{"id":449,"date":"2007-05-18T08:57:44","date_gmt":"2007-05-18T08:57:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=449"},"modified":"2007-05-18T08:57:44","modified_gmt":"2007-05-18T08:57:44","slug":"de-la-rey-liedjie-of-strydkreet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=449","title":{"rendered":"&#8216;De la Rey&#8217; &#8211; liedjie of strydkreet?"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Volgens die eerste spreker, Errol Smith, Kommunikasiebestuurder van ABSA se groepsuitvoerende hoof, &ldquo;is debat en spraakvryheid in ons land nou belangriker as ooit&rdquo;. Hy het ges&ecirc; dat ABSA glo dat die liedjie toon hoe ver Suid-Afrika al as demokrasie gevorder het en wat nog steeds in die land vermag moet word. Hy het die &quot;heavy metal&quot;-orkes Anthrax aangehaal, &ldquo;If we were blind and had no choice, would we hate each other with the tone of our voice?&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Dr. Theuns Eloff, rektor van die Noordwes-universiteit, het gemeen dat &ldquo;De la Rey&rdquo; as &rsquo;n verrassing gekom het. &ldquo;Enersyds is mense bang dat dit die regse Boeretipes mag inspireer &ndash; wat vergesog is. Andersyds kan dit as anti-swart gesien word, maar die woorde en die inslag weerspreek di&eacute; interpretasie,&rdquo; het hy ges&ecirc;. &ldquo;Dis &rsquo;n nostalgiese, historiese ballade &ndash; nie &rsquo;n revolusion&ecirc;re lied nie.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Matshikiza was van mening dat &ldquo;De la Rey&rdquo; meer as &rsquo;n lied is en dat daar altyd &rsquo;n bedekte boodskap in die geskiedenis is. &ldquo;Die Boere is opgevoed om kaffers te haat en die kaffers om Boere te haat,&rdquo; het hy ges&ecirc;.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Hy het voorts beweer dat &ldquo;De la Rey was per ongeluk gewild weens die groter koopkrag van blankes en Boere. Die blankes doen steeds &rsquo;n beroep op (generaal Koos) de la Rey om hulle uit die swart land na die Beloofde Land te lei.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Die sangeres Karen Zoid het aanvanklik geargumenteer dat die skrywers van die lied wat deur Bok van Blerk gesing word niks polities bedoel het nie, maar die persepsie rondom &ldquo;De la Rey&rdquo; is die probleem. &ldquo;Wat &rsquo;n verspotte ding om te s&ecirc;. Wat s&ecirc; hierdie lied vir ons mense?&rdquo; het sy opgemerk. &ldquo;Ek is &rsquo;n Christen en ek glo dat mag in taal gesetel is. Bok, waar is jy vanaand?&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Dr. Dan Roodt, redakteur van die Praagwebblad, het Zoid se stelling weerl&ecirc;. &ldquo;Totdat hierdie liedjie op die toneel verskyn het, is ons (die Afrikaners) uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis verwyder. &lsquo;De la Rey&rsquo; druk die pessimisme van &rsquo;n sterwende volk uit. Soos &rsquo;n ander sanger onlangs gesing het, &lsquo;My Sarie Marais is dood. Sy l&ecirc; iewers in &rsquo;n sloot.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">&ldquo;&lsquo;De la Rey&rsquo; is nostalgies want dit verwys na &rsquo;n tyd toe die Afrikaner steeds geveg het, op &rsquo;n manier is ons nou oorwin,&rdquo; het hy bygevoeg.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">Die dramaturg Mike van Graan beskou &ldquo;De la Rey&rdquo; as &rsquo;n hulpkreet aan die voorouers. Volgens hom ervaar Suid-Afrikaners &rsquo;n gebrek aan leierskap in ons samelewing. &ldquo;Hoe streef ons tegelyk geregtigheid en versoening na?&rdquo; het hy gevra. &ldquo;Nou ervaar ons die trauma van die oorgang en beskik oor geen leier om ons daardeur te lei nie. Mense vind daarom &rsquo;n soort leierskap in die liedjie. Maar ons behoort dit nie te oorbeklemtoon nie, dis geen politieke propaganda nie.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Volgens &rsquo;n meningsartikel deur Antjie Krog, is die onderskeid tussen reg en verkeerd in vandag se samelewing dubbelsinnig. &ldquo;Moet ons sleg wees, sodat hulle goed kan wees?&rdquo; vra sy.