{"id":4469,"date":"2009-03-20T00:55:11","date_gmt":"2009-03-20T00:55:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4469"},"modified":"2009-03-20T00:55:11","modified_gmt":"2009-03-20T00:55:11","slug":"waar-is-die-ondersteuning-vir-derby-lewis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4469","title":{"rendered":"Waar is die ondersteuning vir Derby-Lewis?"},"content":{"rendered":"<div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Ek kan dit nie glo dat die verwerping van Clive Derby-Lewis se hofaansoek oor sy vrylating op parool, so totaal sonder kritiek &#8211; of selfs steun &#8211; aanvaar is nie. Nie &#39;n woord van kommentaar in die Afrikaanse media nie, nie eens &#39;n brief of twee in die Naspers-koerante (volgens vanoggend se webblaaie) nie, geen redaksiekommentaar in die belangrikste Engelse koerante nie, maar die Citizen het darem twee briewe &#8211; een wat die uitspraak prys en een wat dit skerp betreur.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dit is nie asof die uitspraak van &#39;n regbank van drie regters nie belangrik is nie. Terwyl vollediger berigte oor hul bevindings skaars is, wil dit voorkom of daar minstens twee regspunte van belang na vore gekom het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die eerste is dat die regters blykbaar bevind het dat die aansoek voortydig is omdat die minister nog nie &#39;n besluit geneem het oor die paroolraad se aanbeveling van meer as &#39;n jaar gelede dat Clive wel op parool vrygelaat moet word nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ek is nie &#39;n regsgeleerde nie, maar soos ek dit sien is die implikasie hiervan dat die minister vir jare en jare kan sloer voordat hy dalk eendag besluit om te besluit en die hof kan niks daaraan doen nie. Weer eens moet ek op grond van karige berigte vermoed dat die afgelope aansoek eintlik gevra het dat die hof die besluit moet neem en dit was dus miskien verkeerd. Die hof moes eerder gevra gewees het om die minister nou vas te pen om sy besluit binne &#39;n redelike tyd te neem. Dit is egter punte wat in &#39;n moontlike appel ter sprake kan kom. Ek hoop dit word gedoen.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar indien ek die berigte reg lees (en die berigte nauurlik reg is) het die regters na verskeie dae van verrigtinge besluit dat die aansoek voortydig is en hulle nie oor die meriete kan beslis nie. Hoekom is die aansoek dan nie heel aan die begin deur die hof gestop omdat dit nie gepas of geskik was nie? As ek reg onthou uit my dae as beriggewer in sowel die laer as ho&euml;r howe, het &#39;n hof gou besluit of hy by magte is om om &#39;n saak of &#39;n aansoek aan te hoor of nie. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar die hof kon darem in hierdie saak wat hy nie, of dan nog nie, by magte was om aan te hoor nie, uiters belangrike wetsbeslissings te maak oor die regte al dan nie van die familie van slagoffers by die toestaan van parool aan moordenaars en seker ook verkagters en diesukes. Families het die reg om insette te lewer oor paroolaansoeke, beslis die hof. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dit is &#39;n baie interessante beslissing met verreikende gevolge. Kan ek voorstel dat organisasies soos die TLU wat volledige data versamel het van alle plaasmoorde die afgelope 15 jaar en meer, onmiddellik gaan kyk of van hierdie moordenaars wat wel gevang en tronk toe gestuur is, sedertdien parool gekry het en of die betrokke families genooi is om hul menings of aanbevelings daaroor te lug. Indien nie, kan dit sekerlik in retrospek gedoen word &#8211; al het dit tot gevolg dat sommige vrygelatenes weer toegesluit word!<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar die siedende woede wat steeds in my krop vassteek, gaan oor die &quot;reg&quot; wat aan die minister en die politici gegee is om met rassistiese en eensydige politieke vooroordeel te besluit om sekere politieke gevangenes en veroordeeldes vry te laat en andere nie. Want Clive en sy medepligtige het &#39;n politieke misdaad gepleeg deur die hoofterroris van daardie tyd uit die politieke vergelyking te verwyder. Dit is gedoen in &#39;n poging om die totale oorgawe aan &#39;n swart meerderheidsbewind te probeer keer omdat hulle &#8211; soos baie van ons &#8211; besef het dat dit op rampspoed en ellende gaan afstuur. Clive &#8211; &#39;n Engelsman uit huis uit wat hom tog by die Afrikaner se KP aangesluit het &#8211; het hierdie daad eintlik namens ons Afrikaners uitgevoer. <\/p>\n<p align=\"justify\">Hy was my vriend en medewerker om die NEE-stem in die 1983-referendum oor PW Botha se nuwe bedeling te bevorder. Hy was my vriend toe hy die Hani-uitwissing beplan en laat uitvoer het. Hy is nog my vriend en hy is nog die Afrikaner se vriend en ek wil huil en skreeu van woede omdat hierdie skreiende onreg teen hom blykbaar so gelate en sonder enige protes aanvaar word.<\/p>\n<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/vlagootdeliteli-separatory-f5013100\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/01\/prokuratura-rozsliduye-nezakonnu-rekonstrukciyu-pam-yatnika-arhitekturi-v-centri-harkova-20170504566196\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek kan dit nie glo dat die verwerping van Clive Derby-Lewis se hofaansoek oor sy vrylating op parool, so totaal sonder kritiek &#8211; of selfs steun &#8211; aanvaar is nie. Nie &#39;n woord van kommentaar in die Afrikaanse media nie, nie eens &#39;n brief of twee in die Naspers-koerante (volgens vanoggend se webblaaie) nie, geen &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4469\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Waar is die ondersteuning vir Derby-Lewis?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,21093],"class_list":["post-4469","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4469","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4469"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4469\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4469"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4469"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4469"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}