{"id":46669,"date":"2019-08-04T17:23:40","date_gmt":"2019-08-04T15:23:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46669"},"modified":"2019-08-04T17:23:40","modified_gmt":"2019-08-04T15:23:40","slug":"suid-afrika-en-dr-h-f-verwoerd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46669","title":{"rendered":"Suid-Afrika en dr. H.F. Verwoerd"},"content":{"rendered":"<div class=\"mtm _5pco\" data-testid=\"post_message\" data-ft=\"{&quot;tn&quot;:&quot;K&quot;}\">\n<p>Voor 1953 was daar kerkskole, sendingskole, wat deur die buiteland gesubsidieer was tot en met 1953. Toe Verwoerd daar oorneem, is daar &#8216;n klomp dinge wat hy laat ondersoek het. Dis eers van 1954 af wat die staat van die Sendingskole en kerkskole oorgeneem het. Daar was baie geweld in die skole, wat ek ook hier sal aanhaal.<\/p>\n<p>Hoekom het die <em>swart<\/em> etniese groepe nie vir &#8216;n slag hul eie onderwysers ook voorsien om in hul eie moedertaal onderrig te verskaf nie &#8211; antwoorde wat ons nie sal kry nie, want as mens kyk hoe steek hulle vandag skole aan die brand, in hul eie gemeenskappe, dan wonder mens waar is hul leiers, veral in Trustgebiede&#8230;<\/p>\n<p>Verwoerd het daarom geen bedreiging in goed opgevoede en geletterde swartmense gesien nie, maar dit as \u0149 noodsaaklike voorwaarde vir vreedsame naasbestaan beskou dat ongeletterdheid uitgewis en die ontwikkeling van die swart volke bewerkstellig moet word. Hoe anders sal onderhandelinge in die toekoms oor verskeie sake wat beide groepe raak, kan plaasvind as dit nie kan geskied met leiers van die swart gemeenskap wat geletterd en opgelei is nie? (Van de Wall 2001:166).<\/p>\n<p>In sy toespraak voor die Naturelle Verteenwoordigende Raad op 5 Desember 1950 was Verwoerd se gedagtegang helder en het hy die vaste oortuiging uitgespreek dat swart leiers graag hulle eie mense sal wil help op die pad van vrede en voorspoed.<\/p>\n<blockquote><p>\u201c\u2026 Hy [die huidige leier van die Bantoebevolking] kan help om aan die kinders en geleerdes van sy volk \u0149 kans te gee om werk te vind of hul ambisies uit te lewe ten volle binne eie terrein\u201d (Pelzer 1963:25). Die knelpunt was, by terugskoue, die aanname dat swartmense tevrede sou wees om daardie ideaal na te streef in \u0149 omskrewe grondgebied of die tuislande (Giliomee 2009:193).<\/p><\/blockquote>\n<p>Verwoerd is nooit die geleentheid gegun om aan die intellektuele begronding van sy toekomsvisie gevolg te gee onder omstandighede waarin die algemene peil van ontwikkeling van die swart<br \/>\nbevolking daardie leiers opgelewer het wat tot die toekomsgesprek oor vreedsame naasbestaan kon of wou toetree nie. Die studie van die ontplooiing van onderwysvoorsiening aan swart kinders deur<br \/>\ndie Departement van Bantoe-Onderwys het gevolglik net veertien jaar gestalte gevind binne die intellektuele dampkring van Verwoerd se leierskap. Die volle ontplooiing van die gevolge van die beleid van afsonderlike ontwikkeling, soos Dr Verwoerd dit intellektueel bedink, gerasionaliseer en stapsgewys verduidelik het, is skielik onderbreek toe hy in 1966 in \u0149 sluipmoordaanval vermoor is.