{"id":45016,"date":"2017-11-16T12:41:46","date_gmt":"2017-11-16T10:41:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=45016"},"modified":"2017-11-16T12:41:46","modified_gmt":"2017-11-16T10:41:46","slug":"europese-lp-eis-dat-sa-plaasmoorde-bo-aan-die-sakelys-geplaas-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=45016","title":{"rendered":"Europese LP eis dat SA plaasmoorde bo-aan die sakelys geplaas word"},"content":{"rendered":"<p class=\"ingress\">Janice Atkinson, &#8216;n onafhanklike Lid van die Europese Parlement vir die Suid-Oostelike streek van Engeland, asook &#8216;n vorige lid van die UK Independence Party (UKIP), het &#8216;n parlement\u00eare stemming aangevra waarin plaasmoorde in Suid-Afrika veroordeel word.<\/p>\n<p>Haar mosie teen plaasmoorde is egter deur &#8216;n meerderheid verwerp. Sy het ges\u00ea die situasie in Suid-Afrika bly uiters ernstig. Sy het beskryf hoe sy by die betoging teen plaasmoorde op #SwartMaandag aangesluit het.<\/p>\n<p>Sy het &#8216;n debat oor die aangeleentheid voorgestel en het &#8216;n verklaring van die EU-kommissie sowel as die Europese Raad gevra. Atkinson het voorgestel dat plaasmoorde as die eerste item op die sakelys opgeneem word.<\/p>\n<p>&#8220;Om &#8216;n boer in Suid-Afrika te wees, is een van die gevaarlikste beroepe in die w\u00eareld,&#8221; het Atkinson uitgewys. Sy het bygevoeg dat daar &#8220;groot kommer oor die funksionering van die polisie&#8221; was, wat &#8220;vreemd genoeg blyk nie &#8216;n probleem vir die internasionale gemeenskap te wees nie&#8221;.<\/p>\n<p>Die voormalige Konserwatiewe Party-lid, wat uit UKIP geskors is, het in 2015 by die nuutgevormde groep in die Europese Parlement, Europa van Nasies en Vryheid aangesluit. Sy het vandeesweek die mosie voorgestel.<\/p>\n<p>Europa van Nasies en Vryheid is &#8216;n politieke groep in die Europese Parlement met 37 lede, die kleinste in die Europese Parlement. Die grootste party van die groep volgens sy aantal lede is die Franse Nasionale Front (Front National) wat byna die helfte van ENV se lede in die EP verteenwoordig, met 17 lede uit 40.<\/p>\n<p>Die ENV is die parlement\u00eare groep van die Beweging vir &#8216;n Europa van Nasies en Vryheid, alhoewel die PVV se lede van die Europese Unie lid is van die Europese Alliansie vir Vryheid en ander lede van die EP sonder enige Europese affiliasies verkeer.<\/p>\n<p>Marine Le Pen het aangekondig dat &#8216;n nuwe groep in die Europese Parlement van stapel gestuur sal word met verteenwoordiging uit sewe verskillende lidlande.<\/p>\n<p>Tydens die partykongres van die Alternatief vir Duitsland (AfD) op 30 April 2016 is aangekondig dat Marcus Pretzell, &#8216;n EP-lid, by die ENV-groep sou aansluit.<\/p>\n<p>Atkinson, wat ook &#8216;n assosiaat van die Amerikaanse Wetgewende Uitruilraad (ALEC) is, het parlementari\u00ebrs gestriem omdat hulle nie standpunt inneem teen die grootskaalse menseregteskendings wat tans in Suid-Afrika plaasvind nie.<\/p>\n<p>Intussen het die Suid-Afrikaanse polisiewoordvoerder, mnr. Fikile Mbalula, ges\u00ea hy is nie bewus van enige versoeke dat plaasmoordstatistieke beskikbaar gestel sal word nie, ondanks verskeie versoeke van di\u00e9 aard.<\/p>\n<p>&#8220;Ons moet nooit die indruk wek dat daar sekere dinge is waarvoor ons weghardloop nie,&#8221; het Mbalula oneerlik ges\u00ea. &#8220;As daar iets ooreengekom is, moet ons dit eerbiedig.&#8221;<\/p>\n<p>Mbalula het egter ges\u00ea dat sulke misdaadsyfers en debatte oor plaasmoorde sou beteken dat hulle &#8220;nuttelose dinge&#8221; verdedig.<\/p>\n<p>&#8220;Ek wil nie nuttelose gevegte aanpak nie,&#8221; het hy ges\u00ea nadat die Vryheidsfront Plus-party die polisie gekritiseer het omdat hulle nie spesifieke getalle plaasmoorde en aanvalle verskaf het nie, soos hulle belowe het om te doen.<\/p>\n<p>Die Transvaalse Landbou-unie SA (TLU SA) het ges\u00ea die misdaadstatistieke het sleg met die situasie in dieselfde tydperk verlede jaar vergelyk.<\/p>\n<p>Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA, het gewaarsku dat die situasie buite beheer was. &#8220;Die situasie op Suid-Afrikaanse plase en kleinhoewes is krities en dit is duidelik dat die SAPD se landelike veiligheidstrategie nie gunstige resultate lewer nie,&#8221; het Geldenhuys ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die TLU s\u00ea dat blanke boere buite verhouding met sulke aanvalle geteiken word. Die geweld wat uitgeoefen word, is ook dikwels buitensporig wreed, met die slagoffers wat sadisties gemartel word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Janice Atkinson, &#8216;n onafhanklike Lid van die Europese Parlement vir die Suid-Oostelike streek van Engeland, asook &#8216;n vorige lid van die UK Independence Party (UKIP), het &#8216;n parlement\u00eare stemming aangevra waarin plaasmoorde in Suid-Afrika veroordeel word. Haar mosie teen plaasmoorde is egter deur &#8216;n meerderheid verwerp. Sy het ges\u00ea die situasie in Suid-Afrika bly uiters [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":45017,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,53,5],"tags":[24213],"class_list":["post-45016","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-janice-atkinson"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45016","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45016"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45016\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45017"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45016"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45016"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45016"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}