{"id":4591,"date":"2009-04-07T05:43:47","date_gmt":"2009-04-07T05:43:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4591"},"modified":"2009-04-07T05:43:47","modified_gmt":"2009-04-07T05:43:47","slug":"g8-permanente-voedselkrisis-op-die-horison","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4591","title":{"rendered":"G8: Permanente voedselkrisis op die horison"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/honger.jpg\" width=\"235\" height=\"235\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die w&ecirc;reld staar &lsquo;n permanente voedselkrisis en globale onstabiliteit in die gesig tensy lande nou optree om &lsquo;n groeiende bevolking te voed deur landbouproduksie te verdubbel, het &lsquo;n voorlopige verslag wat opgestel is vir ministers van die G8-groep, gewaarsku.<\/p>\n<p> Die beleidsdokument, wat voorberei is deur die G8 se Italiaanse presidensie vir sy eerste ministeri&euml;le vergadering oor landbou, en wat na die Financial Timesgelek is, s&ecirc; dat &ldquo;onmiddellike optrede&rdquo; nodig is.<\/p>\n<p> Dit waarsku dat globale landbouproduksie teen 2050 moet verdubbel sodat die w&ecirc;reld se vinniggroeiende bevolking genoeg sal kan h&ecirc; om te eet en om die effekte van klimaatsverandering te kan hanteer. Andersins, het die verslag voortgegaan, sal die voedselkrisis van die afgelope twee jaar &ldquo;struktureel word in net &lsquo;n paar dekades&rdquo;.<\/p>\n<p> Die verslag s&ecirc; dat verdere voedselkrisisse &ldquo;ernstige gevolge sal h&ecirc;, nie net op besigheidsverhoudings nie, maar net soveel op sosiale en internasionale verhoudinge, wat op hul beurt weer direkte impak kan h&ecirc; op die sekuriteit en stabiliteit van w&ecirc;reldpolitiek&rdquo;.<\/p>\n<p> Landbouministers van G8-lande sal later die maand in Itali&euml; ontmoet. Die vergadering is die gevolg van verlede jaar se skerp styging in die pryse van landboukommoditeite, insluitend koring en rys, wat opstande veroorsaak het in meer as 30 lande, van Bangladesj tot Ha&iuml;ti.<\/p>\n<p> Alhoewel landboukommoditeitspryse sedertdien gedaal het met soveel as 40 tot 50%, is dit steeds bokant die voor-krisis vlakke. Binnelandse pryse in baie ontwikkelende lande bly steeds naby aan verlede jaar se rekords en het selfs toegeneem in sommige Afrikalande.<\/p>\n<p> &ldquo;Die saak rondom pryse bly &lsquo;n kritieke element vir die w&ecirc;reld se voedselsekuriteit,&rdquo; het die verslag ges&ecirc;. &ldquo;Daar is &lsquo;n behoefte vir die vinnige verhoging van landbouproduksie in ontwikkelende lande.&rdquo;<\/p>\n<p> James Bolger, voorsitter van die W&ecirc;reld Landbou Forum en &lsquo;n voormalige eerste minister van Australi&euml;, het ges&ecirc; die G8-vergadering oor landbou is van groot belang. Politieke eenheid oor landbou is krities om &ldquo;lukraak pogings te voorkom deur individuele lande om hulle eie voedsel te verseker,&rdquo; het hy ges&ecirc;.<\/p>\n<p> Tom Vilsack, die Amerikaanse minister van landbou, het ges&ecirc; Washington beplan om finansi&euml;le hulp vir landbou-ontwikkeling in arm lande volgende jaar te verdubbel tot $1miljard.<\/p>\n<p> &ldquo;Ons kyk na &lsquo;n realiteit van &lsquo;n w&ecirc;reldbevolking wat elke jaar met 79 miljoen mense toeneem&#8230;&rsquo;n tempo wat &lsquo;n uitdaging is vir ons vermo&euml; om genoeg kos te kan plant en groei,&rdquo; het hy gister ges&ecirc; voor die Internasionale Voedselhulpkonferensie in Kansas City.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">play slot online<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ua.today\/news\/press_reliz\/lajfhak_po_dostavke_iz_kitaya_top_5_rekomendacij_dlya_biznesa\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die w&ecirc;reld staar &lsquo;n permanente voedselkrisis en globale onstabiliteit in die gesig tensy lande nou optree om &lsquo;n groeiende bevolking te voed deur landbouproduksie te verdubbel, het &lsquo;n voorlopige verslag wat opgestel is vir ministers van die G8-groep, gewaarsku. Die beleidsdokument, wat voorberei is deur die G8 se Italiaanse presidensie vir sy eerste ministeri&euml;le vergadering &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4591\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;G8: Permanente voedselkrisis op die horison&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[4497,162,21089],"class_list":["post-4591","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-g8-permanente-voedselkrisis-op-die-horison","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4591","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4591"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4591\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4591"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4591"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4591"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}