{"id":46147,"date":"2018-12-15T09:43:44","date_gmt":"2018-12-15T07:43:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46147"},"modified":"2018-12-15T20:22:36","modified_gmt":"2018-12-15T18:22:36","slug":"suidpunt-volkstaat-of-outonomie-alleen-kan-nie-kunswerke-lewer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46147","title":{"rendered":"Suidpunt: Volkstaat of outonomie alleen kan nie kunswerke lewer"},"content":{"rendered":"<p>Geagte mev. Elma Potgieter (en ander vriende van die volk),<\/p>\n<p>Ek het u <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=46134\">brief van 9 deser<\/a> gelees, en het skielik onthou ek het nog &#8216;n hoender in die oond: &#8220;Wirtschaftsgeschichte der Republik Venedig&#8221; moet nog vir die Afrikaanse Wikipedia vertaal word. U het heeltemal gelyk: sonder die ekonomie en outonomie kan geen <em>groot<\/em> kuns onder \u2018n volk seker gedy nie. Daarvan is Venesi\u00eb beslis &#8216;n sprekende voorbeeld. Maar&#8230;<\/p>\n<h3>Kuns in &#8216;n tyd van vrede?<\/h3>\n<p>U, mev. Potgieter, wat onder meer in Frans geskool is, sal moontlik goed bekend wees met twee name: Albert Camus en Antoine de Saint-Exup\u00e9ry.<\/p>\n<p>Nie dat ek laasgenoemde se kinderlike, na\u00efewe, onskuldige, reinehart <em>Le petit prince<\/em> (<em>Die klein prinsie<\/em>, 1943) veel lesenswaardig vind nie. As kind het die besige intrige van die Afrikaans-oorgeklankte Japannese animasieprent (\u661f\u306e\u738b\u5b50\u3055\u307e \u30d7\u30c1\u30fb\u30d7\u30e9\u30f3\u30b9) my v\u00e9\u00e9l meer geboei. Ja, daardie prinsie met die lang vrolike wimpers soos Hannon Bothma s\u2019n.<\/p>\n<p>Behalwe as mens miskien onthou die eensame \u201cGoue Seun\u201d is die Jungiaanse argetipe genaamd &#8220;das g\u00f6ttliche Kind&#8221;, of &#8220;Kindgott&#8221;\/&#8221;Heldenkind&#8221; of <em>puer aeternus<\/em> (ewige seun) wat as versoener moet optree tussen die bewuste en onbewuste (en moontlik ook gebruik word as metafoor in Thijs Nel se <em>&#8216;n Annerster soort<\/em> (1997)), en as die dartelende skadu moet dien van die &#8220;Wyse ou man&#8221; (<em>senex<\/em>). Nie dat ek enigiets van bogenoemde gerieflike liter\u00eare indeling (onder die dekmantel van dieptesielkunde) vir een oomblik glo nie. Wat my eerder dronkslaan, is: hoe op dees aarde het hierdie boekie, met sulke vaal prentjies, in die \u00e9\u00e9rste plek so \u2018n groot aanhang, of eerder <em>kultus<\/em>, verdien? En <em>waarom<\/em> is die boek so belangrik soos die Bybel? En in meer as 300 tale en dialekte vertaal? In Afrikaans sommer tw\u00e9\u00e9 maal, as boek deur Andr\u00e9 P. Brink en vir \u2018n teaterproduksie deur Naomi Morgan? En, jou wragtie, daar sit hy ook op die marmertroon in die onsterflike Latyn! <em>Regulus<\/em>! Die hoogste eer wat \u2018n boek nog te beurt kon val!<\/p>\n<p>Camus se boekies, <em>L\u2019\u00e9tranger<\/em> (sedert 1966 beskikbaar as <em>Die buitestaander<\/em>) en <em>La peste <\/em>(ook sedert 2012 beskikbaar as <em>Die pes<\/em>), wat hom seker die Nobelprys besorg het, moet mens weliswaar van voor af deurwerk. Dis absurd. Wat die boeke se meriete is, weet ek glad nie. Of:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Die nobelprys het lankal ontaard in &#8216;n &#8220;<em>noddy<\/em> badge&#8221; vir diegene wat die eenw\u00eareldorde se saak bevorder. \u2013 Rooikop, Disqus-forum, \u201cPRAAG: Nadine Gordimer oorlede\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Maar die feit bly staan: <strong>hierdie twee Franssprekende here se werke is geskryf <u>in &#8216;n tyd van beroering<\/u>.<\/strong> Die Tweede W\u00eareldoorlog. Waarin mense seker ook om oorlewing moes baklei? Kyk mens na die betrokke werke, lyk dit glad nie of volkstrots, nasietrots of volkstaat [met \u2018n kleinletter] die skrywers enigsins besiel het nie. Was dit bloot \u2018n blinde gelukskoot?<\/p>\n<p>Of dalk was die oorlog nodig om mense tot lewensbesinning te dwing. As d\u00edt die hoofmaatstaf van liter\u00eare sukses is, ly die Afrikaner daaraan beslis geen gebrek nie. Daarvoor het ons mos \u2018n vyandige staat wat in ons nek blaas, soos u skryf.<\/p>\n<h3>Skrywersgees: Selfbeskikking of bloot selfstigting?<\/h3>\n<p>Ek sal aanneem met die woord <em>selfbeskikking<\/em> in u brief word eintlik die wens uitgespreek: \u201cVolkstaat\u201d. Want, soos my e-WAT \u201cselfbeskikking\u201d omskryf:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Beskikking van &#8216;n individu om sy of haar eie lot te bepaal, en i.d. geval van &#8216;n volk, kultuurgroep, of dergelike, om &#8216;n eie vorm van regering of staatsbestel wat onafhanklik van andere is, te kies.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Aangesien ek nie weet hoe op aarde mens twee stelle wette in een land kan h\u00ea nie (behalwe dat die vorige bestel \u2018n siviele (blanke) wet vir Suid-Afrika en \u2018n tradisionele (nieblanke) wet vir die tuislande gehad het), beteken dit net een ding: \u2018n afsonderlike land. Of, \u2018n \u201cstaat\u201d binne \u2018n staat.