{"id":45108,"date":"2017-12-06T10:00:34","date_gmt":"2017-12-06T08:00:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45108"},"modified":"2017-12-06T13:08:55","modified_gmt":"2017-12-06T11:08:55","slug":"dan-roodt-waarom-verengelsing-so-erg-sleg-vir-ons-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45108","title":{"rendered":"Dan Roodt: Waarom verengelsing so erg sleg vir ons is"},"content":{"rendered":"<p>Sedert 1994 het dit duidelik geword dat Afrikaners op allerlei maniere deur \u2018n vorige geslag leiers verraai is. Sogenaamde grondwetlike \u201cwigte en teenwigte\u201d is nie die papier werd waarop hulle geskryf is nie. Te oordeel aan die staat, maar ook die howe, se opvatting van Engels as hoofomgangs- en staatstaal in Suid-Afrika, is Afrikaans nie eens \u2018n amptelike taal meer van \u00a0die land nie. Tensy ons onder \u201camptelike taal\u201d \u2018n blote soort benoeming verstaan, iets in die trant van \u201cdiere het ook regte\u201d, maar elke dag stuur ons hulle by die duisende slagpale toe. Ek meen Afrikaans verkeer insgelyks daagliks in die taalslagpale, want telkens word dit uit nog \u2018n universiteit, nog \u2018n skool, nog \u2018n munisipaliteit, provinsie of staatsdiensafdeling geweer.<\/p>\n<p>Terwyl daar voortdurend nuwe en beter \u201cargumente\u201d vir die voortbestaan van Afrikaans uitgedink moet word, hoef die voorstanders van Engels geensins hul optrede of beleid te regverdig nie. Aan die een kant geld \u2018n soort \u201cmag is reg\u201d en aan die ander kant hoef hulle maar net te noem dat \u201cEngels \u2018n internasionale taal is\u201d en dan verwag hulle dat jy jou bek sal hou en die Rooitaal sal praat. Die versameling van Afrikanerverraaiers en hensoppers het intussen ook aansienlik aangegroei en een van hul gunstelingredenasies, kwansuis ten gunste van die behoud van \u201c\u2018n bietjie Afrikaans hier en daar\u201d is dat \u201cmeertaligheid goed vir rassediversiteit is\u201d. Verder word daar konstant allerlei geluide gemaak oor \u201cmoedertaalonderrig\u201d, dikwels deur mense wie se eie bloedjies reeds op \u2018n Engelse skool verkeer. Sover ek verstaan, stuur die meeste joernaliste by Naspers se Afrikaanse publikasies en media byvoorbeeld reeds hul kinders na Engelse skole. Die voorbeeld is deur Tim du Plessis gestel, wie se dogter op \u2018n Engelse skool was en aan die Universiteit van Kaapstad &#8211; daardie giftige Boerehaatinstelling &#8211; afgestudeer het.<\/p>\n<p>Vir die doeleindes van my huidige argument, neem ek aan dat daar nie werklik \u2018n goeie rede is waarom Afrikaans behoort voort te bestaan nie, net so min as wat daar \u2018n goeie rede is waarom die mensdom of planeet Aarde behoort voort te bestaan. \u2018n Mens kan seker voorhou dat alles op aarde, waaronder Afrikaans, deel uitmaak van die Skepping en daarom bestaansreg het, maar gewoonlik maak di\u00e9 argument nie veel hond haaraf teenoor die aggressief progressiewe en sekul\u00eare voorstanders van Engels nie. Dus neem ek hier aan dat, soos Jean-Paul Sartre eens ges\u00ea het: \u201cNee, die heelal bly donker\u201d, en dus sinneloos. Terloops, di\u00e9 woorde verskyn as motto by Breyten Breytenbach se bundel kortprosas, Katastrofes, wat in 1964 by Afrikaanse Persboekhandel verskyn het. Dit druk \u2018n soort Westerse pessimisme en moegheid uit, waaraan vele verengelsde Afrikaners ook lei.<\/p>\n<p>Engels, veral in Suid-Afrika, speel egter \u2018n uiters funeste rol. Trouens, ek sou selfs beweer dat Engels in ons land tot volksmoord en misdade teen die mensdom lei. (Noem dit \u201cstelling een\u201d.) Waarom s\u00ea ek so? Wel, daar is reeds getuienis daarvan, want toe Sargent en Lord Alfred Milner teenoor mekaar die konsentrasiekampe vir Boerevroue en -kinders geregverdig het, het Sargent onder andere ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cWe must appeal to England, and ask the sisters and daughters of those who have been fighting for the Empire to come out and complete that part of the work which their male relatives are unable to accomplish. Our military police had gathered the greater part of the child population into these camps and \u2026 I feel that the opportunity during the next year of getting them all to speak English is golden\u201d.