{"id":46385,"date":"2019-03-24T07:15:40","date_gmt":"2019-03-24T05:15:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46385"},"modified":"2019-03-24T07:17:57","modified_gmt":"2019-03-24T05:17:57","slug":"ng-kerk-dominee-verwerp-calvinisme-omhels-diversiteit-islam-en-judaisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46385","title":{"rendered":"NG Kerk-dominee verwerp Calvinisme, omhels &#8216;diversiteit&#8217; (Islam en Juda\u00efsme)"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n NG-predikant van die Groote Kerk in Kaapstad, ds. Riaan de Villiers, het &#8216;n herrie ontketen omdat hy na afloop van &#8216;n kerswaak vir die vermoorde Moslems van Christchurch ges\u00ea het dat die Calvinistiese uitverkiesingsleer verwerp moet word. Alle gelowe moet omhels word en dit sou selfs &#8220;rassisties&#8221; wees om te glo dat alleenlik Protestantse Christene gered word.<\/p>\n<p>Hy het ook ges\u00ea dat &#8220;Jesus oor Moslems treur&#8221;. Gewoonlik word Christene deur Moslems as &#8220;ongelowiges&#8221; beskou, met verskeie verse in die Koran wat Moslems oproep tot djihad of &#8220;heilige oorlog&#8221; teen die ongelowiges.<\/p>\n<p>Lede van De Villiers se gemeente is aangemoedig om verlede Sondag die kersweek in die Anglikaanse St. Georg-katedraal in Kaapstad by te woon.<\/p>\n<p><span lang=\"AF\">Volgens ds. Riaan de Villiers is die aanval deur Brendon Tarrant in Christchurch op &#8216;n moskee die \u201cproduk van \u2019n giftige vermenging van denkwyses soos onder andere nasionalisme, rassisme, vreemdelingehaat en misplaaste geloofsoortuigings van uitverkorenheid.\u201d<\/span><\/p>\n<p>By implikasie het De Villiers Protestantse Calviniste wat wel aan die uitverkiesingsleer glo as &#8220;medepligtig&#8221; aan Brenton Tarrant se terreurdaad beskou kan word.<\/p>\n<p><span lang=\"AF\">\u201cAs die kerk di\u00e9 sienings in hulle midde akkommodeer of toelaat, is hulle medepligtig,\u201d het De Villiers ges\u00ea.<br \/>\n<\/span><\/p>\n<p>Daar is ook gepraat van &#8220;Moslembroers en -susters&#8221;, waaroor De Villiers sedertdien gekritiseer is.<\/p>\n<p><span lang=\"AF\">Ds. Riaan de Villiers het aan Die Kerkbode verklaar: \u201cIn Christchurch is kinders van God met onbeskryflike geweld om die lewe gebring terwyl hulle besig was om te bid. Jesus treur hieroor en sy kerk behoort hierdie mense te omarm en saam te treur.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span lang=\"AF\">Die Kerkbode berig verder dat Jacques Strydom, \u2019n lidmaat van die Groote Kerk, s\u00ea hy het eers die waarde van die kerswaak besef toe hy sien hoe &#8220;divers&#8221; die bymekaarkoms is. \u201cDit maak my opgewonde dat kerke nie net oop kan wees vir verskillende mense nie, maar selfs ook vir ander gelowe,\u201d s\u00ea hy.<\/span><\/p>\n<p>Intussen woed &#8216;n polemiek rondom De Villiers se uitsprake op die Facebook-blad van Die Kerkbode.<\/p>\n<p>In sy reaksie het ds. Schalk Strauss van die APK ges\u00ea: &#8220;Ek glo nie wat ek lees nie! Niemand keur die sinnelose geweld goed nie, maar om te beweer: &#8216;In Christchurch is kinders van God met onbeskryflike geweld om die lewe gebring terwyl hulle besig was om te bid. Jesus treur hieroor en sy kerk behoort hierdie mense te omarm en saam te treur&#8217;, is verregaande! Jesus Christus treur eerder oor valse uitsprake soos hierdie!&#8221;<\/p>\n<p>In nog &#8216;n plasing op Facebook, s\u00ea Hans Steyn: &#8220;Die dominee moet van sy amp ontneem word en geskors word vir die skokkende uitlating \u2014 Moslems is mense en verdien simpatie maar hulle bly heidene.&#8221;<\/p>\n<p>Sowel die Anglikaanse Kerk van Suid-Afrika as die Joodse Raad van Afgevaardigdes het v\u00f3\u00f3r 1994 terreuraanvalle op onskuldige burgerlikes in Suid-Afrika ondersteun of goedgepraat. &#8216;n Moslem, Aboobaker Ismail, het &#8216;n sleutelrol gespeel om die Kerkstraatbom van 20 Mei 1983 te laat ontplof.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" style=\"border: none; overflow: hidden;\" src=\"https:\/\/www.facebook.com\/plugins\/post.php?href=https%3A%2F%2Fwww.facebook.com%2Fkerkbode%2Fposts%2F2526743927354217&amp;width=500\" width=\"500\" height=\"549\" frameborder=\"0\" scrolling=\"no\"><\/iframe><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n NG-predikant van die Groote Kerk in Kaapstad, ds. Riaan de Villiers, het &#8216;n herrie ontketen omdat hy na afloop van &#8216;n kerswaak vir die vermoorde Moslems van Christchurch ges\u00ea het dat die Calvinistiese uitverkiesingsleer verwerp moet word. Alle gelowe moet omhels word en dit sou selfs &#8220;rassisties&#8221; wees om te glo dat alleenlik Protestantse [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":46386,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5,51],"tags":[24602,23488,7662,5358,9539],"class_list":["post-46385","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","category-suider-afrika","tag-brenton-tarrant","tag-christchurch","tag-groote-kerk","tag-moslems","tag-ng-kerk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46385","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46385"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46385\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46387,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46385\/revisions\/46387"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46386"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46385"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46385"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46385"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}