{"id":45100,"date":"2017-12-05T20:38:39","date_gmt":"2017-12-05T18:38:39","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45100"},"modified":"2017-12-05T20:38:39","modified_gmt":"2017-12-05T18:38:39","slug":"suidpunt-waarom-is-hollands-weggegooi-vir-afrikaans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45100","title":{"rendered":"Suidpunt: Waarom is Hollands weggegooi vir Afrikaans?"},"content":{"rendered":"<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Een van PRAAG se getroue lesers, op Disqus bekend as Sussie se Vissie, wou weet waarom die Afrikaner\/Boer so maklik die Hollandse kultuurtaal, waarop hy tog so heilig was, so maklik kon prysgee vir Afrikaans. Wat sou die rede hiervoor wees?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Dit volg na aanleiding van Leon Lemmer se resensie &#8211;\u00a0<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=45051\"><i>Wannie Carstens se &#8216;Storie van Afrikaans&#8217;<\/i><\/a><\/span><span lang=\"DE\">\u00a0op 26 November 2017.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Die presiese bewoording lui:<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Mnr Lemmer,<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Met die koloniale besetting van onder meer Amerika\/Australi\u00eb het Engels in sy geheel, redelik ( indien nie absoluut nie ) &#8211; as landstaal behoue gebly.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Benewens aksente wat opmerklik verskil en jou blindelings in staat stel om tussen di\u00e9 twee nasionaliteite te kan onderskei, hoe&#8217;t dit gebeur dat Afrikaans in taal, woord en spelling so radikaal weggeswaai het van SY aanvanklike Nederlandse\/Hollandse volkstong en\/of besetter?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Ek kry nie my blondine-intellek om di\u00e9 een nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Het ons voorsate as ongeletterde plebs\/uitskot doodeenvoudig gesukkel om uiting te kon gee aan Hoog Nederlands &#8211; en toe die weg van n tipe &#8216;fanagalo&#8217;-Nederlands gevolg waarmee hul hulself gemaklik kon vind?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Argentini\u00eb met sy besetters-geskiedenis dieselfde. Ofskoon jy afgeraai word om NIE Spaans in Argentini\u00eb te leer praat nie, is die gemene deler as taal, nie so radikaal vervreem soos die van Afr en sy Nederlandse grootouer nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Insgelyks sekere Afrika lande. Het enige van hul in n soort van &#8216;fanagalo&#8217;-Frans metamorfeer?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Die beweegrede(s) tot n soeke na n EIE eertydse &#8216;nuwe taal&#8217; ( gegewe die status quo van bg vermelde lande ) &#8211; slaan my dronk.<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Op Leon Lemmer se reaksie, herhaal sy haar standpunt.<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Dkie vir u repliek.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">My skrywe opgesluit in u sin &#8216;&#8230;dis primer die blanke Hollandsprekendes wat hul tradisionele taal aangepas het&#8217;.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">My vraag dus:- Waarom so radikaal? Wat was hierdeur bereik?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Die oogmerk te wees wat?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Andersyds gee ek u met als gelyk, en kan u aanvaar net sotte ( behalwe blondines ) sal hul verwerdig om iemand met u statuur&#8230;te probeer vasvra.<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">Aanvanklik was my brief teen 29 November reeds 17 bladsye lank, maar ek moes toe ongelukkig van voor af begin.<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">Hier volg die redes.<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><b><span lang=\"DE\">REDE 1. SIMPATIE TEENOOR DIE SPREKERS VAN AFRIKAANS, DIE TAAL VAN DIE ONGELETTERDE.<\/span><\/b><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Die Hollander Arnoldus Pannevis was alleen maar bekommerd oor &#8220;het geestelijk heil van de gekleurde bevolking van dit land&#8221; en wou daarom &#8216;n Bybel vertaal kry in eenvoudige &#8220;Afrikaansch-Hollandsch&#8221;, net soos daar vir die bewoners van sekere Deense Wes-Indiese eilande &#8216;n Nuwe Testament in \u201cNeger-Hollands\u201d vertaal is (Scholtz, 1939:226). &#8216;n Ander Hollander van geboorte, Casper Peter Hoogenhout, het di\u00e9 uitsig verbreed (Scholtz, 1939:229):<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">&#8220;Jij sal miskien seh, [&#8230;] die Engelse het oweral skole en kerke ver die bruin mense opgerig. Maar nou vra ek weer, as hulle dan nie eens die Hollanse taal reg kan verstaan nie, hoe sal hulle dan die Engelse verstaan? Nee! daar mot meer gedaan wort, daar mot in hulle eige taal geskrijwe en ver hulle gepreek wort, 1 Cor. 14, en nie alleen ver die bruin mense nie, maar ook ver banja blanke, want daar is ook regte banja blanke wat die Hollanse taal nie half verstaan nie. Ja die Hollanse taal sal naderhand heeltemaal in Afirka gedaan raak, en die Afirkaanse sal daarvoor in die plek kom, en das ook reg. [&#8230;] Nou mot een eenvoudig Afirkaner jaare lang leer om die Hollans en Engels te verstaan, ik seh &#8220;verstaan&#8221;; en dat kom omdat et nie hulle taal is nie, maar omdat die Hollanse taal &#8220;half&#8221; vreemd is en die Engelse glad vreemd. Was daar een Bijbel en andere boeke in de Afirkaanse taal, dan sal een arm Afirkaaner in ses maande meer kan leer as nou in ses jaar. Maar wag maar die tijt sal kom.&#8221;<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Maar hulle albei het tog iets in gemeen: om vir &#8216;n ongeletterde groep &#8216;n teks verstaanbaar te maak. Vir die halfgeletterde \u00e9n ongeletterdes.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Steyn (1980:192-193) wys onder meer na Dr. W.J. Viljoen wat sy roeping ernstig opgeneem het \u2013 Nederlands sou gehandhaaf word in sy Vrystaatse Onderwysdepartement, waarvan hy die hoof was. Hy het altyd met sy amptenare Hooghollands gepraat, en ge\u00ebis dat alle dokumente en notules in Nederlands moes wees:<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">&#8220;Een keer was C.R. Swart, latere Staatspresident, by hom op kantoor.\u00a0<span lang=\"DE\">Dr. Viljoen het die swart kantoorbode laat kom en in Afrikaans vir hom ges\u00ea: &#8216;Ou Jan, gaan haal gou vir ons twee koppies tee.&#8217; Daarna sit hy sy gesprek met mnr. Swart in Nederlands voort.&#8221;<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Wat is so vreemd hieraan? Kyk eens. Hierdie aanhaling bevestig net weer: Nederlands is duidelik die taal van die Beskaafde Blanke, Afrikaans die taal van die swarte, bruine en ongeletterde blanke Afrikaner.\u00a0\u00a0As die meerderheid Afrikaners ongeletterd of halfgeletterd was (soos ons later sal sien), het Afrikaans nie selfs m\u00e9\u00e9r tot die volk gespreek as Nederlands, die taal van die kulturele elite nie? As groepstaal, die taal van die verontregte? Die taal van die onderdrukte?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><b><span lang=\"DE\">REDE 2: WANBEGRIP WAT DIE BEGRIP \u201cNEDERLANDS\u201d WERKLIK BEHELS.<\/span><\/b><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Daar is geen duidelike omskrywing wat die begrip NEDERLANDS werklik behels nie &#8211; handel dit oor iets wat soos verstaanbare Nederlands LYK (korrekte vervoegings en verbuigings, maar idiomeskat wat afwyk toelaat, tot so &#8216;n mate dat &#8216;ou bokke het stywe horings [o<em>ude bokken hebben stijve horens]&#8217;<\/em><i>\u00a0<\/i>mens laat giggel soos &#8216;n jong non in &#8216;n komkommerbedding)? Of lyk hierdie Nederlands soos deur die Staatsamptenary en wetenskaplikes in Nederland geskryf en gepraat? Of, is Nederlands ook hierdie afgewaterde spreektaal sonder vervoeginge, wat ook al sy ander subdialekte insluit?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Vir baie mense lyk dit my is dit moeilik om taaldinamiek te verstaan. Dat &#8216;n taal nooit staties bly nie. En tog soms wel. Waarom anders kon Yslands sy drie woordgeslagte (manlik, vroulik, onsydig) behou, terwyl sy stamtaal, Oudnoors, afgewater het tot twee geslagte en die meeste van sy vervoeginge van ontslae geraak het tot ons by Moderne Noors uitkom?\u00a0<\/span>Is Noors te veel deur Deens, wat op sy beurt deur Platduits en Sweeds be\u00efnvloed is, be\u00efnvloed?\u00a0<span lang=\"DE\">Skynbaar ja\u00a0\u00a0(Steyn 1980:117). Maar hoe het Yslands sy identiteit en struktuur behou onder Deense heerskappy? Yslands het &#8216;n stewige, gevestigde letterkunde \u2013 en sy sprekers se geletterdheid word plek-plek selfs tot bibliomanie oordryf in Jules Verne se \u201cVoyage au centre de la terre\u201d (1864), waar daar geen boeke in die Yslandse biblioteke te vinde is nie, omrede hulle almal uitgeneem is. En daar was nie te veel inmenging deur ander lande op hierdie eiland in die middel van n\u00earens nie. Maar niks het deur die eeue heen verander nie, so waarom sou die woordeskat en grammatika hoef te verander?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Tog, mens kry Litaus in Oos-Europa, en ook hierdie taal het deur al die oorlo\u00eb, onkunde en wie weet wat als ook nie veel van sy oorspronklike struktuur ingeboet nie (die Russe was ook nie d<\/span>\u00e1\u00e1<span lang=\"DE\">r in die streek veel doenig nie). Of was hy maar net &#8216;n vervelige Baltiese saadjie wat vir jare oor die hoof gesien is en toe, skielik, op &#8216;n dag, onder die stof ontkiem en gebloei het tot &#8216;n landstaal toe die lentegeur van onafhanklikheid in die lug hang?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Eerstens moet ons goed begryp daar was nie eintlik &#8216;n Standaardnederlands (kunstaal) voor die verskyning van die Statenvertaling in Nederlands nie. Elkeen het die Bybel en hul proefskrifte voorheen maar in sy eie dialek of stadstaal oorgeskryf. Liter\u00eare stukke soos\u00a0<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">Lanseloet van Denemerken<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">,\u00a0<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">Van den Vos Reynaerde<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">\u00a0en ander Abele Spele is almal in dialekte geskryf in die Middeleeue.\u00a0<\/span>Dit is waarom sekere ou Nederlandse boeke selfs later uit die 1600\u2018s vir my moeilik leesbaar is (ver van Amsterdams), terwyl ander verbasend maklik is (naby aan Amsterdams). Selfs Luther se Duitse Bybel\u00a0\u00a0van 1522 het die Standaardiseringsproses begin, maar die vertaling self is deurspek met regionalismes soos hy in die omtrek die mense vir uitdrukkings gaan rondvra het om sy vertaling mee te voltooi.<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Tweedens moet ons die totstandkoming van die Standaardtaal verstaan.