<\/p>\n<p>Nou goed, gestel die <em>Reset<\/em>-knoppie is gedruk. Almal, wat so lank PRAAG lees, kry uiteindelik die Volkstaat op \u2018n skinkbord waarop dekades lank gehoop is. Onder luide toejuiging. Die VN het onverwags ingestem. Dit is \u2018n feit soos Suid-Soedan. Azani\u00eb, onder leiding van \u2018n kommunis, ontken die Volkstaat se bestaan; die ander SAOG-lande hou hulle vir eers neutraal. Die eerste monument is reeds onthul; 2.000 spierwit, lelieblanke duiwe (simbolies, of uit pure kangeit?) is losgelaat; die volkspele, bakkiesdraai en tiekiedraai was \u2018n reusesukses. Die melktert-uitloting ook. Vir die eerste keer in jare praat Afrikaners, soos die Franse, sl\u00e9gs in hul moedertaal op CNN [o, die addergeslag sal daar beslis wees, hoor!], wat die nuuskanaal te\u00ebsinnig dwing om onderskrifte te gee. Die Saterdagaand eindig met Steve en die Volkslied.\u00a0 En vuurwerke. Meer as by die <em>4th of July<\/em>.<\/p>\n<p>Beloftes word net mooi die volgende Sondagoggend plegtig, opnuut voor God gemaak, en Maandagoggend in elke volkskoerant verbatim gepubliseer.<\/p>\n<p>Net om 70 tot 100 jaar later deur die goddelose agterkleinkinders verwerp te word. In dieselfde gees as die ontmitologiserende, versetlike, modernistiese \u2018Simbool\u2019 in <em>Een-en-twintig-plus<\/em> (2000-herdruk, p. 44), met die uiters ironiese doodsteek-einde:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Skielik het \u2018n siddering en \u2018n gemompel deur die skare gegaan. Want die rooi bloed wat uit die sterwende man [*Louis] vloei, verander tot \u2018n kragtig-bewegende massa wat opdraand in plaas van na holtes toe peil.\u00a0 En terwyl hulle in verstomming staar, sien hulle dit is \u2018n stroom rooi miere wat reguit na die [*onoorwinlike] bergkrans vloei [*wat Louis probeer oorwin het, maar hom te pletter geval het in sy poging]. Die lang tou bloedrooi miere het teen die krans opgesnel, ho\u00ebr en ho\u00ebr, ho\u00ebr as wat Louis ooit gewees het.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>\u201c\u2018n Wonderwerk!\u201d het hulle uitgeroep [\u2026] en die dorp ingestorm om \u2018n beeld van die wonderbaarlike mier te gaan boetseer en daarvoor neer te val en hulle hoofde in stof te beuk.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Die jong vrou het alleen agtergebly om oor haar [*man se] lyk te treur. Dit was so swaar op haar buik en later so koud dat haar kind gebore is met \u2018n krom rug en veragting vir die god van vergulde klei in die middel van die markplek.<\/p>\n<p>Veel later het \u2018n seun van die dorp die bergkruin op \u2018n maklike ompad bereik terwyl hy na afgedwaalde bokke soek.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Wat, op hierdie aardbodem, kan die lesers aan my verpand, wat my die versekering sal gee dat \u2018n volk en sy koerante, skrywers, professore, sy kerke, nuwe land of te nie, nie w\u00e9\u00e9r sal ontaard nie?<\/p>\n<p>\u2014 Nie w\u00e9\u00e9r die \u201coues\u201d (pioniers) sal uitwerk wat hul vir \u2018n aristokratiese ideaal teen bloedmin geld afgesloof het nie? Vir wat? Vir bedorwe brokkies! Aanskou die twee minnaars (die een \u2018n erfdogter) wat behaaglik woel in die skuim en in \u2018n oomblik van passie snak in die kwistige, klewerige porseleinbad vol sjampanje. Besef sy daardie <em>k<\/em><em>\u00f3sbare<\/em> nektar van die gode is deur die eeue heen met soveel sorg verbou, gebrou en voorberei in die sweet van haar voorvaders se aanskyn in die nuwe beloofde land? Verbeel ek my, of kry die einste groepie fiere ooms op die verbleikte badkamerportrette \u2018n effense dro\u00eb, pruimsuur trek om die mond en \u2018n priemende, nors blik na benede? Daardie gesteun [\u2018n skuldbelydenis?] wat hier reg onder hul skerp adelaarsneuse opklink: \u201cHmmmm. Dit was \u2018n goeie oesjaar, Oupa, maar nou ja \u2013 <em>\u00e9k verdien hierdie bederf. <\/em>(<em>lag<\/em>) Haai, Johan, jy is nou stout!\u201d<\/p>\n<p>\u2014 Nie w\u00e9\u00e9r aan massaverbruik en \u201cluukshede\u201d uitverkoop sal word nie?<\/p>\n<p>\u2014 Nie w\u00e9\u00e9r \u2018n weghol-modernisering en vervreemding meemaak nie; waarvan selfs \u2018n afgele\u00eb plekkie in Friesland slagoffer geword het nie? (Met vriendelike verwysing na <em><a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Hoe_God_verdween_uit_Jorwerd\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?q=https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Hoe_God_verdween_uit_Jorwerd&amp;source=gmail&amp;ust=1544911428723000&amp;usg=AFQjCNF7FmxTApXZ4yxBTgLGwh7-1MEMPA\">Hoe God verdween uit Jorwerd<\/a><\/em>)<em>. <\/em>Modernisme het onvermydelik geword in \u2018n era van beweging: my kontrak met Singapoer is veel belangriker as die jaarlikse tradisionele Kerkbasaar en Stammtisch. Jammer, maar laasgenoemde twee is \u2018n remblok vir my sukses.<\/p>\n<p>\u2014 Nie w\u00e9\u00e9r \u2018n NARUK, SUKOVS, KRUIK en TRUK sal h\u00ea wat van inmengery en dom-soos-grond-kritici beskuldig word [met verwysing na \u201cAfrikaanse toneel \u2013 hoeksteen of grafsteen?