{"id":46125,"date":"2018-12-08T16:32:45","date_gmt":"2018-12-08T14:32:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=46125"},"modified":"2018-12-08T16:32:59","modified_gmt":"2018-12-08T14:32:59","slug":"suidpunt-lojale-verset-in-n-neutedop-deel-i","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=46125","title":{"rendered":"Suidpunt: &#8216;Lojale verset&#8217; in &#8216;n neutedop. Deel I."},"content":{"rendered":"\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Opstand is net so noodsaaklik in &#8216;n volk as getrouheid. Dit is nie\n  eens gevaarlik dat &#8216;n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat &#8216;n hele\n  geslag sonder protes sal verbygaan.\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie woorde begroet die leser in <em>Lojale verset<\/em>. Ek vind dit vreemd dat PRAAG nog nie &#8216;n uitvoerige mening oor hierdie boek van N.P. van Wyk Louw gegee het nie. Moontlik omdat ons nie hoef nie: die geesstraal immers uit al ons artikels. Aangesien hierdie boek nog geen resensiegekry het op Goodreads.com nie, en nog minder in die Wes-Kaapse openbarebiblioteke uitgeneem word, het ek dit goedgedink om hierdie boek van 1939 tegaan afstof. Ek gaan elke hoofstuk (lees: opstel, brief) enetjie vir enetjie behandel.En so uitvoerig moontlik, juis omdat ek weet hierdie boek is sedert 1975 nieweer herdruk nie. Ek gaan hierdie werk in twee helftes behandel, waarvan diestuk wat jy nou lees, Deel 1 is. Ons spring weg met die eerste hoofstuk. Diebladsynommers strook met die herdruk van 1975.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>SUID-AFRIKA AS OU LAND (Desember 1938)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">N.P. van Wyk Louw glo glad nie in die tipiese &#8220;opgaan,\nblinken, en verzinken&#8221; van kulture en samelewings soos Oswald Spengler glo\nnie. So iets is te oorvereenvoudigend.<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Af en toe kan daar &#8216;n volk of \u2018n kultuur wees wat ,,opkom, bloei en\n  vergaan&#8221;; maar &#8216;n volk kan ook baie jeugde h\u00ea, en lande soos Itali\u00eb of\n  Ierland, van die oudste beskawings van Europa, kan bloedjonk wees, wanneer\n  Suid-Afrika, met sy driehonderdjarige geskiedenis as blanke staat, &#8216;n\n  middeljarige geesteslewe toon. \n  Alles is by ons gevestig, en oral sien ons ou, gevestigde manne aan\n  die hoof. &#8216;n Mens kan maar na elke gebied van die volkslewe kyk \u2013 oral is dit\n  dieselfde. \n  Dertig jaar gelede wat ons &#8216;n nasie van jongmense. Op elke draai was\n  daar jongmense wat gelei het, in die politiek: die jong kwaai nasionaliste,\n  die jong generaals van die oorlog; in die taalstryd: die jonger kwaaieres.\n  (p. 2)\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die skrywer glo hierdie revolusion\u00ear opstand het onder die\njeug juis &#8216;n heersersreg getoon &#8211; en al het hulle die oorlog verloor, was hulle\nnog lank nie uitgewoed nie &#8211; hulle sal hul regte stormenderhand verower. En die\ntweede opstand volg skaars 14 jaar later. En skaars 8 jaar later nog &#8216;n keer.<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Maar dit het met ons gegaan soos met alle revolusies &#8211; die bereik van\n  die onmiddellike doel (wat altyd te naby gestel word) het die konserwatisme\n  meegebring. (p. 2)\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die jonges van gister sit in Louw se tyd nou aan die hoof.\nEn uit hierdie revolusioniste is te gou &#8216;n kanon geskep deur kultuurorganiseerders\nen op &#8216;n voetstuk (die &#8220;klassieke&#8221;) geplaas. (p. 3)<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Dit is moeilik vir die jonger geslag om by ons aan die woord te kom.\n  Miskien is dit oral moeilik, en dit sal vir hom sleg wees as hy sommer\n  dadelik die profetemantel omgehang kry. Maar baie dikwels word sy mooiste\n  woorde eenvoudig doodgeskreeu dat een van die gevestigdes kan praat. (p. 4)\n  [&#8230;]\n  Ek het hier die letterkunde as voorbeeld genoem, omdat dit die naaste\n  aan my staan; maar op elke gebied gaan dit so: ons kultuurw\u00eareld is soos &#8216;n\n  staatskantoor op die beginsel van langer dienstyd opgebou&#8230; en juis die\n  kultuur erken geen voorrang buiten die bekwaamheid nie. (p. 4)\n  &nbsp;[&#8230;] \n  Die jeug moet by ons op alle gebiede aan die woord kom, <em>nie omdat\n  hy die wysheid sou besit nie<\/em> (die w\u00eareld kry dit nogal reg om sonder die\n  wysheid te beweeg), maar om die <em>lewe<\/em> vir homself te kry. \n  Dit is geen jeugverheerliking nie, geen Messias-verwagting uit die <em>jeug<\/em>\n  soos die kommunistiese heilsverwagting uit die <em>proletariaat<\/em> en die\n  Nazi se heilsverwagtinge uit die <em>boerestand<\/em> nie. Dit is geen singery\n  van enige Giovinezza-lied nie. Ek weet maar alte goed dat &#8216;n groot deel van\n  ons Afrikaanse jeug onder die heersende invloede oud gebore is, dat hy sonder\n  &#8216;n enkele fanatisme of oordrywing leef, en direk van die kindsheid na die\n  middeljarigheid oorgaan. Maar &#8216;n sterker lewe is nog by hom moontlik en nie\n  by die oueres nie. (p. 4) \n  [\u2026]\n  Die pad moet nie vir die jeug gelyk gemaak word nie, maar hy moet ten\n  minste die geleentheid kry om te kan &#8220;veg&#8221;. Sy stryd uit te veg, en\n  nie di\u00e9 van &#8216;n vorige geslag nie. [&#8230;] Die jeug moet die kans kry om meer\n  lewe onder ons te bring &#8211; die jeug met al sy verwarring, sy soek en sy\n  onsekerheid. Hy kan dit doen, want sy lewensvorm is di\u00e9 van die lewe self.\n  (p. 5)\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier is my siening:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">1. Die meeste Afrikaanse skrywers begin daadwerklik eers op\n40 skryf. Dalk omdat die skoene nou goed ingetrap is, genoeg belasting betaal\nis, genoeg lewenservaring opgedoen is, of omrede mens nou gatvol raak vir dieselfde\ndeuntjie van die ou ingesete ooms (die muise met die megafone op die TV) wat\nglo hulle het, op hul gevorderde ouderdom, al die wysheid en pag. Dan sal\nhierdie &#8220;jeug&#8221; (soos diegene uit die Grensoorlog) effens uit\nirritasie die waarheid op papier begin neerskryf. Jy kan seker soos Lauren\nSouthern op 21-jarige leeftyd met borrelende selfvertroue [&#8220;<em>Barbarians:\nHow Baby Boomers, immigration, and Islam screwed my generation<\/em>&#8220;] ook\nbegin skryf, maar weer: is daardie werk van 90 bladsye regtig goed genoeg\nafgerond?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Anders is daar miskien net &#8216;n genre wat ontbreek in\nAfrikaans en jy besef bloot: indien ek nie hieraan iets gaan doen nie, gaan\nniemand nie. Party begin al vroe\u00ebr, en sommige skrywers, soos Jaco Jacobs,\nskryf sy eerste boek <em>(Pretpark)\n<\/em>reeds aan die einde van matriek (1998?), maar is veel later\n(2003) uitgegee. Sy eerste gepubliseerde boek, <em>Troetelgedrog, <\/em>verskyn in 2001, op 21-jarige\nouderdom.