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">1. Enige dialek in &#8216;n kontinuum kan tot Taal verhef word indien die volk (stam, kultuur) en intelligentsia (soos taalkundiges) of maghebbers van &#8216;n land (en baie keer internasionaal) dit so aanvaar. Fries in Nederland is &#8216;n voorbeeld hiervan en so ook Katalaans in Spanje. Soms is geld die vernaamste faktor &#8211; soos tydens die Hansetyd toe Platduits of Nederduits ho\u00eb prestige gehad het, maar mettertyd oorskadu is deur Hoogduits van die magtiger konings. Die Standaardtaal weet ons is daar om mense binne &#8216;n land met verskillende dialekte te help om mekaar te verstaan en die volk (of landgenote) te verenig = dit is kunsmatig. In Nederland het die twee provinsies Holland die kitaar op ekonomiese gebied geslaan, die koningshuis is daar gesetel, die Staten-Generaal (parlement) is daar gesetel\u00a0\u00a0&#8211; so die dialek van die provinsies Holland, d.w.s. Noord- en Suid-Holland, sou die swaarste stempel op hierdie kunsmatige Standaardtaal afdruk.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">2. Soos vele streke in Nederland self en sy kolonies het niemand &#8216;n eenvormige onderwys gehad nie en die meeste burgers was ongeskoold. Drastiese verbetering het eers vanaf die 19de en veral in die 20ste eeu verwesenlik.\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">3. Hierdie ongeskooldheid of halfgeskooldheid plaas heelwat nadruk op die betrokke dorpstaal, streekstaal of dialektaal, wat afwyk van die Standaardtaal wat reeds in die stamland of hoofsentra aan die vorm is of gebruik word. Dialekte het soms die neiging om na mekaar of weg van mekaar te groei soos die tyd aanstap. Sekere dialekte is ook traag om te verander (ho\u00eb stabiliteit), ander verander weer blitsvinnig (wat &#8216;n eeu gelede geskryf is, is vandag onleesbaar). Dit hang alles af van mobiliteit, verlatenheid of hoeveel die mense in &#8216;n land of streek geneig is om rond te trek; en of &#8216;n ander taal besig is om in te meng. Hoe meer beweeglik die plaaslike bevolking geraak het (via spoorwe\u00eb) binne die land self (dit is nou Nederland), hoe meer is ander onverstaanbare landsdialekte (EEUE OUER as die Suid-Afrikaanse dialekte en dus ook meer afwykend van Standaardnederlands van die Randstad) teengekom, en dus is die belang van die Standaardtaal al hoe meer hoog op prys gestel om met sprekers van ander onverstaanbare dialekte te kommunikeer. In Suid-Afrika het die subdialekte (streekstale) destyds nog nie so ver afgewyk nie (want dit was nie so oud nie), behalwe deur Engels wat met die verloop van baie jare al hoe meer sy invloed op hierdie verskeie dialekte afgedruk het. Verder het elke tweede Suid-Afrikaanse boer beslis nie in sy lewe &#8216;n pelgrimsreis na Amsterdam onderneem nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Volgens die Featurefrekwensiemetode staan die Afrikaans, wat erken word as\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n afsonderlike (dogter)taal van Nederlands,\u00a0veel nader aan die Nederlandse Standaardtaal\u00a0\u00a0(23ste op die lys) as die ander dialekte op Vlaamse, Nederlandse en Franse bodem (Duinkerken). Suid-Limburgs in Kerkrade wyk die meeste af (Van Eeden, 1995:6-9).<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">4. Die dialek waarin kommunikeer word begin al hoe meer afwyk van die beskoude Standaardvorm, of elitetaal, of koningstaal in die stamland.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">5. Sodra die Standaardtaal (Nederlands,\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n kunstaal) uiteindelik gefinaliseer en landwyd of internasionaal aan skole onderrig word, is dit vir party makliker, ander moeiliker, om by die Standaard aan te pas. Dikwels is daar ook ander hindernisse, soos in Vlaandere en Suid-Afrika, waar volksbewustheid en gebrek aan media (biblioteke en beskikbaarheid van leesstof), ook verdere weerstand teweegbring om die Standaardtaal (destyds genoem Algemeen Beschaafde Nederlands) te aanvaar. Limburgs in Nederland sal weer nie maklik besluit om eerder &#8220;Duits&#8221; te wees as Nederlands nie. Hier gaan dit weer om nasionale eenheid en pragmatiek: Limburgs binne die Nederlandse landsgrens groei al hoe meer na die Standaardnederlands as kultuurtaal toe, in Duitsland na Standaardduits.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Teen daardie tyd (die finalisering van Standaardnederlands) is Afrikaans deur wat ek &#8220;verwildering&#8221; en ander &#8220;evolusie&#8221;\/&#8221;vereenvoudiging&#8221;\/&#8221;<wbr \/>veranalitisering&#8221; noem reeds gevorm. Ek dink mens sou tereg kon noem Afrikaans was teen 1900 die produk van 250 jaar se onkunde en swak skoolopleiding van (Randstad)nederlands weens omstandighede. As,\u00a0<\/span>\u00e1<span lang=\"DE\">s almal in die Kaap de Goeie Hoop, onder die Nederlandse regering<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoListParagraphCxSpFirst\"><span lang=\"DE\">1)\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><span lang=\"DE\">verplig sou wees om geskool te word in Staatsnederlands [Ryksnederlands? Randstadnederlands?] tot op gevorderde vlak (tot net voor universiteit?),<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoListParagraphCxSpMiddle\"><span lang=\"DE\">2)\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><span lang=\"DE\">daar geen invloede van buite was nie [alle ander voormalige Nederlandse kolonies wat deur Engeland oorgeneem is, het heeltemal verengels],<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoListParagraphCxSpMiddle\"><span lang=\"DE\">3)\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><span lang=\"DE\">daar genoeg Hollanders gekom en gegaan het om die nuwe wendings in die taalgebruik oor te dra,<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoListParagraphCxSpLast\"><span lang=\"DE\">4)\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/span><span lang=\"DE\">daar genoeg opvoedkundige leesstof beskikbaar was om die \u201cgeletterde Boere\u201d besig te hou,<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">sou dit die afwyking beslis gestrem het [afhangend hoe goed opgelei die skoolmeesters was].<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Ongelukkig weet ons ook die V.O.C. en die Staat Nederland self het aanvanklik absoluut die minimum, feitlik b\u00f4gger\u00f4l gedoen om die kolonies te ontwikkel (Kaapstad sou in hierdie opsig waarskynlik nie groter as Suurbraak geword het nie). Maar Engeland kon wel, want hy was nie so baie in duur Europese oorlo\u00eb betrokke soos die ander koninkryke op die Europese Vasteland nie en verder was hy nie soos Denemarke, Nederland en sekere dele van Frankryk afhanklik van slegs die Engelse kanaal nie. Op daardie gebied was hy onaantasbaar.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">&#8216;<span lang=\"DE\">n Mens sou nou kon spekuleer of die lewe onder die Nederlandse vlag beter sou verloop het.\u00a0\u00a0Nederland het eers werklik teen die laat-1800\u2018s tot laat-1930\u2018s belangstelling in sy kolonies begin toon [ook maar net omdat Frankryk en Engeland dit met hul eie gedoen het; dis nou as die ontdekking van goud in die Ho\u00ebveld nie reeds &#8216;n stormloop veroorsaak het deur geleidelike gebiedsuitbreiding noordwaarts nie, as dit ooit sou gebeur het&#8230;]. Soos Indonesi\u00eb (voorheen Nederlands-Indi\u00eb) egter toon, het die Hollanders steeds nie veel beleggings daarin gepomp nie \u2013 dit was steeds &#8216;n kolonie wat op die prim\u00eare sektor ingesteld was: landbou, bosbou, mynbou, vissery, jag. Daarteenoor het die Britte in Indi\u00eb (die een besuide die Himalajagebergte) begin fokus op vervaardiging (om selfs nog groter wins te maak met die goedkoop vervaardigde produkte met goedkoop arbeid).\u00a0\u00a0<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Bos (1941) werp vir ons lig op die onderwerp. Eers in 1817 word die eerste Europese skooltjie oopgemaak in Weltevreden, Nederlands-Indi\u00eb. In 1860 kom daar die Gymnasium Koning Willem III tot stand, wat die moontlikheid bied om aan Nederlandse universiteite te studeer.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Tot met die volgende eeuwending lyk sake ook maar beroerd met al die omliggende skooltjies. &#8220;Dit bleek o.a. uit een in 1900 door het Nederlansch Indisch Onderwijzers Genootschap ingestelde enqu\u00eate: van 1476 toegelaten\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">Europeesche<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">\u00a0leerlingen verstond 621 of 41,5% in het geheel geen Nederlandsch; 433 of 29,3% kenden slechts een weinig Nederlandsch en slechts 422 of 29,2% begrepen en spraken de voertaal bij het onderwijs behoorlijk&#8221; (p. 16).\u00a0\u00a0Teen 1937 was daar 10 middelbare skole soortgelyk aan Gymnasium Koning Willem III. Lycea (middelbare skole wat slegs Latyn aanbied en nie Oudgrieks nie) was daar vier &#8211; twee bestuur deur die regering en twee privaat (p. 23).<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">&#8220;De vraag, of Indi\u00eb eigen instellingen van Hooger Onderwijs noodig had, werd tot ongeveer 1910 vrijwel eenstemmig ontkennend beantwoord.&#8221;\u00a0<span lang=\"DE\">Die Eerste W\u00eareldoorlog het egter studiereise na Nederlandse universiteite bemoeilik en die behoefte na ingenieurs het in Indonesi\u00eb intussen groter geword.\u00a0\u00a0En juis daarom het die eerste tegnikon eers in 1920 oopgemaak (p. 26).<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Die Anton de Kom Universiteit van Suriname is eers op 8 Mei 1966 in die lewe geroep. Volgens hul webwerf: \u201cDe Universiteit begon op 1 november 1968 met slechts een faculteit, namelijk de Surinaamse Rechtsschool die in de Faculteit der Rechtswetenschappen was opgegaan. Hoewel de Geneeskundige School ouder is dan de Rechtsschool maakt de juridische faculteit langer deel uitvan de universiteitsgemeenschap dan de medische faculteit. De Geneeskundige School, Suriname \u2018s oudste instelling voor hoger beroepsonderwijs, ging pas op 26 september 1969 in de universiteit op.\u201d<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Op 25 November 1975 word Suriname onafhanklik \u2013 en die Nederlandse koninklikes het &#8216;n jolige fees op die boot daaroor gehou.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Vergelyk nou hiermee: \u201cIn 1817 het &#8216;n toekomstige predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Abraham Faure, wat toe in Nederland student was, voorstelle gedoen vir die ontwikkeling van ho\u00ebr onderwys in sy vaderland*. Tien jaar later sou hy saam met ander vooraanstaande Kaaplanders, onder wie James Adamson van die Skotse Kerk, die voortou neem in die stigting van &#8216;n Atheneum in Kaapstad \u2013 die Suid-Afrikaanse Kollege.\u201d [*Hy was waarskynlik gatvol vir die liberale teologie \/ vrysinnige Protestantisme aan Nederlandse universiteite]<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Di\u00e9 kollege in Kaapstad is in 1829 geopen, maar dit was eintlik niks meer as\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n middelbare skool nie (Boucher, 1973:3); so het SACS High ontstaan. Paarl Gimnasium het op 12 Januarie 1858 en Paul Roos Gimnasium is in 1866 in Suid-Afrika oopgemaak. Die teologiese seminarie, die Victoria-kollege, wat later die Universiteit van Stellenbosch sou word, is in 1866 gestig (Boucher, 1973:19).