{"id":45926,"date":"2018-08-14T09:58:35","date_gmt":"2018-08-14T07:58:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45926"},"modified":"2018-08-14T09:58:35","modified_gmt":"2018-08-14T07:58:35","slug":"suidpunt-die-opvallende-raakpunt-tussen-afrikaans-en-korsikaans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45926","title":{"rendered":"Suidpunt: Die opvallende raakpunt tussen Afrikaans en Korsikaans"},"content":{"rendered":"<p>Jy onthou seker <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=45100\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=en&amp;q=http:\/\/praag.co.za\/?p%3D45100&amp;source=gmail&amp;ust=1534243123891000&amp;usg=AFQjCNH6nI2hxSr94RUsE9l24vmATdbGpg\">my ellelange PRAAG-artikel<\/a> waarin ek die verwerping van Nederlands bespreek het. Daar het ongelukkig een puntjie agterwe\u00eb gebly. Soos onkruid in die blombedding of &#8216;n vlek op &#8216;n sitkamermat kan jy dit nie miskyk nie, maar met verloop van weke, maande en jare raak jy net gewoond daaraan en vergeet daarvan.<\/p>\n<p>Afrikaans het sy ontstaan as amptelike taal nie eintlik te danke aan die Afrikanerdom, die Duitsers, die Hollanders, die Skandinawi\u00ebrs &#8211; ag, die hele boel afstammelinge van sekere volke Europe\u00ebrs nie.<\/p>\n<p>Nog minder die Kaapse Maleiers. Dis nou afgesien van die feit dat in Nederlands daar beslis meer Indonesiese woorde opgeneem is as wat Afrikaans ooit sal kan h\u00ea. Het die Hollandse digter Gerrit Komrij ook lankal ges\u00ea \u2013 maar die Afrikaanse proffies is mos slim. Daar is selfs &#8216;n woordeboek uitgegee getiteld <em>Indisch lexicon : Indische woorden in de Nederlandse literatuur : een vervliegende woordenschat<\/em> deur Peter Mingaars in 2005 met CD-ROM. Ons praat hier van byna <strong>19 000<\/strong> woorde. En let wel: dit is maar woorde wat dikwels ook <em>geleentheidshalwe<\/em> op skrif gebruik is. As jy nog nie weet nie &#8211; die verskil tussen Maleisies en Indonesies is maar gering &#8211; die Hollands-Britse skeidslyn het die sprekers van die Maleisiese dialekkontinuum van mekaar geskei, net soos die Limburgers tussen Duitsland, Nederland en Belgi\u00eb. Of die Nederlandssprekendes al langs die grense van Frankryk, Belgi\u00eb en Nederland en Duitsland. Dis regtig nie te moeilik om te begryp nie.<\/p>\n<p>Nog minder kon die Afrikataalsprekers Afrikaans vingeralleen tot stand gebring het.<\/p>\n<p>Dames en here, die <em><u>enigste groep<\/u><\/em> wat werklik Afrikaans tot amptelike taal gedryf het is&#8230; die Britse owerheid en die Engelse pers. Lord Milner en gevolg self.<\/p>\n<p><strong>NOOIT! Dis Absurd! Onmoontlik. <\/strong><\/p>\n<p>Het ek ook gedink met die lees wie verantwoordelik was vir die oprigting van die Van Riebeeckstandbeeld (<em>Veertien gedenktekens van Suid-Afrika<\/em>, 1961, pp. 13-14):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>Die Standbeeld van Jan van Riebeeck<\/strong><\/p>\n<p>(Geskryf deur Dr. A.J. B\u00f6eseken)<\/p>\n<p><em>Cecil Rhodes die skenker en John Tweed die beeldhouer<\/em><\/p>\n<p>Toe Rhodes in 1890 Eerste Minister van die Kaapkolonie geword het, was hy reeds in die besit van &#8216;n baie groot fortuin. Van al sy rykdom het hy egter byna nooit iets vir sy eie gerief of die veraangenaming van sy persoonlike lewe gebruik nie [sic!].\u00a0 Nou het hy gevoel dat hy &#8216;n woonplek wou h\u00ea wat meer in ooreenstemming sou wees met sy status as eerste minister. In 1891 het hy gehoor dat een van die ou Hollandse huise in die mark sou kom en het hy besluit om dit te koop en daar te gaan woon. Spoedig was hy ook eienaar van die omringende gebied, wat destyds omtrent \u20a460,000 gekos het. Aan hierdie landgoed het hy die oorspronklike naam teruggegee en dit &#8220;Groote Schuur&#8221; genoem.