\u201d], met die aanvanklike kurkproppe en hande wat klap tydens hul ondergang in die vroe\u00eb 1990\u2019s\u2026(asook die onbevange optimisme oor die potensiaal van die \u201cvrye mark\u201d wat die opvoerings by kunstefeeste sou bied)\u2026 en dan die geween met lang trane oor staatsubsidies en \u2018n teaterbystandsfonds wat daar skielik nie meer is nie?<\/p>\n<p>\u2014 Nie w\u00e9\u00e9r sensuur sal h\u00ea wat skrywers \u201cinhibeer\u201d (maar soos stout peuters tog die grense laat toets), net om tydens die afskaffing alle \u201cinhibisies\u201d te verloor, soos \u2018n adolessent wat pas die huis verlaat het nie?<\/p>\n<p>\u2014 Nie w\u00e9\u00e9r volksorganisasies soos paddastoele sal laat oppop waar die fondse mildelik om persoonlike gewin en vir die grap geskep word nie? Is prokureurskoste immers nie so duur dat mens maar liefs die oortreder \u201claat gaan\u201d met \u2018n goue ontslagpremie nie? Wat tog van die <u>BEELD<\/u> van ons organisasie? Dis in <u>LANDSBELANG<\/u>! Die hele w\u00eareld is op ons gefokus. Die geldkrane wat binne sekondes sal toedraai as hierdie ongerymdhede op die lappe sou kom? Duisende is op die spel! Die werkverliese! My strandhuisie ter waarde van 300 Krugermunte (fyngoud)! Aai, die kompromie\u00eb! Ons smeer maar liewer weer toe. Ons plak maar toe, en kyk vorentoe, of anderpad.<\/p>\n<p>\u2014 Nie w\u00e9\u00e9r \u201cmarkgerigte\u201d universiteite sal kry wat soek vir die grootste gemene deler (seks! ras! klas!) om met die studente oor te gesels nie?<\/p>\n<p>Gaan ons \u2018n demokratiese monargie kry, omdat daar te veel op kortsigtige politici in die verlede vertrou is? Wel, verdomp, daar\u2019s Swede! Dis \u2018n demokratiese monargie, en kyk hoe lyk dit! \u2018n <em>Tweet <\/em>van Dr. Roodt op 11 November 2018:<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">We spoke about it this morning: a tiny nation like Afrikaners founded 3 major media groups in the 20th century, yet <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/Sweden?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#Sweden<\/a> has had the ultra-leftist Bonnier family for 2 centuries, conforming to their narrative.<\/p>\n<p>\u2014 Lackadaisical Dan (@danroodt) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/danroodt\/status\/1061589587041181696?ref_src=twsrc%5Etfw\">November 11, 2018<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script async src=\"https:\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>En wat het\/kan\/sal verhoed dat daardie 3 groepe NIE \u00f3\u00f3k almal (reeds) verrot word\/is nie? Die geld wat opdroog? Fokus nie op die proses nie, liewe leser, maar fokus op die eindtoestand. As ek dit dan op marmer moet uitkap:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><em>Facilis descensus Averno<\/em>. [Die afdraand hel toe is maklik.]<\/p>\n<p><em>Homo homini lupus est<\/em>. [Die mens is \u2018n wolf vir sy medemens.]<\/p>\n<p><em>Deficit omne quod nasciture <\/em><em>[Alles wat gebore word, vergaan.]<\/em><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Verskoon my goedkoop sinisme, maar, ek het seker rede:<\/p>\n<ul>\n<li>gegewe die tydperk (waar alles toegemaak het, die volgende dag verdwyn het, verval het, gatkruipers tydens Apartheid wat \u2018om den brode\u2019 nou hul huik na die wind begin hang het),<\/li>\n<li>maar ook die plattelandse heimat waarin ek grootgeword het (waar iets gebore word uit die ingewing van die oomblik; vir 3 maande tot maksimaal 3 jaar hou, voordat die dorpenaars daarmee verveeld raak en gou-gou striemend \u201cgebonde\u201d voel in die modernistiese tydperk van <em>ein Leben immer in Bewegung<\/em>)?<\/li>\n<\/ul>\n<p>Dit is <strong>daardie natuur<\/strong> van agteruitgang en eendagsvlie\u00eb (Be\u00eblsebub se onderdane) waarteen die mens permanent moet stry. Aanhou met aanhou.<\/p>\n<p>Is ek teen \u2018n Volkstaat? Hoegenaamd nie. As dit sou beteken Afrikaansonderrig sal nie langer so chaoties wees, om van bakboord na stuurboord rondgeneuk te word deur akademici en onderwysers en taalpraktisyns wat sedert 1924 nie van hul<em> alie<\/em> af weet nie \u2013 (soos ek geskryf het by my ander artikel, \u2018<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=42461\">Afrikaansonderrig sonder \u2018n doel<\/a>\u2019,\u00a0 ) \u2013 dan het u my volkome steun. Want weet u, \u2018n mens raak nogal moeg om met elke nuwe uitgawe deur di\u00e9 en daai \u201cgesaghebbende instansie\u201d verkul te word. Dis alles een moerse blufspul en doolhof. Jy gee later boedel oor. \u2018n Mens kan s\u00ea wat jy wil \u2013 maar tweeduisend jaar se vasgelegde grammatikare\u00ebls van Latyn kan gelukkig nie meer aan gekarring word nie. Gaan dit by Afrikaans ook nog twee millennia duur?