{"id":46814,"date":"2019-10-26T19:41:24","date_gmt":"2019-10-26T17:41:24","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46814"},"modified":"2019-10-26T19:41:24","modified_gmt":"2019-10-26T17:41:24","slug":"kan-die-springbokke-die-wereldbeker-wen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46814","title":{"rendered":"Kan die Springbokke die w\u00eareldbeker wen?"},"content":{"rendered":"<p>Met Engeland wat die All Blacks oortuigend met 19-7 in Jokohama verslaan het, is alle o\u00eb nou gerig op m\u00f4re se wedstryd tussen Wallis en die Springbokke. Wallis was eintlik gelukkig om teen die Franse te wen en hoewel die Britse sportskrywers so te s\u00ea klaar Suid-Afrika afgeskryf het, is die kanse goed dat hulle wel m\u00f4re kan wen en kan deurdring na die eindwedstryd wat in dieselfde Internasionale Stadion op 2 November te Jokohama gehou gaan word.<\/p>\n<p>&#8216;n Element wat egter vrese in Suid-Afrika wakker maak, is nie soseer Wallis nie, maar die Franse skeidsregter, J\u00e9r\u00f4me Garc\u00e8s, wat in die verlede al bevooroordeeld teenoor die Springbokke opgetree het. In vorige wedstryde tussen die Springbokke en die All Blacks het hy openlik vir die Nieu-Seelanders kant gekies. Uit 14 toetse waarin Garc\u00e8s geblaas het, het die Springbokke net vier gewen, &#8216;n suksessyfer van 29% terwyl hul algehele wensyfer in toetsrugby\u00a0 62% is.<\/p>\n<p>Garc\u00e8s het ook &#8216;n rooikaart aan Damian de Allende toegeken in &#8216;n wedstryd teen die All Blacks in 2017 vir &#8216;n laatvat op Lima Sopoago. Tydens &#8216;n app\u00e8lbeslissing n\u00e1 die wedstryd is bevind dat die oortreding nie &#8216;n rooikaart geregverdig het nie.<\/p>\n<p>Die veteraan-Springbok en rugbykommentator, Kobus Wiese, het aan &#8216;n tydskrif ges\u00ea:<\/p>\n<p>&#8220;J\u00e9r\u00f4me is &#8216;n aangename mens, maar kyk jy na sy rekord, dink ek nie hy is &#8216;n baie goeie skeidsregter nie. Hy maak baie vreemde beslissings en hy&#8217;t sover ook nie &#8216;n goeie W\u00eareldbeker gehad nie. Ek wonder dus op grond waarvan kwalifiseer hy om nou een van die twee skeidsregters in die semi-finale te wees.&#8221;<\/p>\n<p>Wiese het J\u00e9r\u00f4me Garc\u00e8s as &#8220;verskriklik wisselvallig&#8221; beskryf, waaronder &#8220;sy beslissings by die skrums &#8211; wanneer hy strafskoppe daar toeken. Dit lyk half asof hy duim suig\u2026 een vir jou, een vir my. Dit maak net nie sin nie. En hy&#8217;s nie al een wat daaraan skuldig is nie.&#8221;<\/p>\n<p>Nieteenstaande die Franse skeidsregter wat sake vir die Springbokke teen Wallis mag bemoeilik, dui die sportweddenskapsblad <a href=\"https:\/\/www.betway.co.za\/sport\/rugby\">Betway<\/a> Suid-Afrika tans as gunsteling aan. Die koers waarteen &#8216;n weddenskap op die Springbokke uitbetaal, is slegs 1,30 terwyl &#8216;n wen vir Wallis 3,85 as opbrengs bied. Dit beteken dat met R10 se wedgeld, kan mens slegs R13 terug ontvang vir die Springbokke, maar R38,50 indien Wallis die knoop sou deurhaak.<\/p>\n<p>Die meeste Suid-Afrikaners sien uit na m\u00f4re se wedstryd teen Wallis, asook om die Springbokke in die eindstryd in Jokohama te sien speel. &#8220;Met die All Blacks uit die pad, behoort dit eintlik makliker te wees om Engeland te klop,&#8221; het een geesdriftige wat nie haar naam genoem wou h\u00ea nie, by &#8216;n Johannesburgse winkelsentrum ges\u00ea.<\/p>\n<p>Kenners is dit eens dat Wallis oor &#8216;n span gedugte voorspelers beskik. Die Suid-Afrikaanse stut, Brok Harris, 34, wat reeds ses jaar lank vir die Dragons van Newport in Wallis rugby speel, s\u00ea: &#8220;Albei spanne se verdediging is rotsvas. Die span se agttal wat vir die agterspelers die beste platform gaan skep om vanaf te speel, sal die wedstryd wen.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met Engeland wat die All Blacks oortuigend met 19-7 in Jokohama verslaan het, is alle o\u00eb nou gerig op m\u00f4re se wedstryd tussen Wallis en die Springbokke. Wallis was eintlik gelukkig om teen die Franse te wen en hoewel die Britse sportskrywers so te s\u00ea klaar Suid-Afrika afgeskryf het, is die kanse goed dat hulle [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":46815,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87,24],"tags":[6412,24788,24787,23341,6750,4883,2242,17868],"class_list":["post-46814","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby","category-s25-sport","tag-engeland","tag-jerome-garces","tag-jokohama","tag-kobus-wiese","tag-nieu-seeland","tag-springbokke","tag-suid-afrika","tag-wallis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46814","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46814"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46814\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46816,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46814\/revisions\/46816"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46815"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46814"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46814"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46814"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}