<\/p>\n<p>Na 1966 het die leiersprofiel en beginselbenadering tot die beleid van afsonderlike volksontwikkeling anders ontplooi as wat Dr Verwoerd dit bedink en gemotiveer het. Uiteindelik was daar \u0149 meer kwellende realiteit met betrekking tot onderwys aan swart kinders in 1950 wat die aandag van Verwoerd geniet het \u2013 skoolbywoning. Die probleme waarmee swart onderwys te kampe gehad het, was kompleks.<\/p>\n<p>Hyslop (1993:394) verwys na die \u201cstate of near<br \/>\ncollapse\u201d teen 1940 van die sendingskoolbedeling vir onderwys aan swart kinders. Daar was nooit voorheen in die geskiedenis van Suid-Afrika \u0149 organiese of funksionele eenheid ten aansien van die beplanning, bestuur of implementering van onderwys aan swart kinders nie. Onderwys aan<br \/>\nswart kinders het sonder betekenisvolle inspraak en medeverantwoordelikheid van swart ouers as \u0149 gemeenskap op plaaslike en nasionale vlak plaasgevind. Die aantal swart kinders tussen die ouderdom 7 en 16 jaar wat wel skool toe gegaan het, het van 4,1 persent in 1925 toegeneem tot 41 persent in 1953. Die gemiddelde aantal skooljare van daardie kinders was maar vier jaar. Teen 1949 was daar maar net 4 702 swart leerlinge in standerd agt in die hele Unie en net 471 in matriek.<\/p>\n<p>Vir elke 1 000 swart kinders in graad een in die Unie in 1949, was daar net 32 in standerd twee en 10 in standerd agt. Hoewel die helfte van alle skoolgaande swart kinders in die sub-standerds was, het slegs 10 persent van die leerlinge in die sub-standerds standerd twee bereik, net \u0149 halwe<br \/>\npersent het die Junior Sertifikaat bereik en \u0149 baie klein getal matriek (Pelzer 1963:61). Hierdie ho\u00eb uitvalsyfer was \u0149 besondere bron van kommer en het as motivering gedien om \u0149 omvattende onderwys- en ontwikkelingsplan vir swartmense te ontwikkel. Van enige sistematiese<br \/>\nkleuteronderrig in kleuterskole was daar nie sprake nie en sekond\u00eare skole het \u0149 ernstige gebrek aan dissipline ondervind. In 1947 was daar onrus by beide die Lovedale Mission School en Heraldtown Mission School \u2013 twee vooraanstaande sendingskole vir swart kinders. Dit is deur die Eiselen-kommissie vertolk as die geleidelike verswakking van die sendingskoolstelsel (UG 53-1951 (Eiselen) 1951:132-135). Die sendinggenootskappe het tevore die verantwoordelikheid vir die oprigting van sekond\u00eare skole asook opleidingskolleges vir onderwysers op hulle geneem.<\/p>\n<p>Die verswakking van die dissipline en finansi\u00eble vermo\u00eb van die sendinggenootskappe het \u0149 vakuum laat ontstaan wat deur die toekomstige beplanning ondervang moes word.<\/p>\n<p><strong>HOLISME, INSPRAAK EN BEMAGTIGING: ONDERWYS AAN SWART KINDERS NA 1950<\/strong><\/p>\n<p>Die Wet op Bantoe-onderwys, Wet Nr. 47 van 1953 was een van \u0149 reeks opeenvolgende wette wat, soos De Kiewiet dit stel, \u0149 eerlike en opregte opvatting was dat die hele korpus wetgewing met betrekking tot die bestuur van die swart mense in Suid-Afrika sedert 1920 \u0149 wesenlike bydrae<br \/>\nsou lewer tot die verbetering van die lewenskwaliteit van daardie mense (De Kiewiet 1942:235).<\/p>\n<p>In sy verklaring oor die Bantoe-onderwysbeleid in die Senaat op 7 Junie 1954 het Verwoerd ges\u00ea<\/p>\n<blockquote><p>\u201c&#8230; die omvattende plan om aan die Bantoe \u0149 opvoeding te verskaf wat nie op die belange van die enkeling konsentreer nie maar wat die vooruitgang van die Bantoe gemeenskap ten doel het\u201d en dat \u201cdie doelstelling daarvan is om \u0149 doeltreffende opboudiens te lewer\u201d.