{"id":458,"date":"2007-05-23T05:46:35","date_gmt":"2007-05-23T05:46:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=458"},"modified":"2007-05-23T05:46:35","modified_gmt":"2007-05-23T05:46:35","slug":"naspers-se-plan-met-die-afrikaner","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=458","title":{"rendered":"Naspers se plan met die Afrikaner"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Aangesien die mediagroep nou volledig onder die beheer van &rsquo;n handjievol bruin Marxiste en (eertydse?) Broederbonders staan, is daar geen voorneme om die Afrikaner se belange te bevorder nie. Inteendeel, Naspers het &rsquo;n renons in Afrikaners en sou seker, as hulle kon, eerder vir die swart mark publiseer. Die probleem is egter dat die swart mark nie so winsgewend soos die Afrikaanse mark is nie. Die bruin Marxiste in Naspers haat die Afrikaner met venynigheid,&nbsp; soos wat keer op keer in hul skrywes en optredes na vore kom. Die Broeders en kie. is egter soos gewoonlik manteldraaiers wat daarna sal streef om enige regime, ongeag hoe immoreel en korrup, te ondersteun solank hulle sake kan doen. Dit is dus uiters belangrik vir hierdie paradoksale bende van Marxistiese fanatici en die geldgierige bloedsuiers (die Broeders) om die kroon op die ANC se kop te hou. Sodoende voldoen dit aan eg. se ideologiese oortuigings en lg. se ekonomiese vereistes, want solank die ANC nie uitgedaag word nie, is dit <em>business as usual<\/em> sonder enige magsbalansversteuring.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin-top: 12pt\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vir Afrikaners om dus nou ontevrede te wil raak met die NSA en boonop hul trotse identiteit te herontdek, is &rsquo;n gevaarlike onkruid vir beide Naspers en hul politieke base in Lethuli-huis, wat ten alle koste uitgeroei moet word. &nbsp;Soos sydissels brand die nuwe Afrikanernasionalisme hulle genoeg om op te tree. Die laaste ding wat Naspers nou wil h&ecirc;, is dat &rsquo;n nuwe geslag kunstenaars met &rsquo;n trotse nasionale gees die ou (en afgeleefde) proteskunstenaars van die tagtigerjare as die volk se keuse vervang. Dit is dus baie belangrik vir Naspers dat die Afrikaner bv. eerder na Anton Goosen as na Bok van Blerk luister, dat ons eerder Max Du Preez as Dan Roodt lees. Die tagtiger jare se <em>hasbeens<\/em>&nbsp; sal ten minste ons voortdurend bewus maak van ons &ldquo;skuld&rdquo; en &ldquo;agterlikheid&rdquo; en hoe &ldquo;wonderlik&rdquo; dit in die ANC-SA is. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin-top: 12pt\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vir Bok en andere om nou die mense die kans te gee om hul diepgesetelde emosies uit te druk en te voel, pas nie in die Naspers-agenda nie. <\/span><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Nee, hierdie Bok moet doodgeskiet word. Hy moet vrek! As ons nie sy musiek onpopul&ecirc;r kan maak nie, kom ons pleeg dan karaktermoord op hom. As niemand van hom hou nie sal hulle ook nie na sy musiek luister nie&hellip;&rdquo;<\/span><\/em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">so werk die Naspersbrein. Dus neem hulle &rsquo;n paar gerugte oor hoe &ldquo;moeilik&rdquo; Bok kwansuis is en oordryf dit tot die mag 100. Noem hom dan sommer ook &rsquo;n Diva en siedaar! dis bok-in-die-pot. Dat Bok soos alle populere kunstenaars oorval word deur promotors en organiseerdes wat allerhande le&euml; beloftes maak en dikwels ondergemiddelde diens lewer, word verswyg. Dat Bok bloot daarna streef om&nbsp; uitmuntende vertonings aan sy ondersteuners te lewer en dus organiseerders wat ondergemiddelde diens lewer en ander kansvatters moet vasvat, is immers &rsquo;n goeie vermaaklikheiskunstenaar se plig.