{"id":45557,"date":"2018-04-04T22:21:49","date_gmt":"2018-04-04T20:21:49","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45557"},"modified":"2018-04-05T05:55:07","modified_gmt":"2018-04-05T03:55:07","slug":"vicki-momberg-vrees-aanvalle-in-soweto-tronk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45557","title":{"rendered":"Vicki Momberg vrees aanvalle in Soweto-tronk"},"content":{"rendered":"<p>Vicki Momberg, die Durbanse eiendomsagent wat verlede week aan crimen injuria skuldig bevind is vanwe\u00eb haar gebruik van die K-woord teenoor &#8216;n polisiekonstabel, vrees &#8216;n aanval van haar swart medegevangenes. Volgens haar prokureur, mnr. Kingdom Onah, het sy reeds dreigemente van haar swart medegevangenes in &#8220;Sun City&#8221;, die tronk in Soweto waar Momberg aangehou word, ontvang.<\/p>\n<p>Di\u00e9 feit het vandag na afloop van Momberg se aansoek om verlof tot app\u00e8l\u00a0 tydens &#8216;n gesprek tussen &#8216;n PRAAG-verslaggewer en mnr. Onah ter sprake gekom. &#8220;Ons probeer Vicki so gou moontlik daar (uit die Soweto-tronk) uitkry,&#8221; het hy ges\u00ea. &#8220;Sy is nie veilig nie.&#8221;<\/p>\n<p>Omdat Momberg se advokaat, mnr. Kevin Lawlor, egter tans in die hospitaal verkeer, kon die saak nie vandag voortgaan nie en is dit tot 11 April in die Randburgse Landdroshof uitgestel.<\/p>\n<p>&#8216;n Horde joernaliste vanaf die hoofstroommedia wat openlik vyandig teenoor Vicki Momberg was, het die hofsitting bygewoon.<\/p>\n<p>Tydens die uitstel van die saak, het die staatsaanklaer gevra dat die saak eers teen elfuur op 11 April &#8216;n aanvang moet neem, aangesien die Departement van Korrektiewe Dienste sukkel om Momberg betyds vanaf Soweto tot by die hof te vervoer. &#8220;Sy is nou &#8216;n veroordeelde misdadiger, daarom kan sy nie voor nege-uur in die oggend die gevangenis verlaat nie,&#8221; het die aanklaer ges\u00ea.<\/p>\n<p>Omdat Vicki Momberg &#8216;n enkelouer is, bestaan daar kommer oor die welstand van haar twee kinders.<\/p>\n<p>Die media het ook gewag gemaak van Momberg se Afrika-haarstyl, wat moontlik in die tronk vir haar aangebring is omdat daar glad nie vir vroulike Kaukasi\u00ebrs voorsiening gemaak word nie.<\/p>\n<p>Mnr. Onah, wat van Nigeri\u00eb afkomstig is, en mnr. Lawlor verskaf pro bono-regshulp aan Vicki Momberg. Weens die boete van R100 000 wat sy reeds moes betaal, asook haar aanhouding, is sy finansieel geknak en nie in staat om regsdienste te bekostig nie.<\/p>\n<p>Vicki Momberg is tot &#8216;n effektiewe twee jaar gevangenisstraf gevonnis deur landdros <span class=\"st\">Pravina Rugoonandan, wat van Indiese afkoms is. Een jaar van haar driejaarvonnis is vir &#8216;n verdere drie jaar opgeskort.<br \/>\n<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vicki Momberg, die Durbanse eiendomsagent wat verlede week aan crimen injuria skuldig bevind is vanwe\u00eb haar gebruik van die K-woord teenoor &#8216;n polisiekonstabel, vrees &#8216;n aanval van haar swart medegevangenes. Volgens haar prokureur, mnr. Kingdom Onah, het sy reeds dreigemente van haar swart medegevangenes in &#8220;Sun City&#8221;, die tronk in Soweto waar Momberg aangehou word, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":45558,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11081,24333],"class_list":["post-45557","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-k-woord","tag-vicki-momberg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45557","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45557"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45557\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45558"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45557"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45557"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45557"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}