<\/p>\n<p>Maar \u2018n nuwe oop stuk grond, waarop soveel lugkastele al gebou is, die een mooier as die ander, beteken ongelukkig nie noodwendig dit is permanent smetvry en onkruidvry nie. In Desembermaande is daar vir my niks so lelik in die windverwaaide Overberg soos die borriegeel blommetjies van die skaapslaai (<em>Hypochaeris radicata<\/em>) wat op byna elke erf kniehoogte bol in die blom in die wind wuif nie. Dis die enigste Europese erfenis wat Nederland maar vir homself kon gehou het. Die woonerwe wat nie deurtrek is van hulle nie, val onmiddellik op: dit lyk sommer netjies. Elke oggend se moeite met die tuinvurkie beloon nogal ryklik. Maar moenie glo nie: val die eerste water \u2013 daar sit hy weer, die lang verborge ou onkruidsaad het weer ontkiem en begin kop uitsteek. En die Sisifusarbeid word hervat.<\/p>\n<p>En dit is wat my pla: presies h\u00f3\u00e9 raak mens van daardie menslike onkruid in jou midde ontslae as hulle eers wortelgeskiet het en jou volk van voor af begin vervuil? En die volk dit nie eens meer, soos met die skaapslaai, kan r\u00e1\u00e1ksien nie? As mens dit 50 jaar gelede, tydens die hoogbloei van Apartheid, nie eens kon regkry om die kommunisme en kultuurmarxisme op eie bodem uit te roei nie? \u2018n Mens is nie \u2018n perdeblom wat jy maklik wortel en tak kan uitruk en in \u2018n swartsak kan prop nie. Doen jy iets daaraan: POLISIESTAAT! GESTAPO! <em>Das ist der Anfang vom Ende! <\/em>Verdraagsaamheid, mense! Verdraagsaamheid, asseblief\u2026 (Maak hartjiesimbool met albei hande en deel op Instagram).<\/p>\n<p>Ek herinner my goed wat in Switserland gebeur het in <em>Omsingel die laer van die heiliges <\/em>(1973)<em>. <\/em>Die aanval kom dikwels nie van buite nie. Nee, dit gaan mos maar altyd so. Die benerige hand van morele verval moet mos eers uit die kis in die kelderverdieping klim en die houttrap bestyg \u2013 voordat die verdwaasde Afrikaanse skrywers doodbenoud onder die dekades se stof en spinnerakke op die skimmelrusbank wakkerskrik. Die sketterende televisie is nou die ene sneeuvlokkies. Saam met die simfonie van swiepende vlermuise wat alomheen \u2018n crescendo bereik: maar die doodsklok het ongelukkig lankal reeds geghong. Hoor hulle \u2018n gekrap aan die deur? Dis die einde\u2026 Die laaste skadu\u2019s het gewyk: dit is <em>nag<\/em>!<\/p>\n<p>Gaan ons dan maar opeens weer die <em>Reset<\/em>-knoppie moet druk?<\/p>\n<p>Dit sou seker natuurlik alles vermy kon gewees het, soos te sien in Ludi die vampier [die simbool van beskawingsverval] in <em>Die Werw\u00f6lfe: Roman<\/em> (2009), wat permanent op sy hoede moet bly vir die Kerk in die 19de eeu, wat \u2018n hele argief oor hom en sy soort het (S. 190):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Ludovico sprang zur\u00fcck in die sch\u00fctzenden Schatten, h\u00fcllte sich in sie. Seine Feinde wussten um seine Natur, ihre Archive waren alt, und sie hatten ihn und seinesgleichen lange studiert und dabei ihre eigenen Methoden der Jagd entwickelt.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Maar dan weer: heksejagte het geen wolkekrabbers gebou nie. Geen aks se ontwikkeling self tot stand gebring nie. Want om te <em>verweer<\/em> is nie skepping nie. Betonte\u00ebls wat oop in die vrye natuur l\u00ea word gou oortrek met dooie mos. Weer: <em>verweer<\/em> is nie skepping en vernuwing nie. Staande water word vol alge en \u2018n teelaarde vir lastige muskiete in die hoogsomer.<\/p>\n<p>Maar skepping en vernuwing bied wel <em>verweer<\/em> teen <em>verweer<\/em>! \u00a0W\u00e9\u00e9rstand.<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">[*Met verwysing na Beethoven se laaste \u201conmenslike jare\u201d]: Daarvoor moet enkele lewes onder ons ook <em>groot<\/em> gelewe word, met die moed om \u2018n uiterste eerlikheid teenoor die eise van hul eie ontwikkeling te handhaaf en met \u2018n innerlike eensaamheid wat hulle self gekies het omdat hulle vry moet bly binne \u2018n gemeenskap wat klein-burgerlik is soos di\u00e9 van \u2018n dorpie.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Maar daar is ook die enkele lewes wat getrou na hul eie innerlike wet geleef word (Beethoven, Milton), waar die mens sterk genoeg is om sy uitverkore pad soos \u2018n gewapende man deur die menigte te loop. (\u201cDie idee van Groot Kuns, woorde vir enkeles\u201d, <em>Lojale verset<\/em>, p. 100 &amp;105)<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Daar is ook die ou alchemistiese spreekwoord wat lui:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><em>Quod natura relinquit imperfectum, Ars perfecit<\/em>. [Wat die natuur onvolmaak agterlaat, vervolmaak die kuns; wat die natuur onvoltooid laat, voleindig die kuns; waaraan die natuur tekortskiet, vervolmaak die kuns.]<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>So, wat sal dit wees:<em> Blut und Boden<\/em>, <em>\u2018n plekkie onder die son<\/em>, of <em>Per aspera ad astra<\/em>?