<\/p><\/blockquote>\n<p>Bantoe-onderwys moes nie slegs enkelinge bevoordeel soos wat die geval onder die sendingskole was nie, maar \u201cstrek tot die opbou van die Bantoe-gemeenskap as sodanig\u201d (Pelzer 1963:60).<\/p>\n<p>Bantoe-onderwys is gereorganiseer onder die jurisdiksie van die nasionale Departement van Naturellesake en het \u0149 geleentheid geskep om aan \u0149 eenvormige nasionale Bantoe-ontwikkelingsbeleid gestalte te gee. Op streeksvlak het die leiers van die swart gemeenskap die geleentheid gekry om self verantwoordelikheid vir die bestuur daarvan te aanvaar, omdat Verwoerd juis die swart leierskorps wou betrek by die onderwys van hulle gemeenskappe. Die plaaslike bestuur van Bantoe-onderwys sou die swart leiers leer om die diens wat voorheen deur sendelinge gelewer is, nou self vir \u201cdie gemeenskap as geheel te verrig\u201d. Bantoe-onderwys moes aan die swart leerling die \u201ckennis, vaardighede en gesindhede\u201d oordra wat vir hom \u201cnuttig en bevorderlik is\u201d en wat \u201ctegelykertyd sy gemeenskap tot voordeel strek\u201d. Die skoolopleiding moes swart leerlinge ook \u201ctoerus vir die eise wat die ekonomiese lewe in Suid-Afrika aan hom stel\u201d (Pelzer 1963:68). Daar was groot ontevredenheid dat net 40 persent van skoolpligtige swart kinders inderdaad staats- en staatsondersteunde skole besoek het. Die nuwe onderwysbedeling moes swart leiers vorm en help<br \/>\nom \u201c&#8230; sy eie gemeenskap in alle opsigte te bedien\u201d (Pelzer 1963:77).<\/p>\n<p>Die nuwe onderwysbedeling het in Januarie 1954 in werking getree. \u0149 Afdeling Bantoeonderwys is in die Departement van Naturellesake gevestig en alle voormalige provinsiale en sendingskooladministrasie is daarheen oorgeplaas. \u0149 Totaal van 5 665 staatsondersteunde skole vir swart kinders en 600 Transvaalse gemeenskapskole is na die Afdeling oorgeplaas. Ten einde die nuwe beleid regoor die Unie te implementeer, maar spesifiek gevolg te gee aan die oorkoepelende oogmerk van gemeenskapsontwikkeling, is die land in ses geografiese streke<br \/>\nverdeel met \u0149 relatief dominante of meer homogene etnografiese samestelling. Elke streek is onder die bestuur van \u0149 direkteur geplaas en verder in inspektorate onderverdeel. \u0149 Blanke persoon is aanvanklik aangestel as inspekteur van skole, maar is bygestaan deur swart onderinspekteurs en toesighouers. Die hoofkantore van elk van die ses streke was Pretoria, Pietersburg, Pietermaritzburg, Bloemfontein, King Williamstown en Umtata. Voorsiening is gemaak vir vyf<br \/>\nkategorie\u00eb van swart skole, naamlik gemeenskapskole (kerke se skole wat aan die staat oorgedra is); staatskole vir Bantoes (skole, kolleges, tegniese- en nywerheidskole gevestig op staatseiendom), plaasskole (opgerig deur plaaseienaars vir die kinders van werknemers), myn- en fabriekskole<br \/>\n(opgerig vir bona fide werknemers van sekere myne en\/of nywerhede) en sogenaamde \u201cingelyste\u201d skole (skole waarvan die bestuur en administrasie aan spesifieke organisasies toevertrou is).