{"id":45609,"date":"2018-04-12T11:49:11","date_gmt":"2018-04-12T09:49:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45609"},"modified":"2018-04-12T11:49:11","modified_gmt":"2018-04-12T09:49:11","slug":"manfred-delport-mandela-marais-en-die-media","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45609","title":{"rendered":"Manfred Delport: Mandela, Marais en die media"},"content":{"rendered":"<p>Oor die afgelope paar dae is al wat \u2018n hoofstoompublikasie onleesbaar en die meeste radiostasies totaal onluisterbaar agv die lagwekkende huldeblyke aan &#8216;n afgestorwe misdadiger.<\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">\u2018n Konstante tema van al die hagiografie\u00eb wat aan die sogenaamde moeder van die sogenaamde nasie gewy word, is dat sy kwansuis \u2018n \u201ckomplekse\u201d persoon was. Ek sukkel weliswaar so \u2018n effe om te begryp wat so danig kompleks aan \u2018n gewelddadige ontvoerder, moordenares en veroordeelde bedriegster is; iemand wat skynbaar van \u2018n jong ouderdom af \u2018n probleem met wetsgehoorsaamheid en getrouheid aan haar man beleef het. Kompleksiteit sou immers daarop dui dat sy veelvuldige fasette gehad het; dat sy die spreekwoordelike Calvinistiese goeie werke ook vermag het, in stede daarvan om die gepeupel op te hits om mense wreedaardig te vermoor, om geld te verduister of om haar man te verneuk. <\/span><span lang=\"EN-ZA\">Sy het tot op haar sterwensdag steeds min agting vir enige re\u00ebls getoon, en sonder om te blik of te bloos haar salaris as LP getrek, sonder om ooit in die parlement gesien te word. <\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Daar is eweneens min sprake van die presiese aard van haar gewaande goeie hoedanighede, veral in die toesprake van die politici. Dit is meestal vae goed wat ges\u00ea word; le\u00eb, betekenislose slagspreuke wat geopper word: &#8220;Sy het na die jeug uitgereik&#8221;, aldus president Ramaphosa. Sy het hulle seker heelwat van alternatiewe gebruike vir vuurhoutjies en buitebande geleer, neem ek aan. Wat het sy egter presies gedoen wat so goed was? Dit is skynbaar &#8216;n staatsgeheim.<br \/>\n<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Maar wag, s\u00ea die apologete, soos die ekstreemlinkse, selfhatende prof Christi van der Westhuizen, ons moet verstaan dat sy &#8216;n goeie mens was. Hoekom? Want daar was apartheid. Want sy was swart. Sy het geld gesteel en mense laat vermoor, want sy was swart en agv apartheid, voer Van der Westhuizen ook dan in &#8216;n Naarpersrubriek aan. Baie soos Be\u00eblzebub vir Hansie maak kul het, het apartheid vir Mandela maak steel en moor. Ons moet haar vergewe, want sy&#8217;s swart. Stompie Sepei, wat selfs swart was, se ouers put kennelik groot berusting uit hierdie een.<br \/>\n<\/span><\/p>\n<p>Hierdie gedagtes het by my opgekom terwyl ek na die rolprent, <em>Die Wonderwerker<\/em>, wat oor Eug<span lang=\"EN-ZA\">\u00e8<\/span>ne M<span lang=\"EN-ZA\">arais handel, gekyk het. Ek wil dit egter onmiddellik duidelik maak dat ek op geen manier vir Marais met \u2018n dooie misdadiger probeer vergelyk nie, aangesien hy \u2018n meestal \u2018n beskaafde, intelligente en gesofistikeerde mens van vele fasette was. <\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Marais was wel \u2018n figuur met \u2018n donker kant. Sy verslawing aan morfien is welbekend, al het hy nooit as gevolg van sy verslawing die behoefte ontwikkel om enige iemand wreedaardig te laat doodbrand nie. Marais het \u2018n voorliefde vir jong dames gehad. Daar was selfs spekulasie dat die skrywer Herman Charles Bosman Marais se liefdeskind by \u2018n jonger vrou sou wees. Hy was &#8216;n feilbare ouer. Marais se eie kind is deur sy suster grootgemaak, nadat sy vrou kort na die kind se geboorte gesterf het. Hy en sy seun het in latere jare heeltemal vervreemd geraak.