<\/p>\n<p>[&#8230;]<\/p>\n<p>In weerwil van sy politieke bedrywighede &#8211; hy het in 1893 sy tweede kabinet saamgestel &#8211; het Rhodes &#8216;n bre\u00eb belangstelling vir die kuns, veral vir die bou- en beeldhoukuns, aan die dag gel\u00ea. Die enorme fortuin waaroor hy beskik het, het hom in staat gestel om meer as net belangstelling te toon, en so is dit aan hom te danke dat verskeie ou Hollandse huise herstel en ander in dieselfde styl herbou is.<\/p>\n<p>Sy bewondering vir oudhede het hom ook &#8216;n geesdriftige versamelaar van ou Kaapse meubels gemaak.\u00a0 Toe hy na sy tweede kabinetsvorming nouer aansluiting met Jan Hendrik Hofmeyr en sy volgelinge gesoek het, het hy onwillekeurig nog meer klem en nadruk gel\u00ea op sy bewondering vir die oud-Hollandse tradisies, waarin die Kaap gewortel was. In 1895 is die Rhodes-prys vir geskiedenis bv. nie slegs vir die studie en kennis van die Britse Ryk uitgeloof nie, maar ook vir die bestudering van die geskiedenis van ons land vir die tydvak 1648 tot 1688.<\/p>\n<p>Die besluit om &#8216;n standbeeld van Jan van Riebeeck te laat maak, was dus in ooreenstemming met hierdie ideale. [&#8230;] Kaapstad, het hy aan een van sy vriende ges\u00ea, sou spoedig die hoofstad van &#8216;n verenigde Suid-Afrika wees, en dus wou hy help om dit &#8216;n pragtige en sierlike hoofstad te maak. Tweed is opnuut genader met die versoek om &#8216;n meer as lewensgrote [sic] beeld van Jan van Riebeek te maak. Rhodes was gewillig om die beeldhouer \u20a41,000 te betaal[\u2026]<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p><em>Nou breekt mijn klomp<\/em>. Jy wil die hele w\u00eareld van Kaap tot Ka\u00efro verower vir Haar\/Sy Majesteit, maar raak liries oor \u2018n paar skrootmeubels \u2013 van die afstammelinge\/voorgangers van die einste mense wat hul kultuur juis <em>deur jou dade<\/em> aan die kwytraak is.<\/p>\n<p>Of dalk is ek net te krities: argeologie [van uitgestorwe stamme], opgrawings en artefakte, die studie rondom die opbloei en verval van beskawings en ryke, skattejag op relieke, en skoenlappervang was immers daardie tyd van die <em>fin-de-si\u00e8cle<\/em> mos hoogmode. Hoe skaarser, hoe beter. Dit was nou voordat Paulo Coelho minder as \u2018n eeu later met <em>Die Alchemis<\/em> (1988) se soektog na die \u201cskat van die hart\u201d die hele Jungiaanse popsielkunde op loop gesit het \u2013 dat die mens dieper in sy onbewuste moet delf en grawe; sommer net daar op die sielkundige se rusbank. Al wat van daardie versamelsug-dae van weleer oorgebly het is <em>Indiana Jones<\/em> en <em>Lara Croft<\/em> op DVD. En \u2018n paar toeriste op begeleide safari- en staptoere tussen die stomende, fermenterende buffelmis deur. Die res van ons dwaal maar in die kuberruimte of biblioteke rond.<\/p>\n<p>Maar hierdie restourasiedrome van Rhodes was natuurlik v\u00f3\u00f3r die Jameson-inval (wat sy planne vir &#8216;n verenigde Suid-Afrika opgedonder het), sy bedanking as eerste minister in 1896, sy vriendskap met onse Jan Hendrik Hofmeyr en die Afrikanerbond wat versuur het, die openbare mening wat skerp teen hom gedraai het, sy huisie Groote Schuur wat in 1896 deur die brand verwoes is (en hom in die put van ellende, stilstuipe, selfbejammering en selfopgelegde slagofferskap laat beland het: &#8220;<em>What with raids, rebellion, famine, rinderpest and now my house burnt, I feel like Job, all but the boils<\/em>\u201d (p. 16)).<\/p>\n<p>Ek is seker die standbeeldprys wat ondertussen \u00f3\u00f3k gestyg het was dan seker maar \u2018n kleinigheidjie.