{"id":45738,"date":"2018-05-25T05:30:52","date_gmt":"2018-05-25T03:30:52","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45738"},"modified":"2018-05-25T05:30:52","modified_gmt":"2018-05-25T03:30:52","slug":"motors-die-mitsubishi-pajero-sport-is-n-opwindende-sportnutsvoertuig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45738","title":{"rendered":"Motors: Die Mitsubishi Pajero Sport is &#8216;n opwindende sportnutsvoertuig"},"content":{"rendered":"<p>Die plaaslike motormark word net soos di\u00e9 elders ter w\u00eareld oorheers deur sportnutsvoertuie. Die tradisionele sedanmotor is vinnig besig om uit te sterf. In Suid-Afrika word daar bykans maandeliks nuwe modelle van byna elke vervaardiger bekendgestel. Die goed word al kleiner en onder hulle is daar modelle wat \u2018n mens as doelloos kan bestempel.<\/p>\n<h3>Mitsubishi Pajero Sport<\/h3>\n<p>Daar is natuurlik die BNV\u2019s of \u201cbakkienutsvoertuie\u201d ook. Die Nissan Sani van ouds was een van die eerstes waar \u2018n vervaardiger \u2018n bakkie geneem het en dit in \u2018n stasiewa omskep het. Vandaar die Toyota Fortuner, Nissan Pathfinder en Ford Everest. Isuzu het hul Frontier \u2018n paar dekades gelede plaaslik losgelaat. Deesdae is daar slegs drie van hierdie BNV\u2019s te koop in Suid-Afrika, die Fortuner en Everest asook Mitsubishi se Pajero Sport. Net soos in die geval van die Toyota en Ford is die Pajero Sport op die Triton-bakkie gegrond. Anders as in die Toyota en Ford se geval, voel ons die Pajero Sport bied die meeste belans tussen die veld- en padryvermo\u00eb.<\/p>\n<h3>Bakwerk<\/h3>\n<figure id=\"attachment_45743\" aria-describedby=\"caption-attachment-45743\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/Mitsubishi-Pajero-Sport-Van-voor2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45743\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/Mitsubishi-Pajero-Sport-Van-voor2-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/Mitsubishi-Pajero-Sport-Van-voor2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/Mitsubishi-Pajero-Sport-Van-voor2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/Mitsubishi-Pajero-Sport-Van-voor2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/Mitsubishi-Pajero-Sport-Van-voor2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/Mitsubishi-Pajero-Sport-Van-voor2-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/Mitsubishi-Pajero-Sport-Van-voor2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45743\" class=\"wp-caption-text\">Die Mitsubishi Pajero Sport van voor<\/figcaption><\/figure>\n<p>Van voor gesien is die Pajero Sport onmiskenbaar Mitsubishi en deel hy die gesinsgelaatstrekke met die groot sierrooster en bre\u00eb wielbo\u00eb. Die lyne is werklik aggresief en sportief. Die motor lyk en voel groot. Vergeleke met die Ford en Fortuner, is die Pajero Sport teen 4785mm korter as beide die Ford en die Toyota. Al twee is ook ho\u00ebr as die Mitsubishi se 1805mm. Hy lyk net groter as die ander twee van buite gesien.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45742\" aria-describedby=\"caption-attachment-45742\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS-Van-agter2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45742\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS-Van-agter2-300x221.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"221\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS-Van-agter2-300x221.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS-Van-agter2-148x109.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS-Van-agter2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS-Van-agter2-38x28.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS-Van-agter2-292x215.jpg 292w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS-Van-agter2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45742\" class=\"wp-caption-text\">Die Pajero Sport van agter<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die groot besprekingspunt sal beslis die agteraansig wees. Waar die Fortuner lang horisontale liguitleg aan die agterkant gebruik, het Mitsubishi die ligte in \u2018n lang regaf formasie ontwerp. Dit is anders en jy sal vir seker nie die Pajero vir enige iets anders van agter af aansien nie. Sommige mense mag nie daarvan hou nie. Die groot dakdrukvin met ingeboude remlig rond die agterkant mooi af en beklemtoon die \u201csport\u201d in die naam. Daar is sytrappe om toegang tot die voertuig te vergemaklik. Met die volgroottenoodwiel wat reg agter onder die bakwerk gemonteer is, wonder ek net of daar plek is om \u2018n sleepstang te monteer? Iets ander wat ook effens pla, is die voorste kolligte wat werklik baie laag op die hoeke van die voertuig aangebring is. Ek wonder maar net hoe lank daardie ligte heel gaan bly veral wanneer \u2018n mens ernstige veldrywerk begin doen.<\/p>\n<h3>Binneruim<\/h3>\n<figure id=\"attachment_45745\" aria-describedby=\"caption-attachment-45745\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_Instrumentepaneel2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45745\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_Instrumentepaneel2-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_Instrumentepaneel2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_Instrumentepaneel2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_Instrumentepaneel2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_Instrumentepaneel2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_Instrumentepaneel2-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_Instrumentepaneel2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45745\" class=\"wp-caption-text\">Instrumentepaneel van die Pajero Sport<\/figcaption><\/figure>\n<p>Wat die Pajero se binneruim betref, is hy na my mening die beste tussen die drie modelle wat hier ter sprake is. Daar is werklik sagte swart leerbekleedsel oor die sitplekke en binnekante van die deure, die middelkonsole en stuurwiel. Alles lyk en voel duursaam. Instrumente is baie mooi sigbaar en logies uiteengesit. Die raakskerm in die middle van die paneelkonsole is nou nie eintlik van die heel beste tegnologie nie en voel en vertoon oudmodies. Dit was ook \u2018n vreeslike gesukkel om die bloutande vir my foon ingestel te kry. Die bestuurdersitplek is elektries verstelbaar en al die sitplekke bied meer as genoeg steun.