<\/p>\n<p>Ek dink ek kies (met omsigtigheid) laasgenoemde: die sterre is ver en hoog genoeg. Want ek is doodseker daarvan ons voorgangers het ook nie op hulle laat wag tot onafhanklikheid eendag aangebreek het, voordat hulle begin skryf het nie. <strong>Die natuur, die toestande, die politiek was miskien nie ryp nie, maar hulle vermo\u00ebns was ryp<\/strong>. Tot tyd en wyl ons , spreekwoordelik, vindingryk die parkie se swaaie, fietse, rolskaatse en klimrame afbreek om daarmee \u2018n trap-helikopter te bou \u2013 soos ek nog \u2018n ontbytpap-advertensie uit die 90\u2019s goed kan onthou \u2013 kan ons seker darem al begin waag met die vingeroefeninge, of penneproewe? Die eerste raket afvuur as proeflopie? \u2018n Noodfakkel vir ander om oor verwonderd te staan?<\/p>\n<p>Dus, <strong>om my Grieks in Afrikaans oor te sit<\/strong>: Dis maklik om met groot ophef beloftes te maak wat nie gehou kan word nie. \u2018n Akker grond gaan nie noodwendig die letterkunde be\u00efnvloed nie, nie as jou gesindheid nie nou al aan geskaaf word nie. \u201cEendag\u201d gaan miskien nooit aanbreek nie, of dalk moet jou gesindheid eers verander voor die \u201ceendag\u201d kom. Goed begonne is half gewonne in \u2018n nuwe staat, maar dit gaan beslis nie so bly nie \u2013 paraatheid is daarom van uiterste belang. Maar ons kan nie \u201cdan eers\u201d wag om iets aan die saak te wil doen nie. Dieselfde slenters wat in Suid-Afrika sedert Apartheid of vroe\u00ebr daar was, sal hom weer herhaal. Die geskiedenis moet nou al ingedril word, die kunste nou al herontdek word. Want die lesers van PRAAG sal nie uit hul grafte die toekomstige geslagte kan waarsku nie. Ons kan nie \u201cdan eers\u201d wag om te begin skryf nie. Ons kan ook nie die toekomstige geslagte van slapgatgeit beskuldig waartoe ons self bygedra het nie.<\/p>\n<p>Verder: verdediging is nie dieselfde as skepping en vernuwing nie (want daar is geen groei nie, dis \u2018n reaksion\u00eare keer, keer, keer, walgooi, vlammedoodslaan), maar skepping kan wel verdedigend inwerk (en dis boonop AKTIEF, dit vat voor, kyk net hoe h\u00e1\u00e1t die w\u00eareld gentrifikasie en stadsvernuwing: Berlyn is vol nydige graffiti, New York ook; want di\u00e9 haters w\u00e9\u00e9t hulle is aan die verloorkant. Spuitverf en sjablone is hul enigste oorblywende wapen.). Ons moet nou al iets aan die saak doen. \u00a0Ons werk met ons voorpote, ons staan nie op ons agterpote nie.<\/p>\n<p>Of, sal ons ten minste aanwysings los vir die volgende geslag? Hier volg een.<\/p>\n<h3>Ex nihilo nihil fit: philosophia non in verbis, sed in rebus est<\/h3>\n<p>Van niks kom niks: die wysbegeerte berus nie op woorde nie, maar dade.<\/p>\n<p>Volgens Rob Antonissen in <em>Spitsberaad<\/em> (1966: 3-4) onderskei Van Wyk Louw vier moontlikhede in sy <em>Vernuwing in die prosa, Grepe uit ons Afrikaanse ervaring<\/em>:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">\u201cdeur die aanpak van nuwe <em>temas<\/em>, deur die opkoms van &#8216;n nuwe <em>woordgebruik<\/em>; deur nuwe maniere van <em>bou<\/em>; d.w.s. &#8216;n nuwe volgorde in die aanbied van feite; deur die koms van &#8216;n nuwe <strong><em>w\u00eareldbeskouing<\/em><\/strong> van waaruit die werk geskrywe word\u201d (73).<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p><strong>Laasgenoemde<\/strong> was nog altyd die probleem.<\/p>\n<p>Die skrywers, die huidige literatore, die huidige <em>establishment<\/em>, en selfs die vloekende <em>CinemaSins<\/em>, is ook gewoond om na die volgende formule te kyk (drama\/prosa). Wees gewaarsku, ek gaan plek-plek oordryf.<\/p>\n<p>Die lesers kan hul stories solank lees en begin afmerk:<\/p>\n<ol>\n<li>Is daar voldoende karakterisering? D.w.s. is daar bv. \u2018n INTJ wat &#8216;n ENFP uittrap, of, word daar liewers wegbeweeg van die gemaklike, byna stereotipe sestien Myers-Briggs-tipes na &#8216;n veelkantiger persoon? Kom die karakters tot nuwe insigte? Het elke karakter werklik nut, kom elkeen tot sy eie reg, of is hulle oorbodig, net daar vir die versiering, as voetbankie, <em>pro dramatis forma<\/em>? Die groot vraag: &#8220;waarom moet ons omgee vir jou karakters?&#8221; Het jou karakters ten minste \u2018n gemiddelde IK van 100, en lyk dit darem so? (Nee, werklik!)<\/li>\n<li>Is daar ontwikkeling in die verhaal?<\/li>\n<li>Is daar werklik sprake van &#8216;n storie?<\/li>\n<li>Volg die verhaalgebeure mekaar logies of waarskynlik op?<\/li>\n<li>Is die gebeure Suid-Afrikaans? (bonuspunt)<\/li>\n<li>Is dit moontlik gebou op &#8216;n egte Suid-Afrikaanse gebeurtenis as verwysingspunt? (bonuspunt)<\/li>\n<li>Word daar <em>in medias res<\/em> begin, of <em>in ultimas res<\/em>, <em>post rem<\/em>, of <em>ab ovo<\/em>? ( <a href=\"https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Narratologie\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?q=https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Narratologie&amp;source=gmail&amp;ust=1544911428724000&amp;usg=AFQjCNGRCKGdWtnbW-D2MF1QtqYAHUNPLw\">https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Narratologie<\/a> ). Gewoonlik verkies mense deesdae om \u201cin die middel van sake te begin\u201d.<\/li>\n<li>Word sekere aspekte in die verhaal herhaal, en is dit nodig? Versterk dit iets?