<\/p>\n<p>Boonop [kon ek ook vir jou met of sonder \u2018n Garmin s\u00ea!] het niemand geweet waar Van Riebeeck nou eintlik sy eerste spoor in die sand getrap het nie. Uiteindelik, in Oktober 1898, het Rhodes maar self die plekkie aangewys waar die beeld moes staan. Soos die tyd aangestap het, het hy belangstelling in sy Sondagmiddagprojekkie verloor \u2013 sy drome was immers toe aan skerwe. Rhodes was buitendien in Europa toe hy &#8216;n kabelbriefie aan die burgemeester gestuur het om met die onthulling voort te gaan, aangesien die datum van sy terugkeer onseker was. Met soveel sware las wat op sy skouers rus, wat selfs Atlas seker met simpatie sou betrag, het Rhodes die loopplank eers op 18 Julie in Kaapstad laat les ops\u00ea (p. 17-22).<\/p>\n<p>Die standbeeld is op 18 Mei 1899 onthul, met die burgemeester van Kaapstad, miester Ball, wat sonder ironie in Ingels met die grootste lofliedere oor Jan van Riebeeck gekoer het [wat dooi\u2019 Jan in die hiernamaals geen woord van sou verstaan nie]; oor pionierskap en so. Alles was, eweneens sonder ironie, in rooi getooi &#8211; rooi was die tapyte, rooi die omheinings wat die eregaste van die <em>hoi polloi<\/em> geskei het, en, net soos ons huidige parlementsopening, was die orkes geklee in&#8230; raai? Rooi.<\/p>\n<p>Groot was die toeval, toe \u2018n Nederlandse oorlogskepie, die <em>Ajax<\/em>, nou juis daardie dag, asof \u2018n bestiering, die Kaapse vaarwater binnegevaar het. Die skip het immers so netjies ingepas by die dekor en rekwisiete \u2013 asof Van Riebeeck en sy manne self die Britte op land met die hand kom groet het. Die offisiere en manskappe is vriendelik by die verrigtinge verwelkom.<\/p>\n<p>Na al die spietses van die burgemeester [wat niemand in elk geval kon hoor nie, want by niemand het gedink om die verkeer tot stilstand te bring tydens die plegtigheid nie&#8230;boonop het Ball sag gepraat] en dankies vir de heer Rhodes <em>in absentia<\/em> en skaregejuig, het die Britse orkes [die First Liverpool Regiment] die Britse volkslied gespeel en daarna &#8220;het drie hoera&#8217;s weerklink vir die burgemeester en vir die heer Rhodes&#8221; (p. 17-22) en almal het maar weer huis toe gegaan.<\/p>\n<p>Sedertdien het elke seevo\u00ebl uit pure verveling ook sy draai, sagte landing, buiging en merk gelaat op die standbeeld. Die feit bly egter staan &#8211; hoe onaangenaam die waarheid op jou kop ook al moet kwets &#8211; dit was nie die Afrikaner wat daardie beeld van Jan van Riebeeck in die Kaap opgerig het nie. <strong>DIT WAS DIE ENGELSE!<\/strong><\/p>\n<p>Nou kyk, om &#8216;n standbeeld op te rig is een ding, maar om nou nog die Afrikaans taal ook \u201cstaan te maak\u201d? Dis mos waansin?<\/p>\n<p>Ontkenning bly egter die mees voorspelbare reaksie van &#8216;n menslike antwoord.<\/p>\n<p>Paps was onlangs in Itali\u00eb. Tydens sy werksbesoek was hy op Sardini\u00eb, &#8216;n eiland benoorde Sisili\u00eb. By sy tuiskoms het ek &#8216;n boek gekry en &#8216;n rooierige geldnoot wat ek eers aangeneem het &#8216;n vyftigrandnoot is. By nadere ondersoek sien ek dis &#8216;n tieneuronoot &#8211; omtrent drie keer die waarde. Dit is egter die boek, getiteld <em>S\u2019Ist\u00f2ria de Sardinna<\/em> (2000, pp. 45, \u20ac6,00) deur Frantziscu Tz\u00e8sare Casula wat my belangstelling geprikkel het. Ja, &#8220;Die geskiedenis van Sardini\u00eb.&#8221; Die onherkenbare woorde soos &#8220;limbra&#8221;, &#8220;sos&#8221; en die allervreemdste gebruik van die gravisaksent en akute aksent het my klaar oortuig dis geen Standaarditaliaans hierdie nie. Bietjie google bring my by &#8216;n boekinventaris wat s\u00ea: &#8220;Sardo logudorese&#8221;, oftewel, &#8220;Die Logudorese subdialek van Sardies\/Sardinies, self &#8216;n dialek van Italiaans.&#8221; Omrede Sardinies self uit vier hoofsubdialekte bestaan, is dit vir my juis interessant dat hierdie spesifieke subdialek wat tot liter\u00eare skryfidioom verhef is, Logudorees, aangrensend aan Katalaans in die weste, juis redelik ver in die noorde en ook baie ver van Cagliari, die (hoof)hawestad doer onder in die suide van die eiland gele\u00eb is.