{"id":4501,"date":"2009-03-24T03:23:50","date_gmt":"2009-03-24T03:23:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4501"},"modified":"2009-03-24T03:23:50","modified_gmt":"2009-03-24T03:23:50","slug":"zimbabwe-moet-eers-hervorm-voor-hulp-invloei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4501","title":{"rendered":"Zimbabwe moet eers hervorm voor hulp invloei"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Zimbabwe se $5 miljard (omtrent R50 miljard) korttermyn ekonomiese herstelplan wat die week bekendgemaak is, lyk asof dit vir seker gaan misluk tensy wet en orde weer herstel word, soos die internasionale skenkers vereis.<\/p>\n<p> President Robert Mugabe, die Zanu-PF leier en Tendai Biti, die minister van finansies van die MDC, het &lsquo;n podium gedeel in Harare terwyl Mugabe die buitelyne van die plan geskets het, wat insluit &lsquo;n einde aan prysbeheer en die verligting van buitelandse beheer en investering spesifiek in landbou en infrastruktuur.<\/p>\n<p> Biti het gepraat daarvan dat Zimbabwe dalk die rand as geldeenheid kan aanvaar, maar het beklemtoon dat wet en orde weer herstel moet word voor ekonomiese herstel moontlik is.<\/p>\n<p> Maar tot die verrassing en teleurstelling van baie mense in die koalisieregering, en ook Suid-Afrika, op wie Morgan Tsvangirai gereken het vir vinnige hulp, vra Westerse skenkers bewyse dat wet en orde herstel is voordat hulle groot geld in die land gaan inpomp.<\/p>\n<p> Owerhede het ges&ecirc; dat Tito Mboweni, SA se reserwebankgoewerneur en Trevor Manuel, die minister van finansies, ook huiwerig is om geld aan Zimbabwe beskikbaar te maak terwyl Gideon Gono die hoof van die reserwebank daar bly.<\/p>\n<p> Gono se wilde beleidsbesluite word gesien as rede vir die chaotiese ekonomie in die land.<\/p>\n<p> &lsquo;n Minister in die nuwe regering wat anoniem wil bly het ges&ecirc;: &ldquo;Niks konkreets is sover op ooreen gekom met Suid-Afrika nie. Dit is effens teleurstellend na die rol wat hulle gespeel het om die koalisieregering in plek te kry, ons sou verwag dat hulle vinnig sou optree en te help om hulle skepping te stabiliseer.&rdquo;<\/p>\n<p> In &lsquo;n dramatiese verandering van sy gewone &ldquo;Ons sal dit alleen regkry&rdquo; verklaring, het Mugabe die week &lsquo;n passievolle versoek gerig vir internasionale hulp om in werking te tree om sy land se ekonomie wat al beter dae gesien het te help.<\/p>\n<p> Maar &lsquo;n senior IMF-beampte het aan &lsquo;n vergadering van burgerlike organisasies ges&ecirc;: &ldquo;Ons kan nie net intree en help om die begroting te versterk nie. Ons wil gesonde beleidsveranderinge sien gebeur.&rdquo;<\/p>\n<p> Skandinawiese skenkers, van wie Zimbabwe verwag het om meer simpatiek te wees, hou ook terug op die hulpfondse.<\/p>\n<p> Dit wil voorkom asof Mugabe werklike veranderinge sal moet maak voordat die hulpkrane oopgedraai gaan word.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">play free games online now without downloading<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/fakty.ua\/246431-prokuratura-harkovcshiny-podozrevaet-otca-v-ubijstve-trehletnego-syna\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Zimbabwe se $5 miljard (omtrent R50 miljard) korttermyn ekonomiese herstelplan wat die week bekendgemaak is, lyk asof dit vir seker gaan misluk tensy wet en orde weer herstel word, soos die internasionale skenkers vereis. President Robert Mugabe, die Zanu-PF leier en Tendai Biti, die minister van finansies van die MDC, het &lsquo;n podium gedeel in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[21089,21108],"class_list":["post-4501","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-nuus","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4501","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4501"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4501\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4501"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4501"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4501"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}