{"id":45113,"date":"2006-02-06T12:46:59","date_gmt":"2006-02-06T10:46:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45113"},"modified":"2017-12-06T13:13:58","modified_gmt":"2017-12-06T11:13:58","slug":"dan-roodt-koos-kombuis-en-die-verghwarring-van-die-afrikaner","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45113","title":{"rendered":"Dan Roodt: Koos Kombuis en die verghwarring van die Afrikaner"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Verkorte weergawe van di\u00e9 rubriek het reeds op LitNet aan die begin van 2006 verskyn. Hierdie is egter die eerste publikasie van die volledige weergawe.<\/p>\n<p>Daar is seker min openbare figure in di\u00e9 land wat so deur die media op<br \/>\ndie hande gedra word soos Koos Kombuis. Onder andere skryf Kombuis &#8216;n<br \/>\nweeklikse rubriek in Rapport, die grootste Afrikaanse koerant, waarin<br \/>\nhy so pas sy &#8220;bedanking uit die Afrikanerdom&#8221; aangekondig het.<\/p>\n<p>&#8220;Want,&#8221; s\u00ea die Koos in sy anglisistiese Afrikaans, &#8220;die konsep (van<br \/>\nAfrikaner) is obsoleet.&#8221; Dus oudmodies, uitgedien, oorbodig.<\/p>\n<p>Wie en wat is Koos Kombuis nou eintlik dat hy hom kan aanmatig om sy<br \/>\nuittrede uit die volk aan te kondig, amper asof hy ons staatspresident<br \/>\nwas wat nou iewers aan die kus gaan woon om sy m\u00e9moires op te teken?<\/p>\n<p>Myns insiens is die Koos &#8216;n soort Bertolt Brecht vir die swaksinniges,<br \/>\ndie dronkes, die bedwelmdes, die skorriemorrie, die<br \/>\nlumpenproletariaat. Soos Bertolt Brecht wat n\u00e1 die Tweede W\u00eareldoorlog<br \/>\ndeur die Oos-Duitse Kommunistiese Party toegelaat is om sy Berliner<br \/>\nEnsemble in Oos-Berlyn te vestig, tree Kombuis as Afrikaanse<br \/>\ngelukbringer vir die ANC-regime op. As Marthinus van Schalkwyk<br \/>\nliedjies kon skryf, sou hy en Koos &#8216;n PK-Groep Twee op die been kon<br \/>\ngebring het.<\/p>\n<p>Naas Andr\u00e9 Brink wat hom self in sy romans aan groteske politiekery en<br \/>\nselfs Afrikanerhaat skuldig maak, is die Koos &#8216;n soort vlagskipskrywer<br \/>\nvir die Nasionale Persgroep en word sy pueriele boeke en infantiele<br \/>\npolitiek aggressief aan die volk afgesmeer. Brecht was &#8216;n kommunis en<br \/>\nhet homself in die eerste plek nie as &#8216;n skrywer nie, maar as &#8216;n<br \/>\npolitikus beskou. Die Koos verteenwoordig insgelyks &#8216;n buite-<br \/>\nparlement\u00eare politikus wat soms letterlik verdwaal, net om homself<br \/>\nweer te vind en ons met sy kleinlike prekies in geradbraakte Afrikaans<br \/>\nte vergas.<\/p>\n<p>Terloops verneem ek onlangs dat Nasionale Pers se vlagskiptydskrif<br \/>\nwaarin politiek korrekte idees onder die dekmantel van &#8220;leefstyl&#8221;<br \/>\naangebied word, Insig, intense sirkulasieprobleme ondervind. Blykbaar<br \/>\nsou Insig se omset van 20 000 na 7 000 gedaal het. Die volk waaroor<br \/>\ndie Koos en sy marionetmeesters so neerhalend is, is dus nie dom<br \/>\ngenoeg om die ANC en Naspers se ideologie wat in kleurfoto&#8217;s verpak<br \/>\nword, huidjie en muidjie te sluk nie.<\/p>\n<p>Daar is egter &#8216;n ander sy aan Koos Kombuis wat my interesseer, en dit<br \/>\nis juis sy status as ghwar. Insig, KykNet, Rapport en ander<br \/>\nNaspersmedia is nie soseer besig om die Afrikaner soos in Oos-<br \/>\nDuitsland met Marxistiese ideologie te voer nie, maar poog om hom<br \/>\nonherroepelik te verghwar. Onder die vele metodes waarmee ons tans<br \/>\nondergrawe en afgetakel word, hetsy fisies deur plaasaanvalle en<br \/>\nmisdaad, hetsy sielkundig deur manipulasie van ons godsdiens of<br \/>\ngeskiedenis, tel ook verghwarring.<\/p>\n<p>Pleks van Karl Marx se Das Kapital te moet lees, word ons gevoer met<br \/>\nDie Son en die skryfsels van Kombuis. Of die nihilistiese liefjies van<br \/>\nFokofpolisiekar.<\/p>\n<p>In die vyftiger- en sestigjare was Mimi Coertse een van ons heldinne,<br \/>\ntesame met G\u00e9 Korsten, Min Shaw en ander. Mimi Coertse was &#8216;n<br \/>\ninternasionaal beroemde operasangeres en gekultiveerd op die Europese<br \/>\nmanier. Sy het &#8216;n keurige Afrikaans gepraat, maar ook Duits en<br \/>\nItaliaans. In popul\u00eare taal was sy vir baie Afrikaners &#8216;n &#8220;rolmodel&#8221;<br \/>\ntydens die Afrikaner se fase van opwaartse mobiliteit.<\/p>\n<p>In die jaar 2006, met die Afrikaner op pad na armoede weens<br \/>\nuitsluiting op grond van ras en taal, het ons nuwe rolmodelle nodig.