<\/p>\n<p>Sommer uit pure stuitigheid probeer ek kyk of Google Translate hierdie taal sal herken. Sonder om enige moeite te doen met akuut- en gravistekens en met &#8216;n doelbewuste spelfout aan die einde begin ek oortik: &#8220;Sos primos omines chi si sunt istabilidos in Gaddura e in sa Sardinna sent&#8230;&#8221;. Google Translate herken die teks as Korsikaans. Glad nie sleg nie &#8211; dit is die eiland net noord van Sardini\u00eb.<\/p>\n<p>Korsika, sover ek reg onthou, is mos die eiland waar Napoleon gebore is. En dis mos &#8216;n Franse eiland? Voorheen wel Italiaans (ja, dit was eers in besit van die Republiek Genua vanaf die 13de eeu, en selfs &#8216;n ouer deel van Itali\u00eb, Etruri\u00eb vanaf die jaar 539 v.C.)?<\/p>\n<p>Die een vraag lei na die volgende:<\/p>\n<p>Kan die Franse en Italianers Korsikaans verstaan? Hoe verwant is Korsikaans aan Italiaans, as dit so naby lyk op Sardies? En dit bring my uiteindelik by &#8216;n antwoord op <a href=\"https:\/\/www.quora.com\/Can-French-and-Italian-native-speakers-understand-the-Corsican-language\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=en&amp;q=https:\/\/www.quora.com\/Can-French-and-Italian-native-speakers-understand-the-Corsican-language&amp;source=gmail&amp;ust=1534243123891000&amp;usg=AFQjCNFiLuUdd3Tr793pWSMG-b0JpXje3Q\">Quora.com<\/a> :<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Italians can understand Corsican very well,.Among the italian dialects( linguistically Corsican cannot be considerated a separated Language also if many people like to call it Lingua ), it&#8217;s one of the closest to standard italian.Just Tuscan is the only one dialect closer to standard Italian than Corsican.The only big difference among Italian and Corsican is the use of U where Italian use O.It was so also in medieval Italian and it&#8217;s still so in many Italian dialects , bit not in standard Italian or in Tuscan that have transformed U in O. Other difference is the strong french accent of the Young Corsican generations, but old generations had a completly italian accent..One accent that seemed a mix of Tuscan and South Italian. Cismontano or better, northern dialect is totally Tuscan, the Southern dialect has a stronger presence of the pre-tuscan romance Language, that I supose was similar to Sardinian, but is still highly intelligibile for Italians.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En dan, tref die groot aha!-oomblik:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Despite the efforts of the French government to separate Corsicans from Italians ( absurdly fearing Italian interferences in the island ) telling them, in the schools, and everywhere, that their Language is a separated romance language, Corsican is just a variety of Italian very close to Tuscan and to standard Italian.You change the U with O, and avoid the modern french accent of the new generations and Corsican is perfectly Italian.Corsican is so far from Italian as Parisian slang from French.<\/p>\n<p>French, of course, is not intelligible with Corsican, the only similarity derives from the far same origin in Latin Language.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Nou toe nou. Terwyl die Italiaanse owerheid aan al sy dialekte dieselfde voorregte gee, <a href=\"http:\/\/www.orania.co.za\/ons-suid-tiroolse-vriende-kuier-in-orania\/\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=en&amp;q=http:\/\/www.orania.co.za\/ons-suid-tiroolse-vriende-kuier-in-orania\/&amp;source=gmail&amp;ust=1534243123891000&amp;usg=AFQjCNGRMLYgqnoaqXJqWEi2Zt4cbrJXDg\">maar Duits in Suid-Tirool tog vir jare onderdruk het<\/a>, sien ons by die Franse owerheid iets wat my baie herinner aan koerante wat vuur spoeg teen &#8220;Kitchen Dutch&#8221;.