{"id":45948,"date":"2018-09-07T17:54:43","date_gmt":"2018-09-07T15:54:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45948"},"modified":"2018-09-07T17:54:43","modified_gmt":"2018-09-07T15:54:43","slug":"motors-sjinese-sjiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45948","title":{"rendered":"Motors: Sjinese sjiek"},"content":{"rendered":"<p>Sjinese sjiek. Bestaan daar so iets? Dink ons aan Sjinese rygoed, kom die beeld van uiters swak geboude motors wat merendeels uit swakgehalteplastiekpanele aanmekaar gesit is, in my gedagtes op.<\/p>\n<p>Tans in Suid-Afrika is die enigste gevestigde Sjinese vervaardiger wat nie net bekostigbare motors bou nie, maar ook relatief betroubare motors, GWM of Great Wall Motors. Haval is die luukser afdeling van GWM net soos Lexus \u2018n Toyota met \u2018n pak klere aan is en Infinity Nissan se luukser afdeling uitmaak. Ander vervaardigers soos Honda het die Acura-afdeling en Hyundai het die Genisis-afdeling. Haval is heeltemal \u2018n handelsmerk op sy eie onder die GWM-kombers.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45957\" aria-describedby=\"caption-attachment-45957\" style=\"width: 640px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-voorligte2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-45957\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-voorligte2.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"480\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-voorligte2.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-voorligte2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-voorligte2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-voorligte2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-voorligte2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-voorligte2-287x215.jpg 287w\" sizes=\"auto, (max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45957\" class=\"wp-caption-text\">Die Haval H2 van voor af<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons het die geleentheid gekry om twee van Haval se produkte onder hande te neem. Die modelreeks van Haval bestaan uit vier modelle met \u2018n vyfde wat baie binnekort ook deel van die skietgoed gaan uitmaak. Die reeks begin by die Haval H1 wat as \u2018n minikruisveldvoertuig teen die Toyota Etios Cross, VW Polo Vivo Maxx en Fiat Panda meeding. Dit is eintlik maar net \u2018n klein luikrugmotortjie met swart stroke oor die wielbo\u00eb, dakrelings en \u2018n baie effens ho\u00ebr ryposisie wat di\u00e9 tipe motortjies onderskei van die gewone Etios en Polo Vivo. Die H1 was egter nog tot in 2017 bekend as GWM se eie M4. Op met die modelleer, kry jy die H2 wat in alle opsigte so \u2018n bietjie groter as die H1 is. Die voertuig deel die marksegment met motors soos die Honda BR-V en Toyota Rush. Die volgende model in die Haval-reeks is die H6 wat in die mark teen motors soos die Toyota Rav 4 en Nissan X-Trail meeding. Die H6 C is die volgende op die leer en ding ook mee teen motors soos die VW Tiguan en Mazda CX5.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45956\" aria-describedby=\"caption-attachment-45956\" style=\"width: 640px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-syaansig2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-45956\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-syaansig2.jpg\" alt=\"\" width=\"640\" height=\"480\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-syaansig2.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-syaansig2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-syaansig2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-syaansig2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-syaansig2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-syaansig2-287x215.jpg 287w\" sizes=\"auto, (max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45956\" class=\"wp-caption-text\">Syaansig van die Haval H2<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die twee modelle waaraan ons gaan aandag gee, is die H2 1,5T Luxury Outo en die H6 C City. Die Haval-modelreeks bestaan uit drie spesifikasievlakke. Die heel goedkoopste vlak met die minste standaardtoerusting is die City, dan die Premium en heel bo-aan die leer, die Luxury-spesifikasie. So in H2-gewaad kon ons die heel luukste weergawe ry en in die geval van die H6 C was die motor die intreevlakmodel in die reeks. Wat die voorkoms van die H2 aanbetref, lyk die motor vir my baie na die vorige generasie Rav4 of Chery Tiggo, net so \u2018n aks groter.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45952\" aria-describedby=\"caption-attachment-45952\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-agterligte2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-45952 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-agterligte2-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-agterligte2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-agterligte2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-agterligte2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-agterligte2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-agterligte2-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-agterligte2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45952\" class=\"wp-caption-text\">Die H2 van agter gesien<\/figcaption><\/figure>\n<p>Gemeet teen die Honda BR-V en Toyota Rush wat eintlik die nuwe Daihatsu Terios in ander lande heet, vertoon die H2 meer konserwatief en nie so erg Oosters soos die twee Japanners nie. Teen 4335mm is die H2 12cm korter as die Honda en 10cm korter as die Toyota Rush. Die Honda het egter sewe sitplekke terwyl die Haval en Toyota slegs in 5-sitplekgewaad beskikbaar is.