<\/li>\n<li>Is die taalgebruik en dialoog \u201cnatuurlik\u201d en getrou aan die karakters [dit wil s\u00ea, is elke tweede woord Engels, <em>7de Laan<\/em>-styl? Is dit 3 tot 8 woorde per spreekbeurt? Persoonlik hoop ek met dankbaarheid die Roodts skryf &#8216;n boek in Afrifrans: wat die resultaat sou wees indien die Franse tog die Kaap verower het. Blye dag. &#8216;n Mens kan <em>actually<\/em> net <em>just as much<\/em> Engels <em>handle<\/em> in \u2018n <em>novel, you know. <\/em>]<\/li>\n<li>Word daar met die &#8220;fisiese&#8221; en &#8220;tipografiese&#8221; bou of aanbiedingsvorm gespeel? [In die drama kan jy &#8220;onsigbare&#8221; skeidings tussen jou en die gehoor oprig, afbreek, ens. \u2013 dramakonvensies soos &#8216;n spel binne &#8216;n spel, iemand wat namens die gehoor aan die karakters op die verhoog vrae vra, &#8216;n verhaal wat weer aansluit by die begin, of soos &#8216;n spiraal uitkring, ens. ens. ]<\/li>\n<li>Word die aanbieding manipuleer [vooruitskouings, terugskouing; ag, waar is G\u00e9rard Genette tog nou\u2026]<\/li>\n<li>Is daar miskien &#8216;n gemarginaliseerde wat \u00earens onder \u2018n klip soos \u2018n krap met oogsteeltjies uitloer? (bonuspunt)<\/li>\n<li>Word &#8216;n harmonieuse multikulturele samelewing uitgebeeld? (bonuspunt).<\/li>\n<li>Word daar sou nou en dan bietjie \u201cmaatskaplike verantwoordelikheid\u201d of \u201csosiale kwessies\u201d aangeroer? Net bolangs\u2026 net om te wys jy gee om? Net om die puntekaart vol te maak? Kan jy sake \u201coop\u201d-skryf? Eerder, <em>oopvlek<\/em>? Vir die sensasie, my skat. Om te skok \u2013 <em>go tiger<\/em>!<\/li>\n<li>Is daar ten minste 25 verskillende verhaalintriges in een storie? Dit wil s\u00ea, nie een verhaaltjie wat &#8216;n uur lank aanhou voor die puntjie by die paaltjie kom nie, maar verskillende storiebewegings in een storie? Die gemiddelde sepie is 4 tot 5 verhaalintriges per aand. Interessant met hoe min die verstand tevrede kan wees \u2013 gegewe hoeveel vriende, kontakte, kassiere, banktellers, petroljoggies, bedelaars, ens. ons daagliks mee te doen kry!<\/li>\n<li>Verander die toneel\/stel (&#8216;set&#8217;) op byna elke blad? [Ons moet die storie darem aan die beweeg hou]. Soos \u2018n kamera wat aanhou rol, en rol, en rol\u2026<\/li>\n<li>Is daar die naelbytoomblik of swanger stilte voor die volgende hoofstuk\/toneel?<\/li>\n<li>Is daar iets wat die verhaal vorentoe stu? Dalk die soeke na waarheid? Konflik? Veg of vlug? Dalk &#8216;n skim wat in die agtergrond die toutjies trek?<\/li>\n<li>Is daar nie dalk m\u00e9\u00e9r dooie hout wat weggesnoei kan word nie? [sentimentaliteit, deelwoorde, boekwoorde, adolessente woorde, retoriek (soos wanneer mense oor &#8216;n buitjie re\u00ebn stry wat niks met die verhaal se intrige te doen het nie), onbesuisde beeldspraak, sier- en modeadjektiewe]<\/li>\n<li>Kan daar beter, direkter en presieser segging gebruik word?<\/li>\n<li>Watter foute word gemaak? Anachronismes? Foutiewe tegniese inligting? Die gang en dialoog van die verhaal wat bots met ander tonele? Weersprekings? Teenstrydighede? Karakters wat te veel uitleg gee? Karakters wat te skielik verander, onverklaarbaar vreemd, buite hul aard optree? Is daar \u2018n gewillige roepvee wat koppies knik op alles wat die hoofkarakter s\u00ea \u2013 indien wel, slag hulle. Genadeloos. Kan die leser, kyker, luisteraar te duidelik sien die skrywer is besig om \u2018n kitsoplossing te bedink om homself nie \u201cvas te skryf\u201d teen \u2018n onoorkomelike probleem wat hyself geskep het nie?<\/li>\n<li>Maar as jy oor iets bekends wil skryf, haal die onbekende daaruit. Kyk met &#8216;n nuwe perspektief, of belig &#8216;n feit veel sterker wat nog heeltyd oor die hoof gesien is. Antonissen wys na Brink se <em>Caesar <\/em>(1963): Brink het eintlik niks <u>nuuts<\/u> ter tafel gebring of belig nie, en as hy het, het hy dit nie na behore ontgin nie.<\/li>\n<li>Is jou teks ingesteld op toeganklikheid (deur die kind verbeeldingloos op sy naam te noem), of ontoeganklikheid (simbolisme, surrealisme) \u2013 of beide?<\/li>\n<li>Moenie jou werk vir die leser interpreteer of omskryf nie, wees subtiel. [Nou dit is deksels moeilik! As jy sou skryf, sit jy met &#8216;n oningeligte publiek. En dikwels weet jy nie wanneer om eksplisiet te wees, en wanneer nie. En of die leser \u2018n verband sal insien qua gebeurtenis X op bladsy 30 wat aansluit by bls. 57, 80 en 121 nie. Gewoonlik sou ek voorstel dat &#8216;n paar intellektuele karakters dan &#8216;n gesprek voer oor \u2018n saak, mits dit pas binne die verhaal self. Of, gooi \u2018n kodewoord in wat Pawlof se ou honde sal laat kwyl. As jy dit nie doen nie, weet die publiek en proffies nie waarna om te kyk nie. Andersins: skryf \u2018n handboekie en verkoop teen 50c ekstra. Aan die ander kant: as die Amerikaanse televisiereekse \u2018n hele mediese woordeboek na die kyker se kant toe spoeg soos waatlemoenpitte, kla nie eens die bure se honde daaroor nie. Gaan dus jou gang. Afrikaans is bestem vir ho\u00ebr dinge.]<\/li>\n<li>Ten laaste is daar ook iets soos stylgetrouheid. Maar dit is \u2018n uitvoerige onderwerp vir later.