{"id":45429,"date":"2018-02-25T09:23:10","date_gmt":"2018-02-25T07:23:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45429"},"modified":"2018-02-25T09:23:10","modified_gmt":"2018-02-25T07:23:10","slug":"gustav-venter-woernael-4-fees-en-mark","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45429","title":{"rendered":"Gustav Venter: Woernael 4 \u2014 Fees en mark"},"content":{"rendered":"<p>Deesdae het omtrent elke dorp \u0149 fees, en elke dorp behoort \u0149 fees te h\u00ea, so dit is goed. Daar is \u0149 Kaboemfees en \u0149 Suidoosterfees en \u0149 Walvisfees en \u0149 Kierieklapperfees en kort daarna \u0149 Kaboemfees. Daar is feeste van Upington tot Kaapstad, van Mosselbaai tot Wakkerstroom, van Naboomspruit tot Robertson en meeste plekke tussenin.<\/p>\n<p>Reitz het \u0149 lewendige fees van hulle eie \u2014 die Bieliemieliefees. As jy nie gereeld sulke feeste bywoon nie, ruk jouself reg en val by die volgende een binne trefafstand in. Wat jy nie moet verwag nie, is enige klem op die kunste al het hierdie feeskultuur gegroei uit die kunstefeesbeweging waarvan Oudtshoorn se K.K.N.K. sekerlik die Afrikaanse oupa is met Grahamstad se Engelse fees die oumagrootjie. By Reitz was die kunste beperk tot \u0149 paar skilderye en&#8230; Snotkop.<\/p>\n<p>Gaan nietemin, want kunste ongeag, Afrikaner-kultuur staan welig in die blom op di\u00e9 feeste. Kultuur is grootliks gewortel in die manier hoe mense met mekaar omgaan; die inge\u00ebnte, maar ook instinktiewe gedragskodes en \u2013rituele. Seuns staan opsy vir oumense, dogters laat hulle seniors eerste die kleedkamer gebruik, mans groet mekaar met die hand en as die vroulike gemeenskap \u0149 vriend of selfs \u0149 blote kennis ontdek, word vinnige, ferm drukkies uitgedeel. Vreemdelinge glimlag en kopknik vir mekaar. Die naam van die atmosfeer is Samehorigheid.<\/p>\n<p>As ek die A.N.C. was, het hierdie feeste my baie meer onrustig gemaak as Moesie Mymoney van die D.A. se droefgeestige aanvalle of die Effie-Malema se rooi baret. \u0149 Saamgespande Afrikaner sal die A.N.C. se gedugste opponent wees en hierdie feeste is \u0149 Afrikaner-verskynsel. Die Swartes het hulle raserige Kwaito-konserte en sokkerwedstryde, die Engelse het Grahamstad en die Kleurlinge&#8230; wel, hulle het darem Tweede Nuwejaar. Orals waar hierdie feeste gehou word, bestaan daar \u0149 klein Afrikaner-tuisland vir die week of naweek.<\/p>\n<p>Behalwe die konsentrering van Afrikaners en vir die kuns van Snotkop, bring hierdie feeste Afrikaners op handelkoppelingsvlak met mekaar in verbinding. Ek sou reken \u0149 goeie gedeelte van die bemarkers op die Bieliemieliefees was Afrikaners wat uit hulle loopbane ge-S.E.B. of ge-R.A. is. Hierdie feeste het vir hulle \u0149 splinternuwe leefstyl en inkomstekanaal geskep. Hierdie is Afrikaner-ondernemingsgees met seile wat bol in die wind.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/die-volgende-stop.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-45431\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/die-volgende-stop-204x300.png\" alt=\"\" width=\"204\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/die-volgende-stop-204x300.png 204w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/die-volgende-stop-101x148.png 101w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/die-volgende-stop-21x31.png 21w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/die-volgende-stop-26x38.png 26w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/die-volgende-stop-146x215.png 146w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/die-volgende-stop.png 435w\" sizes=\"auto, (max-width: 204px) 100vw, 204px\" \/><\/a>In die stalletjie langs ons s\u0149 was Tom en Marie Kruger. Hulle bemark \u0149 opvoedkundige bordspeletjie, \u201cDie volgende stop.