{"id":46443,"date":"2019-04-21T19:23:48","date_gmt":"2019-04-21T17:23:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46443"},"modified":"2019-04-21T19:23:48","modified_gmt":"2019-04-21T17:23:48","slug":"dan-roodt-afrikaner-eurokaner","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46443","title":{"rendered":"Dan Roodt: Afrikaner, Eurokaner"},"content":{"rendered":"<p>Wie en wat is &#8216;n Afrikaner?<\/p>\n<p>Soos by alle volkere wat vir lang tye oorheers of beset is, het di\u00e9 vraag al telkemale in die verlede tydens krisistye na vore gekom. Tans, met die juk van die ANC-terroristebewind wat al swaarder op ons druk, tesame met die onderdrukking van ons kultuur, ervaar vele van ons mense nogmaals &#8216;n identiteitskrisis. Andersins verkeer ons natuurlik in die tydvak van sogenaamde &#8220;identiteitspolitiek&#8221; wat regoor die w\u00eareld gevoer word en waardeur die identiteit van veral blanke Europe\u00ebrs of Westerlinge aangeval of verguis word terwyl di\u00e9 van swartmense of Moslems opgehemel word. Ons sien dit ook in die taamlik absurde &#8220;akademiese&#8221; diskoerse rondom &#8216;n begrip soos &#8220;witheid&#8221;. In Nederland het van die media begin om die woord &#8220;blanke&#8221; te onderdruk ten gunste van &#8220;witte&#8221; wat blykbaar oor meer negatiewe konnotasies beskik, sodat witskuld in die hand gewerk kan word.<\/p>\n<figure id=\"attachment_46445\" aria-describedby=\"caption-attachment-46445\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/mandy_rossouw.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-46445\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/mandy_rossouw-300x169.jpeg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"169\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/mandy_rossouw-300x169.jpeg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/mandy_rossouw-768x432.jpeg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/04\/mandy_rossouw.jpeg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-46445\" class=\"wp-caption-text\">Die voormalige Beeld-joernaliste Mandy Rossouw<\/figcaption><\/figure>\n<p>Afgesien van tye in die negentiende eeu toe die koloniale Britse bewind met alle geweld gepoog het om die Nederlands- of Afrikaanssprekende bevolking aan die Kaap te verengels, was daar nog nooit &#8216;n tydvak in die geskiedenis toe die staat, maar ook privaat magte en kragte soos die hoofstroommedia, so hard gepoog het om die Afrikaneridentiteit aan te val, verdag te maak of te verguis nie. Ek onthou dat &#8216;n joernaliste van die dagblad <i>Beeld<\/i>, Mandy Rossouw (sy is intussen oorlede) my op &#8216;n keer geskakel het en van &#8220;rassisme&#8221; beskuldig het bloot omdat ek die term &#8220;Afrikaner&#8221; gebruik het. Ek was heeltemal uit die veld geslaan, maar het agterna by nadenke vermoed dat sy gemeen het dat Afrikanerskap in 1994 deur die revolusion\u00eare oorname van die ANC-SAKP as&#8217;t ware afgeskaf is en dat enigeen wat aanhou om die blote woord te gebruik &#8216;n soort taboe oortree.<\/p>\n<p>In Rapport van 21 April 2019 laat Tim du Plessis hom insgelyks kragtens die heersende ideologie negatief uit oor die Afrikaneridentiteit:<\/p>\n<blockquote><p>Di\u00e9 klas rebellies begin dikwels as taalaktivisme vir Afrikaans. Piekfyn met my. Dan volg intree vir die Afrikaanse kultuur. Ook reg, mits dit inklusief is, soos die ATKV dit deesdae doen.<\/p>\n<p>Maar dan op &#8216;n kol kom jy agter ons ywer is nou vir &#8216;Afrikaner&#8217;. En dis waar jy my verloor. Want van hier af is dit &#8216;n kort sprongetjie na &#8216;wit&#8217;.<\/p><\/blockquote>\n<p>Hiermee verwoord Du Plessis die amptelike sensuur wat daar in die Naspersmedia \u2014 deesdae bekend as Media 24 \u2014 rondom die begrip &#8220;Afrikaner&#8221; bestaan. Oor die afgelope dekade of twee is die woord vervang met die neologisme, &#8220;Afrikaanse&#8221; wat onmiddellik ietwat vroulik op die oor val, soortgelyk aan &#8220;Nederlandse&#8221;. Dog &#8216;n &#8220;Afrikaanse&#8221; is geen vroulike Afrikaner nie, maar veronderstel om &#8216;n soort samevoeging van alle Afrikaanssprekende identiteite te wees, blank en bruin. &#8216;n Joernalis van <em>Die Burger<\/em>, die Kaapse koerant, het my selfs vertel dat hy en ander &#8216;n omsendbrief per e-pos van die bestuur ontvang het waarin hulle aanges\u00ea is om die gebruik van die woord &#8220;Afrikaner&#8221; te vermy, tensy die konteks dit genoodsaak. Ons sien dus dat die term &#8220;Afrikaanse&#8221; met &#8216;n ho\u00eb mate van sosiogeni\u00ebring gepaard gaan, wat nie vreemd is aan totalit\u00eare, linkse samelewings nie.