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Al bogenoemde re\u00ebls is gemaak om gebreek, te negeer, te regeer, en mee ge\u00ebksperimenteer te word.<\/p>\n<p><strong><u>Eksperimentering <\/u><\/strong>is noodsaaklik binne al die kuns, selfs selfoonontwerpe: dit is wat Nokia die gewildste selfoonreeks gemaak het in die vroe\u00eb 2000\u2019s. Dit is \u2018n sonde om daardie deel van die geskiedenis te vergeet. Ek dank Nokia vir die klassieke en afgewerkte 6600, 6670, die 7200, die 7210, die 7260, 7270, 7600, die 7610, die 7700 en 7710, die 3108, die 3128, N-Gage, selfs daardie grillerige 3660, die strandstoelfoon 2650, en natuurlik die <strong>onverg\u00e9\u00e9tlike<\/strong> versamelaarsitem, die gesogte 8110 (<em>Matrix<\/em>-foon) en sommer die hele 8-reeks. Die N-reeks was na my sin te styf, te formeel, te grys, te saaklik. Selfs al gebruik ek tans \u2018n nederige Asha 210, en al het ek as tiener \u2018n 5210 gehad, was die <strong><u>opwinding<\/u><\/strong> daar wanneer jy Nokia se katalogus in die jaar 2003 tot 2006 deurgeblaai het. Sedert die monolitiese iPhone eers opgedaag het, is daar net geen nuwe <strong>styl<\/strong> meer nie en die meeste slimfone LYK ALMAL PRESIES DIESELFDE! W\u00e1\u00e1r \u00eds \u00f3ns <strong><u>\u00ednd<\/u><\/strong><strong><u>\u00edv<\/u><\/strong><strong><u>\u00edd<\/u><\/strong><strong><u>\u00fa\u00e1l<\/u><\/strong><strong><u>\u00edt\u00e9<\/u><\/strong><strong><u>\u00edt<\/u> <\/strong>h\u00e9\u00e9n?\u00a0 Wat word van hierdie w\u00eareld?!<\/p>\n<p>Dieselfde eentonigheid ondervind ek in die Afrikaanse letterkunde ook.<\/p>\n<p>Maar, <strong>vorm kort ook inhoud<\/strong>, so hier is die laaste vereiste:<\/p>\n<ol start=\"26\">\n<li>is daar die geheime <strong>Faktor X<\/strong>? Die geheimsinnigheid, die mistiek, wat mense lok?<\/li>\n<\/ol>\n<p>Wat is die geheime <strong>Faktor X<\/strong>?<\/p>\n<p>Juis waaraan byna elke liewe Afrikaanse storie tot sover ontbreek, mev. Potgieter en liewe lesers. Tot my spyt. En geen oorlog, geen nuwe land, geen <em>beloofde land<\/em>, geen vrede, geen massakultuur kan vir hierdie onkunde as rede voorgehou word nie. Selfs die literatore wat die skrywersbaadjie aantrek wys hul gebrek hiermee. <em>CinemaSins<\/em> weet nie eens wat dit is nie.<\/p>\n<p>Die werklike onderbou: <strong><u>DIE FILOSOFIE(\u00cb).\u00a0 Die \u2018w\u00eareldbeskouing\u2019 volgens N.P. van Wyk Louw.<\/u><\/strong><\/p>\n<p>Dit is die gebrek daaraan waarom die meeste Afrikaanse boeke op gelyke voet is met <em>Paw Patrol<\/em>. Tog te ougat, en ek sien klaar met trane in my o\u00eb uit na <em>Mighty Pups<\/em> op DVD, maar ons soek m\u00e9\u00e9r om te vergoed vir die diepte wat ons misloop. Kom die volgende episode, voel ons maar weer so: tevrede, maar ook nie heeltemal nie. (Interessant hoe die sielkunde met vermaak en die kuns werk. Dit berus op dieselfde beginsel as die blinde vertroue dat dieselfde tandarts wat herhaaldelik jou tande opneuk, dit weer sal regmaak. Jy gaan maar elke keer terug. En betaal maar weer).<\/p>\n<p>Dr. Dan Roodt skryf in sy huldeblyk opgedra aan <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=35787\">Chris Barnard (29 Desember 2015)<\/a>:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Hoewel ek baie lief vir Afrikaans is, het ek helaas nie \u2018n besondere ho\u00eb dunk van Afrikaanse skrywers nie. Daar is of was \u2018n paar goeies, waaronder Chris Barnard. Meermale is die Afrikaanse skrywer egter goed, <em>malgr\u00e9 lui<\/em>, of ten spyte van homself soos die Franse s\u00ea. Chris Barnard was so \u2018n skrywer. Soos genoem, het hy \u2018n tydjie saam met sy eerste vrou\u00a0 in Parys deurgebring en had \u2018n skoot weg van die eksistensialisme. <strong>Maar anders as sy Franse tydgenote, was hy geen groot intellektueel wat oor sy werk kon teoretiseer of filosofeer nie. <\/strong>Wat sy romans soos <em>Mahala<\/em>, <em>Boendoe<\/em> en die kortverhaalbundel <em>Duiwel-in-die-bos<\/em> interessant maak, is juis dat hy intu\u00eftief en nie werklik intellektueel of ideologies te werk gaan nie. [Vetdruk my beklemtoning]<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En daarmee het Roodt uiteindelik die hele flater van die Afrikaanse kuns en kunskritici (van literatore tot rolprentresensente) opnuut uitgelig.<\/p>\n<p>Dink gou aan <em>The Matrix <\/em>(1999), wat maar as \u00e9\u00e9n klassieke Amerikaanse film beskou word.<\/p>\n<p>Sonder daardie milleniumangs, sonder daardie Gnostisisme, sonder daardie New Age Zen-Boeddhis-Christelike (Oos-Wes) sinkretisme, sonder die Griekse mitologie, sonder Plato se grotbewoners in <em>Die staat<\/em> (<em>Politeia<\/em>), sonder Kierkegaard en Descartes, sonder Tao\u00efsme, sonder daardie afwagting van die Maitreya wat teen die Millenniumwending in die Tyd van die Waterdraer sou kom, sonder die afsku en wantroue van die 1990\u2019s in die Amerikaanse staat\/regering (wat reeds met die grootste leedvermaak opgeblaas word in <em>Independence Day <\/em>(1996)), sonder die <em>film noir<\/em>, sonder die-sterfling-wat-&#8216;n-god-word (gelukkig geen antiheld hier nie! <em>J&#8217;en ai vraiment marre<\/em><em>.