{"id":46739,"date":"2019-09-04T17:35:14","date_gmt":"2019-09-04T15:35:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46739"},"modified":"2019-09-04T17:35:14","modified_gmt":"2019-09-04T15:35:14","slug":"brief-boere-is-bittereinders","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46739","title":{"rendered":"Brief: Boere is Bittereinders"},"content":{"rendered":"<p>In reaksie op Sydney Gregan se brief: <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=46728\">Die Afrikanervolk aan die einde van die pad?<\/a> van 1 September 2019, wil ek vra: Is dit neusie verby vir die Europese afstammelinge aan die suidpunt van die \u201cDonker kontinent\u201d? Afstammelinge van Nederland, Frankryk, Duitsland en ander Europese lande, wat \u2018n volk gevorm het hier in Afrika, suid van die Limpopo. \u2018n Volk met \u2018n eie taal, kultuur en identiteit. \u2018n Volk wat al soveel struikelblokke oorkom het. \u2018n Volk wat ten spyte van oorheersing en verdrukking deur die grootste moontheid van die 19de eeu , Brittanje, vandag nog bestaan. \u2018n Volk gevorm deur sy vrees vir God, Europese waardestelsel en bloedsweet onder die ongenaakbare Afrika son op \u2018n dro\u00eb, maar dankbare, aardbodem.<\/p>\n<p>Hierdie volk is die Afrikaners en ek glo nie hulle is aan die einde van die pad, soos mnr. Gregan homself afvra nie, maar eerder vind die Afrikaner homself voor \u2018n kruispad. Hy staan al sedert 1994 voor hierdie kruispad en daar gee ek mnr. Gregan gelyk. Tot dus ver het ons volkie maar net gestaan en kyk\u2026 Hy het nie daadwerklik \u2018n spesifieke rigting ingeslaan nie, maar net effens verward rondgetrippel.<\/p>\n<p>Tot onlangs kon die Afrikaner soos al die ander Westerse volke tot \u2018n groot mate sy gemaksug en plesiertjies handhaaf. Moenie \u2018n fout maak nie, die hele Westerse beskawing het sy fut verloor. Dit is nie net die Afrikaner nie. Die Westeling het homself dik gevreet aan gemak en luuksheid. En ons weet dat vraatsug en ledigheid lei tot selfveragting. Selfveragting lei weer op sy beurt tot verlies aan die wil om te oorleef.<\/p>\n<p>Hierdie \u201cluukshede\u201d wat die Afrikaner tot dusver mak gehou het is vinning besig om te verdwyn. Hy is besig om die vet om sy siel te verbrand (ek leen die term by Ernest Hemingway). Ons word <em>lean-and-mean<\/em>.<\/p>\n<p>Ek sien dit by Boereverenigingsvergaderings. Ek sien dit by die kommentaarafdelings onderaan artikels van die media op die internet. En ek hoor dit om braaivleis vure en op sosiale media. Die Boere het genoeg gehad. Ja, hulle aarsel nog oor watter rigting om in te slaan, maar meer as ooit te vore besef hulle die huidige trajek stuur ons oor die afgrond.<\/p>\n<p>Die wil om te oorleef is baie sterk. Baie sterker as wat mens besef. Vra maar net vir die drenkeling of die man wat op \u2018n eiland gestrand is. Die wil om te oorleef kom eers regtig na vore wanneer daardie lewe die koue koelte van die doodskadu begin voel.<\/p>\n<p>Dit is waar dat daar tans nog net \u2018n minderheid van Afrikaners daad by die woord voeg en \u201cveg\u201d vir hulle voortbestaan. Maar soos die geskiedenisontleder Arnold J. Toynbee (1889 \u2013 1975) uitgewys het, word die geskiedenis altyd verander deur die kreatiewe minderheid. Die kreatiewe minderheid baan die weg en die res volg.<\/p>\n<p>Tans gaan dit nog net nie sleg genoeg met die meerderheid van Afrikaners sodat hulle hul gemaksone vaarwel roep en die rigting van Vryheid inslaan nie. Die Afrikaner ontwaak, maar hy is nog nie wakker nie. Hy hoop nog vir \u2018n ander, makliker uitweg. Hy hoop nog dat iets voor die handliggend gebeur en hy kan maar aangaan soos tien jaar terug. Dit is nou maar eenmaal hoe die mens is. Bang vir verandering. Tog voel hy \u2018n verandering kom soos \u2018n koue wind vanuit die see en besef hy dat die onvermydelike oppad is.<\/p>\n<p>Intussen het die kreatiewe minderheid al begin met oplossings. Soos Hein Marx van die \u201cVerenigde Vryheidsalliansie\u201d (VVA) wat reeds Artikel 235 (Die reg op selfbeskikking) van die grondwet en die internasionale reg ingespan het sodat ons kan sesseer. Of Dan Roodt wat die internasionale gemeenskap bewus maak van ons situasie en al baie simpatie en ondersteuning in die buiteland vir ons saak verkry het.<\/p>\n<p>Suidlanders en Afriforum het ook al baie ondersteuning vir die blankes in Suid-Afrika gekry alhoewel ek besef dat baie konserwatiewe Afrikaners agterdogtig is oor hulle motiewe.