{"id":44780,"date":"2017-10-02T08:24:36","date_gmt":"2017-10-02T06:24:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44780"},"modified":"2017-10-02T08:27:12","modified_gmt":"2017-10-02T06:27:12","slug":"regse-betoging-in-swede-maak-internasionaal-opslae","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44780","title":{"rendered":"Regse betoging in Swede maak internasionaal opslae"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Optog deur die Nordiska motstandsr\u00f6relsen (NMR), oftewel die Nordiese Weerstandsbeweging, het Saterdag in Gotenburg, die land se tweede grootste stad na Stockholm, wye mediadekking van regoor die w\u00eareld ontvang, waaronder die BBC, Associated Press en die Israelse koerant <em>Haaretz<\/em> wat dikwels berigte met die <em>New York Times<\/em> deel.<\/p>\n<p>Die NMR het al voorheen betogings voor die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm gehou om beswaar te maak teen die &#8220;blanke volksmoord&#8221; in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Volgens die NMR se eie webblad, was Saterdag se opmars &#8220;die grootste nasionale byeenkoms in Gotenburg in die moderne tyd&#8221;.<\/p>\n<p>Ongeveer 600 NMR-betogers het vir die geleentheid wat as &#8220;Opstand teen die verraaiers&#8221; bekendgestaan het, opgedaag terwyl die organiseerders eintlik &#8216;n duisend verwag het. Hulle was almal in swart geklee, voorsien van groen pyle wat boontoe wys. &#8216;n Twintigtal buitelandse NMR-ondersteuners, hoofsaaklik Dene en Duitsers, is volgens berigte by die grense voorgekeer en verhoed om aan die betoging deel te neem.<\/p>\n<p>Na &#8216;n polisieverklaring, is ten minste vyftig mense in hegtenis geneem, waaronder NMR-betogers en teenbetogers wat van oral in Europa gekom het om die optog teen te staan. Onder die inhegtenisnames was Simon Lindberg, die NMR-leier.<\/p>\n<p>Hoewel die Sweedse polisie perde en polisiewaens gebruik het om &#8216;n verdelingslyn tussen die twee groepe te handhaaf, het die twee groepe hier en daar handgemeen geraak. Die teenbetogers het klappers gegooi, asook die polisie beledig. Nadat NMR-lede in hegtenis geneem is, het die beweging oor en oor &#8220;volksverraaiers&#8221; teenoor die polisie geskree.<\/p>\n<p>As gevolg van besware deur Swede se Joodse gemeenskap, is die roete deur Gotenburg wat deur die NMR-optoggangers gebruik sou word, aanvanklik verander en daarna drasties verkort sodat hulle nie voor die Gotenburgse sinagoge sou verbyloop nie. Volgens Haaretz, &#8220;het die gewysigde roete&#8230; beteken dat die Nazi-betoging gevaarlik naby aan een van Gotenburg se sinagoges sou beweeg op die heiligste dag van die Joodse kalender, Jom Kippoer&#8221;.<\/p>\n<p>Omdat teenbetogers hul roete versper het, is die NMR-betogers uiteindelik ingehok en kon skaars beweeg. Een van hul lede, Paulina Forslund, wat gewoonlik ook aktief op Twitter oor Suid-Afrika en Afrikaners kommentaar lewer, het in &#8216;n twiet beswaar gemaak:<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">Now we are being trapped by the Swedish policeforce. They are not letting anyone out. They have also arrested our Leader Simon Lindberg <a href=\"https:\/\/t.co\/YZ9tJBB0tl\">pic.twitter.com\/YZ9tJBB0tl<\/a><\/p>\n<p>\u2014 Paulina Forslund (@PaulinaForslund) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/PaulinaForslund\/status\/914117414358536192?ref_src=twsrc%5Etfw\">September 30, 2017<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script async src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Die polisie het blykbaar &#8216;n ekstra 350 &#8220;tronkbeddens&#8221; in hul garage gereed gehad indien hulle massa-arrestasies sou moes uitvoer.<\/p>\n<p>Die gemaskerde &#8220;swartblok&#8221;-teenbetogers het die inwoners van Gotenburg vies gemaak, omdat hulle klippe en bottels begin gooi het. Tydens &#8216;n regstreekse uitsending deur die Sweedse radio en televisie, kon &#8216;n welgeklede Sweedse dame gesien word wat gemaskerde teenbetogers aans\u00ea om weg te gaan. Die aktivis en alternatiewemedia-uitsaaier wat hom &#8220;Peter of Sweden&#8221; noem, het op Twitter berig dat Gotenburg-inwoners uiteindelik met die antifa-teenbetogers gebots het.<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\">\n<p dir=\"ltr\" lang=\"en\">The citizens of Gothenburg just attacked Antifa. Yelling they&#8217;re the same as nazis. Best sight I seen in my life. Makes me proud to be Swede<\/p>\n<p>\u2014 PeterSweden (@PeterSweden7) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/PeterSweden7\/status\/914114600764928001?ref_src=twsrc%5Etfw\">September 30, 2017<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script async src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Krete van &#8220;Allahu Akbar&#8221; (Alla is groot) is ook deur teenbetogers geskree, volgens Peter of Sweden.<\/p>\n<p>Vrydag het die land se linkse eerste minister, Stefan L\u00f6fven, van die Sosiaal-Demokratiese Party (dieselfde party wat destyds ANC-terreur teen Suid-Afrika befonds het) tydens &#8216;n EU-spitsberaad in die Estiese hoofstad Tallinn ges\u00ea: &#8220;As &#8216;n demokrasie moet ons meer doen om nazisme en ekstremisme te bestry.&#8221; Hy het later die Sweedse polisie lof toegeswaai vir die manier waarop hulle die NMR-betoging hanteer het.<\/p>\n<figure id=\"attachment_44781\" aria-describedby=\"caption-attachment-44781\" style=\"width: 200px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/ngugi.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-44781\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/ngugi.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"224\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/ngugi.jpg 200w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/ngugi-132x148.jpg 132w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/ngugi-28x31.jpg 28w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/ngugi-34x38.jpg 34w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/ngugi-192x215.jpg 192w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-44781\" class=\"wp-caption-text\">Ngugi wa Thiong&#8217;o<\/figcaption><\/figure>\n<p>Terwyl die betoging plaasvind, was die jaarlikse Gotenburgse boekeskou, die tweede grootste boekeskou in Europa naas di\u00e9 van Frankfurt, steeds aan die gang nie ver van waar die NMR gemarsjeer het nie. Sekere linkse skrywers en uitgewers, waaronder die Keniaan, Ngugi wa Thiong&#8217;o, het die boekeskou geboikot om beswaar te maak teen die teenwoordigheid van publikasies met &#8216;n &#8220;regse strekking&#8221;, volgens hulle.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Optog deur die Nordiska motstandsr\u00f6relsen (NMR), oftewel die Nordiese Weerstandsbeweging, het Saterdag in Gotenburg, die land se tweede grootste stad na Stockholm, wye mediadekking van regoor die w\u00eareld ontvang, waaronder die BBC, Associated Press en die Israelse koerant Haaretz wat dikwels berigte met die New York Times deel. Die NMR het al voorheen betogings [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44782,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[24151,24153,24152,24154,8707],"class_list":["post-44780","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-gotenburg","tag-nmr","tag-nordiese-weerstandsbeweging","tag-nordiska-motstandsrorelsen","tag-swede"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44780","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44780"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44780\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44782"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44780"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44780"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44780"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}