{"id":44721,"date":"2017-09-23T11:49:07","date_gmt":"2017-09-23T09:49:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44721"},"modified":"2017-09-23T11:49:07","modified_gmt":"2017-09-23T09:49:07","slug":"merkel-se-kollega-wil-afd-stemmers-van-hul-stemreg-ontneem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44721","title":{"rendered":"Merkel se kollega wil AfD-stemmers van hul stemreg ontneem"},"content":{"rendered":"<p>Die Duitse politikus Peter Altmaier het kiesers gemaan om Sondag geensins vir die Alternatief-vir-Duitsland-party te stem nie en eerder buite stemming te bly. Altmaier is die Stafhoof van die Duitse kanselary, asook die bondsminister minister vir spesiale aangeleenthede, &#8216;n posisie wat hy reeds sedert 2013 beklee. Hy word as een van Angela Merkel se vertrouelinge beskou.<\/p>\n<p>Altmaier het ges\u00ea: &#8220;Die AfD verdeel die land. Hulle buit die kommer en die vrese van mense uit. En dit is waarom ek glo dat &#8216;n stem vir die AfD nie geregverdig kan word nie \u2014 ten minste nie vir my nie.&#8221;<\/p>\n<div class=\"post-content\">\n<p>Selfs toe hy regstreeks gevra is of dit nie beter is vir kiesers om AfD te stem as om glad nie te stem nie, het Altmaier &#8220;Nee!&#8221; geantwoord. Altmaier was wesentlik besig om aan kiesers raad te gee om die stemproses te ondermyn ten einde een party uit te sluit.<\/p>\n<p>&#8220;Ek is ten gunste daarvan dat almal aan die verkiesing deelneem. Maar dat hulle die partye kies wat staatsondersteun is. En vir my is dit, natuurlik, my eie CDU\/CSU, maar ook die FDP, SPD en die Groenes. Ek sien geen sin daarin om vir die AfD te stem nie.&#8221;<\/p>\n<p>Die AfD gaan waarskynlik 50 Bundestag-setels wen n\u00e1 die ontevredenheid wat deur Merkel se onverantwoordelike vlugtelingbeleid veroorsaak is, maar sy het by voorbaag enige moontlikheid van koalisiesamewerking met die AfD of die Linkse party uitgesluit.<\/p>\n<p>Altmaier het aan Bild onthul dat hy onder &#8220;staatsondersteunde&#8221; partye slegs partye verstaan wat die status quo ondersteun. Legitieme vrae oor die wysheid van Merkel se immigrasiebeleid behoort \u00f3f met uitsterste vyandigheid van die establishment begroet te word, \u00f3f soos Altmaier voorgestel het, ontkiesering, wat Duitse burgers van hul basiese stemreg sou beroof.<\/p>\n<p>Steun vir die kanselier het intussen teruggesak met meer as &#8216;n derde van Duitsers wat steeds onseker is oor hoe hulle in die komende verkiesing \u2014 wat m\u00f4re plaasvind \u2014 gaan stem, soos &#8216;n meningsopname gister (Vrydag) aangetoon het. Die weeklikse opname, wat deur die opnamemaatskappy Forschungsgruppe Wahlen vir die ZDF-televisie gedoen is, het getoon dat Merkel se konserwatiewe groepering 2 punte afgestaan het, tot 36 persent.<\/p>\n<p>Die opname van 1383 kiesers, wat tussen 12 en 14 September gehou is, het getoon dat 39 persent van diegene wat ondervra is steeds onseker was oor hoe hulle wou stem.<\/p>\n<p>Altmaier se siniese kommentaar is met skok deur Duitse kiesers begroet. Een kommentator het aan die Duitse dagblad Bild ges\u00ea: &#8220;Sy uiters onverskillige vyandigheid jeens demokrasie maak van hom &#8216;n gesogte vennoot vir kanselier Schulz se toekomstige kabinet!&#8221;<\/p>\n<p>Iemand anders het ges\u00ea dat Altmaier &#8220;oor &#8216;n vreemde begrip van demokrasie beskik indien &#8216;n party wat tot die verkiesing toegelaat is nie verkies mag word nie omdat die party of sekere amspdraers meer beskrywende taal gebruik, maar daar buite belowe alle faksies dieselfde aan die burgers, soos byvoorbeeld, om die buitenste grense te beskerm, aankomelinge te kontroleer, misdadigers vanuit die buiteland te deporteer&#8221;.