat ek moes leer; ek wonder watter teleologiese \u201ceindpunt\u201d verkoop die jongste handboeke vandag?<\/p>\n<p>Is \u2018n skoolhandboek ooit veronderstel om so voorskriftelik te raak?<\/p>\n<h3>Slotsom<\/h3>\n<p>Volgens Du Preez is daar sekere gedragspatrone tot mitiese status in die VSA-kultuur verhef. Die belangrikste hiervan is (p. 18):<\/p>\n<ul>\n<li>\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 die Puriteinse mite o.a. die gevare van aardse geluk<\/li>\n<li>\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 die pioniersmite, d.w.s. onwrikbare geloof in die onbeperkte moontlikhede vir die individu met krag, moed en intelligensie<\/li>\n<li>\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 die mite met betrekking tot die belangrikheid van die individu se alledaagse lewe<\/li>\n<li>\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 die mite van die belangrikheid van materi\u00eble sukses; en<\/li>\n<li>\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 die mite van die jeug se vervreemding ten opsigte van die volwasse gemeenskap.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ons sien hoe \u201cgevare van aardse geluk\u201d (wat baie na Calvinisme klink) moontlik \u201cmateri\u00eble sukses\u201d kan temper (as ons nou volgens die Volkstaat-idee kyk wat gekant is teen stoflike welvaart), maar ook vind ek die <i>noodwendige<\/i> vervreemding van die volwasse gemeenskap in vele opsigte heeltemal onnodig en selfs uitgedien. Baie keer word \u2018n besluit geneem omrede dit vir die pragmatiste op daardie oomblik na die beste oplossing gelyk het. Dikwels is dit nie uit kortsigtigheid nie.<\/p>\n<p>Ek wil nie met Latyn of met Frans of Duits dweep nie, maar neem hulle nou as voorbeeld: in die 1980\u2019s sou niemand kon dink dat al daardie Middeleeuse werke of selfs die proefskrif van Ferdinand Postma (<a href=\"https:\/\/archive.org\/details\/denuminedivinoqu00post\/page\/n9\"><i>De Numine Devino quid senserit Vergilius<\/i><\/a> ) eendag op die internet beskikbaar sou wees nie. Niemand sou ook kon dink dat Umberto Eco se postmoderne <i>Il nome della rosa<\/i> (1980) dwarsoor Europa en Amerika opnuut belangstelling in die Middeleeue sou blaas nie. Soos in die res van Europa in die 1960\u2019s was die vakke op daardie stadium vir jou skoolhoofde en leerlinge dus as uitgedien beskou. Wat gister uitgedien was, kry vandag weer nut, want nou moet ons al die ou probleme en oplossings weer van voor af gaan naslaan, of tydlyne optrek soos die teorie\u00eb verander het. Sodat niemand weer dieselfde foute of bevindings oor en oor sal maak nie. Want dit mors tyd. Ander kere is voorgestelde oplossings oor die hoof gesien, bloot omdat die infrastruktuur of platform nog nie daar was nie.<\/p>\n<p>Trouens, met die uitsondering van die pioniermite ek die hele Amerikaanse mite-stelsel, want ek werk volgens \u2018n probleem-oplossing-stamboom, wat hom by die unieke omgewing aanpas.<\/p>\n<p>Soms kry jy vir \u2018n probleem \u2018n enkele oplossing \u2013 soos in jou Wiskunde. 1 + 1 = 2. Soos \u2018n vrygesel loop sy spoor daar dood.<\/p>\n<p>Ander kere kry jy \u2018n uitgebreide gesin: \u2018n waaiervormige hoeveelheid oplossings vir \u2018n enkele probleem. Maar hierdie oplossings skep dikwels weer probleme, wat op hulle beurt ook \u2018n waaiervormige uitklok van oplossings bied. Mense soek dikwels die vinnigste kitsoplossing met die minste moeite teen die minste geld, maar oor die lange duur is dit nie altyd die beste oplossing nie. Goedkoop is duurkoop. Dan moet daar tog maar teruggekeer word na die tweede opsie toe. En so hou die stamboom van probleem en oplossings net aanhou met uitbrei, uitbrei en uitbrei.