<\/em>), sonder <em>Simulacres et Simulation<\/em> van Jean Baudrillard, sonder Carl Jung, sonder die eksistensialisme (en die buitestaander), sonder die esoterika oorgetrek met &#8216;n Postindustrial cyberpunkbaadjie, sonder die smeulende Schwarze Szene-subkultuur, sonder die gatskop Kung Fu-films van die 1980\u2019s, \u00a0sou ons nie daardie fliek gehad het nie. O, en sonder <em>Ghost in the shell<\/em> (\u653b\u6bbb\u6a5f\u52d5\u968a) sommer hoegenaamd glad nie. Daar is seker maklik nog tien, twintig, vyftig ander filosofie\u00eb en intertekstuele verwysings daarin vervat. Alles is egter mooi <strong><em>verbloem<\/em><\/strong>.[Dit is die <strong>verbloeming<\/strong> en subtiliteit van die filosofie wat ongelukkig by <em>Moltrein <\/em>(2004), so lief soos ek daardie boek het, dikwels ontbreek.]<\/p>\n<p>En tog, sonder die skop-skiet-en-HARD-donder, klassiek-rock-club-electrotrans-fusionmusiek, die oe-en-a! van &#8220;bullet time&#8221;, en die strokiesprentstylhelde (en -klere!) sou die koek-met-vyftig-lae nie verkoop nie. Maar sonder die filosofie\u00eb kan die <em>The Matrix<\/em> ook nie bestaan nie.<\/p>\n<p>Ons kry dus \u2018n ewewig tussen die lae en die hogere: iets om die lae drange te bevredig (\u201cja, vat so, en so, en so!\u201d), iets vir die ingeligtes en gesofistikeerdes.<\/p>\n<p>Maar waar kry mens hierdie speelklei? Hierdie <em>filosofie<\/em>? Behalwe miskien in ou kantaantekeninge in Boeredagboeke en Familiebybels? En miskien die klein lysie outeurs by &#8216;<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=43457\">Leon Lemmer oor die Afrikaanse wysbegeerte<\/a>&#8216; \u2026<\/p>\n<h3>Setzen sie die Energie frei!<\/h3>\n<p>Wat dink u, mev. Potgieter, as die hele Europa (ook die Bibliotheca Apostolica Vaticana, \u0420\u043e\u0441\u0441\u0438\u0439\u0441\u043a\u0430\u044f \u0433\u043e\u0441\u0443\u0434\u0430\u0440\u0441\u0442\u0432\u0435\u043d\u043d\u0430\u044f \u0431\u0438\u0431\u043b\u0438\u043e\u0442\u0435\u043a\u0430, storia della fantascienza italiana, science-fiction et fantastique au Qu\u00e9bec , ens.) se skatkamerdeure eendag vir ons, die Afrikaner\/Boere, oopswaai?<\/p>\n<p>Daardie <em>\u00e9\u00e9ndag<\/em> is vandag, kyk maar gerus by <a href=\"http:\/\/archive.org\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?q=http:\/\/archive.org&amp;source=gmail&amp;ust=1544911428724000&amp;usg=AFQjCNHsPxU4KnOlXivUhddSKVg3_-DUWw\">archive.org<\/a> en elders, maar dis die verstand <em>hierbo<\/em> waar die draadjie nog bietjie <em>tzz-tzz<\/em>. As Westerse (bloed)erfgename is ons almal op daardie skathuise geregtig, durf ek s\u00ea. Dis \u2018n sk\u00e1nde dat ons die rug op ons erfenis gedraai het.<\/p>\n<p>Al wat tussen ons en daardie skathuis vol inligting staan \u2013 is die sleutel en die wil.<\/p>\n<p>U, mev. Potgieter, het reeds \u2018n handvol glinsterende goue sleutels wat klingel, waarvoor menige komplotte sal smee, staatspresidente sal vermoor, volke sal uitwis, walvisse oor die kole sal braai met kruienaeltjies, en soos rasende, losgebreekte diere roomyswaentjies op hul kop sal keer: die Franse, Duitse, Engelse, Afrikaanse en Nederlandse taal.<\/p>\n<p>Kan \u2018n hutspot wat brou met volksvreemde filosofie en kunsstroming alleen die Afrikaanse letterkunde red?<\/p>\n<p>Nee, maar dit het dalk dieselfde vernuwende doelwitte as die Volkstaat-idee.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geagte mev. Elma Potgieter (en ander vriende van die volk), Ek het u brief van 9 deser gelees, en het skielik onthou ek het nog &#8216;n hoender in die oond: &#8220;Wirtschaftsgeschichte der Republik Venedig&#8221; moet nog vir die Afrikaanse Wikipedia vertaal word. U het heeltemal gelyk: sonder die ekonomie en outonomie kan geen groot kuns &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=46147\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Suidpunt: Volkstaat of outonomie alleen kan nie kunswerke lewer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":100044,"featured_media":46148,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,23531],"tags":[],"class_list":["post-46147","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-suidpunt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46147","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100044"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46147"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46147\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46156,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46147\/revisions\/46156"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46148"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46147"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46147"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46147"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}