{"id":45303,"date":"2018-01-27T11:32:15","date_gmt":"2018-01-27T09:32:15","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45303"},"modified":"2018-01-27T11:38:33","modified_gmt":"2018-01-27T09:38:33","slug":"brief-afdwing-van-engels-flankeer-met-volksmoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45303","title":{"rendered":"Brief: Afdwing van Engels flankeer met volksmoord"},"content":{"rendered":"<p>Ek het gister afgekom op &#8216;n brief wat ek op 28 Februarie 1996 aan Rapport geskryf het vir publikasie op die brieweblad. Dit het nie verskyn nie.<\/p>\n<p>Hier volg die brief verbatim wat ek nou vir oorweging stuur aan Praag se brieweblad. Ek was &#8216;n joernalis by verskeie publikasies voordat ek as aktrise vir Kruik en ander instansies begin werk het.<\/p>\n<blockquote>\n<figure id=\"attachment_45304\" aria-describedby=\"caption-attachment-45304\" style=\"width: 259px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/elma_potgieter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45304\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/elma_potgieter-259x300.jpg\" alt=\"\" width=\"259\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/elma_potgieter-259x300.jpg 259w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/elma_potgieter-128x148.jpg 128w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/elma_potgieter-27x31.jpg 27w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/elma_potgieter-33x38.jpg 33w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/elma_potgieter-186x215.jpg 186w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/elma_potgieter.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 259px) 100vw, 259px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45304\" class=\"wp-caption-text\">Elma Potgieter<\/figcaption><\/figure>\n<p>Geagte meneer,<\/p>\n<p>Deur Afrikaansmediumskole en Afrikaanse tersi\u00ebre inrigtings se taal van onderrig (onderwyskultuur) te wil verander en deur Afrikaans drasties af te skaal op die groot openbare kommunikasiemedium, televisie, word daar nie net ongrondwetlik (volgens die oorgangsgrondwet ) opgetree nie, (&#8216;n taal se status sal nie aangetas of afgeskaal word nie, eerder uitgebou word) maar daar word geflankeer met &#8216;n veel ernstiger misdaad: Volksmoord.<\/p>\n<p>In die Suid-Afrikaanse Regskommissie se werkstuk oor Groeps- en Menseregte, Werkstuk 25, verskyn daar op p 334 die volgende oor Volksmoord:<\/p>\n<p>11.28 &#8216;Sedert die stigting van die VVO is vier belangrike konvensies aangegaan wat minderhede beskerm, te wete:<\/p>\n<p>i) Die Volksmoord-konvensie van 9 Desember 1948 (Die Konvensie met betrekking tot die Voorkoming en Bestrawwing van die Misdaad van Volksmoord)<\/p>\n<p>11.29 Die Konvensie bepaal dat aantasting van &#8216;n nasionale, etniese, rasse- of religieuse groep met die doel om dit ten dele of in die geheel te vernietig strafbaar is. Onder vollksmoord word nie alleen gereken die doodmaak van lede van die groep nie, maar ook die berokkening van ernstige liggaamlike of sielkundige leed aan lede van die groep&#8230;&#8230;.&#8217;<\/p>\n<p>Kan die afdwing van &#8216;n ander taal van onderrig of die gedwonge integrasie van rassegroepe nie gereken word as ten minste &#8220;<em>ernstige sielkundige leed<\/em>&#8221; wat die lede van &#8216;n bepaalde bevolkingsgroep aangedoen word nie?<\/p>\n<p>Terloops, ek wonder nog die hele tyd wie organiseer die sogenaamde &#8216;studente-opstootjies&#8217; by Afrikaanse onderwysinstellings. Nee, dit gebeur nie spontaan nie. Terugskouend het geen rewolusion\u00eare beweging in die geskiedenis van die mensdom nog ooit spontaan ontstaan nie.<\/p>\n<p>En wat is di\u00e9 betogings, optogte, sitproteste, vullisstrooiing en opstootjies met gereelde tussenposes anders as &#8216;n gestadige rewolusie of omvergooiing van werkende strukture?<\/p><\/blockquote>\n<p>\u2014 Elma Potgieter<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het gister afgekom op &#8216;n brief wat ek op 28 Februarie 1996 aan Rapport geskryf het vir publikasie op die brieweblad. Dit het nie verskyn nie. Hier volg die brief verbatim wat ek nou vir oorweging stuur aan Praag se brieweblad. Ek was &#8216;n joernalis by verskeie publikasies voordat ek as aktrise vir Kruik [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":45306,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[167,24271,4893,2261],"class_list":["post-45303","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-afrikaans","tag-ernstige-sielkundige-leed","tag-verengelsing","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45303","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45303"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45303\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45306"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45303"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45303"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45303"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}