<\/p>\n<p>Iewers lees ek in <i>Prof. Kobus van der Walt se Omgewingspraatjies <\/i>(2012:315):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td>\u2018n Britse wiskundige, I.J. Good, het in 1965 al gepraat van \u2018n intelligensie-ontploffing in die toekoms. Ons nader nou daardie punt wat singulariteit, oftewel sonderlingheid, genoem word. Sonderlingheid is \u2018n teoretiese punt waar die antwoord op \u2018n probleem sal bestaan nog voordat die probleem ge\u00efdentifiseer is. Die mensdom kom al hoe nader aan di\u00e9 punt.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Maar dit bestaan reeds! Ek wonder nog oor \u2018n saak en ek google \u2013 en iemand het reeds die vraag gevra en dit is reeds deur ander beantwoord en gekritiseer. Ons grootste probleem is net dat die meeste boeke nog nie korrek gekategoriseer is nie, en die inhoud daarvan nog nie op die internet maklik verkrygbaar is nie. Jou eintlike probleem van singulariteit is dat \u2018singulariteit\u2019 self \u2018n probleem is. Dat \u2018n probleem dikwels slegs \u2018n\/\u00e9\u00e9n oplossing gebied word, wat mense deur herhaling op herhaling slaafs en resepmatig sal navolg. Ons behoort nie te praat van <i>\u2018n<\/i> antwoord nie, maar antwoord<i>e<\/i>. Of, \u2018n oplossing is reeds in \u2018n terloopse voetnota in \u2018n boek in 1345 opgeskryf, maar die arme sotte is vandag salig onbewus van die boek se bestaan. Hulle sit dus met \u2018n eietydse probleem waarvoor daar eeue al \u2018n oplossing is. Die antwoord bestaan dus nog lank voordat die probleem ge\u00efdentifiseer is. Wat gister soos prosa\u00efese of selfs nuttelose reisaantekeninge gelyk het, is vandag miskien brandaktueel.<\/p>\n<p>Dit was in die 1970\u2019s miskien nie altyd moontlik nie, maar vandag glo ek ons kan ons kinders en die jeug eerder leer om te gaan ronddelf na antwoorde, gevolg met verdere eksperimentering en kritiek. En hiervoor het jy die redeneerkuns (logika) en die uitwys van drogredenasies en misleiding (wat jammerlik genoeg dikwels eers in jou honneursjaar geleer word) <i>dringend<\/i> nodig.<\/p>\n<p>Die huidige Onderwysdepartement kan dus met vrug van seksopvoeding ontslae raak. Hy kan sy politieke projekkies maar los vir die dooies. Hy kan wel vir ons soliede boublokke gee waarmee ons self sal besluit hoe ons toekoms moet lyk.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaner het in die 1970\u2019s in \u2018n groot penarie beland: aan die een kant moes hy getrou Christelik-Nasionaal en in sy volksaard bly (dit is van hom verwag), aan die ander kant het mens die toenemende verstedeliking en globalisering en ekonomiese en filosofiese stelsels daarbuite gevind wat met sy eie lewensuitkyk verskil. Die 1968-protesjaar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":100044,"featured_media":46837,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,23531],"tags":[227,24164,154,24792,24793,16674,10574,8635,24791,24794,2242,5180],"class_list":["post-46836","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-suidpunt","tag-anc","tag-cm-van-den-heever","tag-dan-roodt","tag-ferdi-hartzenberg","tag-jm-du-preez","tag-latyn","tag-leon-lemmer","tag-np","tag-ou-skoolhandboeke","tag-seksopvoeding","tag-suid-afrika","tag-wiskunde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46836","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100044"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46836"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46836\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46838,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46836\/revisions\/46838"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46837"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46836"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46836"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46836"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}