[<a href=\"http:\/\/web.archive.org\/web\/20140724000538\/oulitnet.co.za\/youngwriters\/jaco_jacobs_a.asp\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">http:\/\/web.archive.org\/web\/20140724000538\/oulitnet.co.za\/youngwriters\/jaco_jacobs_a.asp<\/a>\nHyself s\u00ea \u00earens in 2004]:<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Vergeet geriefshalwe van teorie\u00eb oor die aard en funksie van\n  letterkunde. Die feit is, die Afrikaanse letterkunde sien op die oomblik goed\n  middeljarig, selfs bejaard, daar uit. Ek is nie besig met &#8216;n geringskatting\n  van ons ouer skrywers nie, maar daar is besig om &#8216;n groeiende gat in ons\n  letterkunde te ontstaan, &#8216;n <em>black hole<\/em> waar &#8216;n hele generasie nie\n  saampraat in die gesprek wat die letterkunde veronderstel is om te wees nie. \n  [\u2026]\n  Uitgewers van Afrikaanse boeke moet dringend aandag gee daaraan om jong\n  Afrikaanse stemme, oor die wye kulturele spektrum van Afrikaanssprekendes\n  heen, aan te moedig om van hulle te laat hoor. Ja, dit gaan geld kos. Dit\n  gaan moeite en beplanning verg om jong stemme se aandag te trek en\n  uiteindelik publiseerbare manuskripte uit hulle te kry. Dit gaan bemarking\n  verg om hierdie boeke by die regte mark uit te bring. Dit sal beteken dat die\n  Afrikaanse boek meer bewus moet word van sy omgewing, van die\n  w\u00eareldletterkunde en van ander mediavorme soos die internet, rockmusiek en tydskrifte.\n  En nee, dis sekerlik nie so eenvoudig soos dit klink nie. \n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Andersins is daar die kitsloon (kompetisies, kitsroem) wat deur die uitgewers as wortel voor die neus van die voornemende skrywers gehouword.\u00a0 Want verlede jaar (27 November2017) skryf RSG oor sy [<a rel=\"noreferrer noopener\" href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/kuns\/drama\/twee-eerstepryse-rsg-sanlam-dramakompetisie\/\" target=\"_blank\">https:\/\/www.rsgplus.org\/kuns\/drama\/twee-eerstepryse-rsg-sanlam-dramakompetisie\/<\/a>Sanlam Radiodramakompetisie]:<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Volgens Kobus Burger, RSG se uitvoerende regisseur: drama, is dit die\n  toename in jonger skrywers verblydend. \u201cDat \u2018n derde van die top15-finaliste\n  vir die Jong Skrywer-prys gekwalifiseer het, dui daarop dat al hoe meer\n  jonger skrywers inskryf. Dit is die meeste aantal Jong Skrywers-inskrywings\n  wat ons tot nog toe ontvang het.\u201d\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die \u201cjong skrywers&#8221; verwys hier na enigiemand van tussen 16\ntot 30 jaar. Van &#8216;n werklike &#8220;beweging&#8221; en &#8220;vernuwing&#8221;\nonder die Afrikaanse jeugskrywers as geheel, is daar, wat my betref, allermins sprake.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">2. Die jeug kan waarskynlik nuwe lewe inblaas, maar weer &#8211;\nwie is die lesers? Wie is die kritici? Persoonlik het ek twee jeugromans al te\u00ebgekom\nwat sterk Jungiaanse ontwikkeling by die intrige betrek &#8211; <em>Groete van die\nHi\u00ebna<\/em> en <em>Die hart van Zeebak<\/em> (albei nou wel deur \u201couer\u201d skrywers, maar\nlaat ek my sin voltooi): albei is boeke waar die hoofkarakters in hul eie\nonbewuste beland en met karakters te doen kry wat letterlik argetipes is. Nie\nliter\u00eare trope nie, argetipes. Jungiaanse argetipes. Die karakter verkry\nuiteindelik individuasie omdat hy deur hierdie argetipes in sy onbewuste rondgejaag\nword na &#8220;die volgende vlak van bewussyn&#8221;. En dan wakker word. Maar\nn\u00earens word die woord &#8220;Carl&#8221;, &#8220;Gustav&#8221; of &#8220;Jung&#8221;\nin hierdie tekste eksplisiet genoem of te\u00ebgekom nie (daarvoor is die boeke gans\nsubtiel geskryf), en juis daarom weet die resensente nie wat om daarmee te\nmaak, of hoe om die boek te benader en waardeer nie. Op die ou einde kry die\nwerk net &#8216;n swak resensie. In die land van die eenoog.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Het die jong studente wat die boeke resenseer het enigiets\nverstaan? Nee. Het die professore dit begryp? Nog minder. Nou met alle respek,\nmoet hierdie tipe boeke elke keer vergesel word met &#8216;n handleiding? Want\nklaarblyklik is n\u00f3g die publiek, n\u00f3g die akademici, n\u00f3g\ndie kritici daarvoor opgewasse?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">3. Juis weens hierdie onvermo\u00eb vermeld by punt nommer 2, sou\njou jeugdige eerder verkies om sy opstand in Engels uit te woed, nie weens (self)sensuur\nin die Afrikaanse leefruimte soseer nie, maar moontlik om meer internasionale\nlesers te betrek met meer pampoenpitte tussen die ore. Die deursnit&nbsp; skrywer soek erkenning en begrip. As hy\nwerklik vindingryk is, en &#8216;n renons in Engels as die taal van die <em>establishment<\/em>\nhet, sal hy seker Frans of Duits oorweeg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>KULTUURLEIERS SONDER KULTUUR (Februarie 1939)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is verheug om &#8216;n geesgenoot te vind &#8211; want duidelik sien\nN.P. van Wyk Louw ook &#8216;n gevaar in Afrikaanse kultuurorganisasies. [<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=44075\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">http:\/\/praag.co.za\/?p=44075<\/a>\n&nbsp;Vir my is dit die geld wat vermors word\nop vakansieweelde ], terwyl ons nou nog sedert 1950 wag op &#8216;n TWEEDE, HERSIENE\nAfrikaans-Franswoordeboek. Vir Louw is dit iets soortgelyk: jy hoor dikwels net\ndie ganse blaas in die brouery. Kultuurorganisasies het reeds in die 1930\u2019s vorm\nsonder inhoud geword.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir hom is kultuurorganisasies eintlik onprakties in\nSuid-Afrika waar die inwoners so yl verspreid is &#8211; dit is nie Wes-Europa\nhierdie nie. Tog erken hy ook hierdie organisasies is noodsaaklik om kultuur te\nhelp versprei [sy opstel is natuurlik &#8216;n goeie 56 jaar voor die internet\ngeskryf]. (p. 6)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste gevaar is stagnering &#8211; kultuurorganisasies het\ndikwels vooropgestelde idees [of \u2018n puntekaart?] wat enige ontwikkeling\nverstar. Volgens Louw kan die Afrikaner nie wil stagneer bloot om byvoorbeeld\n&#8216;n &#8220;Voortrekker&#8221; van die gelyknamige beweging te word nie. Ons\nlewensuitkyk is nie meer di\u00e9 van die Voortrekkers uit die 1800&#8217;s nie, en selfs\ndie taalvraagstukke van 1925 sien reeds verouderd daaruit (uit sy perspektief\nin 1939). Nee, elke geslag het die voorreg EN PLIG om te kan skep soos enige\nvoorafgaande geslag. As hierdie kloppende lewe van daardie vryheid deur enige\norganisasie of staat geknel word, sal die kultuur self sterwe, of hy sal na\nbaie jare eers daardie bande verbreek [soos die Middeleeue eenmaal verbreek is]\n(p. 7- 8).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jou tweede probleem is die &#8220;kultuurmens&#8221; [wat die\nkultuur weliswaar ontwikkel] vs. die &#8220;organisasiemens&#8221; [wat op al wat\n&#8216;n raad is wil dien vir die roem en die skyn op sy CV]. Die kultuurmens hou hom\ndikwels nie op met kultuurorganisasies nie, want hy sit met &#8216;n\nverantwoordelikheid op die blanko papier reg voor hom. En hy weet hoe sulke\norganisasies van binne lyk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die kultuurorganisasies spits hom weer toe op die <em>hoi\npolloi<\/em>: &#8216;n <em>organisasiemens<\/em> is dol op vergaderings, debatsaandjies,\nadministrasie, re\u00ebl, possies en baantjies, kaartjiesknip &#8211; maar hy\/sy lees nie\neens nie. Of, indien wel, nie indringend nie. Bid jou aan hierdie persoon word\n&#8216;n (KULTUUR)LEIER of voorsitter van &#8216;n kultuurorganisasie! (p. 9-10). <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek gaan hard probeer om nie aan die ATKV te dink nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Louw glo ook: <\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  By professore, onderwysers en ander manne van die vak moet u ook\n  onthou dat hul vak &#8211; Afrikaanse literatuur, wysbegeerte of kuns &#8211; vir hulle\n  &#8216;n werktuig is soos die boer se ploeg vir hom is; en om billik te wees, moet\n  u by sulkes dan vra: &#8220;Het hy ander gebiede van die geesteslewe buitekant\n  sy vak om (bv. ander literature) waarin hy belang stel, leef hy dieper of\n  wyer as wat sy broodwinning vereis, of het die amp en die toeval hom\n  &#8216;kultuurmens&#8217; gemaak? &#8221; Daar bestaan nie so \u2018n ding as &#8216;n professionele\n  &#8220;kultuurmens&#8221; nie. (p. 11)\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En, mens kan &#8216;n goue draadjie deurtrek &#8211; KUNSTEFEESTE!