<\/p>\n<p>Ongeag die kategorie waarin \u0149 skool was, moes die voorgeskrewe leerplanne van die Afdeling Bantoe-onderwys onderrig word. Die streekkantore se werksaamhede was toegespits op die behoeftes van bepaalde taal- en etniese groepe. Pietersburg was vir die Noord-Sotho, die Venda en Tsonga-taalgroepe; vir die Tswanasprekers, maar ook ander swart kinders in die omgewing van Pretoria en aan die Witwatersrand; Bloemfontein vir die Suid-Sotho- en Tswana-taalgroepe; die Natalse streekkantoor in Pietermaritzburg vir die Zoeloesprekendes en die Umtata-kantoor vir die Xhosa-taalgroep in die Transkei en die res van die Xhosa-groeperinge vanuit die streekkantoor in King Williamstown (Behr &amp; Macmillan 1966:351-356). Swart amptenare in die hoof- en streekkantore het geleidelik verantwoordelikhede by wit amptenare oorgeneem namate<br \/>\ndie kundigheid en ervaring van die swart amptenare dit moontlik gemaak het. Die uitgangspunt was duidelik: die swart gemeenskap moes gelei word om die taak self te volvoer.<\/p>\n<p>In 1958 is die Afdeling Bantoe-onderwys omskep in \u0149 volwaardige staatsdepartement, die Departement van Bantoe Onderwys (DBO). Die sentrale staatsdepartement is versterk met gedesentraliseerde beheer om direkte beheer nader aan die gemeenskappe te bring. In elk van die<br \/>\nvolgende gebiede is streekkantore opgerig: Noord-Transvaal, Suid-Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal, die Ciskei en die Transkei. Elke streek het \u0149 streeksdirekteur aan die hoof gehad, wat weer \u0149 span onderwysinspekteurs en -adviseurs onder sy toesig gehad het. Dit was op hierdie vlak dat die betrokke swart gemeenskappe by die onderwys van hulle kinders betrek is. Daar is skoolrade en skoolkomitees op die been gebring, asook beheerrade, adviesrade en bestuurders van plaas-,<br \/>\nmyn- en ongesubsidieerde skole. Die skoolrade en -komitees het gemeenskapskole bestuur, beheerrade was verantwoordelik vir spesiale skole en adviesrade vir die staat se swart skole. Die omvattende netwerk van administrasie en toesig het swart gemeenskappe geleidelik ingelei in die vestiging van \u0149 kultuur van medeverantwoordelikheid vir die onderwys van hulle kinders. Swart ouers en leiers is betrek by die besluitneming op die laagste en streeksvlakke en het uiteindelik gelei tot die aanstelling van meer senior adviseurs en inspekteurs. Van totale apatie en onverbondenheid tot swart onderwys het die werksaamhede van die DBO geleidelik \u0149 korps ervare swart onderwysers en amptenare opgelei wat later self verantwoordelikheid vir beleid en bestuur kon oorneem (DBO Jaarverslag 1961:3-5).<\/p>\n<p>Die omvattende administratiewe en bestuurstruktuur is stadig maar seker beloon met groei in die skoolbywoning. Soos in Tabel 1 hieronder aangedui is, is sterk groei in skoolbywoning tussen 1950 en 1968, die eerste vyftien jaar van algemene swart onderwys, aangeteken. Die syfer vir skoolbesoek van swart leerlinge in die laer prim\u00eare skoolfase (d.w.s. leerlinge in die eerste twee skooljare, standerd een, twee en drie) het tussen 1950 en 1968 met 62,3 persent toegeneem. Tussen 1953 en 1968, dit wil s\u00ea gedurende die eerste vyftien jaar van toegespitste Bantoe-onderwys, het skoolbywoning in die laer prim\u00eare fase met 59,6 persent toegeneem. In die ho\u00ebr prim\u00eare skoolfase (d.w.s. standerd vier tot standerd ses) het skoolbywoning tussen 1950 en 1968 met 65,2 persent toegeneem, terwyl die koers van toename