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin-top: 12pt\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Karaktermoord kom egter natuurlik vir Naspers.&nbsp; Weens die mediahuis se fanatiese oortuigings en die moeite wat dit verg om op gereelde basis die immorele ANC-regering te regverdig, is dit somtyds baie makliker om bloot net&nbsp; teenstanders uit te wis. Aangesien Naspers se argumente nie opgewasse is teen andersdenkendes nie, speel hulle dikwels die man eerder as die bal.&nbsp; Max du Preez is sekerlik die een wat die mees bedrewe is met karaktermoord (of ten minste pogings daartoe). In eg Stalinistiese styl voer hy pogroms teen sy teenstanders se karakters sodat lesers moet glo dat sy opponente ongeloofwaardige en illegitieme skurke is. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin-top: 12pt\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Om iets van Max se eie taktiek te volg, wil ek darem byvoeg dat dit sekerlik te verstane is dat daar so &rsquo;n daling in Naspers se joernalistieke standaard sou plaasvind. Deurdat Naspers die Marxistiese opdrifdels van die tagtigerjare (soos Max du Preez, Koos Kombuis, Jakes Gerwel e.a.) in beheer van hul &ldquo;Propagandadepartement&rdquo; gestel het, lyk Nasperskoerante deesdae meer soos die ou Sowjetkoerante, Prawda (&ldquo;Die Waarheid&rdquo;) en Isjwestia (&ldquo;Nuus&rdquo;). So het die Sowjetpubliek dan ook gereeld gespot met: &ldquo;In Prawda is daar geen Isjwestia nie en in Isjwestia is daar geen Prawda nie&rdquo;.&nbsp; Ek dink egter dat Naspers se koerante aan beide nuuswaardigheid en die waarheid ontbreek.&nbsp; Voorbeelde is Max se holocaustontkenning van die Britse verkragtings van Boerevroue, terwyl lesers tot vervelens herinner word aan die kamstige &ldquo;wonderlike demokrasie&rdquo; waarin ons leef.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin-top: 12pt\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Onwillkeurig begin mens jouself afvra waarheen Naspers met die Afrikaner op pad is. Wat is die strategie en toekomsvisie te Heerengracht 40?&nbsp; Hul propagandablaaie poog gedurig om die Afrikaner se bestaan te ontken, om sy selfbeeld af te breek en om sy huidige swaarkry weg te redeneer, asook enige vorm van Afrikanernasionalisme te beveg. Die Afrikaner word tot ANC-onderdanigheid gebreinspoel. Die sinistere waarheid is egter dat die komplot in alle waarskynlikheid heelwat verder gaan as onderdanigheid aan die ANC. Deur die Afrikaner se identiteit te probeer ontken en aktief te probeer ondermyn, gaan dit ook daaroor om die Afrikaner se etniese karakter so te ru&iuml;neer dat hy homself nie meer herken nie. Wanneer die Afrikaner sleng praat, sosio-ekonomies in die Afrikamassa wegsmelt, met ander rasse ondertrou, geen unieke karakter of bewussyn meer het nie en nie meer aandring op sy regte nie, dan het Naspers sy doel bereik. Dan is die Afrikaner &rsquo;n Afrikaan en sal hy doelloos in &rsquo;n Afrikadiktatuur voortleef sonder om die magsbalans te versteur. Dan is die Afrikaner (altans diegene wat nie die land verlaat het nie) die onintellektuele, ongekultiveerde en ondergeskikte ghwar wat geen weerstand bied nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin-top: 12pt\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vir &rsquo;n tyd lank het Naspers baie hard gepoog om met die ultra-linkse kwasi-intellektuele tydskrif, <em>Insig<\/em>, die Afrikaner met halfgebakte argumente te oortuig om met die swart massa te versmelt. Daardie projek het met die geleidelike ontwaking van die Afrikaner so liederlik gefaal dat <em>Insig<\/em> sy deure moes sluit. Nou slaan Naspers &rsquo;n ander koers in. Die teenoorgestelde word nou aangewend deur