<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  In die organisasie van die kultuur het die &#8216;organisasiemens&#8217; &#8216;n\n  voorsprong en kry hy eerder die leiding in die hande. En dit voer uiteindelik\n  daarheen dat die kultuur glip uit die nette van wie hom van buite af wou\n  vang; dat die verrigtings en feeste van daardie organiseerders niks met die\n  kultuur of die skoonheid te doen het nie; en dat die &#8220;bestes&#8221; van\n  die volk hulle daarvan begin afwend of die verrigtings bywoon nog alleen\n  omdat hulle dit as plig beskou om die &#8220;saak&#8221; te ondersteun. Maar hierdie\n  sekond\u00eare soort ondersteuning, uit plig, nie uit behoefte nie, sal uitsterf\n  by &#8216;n volgende geslag wat nie die Afrikaner se stryd om erkenning meegemaak\n  het nie. [&#8230;] Maar as ons die dag sover gekom het, sal ons die\n  &#8220;kultuurmense&#8221;, &#8216;n volk se natuurlike aristokrasie, vir ons saak\n  verloor, en dan sal geen hoeveelheid massapropaganda ons van ondergang red\n  nie. (p. 12)\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wie dra die skuld? Die kultuurmens self, omdat hy nie by\nsulke klugte betrokke wil raak nie. Maar sy onbetrokkenheid is ook met rede:\ndit voel vir die kultuurmens dikwels asof hy moet redeneer met die grotbewoners\nin <em>Die Staat<\/em> deur Plato. Die grotbewoners het net die skadubeelde teen\ndie muur gesien &#8211; die kultuurmens was buite in die sonlig &#8211; en om nou te kibbel\nen te twis met onkundiges is tydverspilling en nutteloos. Maar juis omdat hy\ndie fakkeldraer is van die kultuur, moet hy tot die stryd en kryt toetree en\nnie van die organisasie onttrek nie. (p. 13)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nee, dankie Oom Louw. Ek wil nie soos Dr. Dan Roodt by die\nWoordfees in 2005 as <em>persona non grata<\/em> geweier of weggejaag word nie.\nMens wil nie, soos Loeloeraai ges\u00ea het, jou adel verwerp en verraai om jou\ndiens aan wilde barbare te verkoop vir skulpies en klippies wat hulle om jou\nnek kon hang nie (Langenhoven, 1941-druk:50).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is ander maniere. Ek kan eerlike resensies lewer op\nGoodreads.com (sodat mense leer hoe om krities en oplettend te lees!), &#8216;n\nWikipedia-artikel uit Frans of Duits of Russies [wat ook al] in Afrikaans probeer\nvertaal, en bydra tot PRAAG.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>DIE ARISTOKRATIESE IDEAAL (April 1938)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  As daar een ding is wat ons kultuur vandag nodig het, dan is dit die\n  wedergeboorte van die aristokratiese ideaal. Die kenmerk van ons tyd is die\n  opkoms van die massa en massawaardes. Alles dreig om gepeupel te word. Die\n  moderne nywerheid verskaf kos en geriewe in hoeveelhede wat geen vroe\u00ebr eeu\n  gehad het nie, en die mediese wetenskap hou aan die lewe wat maar enigsins\n  nog kan asemhaal. Hierdeur het die negentiende eeu &#8216;n ongekende toename in\n  die bevolking in alle lande gesien. Geboortebeperking by die intelligentste\n  deel van die mense het hierdie bevolkingstoename hoofsaaklik ten gunste van\n  die vrugbare massa minder intelligentes laat plaasvind. Stoflik en in\n  getalsterkte het die massa dus &#8216;n voorsprong gekry soos nog nooit tevore in\n  die geskiedenis nie. Toe het die algemene skoolplig en die algemene stemreg\n  van die negentiende eeu hom nog die geestelike en politieke wapens in die\n  hand gegee. Hy word koning, keiser, nog meer as keiser: die stem van die\n  massa word werklik die stem van God. Die stemme van die leiers: van die\n  profeet, van die boetprediker, van die groot enkelinge, die kultuurskeppers,\n  klink klein en verlate in daardie gedurige dreuning op. (p. 15)\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Louw wys onder meer na die koerante en tydskrifte wat &#8216;n\nberoep op die massawaardes en -intelligensie doen. Die gemiddelde mens\n&#8220;sien&#8221; in hierdie blaaie SY leiers, SY kultuur, SY smaak, SY insig,\nSY begeertes. Die kultuur word massakultuur, en die meerderheid van die\nmensdom, selfs baie van die bestes, word, in &#8216;n nuwe sin van die woord,\nmassamense. (p. 15)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe lyk die <strong>massamens <\/strong>(p. 16)?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* die persoonlikheidsideaal is om &#8220;die lekker\nk\u00earel&#8221; te wees, die allemansvriend<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* die egte demokraat<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* die man wat nooit anders as die res is nie en juis\norals wil inpas<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* hy haat die grense wat tussen mens en mens staan (wat\nhy beskou as trots en afsydigheid)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* gewildheid is die enigste maatstaf &#8211; &#8216;n\ngedig\/boek\/liedjie wat almal geniet, is &#8220;mooi&#8221;.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* iemand met die ewige soeke na goedkeuring en aanprysing\nvan almal<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* iemand wat glo &#8220;die wil van die massa&#8221; moet\nse\u00ebvier<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* iemand wat glo in die vooruitboer van die massa<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* hy is met baie minder tevrede as die volmaaktheid<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dus, &#8216;n adolessent wat voor die groepsdruk geswig het?\nIemand wat nooit sy tienerskoene ontgroei het nie? Geen wonder die Afrikaanse\nhoofstroommedia het so &#8216;n pueriele aanslag nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die <strong>Egte Aristokrate<\/strong> lyk so (p. 16-17):<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* vir hulle gaan dit nie om trots of bloot dwars te wees\nnie<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* hulle het &#8216;n egte verantwoordelikheidsgevoel teenoor &#8216;n\nmens self<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* hulle koppel nie hul selfwaarde aan wat mense van hulle\ndink nie<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* hulle probeer die hoogste geestelike skatte veilig deur\ndie massa dra<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* daar is geen &#8220;Streben&#8221; soos by die massamens\nnie, want die Aristokraat is reeds sy tyd vooruit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* hulle steur hulle nie aan kitssukses of die tydelike\nsukses onder die menigte nie, maar wel of die werke enige pit het aldan nie<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* hulle het geen rus voordat volmaaktheid binne die\ngrense van die taak self bereik is nie<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* hulle is nie verwaand nie, want hul werk is\n(&#8220;binne&#8221;) volksgerig [uit liefde vir die volk], hoewel hul geestelike\nwaardes &#8220;buite&#8221; die massa staan. Ek dink die skrywer het met \u201cbuite\u201d\neintlik &#8220;verhewe&#8221; bedoel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">* hulle is die sintese en die versoening van die\ngemeenskapslewe en individualisme.