{"id":44924,"date":"2017-10-30T20:58:53","date_gmt":"2017-10-30T18:58:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44924"},"modified":"2017-10-30T21:00:28","modified_gmt":"2017-10-30T19:00:28","slug":"swart-maandag-afrikaners-staan-saam-teen-onophoudelike-plaasmoorde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44924","title":{"rendered":"Swart Maandag: Afrikaners staan saam teen onophoudelike plaasmoorde"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-44926\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/maandag-300x169.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"169\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/maandag-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/maandag-768x432.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/maandag-1024x576.jpg 1024w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/maandag-148x83.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/maandag-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/maandag-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/maandag-382x215.jpg 382w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/maandag-1200x675.jpg 1200w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/maandag.jpg 1280w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Regoor die land het Afrikaners vandag swart aangetrek uit protes teen plaasmoorde en ter ondersteuning van boere en hulle families wat vlaag op vlaag van plaasaanvalle en moorde moet trotseer.<\/p>\n<p>Die aksie vorm deel van die landswye \u2018Swart Maandag\u2019-protesaksies teen die voortgesette moorde van plaasboere.<\/p>\n<p>Ondersteuners het nie net swart aangetrek nie, maar ook die hoofpaaie toegemaak met hulle voertuie, trekkers en werktuie.<\/p>\n<p>By Klapmuts waar \u2018n jong boer, Joubert Conradie, onlangs vermoor is, was daar veral goeie ondersteuning vir die veldtog. Dit was juis sy dood wat gelei het tot die oproep dat openbare protes gehou moet word.<\/p>\n<p>Daar was &#8216;n groot verkeersopeenhoping op die R59 naby Redan in die Vaaldriehoek, waar sowat 180 voertuie die pad blokkeer het. Dit is &#8216;n betoging teen die regering se gebrek aan aksie ten opsigte van plaasmoorde en misdaad in die algemeen, het die organiseerders ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die ontevredenes het ges\u00ea die pad sal eers oopmaak sodra die burgemeester hul memorandum ontvang het.<\/p>\n<p>Die polisie het die beswaarmakers op die R59 naby Redan gevra om een baan vir verkeer oop te maak, maar die groep het geweier. \u2018n Polisiehelikopter het oor die gebied gehang en daar was ook \u2018n sterk polisieverteenwoordiging op die grond.<\/p>\n<p>Sommige van die motoriste het meer as \u2018n uur in die verkeer, wat deur die protesaksie veroorsaak is, gesit, maar skynbaar nie omgegee nie. Die meeste het gevoel dit is belangrik dat die aksie deur soveel moontlik mense ondersteun word.<\/p>\n<p>Verkeer op die N4-snelweg na Rustenburg is vandag erg ontwrig deur honderde plaaslike inwoners wat hulle stem dik gemaak het teen plaasmoorde.<\/p>\n<p>Die tolpad is by die Brits-afrit deur verskeie voertuie versper en die verkeer het vir kilometers opgehoop.<\/p>\n<p>Sommige ondersteuners op die toneel het aan die plaaslike koerant die Kormorant ges\u00ea, hulle glo dat die protesaksie geen reaksie by die plaaslike regering sal uitlok nie , maar dat die buiteland hopenlik sal sien wat in Suid-Afrika gebeur.<\/p>\n<p>Die protesaksie is deur die bank as persoonlik ervaar, aangesien talle mense iemand ken wat al onder \u2018n plaasaanval deurgeloop het.<\/p>\n<p>Hulle voel ook dat plaasaanvalle alle burgers van Suid-Afrika raak aangesien daar geen kos sal wees as daar geen boere is nie. Groot getalle toeskouers het die protesaksie naby Brits van die brug af dopgehou.<\/p>\n<p>Die polisie het die vreedsame protesaksie gemonitor, terwyl verkeersbeamptes die vloei van verkeer probeer beheer het.<\/p>\n<p>Brits en Hartbeespoort is van die brandpunte van plaasaanvalle lui \u2018n verslag oor plaasmoorde wat die polisie verlede week aan die Vryheidsfront Plus verskaf het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Regoor die land het Afrikaners vandag swart aangetrek uit protes teen plaasmoorde en ter ondersteuning van boere en hulle families wat vlaag op vlaag van plaasaanvalle en moorde moet trotseer. Die aksie vorm deel van die landswye \u2018Swart Maandag\u2019-protesaksies teen die voortgesette moorde van plaasboere. Ondersteuners het nie net swart aangetrek nie, maar ook die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44925,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[24194],"class_list":["post-44924","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-swart-maandag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44924","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44924"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44924\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44925"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44924"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44924"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44924"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}