{"id":46218,"date":"2019-01-19T10:07:56","date_gmt":"2019-01-19T08:07:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46218"},"modified":"2019-01-19T10:07:56","modified_gmt":"2019-01-19T08:07:56","slug":"anti-wit-polisiegeneraal-glo-ontslaan-na-interne-saps-ondersoek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46218","title":{"rendered":"Anti-wit polisiegeneraal glo ontslaan n\u00e1 interne SAPS-ondersoek"},"content":{"rendered":"<p>Die vakbond Solidariteit het &#8216;n week gelede bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) na afloop van sy interne ondersoek, die hoof van basiese polisie-ontwikkeling, generaal-majoor Sandra Malebe-Thema skuldig bevind het aan rassisme.<\/p>\n<p>Volgens Anton van der Bijl, hoof van Arbeidsregsdienste by Solidariteit, het Malebe-Thema in 2016, tydens \u02bcn byeenkoms by die SAPD se Opleidingsakademie in Oudtshoorn haarself skuldig gemaak aan rassistiese en vernederende opmerkings teenoor verskeie opleidingspersoneellede. Van der Bijl s\u00ea voorts dat die generaal aangevoer het dat daar te veel wit gesigte is wat posisies in opleiding beklee en dat sogenaamde diskriminasie teenoor swart studente stopgesit sal word. \u201cTydens dieselfde geleentheid het sy ook onvanpaste opmerkings oor \u02bcn geselekteerde groep personeellede se kleredrag en gewig gemaak,\u201d het Van der Bijl bevestig.<\/p>\n<p>Die vakbond het dadelik opgetree, deur in November 2016 \u02bcn formele klag by die Menseregtekommissie (MRK) by Kaapstad in te dien. Solidariteit het die druk volgehou deur in Mei 2017 hom na die Arbeidshof te wend, om die SAPD te dwing om \u02bcn interne ondersoek teen Malebe-Thema te loods.<\/p>\n<p>Van der Bijl voer aan dat die sanksie bevind het dat Malebe-Thema geen berou vir haar optrede toon nie en dat sy gedurende die ondersoek steeds volgehou het dat sy niks verkeerd gedoen het nie. Verder is daar bevind dat die generaal se selektiewe uitlatings emosionele skade by die betrokke personeellede veroorsaak het, wat hul werk en persoonlike lewens negatief be\u00efnvloed het. In die lig hiervan is daar bevind dat generaal-majoor Sandra Malebe-Thema met onmiddellike effek ontslaan moet word.<\/p>\n<p>Volgens Van der Bijl is di\u00e9 saak een van die rare geleenthede waar geregtigheid in \u02bcn geval waar \u02bcn swart persoon blatant rassisties was teenoor wit persone, gese\u00ebvier het. \u201cOns is uiteraard baie verheug oor die uitkoms, aangesien daar baie tyd en moeite deur Solidariteit spandeer is om te verseker dat die SAPD sy verpligtinge om op te tree, nakom. Ek glo hierdie sal \u02bcn les vir Suid-Afrika wees dat rassisme nie kleurblind is nie,\u201d het Van der Bijl saamgevat.<\/p>\n<p>Intussen is daar egter geen verdere nuus oor Malebe-Thema wel haar pos verlaat het nie. Waarskynlik gaan dit verdere hofsake verg om die SA Polisiediens te dwing om hul eie bevinding toe te pas.<\/p>\n<p>Sy is ook betrek by die Life-Esidimeni-skandaal, die psigiatriese program wat tot die dood van 144 mense gelei het. Malebe-Thema het &#8216;n onderneming gestig met die naam &#8220;<span lang=\"en-ZA\">Re-Bafenyi Victim Empowerment Centre&#8221; wat R270 000 van die Gautengse Gesondheidsdepartement ontvang het om na geestespasi\u00ebnte om te sien.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vakbond Solidariteit het &#8216;n week gelede bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) na afloop van sy interne ondersoek, die hoof van basiese polisie-ontwikkeling, generaal-majoor Sandra Malebe-Thema skuldig bevind het aan rassisme. Volgens Anton van der Bijl, hoof van Arbeidsregsdienste by Solidariteit, het Malebe-Thema in 2016, tydens \u02bcn byeenkoms by die SAPD se Opleidingsakademie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":46222,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[24291,24534,24533],"class_list":["post-46218","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-life-esidimeni","tag-re-bafenyi-victim-empowerment-centre","tag-sandra-malebe-thema"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46218","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46218"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46218\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46223,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46218\/revisions\/46223"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46222"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46218"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46218"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46218"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}