<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Dit is dus moeilik om met sekerheid te s\u00ea of Suid-Afrika onder Hollandse bewind\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n universiteit sou gekry het in die 1800\u2019s indien genoeg mense daarvoor sou gevra het. Vergeleke met Indonesi\u00eb wil dit tog so voorkom.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">In Holland het dinge in die laat-19de eeu ook nie veel beter as Suid-Afrika en Indonesi\u00eb onder die V.O.C. of Nederlandse vlag gelyk nie, veral nie vir die vrou nie. My oupa aan Hollandse vaderskant, se skoonsuster, se moeder, kon nie eens haar handtekening maak op die huweliksregister om die troue van haar dogter en skoonseun te bevestig nie (daar was destyds &#8216;n wet in Nederland waar die ouers hul kinders onder dertigjarige ouderdom skriftelik moet toestemming gee om te trou). Sy kon nie lees of skryf nie [dit staan uitdruklik so geskryf op die huweliksregister]. En dit was op 3 Junie 1936! Sy was buitendien toe al &#8216;n vrou van amper 64 jaar oud. Nou moet jy ook weet &#8211; die eerste leerplig word eers in 1900 in Nederland aangeneem en tree op 1 Januarie 1901 in werking. As die stamland so lyk, hoe lyk die kolonies dan nie?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">6. Indien daar geen eerstehandse kontak is met die persone wat die Standaardvorm SPREEK nie (ook d.m.v. radio, televisie, telefoon, rolprente, plate, videokonferensie) bly die afstand tussen Standaardtaal en dialek of &#8220;afwyking&#8221; groot. In &#8216;n land met weinige invloed deur Hollanders tydens die koloniale Britse ryk, is die afwykingsproses van Afrikaans van Standaardnederlands hoegenaamd nie stopgesit nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">7. Die spreektaal van die blankes (Plathollands\/Afrikaans) is gebruik as onderrigmedium van Hooghollands en ander vakke in Transvaal. In die Kaap was dit Engels. Albei het teenproduktief gewerk om Hollands aan die leerlinge oor te dra en baie maal was selfs die ingevoerde onderwysers uit Holland\u00a0\u00a0(of diegene wat daar gaan studeer het) in die Boererepublieke\u00a0\u00a0ook nie goed genoeg gekwalifiseerd nie. Verder is die leerlinge in die Kaap nie aangemoedig om Nederlands op skool te praat nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">8. Alleen die tyd sal leer of die dialekkontinuum in Nederland vandag heeltemal deur skoolonderrig en mediablootstelling sal verdwyn &#8211; sodat slegs een eenvormige Standaardtaal sal oorbly. Die vraag is ook of, indien Afrikaans by Nederlands gebly het, die Suid-Afrikaanse dialek hierdeur be\u00efnvloed sou word en ook heeltemal sou verdwyn het.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">9. Punt nommer 1 tot 8 kan &#8216;n streep deur getrek word word na aanleiding van die volgende voorbeeld: Die Duitsers het van die beste skole in Amerika gehad (en het beslis meer liter\u00eare en wetenskaplike skatte as Afrikaans!), en tog is die taal daar aansienlik verswak. Onder andere deur iets so simpel soos stigma tydens die Eerste W\u00eareldoorlog, omstreeks 1917 en daarna. Dit was &#8216;n skande om &#8216;n Duitser te wees op heilige Amerikaanse grond, en ons is almal bewus hoe Duitsland by die Verdrag van Versailles verneder is (hoewel die Amerikaanse Kongres tog later hierdie verdrag sou verwerp het). Baie Amerikaanse state het die gebruik van Duits in skole, op straat, oor die telefoon en op vergaderings verbied. In party state is Duitssprekendes geteer en veer, ander is geslaan, verneder, uit hul werk verdryf; predikante wat in Duits gepreek het se huise is snags geel geverf, sonder dat die daders vervolg is. Waar 9 miljoen Amerikaners in 1910 nog Duits gepraat het, was daar teen 1966 maar sowat 50 000 sprekers onder agttienjarige ouderdom oor (Steyn, 1980:15-17; 53).<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">10. Watter kant van die spoorlyn jy bly, gaan dalk bepaal watter dialek jy verkies.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Petrus van Eeden se gratis beskikbare boek op die internet, &#8220;Afrikaans hoort by Nederlands&#8221;, beskou die opkomende Nasionalisme, Outonomie en Eie Identiteit (as samebindende middel in die strewe na onafhanklikheid), geen stedelike bevolking en klein elite (vox populi = Vox Dei?), lae skoling (soos om Matriekwiskunde af te water) en die Romantiek (Engels en Nederlands is die bose gekunstelde maghebber, Afrikaans is die wondersch\u00f6ne, ongekunstelde, gemarginaliseerde natuurkind in die donker hoekie van vergetelheid) as die vernaamste redes waarom Afrikaans later tot standaardtaal verrys het.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Van Eeden behandel slegs vier bladsye oor\u00a0<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">lae skoling<\/span>&#8221; (p. 146 tot 149)<span lang=\"DE\">. Ek lig slegs drie punte uit.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">1. Turkye het in 1922 sy eie identiteit gesoek. Die Persiese en Arabiese woorde is uit die taal gewerp en Europese leenwoorde is in gebruik geneem; die Arabiese\u00a0\u00a0skrif is verwerp en met die Latynse alfabet vervang. Boonop is die skryftaal en taalre\u00ebls vereenvoudig (of, gemoderniseer). Nou haal ek Van Eeden aan wat s\u00ea (p. 146): &#8220;hierdie radikale verandering [is] vergemaklik, deur die feit dat in 1927 maar sowat 10% van die bevolking geletterd was. Hierdie drastiese taalhervorming sou onmoontlik gewees het, indien die Turke destyds goed geskoold en welgesteld was.&#8221;<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">2. Van Eeden haal dan Nederlandse navorsing aan wat dui mense wat ho\u00ebr geskoold is, sal die spelling behou soos dit is [NEEM KENNIS, TAALKOMMISSIE!]. &#8216;n Moeiliker of ingewikkelde spelwyse sal hulle nie afskrik nie; &#8216;n oorvereenvoudigde spelwyse sal hulle egter juis teen die bors stuit &#8211; want dit kan mos lei tot vervlakking van die taal. Of die Nederlandse spelwyse behoue sou gebly het of in &#8216;n snaakse Duitse lopende skrif, Fraktur, runeskrif, Gotiese alfabet, Cyrillies of selfs Sjinese piktogramme of spykerskrif geskryf sou word maak nie saak nie &#8211; &#8216;n mens leer wat hy leer op skool. En basta.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">3. Boonop was die gehalte onderwyser in Suid-Afrika destyds (*en vandag?) nie juis universeel wat wonders nie (p. 147) &#8211; daar was onderwysers wat skaars hul name kon skryf, selfs soms hul name as Potchefstroom, Pretoria en Witfontein aangee, met die maandname twee of meer spelfoute begaan, eenvoudige somme misreken, die getalle met ses tot sewe syfers nie sonder foute kon opskryf of uitspreek nie, nie &#8216;n werkwoord van &#8216;n selfstandige naamwoord kon onderskei nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Hiermee vergelyk Van Eeden (1995:149):<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">&#8220;Uit die werk van Bortoni-Ricardo (1985) is dit ook duidelik dat persone uit die lae sosio-ekonomiese vlakke van die Brasiliaanse samelewing, probleme ervaar met die vervoeging van die werkwoord. Hoe armer en laer geskoold die Brasiliaan, hoe meer afgewater die vervoeging van die werkwoord asook ander grammatikale vereenvoudiginge. Die opvoedingsproses hou dan in dat die ergste afwykings eers deur middel van addisionele skoling bygebring word. Kyk &#8216;n mens na die uitlatinge van Mansvelt teen die einde van die vorige eeu, dan blyk dit duidelik dat die Afrikaners wat die laagste geskoold was, ook die fleksievorme van veral die werkwoord die meeste verwaarloos het. Diegene met minder as een jaar skoolopleiding en volgens Mansvelt, suiwer Hollands gepraat het, se taal was &#8220;volstrekt niet van buigingsvormen ontbloot&#8221; (De Villiers 1936:128). Kombuis-Hollandstaliges, mense dus wat minder as &#8216;n paar maande skoolopleiding geniet het, het volgens Mansvelt ook nog &#8216;n suiwer Hollands gepraat, maar hul taal het &#8220;bijna alle buigingsvormen, vooral bij de werkwoorden verwaarloost.&#8221;<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Gegewe al bogenoemde feite, laat dit my eerlikwaar wonder of die onderwysers ooit geweet het wat\u00a0<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">Nederlands<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">\u00a0beteken.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Niemand is eintlik nou nog seker wat die losse begrip \u201cNederlands\u201d behels nie. Wat ek, Suidpunt, onder Standaardnederlands verstaan is om in die stemtoon, die idiomeskat, die woordeskat, uitdrukkings, die sinsbou, die \u201cgees\u201d, die bybetekenisse van Nederlandse woorde geheel en al met die Nederlanders s\u2019n te laat ooreenstem soos hulle vandag oor die radio praat, en veral soos by sobere hofstukke gebruik word. Net omdat ek werkwoorde korrek vervoeg en selfstandige naamwoorde die regte verbuiging gee, beteken dit nie ek praat suiwer Nederlands nie.\u00a0\u00a0Dan kry jy geen Nederlands-Nederlands nie, maar Suid-Afrikaanse Nederlands.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Dit hang weereens af hoe inklusief die akademie wil wees.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Nou sal Sussie natuurlik wys na die Engels en Frans en vra waarom daar nie so baie kreooltale in die Afrikalande is nie en waarom die Amerikaanse Engels nie so erg verskil van Britse Engels nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Ons moenie vir een oomblik dink die meerderheid Afrikane van voormalige Franse kolonies praat Frans AS MOEDERTAAL nie.\u00a0<\/span>Wat jy daar oor die TV of Youtubevideo hoor is die aangeleerde taal.\u00a0<span lang=\"DE\">Wat jy op die skoolbanke kry.\u00a0<\/span>Wat moedertaal betref, is mens mos mee houtgerus \u2013 jy glo dit is outomaties korrek.\u00a0<span lang=\"DE\">Jy gaan nie elke vyf minute hol na\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n woordeboek uit vrees vir die verkeerde woordkeuse nie. Maar dit gaan ook afhang van jou taalprioriteit. As mens uit\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n Afrikastam van nederige herkoms spruit, wat\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n goeie en blywende indruk wil skep en sosiale opgang wil maak deur jou fleurige, gekunstelde, dog hoflike (en\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n skeutjie vleiende) taal in\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n derdew\u00eareldland om die boonste sport te bereik, dan moet jou taalgebruik (wat by skoolbank-Frans begin het) keuriger as jou mededingers s<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n wees. As jy &#8216;n landbouer is wat heel toevallig &#8221;Nederlands&#8221; as moedertaal praat, is bloutong onder die skape &#8216;n veel groter probleem.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Ek stel ook voor die lesers gaan kyk by\u00a0<a href=\"http:\/\/langscape.umd.edu\/map.php\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/langscape.umd.edu\/map.php&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191403000&amp;usg=AFQjCNEn0o3LuoUeIx3eQX0aKyNoSvx2dg\">http:\/\/langscape.umd.edu\/map.