<\/p><\/blockquote>\n<p>Die voorstanders van Engels mag nie meer Britse imperialiste wees nie, maar hulle bly steeds Engelse imperialiste, dus mense wat Engels as heersende taal agressief wil uitbrei. Boonop was die huidige geslag ANC- en SAKP-leiers eens terroriste wat bomaanvalle op onskuldige burgerlikes geloods het.<\/p>\n<figure id=\"attachment_45110\" aria-describedby=\"caption-attachment-45110\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Panyaza-Lesufi-Herbert-Matimba.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-45110\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Panyaza-Lesufi-Herbert-Matimba-300x162.png\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"162\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Panyaza-Lesufi-Herbert-Matimba-300x162.png 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Panyaza-Lesufi-Herbert-Matimba-148x80.png 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Panyaza-Lesufi-Herbert-Matimba-31x17.png 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Panyaza-Lesufi-Herbert-Matimba-38x21.png 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Panyaza-Lesufi-Herbert-Matimba-398x215.png 398w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Panyaza-Lesufi-Herbert-Matimba.png 404w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-45110\" class=\"wp-caption-text\">Panyaza Lesufi<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dit lei tot my tweede stelling teen Engels: In Suid-Afrika spruit Engelse kultuurpolitiek steeds uit \u2018n sin vir heerssug en terreur. Nie net ontken die Engelsgesindes alle norme van taalgelykheid of taalregte nie, maar hulle ontken die reg op lewe self. \u2018n Mens hoef maar net te sien hoe die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, optree om te besef dat my stelling juis is.<\/p>\n<p>As \u2018n derde stelling: Engels in Suid-Afrika is geen normale taal soos Engels in Engeland of in die VSA nie. Dit word met beide kolonialisme en kommunisme verbind. Die leidende Engelse figure, of dit nou skrywers (soos Nadine Gordimer) of intellektuele (soos Jeremy Cronin of Joe Slovo) of predikante (soos Trevor Huddleston) is, was almal kommuniste of radikale sosialiste wat hul bepaalde totalit\u00eare siening op die res van die samelewing wou afdwing. Dus: Engels is kakiebos, \u2018n koloniaal-kommunistiese onkruid hier by ons wat vir ons tot dusver net rampspoed beteken het en vorentoe in verdere volksmoord en menseregteskendings gaan ontaard.<\/p>\n<p>Dit amuseer my nogal dat die teenstanders van Afrikaans voortdurend die Soweto-onluste van 1976 moet ophaal. Op sy beste is dit \u2018n tweesnydende swaard, want bewys dit nie \u00f3\u00f3k dat Engels tot die afbrand van skole en die ontwrigting van opvoeding lei nie? Oor die afgelope jaar of meer is ongeveer 30 skole in die Limpopo-provinsie afgebrand. Dit is skole waar Engels as onderrigmedium gebruik is. Die voorstanders van Engelse heerssug brand daarom dikwels skole af, waar Engelse amptenare soos Lesufi nie skole terroriseer, afdreig of die ouers en beheerrade op totalit\u00eare wyse van hul regte ontneem nie.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/afr_must_fall.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-45111\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/afr_must_fall.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/afr_must_fall.jpg 600w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/afr_must_fall-300x150.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/afr_must_fall-148x74.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/afr_must_fall-31x16.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/afr_must_fall-38x19.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/afr_must_fall-425x213.jpg 425w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Verder (stelling vier): Engels lei tot eentaligheid en onkunde. Die meeste ingeligte Engelssprekendes wat ek ken, erken ten minste die bestaan van ander tale en kulture, asook dat sodanige tale en kulture inherent waardevol is. Vele Engelse skrywers soos die Romantiese digters van die negentiende eeu, George Orwell, D.H. Lawrence, Ezra Pound, T.S. Eliot, Oscar Wilde, die Amerikaners Henry James en Ernest Hemingway en James Joyce het Frans geken, asook in Parys gewoon. Die hedendaagse Suid-Afrikaanse gedagte dat alle kennis en insig slegs van een taal &#8211; Engels &#8211; afhang, is bedenklik en word selfs nie eens in ander Engelssprekende lande gehuldig nie! Plaaslike anglomane demonstreer dikwels \u2018n barbaarse onkunde en haat teenoor ander kulture, spesifiek die Afrikaanse kultuur.