{"id":45183,"date":"2017-12-25T07:21:23","date_gmt":"2017-12-25T05:21:23","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45183"},"modified":"2017-12-25T07:51:25","modified_gmt":"2017-12-25T05:51:25","slug":"n-geseende-kersfees-aan-al-ons-lesers-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45183","title":{"rendered":"&#8216;n Gese\u00ebnde Kersfees aan al ons lesers!"},"content":{"rendered":"<p>Aan al ons getroue lesers en diegene wat al byna agtien jaar lank meedoen aan die PRAAG-avontuur, word &#8216;n Gese\u00ebnde Kersfees toegewens!<\/p>\n<p>Die foto hier bo is vanuit Nederland waar die Sinterklaas-en-Zwarte-Piet-tradisie vanjaar vir heelwat omstredenheid gesorg het. Net soos wat Nederlanders stry om hul tradisies te behou, moet ons daagliks veg vir ons taal en identiteit in Suid-Afrika. Dit sluit selfs Kersfees in, want dis &#8216;n fees wat as &#8220;te Westers en te Christelik&#8221; gesien word en daarom toenemend onder skoot kom van die huidige bewind en die heethoof- linkse hoofstroommedia in ons land. W\u00eareldwyd bestaan daar &#8216;n alliansie tussen die links-liberale en die Moslems wat sowel die Christelike as die sekul\u00eare tradisies in die Weste wil vernietig.<\/p>\n<p>Selfs Kersfees verteenwoordig daarom &#8216;n vorm van rebellie teen politieke korrektheid. En soos N.P. van Wyk Louw ges\u00ea het:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cOpstand in &#8216;n volk is net so noodsaaklik soos getrouheid. Dit is nie eens gevaarlik as rebellie misluk nie. Wat wel gevaarlik is, is dat &#8216;n hele geslag verby sal gaan sonder protes.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Ons dink ook aan diegene wie se gesinne weens regstellende aksie en geweldsmisdaad verstrooid oor die w\u00eareld woon. Mag elke Afrikaanse gesin \u2014 al is dit bloot in die gees \u2014 vandag herenig wees.<\/p>\n<p>Terwyl Kersfees simbolies met sneeu en rendiere voorgestel word, doer uit die koue Noorde van waar ons vandaan kom, is daar aan die ander kant niks so tipies Afrikaans soos &#8216;n Kersfees in die buitelug en soms kaalvoet te midde van ons warm somer en Desembervakansie nie. Dit is iets unieks in die Westerse w\u00eareld en mag dit, soos ons volk self, nooit vergaan nie.<\/p>\n<p>Mag elkeen vandag &#8216;n gelukkige dag h\u00ea, omgeef van daardie warmte, geselligheid en gasvryheid wat so eie aan ons mense is en byna n\u00earens elders in dieselfde graad bestaan nie!<\/p>\n<p>En watter beter manier om dit te s\u00ea as Steve Hofmeyr se onlangse liedjie &#8220;Feeslied&#8221;, vanaf sy album <em>Skree<\/em>?<\/p>\n<audio class=\"wp-audio-shortcode\" id=\"audio-45183-1\" preload=\"none\" style=\"width: 100%;\" controls=\"controls\"><source type=\"audio\/mpeg\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Feeslied.mp3?_=1\" \/><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Feeslied.mp3\">http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Feeslied.mp3<\/a><\/audio>\n<p>\u2014 Die PRAAG-redaksie<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Aan al ons getroue lesers en diegene wat al byna agtien jaar lank meedoen aan die PRAAG-avontuur, word &#8216;n Gese\u00ebnde Kersfees toegewens! Die foto hier bo is vanuit Nederland waar die Sinterklaas-en-Zwarte-Piet-tradisie vanjaar vir heelwat omstredenheid gesorg het. Net soos wat Nederlanders stry om hul tradisies te behou, moet ons daagliks veg vir ons taal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":45184,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[8130,165,13953],"class_list":["post-45183","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-kersfees","tag-praag","tag-zwarte-piet"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45183","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45183"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45183\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45184"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45183"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45183"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45183"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}