{"id":45450,"date":"2018-02-28T18:14:58","date_gmt":"2018-02-28T16:14:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45450"},"modified":"2018-02-28T18:16:29","modified_gmt":"2018-02-28T16:16:29","slug":"gustav-venter-woernael-5-witwarm","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45450","title":{"rendered":"Gustav Venter: Woernael 5 \u2014 Witwarm"},"content":{"rendered":"<p>Ek het sopas die bestelling geplaas vir die eerste besending van my bundel rubrieke wat ek saamgevat het onder die titel <em>Witwarm<\/em>. Vriend Rudolf Mar\u00e9 het reeds twee bestel en vir vier betaal. \u0149 Skrywer het goeie vriende nodig. Hy het vriende en baie ander dinge nodig. Ek het darem die goeie vriende.<\/p>\n<p>Hierdie rubrieke kom vanuit elf jaar se meningstukke wat ek vir Praag geskryf het. \u0149 Mens kan maar praat van my Praag-jare. Ek het voor hierdie persoonlike era ten brode geskryf, al was die snye soms dro\u00eb korsies. Die politieke rubriek was vir my \u0149 splinternuwe dissipline. Die leser het besondere verwagtinge: Hulle wil inligting ontvang, \u0149 sterk mening om hulle eie opvattinge mee te toets, en dit moet vermaaklik genoeg wees om hulle van die eerste sin deur te trek na die slot. Dit moet darem nie bloot \u0149 politieke verslag wees nie. Bowenal moet die rubriek eerlik wees. Dit beteken feite moet nie as die waarheid aangebied word as dit nie eers deeglik ondersoek en bevestig is nie.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Witwarm-Vb.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-45453\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Witwarm-Vb-215x300.jpg\" alt=\"\" width=\"215\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Witwarm-Vb-215x300.jpg 215w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Witwarm-Vb-106x148.jpg 106w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Witwarm-Vb-22x31.jpg 22w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Witwarm-Vb-27x38.jpg 27w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Witwarm-Vb-154x215.jpg 154w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Witwarm-Vb.jpg 664w\" sizes=\"auto, (max-width: 215px) 100vw, 215px\" \/><\/a>My Praag-tydperk was vir my persoonlik waardevol. Ek het die ruimte en die vryheid gehad om my eie opvattinge oor die politieke rubriek te ontwerp en kon die lesersreaksie onmiddellik toets. Hier kon ek eksperimenteer op \u0149 manier wat nooit in die saai kolomsentimeters van Naspers se koerante geduld sou gewees het nie.<\/p>\n<p>Die deurlopende tema van die rubrieke is die dissonansie wat noodwendig tussen twee prim\u00eare kulture in een land sal ontstaan en voortbestaan. Swart is swart en Blank is blank en di\u00e9 twee bestaansuitdrukkings sal nooit meng of, inderdaad, vermeng kan word nie. Soos enige regse skrywer worstel ek in di\u00e9 rubrieke met die oplossing vir die Afrikaner se bestaanskrisis en vandag, meer as \u0149 dekade later, bly daar een blokwaarheid wat ons nie kan omseil nie: Sonder politieke mag het ons geen mag nie. As ons denke meer gesofistikeerd of gevorderd geraak het, is dit dat ons besef dat politieke mag uit meer as een put geskep kan word. Die vraag is hoe om ekonomiese en strukturele mag in politieke mag te omskep sonder om deur die stembus daarby uit te kom.<\/p>\n<p>My verwagting van <em>Witwarm<\/em> is dat ek oor \u0149 tydperk van \u0149 paar jaar 2.000 eksemplare daarvan sal verkoop. Dit gaan nie opspraakwekkend wees nie bloot omdat die hoofstroom dit gaan ignoreer. Dan nou weer, miskien stamp die regte liberalis sy toon daarteen en kla my by die menseregtekommissie aan en kom die boek sodoende onder die bre\u00ebr publiek se aandag. As Penny Sparrow maar net \u0149 boek gereed gehad het&#8230; Ka-Pauw!<\/p>\n<p>Laat hulle dan die boek miskyk. Die waarde van <em>Witwarm<\/em> sal vir my daarin l\u00ea dat my eie mense dit kan lees en dan saam met ons begin dink oor die Groot Oplossing.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het sopas die bestelling geplaas vir die eerste besending van my bundel rubrieke wat ek saamgevat het onder die titel Witwarm. Vriend Rudolf Mar\u00e9 het reeds twee bestel en vir vier betaal. \u0149 Skrywer het goeie vriende nodig. Hy het vriende en baie ander dinge nodig. Ek het darem die goeie vriende. Hierdie rubrieke [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":45451,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[24298,30],"tags":[643,21092,24311],"class_list":["post-45450","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gustav-venter","category-s33-woernaal","tag-naspers","tag-rubrieke","tag-witwarm"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45450","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45450"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45450\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45451"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45450"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45450"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45450"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}