<\/p>\n<p>Samehangend hiermee, as \u2018n vyfde stelling: Engels sonder ons af van Europa en ons Europese erfenis. Suid-Afrika het as \u2018n Europese, spesifiek Nederlandse, vestiging ontstaan. Vandaar dus die internasionale afkorting vir die land: ZA, wat staan vir \u201cZuid-Afrika\u201d. Dwarsdeur ons hele geskiedenis is veral Afrikaners voortdurend vanuit Europa be\u00efnvloed en was daar \u2018n wisselwerking met veral Noord-Europese lande waar tale wat aan Afrikaans verwant is, gepraat word: Nederland, Vlaandere, Duitsland, Oostenryk, Switserland, Skandinawi\u00eb. Die geprogrammeerde uitwissing van Afrikaans soos dit tans geskied, gaan ons vir seker van so \u2018n wisselwerking in die toekoms beroof.<\/p>\n<p>Dan: verengelsing lei tot Zimbabwifisering (stelling ses). Soos ek reeds hier bo genoem het, is die Suid-Afrikaanse Engelse kultuur radikaal-links, ekstremisties, selfs terroristies en daarom verwant aan die soort denkbeelde wat daar noord van die Limpopo in Zimbabwe heers. Dit spreek vanself dat die volslae verengelsing van ons land tot dieselfde soort absurde Afro-Saksiese, anti-blanke heerssug soos in Zimbabwe onder Robert Mugabe en sy ZANU PF sal lei. Trouens, so \u2018n Afro-Saksiese heerssug is reeds by ons voelbaar.<\/p>\n<p>Sewende stelling: verengelsing lei tot die verdomming van Afrikaners. Daar is geen Afrikaner so dom soos een wat verengels het nie. Nie net het so \u2018n persoon \u2018n erfenis van etlike duisende jare (die eerste opgetekende waarneming van Nederlands is deur die Romein Tacitus gedoen) afgesweer nie, maar in die praktyk assimileer sulke mense juis by die laagste gemene deler van Engelsheid. In di\u00e9 opsig verteenwoordig verengelsing \u2018n verghwarring by Afrikaners, want \u2018n ho\u00eb kultuur, \u2018n kultuur van Noord-Europese oorsprong omgewe van letterkunde, musiek, styl en verfyndheid, word verruil vir \u2018n ontwortelde Engelse kultuur van die massa. Soos die \u201cFranskiljons\u201d van Belgi\u00eb, raak sulke mense veral hatig op Afrikaans, as \u2018n oordrewe blyk van hul nuwe lojaliteit jeens Engels en Engelsheid. Weereens is die verengelsde Naspersjoernaliste soos Adriaan Basson of Max du Preez goeie voorbeelde van di\u00e9 sindroom.<\/p>\n<p>In die lig van bogaande sewe stellings, gaan veral die Afrikanerbevolking nie verengelsing oorleef nie. Dit gaan tot ons ondergang lei en kan selfs in fisieke volksmoord ontaard soos wat die atawistiese Engelse idees van die negentiende eeu begin oorheers. Ook die totalit\u00eare, kommunistiese Engelsheid van die twintigste eeu wat ons met Slovo en Cronin, asook hul vele dissipels soos Mandela of Blade Nzimande, verbind, hou vir ons \u2018n lewensgevaar in.<\/p>\n<p>Ns. Terwyl ek di\u00e9 geskryf het, het ek tydens &#8216;n internetsoektog &#8216;n ou stuk van my ontdek wat hierby aansluit en blykbaar nie hier op Praag beskikbaar was nie. Daarom word dit nou ook hier geplaas, hoewel met die oorspronklike verskyningsdatum rondom 2006:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=45113\">Dan Roodt: Koos Kombuis en die verghwarring van die Afrikaner<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sedert 1994 het dit duidelik geword dat Afrikaners op allerlei maniere deur \u2018n vorige geslag leiers verraai is. Sogenaamde grondwetlike \u201cwigte en teenwigte\u201d is nie die papier werd waarop hulle geskryf is nie. Te oordeel aan die staat, maar ook die howe, se opvatting van Engels as hoofomgangs- en staatstaal in Suid-Afrika, is Afrikaans nie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":45109,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[167,6016,24231,4893],"class_list":["post-45108","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-engels","tag-franskiljons","tag-verengelsing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45108","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45108"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45108\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45109"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45108"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45108"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45108"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}