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nou het Suidpunt \u2018n vraag: Wat maak mens dan van die <em>utilisme<\/em>\nof die <em>nutsbeginsel<\/em> wat aanvoer &#8220;die grootste geluk\/nut aan die\nmeeste mense&#8221;? Hoe diensbaar is &#8216;n Aristokraat as hy aan die verwagtinge\nvan die massa nie slegs voldoen nie, maar ook oorskry? As iemand &#8216;n webwerf sou\nbegin waar skoolkinders in Afrikaans gehelp word, wat onderwerpe so deeglik en\nso wyd moontlik bespreek, maar tog in eenvoudige taal geskryf, wat tienvoudig\nbeter sou wees as die <em>Encyclop<\/em><em>\u00e6dia Britannica<\/em>, is die persoon nou\n&#8216;n Massamens of &#8216;n Aristokraat? Want hy wil tog die vooruitgang van sy mense\nsien. En &#8220;sy mense&#8221; is meestal nog in &#8220;die menigte&#8221;\nvasgevang. Is hy nou veel beter as &#8216;n Louw wat hom hoofsaaklik by die lettere\nbepaal?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&#8216;n Aristokraat sou egter ook kon terugkap: &#8220;Nee, ek is\nnie in &#8216;n ivoortoring vasgekeer nie, en nog minder kraai ek koning op my eie\nmishoop. Waarom moet Latyn byvoorbeeld geskrap word as die menigte dit nie wil\nneem nie? Besef mense nie hoeveel eeue se kennis, wysheid en skatte is in\ndaardie taal opgeneem nie? Nee, ek skryf vir die 0,001%, en basta. Latyn sal\nweliswaar nooit gesonke kultuurgoed word nie, maar die hoop beskaam nie. Eendag\nsal iemand terugkeer.&#8221; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar my liewe magtig, oom Louw, het oom nog nooit van <strong>geld<\/strong>\ngehoor nie? Het oom nie geweet tydskrifte en skrywers kan hul siele vir geld\n&#8220;soos sakkies suiker&#8221; verkoop en van daar die nivellering nie?\nKlaarblyklik het u tog, want&#8230;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>GELYKMAAK EN RANGORDENING (Januarie 1939)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Die 19de eeu in Wes-Europa en die Wes-Europese kultuurkring was die\n  eeu van gelykmaak. Dit het begin met die leuse van die Franse Revolusie:\n  vryheid, gelykheid en broederskap. Die <em>vryheid<\/em>, s\u00f3\n  het gou geblyk, was vryheid vir die grootkapitalis om sy eie werksaamheid\n  grensloos te ontplooi en vryheid vir die gewone mens om in daardie w\u00eareld van\n  onbeteuelde konkurrensie, geldmag en massapropaganda rond te val of in te pas\n  soos hy kon; die <em>broederskap<\/em> was maar alte dikwels di\u00e9 van Kain jeens\n  Abel, in &#8216;n eeu wat die masjien- en snelvuurgeweer, gifgasse en duikbote\n  uitgevind het en wat die kanonne van Europa op die verste uithoeke van die\n  aarde laat bulder het &#8211; o.a. om Sjinese broers te dwing om die invoer van\n  opium &#8220;vry&#8221; te stel. Maar uit die <em>gelykheid<\/em>, die enigste van\n  die groot drietal wat wesenlik onwaar is, het daardie eeu &#8216;n waansin laat\n  ontstaan waarvan die w\u00eareld baie stadig sal genees. (p. 18)\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy benadruk: &#8220;Die mens en alle menslike sake ken alleen\ndie \u2018ongelykheid\u2019\u201d (p. 18).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir N.P. van Wyk Louw is dit onmoontlik om gelykheid te regverdig:\nnie alleen is daar die natuurlike hulpbronne en natuurrampe wat die mens op een\nof ander stadium van mekaar ongelyk maak nie, maar ook die agterlike vs.\nskeppende volke, idiote vs. bomenslike genie\u00eb, die temperamentverskil, verskil van\nbelangstelling, van kultuurmoontlikhede, maar ook van rypheid (jeug en\nouderdom). Dan is daar ook bloot iets soos <strong>kans en geluk<\/strong>: soos iemand\nwat reeds in &#8216;n ryk familie gebore word, of iemand wat weet hoe om met geld te\nwoeker, of &#8216;n arm boer wat heel toevallig op &#8216;n klont goud of petroleum op sy\nplasie afkom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy stel dit eksplisiet: van vroueregte en &#8216;n klaslose\nstelsel wil hy nie weet nie: &#8220;Hulle is almal broers, die liberale\ndemokrate, &#8220;filantrope&#8221;, kommuniste en pedagogiese gelykmakers, en\nalmal kinders van een vader: die 19de-eeuse gelykheidsgedagte.&#8221; (p. 19).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oor die hele Kommunistiese petalje stel hy die volgende:\n&#8220;Die uitwis van die \u201cstandsverskille\u201d binne die fabriek sou nie &#8216;n\nuitbuiter nie, maar die <em>werk<\/em> self vernietig&#8221; (p. 19). Ek meneer, jy\nmeneer, en wie gaan die wa smeer?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ook wonder N.P. van Wyk Louw of &#8220;die verskil in funksie\ndie maatskappy egter ekonomiese verskille regverdig&#8221;. Hy vind dit\nonmoontlik om die beloning tussen &#8216;n bankier, &#8216;n hoofamptenaar, &#8216;n Beethoven te\nbepaal. &#8220;Die bankier en die hoof sou dalk hier &#8216;n bietjie naby aan die\nongeskoolde werkers wees&#8221; (p. 19).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy vind die eensydige &#8220;idealisme&#8221; van Hegel, maar\nook die materialiste van La Mettrie tot by Moleschott en Haeckel, toon almal\n&#8220;die neiging om alle verskeidenheid in die w\u00eareld te negeer en sy rykdom\ntot &#8216;n enkele soort te probeer herlei. Dit is vorme van die neiging om gelyk te\nmaak: gelykmaak na ondertoe of na boontoe, maar tog gelykmaak&#8221; (p. 20).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die skrywer verwerp die nivelleringsdrang en stel eerder\nnuwe stelsels voor wat altyd nader aan die innerlike rangordening van die\nmensdom sal kom. Daar moet eerder &#8216;n suiwerder en sterker bouwerk (hi\u00ebrargie)\nontstaan van die pol\u00eare verhoudings: Leierskap en volgelingskap, aristokrasie\nen volk. Hy sien in die wetenskap reeds &#8216;n wegbeweeg van die radikale\noorvereenvoudigings van die 19de eeu (dus, spesialisering), en om die\nverskillende range van die werklikheid (stof, lewe, psige en gees) in eie reg\nte erken en te ondersoek. Waarom nie ook in die kultuur nie? (p. 20-21)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die nasionale kultuur beskik ook oor &#8216;n piramidevorm: die\nbre\u00eb basis van die menigte, tot by die skerp toppunt van die ho\u00eb skoonheid wat\nbo uitglans. Volgens hierdie skema is die dagbladpers HEEL ONDER. Bo-op volg\ndie tydskrifte vol ligte leesstof &#8211; &#8220;die kinders se prentstories, die\nversmade en popul\u00eare moordverhale, ens., daarna die knap, deeglike of\nvermaaklike romans; en dan die beste en blywendste wat in die volk geskrywe\nword.&#8221; (p. 21) Die basis en die toppunt en die middel van die piramide het\nmekaar almal nodig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is hierdie &#8220;geheel&#8221; wat al die leesstof\nwaardevol maak. Maar ook hier het die massamensskrywer met sy groot oplae\nprobeer, weens <em>gewildheid<\/em> as enigste liter\u00eare maatstaf, om sy werk die\nkroon van die Afrikaanse letterkunde te maak. Onder die vaandel\n&#8220;volkskuns&#8221;. Daarteenoor het die estetici popul\u00eare geskrifte weer as\nwaardeloos geag. Dit is vir Louw verkeerd: sowel die massalektuur as\naristokratiese kuns het sy eie plekkie. Want gewilde lektuur kan\ntaalbelangstelling prikkel.