<\/p>\n<p>In di\u00e9 verband was die ANC en sy alliansievennoot, die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, nog altyd uiters vyandig teenoor die inheemse blanke bevolking en veral die Afrikaner. Die party se beleid het in die 1930&#8217;s beslag gekry toe dit deur Oos-Europese immigrante met &#8216;n internasionalistiese identiteit oorheers is. Hiervolgens is die Afrikaner gesien as &#8216;n &#8220;kunsmatige skepping&#8221; van die vyandelike klas, die kleinburgery of <i>petite bourgeoisie<\/i> soos daar gewoonlik op Frans daarna verwys word. In die huidige Suid-Afrikaanse tydvak, wat so intens deur &#8216;n linkse hegemonie gekenmerk word, het di\u00e9 kommunistiese vooroordeel uit die vroe\u00eb dekades van die vorige eeu tot &#8216;n nasionale dogma verhard. Sowel die vorige ANC-president, Jacob Zuma, as die huidige, Cyril Ramaphosa, het reeds die datum 1652 as &#8216;n uiters negatiewe jaar op die kalender gekenmerk toe die Nederlanders aan die Kaap geland het en begin het &#8220;om grond te steel&#8221;. Logies gesproke, hoort ons dus nie hier nie, synde beide vreemdelinge in die land n\u00e1 byna vier eeue \u00e9n &#8220;fasciste&#8221; wat verseg om &#8216;n globale, proletariese, Engelse kultuur aan te neem soos wat die SAKP sou verkies.<\/p>\n<p>Dog nie net Afrikanerskap staan in die spervuur nie. Ook die Afrikaanse taal, spesifiek die standaardtaal, gee deesdae aanstoot. Daar was die <i>Afrikaans-must-fall<\/i>-beweging op sommige kampusse, tesame met verklarings deur die hoof van Radio sonder grense (RSG) dat Standaardafrikaans toenemend deur &#8220;Kaaps&#8221; of &#8216;n nuwe standaardtaal met &#8216;n &#8220;Kaapse&#8221; grondslag vervang sou word. Verskeie taalkundiges, veral vanaf die Potchefstroomkampus van die Noordwes-universiteit, het ook begin om die Wes-Germaanse oorsprong van Afrikaans te bevraagteken en dit as &#8216;n soort &#8220;Khoisan-dialek&#8221; voor te stel. Kortom, en in weerwil van die taal se benaming wat na die Afrika-vasteland verwys, word Afrikaans as &#8220;te eurosentries&#8221; gesien en moet daarom soos die meeste ander dinge verafrikaniseer word deur &#8216;n Khoisan-identiteit daaraan toe te dig.<\/p>\n<p>Dit bring my by die hooftema van di\u00e9 rubriek, naamlik die spanning wat daar heers tussen die Europese oorsprong van die Afrikaner en sy heimat in Afrika, &#8220;oor ons ewige gebergtes, waar die kranse antwoord gee,&#8221; soos dit in &#8220;Die Stem&#8221; deur C.J. Langenhoven besing word. Die blote noem van &#8220;Die Stem&#8221; is egter in die huidige tydsgewrig op sigself omstrede, soos mnr. Steve Hofmeyr al telkemale ondervind het, want di\u00e9 volkslied word insgelyks deur beide die links-liberale en kommunisties-radikale groeperings in Suid-Afrika verwerp.<\/p>\n<p>In dieselfde trant wys die titel van di\u00e9 rubriek heen na &#8216;n boek deur die links-liberale politikus, Frederik van Zyl Slabbert, wat sy omhelsing van liberale Engelsheid of Britsheid ten spyt, halsstarrig volgehou het om hom as &#8220;Afrikaner&#8221; te tipeer. Die teks wat ek in gedagte het is <em>Afrikaner, Afrikaan<\/em> (Tafelberg, 1999), &#8216;n vreemde mengsel van saamgeflanste teorie en outobiografie waarin hy die begrip &#8220;Afrikaner&#8221; letterlik opvat en so min of meer aan di\u00e9 van &#8220;Afrikaan&#8221; of swartman \u2014 met al die teenstrydighede wat daaruit voortvloei \u2014 gelykstel.<\/p>\n<p>Om verskeie redes verafsku ek die soort Engelsgesinde Prog-liberalisme van Slabbert en spreek dit vanself dat my eie begrip van Afrikanerskap re\u00eblreg van syne verskil. My eie siening van Afrikaneridenteit sluit aan by die klassieke tradisie wat in 1707 met Hendrik Bibault se tussenwerpsel teenoor &#8216;n landdros, <em>Ik ben een Africaander!