sedert 1953 56,6 persent was. Die skoolbywoning vir sekond\u00eare skole was uit die staanspoor laag. Skoolbywoning in hierdie skoolfase het tussen 1950<br \/>\nen 1968 met 71,6 persent toegeneem, maar tussen 1953 en 1968 met 67,8 persent. Die belangrikste syfer is egter die persentasie leerlinge in die sekond\u00eare skoolfase as \u0149 deel van die groottotaal. Slegs in twee jare, naamlik in 1955\/56 en in 1968 het meer as 4 persent van die totale aantal kinders op skool hulle in die sekond\u00eare fase bevind. Die toename in totale skoolbesoek oor al drie die kategorie\u00eb vermeld, het tussen 1950 en 1963 met 63,4 persent toegeneem en met 57,3 persent tussen 1953 en<br \/>\n1968.<\/p>\n<p><strong>ONWAAR DAT DR H VERWOERD WISKUNDE NIE IN SWART SKOLE TOEGELAAT HET NIE:<\/strong><\/p>\n<p><strong>WISKUNDE WAS WEL &#8216;N VAK IN DIE SWART SKOLE &#8230; :<\/strong><\/p>\n<p>Die ondersoeke wat Verwoerd en andere gedoen het, het ook gewys dat hierdie Sending en kerkskole teen mekaar gekompeteer het &#8230; en van die oorsese mense wou nie meer die spesifieke skole subsidieer nie, die staat het destyds wel die salarisse van die onderwysers in die skole betaal. Van hierdie skole is sommer summier gestop sonder dat daardie kinders \u00earens anders geakkommodeer was, en dit was beslis nie Verwoerd se skuld nie. Nog minder myne of ons jeug s&#8217;n wat hoeveel jaar daarna gebore is. Net soos wat daar vandag myne gesluit word omdat swartes alles afbrand, het dit destyds ook in skole gebeur, hoe hulle afgebrand het, en Sharpeville was beslis nie die eerste gewees nie.<\/p>\n<p>Die Wet op Bantoe-onderwys met die gepaardgaande oorname van kerkskole het &#8216;n geweldige negatiewe reaksie van die Anglikaanse biskoppe (Clayton, Alderson en Reeves) sowel as die RoomsKatolieke aartsbiskop (Dennis Hurley) uitgelok. Hul invloedsfeer is drasties ingekort. Die Anglikaanse Kerk (St. Peter&#8217;s) in Soweto het hul skool summier gesluit sonder dat daar &#8216;n heenkome vir die leerlinge was.<\/p>\n<p>Dr. Verwoerd het sy beleid oor Swart Onderwys op 7 Junie 1954 in die Senaat breedvoerig verduidelik. Hy het sy standpunt herhaal dat Swart mense gelei moet word om hul eie mense te dien in plaas van hul hoop daarop te vestig om in die blanke gemeenskapslewe opgeneem te word.<\/p>\n<p>Sy woorde &#8220;daar is vir hom bokant die peil van sekere vorms van arbeid nie plek in die blanke gemeenskap nie&#8221;, is onmiddellik verdraai om aan te dui dat hy die oorgrote meerderheid van die bevolking wil verkneg.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n sinsnede wat selfs vandag nog buite verband aangehaal word om sodoende te bewys dat dr. Verwoerd &#8216;n voorstander van minderwaardige onderwys vir Swart mense was, kom uit sy toespraak by die tweede lesing van die wetsontwerp in die Volksraad op 17 September 1953:<\/p>\n<p>&#8220;Wat help dit om Matesis te leer aan &#8216;n Bantoekind wat dit nie prakties kan gebruik nie?&#8221;.<\/p>\n<p>Die feit is dat Wiskunde wel &#8216;n skoolvak in Swart skole was<br \/>\nen die woorde van Verwoerd glad nie impliseer het dat dit nie<br \/>\naangebied sou word nie.