<\/p>\n<p>Aan die een kant wil dit lyk of &#8216;n (nuwe) veroweraar met &#8216;n vreemde taal heel eerste &#8216;n taal van sy onderdane &#8216;n ruk lank sal verduur. Vier rigtings kan ingeslaan word: (1) gedwonge assimilasie, (2) om die taal aan sy eie sprekers oor te laat, (3) of om die taal van die vreemde volke verder te ontwikkel of (4) om soos Duitsland \u2018n <em>lingua franca<\/em> wat reeds bestaan het in Duits-Oos-Afrika (naamlik Swahili)\u00a0 ongesteurd sy gang te laat gaan of uit te bou, terwyl die administrasietaal steeds Duits bly.<\/p>\n<p>Die Koning van Frankryk het byvoorbeeld met die uitroep van die Ordonnance de Villers-Cotter\u00eats in 1539 &#8216;n uiters vrygewige stap gevolg, al was dit maar punt (2) &#8211; alle tale in Frankryk was voor die reg gelyk. Of jy nou Elsassies gepraat het, Bretons, dit maak nie saak nie: alle tale is voor die regter gelyk. Elkeen moet in sy moedertaal verhoor en ondervra word. Ek dink geen mens in die huidige Suid-Afrika kon ooit so &#8220;liberaaldenkend&#8221; wees nie. Soos die konings en die adel se koppe gerol het na afloop van die Franse Revolusie het &#8216;n drakoniese taalbeleid in Frankryk opgestaan wat doelbewus klein taaltjies begin onderdruk het. Veral Bretonssprekers het swaar gely [Bretons is boonop &#8216;n Keltiese taal, wat hom nog meer die omega-wolf maak waarop die ander pik]. Deesdae is die Franse minder stief op hul taalonderdane.<\/p>\n<p>Nederland volg &#8216;n Punt (2)-(3) met sy dialekte en Fries. Ja, jy mag maar jou boek in Twents (dialek) en Fries (taal) skryf. Die onus rus op die sprekers om die dialekontwikkeling verder te voer. Ja, ons gee elke jaar hordes geld aan die Friese Instituut. Maar tog verhollands die Friese teen &#8216;n skrikwekkende tempo. Ons was ons hande in onskuld.<\/p>\n<p>Apartheid-Suid-Afrika het ook nommer (2)-(3) gevolg, met \u2018n skerper neiging na nommer 3. As mens kyk na al die vreemdetaalwoordeboeke wat voor 1990 tussen Afrikaans en ander Afrikatale geskryf is, te midde van al die sanksies en te midde van die ekonomiese boikotte&#8230; moet ek regtig my sin voltooi? Daar is werklik moeite gedoen om tale te ontwikkel en om Afrikatale te leer ken. In Transvaal was &#8216;n Afrikataal op \u2018n stadium selfs verpligtend. Daarteenoor het ek my sterkste bedenkinge of Fries vandag as pligvak noodwendig in Amsterdam doseer word. Of Wallies en Gaelies in Londen.<\/p>\n<p>Die \u2018ontstaan\u2019 van Afrikaans toon wel &#8216;n raakpunt met Korsikaans. Heel eerste kom die &#8220;nuwe&#8221; heersers af op &#8216;n dialek van &#8216;n taal. Dialekvorming en die ontstaan van dorps- en streekstale is so algemeen soos m\u00f4re heeldag &#8211; &#8216;n moedertaalspreker, soos ek reeds tevore geskryf het, is meer gepla oor die bloutong onder die skape as om elke vyf sekondes na &#8216;n woordeboek te hol om tog die korrekte bewoording te gebruik. Taalverandering is normaal. Taalverloedering is wel iets anders.<\/p>\n<p>Maar die uitsondering word gemaak &#8211; hierdie dialek word vir die een of ander rede \u00f3f sleggemaak (&#8220;Kitchen Dutch&#8221;) \u00f3f \u2018n bastertaal genoem \u00f3f verkleineer \u00f3f word onderwerp aan taalpartikularisme. Enigiets word gedoen om hierdie dialek van die stamtaal te onderskei. <em>En te skei<\/em>. Dit kan wees omrede diegene wat NIE in Suid-Afrika gebore is nie [net om duidelikheid: ek praat nie noodwendig van die gebore Franssprekendes op Korsika of gebore Engelssprekendes in Suid-Afrika nie], dikwels moeite het om hierdie dialek onder die knie te kry. Nie dat ek weet waaroor die bohaai gaan nie, want as jy Italiaans op Korsika [&#8216;n klipgooi ver van Itali\u00eb] sou praat, of Nederlands in Suid-Afrika, is dit ewe gangbaar. As jy nou regtig belangstel in die dialek kan jy &#8216;n taalboekie daaroor skrywe. Maar dikwels is die heerserstaal se sprekers net onwillig en dwars om <em>enige<\/em> ander taal aan te leer.