<\/p>\n<p>Dat die \u201cregses\u201d dan ook so onder mekaar baklei soos mnr. Gregan beweer, is waar. Maar soos iemand eenkeer vir my ges\u00ea het, daar moes een Groot Trek gewees het. Op die ou einde was daar vyf trekke, want die Afrikaners kon nie ooreenkom waarna toe nou eintlik nie. Maar toe die nood druk, toe staan ons saam. Bloedrivier. Die res is geskiedenis. So ook met die eerste Britse besetting van die Transvaal het die Boere eers niks gedoen nie. Te onafhanklik en indiwidualisties. Maar ou wee\u2026 toe hulle saamstaan!<\/p>\n<p>Dan is dit juis ons selfstandigheid en indiwidualiteit wat ons so gevaarlik maak! Ons wil sekerlik nie saamwerk en saamstaan soos \u2018n trop skape nie.<\/p>\n<p>Dit vat \u2018n ruk vir die Afrikaner om eers te begin, maar wanneer hy begin, maak hy klaar. Tot die einde toe. Tot die laaste. Ons het Bittereinderbloed in ons are. Die dag wanneer ons regtig nie meer kan nie, is die dag wanneer ons vryheid begin. Iets kry eers waarde wanneer jy dit verloor.<\/p>\n<p>Mnr. Gregan meen ons moet trek. \u2018n Nuwe stuk aarde waar ons nie verswelg sal word deur Afrika nie. Die Blankedom voel egter die demografiese knyptang orals. Lae geboortesyfers en derdew\u00eareldse immigrasie bedreig blou o\u00eb op elke kontinent. Daar is \u2018n eksodus van Jode uit Europa na Isreal omdat hulle glo daar is nie meer \u2018n toekoms vir hulle in Europa nie. Dit agv die Islamisering van Europese nasiestate. Die inheemse Europe\u00ebrs het egter geen tuisland om na toe te trek nie. Sal ons onsself by ander blankes voeg en ons Afrikanerkultuur prysgee om maar net daar ook weer in die minderheid te beland?<\/p>\n<p>Darem weet ons hoe die vyand lyk. Ons het nie ons wapentuig neergel\u00ea en die vyand ingenooi nie. Meeste Afrikaners weet waar Dawid die beskawingswortels begrawe het. Hulle besef verskillende kulture kom slegs tot volwaardigheid buite die smeltkroes. Dat ons almal nie maar dieselfde is nie.<\/p>\n<p>Buitendien gee die staat vorm aan gemeenskappe of word gemeenskappe gevorm van die grond af op? Hoe het die Hongare oorleef onder Oostenryk en toe later die Sowejetunie? Die Pole onder Rusland, Duitsland en die Sowejetunie? Of die Armeni\u00ebrs onder die Turke?<\/p>\n<p>Kan die Afrikaner dan nie ook oorleef alhoewel hy nie sy eie soewereine gebied het nie? Ek dink hy kan en hy maak s\u00f3. Ten minste totdat die gety draai. En die gety gaan draai, d\u00edt kan ek u verseker.<\/p>\n<p>Mnr. Gregan, dankie dat u besorg is oor ons mense. Dankie dat u alreeds protesteer en veg vir ons vryheid. Ons het u nodig, nou meer as ooit tevore. Ons tel die wapentuig op. Volg ons. Ek sal van u nie iets vra wat ek self nie bereid is om te doen nie. Stap saam met my.<\/p>\n<p>Die pad is lank en moeilik, maar lei na die Lig. Ons uiteindelike Bestemming is reeds gekoop. Ons kan dus reeds in hierdie w\u00eareld die fakkel optel met die wete dat die duisternis oorwin is.<\/p>\n<p>Boeregroete,<\/p>\n<p>\u2014Albert de Villiers<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In reaksie op Sydney Gregan se brief: Die Afrikanervolk aan die einde van die pad? van 1 September 2019, wil ek vra: Is dit neusie verby vir die Europese afstammelinge aan die suidpunt van die \u201cDonker kontinent\u201d? Afstammelinge van Nederland, Frankryk, Duitsland en ander Europese lande, wat \u2018n volk gevorm het hier in Afrika, suid [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":46740,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[768,24752,10718,21138,11571],"class_list":["post-46739","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-afrikaner","tag-ernest-hemingway","tag-oorlewing","tag-sydney-gregan","tag-weste"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46739","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46739"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46739\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46741,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46739\/revisions\/46741"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46740"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46739"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46739"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46739"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}