{"id":44657,"date":"2017-09-11T20:35:57","date_gmt":"2017-09-11T18:35:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=44657"},"modified":"2017-09-11T20:37:20","modified_gmt":"2017-09-11T18:37:20","slug":"swart-bendes-plunder-florida-terwyl-orkaan-irma-woed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=44657","title":{"rendered":"Swart bendes plunder Florida terwyl orkaan Irma woed"},"content":{"rendered":"<p>Ten minste 32 plunderaars is regoor Florida, VSA, in hegtenis geneem terwyl die orkaan Irma aanhou om Amerika noord van Tampa te teister. Skokkende videos het na vore gekom waarin hoofsaaklik Afro-Amerikaanse jeugdiges getoon word wat probeer om by winkels in te breek en verlate eiendomme probeer uitbuit.<\/p>\n<p>Die polisie van Miami-Dade het getwiet: &#8220;Tot dusver is 28 inhegtenisnames vir inbraak\/plundery gemaak. Ons beamptes hou aan patrolleer en die aanklokre\u00ebl is van toepassing tot 7 vm. #HurricaneIrma.&#8221;<\/p>\n<p>Irma was &#8216;n kategorie-vier-storm toe dit die eerte maal land getref het in die Floriday-eilanda, maar is nou &#8216;n katorie een. Dit verloor krag en gaan na &#8216;n tropiese storm toe afgegradeer word.<\/p>\n<p>Diewe het selfs &#8216;n wapenwinkel beroof terwyl ander op kamera gevang is waar hulle in &#8216;n sportwinkel inbreek. Sondag is twee groepe plunderaars trouens op kamera vasgevang waar hulle besig was om twee verskillende sportwinkels in Suid-Florida te stroop. Plaaslike media het verder berig dat ten minste een beweerde plunderaar geskiet is en ten minste 12 in hegtenis geneem is.<\/p>\n<p>In die middestad van Miami het &#8216;n plaaslike televisieverslaggewer Sondag gesien hoe &#8216;n dosyn goed geko\u00f6rdineerde plunderaars &#8216;n winkel beroof.<\/p>\n<p>Twee tieners is in hegtenis geneem nadat hulle gepoog het om Saterdag by &#8216;n huis in te breek in die voorstad Weston in die welaf Fort Lauderdale-omgewing, het NBC 6 TV berig.<\/p>\n<p>&#8216;n Plaaslike nutsmaatskappy naby Orlando beweer dat &#8216;n aantal kli\u00ebnte onstellende klagtes gel\u00ea het van rowers wat hulle as elektrisiteitswerkers voordoen en dan huiseinaars oor die loop van &#8216;n wapen beroof, volgens WOFL-TV.<\/p>\n<p>&#8220;Ons wil h\u00ea almal moet veilig wees gedurende die orkaan. En ons sal nie diewe verdra wat diegene misbruik wat hul huise verlaat nie. Stropers moet bereid wees om tronk toe te gaan as hulle mense gedurende &#8216;n noodtoestand probeer uitbuit,&#8221; het die sheriff van Polk-graafskap, Grady Judd, in &#8216;n mediaverklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die polisie van Fort Lauderdale het bevestig dat\u00a0 nege mense in verband met plundery in hegtenis geneem is. Polisiehoof Rick Maglione s\u00ea: &#8220;Om tronk toe te gaan vir &#8216;n paar tekkies is &#8216;n taamlik swak loopbaankeuse. Bly tuis en kyk na u geliefdes en wees dankbaar dat hulle almal veilig is.&#8221;<\/p>\n<p>Dog sommiges het die polisie vir hul pogings om plunderaars te vang, gekritiseer. Een persoon op Twitter het ges\u00ea: &#8220;Om eiendom te beskerm wat andersins tydens die orkaan vernietig sou word, is vir die polisie belangriker as om lewens te beskerm.&#8221;<\/p>\n<p>&#8216;n Ander het ges\u00ea: &#8220;Julle behoort julle oor mense te kwel en om hulle veilig te hou.&#8221;<\/p>\n<p>Video&#8217;s het aanlyn verskyn wat toon hoe plunderaars winkels stroop wat verlede week deur Irma beskadig is. In St. Maarten het ten minste twintig mense na bewering reeds winkels gestroop wat deur die storm vernietig is.<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\">\n<p lang=\"en\" dir=\"ltr\">&quot;White Supremacists&quot; looting stores in Florida during <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/HurricaneIrma?src=hash\">#HurricaneIrma<\/a>?? <a href=\"https:\/\/t.co\/yPDVyHPF0X\">pic.twitter.com\/yPDVyHPF0X<\/a><\/p>\n<p>&mdash; P. J. (@Portosj81) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/Portosj81\/status\/907225044333588480\">September 11, 2017<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script async src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Ten minste 28 mense is in die Karibbiese gebied geood, terwyl groot skade aan verskeie eilande aangerig is, waaronder die Britse Maagdeilande.<\/p>\n<p>Irma het Florida getref nadat die orkaan oor Kuba getrek het met stormsterkte winde, re\u00ebn en vloede. Dit mag blyk te wees die mees rampspoedige strom wat die deelstaat nog ooit getref het, waartydens sewe miljoen mense aanges\u00ea is om hul huise te verlaat.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ten minste 32 plunderaars is regoor Florida, VSA, in hegtenis geneem terwyl die orkaan Irma aanhou om Amerika noord van Tampa te teister. Skokkende videos het na vore gekom waarin hoofsaaklik Afro-Amerikaanse jeugdiges getoon word wat probeer om by winkels in te breek en verlate eiendomme probeer uitbuit. Die polisie van Miami-Dade het getwiet: &#8220;Tot &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=44657\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swart bendes plunder Florida terwyl orkaan Irma woed&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":44659,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[12756,24104,8995,4947],"class_list":["post-44657","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-florida","tag-orkaan-irma","tag-plundery","tag-swartes"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44657","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44657"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44657\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44659"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44657"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44657"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44657"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}