{"id":45412,"date":"2018-02-21T13:36:47","date_gmt":"2018-02-21T11:36:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45412"},"modified":"2018-02-21T13:36:47","modified_gmt":"2018-02-21T11:36:47","slug":"gustav-venter-woernael-3-fees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45412","title":{"rendered":"Gustav Venter: Woernael 3 \u2014 Fees"},"content":{"rendered":"<p>Gister het ons uitgevind dat die man wat bekend is as Suid-Afrika se nuwe president daarvan hou om te stap, en, in \u0149 gebaar van gemoedelike neerdaling, doen hy dit graag tussen die alledaagse gepeupel. Sy skakelpersoneel moet lekkerkrystuipe h\u00ea. Die Groot Man het van die hoogtes afgewentel om tussen sterwelinge te beweeg. So vertoon hy homself aan die kleinmensies, maar meer nog, dit skep die indruk van \u0149 vader wat tussen sy kinders beweeg om te hoor wat hulle vir hom te s\u00ea het. Die liberale draai was jare laas so fyn. Max du Preez kan nie wag om te gaan slaap sodat hy homself kan wakker hyg nie.<\/p>\n<p>Nou kyk, as Cyril \u0149 waardevolle inligtingswerwingswandeling wou neem, sou dit hom geloon het om by die tipiese Afrikaanse plattelandse fees op te daag, verkieslik incognito. Ek het en d\u00edt sonder vermomming. Dit sal vir hom goed wees om te sien wat ek gesien het. Kortliks: Di\u00e9 wat dink die Afrikaner se gemeenskaplike g\u00f4 is uit, was nog nie by Reitz se Bieliemieliefees nie.<\/p>\n<p>Ek het fris jongmans gesien, ordentlik soos net Boerseuns ordentlik kan wees, en pragtige, gesonde meisies; sorgsame moeders en bonkige vaders; opgewonde kinders en vryerige jonges. Dit was \u0149 uitbundige verkeer, maar deurgaans beleef en sonder onsmaaklikheid. Daar was bier maar nie dronkgatgeit nie.<\/p>\n<p>Kerkooms het sosaties op roosters bo oopgesnyde dromme gebraai \u2013 twee vir R30 \u2013 en gemeentetannies het mieliebrood voorgesit. Na die tyd was daar nie \u0149 rondgestrooide skyfiespakkie of platgetrapte papierkoppie nie. Afrikaners is plesierig, maar nie op die snedige manier wat K. Zoid in gedagte het nie.<\/p>\n<p>Die vermomde Cyril sou onrustig gewees het, want maak nie saak of jy van bo na onder of links na regs optel nie, hierdie was \u0149 wit-wit fees; \u0149 viering van witwees. Sy spanning sou nie oor Swartes in soveel witheid gewees het nie, nee, want daar was \u0149 paar inboorlinge wat onbelemmer deur die stalletjies beweeg het. Dis net dat hulle ooglopend nie op hulle gemak was nie, veral nie later die aand toe Snotkop op en af begin spring het op die verhoog soos \u0149 kangaroe waarvan die enkels vasgebind is nie. Maar nou ja, ek wonder self maar oor die jongman.<\/p>\n<p>Die blote bestaan van Reitz se Bieliemieliefees, soos soveel ander soortgelyke samekomste, sou straks die nuwe president kriewelrig gelaat het. Apartheid is nie hoofsaaklik \u0149 regeringsbeleid nie, dis \u0149 instinktiewe keuse. Afrikaners is blank en Afrikaners floreer tussen Afrikaners en in \u0149 mindere mate ander blankes. In weerwil van al die projekte om die Afrikaner vreemd teenoor sy eie te laat, is hy net op sy volle gemak tussen sy eie mense.<\/p>\n<p>Ek het dit by ons stalletjie gesien. Ons verkoop boeke en mense deel ons graag hulle leesvoorkeure mee. En waarvan wil hulle meer h\u00ea? Boeke oor die Vryheidsoorlog. \u0149 Wyse president sou vra hoekom dit so is en \u0149 intelligente raadgewer sou ges\u00ea het: Identiteit. Die Anglo-Boereoorlog is \u0149 letterkundige tuisland vir Afrikaners. Di\u00e9 oorlog kan nie getref word met die modder wat na Apartheid geslinger word nie. Dit was die uiterste Dawid-en-Goliatstryd; die heldhaftige verset van twee klein, arm republieke wat geveg het vir vryheid teen \u0149 arrogante Ryk wat duisende seemyle afgel\u00ea het om te kom baklei vir goud en diamante.<\/p>\n<p>Dit kan anders in die stad wees, maar hier het ek \u0149 nuwe waaksaamheid gesien. In die weermag het ons van \u201cparaatheid\u201d gepraat. Ek is veral ingenome met die pistole wat kantig onder die jongmanne se hemde op hulle heupe vertoon. Meer as een vrou het \u0149 gesaghebbende gesprek met my gevoer oor die deugde van verskillende vuurwapens. Een vroutjie, bonserig afgerond in die gimnasium, verduidelik dat sy een van die dae in die hof moet verskyn op \u0149 poging-tot-moordklag. Haar swart aanvaller se been moes afgesit word omdat sy dit flenters geskiet het om haarself te verdedig. Die swart bende het haar man daarna uit wraak deur die bolyf geskiet van agter, dwarsdeur die een long. Hy wys vir my die litteken waar die koe\u00ebl by sy borsbeen verby is. Nogtans het hy omgedraai en een van die drie aanvallers doodgeskiet.<\/p>\n<p>Die man wat homself die president noem, moes by die Bieliemieliefees gedraai het. Wat hy sou gesien het, is \u0149 vrolike maar ordelike samedromming van fikse, intelligente, geharde en toenemend moerige Afrikaners.<\/p>\n<p>En, as hy enigsins die wysheid het wat aan hom toegedig word het, sou hy ges\u00ea het: Waarlik, dit sal onnosel wees om hierdie mense se grond te probeer vat. Dis beter om hulle vriend te wees, want hulle vyand wil jy nie word nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gister het ons uitgevind dat die man wat bekend is as Suid-Afrika se nuwe president daarvan hou om te stap, en, in \u0149 gebaar van gemoedelike neerdaling, doen hy dit graag tussen die alledaagse gepeupel. Sy skakelpersoneel moet lekkerkrystuipe h\u00ea. Die Groot Man het van die hoogtes afgewentel om tussen sterwelinge te beweeg. So vertoon [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":45415,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[24298,30],"tags":[2188,24304,21123,4972,24300],"class_list":["post-45412","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gustav-venter","category-s33-woernaal","tag-afrikaners","tag-bieliemieliefees","tag-c87-boeke","tag-reitz","tag-vryheidsoorlog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45412","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45412"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45412\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45415"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45412"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45412"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45412"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}