<\/p>\n<p>Ironies genoeg word geen onderskeid getref tussen Korsikaanse Frans (en kreool) en Standaardfrans of Suid-Afrikaanse Engels (en kreool) en Britse Engels nie. Frans is mos Frans en Engels bly Engels. Daarvoor sou &#8216;n mikroskoop oorbodig wees.<\/p>\n<p>Dan begin die volk homself anders of uniek en veral broos en afgesonderd van die w\u00eareld sien. Weer weet ek nie waarom nie, want met al die tekste in Romaanse, Germaanse en Slawiese tale en selfs Latyn daarbuite voel mens glad nie so op &#8216;n taaleiland vasgekeer of alleen nie. Elkeen het wel sy eie rasionele en irrasionele insigte op die plek waar hy hom bevind &#8211; en dis <strong>die rede<\/strong> wat die groot bindingsmiddel tussen lesers en eeue is. &#8220;Daar is lewe anderkant [dorpsnaam]&#8221;, is &#8216;n spreekwoord waarmee ek grootgeword het.<\/p>\n<p>Dalk is dit Stockholmsindroom, dalk is dit die pers wat met herhaling op herhaling mense breinspoel. Want uiteindelik vind die skeuring tog maar plaas. Ons sien dit onder die Vlaminge wat ook onder Franse bewind was [en Brussel wat steeds verfrans] wat tog nie daardie &#8220;halfjoodse&#8221; Hollands van die Nederlanders wou praat nie. Soos Guido Gezelle aangehaal word in Van Eeden (1995) se boek <em>Afrikaans hoort by Nederlands<\/em>:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">&#8220;Ik ben geheel zeker dat de tijd allengskens gekomen is dat wijlieden, al te maal katholieke nederlanders, behooren op malkaar te steunen, liever als voortdurend naar het half joodsch, half heidensch Hoog-Holland te gaan om steun en goedkeuring!&#8221; Hollands het Gezelle gesien as &#8216;n wangeskape &#8216;bastaardtaal&#8217;. Ook die oorname van Franse leenwoorde in Hollands was vir hom &#8216;n gruwel, want ook Frans het hy as &#8216;n ontaarde taal gesien. Vir Gezelle was Vlaams die ware Nederduitse taal, die Katolieke taal van de Katolieke Vlaminge, en het &#8220;West-Vlaamsch, zooals het in het dialect voortleeft, onverbasterd gebleven; het bezit nog de zeggingskracht der oude, zuivere natuurtalen&#8221;.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Dis nou <em>wragtig<\/em> interessant. Klaarblyklik begin die onderdaan later <strong>soos die maghebber self klink<\/strong>. Maar nou vind &#8216;n ommeswaai plaas: die dialek probeer homself &#8220;verskoon&#8221;, &#8220;regverdig&#8221;, &#8220;op &#8216;n voetstuk plaas&#8221;, &#8220;heiliger as heilig&#8221;, beter as die \u201coorwinnaarstaal se opponente\u201d maak. Miskien moet ek jou weer <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=45691\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=en&amp;q=http:\/\/praag.co.za\/?p%3D45691&amp;source=gmail&amp;ust=1534243123891000&amp;usg=AFQjCNFfuJCleaTq30tUxNnXUMD0iuVQTQ\">herinner aan my onderhoud met Dr. Roodt<\/a>:<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">In die Taalgenoot van Somer 2016 kom ek op \u2018n gedig (Getiteld: \u201cEie in sy soort\u201d) af met die volgende drie inleidende verse: \u201c<em>Dit is beter as Spaans \/ En selfs beter as Frans \/ Dit is Afrikaans<\/em>.\u201d Die gediggie lys dan \u2018n klomp Afrikaanse skrywers en genres. Dat die digter, \u2018n tydskrifleser, seker niks van die Franse of Spaanse taal, letterkunde, wysheid of Franse aanhang deur Brusselaars weet nie kan \u2018n blinde met \u2018n stok aanvoel. Soos die dwangrym. Dit is wat ni\u00e9 in die gedig staan nie wat my pla. Die digter het onbewustelik haar onderdanigheid aan die superieure Engels bely. Of moet ek dankbaar wees sy het nie Nederlands, Duits en Russies saamgesleep nie?