{"id":45388,"date":"2018-02-18T20:48:14","date_gmt":"2018-02-18T18:48:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45388"},"modified":"2018-02-18T20:51:50","modified_gmt":"2018-02-18T18:51:50","slug":"gustav-venter-woernael-nommer-een-sondag-agtien-februarie-twintig-agtien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45388","title":{"rendered":"Gustav Venter: Woernael Nommer Een (Sondag agtien Februarie twintig agtien.)"},"content":{"rendered":"<p>\u0149 Woernael, vir di\u00e9 wat moontlik enige belangstelling het, is \u0149 woernaal vir mense wat aan die hardloop is. En met \u201chardloop\u201d bedoel ek nie iemand wat laat spaander nie. Mense wat my ken weet dat my drentel-, wandel-, stap- en hardloopgang min of meer dieselfde snelheid oplewer.My kop skud net rustiger as ek wandel en dobber wild op en af as ek hardloop. Die \u201cnael\u201d het dus niks te doen met my liggaamlike versitting nie. Dit dui eerder op iemand wat te veel dinge op een slag aanpak en tussen hulle moet skarrel.<\/p>\n<p>\u201cWoernaal\u201d het ek by die Roodts, Dan en Karin, gekry. Dit is hulle Afrikaans vir \u201cblog.\u201d \u201cBlog\u201d is \u0149 hap uit die woord \u201cweblog\u201d en \u201cwoernaal\u201d uit \u201cwebjoernaal.\u201d \u201cWoernaal\u201d klink baie meer soos iets waarmee ek my wil besig hou. \u201cBlog\u201d herinner te veel aan Joe Bloggs, die instaannaam wat die Engelse en hulle kolonies gebruik vir die alledaagsste van alledaagse mense; Jan Alleman dus. \u201cWoernaal\u201d knik in die rigting van woeker en woer-woer.<\/p>\n<p>Ek het amper 12 jaar gelede my eerste rubriek vir Praag geskryf. Wat is dan die verskil tussen \u0149 rubriek en \u0149 woernaal? Albei is meningstukke, maar \u0149 rubriek is meer diepgaande en die navorsing onberispelik terwyl \u0149 woernaal meer gaan oor die skrywer se indrukke op \u0149 gegewe oomblik. Wat styl betref, hou die verantwoordelike rubriekskrywer daarby net in die uiterste geval na homself te verwys. M.a.w. presies die teenoorgestelde wat iemand soos Max du Preez, die immergroengevallestudie van hoe om nie \u0149 rubriek te skryf nie, dit doen. Lees gerus sy <em>Rumour of Spring<\/em> en jy besef gou wie die belangrikste persoon in onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis is. Dis nie Verwoerd, De Klerk of Mandela nie, nee, dis Max self. Dit is nou aldus Max self. Blykbaar wentel Suid-Afrikaanse geskiedenis om hom en daarom skryf hy homself, sy diep gedagtes en sy wysheid in elke rubriek in.<\/p>\n<p>My woernaal is nie \u0149 rubriek nie en dit gaan oor my belewenis. Derhalwe gaan ek daarin teenwoordig wees.<\/p>\n<p>Ek het gedink daar kan waarde in wees om my reis te beskryf; my karige aandeel in die stryd om die behoud van Afrikaans en Afrikaners. In diens van daardie worsteling pak ek die volgende aan: Die herontwerp van die Afrikaanse uitgeebedryf. Die gebruik van die vervolgverhaal as prim\u00eare storiekarweier. Die ontwikkeling van tekenverhaalreekse oor die Vryheidsoorlog, die Grensoorlog en die komende Chaos. En, O ja, ons gaan \u0149 nuwe Afrikaanse rolprentbedryf skep. Ek dink dis al&#8230; maar ek kan nie seker wees nie.<\/p>\n<p>Wel, niemand het ges\u00ea ons mag nie ambisieus wees nie.<\/p>\n<p>Behalwe die A.N.C., die Effies en die Linksiste. Volgens hulle is ambisie die ene blanke meerderwaardigheid. En dit is. Maar nou ja.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u0149 Woernael, vir di\u00e9 wat moontlik enige belangstelling het, is \u0149 woernaal vir mense wat aan die hardloop is. En met \u201chardloop\u201d bedoel ek nie iemand wat laat spaander nie. Mense wat my ken weet dat my drentel-, wandel-, stap- en hardloopgang min of meer dieselfde snelheid oplewer.My kop skud net rustiger as ek wandel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":45391,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[24298,30],"tags":[167,768,6260,7199,24299,15018,24300],"class_list":["post-45388","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gustav-venter","category-s33-woernaal","tag-afrikaans","tag-afrikaner","tag-chaos","tag-grensoorlog","tag-uitgeebedryf","tag-vervolgverhaal","tag-vryheidsoorlog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45388","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45388"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45388\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45391"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45388"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45388"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45388"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}