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Eloff het voorts verklaar dat Suid-Afrikaners nie karikature van die verlede behoort te skep om ons huidige vrese te besweer nie. Hy verskil van Van Graan dat ons nie &lsquo;De la Rey&rsquo; behoort te gebruik om mense op te sweep nie. &ldquo;Maar jy kan nog steeds die liedjie geniet &ndash; ons is &rsquo;n re&euml;nboognasie wat verskeidenheid en eenheid in Suid-Afrika nastreef,&rdquo; het hy bygevoeg. Dis in antwoord op di&eacute; stelling dat Matshikiza &ldquo;re&euml;nboog se moer&rdquo; ges&ecirc; het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">&ldquo;Een mens se held is &rsquo;n ander se verdrukker,&rdquo; het Zoid opgemerk. &ldquo;Jong kinders staan op aandag met die ou Suid-Afrikaanse vlag wat hoog gehou word as hulle &lsquo;De la Rey&rsquo; hoor, maar hulle het geen benul waarmee hulle besig is nie. N&aacute; elke politieke beweging volg &rsquo;n kunstenaarsbeweging.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Roodt het ges&ecirc;: &ldquo;Buitelandse ambassades erken nie eens dat daar Afrikaners in Suid-Afrika oor is nie. &lsquo;De la Rey&rsquo; herinner mense daaraan dat ons steeds bestaan. Ons is monsters, maar nie die grootste monsters nie.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Volgens Van Graan het die hele probleem ontstaan omdat Suid-Afrikaners mekaar nie ken en verstaan nie. &ldquo;Ek dink dat &lsquo;De la Rey&rsquo; oordryf word, miskien neem ons dit te ernstig op.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Eloff het bygevoeg dat dat die liedjie sal verbygaan. &ldquo;Ek wil die stelling maak dat dit uiteindelik meer goed as kwaad sal doen.&rdquo;<\/p>\n<div align=\"justify\">\n<p><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Elsab&eacute; Zietsman, die bekende sangeres wat ook die debat bygewoon het, het ges&ecirc; dat die liedjie nie as &rsquo;n volkslied geskryf is nie, maar om geld te maak.<\/span><\/p>\n<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u043c\u0435\u0434\u0438\u0446\u0438\u043d\u0441\u043a\u0430\u044f \u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 86<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/12.02.2017\/v_harkovskoy_oblasti_naznachen_rukovoditel_mestnoy_prokuratury\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: center; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/MGpaneel2.JPG\" width=\"482\" height=\"155\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Vlnr: Eloff, Matshikiza, Zoid, Roodt, Van Graan, Perlman<\/div>\n<\/div>\n<p>&ldquo;Re&euml;nboog se moer. Die blanke bevolking is meer bevoorreg as ooit,&rdquo; was John Matshikiza, akteur, skrywer en regisseur, se antwoord op &rsquo;n stelling dat mense steeds die omstrede liedjie &ldquo;De la Rey&rdquo; kan geniet.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\">Die De la Rey-verskynsel is bespreek tydens &rsquo;n debat van die Critical Thinking Forum wat vandeesweek deur die koerant <em>The Mail &amp; Guardian<\/em> en ABSA in Johannesburg gere&euml;l is. Matshikiza was lid van &rsquo;n paneel van bekendes wat genooi is om hul menings oor &ldquo;Die sin van &lsquo;De la Rey&rsquo;&rdquo; te lug.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">John Perlman, die bekende joernalis en aanbieder, het as fasiliteerder opgetree, maar had sy hande vol om te keer dat die debat geheel en al in &rsquo;n rasse-argument verval.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[581,175,21089],"class_list":["post-449","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-de-la-rey-liedjie-of-strydkreet","tag-afrikaanse-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/449","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=449"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/449\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=449"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=449"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=449"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}