{"id":46426,"date":"2019-04-14T06:59:18","date_gmt":"2019-04-14T04:59:18","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46426"},"modified":"2019-04-14T06:59:18","modified_gmt":"2019-04-14T04:59:18","slug":"gustav-venter-die-afrikaanse-rolprent-op-soek-na-drama","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46426","title":{"rendered":"Gustav Venter: Die Afrikaanse Rolprent \u2013 op soek na drama"},"content":{"rendered":"<p>\u0149 Oomblik van stilte vir die skrywer, die draaiboekskrywer, die draaiboekskrywer van die Afrikaanse rolprent. As jy nog nooit \u0149 draaiboek geskryf het nie, liewe leser, liewe fliekkyker, wees nie te skel in jou oordeel nie. Is dit dan so vrekkens moeilik om \u0149 draaiboek te skryf? Nee. Geensins nie. Skakel jou rekenaar aan, laai jou woordverwerker, hou koffie byderhand, begin skryf en hou aan skryf totdat die draaiboek klaar is. Eenvoudig. Eenvoudig ja om \u0149 draaiboek te skryf; baie ingewikkeld om \u0149 draaiboek te skryf wat \u0149 fliek sal laat slaag.<\/p>\n<p>In so \u0149 draaiboek moet soveel weerbarstige elemente versoen word: Karakter teenoor storieontwikkeling; atmosfeer teenoor tempo; oordrag van inligting teenoor bondigheid. Die draaiboekskrywer moet \u0149 deeglike begrip h\u00ea van struktuur, wendinge, ontwikkeling, spanning en gevoel, en dit alles nog voordat hy die eerste woord dialoog geskryf het.<\/p>\n<p>Die Afrikaanse draaiboekskrywer moet dit boonop in die skaduwee van \u0149 baie groot boom, Hollywood, skryf. \u0149 Romanskrywer leer skryf deur romans te lees. \u0149 Rolprentskrywer leer deur rolprente te kyk. Hollywood \u2013 \u0149 sambreelbegrip vir die ganse oorsese filmbedryf \u2013 is \u0149 magtige bedryf om teen mee te ding, \u0149 verleidelike leviatan. Die dilemma is dat die Afrikaanse draaiboekskrywer moet meeding met die bron waaruit hy put en dit veroorsaak \u0149 baie ongemaklike tweestryd.<\/p>\n<p>Hierdie worstelinge ken ek goed. Ek is die skrywer, medeskrywer of konsultant vir \u0149 aantal draaiboeke. In Januarie het ek en my vrou, met die hulp van \u0149 span werklik bedrewe mense, \u0149 ou-ou ambisie verwesenlik deur \u0149 rolprent te vervaardig. Nou, in die nadraai daarvan, het ek myself te water gelaat om die Afrikaanse rolprentbedryf te verken en te ontleed. En hoe staan sake? In ons bedryf? Die waarheid is dat dit maar droewig is en die droewige waarheid is dat ons rolprentvaardigers vergeet het hoe om \u0149 storie te vertel.<\/p>\n<p>Ek het nou \u0149 stuk of twintig flieks ontleed en ek doen aan die hand dat ons weer gaan besin oor die aard en doel van drama. Ons weet eintlik almal wat dit is, of kan dit ten minste herken as ons daarin vasloop. Ons oervoorouers het stories om kampvure vertel, en dit was drama. Intussen het drama verskuif na die arena, die dorpsplein, die teaterverhoog, die radio, die silwerdoek, die televisieskerm en nou die rekenaarmonitor en die selfoonaangesig. Drama is orals om ons, maar almal is dit nie eens wat die doel daarvan is nie. Sommige ontleders voer aan dat dit \u0149 manier was om die mens van sy bewussyn te verlos \u2013 \u0149 begrip wat ons deesdae ken as ontsnapping. Ander het drama gesien as \u0149 manier om kennis uit ervaring oor te dra. Miskien is dit \u0149 soort sielkundige laboratorium om groter temas te ondersoek.<\/p>\n<p>Maar indien ons nie weet wat die doel van drama is nie, moet daar darem nie by ons twyfel wees oor wat dit is en hoe dit werk nie. Die wysgeer Aristoteles het reeds 23 eeue gelede of so re\u00ebls vir drama geformuleer. Hy het drama as \u0149 reis gesien waarin die held van A na B gaan, in die proses verander word in die minste stappe moontlik, alles binne die strek van 48 uur aan die einde waarvan ons vrees en meegevoel beleef en daar \u0149 ommeswaai en herkenning is.<\/p>\n<p>Natuurlik is re\u00ebls daar om gebreek te word; soms is dit al hoe ons vorder, maar \u0149 mens moet jou eers van die re\u00ebls vergewis voor jy hulle kan verontagsaam. Natuurlik is Aristoteles se re\u00ebls nie \u0149 soort natuurwet nie, maar ek verseker jou, as die draaiboekskrywer onderdanig aan hulle bly, sal hy \u0149 suksesvolle rolprent skryf.<\/p>\n<p>Dis my diagnose dat te veel Afrikaanse draaiboekskrywers beroemde Amerikaanse \u2013 en enkele Britse \u2013 rolprente wil naboots sonder enige begrip van die steierwerk van dramare\u00ebls waarom dit gebou is.