<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Ook hier moet grense bewaar word en die waarde van die verskeidenheid\n  erken word. Ook &#8216;n volkskultuur word in organiese rangordening opgebou.\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit wil my voorkom of die skrywer tussen April 1938 (die\nvorige hoofstuk) en Januarie 1939 (wat jy tans lees) &#8216;n veel minder dichotomistiese\nw\u00eareldbeeld gekry het. Maar nou: wat van die Aristokratiese ideaal van die\nvorige teks? Vir al die kwaad wat die Afrikaanse hoofstroommedia die\nAfrikanerdom aangedoen het, moet ons eenvoudig hierdie prulpers maar verduur?\nEk dink glad nie so nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>&#8216;N TONEELOPVOERING IN KAAPSTAD (Maart 1937)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Louw was hoogs ge\u00efrriteerd deur die uitgevrete ho\u00eblui wat\nvermaak by die teater gesoek en hul daar wangedra het. Die uitgesoekte gehoor,\nuitgesoek volgens geld, stand en geleerdheid, kon hul nie vereenselwig met die tragiek\nop die verhoog nie. Vir hierdie pyn en lyding het hulle geen begrip nie. Hul\nbanaliteit spreek uit die lag op die verkeerde plekke, &#8216;n geproes, &#8216;n gestamp\nin die ribbes. Die ernstige stuk is &#8216;n spottery van gemaak, moontlik uit vrees\ndat hul &#8220;rus deur die smart aangetas [sou] word.&#8221; (p. 23)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Diegene wat smart ken, rusteloos is, leeg, of honger, of\nsoekende siele, weduwees en wewenaars, iemand wat om iets onbereikbaar treur:\ndaardie mense VERSTAAN wat op die verhoog aangaan. Waarskynlik juis diegene wat\n&#8216;n kaartjie nie kon bekostig nie. Dit is vir hulle wat die werk eintlik geskryf\nis. (p. 23)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">C. Louis Leipoldt het \u00earens in sy een digbundel (<em>Uitgesoekte\ngedigte vir Jong Suid-Afrika<\/em>, aan skole voorgeskryf) ges\u00ea dit is\nlewenservaring (\u201condervinding\u201d) wat mens kuns werklik laat waardeer.\nSkoolkinders is daarom nog nie almal ryp genoeg om sy digkuns te verstaan en\nwaardeer nie. Intelligensie alleen is nie goed genoeg nie. N.P. van Wyk Louw is\ndit duidelik mee eens.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>REKLAME VIR DIE LITERATUUR (September 1936)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jy sal miskien onthou hoe ek by my skryfstuk\n[<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=45656\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">http:\/\/praag.co.za\/?p=45656<\/a> &#8220;Ek is nou klaar met Afrikaanse\ntydskrifte&#8221;] die volgende stukkie van Aucamp (7 Oktober 1987) aangehaal\nhet:<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Dis ook Uys [Krige] wat voortdurend waarsku teen die onoordeelkundige\n  gebruik van die kwalifikasie &#8220;groot&#8221; binne die Afrikaanse kritiek.\n  \u2018n Mens hoor te dikwels van boeke wat \u201dbriljant\u201d, \u201dverbluffend\u201d, of&nbsp; \u2018n \u201dkragtoer\u201d is, waar hierdie boeke\n  hoogstens verdienstelik is. Die Afrikaanse boek mag uiteindelik hieronder ly\n  \u2013 \u2018n publiek wat keer op keer mislei word, gaan ophou koop. \u2018n Hollandse\n  vriendin wat \u00e1l die pieke in Afrikaans meegemaak het, weier om langer\n  Afrikaanse po\u00ebsiedebute te koop of selfs te lees. Elke keer die \u201dfanfare\u201d, s\u00ea\n  sy, en as jy die bundel oopmaak, dan maar weer \u2018n \u201dpubergeklodder\u201d.\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Trompetgeskal: September 1936 (ja, 51 jaar en 1 maand tevore!)\nwas nie veel anders nie. 2016 en 2026 weliswaar ook nie veel anders nie, want\ndieselfde geykte verkooptegniek werk vir die massamens al die afgelope dekades.\nOf, eeue. Selfs vandag nog.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek bedoel, dit voel asof daar van elke Afrikaanse boek\ndoelbewus &#8216;n &#8220;Limited Edition&#8221; gemaak word &#8211; doelbewus sodat almal\ndie gedrukte weergawes moet gryp terwyl dit nog in voorraad is [en die pryse\nonbekostigbaar duur is] en nooit weer herdruk sal word nie. Maar elektroniese\nboeke en tweedehandse boekwinkels is mos geduldig, so waarom die haas?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat wel vreemd[?] opval is N.P. van Wyk Louw se teenkanting\nvan die advertering van Afrikaans, soos die goeie woordjie wat Prof. dr. T.J.\nHaarhoff by Oxford gedoen het, <strong>IN DIE BUITELAND<\/strong>. Vir Louw is dit\nonvanpas: <\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Hulle vergeet dat die buitelander ook kritiese vermo\u00eb het, ook\n  agteraf glimlag oor komieklike geesdrif \u2013 as hy baie beleefd is. Laat ons bly\n  wees oor wat by ons in &#8216;n kort tyd gedoen is, maar erken dat ons nog min vir\n  die uitvoerhandel het. (p.26)\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vergelyk hierdie &#8220;advertensie&#8221; met die volgende\nscenario (p. 27-28):<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Gesteld hier kom nou in ons land &#8216;n geleerde wat een van die minder bekende\n  tale en letterkundes, s\u00ea maar die Turkse of Hongaarse, wil adverteer; hy\n  vertel ons iets van strominge en persone daar, lees vir ons stukkies\n  vertalings voor wat in ons eie taal geen liter\u00eare waarde het nie, bring ons\n  niks nader aan die taal self nie as deur te s\u00ea dat dit mooi is vir di\u00e9 wat\n  dit verstaan&#8230; dan gaan ons ook maar met &#8216;n ongestilde honger of met &#8216;n\n  jammer hart huis toe. Sy eie mense moet net nie glo dat die Turke of\n  Hongaarse saak veel by ons bevorder is nie.\n  &nbsp;\n  Van dieselfde aard is die bewuste ywer om boeke uit &#8216;n mens se taal\n  in ander tale oorgesit te kry. Ook ander klein lande ken dit. (Greshoff het\n  \u00earens een van sy beste opstelletjies oor hierdie soort gedoente in Holland\n  geskrywe.)* Die beste werk is meestal onvertaalbaar. En of &#8216;n swak boek nou in\n  twee of drie tale gelyk doodgaan, in plaas van in die oorspronklike alleen,\n  verhoog ook nie die prestige van die land so baie nie. \n  &nbsp;\n  [<a href=\"http:\/\/historisch.groene.nl\/nummer\/1932-01-09\/pagina\/18#4\/-2.46\/-72.42\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">http:\/\/historisch.groene.nl\/nummer\/1932-01-09\/pagina\/18#4\/-2.46\/-72.42<\/a>\n  Jan Gresshof. 1932. Staatsgevaarlijk comit\u00e9. <em>De groene Amsterdammer<\/em>. 9\n  Januari: 18 ]\n  &nbsp;\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">So iets het Jan Rabie (1989. <em>Buidel<\/em>. Kaapstad: Human\n&amp; Rousseau, bl. 83-86) ook aangeraak: <\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  5. Party werke is moeiliker om te vertaal; daar is selfs werke wat\n  onvertaalbaar genoem word. \n  [&#8230;]\n  8. Traddutore traditore? Is vertaler verraaier? Nee, as die vertaler\n  albei tale goed ken. \n  [&#8230;]\n  14. Vertalings van eie werk: <em>Bolandia 3: Waar jy sterwe<\/em> het\n  maklik in Engels vertaal en had sukses; romantiese, algemene taal. Maar <em>Bolandia\n  2: Die groot anders-maak<\/em>, my mees geslaagde roman, was onverstaanbaar\n  oorsee omdat die Hottentot-Afrikaans daarin onverstaanbaar elders is. In\n  Engels bv. bestaan iets soos Rooihuid-Engels, maar Hottentot-Engels nie. Dit\n  is dus &#8216;n goeie teks wat nie vertaal kon word nie omdat dit t\u00e9 Afrikaans is. \n  &nbsp;\n  15. En weet u, soms wil ek my teks eintlik onvertaalbaar h\u00ea. Ja, dis\n  die gevoel wat ek soms oor my gekastyde taal kry. Om in &#8216;n oorvol, oorluide,\n  oorveralgemeende w\u00eareld &#8216;n klein hoekie onvervreembaar my eie te h\u00ea. \n  &nbsp;\n  16. \u2026 En las seker ook by toekrampende ouderdom, of seergemaakte\n  trots omdat my boeke nie m\u00e9\u00e9r aandag in oorsese vertalings gekry het nie. Hoe\n  ook al, soms voel ek in my &#8216;n intense behoefte om my Afrikaans vir myself te\n  hou, om my boeke so verinnig, plaaslik, Afrikaans as moontlik te skryf dat\n  hulle eintlik onvertaalbaar moet bly. \n  &nbsp;\n  17. Miskien ook uit irritasie wanneer die soveelste eentalige neul:\n  &#8220;Why don&#8217;t you translate your book for Onrast?