op die Afrikaner se mees basiese instinkte aanspraak te maak. Die weg word voorberei vir daardie doelwit deur die sistematiese loodsing van &rsquo;n hele flotilla poniekoerante wat die Afrikaner se verghwarring moet fasiliteer. Hierdie tipe publikasies sal dan ook eendag Naspers se hoofbesigheid raak. Die koste verbonde aan die uitgee van sulke koerante is baie laer, omdat dit aan geen nuuswaardigheids-, joernalistieke of taalkundige gehaltevereistes hoef te voldoen nie, terwyl uit-die-duim-gesuigde stories soos &ldquo;Non verwag ruimtewese se baba&rdquo; dan die trant van die &ldquo;nuus&rdquo; word. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin-top: 12pt\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wanneer die Afrikaner se identiteit dood is en hy deel van &rsquo;n smeltkroes is, dan sal hy ook elemente van homself aan die Afrikamassa oordra sodat dit &rsquo;n totale mengelkultuur word. So &rsquo;n mengsel sal &rsquo;n baie meer toeganklike mark vir Naspers wees as die huidige etnies en taalkundig seksionele mark. Ek het egter nuus vir Naspers. Selfs die dinamiese VSA se sogenaamde <em>melting pot<\/em> kon tot vandag toe met bitter min sukses die onderskeie rasse in daardie land versmelt. Hoe meer jy mense van hul karakter probeer ontneem, hoe meer veg hulle vir die behoud daarvan en gevolglik ontwaak hul nasionalistiese sentimente. Hierdie visie, nl. Afrikaneroplossing in &rsquo;n &ldquo;groter Suid-Afrika&rdquo;, wat blyk di&eacute; van Heerengracht 40 te wees, sal nooit verwesenlik word nie. Lord Milner het die Afrikaner probeer verengels en liederlik misluk. Naspers wil die Afrikaner verafrikaan en gaan nie alleen misluk nie, maar iewers in die toekoms, saam met die ANC, net so gehaat soos Milner wees.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/steamrooms\/hamams\/\">\u0445\u0430\u043c\u0430\u043c \u0432 \u043a\u0432\u0430\u0440\u0442\u0438\u0440\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\" class=\"MsoNormal\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/bokvanblerksw2.JPG\" width=\"170\" height=\"188\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Naspers se aartsvyand?<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Die aanslag op Bok van Blerk in onlangse uitgawes van <em>Beeld <\/em>en ander koerante het betrekking. Die feit dat Naspers besluit het om Bok te verguis, verbaas my geensins nie. Om die waarheid te s&ecirc;, dit verstom my eerder dat dit hulle so lank geneem het om daarmee te begin.<\/p>\n<div align=\"justify\">\n<p style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Naspers bevind hom in &rsquo;n geweldige dilemma. Terwyl daardie mediahuis die ANC en lg. se beleid vooropstel moet dit terselfdertyd sy koerante aan sy oorwegend Afrikanermark verkoop.&nbsp; Die krisis waarin Naspers verkeer, is dat sy ideologiese sentrum, nl. die ANC, aktief die blanke, maar veral die Afrikaner, probeer ondergrawe. Soos wat Afrikanernasionalisme te midde van die groeiende anargie in die NSA ontwaak, word hierdie tameletjie toenemend taai.<\/p>\n<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[48],"tags":[588,21092,198],"class_list":["post-458","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c30-vlad-du-plessis","tag-naspers-se-aanslag-op-bok-van-blerk","tag-rubrieke","tag-vlad-du-plessis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/458","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=458"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/458\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=458"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=458"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=458"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}