<br \/>\nEk noem net een voorbeeld: Die meeste Afrikaanse draaiboekskrywers ignoreer die onmisbare element van \u0149 doelstelling. Vir ons held om van een punt na \u0149 ander in die verhaal te beweeg, moet hy \u0149 doelstelling h\u00ea en ons, die kykers, moet presies weet wat dit is, anders gaan ons hom nie volg nie. Dit het my verstom in hoeveel Afrikaanse draaiboeke hierdie re\u00ebl bloot weggelaat word. Die eerste vraag wat van \u0149 draaiboek gevra moet word is: Waaroor gaan dit?<\/p>\n<p>As die draaiboekskrywer dit beskryf aan die hand van milieu, kan jy maar weet dit is \u0149 draaiboek wat soos \u0149 brommer in \u0149 bottel herwaarts en derwaarts gaan gons en n\u00earens uitkom nie. Die rolprent moenie bloot gaan oor \u0149 meisie wat in \u0149 koshuis is nie of \u0149 gesin in Waterkloof nie of \u0149 troue of \u0149 seun op \u0149 plaas nie.<\/p>\n<p>Drama, volgens Aaron Sorkin, bestaan bloot uit doelstelling en struikelblok. Die storie begin eers wanneer die held s\u00ea hy wil die lughawe verlaat om in New York te wees, maar die lughawebestuurder versper sy weg (<em>The Terminal<\/em>,) of die twee rampokkers wil emigreer, maar hulle word gejag deur \u0149 spesiale taakmag (<em>Butch Cassidy and the Sundance Kid<\/em>,) of Moses wil sy volk red, maar Farao wil hulle nie laat gaan nie (<em>The Ten Commandments<\/em>,) of Michael Corleone wil sy familie bewaar teen die aanslag van ander Mafiabendes, maar hy word deur verraad bedreig (<em>The Godfather<\/em>.)<\/p>\n<p>As ons as draaiboekskrywers dit nie verstaan nie, is dit omdat ons dit vergeet het, want Afrikaanse rolprentmakers het di\u00e9 re\u00ebl stiptelik en met groot sukses nagekom. Jamie Uys het dit reeds in 1951 gedoen met <em>Daar doer in die bosveld<\/em>. Die fliek kry dit reg om in 61 minute meer te beskryf van verliefdheid as wat stringe ander rolprente in twee ure doen. Die hoofrede is dat die kyker presies weet wat die hoofkarakter se doelstelling is: Hy wil sy onbeholpenheid teenoor vrouens te bowe kom deur die nuwe skooljuffrou by die stasie te gaan haal en tuis te besorg. Dis die doelstelling, ja, maar wat is die struikelblokke? Sy bogenoemde verbouereerdheid, beslis, en dan die afgeleefde, onhebbelike voertuig waarmee hy ry en waarop hy staatmaak.<\/p>\n<p>Gaan kyk dit gerus op Youtube. Dis \u0149 reis waarop jy tot by die laaste halte sal bly. En ja, ons held is verander. Daar was \u0149 ommeswaai. Dit is geslaagde drama.*<\/p>\n<p>Wat meer is as wat ons van omtrent enige hedendaagse Afrikaanse fliek kan s\u00ea. Maar solank ons weet wat haper, kan ons verbeter.<\/p>\n<p>* Boonop bly <em>Daar doer in die Bosveld<\/em> regtig snaaks. Dit het my hardop laat lag toe ek dit nou weer gekyk het, wat meer is as wat ek van enige eietydse Afrikaanse fliek kan s\u00ea.<\/p>\n<p><em>Gustav Venter se rolprent <\/em>Dies irae &#8211; dag van wraak<em> word op 25 April bekendgestel.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u0149 Oomblik van stilte vir die skrywer, die draaiboekskrywer, die draaiboekskrywer van die Afrikaanse rolprent. As jy nog nooit \u0149 draaiboek geskryf het nie, liewe leser, liewe fliekkyker, wees nie te skel in jou oordeel nie. Is dit dan so vrekkens moeilik om \u0149 draaiboek te skryf? Nee. Geensins nie. Skakel jou rekenaar aan, laai [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":46427,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46,10],"tags":[167,24622,24621],"class_list":["post-46426","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c27-gustav-venter","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-daar-doer-in-die-bosveld","tag-rolprente"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46426","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46426"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46426\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46428,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46426\/revisions\/46428"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46426"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46426"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46426"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}