<wbr \/>php<\/a>\u00a0. Regoor die hele Afrika, met die uitsondering van die suide, sien ek geen Frans of Engels op die kaarte nie. As jy inzoem na die Suid-Afrikaanse stede, daar floreer Engels, maar nie Frans of Portguees in plekke soos Brazzaville en Luanda nie. Die kaarte is egter hoogs veralgemenend &#8211; daar is plekke soos Fairview wat ooglopend Afrikaans is &#8211; of is dit die huispersoneel wat daar permanent ingetrek het?\u00a0<\/span>Sover ek onthou was plekke soos Parow, Bellville, Durbanville (Pampoenkraal) nog altyd Afrikaans.\u00a0<span lang=\"DE\">En, in my wildste drome kan Kayelitsha en Kenilworth nie Afrikaans wees nie. Maar tog, volgens die 2011-sensus was Hermanus 76,1% Afrikaanssprekend [nou nie juis die indruk waaronder ek verkeer het nie]. Ook in my eerstejaarsvoorgeskrewe Aardrykskundehandboek deur Bergman en Renwick (2008:275), slaan Afrikaans soos varkmasels op die Afrikavasteland uit. Op die vreemdste plekke. Daar is egter geen beduidenis van Engels of Frans of Portugees op Renwick en Bergman se Afrikakaart nie \u2013 wel Arabies.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Ons moet onthou die volkere in die Afrikalande is baie stamgebonde, en die Engels en Frans wat nou deel van die destydse \u00e9volu\u00e9s\u00a0\u00a0(ontwikkeldes, beskaafdes) uitmaak is &#8216;n skepping van die vroe\u00eb 1900\u2019s. Lees mens deur David van Reybrouck se \u201cCongo: een geschiedenis\u201d (2010:231-242), was daar enkele swartes in hierdie Belgiese kolonie wat wel deel van di\u00e9 \u00e9volu\u00e9s wou word. Dan moes hul hele lewenswyse, kultuur en uitkyk ooreenstem met die Westerse heersers s\u2018n \u2013 wat met sekere voorregte gepaardgaan. Dan kon hulle wyn drink, verdere geleerdheid ontvang, in dieselfde swembaddens plons as die Belge (maar soos Van Reybrouck skryf (2010:233):\u00a0<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">Als het zwarte in het zwembad sprong, gingen de blanken eruit. Lijfstraffen met de chicotte golden nog steeds voor alle Afrikanen, zelfs voor hen die Latijnse naamvallen kenden en de speeches van De Gaulle lazen<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">), later selfs meer blankevoorregte verkry&#8230; maar vir die meeste volke van die Belgiese Kongo was dit suiwer gatkruip en ontkenning van jou eie stam, vir weelde.\u00a0\u00a0Dis vernederend om boetie-boetie met die heersers te probeer speel. Nietemin was die belangstelling groot om sosiale opgang te maak. Die keuringsproses was egter streng (Van Reybrouck, 2010: 236):\u00a0<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">In 1958 waren slechts 1557\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">burgerlijke verdiensten<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">\u00a0uitgereikt en slechts 217\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">immatriculaties<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">, op een bevolking van veertien miljoen inwoners.<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">\u00a0\u00a0Tog was daar in 1947 op Kongolese dorpies 110 intellektuele klubs, met altesaam 5 609 lede.\u00a0\u00a0Hierdie syfer sou toeneem vanaf 1952 tot 1956 vanaf 131 na 317 klubs. Die inskrywingstal het gestyg vanaf 7 661 tot 15 345 lede.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Verder is dit onbillik om aannames rondom Frans te maak as jy self nie Frans magtig is nie. Frans is &#8216;n taal wat alles behalwe foneties ooreenstem met die spelvorm. Dieselfde regionalismes stem ook duidelik nie ooreen met die Acad\u00e9mie se Frans nie.\u00a0<\/span>Maar, as jy wil glo jou Frans is Frans, dan is dit Frans.\u00a0<span lang=\"DE\">Dieselfde met die Suid-Afrikaanse Nederlandse dialek van destyds en die halfduitse Limburgs van vandag \u2013 as jy vas glo jou Nederlands wat jy praat is Nederlands, dan is dit Nederlands.\u00a0<\/span>Geen haan sal daarna kraai nie.<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Dit is wat Van Eeden eintlik wil s\u00ea: Sulke\u00a0<\/span><span lang=\"DE\">afwykings\u00a0IN NEDERLAND EN BELGI\u00cb<\/span><span lang=\"DE\">\u00a0word eenvoudig &#8220;dialekte&#8221;, &#8220;stadstale&#8221; en &#8220;dorpstale&#8221; van Nederlands genoem wat in die verlede deur bykans homogene Nederlanders en Vlaminge gepraat is.\u00a0<\/span>By ons in Suid-Afrika word dit sommer\u00a0&#8216;n nuwe taal.\u00a0<span lang=\"DE\">Onthou, daar was nie radio&#8217;s en televisies in elke liewe huishouding in Europa wat Algemene Beschaafde Nederlands die huis indra nie! Sommige dialekte, stadstale en dorpstale wyk v\u00e9\u00e9l meer as Afrikaans van die Standaardnederlands af.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Dit is dus nie verbasend nie (1995:52):<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">&#8220;Ten spyte van die ho\u00eb tempo waarteen die Vlaminge die Nederlandse standaardtaal nagepraat het, het die aantal Vlaminge wat die standaardtaal, gedurende die sestigerjare as spreektaal gebruik het, nog nie 3% van die Vlaamse bevolking gehaal nie (Willemyns 1971:7). Volgens Botha (1976:6) gebruik minder as 1% van die Vlaminge die Nederlandse standaardtaal, en het hy waarskynlik slegs na die gesproke taal verwys.&#8221;<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Maar al sou die hele hutspot-idee van Afrikaans as die uitvloeisel van hoogs flekterende tale wat gelyke speelveld soek (Nederlandse, Duitse, Franse, Deense, Sweedse, Noorse selfs Khoi-dialekte?) , net soos by die onlangs ontdekte mynerstaal, Cit\u00e9-Duits, in Belgi\u00eb, waarvan die proses haarskerp ooreenstem met die vorming van Afrikaans (Van Maris, 2017), voorgehou word, hou dit ook nie stand teenoor Amerikaans nie. Amerika is immers veel ouer, daar was ook vlae immigrante uit verskeie dele van Europa wat toegeskryf kan word aan oorlo\u00eb, hongersnood, ekonomiese ineenstorting, beter werksgeleenthede, familie wat reeds gevestig is. Nou hoekom lyk hierdie Engels nie veel anders as di\u00e9 van Brittanje nie? Of is ons so gewoond aan Amerikaans en Brits dat ons geen verskil meer kan raaksien nie?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Steyn (1980:51) voer aan hierdie miljoene immigrante wat aangekom het en hul ou tale verleer het, kan toegeskryf word aan \u201cwaarskynlik die onderwys\u201d. Tog was daar vir baie lank Duitse skole in Amerika. Maar \u201calgaande het die verskillende state op aandrang van die federale regering begin vereis dat net Engels die onderrigtaal in private en openbare skole moet wees\u201d. Verder was daar tot met die 1960&#8217;s &#8216;n baie sterk assimilasiebeleid, en hiervan was Engels die voertaal. Die rolprentbedryf baie later het ook sy werk deeglik gedoen.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Laat ons dus kyk hoe het die onderwys in Suid-Afrika gelyk.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><b><span lang=\"DE\">REDE 3: TE MIN LESURE IN NEDERLANDS<\/span><\/b><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Om meer uit te brei omtrent punt 6: was die Nederlands wat op skool geleer is, werklik Nederlands? En van hoeveel tyd praat ons?<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Volgens M.E.R., skryf Steyn (1980:191), was &#8220;alle skoolboeke [in Transvaal voor die Tweede Vryheidsoorlog] in Nederlands&#8221;, &#8220;maar die Afrikaanse onderwyseres en kinders het Afrikaans gepraat.&#8221; Dit was in alle vakke so. Die onderrigmedium was in Afrikaans, die boeke geskrewe in Hollands.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">En tog s\u00ea Mansvelt op 1 Mei 1890 eintlik: slegs 12 maande is nodig om &#8220;Nederlands&#8221; (nou nie goeie Nederlands-Nederlands nie, maar wel &#8216;verstaanbare&#8217;, skaflike Nederlands vir Suid-Afrika) werklik te leer skryf en praat met die korrekte vervoegings (Van Eeden, 1995:148):<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">&#8220;[&#8230;] de taal die men bijv. te Stellenbosch niet alleen op openbare vergaderingen, maar ook in den omgang nog hoort van mannen, die mij zelf verzekerd hebben, dat zij in hun jeugd niet meer dan twaalf maanden onderwijs genoten hebben van den een of anderen weggelopen matroos of soldaat. Deze taal nu, hoezeer ook in vele opzichten van de Nederlandsche schrijftaal afwijkende, is in haren zinsbouw, zoowel als woordenschat, zuiver Hollandsch en volstrekt niet van buigingsvormen ontbloot [&#8230;]&#8221;<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Maar oor Kombuis-Hollands: &#8220;Dit is de taal die bijna alle buigingsvormen, vooral bij de werkwoorden verwaarloost.&#8221; Hierdie taal word volgens Mansvelt gebruik deur persone wat slegs enkele maande gebrekkige onderwys geniet het. Nogtans beskou Mansvelt dit as &#8216;n verrassing dat Kombuis-Hollandstaliges, ondanks die feit dat die Kaap toe al vir byna &#8216;n eeu onder Engels bestuur was en skoolopleiding vir die Afrikaner pateties was, di\u00e9 mense &#8220;nog zulk een betrekkelijk zuiver Hollandsch spreken&#8221; (Van Eeden, 1995:148).<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span style=\"font-size: small;\"><span lang=\"DE\">Hoewel Van Eeden in &#8216;n optimistiese trant skryf &#8221;<\/span><span lang=\"DE\">Verder is dit belangrik om daarop te let dat Mansvelt hierdie twee soorte Afrikaans, wat bloot gebrekkige Nederlands was, steeds as suiwer Nederlands beskou het&#8221; [skietgoed om taalamalgamasie te steun] loop my beker allermins van vreugde oor.<\/span><\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Mansvelt se &#8220;zuiver Hollandsch&#8221; en &#8220;12-maande-Nederlands&#8221; is duidelik nie die drawende Standaardtaal wat in die Nederlandse Eerste en Tweede Kamer (parlement of &#8216;Staten-Generaal&#8217;) weergalm word terwyl ander verveeld aan pepermentjies suig nie. Daarvan het Afrikaans (of Suid-Afrikaanse Nederlands) reeds te ver van hierdie nuwe kunstaal (Standaardnederlands) afgewyk.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">Maar let nou mooi op:<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Om &#8216;n lewende taal aan te leer, soos hierbo genoem, is geen sprake van die grammatikadrilwerk eintlik nodig nie. Die leermeester is &#8216;n Hollandse matroos of soldaat wat gedros het &#8211; iemand wat waarskynlik die taal (as moedertaal) magtig is. Soos in die Pruisiese skool van desjare (as ek Waquet se &#8220;Latin or the empire of the a sign&#8221; (2001:32) korrek verstaan) is Latyn geleer uit die vuis praat nog voordat die grammatika behandel is. Soos ons &#8220;Hallo!&#8221;, &#8220;Lekker naweek!&#8221;, &#8220;Lekker slaap&#8221; leer praat en later al hoe meer ingewikkelde sinne gebruik. Jy moet konstant op jou voete dink; dis die beste leermeester. &#8216;n Lewende taal leer jy deur kontak, voortdurende praatwerk.