{"id":46747,"date":"2019-09-14T08:08:14","date_gmt":"2019-09-14T06:08:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46747"},"modified":"2019-09-14T08:08:14","modified_gmt":"2019-09-14T06:08:14","slug":"brief-hoera-ek-is-wit-en-werkloos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46747","title":{"rendered":"Brief: Hoera, ek is wit en werkloos"},"content":{"rendered":"<p>Hoera, ma, ek is onindiensneembaar. Die woord, s\u00ea my geleerde taaltjomme, is Afrikaans vir <em>unemployable<\/em>.<\/p>\n<p>Nie ek of jy het geweet dat die gebrek aan \u2018n driejaargraad my in die tou by die Werkloodheidsversekeringsfonds sal sien sit nie. Wie sou kon dink?<\/p>\n<p>My gedagtes gaan na die nagte wat ek op die vloer gesit het by die koerant, my eerste werk. Die ure se werk toe ek funksies gere\u00ebl het om produkte bekend te stel. Die sorgvuldige beplanning, die soomlose werkslading. Die \u201cwerk-kom-eerste\u201d-fout wat ek begaan het toe ek my persoonlike verhoudings tweede gestel het. Die opofferings omdat ek van werk hou.<\/p>\n<p>Dan dink ek aan die ANC-man met wie ek in 2006 \u2018n onderhoud gevoer het toe ek vir Mail &amp; Guardian gewerk het. Na \u2018n halfuur van sy retoriek kon ek myself nie keer nie en het hom gevra wat hy dink van my kind gaan word in hierdie land, of nee, ek het vir hom ges\u00ea dat die vraag onwillekeurig by my opkom terwyl hy praat. (Die gesprek het oor transformasie gegaan.) Sy antwoord aan my was : \u201cMaak vrede daarmee dat jou kind sal betaal vir wat jou ouers gedoen het\u201d.<\/p>\n<p>Wel, ek kan sy naam nie onthou nie, al onthou ek waar ons was toe hy dit ges\u00ea het. (In sy duur Sandton-kantoor). Nou wil ek hom graag in die hande kry en vir hom s\u00ea hoe verkeerd hy was. Nie my kind nie, maar ek, betaal alreeds die prys. My 36 jaar se ervaring is soos dro\u00eb blare wat deur die wind weggewaai word.<\/p>\n<p>My ervaring word afgemaak. My vaardighede kom nie in aanmerking teen \u2018n stuk papier nie. My \u201cvoorheen bevoordeelde\u201d status is \u2018n mite. Toe ek in my tweede jaar op universiteit was, is my pa oorlede en ek kon nie voortgaan nie. Ek het nie gratis gestudeer nie!<\/p>\n<p>\u2018n Jaar van aansoeke indien, en \u2018n handjie vol onderhoude later. Meer as 150 aansoeke, kan ek byvoeg. D\u00edt wat jy weet, het die gewig van \u2018n handjie vol blare. Jou intellek, jou ervaring, jou kennis, jou vaardighede \u2013 \u201ckeep quiet and wait your turn\u201d. Maar werkloosheidsversekering eindig ook.<\/p>\n<p>My arme ouers. Hul belastinggeld het \u2018n sterk ekonomie tot stand gebring. \u2018n Land se infrastruktuur gebou. Paaie, hospitale, besighede. En nou betaal ons die prys vir hul opoffering, en gee ons eie opoffering. Ons vir jou, Suid-Afrika?<\/p>\n<p>\u2014Ilse<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoera, ma, ek is onindiensneembaar. Die woord, s\u00ea my geleerde taaltjomme, is Afrikaans vir unemployable. Nie ek of jy het geweet dat die gebrek aan \u2018n driejaargraad my in die tou by die Werkloodheidsversekeringsfonds sal sien sit nie. Wie sou kon dink? My gedagtes gaan na die nagte wat ek op die vloer gesit het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":46748,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[227,9785],"class_list":["post-46747","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-anc","tag-mail-guardian"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46747","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46747"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46747\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46749,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46747\/revisions\/46749"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46748"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46747"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46747"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46747"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}