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45955\" aria-describedby=\"caption-attachment-45955\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-Instrumentepaneel2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45955\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-Instrumentepaneel2-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-Instrumentepaneel2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-Instrumentepaneel2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-Instrumentepaneel2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-Instrumentepaneel2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-Instrumentepaneel2-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-Instrumentepaneel2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45955\" class=\"wp-caption-text\">Die H2 se netjiese instrumentepaneel<\/figcaption><\/figure>\n<p>Wat hoogte aanbetref, staan die H2 sowat 3cm hoer as die BR-V, maar 1cm laer as die Rush op sy wiele. Dit maak die in- en uitklimslag net daardie entjie gemakliker as die ho\u00eb Toyota. Wat skouerruimte binne die drie motors betref, troef die H2 beide die Japanners. In die geval van die Honda is die H2 \u2018n hele 8cm bre\u00ebr en 12cm bre\u00ebr as die Toyota. Wat beenruimte aanbetref, veral vir die agterste passasiers, klop die H2 die Honda, maar is net n\u00e9t knapper as die Toyota Rush. So veral agter meen ons sal insittendes baie meer gemaklik wees in die H2 as in enige van die twee Japanners. Hierdie is al drie gesinswaentjies wat mense en goeters moet kan karwei.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45954\" aria-describedby=\"caption-attachment-45954\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-binneruim2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45954\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-binneruim2-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-binneruim2-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-binneruim2-111x148.jpg 111w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-binneruim2-23x31.jpg 23w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-binneruim2-29x38.jpg 29w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-binneruim2-161x215.jpg 161w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-binneruim2.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45954\" class=\"wp-caption-text\">Die H2 se binneruim<\/figcaption><\/figure>\n<p>Bougehalte is ook heelwat beter as in beide die Honda en die Toyota en dit word nie aldag van \u2018n Sjinese motor ges\u00ea nie. Die tipe stowwe wat in die binneruim gebruik word, is werklik van \u2018n ho\u00eb gehalte en die motor voel in \u2018n ander klas wanneer dit vergelyk word met die BR-V en die Rush. Die H2 word in Sjina gebou terwyl die Rush uit Indonesi\u00eb kom en die BR-V word in Indi\u00eb gemonteer.<\/p>\n<p>Wat toerustingvlakke aanbetref, is die Honda en die Toyota glad nie op dieselfde vlak nie. Al drie motors is gerieflik toegerus met genoeg veilgheidstoerusting om jou gerus te laat, maar die H2 bied net soveel meer, soos EBD- elektroniese rembeheer en BAS-rembeheer wat die Honda ook bied, maar die Toyota nie. Re\u00ebnsensors wat die ruitve\u00ebrs outomaties aanskakel, is standaard in beide die Honda en die H2 maar nie in die Rush nie. Leerbekleedsel, multifunksiestuurwiel, klimaatbeheer, elektriese verstelling van sitplekke, Bluetooth vir jou slimfoon, trukamera asook \u2018n linkerkantse syspie\u00eblkamera, outomatiese hoofligaanskakelaars, togbeheer om jou spoed op die snelweg te reguleer, ISO-hegstukke vir \u2018n kinderstoeltjie, sleutellose toegang, outomatiese dompfunksie vir die middelste truspie\u00ebl, 6 lugsakke, ABS-remme, allooiwiele, elektroniese skuifsondak, parkeersensors&#8230; Daar is ook \u2018n volle noodwiel en nie een van die dun beskuitjiewieletjies nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45953\" aria-describedby=\"caption-attachment-45953\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-bagasieruim2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45953\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-bagasieruim2-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-bagasieruim2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-bagasieruim2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-bagasieruim2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-bagasieruim2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-bagasieruim2-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H2-bagasieruim2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45953\" class=\"wp-caption-text\">Bagasieruim van die Haval H2<\/figcaption><\/figure>\n<p>Wat die enjin aanbetref, word die H2 deur \u2018n 1,5-liter- turbopetrolenjin aangedryf. Die enjin is gekoppel aan \u2018n 6-spoed- outomatiese ratkas en dryf die voorwiele aan. Kraglewering is 105 Kw en 202 Nm se wringkrag. Vergelyk dit met die 88Kw van die Honda en 77Kw van die Toyota en dit word gou duidelik watter een van die drie motors mense en bagasie die gemaklikste kan vervoer, veral hier aan die Ho\u00ebveld. Teen 145Nm vir die BR-V en 135Nm vir die Rush voel die H2 in \u2018n ander klas. Voeg nou die 5-jaar-100 000km-waarborg by en 5-jaardiensplan met 5jaar padbystand en hierdie Sjinees klink al hoe beter.