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Daardie jare (19de tot in die middel van die 20ste eeu) was drilwerk met grammatika en verbuigings- en vervoegingstabelletjies die obsessie (veral in die Duitse klasse in Suid-Afrika sou hierdie drilwerk nog lank voortgesit word), nie soos vanaf die 1980&#8217;s toe iemand skielik agterkom &#8220;maar ons leer mos deur te praat&#8221; en &#8220;opstelle skryf&#8221; nie. Op die huidige oomblik is ek bewus van Marianne Dircksen (2016) aan die NWU wat skryf oor Latynonderrig in Amerika wat so, soos &#8216;n lewende taal, aangeleer moet word.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">In die 1980\u2019s het die resensent, ene J. Hilton (1982:152-156) destyds verbonde aan die Universiteit van Fort Hare, W.G.J. Lubbe se &#8221;Latyn vir Regte&#8221; (1981) en D.M. Kriel se &#8221;Latyn vir die regstudent&#8221; (1977) gekritiseer: Lubbe en Kriel benadruk glo die skryf- en uitspraakoefeninge te veel \u2013 dit is glo te tradisioneel. Latyn hoef immers vandag in die 1980\u2018s slegs GELEES te word:<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">&#8221;Both books would appear to be adaptations of the traditional approach to the teaching of Latin to a specialized vocabulary.\u00a0\u00a0\u00a0Given the lack of goal definition of these books it is still strange that the underlying assumption &#8211; that the courses will equip the students to READ Latin better &#8211; is ignored. The goals of the traditional courses are to produce students who can write and even speak Latin.\u00a0\u00a0The goals of Latin teaching have now generally changed (and this is implicit in the books under review) and one would expect a change in content to facilitate the attainment of these goals.&#8221;<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Hoe het tye nie verander nie! Moet ek nou s\u00ea hierdie twee Afrikaners was hul tyd vooruit?! Of word die siklus voltooi? Die sirkel word rond? D\u00e9j\u00e0-vu? Dit lyk darem baie naby aan die Pruisiese skool van ouds! Die geskiedenis herhaal eenvoudig homself. Ongelukkig het hierdie uit-die-vuis-leer-metode een nadeel (wat Waquet ook op dieselfde blad noem): by die Franse skole is eeue gelede wel bevind met hul naslaan-drilwerk-en-<wbr \/>woordeboek-naslaan-metode kan die leerlinge skaars in Latyn praat, en hul woordeskat maar gering, maar op skrif is hul werk veel meer afgerond.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Sonder daardie skryflesse kon jou Nederlands (of, die kunstaal, Standaardnederlands, so goed soos\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n dooie taal) op soortgelyke wyse allermins gekunsteld afgerond word. Jy moes as&#8217;t ware die volle Matriek loop (of, soos Hertzog, selfs verder) om die fynere nuanses te verstaan. Die belangrikste faktor by taalaanleer soos hierdie, by dooie tale, bevind die Franse sosioloog, Philippe Cibois (2015), is TYD. Jy kan byvoorbeeld nie verwag iemand in die jaar 2012 wat 400 uur per skooljaar aan Latyn moet afstaan, sal sy voorgangers, wat 900 uur per skooljaar moes deurworstel, kan klop of ewenaar nie.<br \/>\n<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Dieselfde geld met Nederlands.<br \/>\n<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Ongelukkig kon ek nie Langenhoven se outobiografie\u00a0\u00a0&#8220;U dienswillige dienaar&#8221; uitneem by die biblioteek nie (dit is reeds uitgeneem) en ek moes my verlaat op my bydrae op die Afrikaanse Wikipedia-artikel wat ek in die verlede daar geplaas het. Hy skryf:<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">&#8220;Ons kinders is gemaak Engels praat, selfs buitekant die skool, maar nooit was daar van Meester se kant die minste poging om ons te maak Hooghollands praat nie, selfs nie met hom nie, en selfs nie in die Hollandse klasse nie. Daar by ons, soos orals elders, was dit maar &#8216;n vanselfsprekende saak dat jy &#8216;n Afrikaner enige vreemde taal kan leer praat maar nie Nederlands nie. [\u2026] Meester Bloemkolk had van teoretiese grammatika geen grondige logiese begrip nie. (Ek het daar &#8216;n Hollandse spraakkuns op skool gebruik \u2013 die liewe ou Stucki s&#8217;n. Maar d\u00e1\u00e1r was ook geen stucki logika in nie.) Maar Meester het my, vir meer as die betrokke standaard van onderwys en ouderdom, deeglik Nederlands geleer. Toe ek uit sy skool weggegaan het, het ek dit seker min swakker geskryf as wat ek dit vandag kan skryf. Verder het hy my, by die skoolwerk verby, &#8216;n menige Nederlandse boeke geleen om te lees en ek het hulle verslind. En daar is geen twyfel aan nie dat my woordeskat (wat ek vandag nog altyd te armoedig vind vir die uitdrukkings van my gedagtes) deur Nederlandse lees en studie verbeter is.&#8221;<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Duidelik sit ons hier met Waquet se &#8220;Franse Latynskool&#8221;.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Ek beskik ongelukkig oor te min tyd om deur die proefskrif \u201cOnderwys aan die Kaap onder die Kompanje 1652 \u2013 1795: &#8216;n kultuurhistoriese studie\u201d\u00a0\u00a0(1936) te lees en beroep my dus op ander bronne. Ek sou wel aanraai dat die leser hierna gaan kyk by\u00a0<\/span><a href=\"http:\/\/scholar.sun.ac.za\/handle\/10019.1\/63726\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/scholar.sun.ac.za\/handle\/10019.1\/63726&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191403000&amp;usg=AFQjCNEIJCgeyAYhEKciFLlVxgfkjNH59w\"><span lang=\"DE\">http:\/\/scholar.sun.ac.za\/<wbr \/>handle\/10019.1\/63726<\/span><\/a>\u00a0<span lang=\"DE\">.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Ons weet ten minste 50% van die heel eerste Hollandse nedersetters in Suid-Afrika was analfabete (Van Eeden, 1995:147). Ons is ewe deeglik bewus van die uiters lae skoolbywoningsyfers, veral in die platteland gedurende hierdie tydperk waar selde slegs meer as een jaar skoolgegaan is (Scholtz, 1939:208). Hetsy die geriewe was eenvoudig nie daar nie, of die vraag daarna was afwesig by die eenvoudige maar uitmergelende leefw\u00eareld van die selfonderhoudende boer en sy gesin, of daar was eenvoudig net nie die geld of die tyd vir die kind of ouer wat daarna begeer het nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Die feit bly staan: Jy kan onmoontlik nie binne 1 jaar al die grammatika van Nederlands baasraak nie. Nie as jy al die nuanses wil lees, vasvang en self skryf nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Rol meer as 250 jaar vorentoe en Van Eeden skryf (1995:147):<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Uit onderwysstatistiek blyk dat slegs 11,24% van die leerlinge in staatsondersteunde skole gedurende 1908 in standerds ho\u00ebr as standerd vier was (Zietsman 1992:83). Die volgende tabel gee &#8216;n duidelike beeld van die onderwyssituasie, uitgedruk in persentasie:<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">\u00a0<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Jaar<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Graad<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Standerd 3<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Standerd 4<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Standerd 5<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Standerd 6<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Standerd 7<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">1901<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">47,32<\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">9,98<\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">6,89<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">3,46<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">1,74<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">0,64<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">1908<\/span><\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">44,19<\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">10,25<\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">7,63<\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">4,56<\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">2,84<\/p>\n<\/td>\n<td valign=\"top\" width=\"88\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">1,12<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-Default\"><span style=\"font-size: small;\">Dan gaan hy voort\u00a0<span lang=\"DE\">(1995:147)<\/span>:<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Volgens Zietsman (1992:83) is daar volgens die inspeksieverslae, gedurende di\u00e9 tyd, soms eers in standerd 4 met formele onderrig in Nederlands begin, en het die oorgrote meerderheid Afrikaners dus nooit werklike onderwys in die taal ontvang nie, aangesien slegs &#8216;n fraksie Afrikanerkinders by skoolho\u00ebr en matriek uitgekom het. Selfs prominente Afrikanerleiers, tydens die eeuwenteling, het dikwels bitter weinig, indien enige formele skoling geniet (vergelyk De Villiers 1936:220).<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-Default\"><span lang=\"DE\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">My eie oupa (gebore 1904, oorlede 1981) van moederskant is ook &#8216;n produk van die Engelse Kaapse regering- en onderwysstelsel \u2013 hy kon slegs Standerd 3 klaarmaak, daarna moes hy teen sy sin (al wenend) gaan skape oppas. Voorheen moes hy donkie-ore dra as hy nie Engels in die klas wou of kon praat nie. Sy vrou (gebore 1914, oorlede 1954) haal darem Standerd 6. Die briewe wat my Oupa wel latere jare geskryf het aan sy kinders was in Afrikaans, sonder spelfoute, wel met die kenmerkende \u00ff en nie y of die arga\u00efese ij nie.\u00a0<\/span>Sy spelkennis het hy uit Afrikaanse Christelike boeke opgedoen wat hy in sy vrye tyd gelees het.<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Ek beskik wel hier oor &#8216;n boekie deur ene Willem S. Logeman (&#8220;Professor in de Moderne Talen aan het Zuid-Afrik. College te Kaapstad&#8221;), geskryf te Zeepunt, Juli 1901, getiteld: &#8220;Leesboek en Grammatika met oefeningen, Voor den Vierden Standaard&#8221;. Wat onmiddellik opval is dat die boek geskryf is soos vir iemand wat in Engels onderrig word. Die Hollandse tekste wat vir oefeninge gebruik word, het Engelse opsommings vanaf bl. 195 tot 219. Daar is ook &#8216;n woordelys in die boekie wat tweetalig is (bl. 155 tot 194) &#8211; dis baie snaaks vir &#8216;n Nederlandse handboek. Nog iets: die vervoeginge van \u201eik bak, gij bakt, hij bakt, wij bakken, u bakt, zij bakken, jelui bakt of jullie bakken, u bakt, de heeren bakken, zullie \/ zij bakken\u201c word eers hier in Standerd 4 (Graad 6!) werklik behandel.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Wil jy nou wragtig vir my s\u00ea Hollands is eers vanaf die vierde standerd werklik geleer?! Waar is die verskeie passiewe vorme, die verledetydsvorm, die toekoms, die onbepaalde wyse (infinitief)? Waar is die onderskeid tussen die onvoltooide en voltooide onbepaalde wyse? Die gebiedende wyse (BAK!!)? Die voorwaardelike &#8220;zou bakken&#8221;? O, hier is &#8216;n paar van hulle. Maar min. Daar word net in hierdie palmgrootte boekie ( 17 x 12 x 1 cm ) van 223 bladsytjies (steekproef: hoogstens 33 re\u00ebltjies per blad van 8 woorde elk, merendeels met grafika wat die woordaantal drasties inkort) heel terloops genoem die subjunktief of aanvoegende wyse is vreemd in die alledaagse taal. En waar leer jy mense die uitspraak? Afrikaanse uitspraak is duidelik nie Nederlandse uitspraak nie \u2013 jy verwar net die kind.