<br \/>\nPleks van Mozart-operas en eurosentriese sofistikasie, moet ons tans<br \/>\nge\u00efndoktrineer word met &#8216;n soort jolliehotnothedonisme soos deur die<br \/>\nKoos verpersoonlik word. Hy drink homself poepdronk en spog agterna<br \/>\noor sy babelaas in Rapport. Drank is koning en dwelms is koel.<\/p>\n<p>Tereg noem die Koos aan die einde van sy rubriek in Rapport dat sy<br \/>\nkinders as nie-Afrikaners &#8220;&#8230;ten minste nooit hoef uit te draai soos<br \/>\ndie Waterkloof-Vier nie.&#8221;<\/p>\n<p>In die Nuwe Suid-Afrika is die ideaal dus nie meer Waterkloof waar &#8216;n<br \/>\nseder soms geval het nie (met apologie aan PG du Plessis), maar<br \/>\nMitchellsplein waar die messe blink en die dagga- en Mandraxwalms uit<br \/>\ngebreekte bottels opstyg.<\/p>\n<p>Die w\u00eareld sonder re\u00ebls van Mitchellsplein se jeugbendes<br \/>\nverteenwoordig die nuwe ideaal waarheen die verghwarde Afrikaner moet<br \/>\naspireer. Vanuit die direksiekamer van Naspers se gebou in<br \/>\nHeerengracht word hierdie grootse kultuurtransformasie met kille o\u00eb op<br \/>\nDie Son en Die Huisgenoot se verkoopsyfers beplan.<\/p>\n<p>Vergeet van boeke lees; luister liewer &#8220;songs&#8221;. Wees vry en<br \/>\nnihilisties. Maak &#8216;n dop, wees vrolik, want m\u00f4re is jy landuit, gekaap<br \/>\nof vermoor. Carpe diem. As Omar Kajam vandag in Suid-Afrika geleef<br \/>\nhet, sou hy gesing het van &#8220;bier, gekleurde vroue en songs&#8221;.<\/p>\n<p>Selfs &#8216;n Hervormde predikant van Naboomspruit het lyk my voor die<br \/>\naanslag geswig en vir hom &#8216;n swart courtisane of twee by die plaaslike<br \/>\nTruckstop gaan oplaai. Of die man vooraf deur Koos Kombuis be\u00efnvloed<br \/>\nis, weet mens nie.<\/p>\n<p>Dis altyd makliker om af te breek as op te bou. Dis insgelyks<br \/>\ngeriefliker om te verghwar as om te veredel. Sowel die ANC as Naspers<br \/>\nhet hierdie natuurwet goed ter harte geneem en is daarom besig om ons<br \/>\nal dieper in die modder in te druk.<\/p>\n<p>Arnold Toynbee skryf iewers in sy Study of History dat dit vir die<br \/>\nordentlike en patriotiese mens besonder pynlik is om tye van<br \/>\ndekadensie te moet beleef. Deur die eeue heen was satire en spot egter<br \/>\ndie gekose wapen van die patrisi\u00ebr wat moet ly onder die geweld, die<br \/>\nswak smaak, die malle rumoer van die gepeupel wat fuif asof daar geen<br \/>\ndag van m\u00f4re is nie.<\/p>\n<p>Omdat die Afrikaner deur sy godsdiens en verbintenis tot die grond<br \/>\ngeleer is om hoogmoed te verafsku, kan ons nie maklik snobisties wees<br \/>\nnie. Anders as die Britte of die Franse byvoorbeeld wat elke teken van<br \/>\nswak smaak, &#8216;n swak gekose kledingstuk of &#8220;&#8216;n aksent wat gly&#8221; met<br \/>\nvernietigende minagting behandel.<\/p>\n<p>Onder die huidige aanslag vanuit die ANC-beheerde of ANC-gesinde media<br \/>\nwat ten doel het om &#8216;n eens trotse volk kombuiswaardes aan te leer,<br \/>\nkan &#8216;n bietjie hoogmoed en snobisme ons egter net goed doen.<\/p>\n<p>Soos een ontstoke leser van Rapport dit prontuit aan Koos Kombuis<br \/>\ngestel het, &#8220;jy is &#8216;n vark&#8221;. Hy kon bygevoeg het: Meng jou met die<br \/>\nsemels&#8230;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Verkorte weergawe van di\u00e9 rubriek het reeds op LitNet aan die begin van 2006 verskyn. Hierdie is egter die eerste publikasie van die volledige weergawe. Daar is seker min openbare figure in di\u00e9 land wat so deur die media op die hande gedra word soos Koos Kombuis. Onder andere skryf Kombuis &#8216;n weeklikse rubriek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":45114,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[768,24232,5970],"class_list":["post-45113","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaner","tag-ghwar","tag-koos-kombuis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45113","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45113"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45113\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45114"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45113"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45113"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45113"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}