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Die donker kant van sy persoonlikheid het egter verder gestrek as morfien en <i>liaisons<\/i> met jong dames. N<\/span><span lang=\"EN-ZA\">\u00e1<\/span><span lang=\"EN-ZA\"> die Anglo-Boereoorlog het hy berug geword vir sy vriendskap met daardie aartsimperialis en hater van Afrikaners, Lord Milner. As joernalis het hy selfs gunstige berigte geskryf oor Milner se verengelsing van Afrikaanse skole, iets wat hom nou nie juis vandag in Praaglesers se goeie boekies sou bring nie. Iets wat Praaglesers miskien nog meer warm onder die kraag sou maak, is dat Marais \u2018n Vrymesselaar was, en baie lesers sou meen dat dit hom een van die Antichris se dissipels gemaak het.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Wat egter merkwaardig is, en wat in absolute, skrille kontras staan met die leuens in die hagiografie\u00eb waarmee die hoofstroommedia tans besmet word, is dat Marais wel ook op talle ander gebiede presteer het. Daar was skynbaar niks wat bokant sy intellektuele vermo\u00ebns was nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Sy werke <i>Die Siel van die Mier <\/i>en <i>The Soul of the Ape<\/i> word selfs vandag nog hoog aangeslaan as baanbreker-werke in die natuurwetenskappe. <\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Hy het hom gedeeltelik as \u2018n mediese dokter bekwaam, en as myndokter gewerk.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Hy het as advokaat in Pretoria gepraktiseer.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Hy was \u2018n joernalis en het op negentienjarige leeftyd reeds die redakteur van \u2018n publikasie, <i>Land en Volk<\/i>, geword. <\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">In \u2018n tydvak waarin daar nog baie min po<\/span><span lang=\"EN-ZA\">\u00eb<\/span><span lang=\"EN-ZA\">sie in Afrikaans bestaan word, het hy in Afrikaans gedig, soos wat \u2018n iedere en \u2018n elke Afrikaanse skoolkind wat <i>Winternag <\/i>moes leer, kan getuig. <\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Marais het drie dramas gepubliseer, asook verskeie werke van Afrikaanse prosa, onder andere natuurwetenskaplike prosa en <i>Dwaalstories. <\/i><\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><i><\/i><span lang=\"EN-ZA\">Bostaande is uiteraard net die mees oppervlakkige skets van \u2018n uiters talentvolle, maar ook omstrede, persoon se lewe en werk. Dit is wat ek verstaan onder &#8216;n komplekse karakter. Kontrasteer dit egter met die loutere twak wat die afgelope paar dae konstant oor \u2018n blote misdadiger verkondig word, ook in al wat \u2018n Naarperspublikasie is, wat in haar lewe skynbaar nie een enkele positiewe bydrae tot die mensdom gelewer het nie, buiten om swart te wees, en dit word duidelik dat die hoofstroommedia die kluts totaal kwyt is.<br \/>\n<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1840017175230375412MsoBodyText\"><span lang=\"EN-ZA\">Verskoon my dus dat ek sommer nou vir my Leon Rousseau se biografie oor Marais, <i>Die Groot Verlange<\/i>, aanlyn gaan koop, as &#8216;n teengif teen die onleesbare hoofstroommedia se propaganda.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oor die afgelope paar dae is al wat \u2018n hoofstoompublikasie onleesbaar en die meeste radiostasies totaal onluisterbaar agv die lagwekkende huldeblyke aan &#8216;n afgestorwe misdadiger. \u2018n Konstante tema van al die hagiografie\u00eb wat aan die sogenaamde moeder van die sogenaamde nasie gewy word, is dat sy kwansuis \u2018n \u201ckomplekse\u201d persoon was. Ek sukkel weliswaar so [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":11,"featured_media":45610,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[5650,19046,8916],"class_list":["post-45609","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-christi-van-der-westhuizen","tag-eugene-marais","tag-winnie-mandela"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45609","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/11"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45609"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45609\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":45611,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45609\/revisions\/45611"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45610"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45609"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45609"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45609"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}