\u201d Dit is ontwerp deur hulle dogter Esm\u00e9. Tom en Marie is reeds afgetree, maar is nou gesoute bemarkers. Hulle is gemoedelik, energiek en entoesiasties oor hulle produk. \u201cDie volgende stop\u201d kos R320 per stel en hulle het 14,000 stelle oor die afgelope vier jaar verkoop. Dis die stoffasie van indrukwekkende getalle.<\/p>\n<p>By verre die meeste en suksesvolste produkte is selfontwerp en \u2013vervaardig. Daar is warmrakkies en gesigsrome en messlyptoestelle en mini-potjiekospotjies en binnenshuise braaie en klere en kookgerei en stofies. Daar is \u0149 ewewig tussen konvensionele gebruiksware en doelvervaardigde items.<\/p>\n<p>Hierdie feeste huisves nie \u0149 omvattende inkopiemark nie, maar dit kan \u0149 lanseertuiste wees na groter dinge vir Afrikaners deur Afrikaners. Dit is \u0149 klein digitale sprong van dorpsfees tot \u0149 virtuele kultuurfees waar al die items wat op die markte beskikbaar is, tot die beskikking van die bre\u00ebr publiek sal wees.<\/p>\n<p>Moet net nie dwaal nie. Hierdie regstreeksebemarkingslewenswyse pas nie alle siele nie. As jy egter gereeld en lank genoeg met hierdie eiesoortige spesie gesels, besef jy hierdie bemarkers wil nie meer iets anders doen nie. Hierdie bedryf verskaf iets ontsaglik kosbaar aan hulle: Vryheid; vryheid om die lang pad te vat en vreemde plekke te besoek en selfs vryheid om by die huis te bly as jy reeds jou teikens behaal het. En dit gee vir hulle beheer oor hulle inkomste. Hierdie is \u0149 saak van strakheid: Hoe harder jy werk, hoe meer geld maak jy. Die ongerief van die bedryf weeg lig teen die grootste denkbare gerief en dit is onafhanklikheid; geldelike, loopbaansgewyse onafhanklikheid.<\/p>\n<p>Hierdie markmodel is \u0149 prototipe. Waarvan? Dit weet ons nog nie, maar dit kan groot wees. Baie groot.<\/p>\n<p>* * *<\/p>\n<p>Ons volgende fees is Clocolan se Plaaskultuurfees wat volgende week, die 2de en 3de Maart plaasvind. Die sluwe-Nuwe Suid-Afrika werp nou \u0149 versperring op. Die inwoners, swart inwoners, van die omgewing voel ongelukkig omdat die polisie nie keer dat hulle hulle eie mense beroof en vermoor nie en daarom bestook hulle nou blankes se motors met klippe op die verbypad. Verduidelik nou weer vir my hoekom \u0149 lelieblanke Volkstaat nie \u0149 paradys sal wees nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deesdae het omtrent elke dorp \u0149 fees, en elke dorp behoort \u0149 fees te h\u00ea, so dit is goed. Daar is \u0149 Kaboemfees en \u0149 Suidoosterfees en \u0149 Walvisfees en \u0149 Kierieklapperfees en kort daarna \u0149 Kaboemfees. Daar is feeste van Upington tot Kaapstad, van Mosselbaai tot Wakkerstroom, van Naboomspruit tot Robertson en meeste plekke [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":45430,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[24298,30],"tags":[19784,22213,4116,13279,24308,24307],"class_list":["post-45429","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gustav-venter","category-s33-woernaal","tag-fees","tag-kaboemfees","tag-kknk","tag-kunstefeeste","tag-ondernemingsgees","tag-tom-en-marie-kruger"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45429","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45429"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45429\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45430"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45429"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45429"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45429"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}