&#8221; Dit is juis op so\n  &#8216;n oomblik dat ek ook die beneukte blydskappie voel: Goed so, laat my boek so\n  Afrikaans wees dat jy dit in Afrikaans moet lees. Is <em>Poppie Nongena<\/em>\n  met sy heerlike babelsheid van taalgebruik nie mens-verwarmender as &#8216;n\n  naastenbye vertaling van &#8216;n vertaling in een taal nie? \n  &nbsp;\n  18. Wel, klink dit te negatief? Dalk wil ek maar net s\u00ea: Party\n  skrywers hou nie daarvan om hul eie werk in &#8216;n selfvertaling te herkou nie.\n  Hulle verkies nuwe werk.\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar 82 jaar n\u00e1 Louw se opstel en amper 30 jaar n\u00e1\nRabie s&#8217;n, raak mens tog bekommerd as Sweedse, Deense, Noorse en Nederlandse\nboeke by dosyne oor en weer vertaal word, terwyl Afrikaans steeds \u00earens in die\nhoekie van vergetelheid bly l\u00ea en stof vergader (soos \u2018n boekie deur ene Louw\nwat ek nou op PRAAG bespreek en verlede maand teen R5,00 by \u2018n Hospieswinkel op\nHermanus gekoop het!). Ek voel sulke beskeidenheid doen die mensdom &#8216;n oneer\naan. Dan kon mens netsowel oorspronklik in Frans en Duits geskryf het. Of, nou\nja, in Engels.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat die BINNELANDSE REKLAME BETREF, is ek met die volgende\nveel meer eens (p. 28):<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Maar heelwat ouer as die buitelandse propaganda vir die literatuur is\n  die binnelandse. So gans en al sonder werklike waarde soos die vorige is dit\n  nou nie. Wanneer dit &#8216;n volk moet leer om sy eie te begryp en te waardeer, is\n  dit gewone opvoeding. Maar n\u00earens staan die opvoeding so naby aan die sonde\n  nie. By geeste van die tweede rang word dit gou net verheerliking van wat die\n  eie volk gemaak het, en by die derde en laer range verheerliking van vriende\n  en boeties, die kwaksalwery van klieke.\n  [&#8230;]\n  En hierdie sonde is tog so maklik. Wanneer &#8216;n groepie skrywers\n  saamspan om wederkerig mekaar aan te prys en elke woordjie van mekaar as\n  wysheid en skoonheid voorstel &#8211; kan hulle dan nie, wanneer hulle eenmaal die\n  openbare aandag getrek het, so met &#8216;n los skrum die onsterflikheid bestorm en\n  verower nie? Die publiek self lees mos nie noukeurig nie, stel nie soveel\n  belang in skrywersgedoentes nie, is maar meestal bly om van \u00e1nder\n  presies te hoor wie &#8220;die beste skrywer of digter&#8221; is &#8211; al is dit\n  maar vir die saampraat. \n  En mettertyd kan pers, radio, tydskrif en boek dieselfde storietjie\n  herhaal; niemand vra waar dit oorspronklik vandaan kom nie, en almal glo dit\n  omdat &#8220;almal&#8221; dit s\u00ea. Baie reputasies is al so opgebou.\n  Dit is waar dat geen reklame &#8216;n slegte werk lank hoog kan hou nie, en\n  dat alleen dinge wat deur lang jare die bestes in &#8216;n volk bevredig werklik\n  bly leef.\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat Louw hierbo skryf, is werklik niks nuut nie:<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Illud autem lepidissimum, cum mutuis epistolis, carminibus, encomiis\n  sese vicissim laudant, stulti stultos, indoctos indocti. Hic illius suffragio\n  discedit Alceus, ille huius Callimachus: ile huic est M. Tullio superior, hic\n  illi Platone doctior. Nonnumquam etiam antagonistam qu\u00e6runt, cuius \u00e6mulatione\n  famam augeant. Hic scinditur incertum studia in contraria vulgus, donec\n  uterque dux re bene gesta victor discedit, uterque triumphum agit. Rident h\u00e6c\n  sapientes, ut, veluti sunt, stultissima. Quis enim negat? Sed interim meo\n  beneficio suavem vitam agunt, ne cum Scipionibus quidem suos triumphos\n  commutari. Quamquam docti quoque interim dum h\u00e6c magna cum animi voluptate\n  rident, et aliena fruuntur insania, non paulum mihi debent et ipsi, quod\n  inficari possunt, nisi sint omnium ingratissimi.\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Overgesetsynde (J.L. de Villiers, 2002-vertaling, pp. 96-97)\n<\/p>\n\n\n<p>[oor Digters, dus, skrywers]<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">:\n\n<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Maar die grootste grap is hulle wedersydse briewe, verse en\n  lofprysinge; een dwaas wat &#8216;n ander dwaas ophemel. So s\u00ea A dat B &#8216;n Alkaios\n  is, terwyl B s\u00ea dat A Kallimagos is, of B dink dat A &#8216;n beter skrywer as\n  Cicero is, daarom s\u00ea A dat B geleerder as Plato is. En soms soek hulle na &#8216;n\n  opponent vir &#8216;n kragmeting waardeur hul groter naam kan maak. Die weifelende\n  skare is in vyandige kampe verdeel, tot albei leiers selftevrede vertrek om\n  hul oorwinning te gaan vier. Verstandige mense lag hieroor, want niemand sal\n  ontken dis nie die toppunt van dwaasheid nie. Intussen maak ek dit vir\n  hierdie mense moontlik om &#8216;n heerlike lewe te lei, en hulle sal dit nie eens\n  vir die triomftogte van die Scipio&#8217;s wou verruil nie. En die ander, geleerd\n  soos hulle is, het die plesier wat hulle hieruit en uit hulle makkers se\n  waansin put, grootliks aan my [Dwaasheid] te danke &#8211; ontken hulle dit, is\n  hulle die ondankbaarste mense op aarde. \n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Knap gedaan, Desiderius Erasmus (&#8216;<em>Encomium Moriae<\/em> (<em>Tot\nlof van Dwaasheid<\/em>)&#8217;, gepubliseer in <strong>1511<\/strong>, dus, <strong>ruim<\/strong>\n425 jaar v\u00f3\u00f3r\nLouw se opstel. Wat vir jou s\u00ea: deur die eeue heen word mense steeds met dieselfde slenter gevang).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis presies wat LitNET is; trouens, die meeste Afrikaanse\nletterkunderedaksies is. Dis &#8216;n gepraat-praat-praat, gekibbel, omkopery, gestryery,\nbakleiery, repliek op repliek, en op die ou einde gaan dit maar eintlik oor watter\nboeke die meeste geld uit die meeste gepraat maak wat op daardie oomblik\nrelevant is of wat aandag sal trek op Google Trends. Dit gaan daaroor om mense\naan die kyf te hou, dit gaan suiwer om publisiteit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die beste medisyne wat Louw kan voorskryf (p. 29), is\nkritiek (<strong>WAT? NOG?!<\/strong>) wat skerp en streng moet bly, en jaloers moet waak oor\ndie intellektuele status van ons nasie. Verder: &#8220;<strong>Die hoogste geestelike\nlewe van &#8216;n mens of van &#8216;n volk is heeltemal onafhanklik van erkenning<\/strong>.&#8221;\n(vergelyk: Die Aristokratiese ideaal)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verder moet die skrywer ook nie geboelie en in \u2018n blik\ngedruk word om stukke te skryf in die styl wat die publiek of uitgewer van hom\nverlang nie. Die skrywer sal dan nie ryper kan word nie (p. 29).