<\/p>\n<p>Dit word verswyg dat dr. Verwoerd ook ges\u00ea het dat daar vir die Swartman geen plafon sal wees nie. Hy het sy erns hiermee verwoord in Wet no. 45 van 1959 waarin eie universiteite vir elke bevolkingsgroep in die vooruitsig gestel is. Dit was &#8216;n voortvloeisel van die Eiselen-kommissie wat bevind het dat bestaande universiteite min bydrae gelewer het tot die akademiese opheffing van die Swartes.<\/p>\n<p>Vyf nuwe universiteite is deur die regering tot stand gebring<br \/>\nen dit moontlik gemaak vir die Swart studente om gevorderde<br \/>\nakademiese kwalifikasies in hul tuislande te verwerf.<\/p>\n<p>Hy het bewys dat dit vir hom erns is deur Wet no. 45 van 1959 waarin die beginsel van eie universiteite vir elke volk of bevolkingsgroep in Suid-Afrika beliggaam is.<\/p>\n<blockquote><p>* Dit is duidelik uit bostaande uiteensetting van Rousseau dat die werklikheid en die propaganda wat die Afrikaner nasionalis in die beskuldigde bank plaas en daar probeer hou, hemelsbreed verskil en bewys dat die propaganda &#8216;n leuen verteenwoordig. Dit is ooglopend dat dr. Verwoerd uit sy pad uit gegaan het om die swart onderwys wat deur die liberaliste van die onderskeie Engelse kerke bedryf was uit die modder te lig en te omskep in &#8216;n menswaardige onderwysstelsel. Dit bevestig ook dat die Swart skoolkinders van Soweto deur rewolusion\u00eare agitators gebruik is om &#8216;n politiekte standpunt te bevorder onder die dekmantel van Afrikaans as onderrigtaal in die skole. Net so is dieselfde agitators verantwoordelik vir die vernietiging van menige skoolgeboue en die agterstand wat die skoliere weens hierdie aksies opgebou het. Gemeet aan die standaard van die huidige onderwysstelsel is dit te betwyfel of die ANC\/SAKP regime dieselfde vordering as Verwoerd sou kon maak as hul die onderwysstelsel van die Engelse kerke ge\u00ebrf het. <a href=\"https:\/\/l.facebook.com\/l.php?u=http%3A%2F%2Fwww.anbsa.co.za%2Fwp-content%2Fuploads%2F2015%2F03%2FNB51a.pdf%3Ffbclid%3DIwAR2h0i5pdnA99Y7tvXriH-7apK65lk9C0lJd6PaTCre7Mnpa1DKhT80PLIE&amp;h=AT2RCA6c7suV-FzED7gL2EBMbAkx_szenMiACK6gi-C9AvB9v5EFtxqwPjFHaO1sdnfcrpwzJEE7yLbkowmbZDJYMZod2eAHlydBPWwoZEZNK37lCXSgzi7K_tyPTPgvi0TCs0Pl10NsFs470dYipwEDJKGNCfdhopQ202OJJQpck4pvOkgxkzKkhQdf72DjEsH3JeUmUZuDmBUOWNiV_4gZAOjw7Ka3zLcDnpFPTOg80CWoizFFrZ9zq6VgyzE4ChwTNAer1q-f-Wqmyj6g6D7e2NkfbOaq6Yad6npKqiAN3ywWWKLvZwvQwBbtXVKjruA48AqxbKPdj7N8_DamlXbPc4DBU9WiCqbCvdwj_fnONZKP7poSXsbpB00OmwZAb3asFrxXNqt3lFB2io4pLHqe80kQLMGnE3j_14v8-5XIFucJVlz-rrwjTro6iLp0O49bZW7TgL5-Yrd0kImmNpCMwJD-milSQcycBThrO6vycK7930AQ9kMj-jv09p9CGqL8jGgbUhCcBTrMU1YdQLMoBmDbXl4fDzwj-vlKpf35NMf1SpzzRR6IFyXFWPZwYZ6k13OoYHNSc3a4HcFkIhgCdElJVjoVKdLw7LgWr2OEfRiTkg-6\" target=\"_blank\" rel=\"noopener nofollow noreferrer\" data-ft=\"{&quot;tn&quot;:&quot;-U&quot;}\" data-lynx-mode=\"async\">http:\/\/www.anbsa.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/NB51a.pdf<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p>Dit is nodig om die sluiting van die kerkskole in perspektief te sien. Die staat het 100 persent van die salaris van goedgekeurde onderwysers verbonde aan hierdie inrigtings betaal. Min regerings in die w\u00eareld sou voortgaan om subsidies van hierdie aard te betaal indien die betrokke skole nie breedweg met die onderwys beleid van die regering saamstem nie. Eweneens sal min regerings `n voortsetting toelaat van die voor-1954 toestand dat private instellings die opleiding van onderwysers vir swart skole behartig.