<\/p>\n<p>Wat die prys aanbetref, kry jy na ons mening nogal baie waarde vir die R314 900 wat die H2 jou gaan kos. Vergelyk dit met die Honda se R299 900 en die Toyota se R313 500 dan lyk die prentjie nog beter.<\/p>\n<h4 style=\"margin-bottom: 0.35cm;\">Haval H2 1.5T Luxury Outomaties<\/h4>\n<table width=\"453\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"10\">\n<colgroup>\n<col width=\"319\" \/>\n<col width=\"92\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Prys<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Voorkoms buite <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Binneruimgehalte en afwerking<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Ruimte en praktiese toepassing<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5 <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Enjin en ratkas<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Op die pad<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Veiligheid<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Totaal <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td style=\"border: 1px solid #000000; padding: 0cm 0.19cm 0cm 0.2cm;\" width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">36 uit 40<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<h3 style=\"margin-bottom: 0.35cm;\">H6 C<\/h3>\n<figure id=\"attachment_45963\" aria-describedby=\"caption-attachment-45963\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-van-agter-af2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45963\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-van-agter-af2-300x233.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"233\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-van-agter-af2-300x233.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-van-agter-af2-148x115.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-van-agter-af2-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-van-agter-af2-38x30.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-van-agter-af2-276x215.jpg 276w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-van-agter-af2.jpg 617w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45963\" class=\"wp-caption-text\">Die H6 van agter af<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons toetsmotor was die intreevlak H6 C 2.0T City. Van buite vertoon die H6 C baie kleiner as wat hy werklik is. Teen 4549mm is hy net so lank soos \u2018n Mazda CX-5 en 9cm korter as die Nissan X-Trail. Met \u2018n asafstand van 2720mm \u2014 dit is nou die afstand tussen die vooras en die agteras \u2014 klop die H6 C beide die Mazda en die Nissan. Wat breedte aanbetref, is die Mazda \u2018n halwe cm bre\u00ebr as die H6C maar die Haval is 1,5cm bre\u00ebr as die Nissan.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45960\" aria-describedby=\"caption-attachment-45960\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-Instrumentepaneel2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45960\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-Instrumentepaneel2-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-Instrumentepaneel2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-Instrumentepaneel2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-Instrumentepaneel2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-Instrumentepaneel2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-Instrumentepaneel2-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-Instrumentepaneel2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45960\" class=\"wp-caption-text\">Die H6 se instrumentepaneel<\/figcaption><\/figure>\n<p>Van skuins agter lyk die Haval asof hy dalk so \u2018n bietjie Range Rover Evogue in sy ontwerp het. Die swewende daklyn en swart C- en B-pilare laat die motor baie sportief en modern voorkom. Binnelangs is die City-weergawe van die H6 C goed toegerus. As intreevlakmodel beskik die Haval oor al die moderne veiligheidskenmerke soos ABS-remme, EBD en BAS, asook ISO-hegstukke vir die kinderstoeltjies, 6 lugsakke, outomatiese deurvergrendeling, outomatiese ligte wat self aanskakel wanneer dit donker word, outomatiese re\u00ebnve\u00ebrs en sy spie\u00ebl wat wegvoubaar is. Daar is n trukamera en parkeersensors, Bluetooth, \u2018n multifunksiestuurwiel, navigasie, sleutellose toegang. Al wat die H6 C nie het nie, is leerbekleedsel vir die sitplekke. Daar is leer op die stuurwiel en sypanele van die deure.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45959\" aria-describedby=\"caption-attachment-45959\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-binneruim2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45959\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-binneruim2-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-binneruim2-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-binneruim2-111x148.jpg 111w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-binneruim2-23x31.jpg 23w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-binneruim2-29x38.jpg 29w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-binneruim2-161x215.jpg 161w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-binneruim2.