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Louw sluit sy betoog af met die woorde: <\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Laat ons bly wees dat die loon by ons kuns maar klein is; dan bly die\n  makelaars daarvan af weg. Maar ook deur geen ander voordeel hoegenaamd mag\n  ons tot ophemeling verlei word nie. Laat liewer dan alles buiten\n  wetenskaplike studie stilbly. (p. 29).\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>DIE EWIGE TREK (Oktober 1938)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar bestaan twee dwalinge volgens Louw rakende die\nVoortrekkers (pp. 30-31):<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">1. Soms word die Trekkers tot onnavolgbare heldegestaltes\ngemaak. Heel gerieflik word die nakomelinge (weens hul selfopgelegde \u2018onvermo\u00eb\u2019)\ndan van die plig onthef om self heldhaftig te wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">2. Ons is net soos die Trekkers, en as ideale modelbeeld\nmoet hierdie innerlike en uiterlike kenmerke bestendig word. Soos in die stuk\n\u201cKultuurleiers sonder kultuur\u201d (Februarie 1939) staan hier reeds: <\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Ons kan nie dinge wat tydgebonde aan die Voortrekkers was, aanvaar as\n  die les wat hulle vir ons te leer het nie, en ons sal nooit weer in hierdie\n  land in alle opsigte soos Voortrekkers kan dink, voel en handel nie. As ons\n  dit k\u00f3n\n  doen, dan het h\u00falle nie hul historiese sending in hierdie land voltooi,\n  d.w.s. ons pionierstadium laat afloop nie.\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Louw bedoel hier nie die herdenking van die Slag van\nBloedrivier nie. Dit is ook nie die punt van sy opstel nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Louw sonder die &#8220;waagspel&#8221; en die &#8220;volkome\newewig van die argumente wat in albei rigtings gevoer kon word&#8221; uit.\nAgterna beskou lyk dit altyd tog so eenvoudig hoe die Groot Trek, die Tweede\nVryheidsoorlog, en die keuse tussen Afrikaans en Nederlands as voertaal en\nkultuurtaal sou inslaan en verloop het. Stel jy egter jouself voor hierdie\nvraagstukke, op daardie tydstip, is dit glad nie meer so vanselfsprekend of\neenvoudig nie (p. 32).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek gaan nie die laasgenoemde beweging, die taalbeweging\nbehandel nie &#8211; ek het dit reeds in drie artikels op PRAAG behandel. Maar kortom:\n&#8220;die wysheid van die dwase en vermeteles het gese\u00ebvier en die dwepers het\nweer die geskiedenis gemaak&#8221; (p. 33).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oor die Anglo-Boereoorlog: &#8220;Vandag kan ons insien: as\nons nie geveg het nie, sou die Afrikaanse volksgevoel van slapheid en feitlik\nvan skaamte gesterf het, want wie behoort dan graag tot &#8216;n volk wat sy nek buig\nas dit nuttig is om nederig te wees? Maar uit die trots van die driejarige\nstryd teen &#8216;n w\u00eareldmag is die nuwe Afrikaanse nasionalisme gebore wat nie langer\nte kere was nie.&#8221; (p. 34)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat die Groot Trek aanbetref, kon almal as keuse in die\nKolonie gebly het om &#8216;n verenigde mag te vorm teen die Engelse; of, die\ngeskiedenis kon verloop het soos dit wel aan ons bekend is (p. 35).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die meeste mense kies selde redelik. &nbsp;En dikwels uit fanatisme &#8211; oor taal, oor\nvryheid.&nbsp; Jy sou dit ook so kon insien. <strong>Of<\/strong>,\ndit is &#8216;n hele komplekse sameloop of samevatting van al die individue se keuses\nwat op daardie stadium gemaak is; ook diegene wat in Kolonie agtergebly het [en\nlater tog \u2018n rol sou speel] (p. 36-37).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nou bly die vraag oor &#8211; vra Louw &#8211; moet mens altyd die\nekstremiste, die dwepers aanhang, want hulle maak tog die geskiedenis? Kan ons\ndie irrasionale rasionaliseer? Nie altyd nie &#8211; want by verskeie keuses is daar\naan alle kante dwepers. Dwepers [wat geplant is?] kan egter ook &#8216;n volk verdeel\n(p. 38).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar mens kry ook die verantwoordelike &#8216;sieners&#8217; wat die\nhele waagspel (en verantwoording) ten volle besef, maar ook die hele aaneenlopende\nproses in sy geheel in o\u00ebnskou neem. En die ewewig van die argumente (die \u2018pro\u2019\nen die \u2018contra\u2019) in die krisis van die volk sterk en ten volle begryp (p. 39).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>BURGER EN KUNSTENAAR (Mei 1939)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">N.P. van Wyk Louw het nou eenmaal &#8216;n gly in politieke\ngatkruipers, of &#8220;strewers&#8221; wat die hoogste sport van die amptenary\nstertswaaiend probeer bereik op welke maniere ook al. En die kuns dan op hul\nmanierlike\/fatsoenlike\/doodse\/verstokte wyse as sodanig probeer ondermyn. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As die leser tussen die re\u00ebls kyk, is sy brief (wat ironies\ngenoeg, afgekeur is!) nie alleen &#8216;n skimp op sensuur van die owerhede nie, maar\nbeslis ook op die polities-korrektheid van die kripvreter [sal mens die privaatsektor\nook hierso byvoeg?]. En op wat nie in die openbaar se belang is nie. Enigiets\nin die kuns wat die &#8220;strewer&#8221; kan laat twyfel in sy doelwit [om die\nhoogste sport te bereik deur oor lyke te loop], of wat sy gewete aankla, word\nsover moontlik vermy, of selfs geteiken. Hierdie brief vind ek uiters relevant\nin die huidige Suid-Afrika &#8211; van hoogleraars tot amptenare wat teen hul\nbeterwete die staatskultus aanbid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die <em>bourgeois<\/em> gaan resloos op in die georganiseerde\nlewe, vrees vir die kolle krag van die emosie; geestelike versigtigheid; vashou\naan die bekende, aan die menings van erkendes en aansienlikes (p. 44). &#8216;n\nBurgerlike s\u00ea vir homself (p. 44):<\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Ek ken my krag; ek kan vooruit kom, hoog klim, en iets geniet \u2013 al kan\n  ek ook niks anders nie; al sal my onsterflikheid dan net wees dat my naam op\n  &#8216;n aantal hoekstene in ons land staan of aan &#8216;n sleepboot in Tafelbaai gegee\n  word.\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dus, <strong>eie<\/strong>belang vs. <strong>volks<\/strong>belang.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Want jou tipiese &#8220;burgerlike&#8221; (lees: gatkruiper)\nse waardeoordeel word deur titulatuur be\u00efnvloed: <\/p>\n\n\n\n<table class=\"wp-block-table\"><tbody><tr><td>\n  Dit spreek dan vanself dat die burgerman ewig en altyd &#8216;n\n  &#8220;streber&#8221; is, dat hy vooruit wil kom. Na almal b\u00f3\n  hom sien hy as moontlike helpers op; na mense onder hom kyk hy met &#8216;n bietjie\n  minagting (as hulle self nie vooruitkom nie) of met vriendelike aanmoediging.