{"id":45243,"date":"2018-01-10T15:51:57","date_gmt":"2018-01-10T13:51:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45243"},"modified":"2018-01-10T15:58:57","modified_gmt":"2018-01-10T13:58:57","slug":"taalstryd-in-skole-panyaza-lesufi-vaar-teen-afrikaans-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45243","title":{"rendered":"Taalstryd in skole: Panyaza Lesufi vaar teen Afrikaans uit"},"content":{"rendered":"<p>Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het opnuut teen Afrikaans uitgevaar, na aanleiding van die huidige hofstryd tussen die Ho\u00ebrskool Overvaal en die provinsiale onderwysdepartement oor taal. Hoewel die skool vol is, wil Lesufi dit dwing om nog Engelstalige leerlinge in te neem sodat Overvaal verengels kan word.<\/p>\n<p>Vol vertroue dat die howe met Boerehaatregters en vyande van Afrikaans gepak is, het Lesufi alle Afrikaanse skole in die provinsie &#8220;uitgedaag&#8221; om die onderwysdepartement &#8220;hof toe te vat&#8221;. &#8220;Ons het miljoene rande om met julle in die howe klaar te speel. Afrikaans moet uit,&#8221; het Lesufi ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Overvaal het Dinsdag in die Gautengse Hooggeregshof te Pretoria dringend aansoek gedoen om Lesufi en sy departement daarvan te weerhou om hulle te intimideer en te dwing om 55 ekstra Engelstalige leerlinge in te neem waarvoor daar nie plek by die skool is nie.<\/p>\n<p>Lesufi het met druipende sarkasme in &#8216;n verklaring ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Hier is &#8216;n skool wat Afrikaanse leerlinge bo ander tale verkies. Op die waglys, wat hulle doen is die volgende: as jy Engels, isiXhosa of isiZulul praat, sien hulle jou oor en kyk vir iemand wat Afrikaans praat en trek daardie persoon nader, waardeur hulle mense ondermyn wat betyds aansoek gedoen het. Ons het die skool aanges\u00ea om hiermee op te hou en hulle het ons hof te geneem. Daarom s\u00ea ons: doen dit maar, ons is nie bang vir die howe nie, hulle is Engels en aan ons kant, en julle Afrikaners is net setlaars wat nie in ons land hoort nie.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Volgens die skool het hy geen meer plek vir ekstra leerlinge nie. Maar die onderwysdepartement aanvaar dit nie en wil h\u00ea dat daar met Afrikaans weggedoen word. Lesufi het hom al verskeie kere in die verlede teen Afrikaans as onderrigmedium, asook teen Afrikaanse skole, uitgespreek.<\/p>\n<p>In sy verklaring stigmatiseer die onderwysdepartement Afrikaans as &#8216;n &#8220;apartheidstaal wat deur 90% van Suid-Afrikaners verwerp word&#8221;. Die gedeelte in sy verklaring lui:<\/p>\n<p>&#8220;Dit is ongelooflik en\/of ongelukkig dat ons tot vandag toe, in hierdie Engelstalige grondwetlike demokrasie, &#8216;n gemeenskap het wat niks verkeerd sien met Afrikaans, &#8216;n taal wat as &#8216;n instrument van segregasie en diskriminasie gedurende apartheid gebruik is en deur 90% van Suid-Afrikaners verwerp word.&#8221;<\/p>\n<p>Volgens die departement beskik hy oor die volste reg om soveel leerlinge as wat hy wil by die skool te plaas aangesien die beheerliggaam &#8220;geen rol by die toelating van leerlinge speel nie en nie &#8216;n skool vol (mag) verklaar nie aangesien dit die departement se plig is&#8221;.<\/p>\n<p>Die skool beskik oor 21 klaskamers wat reeds ongeveer 30 leerlinge per klas bevat.<\/p>\n<p>Die saak is Dinsdag tot m\u00f4re (Donderdag 11 Januarie) uitgestel om nog getuienis toe te laat en om regter Willem Prinsloo kans te gee om al die stukke te lees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het opnuut teen Afrikaans uitgevaar, na aanleiding van die huidige hofstryd tussen die Ho\u00ebrskool Overvaal en die provinsiale onderwysdepartement oor taal. Hoewel die skool vol is, wil Lesufi dit dwing om nog Engelstalige leerlinge in te neem sodat Overvaal verengels kan word. Vol vertroue dat die howe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":45244,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[167,5337,24258,13171,16991,5178],"class_list":["post-45243","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrikaans","tag-gauteng","tag-hoerskool-overvaal","tag-onderwysdepartement","tag-panyaza-lesufi","tag-skole"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45243","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45243"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45243\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45244"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45243"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45243"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45243"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}