<\/em> begin het, en dwarsdeur die negentiende en twintigste eeue deur &#8216;n swetterjoel geskiedkundiges, skrywers, kunstenaars, argitekte, filosowe en politieke denkers ontwikkel is, waaronder N.P. van Wyk Louw.<\/p>\n<p>Maar, en dis die tweede polemiese invalshoek van my argument, afgesien van my afwysing van die Afrikaner-Afrikaan-begrip, hiermee wil ek insgelyks kritiek lewer op &#8216;n soort gemoedelike siening van Afrika wat in die verlede deel uitgemaak het van ons identifikasie met die vasteland. In die tyd van <i>Afrikaans must fall<\/i> en <i>Kill a Boer, kill a farmer<\/i>, moet ons vereenselwiging met Afrika \u2014 dieselfde Afrika wat ons verwerp en aanval, hetsy kultureel, hetsy fisiek \u2014 noodwendig onder die loep kom. Daarmee saam moet ons herbesin oor &#8216;n bepaalde &#8220;Afrika-romantiek&#8221; wat ons idee van Afrikanerskap in die verlede gekleur het, en wat vir seker by Van Wyk Louw en ander teenwoordig was.<\/p>\n<p>Die huidige tydvak, asook ons volslae magsverlies en oorheersing deur aggressiewe, dikwels vyandige Afrikane, dring hierdie herbesinning aan ons op. Maar ook, en juis as gevolg van Europa en Amerika se immigrasieprobleme, tesame met die opkoms van &#8216;n w\u00eareldwye anti-blanke of anti-Westerse vyandigheid, bevind ons en ons stamlande ons toenemend in dieselfde bootjie. Vir die eerste keer sedert die vroe\u00eb vyftigerjare byvoorbeeld, heers daar toenemende solidariteit tussen Afrikaners en die inwoners van die Lae Lande, sowel Nederlanders as Vlaminge. In Duitsland, Frankryk, Itali\u00eb en Swede vlam daar ook belangstelling op in die penarie waarin ons ons bevind, met gepaardgaande simpatie. D\u00edt alles noop ons om ons te herori\u00ebnteer sover dit ons Europese wortels aanbetref.<\/p>\n<p>Aangaande die term &#8220;Eurokaner&#8221;, het ek dit helaas nie gemunt nie. &#8216;n Klompie jare gelede het ek &#8216;n internetgesprek met &#8216;n jong Fransman gevoer waartydens hy ewe kripties aan my ges\u00ea het: &#8220;Afrikaner, Eurokaner, dis een en dieselfde ding.&#8221; Dit het my nogal verras en sedertdien het die woord my bygebly. Ek dink dat hy daarmee wou uitdruk dat, soos Ilana Mercer ook al geskryf het, \u00e1lle blankes nou in die spervuur verkeer. (<a href=\"http:\/\/freewestmedia.com\/2017\/11\/12\/ilana-mercer-why-hatred-of-whites-is-here-to-stay\/\">Ilana Mercer: Why hatred of whites is here to stay.<\/a>)<\/p>\n<p>Dit is dan die eerste, taamlik bre\u00eb definisie van &#8216;n Eurokaner: iemand van Europese afkoms wat weens nyd en ressentiment deur ander gehaat word.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=34069\">Dan Roodt: Eurokaner en kreool<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wie en wat is &#8216;n Afrikaner? Soos by alle volkere wat vir lang tye oorheers of beset is, het di\u00e9 vraag al telkemale in die verlede tydens krisistye na vore gekom. Tans, met die juk van die ANC-terroristebewind wat al swaarder op ons druk, tesame met die onderdrukking van ons kultuur, ervaar vele van ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":46444,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[19087,768,10528,13843,8009,9377,5642],"class_list":["post-46443","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaanse","tag-afrikaner","tag-eurokaner","tag-frederik-van-zyl-slabbert","tag-sakp","tag-steve-hofmeyr","tag-tim-du-plessis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46443","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46443"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46443\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46446,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46443\/revisions\/46446"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46444"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46443"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46443"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46443"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}