\n  En daardie rangordening van die posisies word &#8216;n soort Jakobsleer waarlangs\n  engele van vreugde neerdaal of verdwyn. Kyk maar na &#8216;n groot staatskantoor:\n  as die minister die m\u00f4re binnekom en glimlag, dan glimlag die sekretaris, en\n  die ondersekretaris lag&#8230; en die glimlag daal af totdat die seuntjie wat\n  posse\u00ebls opplak, fluit-fluit sy spuutjies saamsuig; of anders daal die\n  donkerheid van bo af, en uiteindelik skop die loopjongens die brakkies van\n  die waterbakke in die gange af weg. Dis soos &#8216;n ry spie\u00ebltjies wat een straal\n  voortplant. Om nie eens te praat van die moeitevolle klassifiseer van\n  uitnodigings in &#8220;di\u00e9 wat &#8216;n mens moet aanneem&#8221;, of &#8220;<em>kan<\/em>\n  aanneem&#8221; of \u201cnie durf aanneem nie\u201d. \n  Hierdie soort &#8220;strewe&#8221; is die antitese en die dood van die\n  geestelike rusteloosheid. Dit is hierdie burgerlikheid wat vir ons &#8216;n\n  blou-potlood-kultuur aan die gee is; en dit gee ook aan ons hele geestelike\n  lewe daardie kleindorpse voorkoms. (p. 42)\n  [\u2026]\n  Wanneer hy [die burgertipe] tussen twee opinies moet kies, is die\n  opinie van die ho\u00ebr geplaaste vanselfsprekend die &#8216;waarste&#8217;.&nbsp; (p. 41)\n  <\/td><\/tr><\/tbody><\/table>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons sien hierbo dus weer \u2018n verwysing na houtgeruste \u201cSuid-Afrika\nas ou Land\u201d (Desember 1938) \u2013 waar daar gerustheid is, is daar geen vooruitgang\nin die kuns nie. Maar ook sien ons dat die besluite\/opinies hoegenaamd nie\ngegrond op die redelikheid of die rede is nie. So asof die hoeveelheid inkomstebelasting\nwat jou meerdere betaal iets met ervaring te make het. Ons ken daardie\ndenkfout: <em>Argumentum ad verecundiam<\/em> [<strong>beroep op gesag<\/strong>].<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&#8216;n Mondvol. Boonop haat die <em>bourgeois<\/em> (wat streef na <strong>DIE\nORDE<\/strong>) die kuns, juis omdat hy die geobjektiveerde kultuurwaarde nie het\nnie, en die kuns amper soos &#8216;n Rorschachtoets is van sy eie booshede. En die pseudo-kunstenaar\nweet net watter knoppies om keer op keer te druk om sensasie uit te lok (p. 43).\nDink maar aan die (onsmaaklike) kaalgat-skilderye van Jacob Zuma. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>DIE ONSTERFLIKHEID VAN DIE KUNS (Oktober 1938)<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Vita brevis, ars longa<\/em>. Of nie?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Louw glo nie in die onsterflikheid van die kuns nie.\nMoontlik is hierdie verskynsel\/strewe bloot simptomaties wanneer klassieke\nboeke\/kuns weer verken word, soos tydens die Renaissance. Daar kom ook tye\nwanneer die mens hom kragdadig radikaal onhistories voel en hom volksvreemd van\ndie verlede losmaak &#8211; en nie die &#8220;onsterflike&#8221; kuns kan waardeer nie.\nOnsterflikheid word ook gekortwiek as jou werke deur die eeue heen deur mot en\nroes middeldeur gehap word. En dan die volk: wat as die lesers en sprekers van\ndie taal eenvoudig net soos mis voor die son verdwyn? (p. 45-46).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tog is hierdie onsterflikheid [eerder: tydloosheid!] van die\nkuns &#8216;n mite wat die kunstenaar kan besiel\/opsweep\/aandryf. Politieke heersers\nsoek dikwels kuns wat in hul ryk\/land as voorbeeld vir ander moet dien. Totdat\ndie ryk saam met die standbeelde tot &#8216;n val kom (p. 46).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar die onbereikbare word tog as die moeite werd beskou om\nna te streef. Dikwels sterf hierdie kunstenaar sonder roem, om eers na hul dood\nbekendheid te verwerf. Maar steeds is dit hierdie MITE wat die mens buite sy\neie grens dryf (p. 46-47).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is ook onwaar dat jy die publiek bloot hoef te oortuig (<strong>belieg?<\/strong>)\njou perdedrolle is sitroene. Jy kan hard probeer om jou werk op te vysel, \u2018n\nkoerantman omkoop, asook \u2018n toegewinkie hier en daar deur invloedryke kritici afbedel,\ndie destydse en hedendaagse voorskryfmark probeer be\u00efnvloed, maar ook <em>vriende<\/em>\nkan hard probeer [soos oorle&#8217; Koos Prinsloo (\u2020 1994) wat deur \u2018n vriendin <em>steeds<\/em>\nkunsmatig aan die lewe gehou word], maar \u00earens gaan die volk tog <em>kort voor\nlank<\/em> van jou werke moet vergeet. In die geskiedenis sal dit maar net as nog\n&#8216;n vergeefse kantaantekeninkie geskribbel word. Volgens Louw het so iets\ntrouens gebeur met Robert Montgomery, wie se<em> The Omni-presence of the Deity<\/em>\nnie minder nie as 11 keer herdruk is \u2013 vandag is hy vergete, en niemand ken\nselfs meer sy naam nie (p. 29, \u2018n terugverwysing na \u201cReklame vir die Literatuur\u201d).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ook <strong>vraag en aanbod<\/strong> tussen die eietydse volk,\nuitgewers, resensente en die skrywer kan nie onsterflikheid waarborg nie (p. 49;\nen w\u00e9\u00e9r \u2018n terugverwysing na \u201cReklame vir die Literatuur\u201d) &#8211; dit is te veel\nonderworpe aan die aktuele grille en geite en verouder vinnig. Hier is nie\nsprake van tydloosheid nie, maar wel van &#8216;n TYDPERK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die enigste rigsnoer wat dus oorbly is SKOONHEID (p.\n50).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Of die versteekte kosmos (en verantwoording) binne die\nkunstenaar wat ontwaak &nbsp;(p. 51).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En tog, wil Suidpunt in die jaar 2018 vra: Hoe <strong>word<\/strong>\nons onthou van die strominge en skrywers van die Dertigers? Die Sestigers? Die\nGrensliteratuur? Die Multi-Kulti-1990&#8217;s? Die betrokke letterkunde? Die\npostmoderne herbesoek van die Anglo-Boereoorlog teen die millenniumwending? Die\nPostkoloniale Desillusie? Die Distopiese Romans? Gayliteratuur? Depressiewe-polssny-wroeg-en-oopskryf-probleemboeke-vir-niksvermoedende-prikkelbare-pubers-sedert-1980-tot-op-<em>heden-der-dagen?<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Baie maklik, ek het pas die antwoord hierbo gegee: deur die\nkunsmatige kategorisering deur die letterkundiges self. Die naamgee aan elke \u201cletterkunde\nepog\u201d en die gevolglike etikettering. Een enkele benaming ruk sommer al die\nbetrokkenes (skrywers en hul apologete) soos \u2018n koeksel hare uit \u2018n stinkende afvoerpyp\nop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">[Word vervolg.]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Opstand is net so noodsaaklik in &#8216;n volk as getrouheid. Dit is nie eens gevaarlik dat &#8216;n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat &#8216;n hele geslag sonder protes sal verbygaan. Hierdie woorde begroet die leser in Lojale verset. Ek vind dit vreemd dat PRAAG nog nie &#8216;n uitvoerige mening oor hierdie boek van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=46125\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Suidpunt: &#8216;Lojale verset&#8217; in &#8216;n neutedop. Deel I.&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":100044,"featured_media":46127,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,23531],"tags":[167,20565],"class_list":["post-46125","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-suidpunt","tag-afrikaans","tag-skrywers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46125","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100044"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46125"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46125\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46129,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46125\/revisions\/46129"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46127"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46125"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46125"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46125"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}