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45744\" aria-describedby=\"caption-attachment-45744\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_bagasieruim2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45744\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_bagasieruim2-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_bagasieruim2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_bagasieruim2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_bagasieruim2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_bagasieruim2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_bagasieruim2-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/MPS_bagasieruim2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45744\" class=\"wp-caption-text\">Die bagasieruim van die Pajero Sport<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ruimte is een van die Pajero se sterk punte, solank jy net nie probeer om \u2018n hele naweek se kos en klere vir vier mense te laai nie. Sonder \u2018n sleepstang was die motor tot teen aan die dak gepak met ons vier mense se bagasie. Die Pajero is \u2018n sewesitplekmotor en met die derde ry sitplekke netjies in die vloer weggevou, is daar heelwat ruimte vir basiese bagasie sonder kiste kos. Vou die sitplekke op en \u2018n 1,8m-persoon pas maklik in die derde ry. Daar is aparte luginlate vir elk passasier asook koppiehouers. Die tweede ry sitplekke se rugkante kan kantel maar daar is geen skuifverstelling nie. Sou jy al die sitplekke wou plat vou, kan jy die derde ry heeltemal in die vloer in vou, maar die tweede ry se sitbasis kantel vooroor en die rugleuning vou dan plat in die vloer in. Dit maak die laairuim werklik reusagtig teen 1800 liter. Die wielbasis is 1800mm, wat langer as die Fortuner is maar korter as die Everest.<\/p>\n<h3>Enjin<\/h3>\n<p>Die Pajero Sport is beskikbaar in twee modelle, gewone 2,4 dieseloutomaties met 2-wielaandrywing en die 2,4 diesel outomaties met 4-wielaandrywing. Beide die modelle het die enjin net so by die Triton gaan leen, maar daar is \u2018n 8-spoedoutomatieseratkas. Die enjin lewer 133Kw en 430Nm se wringkrag. Vergelyk dit met die Everest se 3,2-liter- 5-silinderenjin wat 147 kw en 470 Nm se wringkrag lewer en die Fortuner se 2,8-liter- dieselenjin wat 130 Kw en 420Nm se wringkrag bied, en die Pajero is in die kol. Die 8-spoedratkas maak teerpad ry heelwat gemakliker as die 6-spoedratkaste wat in die ander twee beskikbaar is. Ons kan argumenteer dat Ford wel \u2018n 2,2-liter-Everest bied en Toyota die 2,4-liter-Fortuner, maar wat krag en wringkrag betref, is die twee glad nie op die Pajero se standaard nie. Die 2,2-Ford lewer 118Kw en 385NM waar die 2,4-Fortuner nog minder krag bied teen 110Kw en 400Nm. Die Pajero loop gemaklik en stil.<\/p>\n<h3>Rygerief<\/h3>\n<p>Op die pad is die Pajero bietjie lomp: hy voel groot en swaar, maar veral in 2-wiel-aandrywing is hy baie meer padgeori\u00ebnteer as die Ford en die Fortuner. Die 8-spoedratkas is seepglad, maar daar is \u2018n baie sensitiewe rempedaalgevoel en \u2018n traagheid onder jou regtervoet wanneer jy skielik besluit om die Pajero aan te jaag. Ek vermoed die ratkas het baie daarmee te doen. In die veld is die vering bietjie te sag vir erge dongas, maar wielartikulasie is goed en veral rowwe grondpad word gemaklik kafgedraf.<\/p>\n<h3>Gevolgtrekking<\/h3>\n<p>Teen R569 995 is die Pajero Sport R14 000 goedkoper as die 3,2 Everest XLT outo en slegs R5 500 duurder as die 2,8 GD-6 outo Fortuner. Ek reken dit plaas die Pajero mooi in die middel van die twee en as jy in die mark vir hierdie tipe gesinsvoertuie is, mag jy nie die Pajero miskyk nie. Die prys sluit \u2018n 3-jaar- 100 000km-fabriekswaarborg asook \u2018n 5-jaar- 90 000km-diensplan in. Ek wens net vervaardigers wil sleepstange standaard aanbring aan hierdie soort voertuie! Suid-Afrikaners is \u2018n sleepnasie!<\/p>\n<h4><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Mitsubishi Pajero Sport 2,4 D4<\/span><\/span><\/h4>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Prys<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Voorkoms <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">b<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">uite <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Binneruim<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">gehalte<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\"> en <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">a<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">fwerking<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Ruimte<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\"> en <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">p<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">raktiese toepassing<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5 <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Enjin en <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">r<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">atkas<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Op die pad<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Veiligheid<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Totaal <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">37 uit 40<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die plaaslike motormark word net soos di\u00e9 elders ter w\u00eareld oorheers deur sportnutsvoertuie. Die tradisionele sedanmotor is vinnig besig om uit te sterf. In Suid-Afrika word daar bykans maandeliks nuwe modelle van byna elke vervaardiger bekendgestel. Die goed word al kleiner en onder hulle is daar modelle wat \u2018n mens as doelloos kan bestempel. Mitsubishi [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":45739,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[24406,24401,24405,24403,24402,24404],"class_list":["post-45738","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-ford-everest","tag-mitsubishi-pajero-sport","tag-nissan-pathfinder","tag-nissan-sani","tag-sportnutsvoertuie","tag-toyota-fortuner"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45738","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45738"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45738\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":45746,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45738\/revisions\/45746"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45739"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45738"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45738"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45738"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}