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">\u00a0Die boekie alleen sal mens kan help om baie, BAIE eenvoudige kinder-Nederlands miskien te lees &#8211; maar dit hou as die enigste, ALLERLAASTE taalhandboek op skool vir die kind alleen absoluut niks belowends in nie. Volgens Gerda Odendaal\u00a0\u00a0(2016:262): &#8220;Dat die bron in \u2019n bepaalde behoefte voorsien het, blyk daaruit dat dit tot 1907 verskeie uitgawes beleef het&#8221;. Odendaal spesifiseer nie die latere verdeling in Standerds nie, so ek is salig onbewus of jy later &#8216;n matriekhandboek vir\u00a0\u00a0Nederlands gekry het. Wag, ek kyk gou by Worldcat &#8211; Net Standerds 2 en 3 word hier gelys. Die oorspronklike boek van 1898 (vir alle standerds) was ook net 288 bladsye lank. Maar wat ons wel weet uit die syfers van 1901 en 1908 (sien bo):\u00a0\u00a0daardie &#8220;bepaalde behoefte&#8221; was maar MIN! Want daar was MIN leerlinge.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Van den Heever maak in sy biografie oor Hertzog doodseker ons verneem slegs tot 3 ure per week (1944: 185, 199, 224) is aan Nederlands afgestaan voor en net na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog onder Engelse bewind. Indien daar ooit streng by hierdie ure gehou is.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Met al hierdie wind van voor \u2013 wie sou dan ooit in Holland kon gaan studeer, laat staan nog sy doktorsgraad daar kon verwerf het? Wie sou nou &#8216;n kat se kans kon h\u00ea? Wel, ons liewe Genl.\u00a0<\/span>Dr. Barry Hertzog kon.<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">By die Victoria-kollege waar Hertzog sy B.A.-graad verwerf het, was slegs 1 uur per week aan Nederlands afgestaan, later sou dit 2 ure per week word (Van den Heever, 1944:36).\u00a0<span lang=\"DE\">Ten spyte van al hierdie hindernisse, kon hy wel na Amsterdam gaan in Augustus 1889, die aanvang van die nuwe akademiese jaar in Europa. Duidelik staan daar wel in Van den Heever se boek:\u00a0<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">Hy het Nederlands hier deeglik leer skrywe en praat, en veel later, soos die geval was met baie van sy geslag, sou hy met moeite\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">n suiwer Afrikaans skrywe, want die ingekerfde Nederlandse vorm sou steeds weer, deur die Afrikaanse heen, opduik<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">\u00a0(Van den Heever, 1944:42).\u00a0\u00a0Om Nederlands te leer skryf en praat het nie van nature gekom nie\u00a0\u00a0&#8211; nie n\u00e1 ongeveer 250 jaar van\u00a0<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">ongeletterdheid<\/span>&#8216;<span lang=\"DE\">\u00a0[of, afskeiding van die Hollands] wat sy eie loop in Suid-Afrika geneem het nie. Maar, Hertzog het deurgedruk. Let ook op die aantal jare wat hy in Nederland deurbring \u2013 dit noem ons &#8216;n taalbad.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Uiteindelik is sy proefskrif in 1892 afgehandel en aanvaar; in Nederlands. En Hertzog het gepromoveer. Blykbaar was hierdie prestasie nie &#8216;n alledaagse verskynsel nie, want die\u00a0<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">Stadsnieuws<\/span>&#8221;<span lang=\"DE\">\u00a0maak &#8216;n moerse ophef oor hierdie &#8220;jonge man&#8221; (soos oorgetik deur Van den Heever, 1944:43):<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">[&#8230;]<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">&#8220;De jonge man, die tot doctor in de rechtswetenschap werd bevorderd, is genaamd James Barry Munnik Hertzog en geboren te Wellington, in de Kaapkolonie. Toen hij drie jaren geleden uit Zuid-Afrika hierheen kwam, had hij reeds aan de universiteit der Kaap de Goede Hoop den graad van &#8220;Bachelor of Arts&#8221; behaald. Daar de graden aldaar verleend hier te lande worden erkend, is het aan de Kaapsche studenten gemakkelijk gemaakt hier verder te studeren.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">De heer Hertzog nu is de eerste Zuid-Afrikaander, die aan de Amsterdamsche Universiteit den doctorstitel heeft verworven, en het doet ons veel genoegen te kunnen melden, dat reeds een vrij aanzienlijk aantal zijner landgenoten, evenals hij, aan de Amsterdamsche Universiteit de voorkeur heeft gegeven. Onze Universiteit heeft blijkbaar in Zuid-Afrika geen slechten naam.&#8221;<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">[&#8230;]<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Dit was dus wel moontlik om Nederland te besoek met jou karige Nederlandse opleiding (hoewel Hertzog se ouers ook welgestelde mense was).<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">En tog, net voor Hertzog se terugkeer was hy steeds geen swaaier van die Prinsenvlag in Suid-Afrika nie. Getrou aan sy dialek [Afrikaans was teen die helfte van die 20ste eeu in die Webster nog so beskryf \u2013 Dutch dialect], skryf hy in die jaar 1891 aan die Amsterdamse Studenteweekblad waarvan stukke op 29 April, 6 Mei en 13 Mei geplaas is (vertaal deur Van den Heever, p. 44-47) die volgende:<\/span><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Dit pas by die Afrikaner-karakter en landsaard.\u00a0<\/span>Dit is &#8216;n hoogs analitiese taal net soos Engels.<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">[\u2026]<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Dit behoort mense te oortuig van die volslae astrantheid om te probeer om in Suid-Afrika &#8216;n taal in te voer wat so hoog sinteties is soos Nederlands met al die ingewikkeldheid en fraiings van verbuiging. Di\u00e9 poging is gedaan en sommige, wat nog nie die volledige mag van taal oor die denkwyse van &#8216;n volk deurgrond nie, hou daarmee aan. Hulle gees moet nog ontsluit word vir die groot feit in die wetenskap en in die taal dat ons in die vooruitgang van gemeenskap en mens eers die sintetiese en dan die analitiese het, eers die samegestelde en dan die eenvoudige. Hulle kan sekerlik nie onder die indruk verkeer van die waarheid dat van die analitiese taal &#8216;n teruggang is en aan die grense van die onmoontlike behoort nie; di\u00e9 verandering bring &#8216;n totale wysiging in die denk- en uitdrukkingsvermo\u00eb van &#8216;n volk. Ons kan, na aanleiding van die terugkeer na Nederlands, net so wel verwag om te sien dat &#8216;n rivier se stroom terugvloei. Dit laat trouens die Afrikaner se taal bloei ten spyte van sy kragtige en meerderwaardige mededinger, Engels; dit beloof aan laasgenoemde &#8216;n swaar en volgehoue stryd om baasskap in Suid-Afrika.<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">MAAR AFRIKAANS BLY OOK DEELS BEVRORE NEDERLANDS<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Afrikaans hoef nie as Fanag\u00f4lo-Nederlands beskou te word nie, maar eenvoudig &#8216;n ander rigting wat ingeslaan is. Soos Linux-rekenaartale; elkeen dien sy doel. Ek begryp al te goed die Afrikaner\/Boer soek die WARE JAKOB. Die 100% egte suiwer koffiebone. Die 100% suiwer goue Krugermuntstuk. Die 100% egte Coco Chanel. Die 100% egte Pierneef. Die 100% suiwer Nederlands, &#8221;soos dit destyds gepraat is&#8221;. Laasgenoemde is egter soos om rekenaars in die Middeleeue te gaan soek \u2013 dit het nie bestaan nie. As jy suiwer puristies te werk wil gaan, dan gaan jy eindig met &#8216;n taal waarmee skeepsjongens aanges\u00ea is om die hawens blink te poets met Sarel Skropborsel.\u00a0As jy nog nie tevrede daarmee is nie, gaan jy op Indogermaans afkom: skaflik genoeg vir mense wat in strooihutte bly en &#8216;n paar runderpesbeeste aanhou. Of dalk nog in die Steentydperk vasgevang sit. Dit is die spreekwoordelike MS-DOS in &#8216;n rekenaarw\u00eareld oorheers deur Java en Android. Jy kan ook maar net \u201csoveel\u201d daarmee doen.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Maar wat nou van die Franse daar doer bo in Quebec? Hulle gebruik tog &#8216;n taal GEBOU OP die 16de-eeuse Paryse dialek wat aansienlik minder lettergetrou uitgespreek word as moderne Standaardfrans. Ek het op YouTube by die kommentaar mense steen en been sien kla hulle kan, met al hul moeitevolle Franse klasse op middelbare skool, nie &#8216;n snars verstaan wat hierdie mense s\u00ea nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Maar Afrikaans het ook, net soos die taal in Quebecse Frans, sekere dele van die ou Nederlands behou wat in die Standaardnederlands vergete is.\u00a0\u00a0&#8221;V<span class=\"m_1760417065074387042gmail-st\">oortdurend\u00a0<\/span><em>zitten te slapen<\/em>\u201d in moderne Nederlands word vandag in Deens en Afrikaans nog albei los geskryf: \u201csit en slaap\u201d en \u201csidder og sover\u201d . Natuurlik weet ons dit beteken nie letterlik om te sit en slaap nie (iets wat ek by Duolingo opmerk veral die Britte mee kleitrap wat Deens leer, maar nie diegene wat sekere dialekte Amerikaans praat nie), want dit is die \u201cpresent continuous tense\u201d (-ing)\u00a0\u00a0van die werkwoordtyd wat in Afrikaans en Deens en Nederlands ontbreek. Maar Afrikaans kan soos Nederlands ook \u201caan die\u201d gebruik (&#8220;Ik ben aan het&#8221; + infinitief): \u201cEk is aan die werk, aan die slaap, aan die skrywe, aan die kook.\u201d\u00a0\u00a0So \u2018n mens kan in Afrikaans s\u00ea:\u00a0\u00a0\u201cEk is besig om die blomme nat te gooi\u201d, \u201cEk gooi (nou) die blomme nat.\u201d,\u00a0\u00a0\u201cEk is aan die blomme natgooi\u201d, \u201cEk staan en gooi die blomme nat\u201d of \u201cEk staan en blomme natgooi\u201d. Almal dui op die onvoltooide teenwoordige tyd.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">\u00a0Ek het ook agtergekom &#8221;weeluis&#8221;\u00a0\u00a0is &#8216;n arga\u00efsme wat in Afrikaans behoue gebly het \u2013 in Nederlands het die woord teen 1858 reeds verduits: \u201cbedwants\u201d, uit \u201c<em>Bettwanze<\/em>\u201d<em>\u00a0of\u00a0<\/em>\u201c<em>Bett-Wantze<\/em>\u201d<em>.<\/em><\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><em><span lang=\"DE\">Die oorlede Nederlandse digter, Gerrit Komrij, s\u00ea oor Afrikaans (in &#8216;n onderhoud teenoor Herman Wasserman): &#8221;Ek het dit oor die byna onomskryfbare gevoel dat Afrikaans gedeeltelik &#8216;n bevrore Nederlands is \u2013 nie versteen of doods \u2013 maar bevrore, gestol, in die tyd stilgeword, as jy in &#8216;n soort tydmasjien meteens gekonfronteer word met &#8216;n beeld uit &#8216;n ander tyd, met &#8216;n tafereel uit &#8216;n vergete provinsie.&#8221;<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><em><span lang=\"DE\">En nou wil ek afsluit deur die volgende vraag: Waarom kan ons Afrikaans net nie met rus laat nie? Waarom hom verwyt dat hy &#8216;n Fanagal\u00f4-Nederlands is? &#8216;n Onegte Nederlands? Kom ons herskryf net gou die vraag van vroe\u00ebr:<\/span><\/em><\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><span lang=\"DE\">Het ons Franse voorsate as ongeletterde plebs\/uitskot doodeenvoudig gesukkel om uiting te kon gee aan Klassieke en Volkslatyn &#8211; en toe die weg van n tipe &#8216;fanagalo&#8217;-Latyn gevolg waarmee hul hulself gemaklik kon vind?