<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En vreemd genoeg, is die vreemdtalige owerhede tog te bly oor hierdie skeuring. Want nou is die \u2018groot vyand\u2019 aansienlik kleiner gemaak en geen bedreiging meer nie.<\/p>\n<p>Maar waarom daar altyd \u2018n <em>wen-verloor<\/em> in stede van \u2018n <em>wen-wen<\/em>&#8211; of <em>gelykop<\/em>-situasie moet wees het niemand skynbaar ooit oor nagedink nie.<\/p>\n<p>Nou bly die interessante vraag wat die Korsikane gaan maak. In die verlede het die Franse probeer om die taal te onderskei van Italiaans, maar die Korsikane het net elke keer ges\u00ea: &#8220;DUH, L&#8217;HONORABLE CH\u00c2TELAIN de POEPHOL! ONS IS &#8216;N DIALEKGROEP VAN ITALIAANS! AL MILLENNIA LANK. Rome is skaars 400 km hiervandaan, met &#8216;n bietjie see en \u2018n paar skeepswrakke tussenin\u2026 weet jy ooit hoe om &#8216;n atlas te gebruik? Nee? Gebruik dan jou maatband.&#8221; Tog het Korsikaans sy eie skryftaal gekry sedert die Fransman met sy sleeptassie aangeland het op die A\u00e9roport d\u2019Ajaccio Napol\u00e9on Bonaparte. En hier ontstaan die problematiek: noudat Korsikaans sy eie skryfwyse gekry het, is dit &#8216;n taal of dialek? Asof ons nooit Limburgs en Twents onder o\u00eb gehad het nie &#8211; natuurlik kan elke dialek besluit om sy eie spelre\u00ebls te ontwikkel.<\/p>\n<p>Maar &#8211; die teerling is gewerp.<\/p>\n<p>Afrikaans is die uitvloeisel van die botsing met &#8216;n entiteit wat as &#8216;n bedreiging beskou is\/word. Sonder Engels sou alle Afrikaanssprekendes waarskynlik vandag steeds &#8220;Hollands&#8221; gepraat het. Van <em>Boet en Saartjie<\/em> en <em>Sus en Daan<\/em> sou niemand op skool gehad het nie \u2013 wel Annie M. G. Schmidt se <em>Jip en Janneke<\/em>. Want, soos ek voorheen geskryf het rondom Frans &#8211; die Franse het tot 813 n.C. geglo hulle praat Latyn of Romeins (&#8220;Gallo-roman&#8221;). Totdat die vergelyking tussen die Klassieke Latynse en Oudfranse tekste gemaak is en &#8211; &#8220;haai, ons het ons vir eeue lank vergis, wil jy nou meer!&#8221; As jy glo jy praat Hollands, dan praat jy mos Hollands. Niemand gaan jou anders kan oortuig nie.<\/p>\n<p>Daar is &#8216;n tweetalige boek getiteld: <em>Problemi e prospettive della pianificazione linguistica in Sardegna<\/em> (2016) [Probleme en perspektiewe rondom die taalbeplanning op Sardini\u00eb] wat ek op my wenslysie geplaas het. Uit wat ek aflei kry hierdie taal\/dialek ook maar modderige tweederangse status op die eiland self \u2013 dis die Standaarditaliaans wat deurgaans respekteer word. Ek twyfel of Afrikaans, as dialek, die bietjie prestige sou bekom het wat hy selfs tans geniet.<\/p>\n<p>Wat op taalpolitieke terrein sou gebeur kan mens lank oor spekuleer &#8211; enigiets vanaf &#8216;n taalmodel soortgelyk aan Suriname [Nederlands word daar as prestigetaal erken en is hoog aangeskrewe] tot totale uitwissing [soos in Indonesi\u00eb die geval is]. Dis nou voor die aankoms van die Engelse of sedert \u2018n verdrag onderteken is wat die Kaap permanent aan Nederland sou teruggee. Of \u2018n Nederlandse avonturier in die monarg se oor sou fluister om na die binneland uit te brei, lyk hoogs onwaarskynlik. Dis nou alles v\u00f3\u00f3r die uiteindelike onafhanklikheidsverklaring in die 1960\u2019s tot 1970\u2019s, volgens die postkoloniale mode.<\/p>\n<p>Maar selfs al sou \u2018n Britse kolonie en die gevolglike Groot Trek deel uitmaak van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, en al sou die Anglo-Boereoorlog gewen word deur die Boererepublieke \u2013 die uiteinde van volk en taal staan alles reeds in Steve Hofmeyr se boek, <em>Die verste uur <\/em>(2011), klaar ondubbelsinnig uitgepluis (pp. 73 &amp; 78):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">\u201cWatter boek soek u?