<\/p>\n<p>In die aangesig van die AfD se sterk opkoms, het Altmaier Maandag tydens &#8216;n onderhoud met die nuustydskrif Der Spiegel die media daarvan beskuldig dat hulle &#8220;te veel aandag&#8221; aan die aan die AfD bestee en ges\u00ea dat die party om di\u00e9 rede in die eerste plek ter sake geraak het. Hy het die situasie met die verkiesing van Donald Trump vergelyk. &#8220;Hulle is net &#8216;n paar opswepers,&#8221; het Altmaier verklaar, &#8220;wat gedy op almal wat oor hulle berig.&#8221;<\/p>\n<p>Met die verkiesing wat waarskynlik ses partye na die parlement gaan stuur, teenoor die huidige vier, gaan koalisievorming soveel moeiliker wees. Die kanselier gaan teen haar vernaamste opponent, Martin Schulz van Duitsland se Sosiaal-Demokratiese Party (SPD) in die verkiesing meeding, maar ook teen kleiner partye.<\/p>\n<p>Merkel het tydens &#8216;n onderhoud met RTL die volgende kwytgeraak: &#8220;Ek s\u00ea aan almal dat hierdie verkiesing nog nie gewen is nie. Die CDU het nie &#8216;n enkele stem om af te staan nie, en ek gaan ook die CSU daarby insluit.&#8221;<\/p>\n<p>Die voormalige leier van die Britse UKIP, Nigel Farage het vroe\u00ebr ges\u00ea dat Duitsland oor geen werklike opposisieparty beskik nie aangesien Schulz wesentlik aan die kant van Merkel se CDU verkeer sover dit immigrasie aanbetref.<\/p>\n<p>Die buitelandse minister Sigmar Gabriel, &#8216;n senior SPD-lid, het aan die uitsaaier SWR ges\u00ea dat &#8216;n &#8220;verkeerslig&#8221;-koalisie met die FDP en Groenes, tesame met sy party, die beste sou wees. Dog die steun vir so &#8216;n koalisie verkeer tans slegs op 41 persent, het Reuter berig.<\/p>\n<p>Merkel het die opsie van &#8216;n koalisie met die Linkse party uitgesluit. Sy het ges\u00ea: &#8220;ONgelukkig kan jy enigeen van die Sosiaal-Demokrate vra. Geen van hulle sluit &#8216;n rooi-rooi-groen regering uit nie.&#8221;<\/p>\n<p>Gero Neugebauer, &#8216;n politieke wetenskaplike van Berlyn se Vrye Universiteit, het aan Reuter ges\u00ea dat die FDP in die AfD se waters vis. &#8220;Die leier van die FDP, [Christian] Lindner, het &#8216;n voorheen pro-Europese party in &#8216;n soort AfD-<em>lite<\/em> verander,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Lindner, wat &#8216;n potensi\u00eble finansminister mag wees indien die FDP by die koalisie sou aansluit, het die EU gekritiseer. &#8220;Ek is bevrees kanselier Merkel en die Franse president Macron stem saam dat nuwe sakke vol geld vanuit die eurosone moet kom om &#8216;n reuse- finansi\u00eble oordragstelsel te skep,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Duitse politikus Peter Altmaier het kiesers gemaan om Sondag geensins vir die Alternatief-vir-Duitsland-party te stem nie en eerder buite stemming te bly. Altmaier is die Stafhoof van die Duitse kanselary, asook die bondsminister minister vir spesiale aangeleenthede, &#8216;n posisie wat hy reeds sedert 2013 beklee. Hy word as een van Angela Merkel se vertrouelinge &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=44721\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Merkel se kollega wil AfD-stemmers van hul stemreg ontneem&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44728,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[22301,5761,6798,24131,22879,6799],"class_list":["post-44721","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afd","tag-angela-merkel","tag-cdu","tag-duitse-verkiesing","tag-peter-altmaier","tag-spd"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44721","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44721"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44721\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44728"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44721"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44721"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44721"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}