{"id":44748,"date":"2017-09-27T05:50:12","date_gmt":"2017-09-27T03:50:12","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44748"},"modified":"2017-09-27T05:50:41","modified_gmt":"2017-09-27T03:50:41","slug":"nederlandse-toeriste-gyselaars-in-sa-misdaadhel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44748","title":{"rendered":"Nederlandse toeriste \u2018gyselaars\u2019 in SA misdaadhel"},"content":{"rendered":"<p>Die groep van 36 Nederlandse toeriste wat kort n\u00e1 hul aankoms by die Johannesburgse lughawe in hul toerbus gekaap en beroof is, het gister na hul land teruggekeer, waarskynlik ontnugter deur die wettelose toestande in Suid-Afrika. Met die internasionale publisiteit wat die voorval geniet het, het die minister van polisie, Fikile Mbalula, vure probeer doodslaan maar eintlik net die haglikheid daarvan bevestig deur die rooftog as \u2018n \u201camperse gyselaarsituasie\u201d te beskryf.<\/p>\n<p>Mbalula het ges\u00ea: \u201cDit was \u2018n dramatiese ervaring en ondanks die feit dat hulle langer wou bly, was d\u00edt wat hulle Sondag te\u00ebgekom het, amper soos \u2018n gyselaarsituasie deur misdadigers wat die gesag van die staat ondermyn.\u201d<\/p>\n<p>Die ANC-minister het sy kommer uitgespreek oor die uitwerking van die wydverspreide negatiewe publisiteit op Suid-Afrika se toerismebedryf, maar was dankbaar dat niemand gesterf het nie. \u201cOns grootste bekommernis is, as mense op daardie bus sou gesterf het, dan sou dit erger as nou gewees het. In God se gebede, het niemand gesterf nie.\u201d<\/p>\n<p>Die groep van 36 niksvermoedende toeriste uit Nederland het by die lughawe, wat na die ANC-terroris O.R. Tambo vernoem is, aangekom en uitgesien na 22 dae se vakansie in Suid-Afrika. Dog kort nadat hulle die bus bestyg het wat hulle na hul hotel in Fourways, Johannesburg, sou neem, is hulle deur \u2018n voertuig met polisiekentekens voorgekeer en is die bestuurder gedwing om na \u2018n stiller pad te ry. Ten minste een van die rowers het ook \u2018n polisie-unifom gedra, terwyl vyf ander gewone klere aangehad het.<\/p>\n<p>Hierna is die toeriste hardhandig van hul besittings ontneem, met sommige wat agterna vir beserings in die hospitaal behandel moes word. Kameras, selfone en ander elektroniese toerusting, maar ook hul bagasie, is gebuit en in die \u201cpolisievoertuig\u201d weggery.<\/p>\n<p>Nederland se linkse ambassadrise in Suid-Afrika, Marisa Gerards, wat Nederlandse maatskappye in Suid-Afrika gereeld aans\u00ea om nie met blankes sake te doen of hulle in diens te neem nie, het voorgegee dat dit \u201cbuitengewoon\u201d was vir mense om op pad terug van die lughawe af in Johannesburg beroof te word.<\/p>\n<p>\u201cOns het nog nooit so iets ervaar nie, het sy ges\u00ea. \u201cEk is regtig geskok hierdeur, maar ek is vol vertroue dat ons die mense sal vind wat dit gedoen het.\u201d<\/p>\n<p>Terwyl Mbalula so dankbaar is dat niemand op die bus gesterf het nie, is daar wel deur die Nederlandse dagblad <em>De Telegraaf<\/em> berig dat die rowers gepoog het om op hul gyselaars te skiet. \u201cDit was hel,\u201d het die passassier ges\u00ea. \u201cMense was paniekerig en het selfs vuurwapens op hulle gerig gehad. In twee gevalle is die sneller getrek maar die wapen het nie afgegaan nie.\u201d<\/p>\n<p>Terwyl daar daagliks gruwelverhale in die SA media oor plaasmoorde, huisrooftogte en motorkapings verskyn, is die land besig met \u2018n bod om die W\u00eareldrugbybekertoernooi van 2023 aan te bied. Soos iemand in reaksie getwiet het: \u201cDit gaan net mijoene dollar in die sakke van misdadigers laat beland.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die groep van 36 Nederlandse toeriste wat kort n\u00e1 hul aankoms by die Johannesburgse lughawe in hul toerbus gekaap en beroof is, het gister na hul land teruggekeer, waarskynlik ontnugter deur die wettelose toestande in Suid-Afrika. Met die internasionale publisiteit wat die voorval geniet het, het die minister van polisie, Fikile Mbalula, vure probeer doodslaan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=44748\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nederlandse toeriste \u2018gyselaars\u2019 in SA misdaadhel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44750,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5,51],"tags":[9791,13195,10755,9052,24139,24138,8844],"class_list":["post-44748","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","category-suider-afrika","tag-fikile-mbalula","tag-gyselaar","tag-kaping","tag-lughawe","tag-marisa-gerards","tag-nederlandse-toeriste","tag-rooftog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44748","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44748"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44748\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44750"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44748"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44748"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44748"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}