\u201d<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>\u201cEnigiets oor die geskiedenis van die Afrikaner oor die afgelope honderd jaar.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie wie, meneer?\u201d<\/p>\n<p>O fok, dink ek. Iemand val van \u2018n perd af in die Modderrivier en vee \u2018n hele nasie uit?<\/p>\n<p>\u201cDaar is eers onlangs \u2018n meer ordentlike boekstawing van <em>Afrikane<\/em>-geskiedenis, deur die Keniaan, Grinzane Rouki. Sy spesialiteit is Sahara-Suid. Maar van die Afrikaners weet ek niks nie. Is dit die werk waarna u soek?\u201d<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>\u201cO, ek het die Afrikaners opgespoor. \u2018n Kleinerige stam voor die groot verengelsing in die Kaapkolonie. Maar dit is nie NZAR-geskiedenis nie. Daar was wel wedersydse taalbande en -forums\u2026\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die Boervolk het oorgebly, die Afrikaners het heeltemal verengels.<\/p>\n<p>Die gevolgtrekking waartoe die karakter Jamie dan uit die naslaangidse kom, word in <em><u>uiters dubbelsinnige<\/u><\/em> taal verwoord (p. 77):<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Die Tweede Aanslag op Boeregrond vanuit swart buurlande misluk en loop uit op die Sub-Sahara-federasie, deels in weerwil van Europese bure en deels in pogings om die Boere deur beter handel as handelsvennoot te betrek. Betrekkinge bly louwarm.<\/p>\n<p>So ook, aanvanklik, betrekkinge tussen die Afrikaners en Boere. Daar is wel Prellers, Celliers\u2019s, Leipoldts, Malherbes en \u2018n Totius, maar literatuur sonder die swaar juk van Britse propaganda en Engelse infiltrasie wat ons taal vlerke sou gee. Daarom ook geen Ossewabrandwag, geen ANC\u2026\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Het die swaar juk van Britse propaganda en Engelse infiltrasie as noodwendige katalisator, die aandrywer gedien vir die Afrikaanse taal? Of het Die Taal juis <em><u>later<\/u><\/em>, dus in die verhaalhede, <em>in medias res<\/em>, w\u00e9l nuwe grense deurbreek en floreer, as gevolg van hierdie las wat ontbreek en die ekonomiese opbloei van die Boererepublieke \u2013 waarin Jamie hom tans bevind? Die boek laat die leser self besluit.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy onthou seker my ellelange PRAAG-artikel waarin ek die verwerping van Nederlands bespreek het. Daar het ongelukkig een puntjie agterwe\u00eb gebly. Soos onkruid in die blombedding of &#8216;n vlek op &#8216;n sitkamermat kan jy dit nie miskyk nie, maar met verloop van weke, maande en jare raak jy net gewoond daaraan en vergeet daarvan. Afrikaans [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":100044,"featured_media":45932,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,23531],"tags":[167,8152,6016,11544,18525,24452,10160,9377],"class_list":["post-45926","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-suidpunt","tag-afrikaans","tag-cecil-john-rhodes","tag-engels","tag-frans","tag-italiaans","tag-korsikaans","tag-nederlands","tag-steve-hofmeyr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45926","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100044"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45926"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45926\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":45933,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45926\/revisions\/45933"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45932"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45926"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45926"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45926"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}