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45959\" class=\"wp-caption-text\">Binneruim van die H6<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die binneafwerking en materiaal is werklik van \u2018n hoogstaande gehalte en weereens kan \u2018n mens nie glo hoeveel ruimte en toerusting hierdie motor bied nie. Vergeleke met die Mazda is die Haval R56 000 goedkoper en R51 000 goedkoper as die X-Trail. Die X-Trail bied ook nie naastenby dieselfde standaardtoerusting as die Haval nie en bougehalte in die Nissan is ook nie op dieselfde vlek as in die Mazda of die Haval nie.<\/p>\n<p>Wat enjins aanbetref, word al drie hierdie motors deur 2.0-literenjins aangedryf. Die Haval se enjin is gekoppel aan &#8216;n turboaanjaer terwyl die twee Japanners sonder aanjaging moet klaarkom. Die H6 C lewer 140Kw en 310Nm se wringkrag terwyl die Mazda 121Kw en 210Nm lewer en die Nissan 106Kw en 200Nm. Die verskil kan duidelik gevoel word wanneer daar mense en bagasie in die motor is. Met \u2018n wringkrag-tot-massaverhouding van 183Nm\/ton vir die Haval en 137Nm\/ton vir die Mazda is die verskil nogal merkbaar. Al drie hierdie motors word aangehelp deur \u2018n 6-spoedhandratkas. Die verskil is dat die Haval se enjin \u2018n Euro 6-vlakenjin is terwyl beide die Mazda en Nissan nog Euro 4-vlakenjins is. Om julle \u2018n idee te gee: daar bestaan wetgewing in Europa wat alle Euro 4 of ouer enjins vanaf 1 Januarie 2019 verbied as gevolg van uitlaatgasse wat dan te hoog sou wees. Dus verkeer Haval nogal op die Europese bougehaltevlakke ook wat hulle enjins aanbetref.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45958\" aria-describedby=\"caption-attachment-45958\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-bagasieruim2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45958\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-bagasieruim2-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-bagasieruim2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-bagasieruim2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-bagasieruim2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-bagasieruim2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-bagasieruim2-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/09\/H6-C-bagasieruim2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45958\" class=\"wp-caption-text\">Bagasieruim van die Haval H6<\/figcaption><\/figure>\n<p>Neem \u2018n mens al hierdie spesifikasies en enjintegnologie in ag, dan lyk die prys van die Haval H6 C 2.0T City van R329 900 glad nie sleg nie, veral gemeet aan direkte mededingers in die marksegment. Hierdie prys sluit \u2018n 5 jaar\/100 000km-waarborg met \u2018n 5-jaardiensplan en padbystand in.<\/p>\n<p>Wat die handelaarsnetwerk aanbetref, is daar reeds 28 Haval-handelaars regoor Suid-Afrika en 65 GWM-handelaars waarvan elkeen jou Haval sou kon versien.<\/p>\n<h4><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Haval H6 C2.0T City<\/span><\/span><\/h4>\n<table width=\"453\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"10\">\n<colgroup>\n<col width=\"319\" \/>\n<col width=\"92\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Prys<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Voorkoms buite <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Binneruimgehalte en afwerking<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Ruimte en praktiese toepassing<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5 <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Enjin en ratkas<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Op die pad<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Veiligheid<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"319\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Totaal <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"92\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">39 uit 40<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sjinese sjiek. Bestaan daar so iets? Dink ons aan Sjinese rygoed, kom die beeld van uiters swak geboude motors wat merendeels uit swakgehalteplastiekpanele aanmekaar gesit is, in my gedagtes op. Tans in Suid-Afrika is die enigste gevestigde Sjinese vervaardiger wat nie net bekostigbare motors bou nie, maar ook relatief betroubare motors, GWM of Great Wall [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":45962,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[24460,24461,24459],"class_list":["post-45948","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-h2","tag-h6","tag-haval"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45948","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45948"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45948\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":45966,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45948\/revisions\/45966"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45962"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45948"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45948"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45948"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}