<\/p>\n<p>AFRIKAANS moes nooit in swart skole geleer word nie, maar moedertaal, so het dr Verwoerd ook bepleit. Swartes moes liefs na hul eie skole en onderrig omgesien het, dan was alles 100% reg&#8230;<\/p>\n<p>..<\/p>\n<p>Daar was ook die kwessies van moedertaalonderrig en Afrikaans as voertaal wat kritiek ontlok het. Tussen 1954 en 1966 het die amptenare in die departement die aanwending van Afrikaans as voertaal in swart skole met omsigtigheid gehanteer.<\/p>\n<p>Die Departement van Bantoe-onderwys het skoolrade van swart skole oor die hele land gevra watter medium op sekond\u00eare vlak<br \/>\ngebruik moet word. Twee-derdes het Afrikaans en Engels verkies, een-derde Engels en een persent die moedertaal.<\/p>\n<p>Die departement het die moedertaal as voertaal gebruik tot voor sekond\u00eare skool en daarna Engels en Afrikaans, maar het tot die laat sestigerjare nie aangedring op Afrikaans as voertaal in die Transkei, Natal en dele van die Witwatersand waar onderwysers nie in Afrikaans vaardig was nie<\/p>\n<p>Anthony Johnson kontrasteer die voertaalbeleid tussen 1954-1976 en 1976-1994 soos volg. Tussen 1954 en 1976 het `n swart kind ag jaar van moedertaal onderrrig gehad om sy kognitiewe vermo\u00ebns in sy eie taal te ontwikkel en om &#8216;n tweede en derde taal onder die knie te kry sodat hy dan na Engels of Afrikaans as voertaal kan oorskakel. Na die Soweto-opstand in 1976 is die beleid radikaal verander. Die kind moes nou na vier jaar van moedertaal onderrig oorskakel na Engels.<\/p>\n<p>.Die slaagkoers onder swart matrikulante was 74% in 1979 en het geval tot 48% in 1982 en 35%-40% in die laat negentigerjare<\/p>\n<p>&#8230;<\/p>\n<p>In 2008 het Mamphela Ramphele, ` n vooormalige rektor van die Universiteit van Kaapstad, en Wendy Luhabe, `n sakeleier, verklaar dat \u201cBantu education served them better than the some township schools do today\u2019s children&#8221; https:\/\/mg.co.za\/article\/2012-03-23-education-system-worse-than-under-apartheid-ramphele<\/p>\n<p>\u2014<a href=\"https:\/\/onafhanklik.com\/\">Catryn Bosman<\/a><\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voor 1953 was daar kerkskole, sendingskole, wat deur die buiteland gesubsidieer was tot en met 1953. Toe Verwoerd daar oorneem, is daar &#8216;n klomp dinge wat hy laat ondersoek het. Dis eers van 1954 af wat die staat van die Sendingskole en kerkskole oorgeneem het. Daar was baie geweld in die skole, wat ek ook [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":45146,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[11],"tags":[6903,4953],"class_list":["post-46669","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s7-menings","tag-bantoe-onderwys","tag-verwoerd"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46669","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46669"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46669\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46670,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46669\/revisions\/46670"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45146"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46669"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46669"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46669"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}