<\/span><\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><em><span lang=\"DE\">Tegnies gesproke het hierdie Fanagal\u00f4-Latyn, vir ons beter bekend as Frans, met verloop van jare magtiger as sy voorganger geword. Op talle terreine dwing Frans nog respek af, soos in Europa en Afrika. Ook by die Olimpiese Spele. Die Verenigde Nasies. En selfs in Japan. In die beginjare het hierdie \u201eLatyn\u201c in die skadu gebroei, onder volk en land wat Latyn aangeneem het, maar wat die stamtaal beslis nie na behore kon praat nie. Waar sou die Middeleeuse Franse romans ooit vir Vergilius se \u201cDie Aene\u00efs\u201d kon ewenaar? Op daardie stadium sou die Galli\u00ebrs nog net kon droom om soos die Romeinse keisers van weleer die w\u00eareld te besit.\u00a0\u00a0<\/span><\/em><em>Vir jare het hulle geglo hulle praat Romeins\/Romaans (langue romane).\u00a0<\/em><em><span lang=\"DE\">Op die vraag aan die geskiedkundige Ferdinand Lot \u201cWanneer het ons opgehou om Latyn in Galli\u00eb te praat?\u201d was sy lakonieke antwoord: \u201cNooit\u201d. Die Galliese inwoners het vas bly glo hulle praat presies dieselfde taal as hul voorouers (Latyn), maar binne enkele eeue was die taal onherkenbaar. Toe Karel die Grote die klasse in die Klassieke Latyn laat herleef, het mense gou begin besef hul gesproke Latyn lyk HOEGENAAMD nie dieselfde soos di\u00e9 van Vergilius en kie nie. Wat &#8216;n ontnugtering. Wat<\/span><\/em><span lang=\"DE\">\u00a0<\/span><em><span lang=\"DE\">&#8216;n geweldige skok.<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><em><span lang=\"DE\">Dit het lank geduur om van daardie tradisie weg te breek. Donders lank. Maar uiteindelik het Frans in die jaar 1539 (m\u00e9\u00e9r as &#8216;n anderhalf jaarduisend later!) die amptelike taal van die reg en administrasie van Frankryk geword, in die plek van Latyn.<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><em><span lang=\"DE\">Die Keltiese en Germaanse woordeskat toon duidelik hoe Frans ook eintlik maar &#8216;n hutspot van omliggende tale en dialekte was.\u00a0\u00a0Vergelyk byvoorbeeld die bekende \u201cleunstoel\u201d in Frans: fauteuil &gt; faudestueil &gt; faldist\u00f4l &gt; faldstuol &gt; valtstuol (Middelhoogduits\u00a0\u00a0vir &#8220;voustoel&#8221; of &#8220;klapstoel&#8221;).\u00a0<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><em><span lang=\"DE\">Latyn het van 3 woordgeslagte (manlik, vroulik en onsydig) en SOV-sinsbou \u201cversleg\u201d \/ \u201cveranalitiseer\u201d \/ \u201cvereenvoudig\u201c \/\u00a0\u00a0\u201cverwilder\u201d tot 2 woordgeslagte (manlik en vroulik) en SVO-sinsbou.\u00a0<\/span><\/em><em>Dit is Frans.\u00a0\u00a0<\/em><em><span lang=\"DE\">En dit is nog voordat mens insien hoe die woordbetekenisse ook boonop deur die eeue verander het!<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><em><span lang=\"DE\">Afrikaans het dus niks om oor skaam te wees nie, ewe min as Frans.<\/span><\/em><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoListParagraphCxSpFirst\">&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Suidpunt<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\"><b>Bronne:<\/b><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">Bergman, E.F. &amp; Renwick, W.H. 2008.\u00a0<i>Geography: people, places, and environment.<\/i>\u00a0Fourth Edition. New Jersey: Pearson Publishers, p. 275.<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Bos, R. 1941. Hoe het groeide: Het onderwijs in Nederlandsch-Indi\u00eb, Januari-Februari. (\u00a0<a href=\"https:\/\/web.archive.org\/web\/20130702101442if_\/http:\/62.41.28.253\/cgi-bin\/imageserver\/imageserver.pl?oid=FFHBID19410901-001-1941-0008&amp;key=&amp;getpdf=true\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/web.archive.org\/web\/20130702101442if_\/http:\/62.41.28.253\/cgi-bin\/imageserver\/imageserver.pl?oid%3DFFHBID19410901-001-1941-0008%26key%3D%26getpdf%3Dtrue&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNFHNh571OFqiAKcNgX3p_zHo1BCGg\">https:\/\/web.archive.org\/web\/<wbr \/>20130702101442if_\/http:\/\/62.<wbr \/>41.28.253\/cgi-bin\/imageserver\/<wbr \/>imageserver.pl?oid=<wbr \/>FFHBID19410901-001-1941-0008&amp;<wbr \/>key=&amp;getpdf=true<\/a>\u00a0\u00a0)<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Boucher, M. 1973.\u00a0<i>Spes in arduis: \u2018n geskiedenis van die Universiteit van Suid-Afrika<\/i>. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Cibois, P. 2015. Statistiques de la rentr\u00e9e, mais de l\u2019an dernier. (\u00a0<a href=\"http:\/\/enseignement-latin.hypotheses.org\/9059\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/enseignement-latin.hypotheses.org\/9059&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNEVjSH-cmTiirL2KZLoUr7wd0b52A\">http:\/\/enseignement-latin.<wbr \/>hypotheses.org\/9059<\/a>\u00a0\u00a0)<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">CNTRL.fr s.v. &#8221;fauteuil&#8221; (<\/span><a href=\"http:\/\/www.cnrtl.fr\/etymologie\/fauteuil\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/www.cnrtl.fr\/etymologie\/fauteuil&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNEByi9ZXxunu0nTSVN2RM1vQj4v9g\"><span lang=\"DE\">ht<\/span>tp:\/\/www.cnrtl.fr\/<wbr \/>etymologie\/fauteuil<\/a>\u00a0)<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">Dircksen, M. 2016. Reassessing Latin pedagogy : a proposed model for South African learners.\u00a0<i>Akroterion,\u00a0<\/i>61(1):59-73.<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">Hilton, J. 1982. Review.\u00a0<i>Akroterion<\/i>, 27(3-4): p. 152-156. (<a href=\"http:\/\/journals.co.za\/deliver\/fulltext\/akro\/27\/3-4\/535.pdf?itemId=\/content\/akro\/27\/3-4\/AJA03031896_534&amp;mimeType=pdf&amp;containerItemId=content\/journal\/akro\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/journals.co.za\/deliver\/fulltext\/akro\/27\/3-4\/535.pdf?itemId%3D\/content\/akro\/27\/3-4\/AJA03031896_534%26mimeType%3Dpdf%26containerItemId%3Dcontent\/journal\/akro&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNFujtfqGK3KHRvGmTAcsWB0KHX9ZQ\">http:\/\/journals.co.za\/<wbr \/>deliver\/fulltext\/akro\/27\/3-4\/<wbr \/>535.pdf?itemId=\/content\/akro\/<wbr \/>27\/3-4\/AJA03031896_534&amp;<wbr \/>mimeType=pdf&amp;containerItemId=<wbr \/>content\/journal\/akro<\/a>\u00a0)<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Laloli, Henk. 1994. Technisch onderwijs en sociaal-ekonomische verandering in Nederlands-Indi\u00eb\u00a0\u00a0en Indonesi\u00eb, 1900-1958.Scriptie Vakgroep Economische en sociale geschiedenis Universiteit van Amsterdam. (<a href=\"http:\/\/amsterdamhistorie.nl\/bestanden\/onderzoek\/Technisch%20onderwijs%20nederlands-indi%C3%AB.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/amsterdamhistorie.nl\/bestanden\/onderzoek\/Technisch%2520onderwijs%2520nederlands-indi%C3%AB.pdf&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNEhNwgnf6awoYMtg0XD8hR0QEJbDA\">http:\/\/amsterdamhistorie.nl\/<wbr \/>bestanden\/onderzoek\/Technisch%<wbr \/>20onderwijs%20nederlands-<wbr \/>indi\u00eb.pdf<\/a>\u00a0)<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">Langscape Maps. (\u00a0<span lang=\"DE\"><a href=\"http:\/\/langscape.umd.edu\/map.php\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/langscape.umd.edu\/map.php&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNH_U-01chbz9HuHCbtoeNaClsmvsQ\"><span lang=\"EN-ZA\">http:\/\/langscape.umd.edu\/map.<wbr \/>php<\/span><\/a><\/span>\u00a0)<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Logeman, W.S. 1901.\u00a0<i>Leesboek en Grammatika met oefeningen, Voor den Vierden Standaard<\/i>. Tweede nauwkeurig herziene druk. Kaapstad: Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Matthias Lexers Mittelhochdeutsches Taschenw\u00f6rterbuch. 1965. (1885) 31. Auflage. Stuttgart: S. Hirzel Verlag. s.v. &#8221;valtstuol&#8221;. S. 263.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Odendaal, G. 2016. Die\u00a0\u00a0rol\u00a0\u00a0van\u00a0\u00a0die\u00a0\u00a0US\u00a0\u00a0se\u00a0\u00a0Departement\u00a0\u00a0Afrikaans\u00a0\u00a0en\u00a0\u00a0Nederlands\u00a0\u00a0in\u00a0\u00a0die\u00a0\u00a0ontwikkeling\u00a0\u00a0van\u00a0\u00a0die\u00a0\u00a0Afrikaanse\u00a0\u00a0leksikografie:\u00a0\u00a0Die\u00a0\u00a0Nederlands-Afrikaans-stryd\u00a0\u00a0gedurende die aanvangsjare.\u00a0<i>Tydskrif vir Geesteswetenskappe,\u00a0<\/i>56 (1): 256-276<i>\u00a0<\/i>\u00a0(<a href=\"http:\/\/www.scielo.org.za\/pdf\/tvg\/v56n1\/16.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/www.scielo.org.za\/pdf\/tvg\/v56n1\/16.pdf&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNGB2KHNPH2MXZjcfuuuR4vfhk_g7w\">http:\/\/www.scielo.org.za\/<wbr \/>pdf\/tvg\/v56n1\/16.pdf<\/a>\u00a0)<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Paarl Gimnasium:\u00a0<a href=\"http:\/\/www.paarlgim.co.za\/index.php\/ons-skool\/geskiedenis\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/www.paarlgim.co.za\/index.php\/ons-skool\/geskiedenis&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNFReCfTFzVjef0mWU7pzm9zhDe0tA\">http:\/\/www.paarlgim.co.za\/<wbr \/>index.php\/ons-skool\/<wbr \/>geskiedenis<\/a><\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">Sacs High:\u00a0<a href=\"http:\/\/sacshigh.org.za\/about\/history\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/sacshigh.org.za\/about\/history\/&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNHm6PFAeYrvRLBNS6DD4QPVEv4M-w\">http:\/\/sacshigh.org.za\/about\/<wbr \/>history\/<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Scholtz, J. du P. 1939.\u00a0<i>Die Afrikaner en sy taal: 1806-1875.<\/i>\u00a0Kaapstad: Nasionale Pers.<i><\/i><\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span class=\"m_1760417065074387042gmail-reference-text\"><span lang=\"DE\">Steyn, J.C. 1980.\u00a0<i>Tuiste in eie taal<\/i>. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.<\/span><\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span class=\"m_1760417065074387042gmail-reference-text\"><span lang=\"DE\">UVS: Anton de Kom Universiteit van Suriname (\u00a0<a href=\"http:\/\/www.uvs.edu\/over-ons\/geschiedenis\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/www.uvs.edu\/over-ons\/geschiedenis\/&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNFrY7aKjfgfMeie1aApIkQzh-89bg\">http:\/\/www.uvs.edu\/over-ons\/<wbr \/>geschiedenis\/<\/a>\u00a0)<\/span><\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span class=\"m_1760417065074387042gmail-reference-text\"><span lang=\"DE\">Verne, J. 1864. Voyage au centre de la terre. (\u00a0<a href=\"http:\/\/www.gutenberg.org\/cache\/epub\/4791\/pg4791-images.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/www.gutenberg.org\/cache\/epub\/4791\/pg4791-images.html&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNG8ZRzURZqb3AuMmd6Zac840YlCmQ\">http:\/\/www.gutenberg.org\/<wbr \/>cache\/epub\/4791\/pg4791-images.<wbr \/>html<\/a>\u00a0):<\/span><\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span class=\"m_1760417065074387042gmail-reference-text\"><span lang=\"DE\">Van den Heever, C.M. 1944. 2de druk.\u00a0<i>Generaal J.B.M. Hertzog.<\/i>\u00a0Johannesburg: A.P.-boekhandel.<\/span><\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Van Eeden, P. 1995.\u00a0<i>Afrikaans hoort by Nederlands: ons Afrikaanse taalverdriet.<\/i>\u00a0S.l.: Brevitas. (<\/span><a href=\"http:\/\/www.afrikaans.nu\/afrikaans_hoort_by_nederlands.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/www.afrikaans.nu\/afrikaans_hoort_by_nederlands.pdf&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNGd6uaE0OlXyTAnj0e-zRGgEixXTQ\">http:\/\/www.afrikaans.nu\/<wbr \/>afrikaans_hoort_by_nederlands.<wbr \/>pdf<\/a>\u00a0)<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">Van Maris, B. 2017. Hoe net over de grens razendsnel een unieke taal ontstond.\u00a0<span lang=\"DE\"><a href=\"http:\/\/nrc.nl\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/NRC.NL&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNGzbjJ6uLqnk4DhU_JHc7GFmbm3Fw\">NRC.NL<\/a>\u00a0(\u00a0<a href=\"https:\/\/www.nrc.nl\/nieuws\/2017\/02\/17\/hoe-net-over-de-grens-razendsnel-een-nieuwe-taal-ontstond-6727658-a1546528\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.nrc.nl\/nieuws\/2017\/02\/17\/hoe-net-over-de-grens-razendsnel-een-nieuwe-taal-ontstond-6727658-a1546528&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191404000&amp;usg=AFQjCNFnXOSw3Bsq2rhZJ4s-t6PiN8tlPg\">https:\/\/www.nrc.nl\/nieuws\/<wbr \/>2017\/02\/17\/hoe-net-over-de-<wbr \/>grens-razendsnel-een-nieuwe-<wbr \/>taal-ontstond-6727658-a1546528<\/a>\u00a0\u00a0)<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Van Reybrouck, D. 2010.\u00a0<i>Congo: een geschiedenis<\/i>. Amsterdam: De bezige bij. pp. 231-242.<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">Waquet, F. 2001 (1998).\u00a0<i>Latin or the empire of a sign: from the sixteenth to the twentieth centuries<\/i>. Translated by John Howe. London: Verso, p. 32:<\/p>\n<table class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoTableGrid\" border=\"1\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"0\">\n<tbody>\n<tr>\n<td valign=\"top\" width=\"616\">\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">In the case of France the dominant impression was of similarity, with equal fluency in composition of both prose and vers; (Matthew) Arnold was impressed, however, by the amount of homework French children turned out, owing to the freer use of anthologies an a purely mechanical grounding in grammar. In Prussia, he was intrigued by the use of spoken Latin among teachers and pupils (although he noticed that the practice was in decline): young Prussians possessed enviable vocabulary and fluency, which also enabled them to read very extensively; but their composition, by contrast, lacked the elegant classical style that their French and English temporaries were taught to reproduce, the finish that the abler pupils from the better public schools could give their Latin verse.<\/p>\n<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">Wasserman, H. 2001. &#8221;Vrees God en hou jou kruit droog&#8221;.\u00a0<i>Beeld,\u00a0<\/i>26 Julie:2. (Opgeneem in Unisa-Leesbundel vir AFK3043: T<span lang=\"DE\">aalvariasie en taalpolitiek).<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\">Wikipedia:<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\"><a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/C.J._Langenhoven\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/C.J._Langenhoven&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNFNeym5ZAl_DyyP9rx1esPp8bP81A\">https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>C.J._Langenhoven<\/a><\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\"><a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Litaus\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Litaus&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNFaSeX5F8JJ5iFZQCwlprjnT7tVhw\">https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Litaus<\/a>\u00a0(&#8216;n vertaling van die Duitse weergawe)<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\"><a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Weeluis\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Weeluis&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNGCCankOkOZpfXfKPEPVYKAc_OZsw\">https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Weeluis<\/a>\u00a0(my eie navorsing omtrent die woordherkoms is daar geplaas)<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><a href=\"https:\/\/de.wikipedia.org\/wiki\/Litauische_Sprache\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/de.wikipedia.org\/wiki\/Litauische_Sprache&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNEHK3BIhsfpYB-yO5t1wddfRgoQNg\">https:\/\/de.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Litauische_Sprache<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><span lang=\"DE\"><a href=\"https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/%C3%89volu%C3%A9\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/%25C3%2589volu%25C3%25A9&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNHuFMbMJ19eDhEr4DpzqKQIkbaNcQ\">https:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>\u00c9volu\u00e9<\/a>\u00a0(&#8216;n vertaling van die Franse weergawe)<\/span><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><a href=\"https:\/\/fr.wikipedia.org\/wiki\/%C3%89volu%C3%A9\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/fr.wikipedia.org\/wiki\/%25C3%2589volu%25C3%25A9&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNFjgzpp01XtMYJmrNu5MoZ6bPMb-w\">https:\/\/fr.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>\u00c9volu\u00e9<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><a href=\"https:\/\/fr.wikipedia.org\/wiki\/Gallo-roman_(langue)\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/fr.wikipedia.org\/wiki\/Gallo-roman_(langue)&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNFBMaHd46diW4iCEGDrGD0dn3mEBA\">https:\/\/fr.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Gallo-roman_(langue)<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><a href=\"https:\/\/fr.wikipedia.org\/wiki\/Ordonnance_de_Villers-Cotter%C3%AAts\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/fr.wikipedia.org\/wiki\/Ordonnance_de_Villers-Cotter%25C3%25AAts&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNFM9vJwUPMsiuXZFE1PbXm0FGqsJA\">https:\/\/fr.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Ordonnance_de_Villers-<wbr \/>Cotter\u00eats<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><a href=\"https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Leerplicht\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Leerplicht&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNGQpTtJ4TBtXoMPcQGFyxUmbYHZow\">https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Leerplicht<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><a href=\"https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Limburgs\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Limburgs&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNFi4iZ8X-tZqOLDgpAwfOdKp5D83w\">https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Limburgs<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><a href=\"https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Nederlandse_dialecten#Indeling_van_de_dialecten\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Nederlandse_dialecten%23Indeling_van_de_dialecten&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNE4k01pkzMNJnMgzdGzg7vND7XKDg\">https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Nederlandse_dialecten#<wbr \/>Indeling_van_de_dialecten<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><a href=\"https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Onderwijs_in_Nederlands-Indi%C3%AB\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Onderwijs_in_Nederlands-Indi%25C3%25AB&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNGhQxFI2MpotOEwRVXoCbjCZTFtUg\">https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Onderwijs_in_Nederlands-Indi\u00eb<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><a href=\"https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Technische_Hogeschool_Bandoeng\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Technische_Hogeschool_Bandoeng&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNF7m6VU6ANoUNjo_kxJqZynf8vPJQ\">https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Technische_Hogeschool_Bandoeng<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\"><a href=\"https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Universitas_Indonesia\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Universitas_Indonesia&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNFnxpwSlfGLpYzzjSVIJ71LR75XlQ\">https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/<wbr \/>Universitas_Indonesia<\/a><\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNoSpacing\">Youtube:<\/p>\n<p class=\"m_1760417065074387042gmail-MsoNormal\">Gordy, T. 2015. Je devine des expressions quebecois!\u00a0<span lang=\"DE\">(\u00a0<\/span><a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=AgcP4_2btU0\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.youtube.com\/watch?v%3DAgcP4_2btU0&amp;source=gmail&amp;ust=1512584191405000&amp;usg=AFQjCNHrzSM-L5Tw6yOLQwlmZabLzsUuDQ\"><span lang=\"DE\">https:\/\/www.youtube.com\/watch?<wbr \/>v=AgcP4_2btU0<\/span><\/a>\u00a0<span lang=\"DE\">\u00a0) Opgelaai: 13 Junie 2015.\u00a0<\/span>Kommentaar benede:\u00a0I learned French at school for 7 years, but I can&#8217;t understand Canadian French at all! Maybe only 5 percent! \/ i&#8217;m in my 6th year of studying it and i can get the main idea, but only if they&#8217;re also very expressive with their actions, otherwise it&#8217;s a blur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Een van PRAAG se getroue lesers, op Disqus bekend as Sussie se Vissie, wou weet waarom die Afrikaner\/Boer so maklik die Hollandse kultuurtaal, waarop hy tog so heilig was, so maklik kon prysgee vir Afrikaans. Wat sou die rede hiervoor wees? Dit volg na aanleiding van Leon Lemmer se resensie &#8211;\u00a0Wannie Carstens se &#8216;Storie van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":100044,"featured_media":45101,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,23531],"tags":[167,24230,16674,10160,24229],"class_list":["post-45100","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-suidpunt","tag-afrikaans","tag-dooie-taal","tag-latyn","tag-nederlands","tag-taalverandering"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45100","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100044"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45100"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45100\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45101"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45100"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45100"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45100"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}